# Afrikaans HL Grade 6 ANA Exemplars 2013 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL question paper from the ANA Exemplars 2013, 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-6-afrikaans-hl-exemplar-test/c389acf3-0abb-4077-a0be-29f784976a7c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 ANA Exemplars 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-6-afrikaans-hl-exemplar-test/c389acf3-0abb-4077-a0be-29f784976a7c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · ANA Exemplars · 2013 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013

                         GRAAD 6

             AFRIKAANS HUISTAAL
                 MODELVRAE

     Hierdie boekie bestaan uit 18 bladsye, voorblad uitgesluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)

1. Hoe om die eksemplaar vraestelle te gebruik

    Alhoewel die eksemplaar vraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef die
    leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies
    wat deel vorm van die beplande les. Individuele modelvrae of 'n hanteerbare groep vrae, wat versigtig gekies is,
    kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word :

    1.1    Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die diagnose
           moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om aandag te gee
           aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk
           gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie.

    1.2    Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en
           vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie.

    1.3    By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders voldoende
           begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige terugvoer aan
           leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is wat weer behandel
           moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.

    1.4    Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe om
           meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord.

    Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets
    heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is
    belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n volwaardige toets,
    soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.

2. Memorandums of nasienriglyne

   'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse Nasionale
   Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins rigied is nie. Dit gee
   slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en
   ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar.

3. Kurrikulumdekking

   Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die eksemplaar vraestelle vir
   elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis
   en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking het.

                                                            1
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING A: BEGRIPSTOETS

Lees onderstaande leesstuk en beantwoord vrae 1 tot 9.

   Lank gelede, toe diere nuut op die aarde was, het hulle baie warm gekry. Water was
   slegs beskikbaar in sekere poele en panne. Oor een van hierdie poele het `n groot
   baasspelerige bobbejaan waggehou. Hy het die titel ‘Baas van die water’ vir homself
   gekies en het almal verhoed om daar water te kom drink.

   Zebra en sy seun het eendag afgegaan om water te drink. Die bobbejaan wat langs
   sy vuur gesit het, het opgespring en geskreeu: ‘Gaan weg julle indringers, dis my
   poel en ek is die ‘Baas van die plaas. Enige iemand wat dit waag om van hierdie
   poel se water te drink sal moeilikheid kry.’ Sy woorde het egter op dowe ore geval.

   ‘Die water is vir ons almal bedoel, nie net vir jou nie, jou aapgesig.’ Het zebra se
   seun geskreeu. ‘Hou op om soos `n bedorwe brokkie te kere te gaan!’

   ‘As jy water wil hê sal jy daarvoor moet baklei’ het bobbejaan kwaad geskreeu.

   Binne minute was hulle in `n bakleiery betrokke. Vorentoe en agtertoe het hulle
   gestoei, tot zebra vir bobbejaan met `n vreeslike skop, soos `n vrot vel, deur die lug
   laat trek het. Hy land toe op die rand van die rotse teen die koppie waar hulle besig
   was om te baklei. Bobbejaan het so hard op sy agterstewe beland dat daar vandag
   nog `n kaal kol op sy agterstewe sigbaar is.

   Die zebra het terug gestrompel, deur die vuur wat bobbejaan gemaak het. Die vuur
   was nog altyd so warm. Waar zebra gebrand het is daar vandag nog swart strepe op
   sy pragtige wit vel. Die skok het die zebra terug gestuur na die vlaktes, waar hy tot
   vandag toe bly. Die bobbejaan en sy familie het egter hoër op in die berge
   agtergebly. Wanneer hulle vreemdelinge sien begin hulle hard blaf. Hulle hou hulle
   sterte in die lug om die seer van die kaal kolle van hul agterstewes, so `n bietjie te
   verlig.

                                           [Aangepas uit African Safari Campfire Stories]

                                                2
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

1.1      Omkring die korrekte antwoord.

         Wie het die waterpoel vir homself opgeëis?

         A     Zebra se seun

         B     Bobbejaan

         C     Zebra

         D     Bedorwe brak                             (1)

1.2      Omkring die korrekte antwoord.

         Die waterpoel is opgeëis deur …

         A     Zebra se seun.

         B     Bobbejaan.

         C     Zebra.

         D     Bedorwe brak.                            (1)

1.3      Omkring die korrekte antwoord.

         Die … het die waterpoel vir homself opgeëis.

         A     Zebra se seun.

         B     Bobbejaan.

         C     Zebra.

         D     Bedorwe brak.                            (1)

                                             3
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

2.1.1    Wie is die hoofkarakters in die storie?

         A     die bobbejaan en die zebra.

         B     die baas van die water.

         C     die bobbejane en die bedorwe brak.

         D     die zebras en die indringers.                  (1)

2.1.2    Noem twee karakters wat die storie oorheers.

         A     Die bobbejaan en die zebra

         B     Die baas van die water

         C     Die bobbejane en die bedorwe brak

         D     Die zebras en die indringers             (1)

2.1.3    Die hoofkarakters in die storie is ...

         A     Die bobbejaan en die zebra

         B     Die baas van die water

         C     Die bobbejane en die bedorwe brak

         D     Die zebras en die indringers             (1)

2.2.1    Wat is die hoofgedagte van die storie?

         A     Hoe diere op aarde ontstaan het.

         B     Bobbejaan wat sy neus gebreek het.

         C     Hoe bobbejaan koning geword het.

         D     Hoe zebra sy strepe gekry het.           (1)

                                                  4
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

2.2.2    Watter opsie sal `n goeie title vir die storie wees?

         A     Hoe diere op aarde ontstaan het.

         B     Bobbejaan wat sy neus gebreek het.

         C     Hoe bobbejaan koning geword het.

         D     Hoe zebra sy strepe gekry het.                   (1)

2.2.3    Kies die mees geskikste naam vir die storie.

         A     Hoe diere op aarde ontstaan het.

         B     Bobbejaan wat sy neus gebreek het.

         C     Hoe bobbejaan koning geword het.

         D     Hoe zebra sy strepe gekry het.                   (1)

2.3.1    Waar vind die storie plaas?

         A     Naby waterpoele

         B     In die skaduryke woud

         C     Op die grasvlaktes

         D     By die koue see                                  (1)

2.3.2    Die storie speel af …

         A     naby waterpoele

         B     in die skaduryke woud

         C     op die grasvlaktes

         D     by die koue see                                  (1)

                                                5
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

2.3.3   Identifiseer die plek waar die storie plaasvind.

          A     naby waterpoele

          B     in die skaduryke woud

          C     op die grasvlaktes

          D     by die koue see                                                     (1)

3.    Rangskik die volgende sinne in die korrekte volgorde soos dit in die storie
      voorgekom het. Gebruik nommer 1-4.

Hulle was betrokke in `n groot bakleiery.                   _______

Die zebra en sy seun het kom water drink.                   _______

Die zebras het na die vlaktes getrek.                       _______
Die bobbejaan het waggehou oor die water.                   _______                 (2)

4.        Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR?

          4.1    `n Teenoorgestelde woord, (antoniem) vir baklei is geveg.
                 ______________                                                     (1)

          4.2    `n Woord met dieselfde betekenis (sinoniem) vir gebrand is
                 geskroei.      ______________                                      (1)

5.1       Beantwoord die volgende vrae.

          5.1.1 Gee die teenoorgestelde betekenis van die woord in hakies.

                 Die dam was ______________ (bewaak)                                (1)

          5.1.2 Wat is die teenoorgestelde betekenis van die onderstreepte
                woord.

                 Die dam was bewaak.

                 ______________                                                     (1)

          5.1.3 Gee die teenoorgestelde betekenis van bewaak __________             (1)

                                                6
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

5.2      5.2.1    Onderstreep die korrekte agtervoegsel.

                  Die zebra se seun het vrees (lik/be)
                  geskreeu__________________                                   (1)

         5.2.2 Kies die korrekte agtervoegsel tussen hakies.

                 Die zebra se seun het vrees (lik/be)
                 geskreeu.__________________                                   (1)

         5.2.3 Voeg (be/lik )by die woord (vrees) sodat die sin korrek lees.

                 Die zebra se seun het vrees (lik/be)
                 geskreeu.__________________                                   (1)

6.       Onderstreep die korrekte antwoord.

         6.1     "Binne, bakleiery betrokke" is `n voorbeelde van
                 (alliterasie/personifikasie)                                  (1)

         6.2     "Zebra se seun was sy pa se oogappel," is `n voorbeeld van
                 (personifikasie/idioom).                                      (1)

         6.3     "Hou op om soos `n bedorwe brokkie te kere te gaan." is `n
                 voorbeeld van`n (metafoor/vergelyking).                       (1)

         6.4     Sy woorde het egter op dowe (ore/oor/mond) geval.             (1)

7.1      Som die leesstuk in 3 tot 4 sinne op (ongeveer 30 woorde).

         _______________________________________________________
         _______________________________________________________
         _______________________________________________________
         _______________________________________________________
         _______________________________________________________
                                                                               (3)

                                               7
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

7.2      Skryf in 3 tot 4 sinne (ongeveer 30 woorde) die hoofgedagtes van die
         leesstuk neer.

         _______________________________________________________

         _______________________________________________________

         _______________________________________________________

         _______________________________________________________

         _______________________________________________________                (3)

7.3      Maak `n opsomming deur die leestuk in 3 tot 4 sinne (ongeveer 30
         woorde) oor te skryf.
         _______________________________________________________
         _______________________________________________________
         _______________________________________________________
         _______________________________________________________                (3)

8.1      Voltooi die volgende sin.

         As die zebra nie in die vuur beland het nie, sou hy…
         ________________________________________________________

         ________________________________________________________               (1)

8.2      Die zebra het sy ___________ gekry omdat hy in die vuur beland het.    (1)

8.3      Hoekom is zebra eintlik bly dat hy in die vuur beland het?             (1)

9.1      Watter les kan ons uit die storie leer?
         ________________________________________________________               (1)

9.2.     Gee die hoofboodskap van die storie.

         ________________________________________________________               (1)

                                                   8
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Bestudeer die advertensie en beantwoord vrae 10 - 15.

                                                                                Kraakvars asem

       (Kry ‘n gratis monster)                                              Minerale formule
                                                                         Verminder slegte asem en
       Vir skoner, witter tande                                                  reuke

(Aangepas vanaf die internet: http://www.couponfrugality.com/wp-content/uploads/2011/10/aquafresh-sampl.jpg)

9.3        Watter boodskap kan jy uit die storie onthou.

           ________________________________________________________                                            (1)

10.1       Watter produk word adverteer in die advertensie?

           ________________________________________________________                                            (1)

10.2       Van watter produk vertel die advertensie ons meer.

           ________________________________________________________                                            (1)

10.3       Watter produk word adverteer in die advertensie?

           ________________________________________________________                                            (1)

11.        Beantwoord die volgende vraag.

           11.1      Sal jy die produk wat adverteer word koop? Gee `n rede vir jou
                     antwoord.
                     __________________________________________________
                     __________________________________________________                                         (2)
                                                           9
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

12.1     Omkring die letter met die korrekte antwoord.

         Wat sal verbeter met die gebruik van hierdie produk?

         A     Fisiese voorkoms

         B     Haarvoorkoms

         C     Mondhigiëne

         D     Velsorg                                          (1)

12.2     Omkring die letter met die korrekte antwoord.

         Jy kan jou … verbeter deur die produk te gebruik.

         A     fisiese voorkoms

         B     haarvoorkoms

         C     mondhigiëne

         D     velsorg                                          (1)

12.3     Omkring die letter met die korrekte antwoord.

         Gebruik die produk en verbeter jou …

         A     fisiese voorkoms

         B     haarvoorkoms

         C     mondhigiëne

         D     velsorg                                          (1)

                                             10
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

13.      Beantwoord die volgende vrae.

         13.1        Noem een aspek wat die produk kan doen, behalwe dat dit
                     `n
                     slegte asem kan verbeter.
                                                                                (1)
                     ________________________________________________

         13.2        Skryf twee woorde uit die advertensie neer wat jou sal
                     motiveer om die produk te koop.

                     _______________________                                    (1)

                     _______________________                                    (1)

14.      Skryf drie byvoeglike naamwoorde neer wat in die advertensie gebruik
         is.

         14.1 _________________________                                         (1)

         14.2 _________________________                                         (1)

         14.3 _________________________                                         (1)

15.   Verander die volgende sin na die Indirekte Rede.
      Tina sê: ‘Al my vriende gebruik Aquafresh’.                               (3)

                                                            TOTAAL AFDELING A : 32

                                             11
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING B: TAAL

Lees die volgende leesstuk deur en beantwoord vrae 16-25.

                                    DIE SYWURMMOT

 Van al die vlieënde insekte het die sywurmmot die kortste lewe, selfs korter as die
 skoenlapper. Hierdie lelike motte het nie monde nie en hul vlerke is lomp, daarom
 kan hulle nie vlieg nie. Wanneer dit tyd is om die kokon te verlaat is hulle alreeds so
 moeg. Hulle bly egter trek aan die syagtige drade wat hulle gevange hou.

 Die wyfiemot sterf kort na paring. Sy lê vyfhonderd eiers wat met `n kleefstof
 aanmekaar gegom is.

 In ‘fabrieke’ wat teelhuise genoem word, vervaardig die ruspes van die sywurmmot
 sydrade. Hulle word deurgaans moerbeiblare gevoer. Hulle spin kokonne waaruit die
 sywurmmot finaal sy verskyning maak. In die teelhuise word die sy ook gespin om
 ander produkte te vervaardig.
                                             [Aangepas uit Brighter English Grade 6]

16.   Skryf die onderstaande sin oor deur die spelfoute reg te maak en die
      ontbrekende leestekens in te vul.
      die sywurmot is die ongelukkigste van al die vlieënde insekte, want sy lewe is
      baie kort

      _____________________________________________________________

      ______________________________________________________________

                                               12
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

17.    Besluit watter tipe selfstandige naamwoorde die onderstreepte woorde in die
       onderstaande sinne is. Kies die korrekte woord uit die woordblok en skryf dit
       op die lyn neer.

               soortnaam ;     eienaam ;     abstrakte selfstandige naamwoord
                                                                                       (3)

       17.1 Die mot het `n kort leeftydperk.
              _________________________                                                 (1)

       17.2 Dit is`n vreugde om die ruspe sy te sien spin.
              _________________________                                                 (1)

      17.3    Daar is duisende soorte spesies van die sywurmmot in Afrika.

      18 .1    Onderstreep die werkwoord

               18.1.1 Die sywurm spin stringe sydrade.
                                                                                       (1)

              18.1.2 Kies die werkwoord in die onderstaande sin.
                      Die sywurm spin stringe sydrade.                                 (1)

              18.1.3 Kies die korrekte werkwoord tussen hakies.
                      Die sywurm (spin, gespin) stringe sydrade.                       (1)

      18.2    18.2.1 Onderstreep die woord tussen hakies om die sin waar te
                      maak.                                                            (1)
                      Verlede jaar het die motte (gebroei/sal broei).

                                               13
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

               18.2.2 Vul die korrekte woord in die oop spasie in om die sin waar
                       te maak.
                       Verlede jaar het die motte (broei) ______________.              (1)

               18.2.3 Kies die korrekte woord tussen hakies.
                       Verlede jaar het die motte (broei, gebroei).                    (1)

               18.2.4 Gister (moet/moes) die sywurms baie blare eet.                    (1)

19.    Vul `n korrekte voorsetsel in wat uit die teks kom.

      19.1.1 Die wyfiemot sterf kort _________ paring                                   (1)
      19.1.2 Syprodukte word ________ mense gebruik.                                    (1)

19.2 Onderstreep die voorsetsel in die onderstaande sinne

      19.2.1     Die wyfiemot sterf kort na paring
      19.2.2     Syprodukte word deur mense gebruik.

19.3 Kies die korrekte voorsetsels uit die blok.
        vir                  na                  op                   deur

      19.3.1     Die wyfiemot sterf kort ___ paring                                     (1)
      19.3.2     Syprodukte word ___ mense gebruik.                                     (1)

20.   Verbind die sinne deur gebruik te maak van die voegwoorde tussen hakies.

      20.1      Die sywurm mot kan nie vlieg nie. Dit het nie die vlerke nie. (want)
                ______________________________________________

                ______________________________________________                          (1)

                                                14
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

       20.2     Die wyfie mot wil nie die kokon verlaat nie. Dit is tyd om eiers te lê.
                (maar)
                ______________________________________________

                ______________________________________________                            (1)

       20.3     Die mot het geen mond nie. Dit kan nie eet nie. (daarom)
                ______________________________________________

                ______________________________________________                            (1)

21.    Kies die korrekte voornaamwoorde in die blokkie om die sinne te voltooi.

                              hierdie;    dit;        haar

      21.1    Die sydrade is amper soos `n vloeistof wanneer ________gespin word.         (1)

      21.2    Op_____________manier word baie sy gespin.                                  (1)

      21.3    Al__________eiers word in `n bondel gelê.                                   (1)

22.1 Onderstreep die korrekte vorm van die werkwoord.

       22.1.1    Die wyfie mot (lê/le) honderde eiers op `n slag.                         (1)

       22.1.2    Die wyfie motte (spandeer/spander) baie tyd om sydrade te spin.          (1)

22.2 Kies die korrekte woord tussen hakies.

       22.2.1    Die wyfie mot (lê/le) honderde eiers op `n slag.                         (1)

       22.2.2    Die wyfie motte (spandeer/spander) baie tyd om sydrade te spin.          (1)

22.3 Omkring die korrekte woord tussen hakies.

       22.3.1    Die wyfie mot (lê/le) honderde eiers op `n slag.                         (1)

       22.3.2    Die wyfie motte (spandeer/spander) baie tyd om sydrade te spin.          (1)

                                                 15
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

23.1     Skryf die saamgestelde sin oor in twee enkelvoudige sinne.

         Die mot het vlerke, maar hy kan nie vlieg nie.

         Sin: _____________________________________________________

          ________________________________________________________                     (2)

   23.2 Skryf `n saamgestelde sin vir die twee enkelvoudige sinne en gebruik die
        woord ‘maar’.

          Die mot het vlerke.
          Hy kan nie vlieg nie.

          Sin: _____________________________________________________                   (2)

   23.3 Skryf `n saamgestelde sin vir die enkelvoudige sinne en onderstreep die
        voegwoord.

          Die mot het vlerke.
          Hy mot kan nie vlieg nie.

          Sin: _______________________________________________                           (2)

   24.   Identifiseer die tydsvorme wat in die onderstaande sinne gebruik word. Kies
         jou antwoorde uit die woorde uit die woordblok.

                   Verlede tyd;          Teenwoordige tyd;       Toekomende tyd

         24.1 Die wyfiemot lê eiers.
              _______________________                                                    (1)

         24.2 Die sydrade sal in sy omskep word.
              _______________________                                                    (1)

         24.3 Die wyfiemot het eiers gelê.
              _______________________                                                    (1)

                                               16
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

      25.    Identifiseer die soort sinne deur gebruik te maak van die woorde in die blokkie

                                 Stelsin;         Bevelsin;       Vraagsin

             25.1 Waarom word sywurms beskou as vreemde wesens?
                  __________________________
                                                                                               (1)
             25.2 Sywurms geniet dit om moerbeiblare te eet.
                  __________________________                                                   (1)
             25.3 "Moenie die sywurm beseer nie! " het die juffrou geskree!                    (1)
                  __________________________
                                                                     TOTAAL AFDELING B:        28

AFDELING C : SKRYF

26.         Dagboekinskrywing:

            Verbeel jou ‘n nuwe leerder het van 'n ander skool by jul klas aangesluit. Jy is
            gekies om die leerder by te staan.

            In jou dagboekinskrywing verduidelik watter inligting jy aan die nuwe leerder
            gegee het. Gee inligting oor julle skool.

            Byvoorbeeld, die klasreëls, julle skooluniform, julle snoepie, biblioteek en die
            onderwysers van julle skool wat jy aan die leerder wil voorstel.

            Die dagboekinskrywing moet bestaan uit twee paragrawe. (60–70 woorde).
            ________________________________________________________________

            ________________________________________________________________

            ________________________________________________________________

            ________________________________________________________________

            ________________________________________________________________

            ________________________________________________________________

            ________________________________________________________________                    (15)

                                                                          TOTAAL AFDELING C: 15

                                                                               GROOTTOTAAL:     75
                                                   17
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 26                  MAKSIMUM   LEERDER
                                              PUNT       PUNT

26.1   FORMAAT VAN DAGBOEKINSKRYWING              3

26.2   WOORD EN SINSVLAK                          3

26.3   AANTAL SINNE                               3

26.4   TAALGEBRUIK                                3

26.5    INHOUD                                    3

TOTAAL                                            15

                                         18
Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

## Related documents

- [2013+Grade+6+Afrikaans+HL+Exemplar+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-6-afrikaans-hl-exemplar-memo/b733c06e-1430-428b-9454-51d82c8be98c) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL 2012 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-test/d267fdf5-7da4-440b-ae89-70df02e6b9a1) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/77578219-50ca-4195-9832-206e50e6abe3) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [ANATest+Grade+6+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-6-afrikaans-hl-2013-memo/ef6dc713-ae75-48b6-aded-2039f3f7fc83) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/59f4701e-979b-46b4-b9c9-e053948ab3f0) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Memo · 2016

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
