# Afrikaans Fal Grade 6 ANA 2014 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 6 Afrikaans Fal question paper from the ANA 2014 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-fal/95fea45b-41cc-4131-b660-d1b4b9663349
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Fal
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans Fal](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-fal) › [Afrikaans Fal Grade 6 ANA 2014 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-fal/95fea45b-41cc-4131-b660-d1b4b9663349)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 6 · ANA · 2014 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

cs
‘basic education

Department:
Basic Education PUNTE
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

S

WD
Si
9 ele
=

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014
GRAAD 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
TOETS

PUNTE: 70

TYD: 1% uur

PROVINSIE

DISTRIK

KRING

NAAM VAN SKOOL

EMIS-NOMMER (9 syfers)

KLAS (bv. 6A)

VAN

NAAM

GESLAG (Vv) SEUN DOGTER

GEBOORTEDATUM

Die toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Instruksies aan leerders:

1. Lees al die instruksies noukeurig deur.

2. Beantwoord alle vrae in die spasies wat voorsien is.
3. Die toets duur 1% uur.

4. Die onderwyser/es gaan jou help om die voorbeeld te beantwoord voordat jy die
toets begin.

5. Skryf netjies en leesbaar.

Oefenvoorbeeld
1. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
In watter graad is jy vanjaar?
A. vier
B drie
Cc ses

Dvyf
Jy het die vraag korrek beantwoord as jy (CC) omkring het.

Die toets begin op die volgende bladsy.

Grade 6 Afrikaans FAL Test 1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING A: LEES EN KYK

Lees die onderstaande storie en beantwoord VRAAG 1 tot 10.

Eendag was daar ’n jong skaapwagter. Hy het aan die voet van ’n berg, baie naby aan ‘n
donker woud, skape opgepas. Hy was taamlik eensaam omdat hy redelik ver van die
dorpie af was. Hy het amper nooit mense gesien nie en daarom het hy ’n plan gemaak om

'n bietjie pret en geselskap te kry.

Hy het na die dorpie gestorm en geskree: “ Wolf! Wolf!” en die inwoners van die dorpie
het hom tegemoet gestorm om hom en sy skape te red. Sommige inwoners van die dorpie
het vir ‘n lang ruk by hom gebly om seker te maak dat hy veilig was. Hieroor was die seun
so bly dat hy ’n paar dae later dieselfde gedoen het. Weer het die inwoners hom kom help.

Die seun was baie tevrede met sy plan.

Eendag het die wolf toe wél uit die woud gekom en die skape aangeval. Die seun het
natuurlik uitgeroep: “Wolf! Wolf!” selfs harder as vantevore. Hierdie keer het die inwoners,
wat al twee keer geflous was, sy geskree geignoreer. Hulle het gedink die seun jok weer

en niemand het hom gaan help nie. Die wolf het toe baie van die seun se skape opgevreet.

Hy het ernstig by die oudstes van die dorpie gaan kla. Hulle het vir hom gelag, maar die

wyse man van die dorpie het vir hom gesé:
“Niemand glo ‘hn leuenaar nie, al praat hy die waarheid.’

[Aangepas uit Aesop se fabels]

1. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Die hoofkarakter in die storie is ...

A __ die seun.

B__ die inwoners.

C die wyse man.

D die wolf. (1)

Grade 6 Afrikaans FAL Test 2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

2. | Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Waarom het die seun die eerste keer “Wolf! Wolf!” geskree?
A_ Hy was gelukkig en opgewonde.
B_ Hy het die wolf in die woud gesien.
C_ Hy was eensaam en het geselskap gesoek.
D_ Hy was naby die donker woud. (1)

3. | Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Watter les leer ons uit die storie?
A Die seun is ‘n leuenaar.
B_ Die inwoners is leuenaars.
C  ‘nLeuenaar word nie geglo nie.

D ‘nOQu man sal geglo word. (1)

Gee ’n gepaste titel vir die storie.
(1)

Waarom het die inwoners nie die derde keer uitgekom toe die seun “Wolf!
Wolf!” geskree het nie?

(2)
Na jou mening, was dit reg van die seun om die inwoners twee keer te flous?
Merk die korrekte blokkie met ‘n regmerkie (V). Gee ‘nrede vir jou antwoord.

Ja | Nee
(2)

Grade 6 Afrikaans FAL Test 3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Wat beteken die woord ‘geselskap’ in die teks?

A Ditis mense om mee te gesels.

B Dit is n groep mense in ’n soekgeselskap.

C_ Dit is ’n groot trop skape.

D_ Dit is die hele dorpie. (1)

Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Watter tipe persoon is die seun?

A Hy bak graag poetse.

B_ Hy hou daarvan om skape op te pas.

C Hy word deur die inwoners gerespekteer.

D_ Hy bak poetse omdat hy eensaam is. (1)

Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Wat is 'n skaapwagter?

A lemand wat bokke oppas

B_ lemand wat skape oppas

C_ lemand wat varke oppas

D_ lemand wat beeste oppas (1)

Waar het die seun sy trop opgepas?

Grade 6 Afrikaans FAL Test 4

### Page 6

11.

12.

13.

Downloaded from hlayiso.com

Bestudeer die volgende gedig en beantwoord die vrae.

Die wind en die maan

Skoorsteenberg se skoorsteen is al wat nog bly staan
van die huis wat die wind gebou het
toe hy wou trou met die maan.

Die wind kon die maan nie kry nie: die son het sy bruid
gesteel;
Nou dwaal hy snags soos ’n oumens deur die Groot Karoo
en speel
Op sy treurige rietjiesfluitjie
soos Nn nagvoél wat eensaam kweel.

Oskar Prozesky
(Aangepas)

Watter woord in die derde reél rym met ‘staan’?

Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Die herhaling van die beginklank ‘S’ in “Skoorsteenberg se skoorsteen

staan’ is ‘n voorbeeld van ...

A alliterasie.

B_ metafoor.

C_personifikasie.

D_ klanknabootsing. (1)

Omkring die letter van die korrekte antwoord.

“Nou dwaal hy snags soos ’n oumens deur die Groot Karoo’, is 'n voorbeeld
van ...

A ‘vergelyking.
B_personifikasie.
C nmetafoor.
D

assonansie. (1)

Grade 6 Afrikaans FAL Test 5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

14. Hoe het die wind gevoel toe die son sy bruid gesteel het?

(1)
Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Hoeveelheid verjaarsdae gevier vanaf
Julie tot Desember
10
9
o 8
3
7
8
= 6
$
= OS
2,
3
3 3
Zz 2
5 [| 4 |
0 1 ; ; 1 r 1
Julie Augustus September Oktober November Desember
Maande van die jaar
15. In watter maand word die meeste verjaarsdae gevier?
(1)
16. Gedurende watter twee maande word dieselfde hoeveelheid verjaarsdae
gevier?
(2)
17. In watter maand word twee verjaarsdae gevier?
(1)
18. Watis die titel van die grafiek?
(1)

TOTAAL AFDELING A: 22

Grade 6 Afrikaans FAL Test 6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES

19.

20.

21.

22.

23.

24.

25.

Verbind die twee sinne met die woord tussen hakies.

Die seun het hard geskree. Die inwoners het hom kom help. (en)

Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd.

Die honger wolwe maak die skape dood.

Onderstreep die korrekte spelling van die woord tussen hakies.

Die kinders sit onder die (bomme / bome) by die atletiek.

Skryf die sin oor deur die korrekte hoofletters en leestekens in te vul.

sal thandi skool toe gaan

Onderstreep die korrekte voorsetsel tussen hakies.

23.1 Die wolf het (uit / vir) die woud gekom.

23.2 Hulle het (na/ vir) die seun gelag toe hy gekla het.

Gee ’n antoniem (woord met die teenoorgestelde betekenis) vir die
onderstreepte woorde.

Die seun lag omdat die mans te vroeg gekom het om die skape te red.
lag -
vroeg -

Gee 'n sinoniem (woord met dieselfde betekenis) vir die onderstreepte woord.

Die seun was baie ongelukkig toe sy skape gevrek het.

Grade 6 Afrikaans FAL Test 7

(2)

(1)

(3)

(2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

26. Voltooi die volgende tabel met die korrekte trappe van vergelyking.

Stellende trap | Vergrotende trap | Oortreffende trap
26.1 vinnig vinnigste (1)
26.2 moeilik moeiliker (1)

27. —Skryf twee sinne neer wat die verskil in betekenis van die woord ‘reg’ aandui.
Sin 1

(1)

Sin 2

28. — Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm.

28.1 Die skaapwagter maak ’n plan.

(1)

28.2 Die inwoners het tot die einde van die dag by hom gebly.

(1)
29. Gee die teenoorgestelde geslag van die onderstreepte woorde.
My ouma en oom gaan by ons kom kuier.
29.1 ouma -
(1)
29.2. oom-
(1)
30. Onderstreep die bywoorde in die volgende sinne.
30.1. Die wolf het skielik verskyn. (1)
30.2 Kom gou, ek het goeie nuus vir jou. (1)

Grade 6 Afrikaans FAL Test 8

### Page 10

31.

32.

33.

34.

35.

Downloaded from hlayiso.com

Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Die slang kruip (dag) agter die huis weg.

Vul die besitlike voornaamwoord in.

Die hond het been in die tuin begrawe.

Gee 'n geskikte voorvoegsel om die teenoorgestelde betekenis aan die
onderstreepte woord te gee.

Sy is gemaklik wanneer sy 'n sonbril dra.

Onderstreep die stam in die volgende woord.

waarheid

Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
35.1 Hy het uit die boom geval en (hom) arm gebreek .

35.2 Sy eet (sy) gunstelingkos vanaand.

Grade 6 Afrikaans FAL Test 9

(1)

(1)

(1)

(1)

(1)

(1)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Lees die onderstaande teks.

Beskryf in sinne drie aksies van die netgooispinnekop en drie aksies van die
mierleeu.

Spesiale Toertjies

Die netgooispinnekop kom in Suid-Afrika voor. Snags spin die spinnekop ‘n web
wat ongeveer die grootte van ’n posseél is. Hy hou hierdie klein web tussen sy lang
bene vas en sit en wag. Wanneer 'n vlieg verbykom, strek die spinnekop sy web tot
ses keer sy oorspronklike grootte. Die spinnekop gooi die web oor die vlieg wat

dan hulpeloos vassit.

Die mierleeu is ’n strikspanner. Hy grawe 'n klein gaatjie in droé, sanderige grond.
Die gaatjie is in die vorm van 'n tregter. Die mierleeu grawe homself aan die
onderkant in en wag met skerp knypers wat opwaarts wys. Wanneer ’n insek na
die rand van die gaatjie kom, gly hy teen die gladde kante af. Die insek kan

homself nie help nie en word gou gevang in die kake van die mierleeu wat aan die

onderkant wag.

TOTAAL AFDELING B: 34

Grade 6 Afrikaans FAL Test 10

### Page 12

37.

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING C: SKRYF EN AANBIED

Stel jou voor dat jy die roudiens van voormalige President Nelson Mandela
by die FNB-stadion bygewoon het. Skryf ’n vriendskaplike brief aan jou
nefie/niggie waarin jy vir hom/haar vertel van jou ervarings by die diens en die

belangrike mense wat jy gesien en gehoor het.

Jou brief moet die volgende kenmerke bevat:

e Adres

e Aanhef

e Inleidende paragraaf
e Liggaam

¢ Slot

Grade 6 Afrikaans FAL Test 11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

(14)

GROOTTOTAAL: 70

TOTAAL AFDELING C: 14

Slegs vir onderwyser/nasiener se gebruik.

Puntetoekenning vir VRAAG 37.

Kriteria Maksimum Punt Leerder se Punt
Briefformaat 5
Taalstrukture 5
Inhoud 4
TOTAAL 14
Grade 6 Afrikaans FAL Test 12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-fal-memo/d9ac7b2b-b6d4-4b2e-a51c-f6e6eca53bb9) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans FAL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-fal-2013-test/492b488e-1384-4bf7-8587-1519f74ec878) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL Graad 6 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-6-2012/34f0a811-fb54-4f0e-ba12-c4e6379f4921) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [ANATest+Grade+6+Afrikaans+FAL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-6-afrikaans-fal-2013-memo/be6570e9-57b8-461f-b16e-d1b385ab6364) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans FAL Memo Deaf](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-fal-memo-deaf/c2936030-2978-415d-b0e1-f69456f8f792) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL Grade 6 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-grade-6-2012-memo/1c7acac6-da08-4e64-906b-90c6a9a71c26) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans Fal

- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2018/fb53a278-9caf-4713-83ac-d691fa610fdb) — Memo · 2018
- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2018/a35e438d-92fb-49cc-9e68-78495d9a5bf8) — Memo · 2018
- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2017/8c65653f-3586-421a-a3cd-603867f2920a) — Memo · 2017
- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2017/f6b7dcbf-d7c9-430a-a891-1436f78f7749) — Memo · 2017
- [AFRFAL-P2- GR6 N16-MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-n16-memo/3c847fff-3733-4b4f-a69c-a727616f181b) — Memo · 2016
- [AFRFAL-P3-GR6 N16-MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-n16-memo/04aa914e-4b7c-4e57-b0ef-f830f62c2ef4) — Memo · 2016

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
