# Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2014 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/2014afr-gau-physical-science-p1-afr/2865b218-bd60-42d8-ad3d-9be3bd20ff41
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/2014afr-gau-physical-science-p1-afr/2865b218-bd60-42d8-ad3d-9be3bd20ff41)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2014. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

               GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                    VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                              2014

                               10841
                         FISIESE WETENSKAPPE

                       EERSTE VRAESTEL

PUNTE:   150                               Bladsye 23
TYD:     3 uur

          12

                                                        b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       FISIESE WETENSKAPPE
                                       (Eerste Vraestel)   10841/14         2

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                 FISIESE WETENSKAPPE
                                                 (Eerste Vraestel)

                                                 TYD: 3 uur

                                                 PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit TWAALF vrae. Beantwoord AL die vrae in
      die ANTWOORDBOEK.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik is.

5.    Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG
      2.1 en VRAAG 2.2.

6.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.   Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE
      desimale plekke af.

11.   Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                            b.o

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                           FISIESE WETENSKAPPE
                                           (Eerste Vraestel)   10841/14            3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.1     Die volgende diagram toon ’n renmotor R wat in ’n reguit lyn na regs ry.

                                                 oliekol

                       R                        P

        Die bestuurder van die renmotor trap rem sodra die motor die oliekol by
        posisie P bereik.

        In watter van die volgende rigtings sal die renmotor R gly?

        A                                       B

        C                                       D

                                                                                   (2)

                                                                                   b.o

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          FISIESE WETENSKAPPE
                                          (Eerste Vraestel)   10841/14             4

1.2   ’n Massa van 1 kg hang aan ’n Newton-trekskaal wat aan die plafon
      vasgemaak is, soos in diagram A.

      In diagram B word dieselfde 1 kg-massastuk vanaf ’n gewiglose,
      wrywinglose katrol gehang deur die tou aan die grond vas te maak.

      Indien die lesing op die skaal in diagram A 9,8 N is, wat is die lesing op
      die skaal in diagram B?

      A    4,9 N

      B    9,8 N

      C    14,7 N

      D    19,6 N                                                                  (2)

                                                                                   b.o

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE
                                                 (Eerste Vraestel)   10841/14           5

1.3        Die gravitasiekrag tussen twee voorwerpe is F wanneer hulle middelpunte
           ’n afstand d uitmekaar is. Wat sal die grootte van die krag in terme van F
           wees indien die massa van een voorwerp verdubbel en die afstand d
           halveer?

           A    8F

           B    F

           C     F

           D     F
                                                                                        (2)

1.4        ’n Voorwerp het ’n momentum p vir ’n tydperk van t sekondes. Watter
           EEN van die volgende grafieke stel die versnelling-tyd verband vir
           hierdie tydinterval korrek voor?

      A.                 B.                  C.                   D.
           a                  a                   a                a

           o                  o                   o                   o
                         t                   t                    t                 t

1.5        Watter EEN van die volgende stellings in verband met die
           rooiverskuiwing van lig as gevolg van die Doppler-effek is waar?

           A    Indien ’n bron van blou lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
                lig violet vertoon
           B    Indien ’n bron van rooi lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
                lig blou vertoon
           C    Indien ’n bron van blou lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
                lig meer groen vertoon
           D    Indien ’n bron van rooi lig weg van die waarnemer beweeg, sal die
                lig meer oranje vertoon                                                 (2)

                                                                                        b.o

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         FISIESE WETENSKAPPE
                                         (Eerste Vraestel)   10841/14            6

1.6   Watter EEN van die volgende kombinasies is korrek ten opsigte van
      die eienskappe van elektriese veldlyne?

          Rigting                           Sterkte van die veld
      A   Positief na negatief              Sterkste waar die digtheid
                                            van die lyne die digste is
      B   Negatief na positief              Swakste waar die digtheid
                                            van die lyne die minste is
      C   Noord na suid                     Sterkste waar die digtheid
                                            van die lyne die digste is
      D   Noord na suid                     Swakste waar die digtheid
                                            van die lyne die minste is           (2)

1.7   Twee gelaaide sfere, A en B, word op geïsoleerde staanders op ’n
      afstand r van mekaar af geplaas, soos hieronder getoon. Die grootte
      van die elektrostatiese krag tussen hulle is F.
                                        r

                      A -4q                          2q B

      Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak en word weer op hulle
      oorspronklike posisies teruggeplaas. Die grootte van die elektrostatiese
      krag in terme van F is nou …

      A    8F

      B    F

      C    F

      D    F                                                                     (2)

                                                                                 b.o

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                        FISIESE WETENSKAPPE
                                        (Eerste Vraestel)   10841/14          7

1.8   Die stroombaan-diagram toon twee gloeilampe met weerstande van
      4 Ω en 2 Ω elk in parallel geskakel in die stroombaan. Die twee
      resistors met weerstande van 4 Ω en 6 Ω elk is in serie in die
      stroombaan geskakel.

      Indien die 2 Ω-gloeilamp uitbrand, wat gebeur met die lesing op VP?

      A    Bly dieselfde

      B    Neem af

      C    Neem toe

      D    Word nul                                                           (2)

1.9   Die magneet in die volgende diagram beweeg weg van die solenoïed.
      Die geïnduseerde stroom vloei deur die resistor in ’n rigting van ...

                                                             ysterstaaf

                                                          solenoïed

      A    Q na R

      B    R na Q

      C    Q na R en dan van R na Q

      D    R na Q en dan van Q na R                                           (2)
                                                                              b.o

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                      FISIESE WETENSKAPPE
                                      (Eerste Vraestel)   10841/14         8

1.10   ’n Opgewekte elektron is in energievlak 3. Die maksimum moontlike
       emissiespektrum-lyne wat hierdie elektron kan opwek is …

       A   1

       B   2

       C   3

       D   4                                                                (2)
                                                                           [20]

                                                                            b.o

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE
                                            (Eerste Vraestel)   10841/14            9

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

’n 8 kg-houtblok is vasgemaak aan ’n 2 kg-houtblok met ’n gewiglose, onelastiese
tou wat oor ’n wrywinglose katrol beweeg. Die blok versnel afwaarts teen ’n rowwe
skuinsvlak met ŉ helling van 20° ten opsigte van die horisontaal soos hieronder
aangetoon.

                                        a

                                    8 kg

               2 kg
                                       20°

Die spanning in die tou is 21 N.

2.1     Definieer versnelling.                                                       (2)

2.2     Teken ’n benoemde kragtediagram van al die kragte wat op die 8 kg-blok
        inwerk.                                                                      (3)

2.3     Bewys met ’n berekening dat die grootte van die versnelling van die
        sisteem 0,7 m⋅s-2 is.                                                        (3)

2.4     Bereken die grootte van die wrywingskrag wat die 8 kg-blok ervaar.           (4)
                                                                                    [12]

                                                                                     b.o

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE
                                                 (Eerste Vraestel)   10841/14          10

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die posisie-tydgrafiek vir ’n tennisbal wat vertikaal opwaarts vanaf die tweede
vloer van ’n skoolgebou gegooi word, word hieronder getoon.
Ignoreer alle effekte van lugweerstand.

                   Posisie (m)
                                 6,5

                                       t1   t2    Tyd (s)

Die hoogte van die tweede vloer is 6,5 m. Die bal styg 0,9 m bokant die
beginposisie voordat die bal afwaarts begin val.

3.1     Skryf die grootte en rigting van die versnelling van die bal neer terwyl dit
        opwaarts beweeg.                                                                (2)

3.2     Bereken die tyd t1 wat dit die bal neem om sy maksimum hoogte te
        bereik.                                                                         (4)

3.3     Bereken die beginsnelheid van die tennisbal die oomblik wat dit losgelaat
        word.                                                                           (4)

3.4     Skets ’n snelheid-tydgrafiek vir die beweging van die bal van die oomblik
        dat dit vertikaal opwaarts gegooi word totdat dit die grond bereik. Benoem
        die asse en toon al die relevante waardes op die grafiek aan.                   (4)
                                                                                       [14]

                                                                                        b.o

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE
                                                  (Eerste Vraestel)   10841/14     11

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon ’n planeet Z en sy twee mane X en Y wat reghoekig
ten opsigte van mekaar is. Die gemiddelde afstand tussen die middelpunt van die
planeet en maan X is 1 496 km en die gemiddelde afstand tussen die middelpunt
van die planeet en maan Y is ½(1 496) km.

                              Z        1 496 km

                ½(1 496) km
                                                       MX = 1,99 × 1019 kg

                              MY = 2(1,99 × 1019) kg

Neem die massa van X as 1,99 × 1019 kg, die massa van die planeet Z as
5,98 × 1024 kg en die massa van Y as twee keer die massa van X.

4.1    Bereken die gravitasiekrag tussen maan X en planeet Z.                       (4)

4.2    Skryf die grootte van die gravitasiekrag wat maan Y op planeet Z uitoefen
       neer.                                                                        (2)

4.3    Bereken die grootte van die netto gravitasiekrag wat die twee mane op die
       planeet uitoefen.                                                            (2)
                                                                                    [8]

                                                                                    b.o

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE
                                                   (Eerste Vraestel)   10841/14           12

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee identiese voorwerpe P en Q, elk met ’n massa 12 kg, beweeg langs
mekaar teen ’n aanvanklike snelheid van 5,5 m⋅s-1 oos op ’n horisontale
oppervlakte.
Die volgende grafieke toon die netto krag wat deur elke voorwerp onderskeidelik
gedurende dieselfde tydinterval ervaar word.

                      Voorwerp P                                    Voorwerp Q
                 15                                            15
      Fnet (N)                                      Fnet (N)
                 10                                            10

                 5                                             5

                 0                                             0
                      2 4 6 8 10        t (s)                       2 4 6 8 10   t (s)
                 -5                                            -5

            -10                                           -10

5.1              Bereken die totale impuls wat voorwerp Q ervaar in 10 s.                  (3)

5.2              Vergelyk sonder enige berekening, die totale impuls van voorwerp P met
                 dié van voorwerp Q. Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of
                 DIESELFDE AS neer.                                                        (1)

5.3              Bereken die eindsnelheid van voorwerp Q.                                  (4)
                                                                                           [8]

                                                                                           b.o

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE
                                             (Eerste Vraestel)   10841/14            13

VRAAG 6 (Begin op ‘n nuwe bladsy.)

’n Fietsryer stoot sy fiets met massa 6,1 kg teen ’n bult op met ’n krag van 20 N.
Die fiets word van ’n beginsnelheid van 5 m⋅s-1 van punt A na punt B gestoot. Die
helling van die pad is 10° ten opsigte van die horisontaal en die afstand van A na
B is 32 m soos hieronder voorgestel.

                                           32 m

                                                                    B
                                                                    •
                  20 N

                          A          10°
                          •

Die padoppervlakte oefen ’n wrywingskrag van 11 N uit op die bande van die fiets.

6.1     Bereken die arbeid wat die fietsryer op die fiets verrig.                     (3)

6.2     Gebruik die arbeid-energie stelling en bereken die grootte van die
        snelheid van die fiets by 32 m.                                               (5)

6.3     Verduidelik hoekom wrywingskragte as nie-konserwatiewe kragte beskou
        word.                                                                         (2)
                                                                                     [10]

                                                                                      b.o

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                          FISIESE WETENSKAPPE
                                          (Eerste Vraestel)   10841/14              14

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

7.1    Keenan, wat by die bopunt van die Leunende Toring van Pisa staan, laat
       per ongeluk sy selfoon val wanneer dit begin lui teen ’n frekwensie van
       497 x 103 Hz. Die hoogte van die toring is 56 m.

      7.1.1   Gebruik die wet van behoud van meganiese energie en bereken
              die spoed van die selfoon op ’n hoogte van 18 m.                       (4)

      Nerisse staan by die voet van die toring en hoor hoe die selfoon lui terwyl
      dit in haar rigting val. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

      7.1.2   Bereken die frekwensie van die klank wat deur Nerisse
              waargeneem word wanneer die selfoon op ’n hoogte van 18 m
              bokant die grond is. Neem die spoed van klank in lug as
              340 m⋅s-1.                                                             (4)

      7.1.3   Verduidelik in terme van golflengte en frekwensie van klank,
              hoekom sal Keenan, wat bo-op die toring is, ŉ laer frekwensie van
              klank waarneem as die waarde wat in VRAAG 7.1.2 bereken is.            (2)

      7.1.4   Hoe sal die frekwensie van die klank wat Nerisse waarneem
              vergelyk op ’n hoogte van 18 m met dié op ’n hoogte van 3 m?
              Skryf slegs HOËR, LAER of BLY DIESELFDE neer.                          (1)

7.2   Spoedkameras bepaal die spoed van ’n motor deurdat dit die sein van ’n
      radiogolf wat deur die motor gereflekteer word, meet.

      7.2.1   Verduidelik hoekom die spoedkamera nie die spoed van ’n motor
              akkuraat kan meet op die oomblik wat die motor verby die kamera
              beweeg nie.                                                            (2)

      7.2.2   Wat is die spoed van die radiogolf in lug? Gee ’n rede vir jou
              antwoord.                                                              (2)
                                                                                    [15]
                                                                                     b.o

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                           FISIESE WETENSKAPPE
                                           (Eerste Vraestel)   10841/14              15

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon twee sfere, A met ’n lading–4,5 × 10-5 C en B met ’n
lading + 9,5 × 10-5 C op geïnsuleerde staanders. Die afstand tussen die
middelpunte van die twee sfere is 0,35 m.

                   –4,5 × 10-5 C                        + 9,5 × 10-5 C
                        A              0,35 m
                                                              B

8.1     Teken die elektriese veldpatroondiagram van die elektriese veld wat
        bestaan as gevolg van die twee ladings.                                       (3)

8.2     Bereken die grootte en rigting van die elektrostatiese krag wat deur sfeer
        B op sfeer A uitgeoefen word.                                                 (4)

8.3     Bereken die elektriese veldsterkte by B as gevolg van lading A.               (4)
                                                                                     [11]

                                                                                      b.o

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE
                                                 (Eerste Vraestel)   10841/14                   16

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Sandile en Peter het ’n battery vir die wetenskapuitstalling gebou. Hulle het
aartappels gebruik met sink- en koperplate as elektrodes.
Sandile en Peter was nuuskierig om uit te vind hoeveel aartappelselle in serie
geskakel moet word om ’n flitslig-gloeilampie te laat brand.

9.1      Skryf ’n gepaste hipotese vir die ondersoek neer.                                       (2)

9.2      Skryf die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer.                           (1)

                                                                           belading

http://www.sciencebuddies.org/science-fair-projects/project_ideas/Energy_p010.shtml#procedure

Sandile en Peter het met twee aartappels begin wat in serie geskakel is soos
getoon in die foto hierbo. Hulle gebruik ’n voltmeter wat direk oor die buitenste
elektrodes geskakel is en meet ’n potensiaalverskil van 1,6 V.
Daarna verbind hulle ’n 1,5 V flitslig-gloeilampie tussen die elektrodes. Hulle neem
waar dat die gloeilamp nie brand nie.
Wanneer hulle die potensiaalverskil oor die gloeilampie meet, is dit 0,02 V.

9.3      Wat is die emk van die battery met twee aartappelselle wat in serie
         verbind is?                                                                             (1)

9.4      Gee ’n rede hoekom die potensiaalverskil oor die gloeilamp slegs 0,02 V is.             (1)

9.5      Die gloeilamp het ’n weerstand van 2 Ω. Bereken die drywing wat deur
         die gloeilamp verkwis word al brand dit nie.                                            (3)
                                                                                                 [8]

                                                                                                 b.o

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE
                                                (Eerste Vraestel)   10841/14      17

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die stroombaandiagram hieronder toon twee resistors met ŉ weerstand van 4 Ω
en 5 Ω elk in parallel geskakel met resistor R1 met ’n onbekende weerstand. Die
battery het ’n emk van 15 V en ’n onbekende interne weerstand.

                                  12,9 V
                              V

                                                          S

                           emk = 15 V; r

                         4Ω                          5Ω

                                           R1                 A
                                                                  1,5 A

10.1    Stel Ohm se wet in woorde.                                                 (2)

Wanneer skakelaar S gesluit word, het die ammeter ’n lesing van 1,5 A en die
voltmeter het ’n lesing van 12,9 V.

10.2    Bereken die weerstand van resistor R1.                                     (3)

10.3    Bereken die ekwivalente weerstand van die parallelle stroombaan.           (3)

10.4    Bereken die interne weerstand van die battery.                             (4)
                                                                                  [12]

                                                                                   b.o

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                          FISIESE WETENSKAPPE
                                          (Eerste Vraestel)   10841/14              18

VRAAG 11 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

11.1   Bestudeer die diagram van ’n elektriese motor hieronder. Die spoel roteer
       tussen die teenoorgestelde pole X en Y van twee magnete.

                                              rotasie-as

                                                 kommutator
                                         koolstofborsels

       11.1.1 Is hierdie ’n GS- of ’n WS-motor? Gee ’n rede vir jou antwoord.        (2)

       11.1.2 Noem TWEE veranderings wat aan hierdie motor gemaak kan
              word om die tempo van rotasie te laat toeneem.                         (2)

       11.1.3 Wat is die polariteit van die twee magnetiese pole X en Y?             (2)

11.2   Generators benodig ’n bron van meganiese energie om die spoel in ’n
       magneetveld te draai. Die foto hieronder toon ’n voorbeeld van ’n
       windgenerator.

       ’n Windgenerator het rotorlemme wat 100 m in diameter is. Wanneer die
       wind teen maksimum spoed waai, verskaf die generator ’n maksimum
       WS-stroom van 80 A in ’n resistor van 510 Ω.

       11.2.1 Bereken die wgk-potensiaalverskil oor die resistor.                    (5)

       11.2.2 Bereken die gemiddelde drywing wat deur die generator
              gegenereer word.                                                       (3)

       11.2.3 Teken ’n sketsgrafiek van die verandering in die stroomsterkte wat
              deur hierdie WS-generator gegenereer word. Toon TWEE
              volledige siklusse vir die verandering in die stroom op die grafiek
              aan. Toon die toepaslike waardes van die stroom op die as aan.         (4)
                                                                                    [18]
                                                                                     b.o

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                           FISIESE WETENSKAPPE
                                           (Eerste Vraestel)   10841/14            19

VRAAG 12 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

12.1   Die grafiek hieronder toon die verband tussen die maksimum kinetiese
       energie van elektrone wat vrygestel is van die oppervlakte van ’n sekere
       metaal wanneer elektromagnetiese straling met verskillende frekwensies
       daarop skyn.

       12.1.1   Definieer die werksfunksie vir ’n spesifieke metaal.                (2)

       12.1.2   Gee die grootte van die drumpelfrekwensie van die metaal soos
                aangetoon op die grafiek.                                           (1)

       12.1.3   Bereken die maksimum snelheid wat ’n vrygestelde elektron het
                as elektromagnetiese straling met ’n frekwensie van 100 × 10 -19
                Hz op die metaal skyn.                                              (5)

       12.1.4   Die grafiek word beskryf as “die bespassende lyn”. Verduidelik
                wat dit beteken.                                                    (1)

                                                                                    b.o

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE
                                             (Eerste Vraestel)   10841/14          20

12.2   Die volgende diagram toon die verskillende lyne van die lyn emissie-
       spektrum (gekleurde lyne op ’n swart agtergrond) asook die absorpsie-
       spektrum (swart lyne op ’n gekleurde agtergrond) van die waterstofatoom
       onderskeidelik. Die lyne stem ooreen met die oorgange van elektrone
       tussen spesifieke energievlakke.

                    Waterstof absorpsie spektrum

                    Waterstof emissie spektrum

                   400nm                                  700nm
                                                      H Alpha lyn
                                                      656nm
                                                      Oorgang N=3 na N=2

       12.2.1 Verduidelik die verskil tussen ’n emissiespektrum en ’n absorpsie-
              spektrum.                                                             (2)

       12.2.2 Wat is die mees waarskynlike kleur van die H-Alpha lyn? Kies uit
              ROOI, GROEN of VIOLET. Gee ’n rede vir jou antwoord.                  (2)
                                                                                   [14]

                                                                    TOTAAL:        150

                                                                                    b.o

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                        FISIESE WETENSKAPPE
                                        (Eerste Vraestel)   10841/14          21

                     DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                               PAPER 1 (PHYSICS)

                GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                           VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                         g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                         G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Speed of light in a vacuum
                                         c              3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                         h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                         k            9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                         e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                         me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of earth
                                         ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die aarde
Radius of earth
                                         RE              6,38 x 103 km
Radius van die aarde

                                                                               b.o

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE
                                                  (Eerste Vraestel)   10841/14                         22

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f  vi  a t                                  Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                       v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
  2        2                      2      2
                                                 Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                       2                      2 

FORCE/KRAG

                                                 p  mv
Fnet  ma
                                                 fk = µkN
fsmax = µsN
Fnet t  p
                                                 w  mg
p  mv f  mv i
       Gm 1m2                                          M
F                                               g = G d2
          d2

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W  Fx cos                                     U  mgh            or/of       EP  mgh
                                                 Wnet  K          or/of        Wnet  Ek
       1                                 1
K       mv2       or/of          Ek      mv2
       2                                 2
                                                 K  K f  K i     or/of       Ek  Ekf  Eki
                                                    W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep              P
                                                    t
Pave  Fv ave

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                      1
vf                                             T
                                                      f
       v  vL                v  vL                                         c
fL           fs   /       fL      fb           E  hf     or/of    E h
       v  vs                v  vb                                         
E  Wo  Ek max        where/waar
                                      1                    1
E  hf and/en W0  hf0 and/en Ek max  mvmax
                                         2
                                                    K max  mvmax
                                                              2

                                      2      or/ of        2

                                                                                                       b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE
                                               (Eerste Vraestel)   10841/14                            23

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

   kQ1Q 2                                       kQ
F                                           E
      r2                                        r2
   Q                                            F
n=                                           E
   qe                                           q
    W
V
    q

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

     V                                       emf ( ε ) = I(R + r)
R
     I                                       emk ( ε ) = I(R + r)
R s  R1  R 2  ...
 1    1     1                                q I t
              .. .
R p R1 R 2
W = Vq                                            W
                                             P
                                                  Δt
W = VI  t
                                             P = VI
W= I2R  t
                                             P = I2R
     V Δt 2
W=                                               V2
      R                                      P
                                                  R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                             Paverage  Vrms I rms       /   Pgemiddeld  Vwgk I wgk
          I max                     I
I rms                  /    I wgk  maks
              2                       2
                                             Paverage  I rms
                                                          2
                                                              R          /   Pgemiddeld  I 2wgkR
           Vmax                      Vmaks
Vrms                   /   Vwgk                           2
                                                          Vrms
                                                                                             2
                                                                                            Vwgk
              2                        2     Paverage               /       Pgemiddeld 
                                                           R                                 R

                                             EINDE

## Related documents

- [2014AFR gau physical sciences p1 memo](https://www.hlayiso.com/library/2014afr-gau-physical-sciences-p1-memo/db77042f-0bdc-4e06-8f6b-ce760a7e4148) — Physical Sciences · Memo · 2014
- [2014ENG gau physical sciences p1 memo](https://www.hlayiso.com/library/2014eng-gau-physical-sciences-p1-memo/d8eca56a-f776-4202-84cd-3e2e7e299ae3) — Physical Sciences · Memo · 2014
- [2014AFR gau physical science p2 afr](https://www.hlayiso.com/library/2014afr-gau-physical-science-p2-afr/1d77db4a-2740-4775-93cc-930f8f26be12) — Physical Sciences · QP · 2014 · Afr
- [2014ENG gau physical science p2 eng memo](https://www.hlayiso.com/library/2014eng-gau-physical-science-p2-eng-memo/5fca6597-743c-4f85-8f26-3dea294e1dfe) — Physical Sciences · Memo · 2014 · Eng
- [PHYS SC P1 MEMO ENGAFR](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-engafr/da9b9ae0-718d-442a-95bc-aa0bfbf308f3) — Physical Sciences · Memo · 2014
- [Physical Sciences P1 Nov 2014 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2014-memo-afr-eng/44924678-c33b-42e1-8937-fcfda16ea7b3) — Physical Sciences · Memo · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
