# Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/2017-grade-11-accn-qp-afr-latest/9ddbcdf7-e417-405a-8fb4-2459af06f901
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/2017-grade-11-accn-qp-afr-latest/9ddbcdf7-e417-405a-8fb4-2459af06f901)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                           NOVEMBER 2017

                          REKENINGKUNDE

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en ’n 14-bladsye-antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                         REKENINGKUNDE                                  (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING
    1.    Beantwoord AL die vrae in die antwoordeboek wat verskaf word.
    2.    Waar van toepassing, moet bewerkings getoon word om deelpunte te verdien.
    3.    Jy mag 'n nie programmeerbare sakrekenaar gebruik.
    4.    Jy mag ’n donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te beantwoord.
    5.    Waar van toepassing, maak alle berekeninge korrek tot een desimale plek.
    6.    ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde
          tyd vir elke vraag te hou. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
                                   VRAAG 1: 45 punte; 30 minute
    Hoofonderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                        Finansiële rekeningkunde
                                         Begrippe, Bankrekonsiliasie en Debiteurerekonsiliasie
    Rekonsiliasies en interne beheer
                                        Bestuur van hulpbronne
                                         Interne beheer en etiek
                                  VRAAG 2: 75 punte; 45 minute
    Hoofonderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                        Finansiële rekeningkunde
    Vennootskappe – Finansiële state
                                         Begrippe, Inkomstestaat, Balansstaat en notas
                                  VRAAG 3: 35 punte; 20 minute
    Hoofonderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                     Finansiële rekeningkunde
    Vennootskappe – Finansiële state
                                      Begrippe, Notas tot die Balansstaat
    en Vertolking
                                      Berekeninge en vertolking van finansiële inligting
                                  VRAAG 4: 70 punte; 40 minute
    Hoofonderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                        Bestuursrekeningkunde
                                         Begrippe, kontantbegroting en vertolking van begrotingsinligting
    Begrotings;                         Finansiële rekeningkunde
    Klubs                                Transaksies van sportklubs en grootboekrekeninge
                                        Bestuur van hulpbronne
                                         Interne beheer-prosesse
                                  VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
    Hoofonderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                        Bestuursrekeningkunde
                                         Begrippe, Algemene grootboek en berekeninge rakende
    Kosteberekeninge                       vervaardigingsondernemings
                                        Bestuur van hulpbronne
                                         Voorraadstelsels en Interne beheer-prosesse
                                  VRAAG 6: 30 punte; 20 minute
    Hoofonderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                        Bestuur van hulpbronne
    Vaste bates;
                                         Bestuur van vaste bates, waardevermindering en nota
    Probleemoplossing
                                         Probleemoplossing

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    REKENINGKUNDE                                                   3

VRAAG 1: REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER                                     (45 punte; 30 minute)

1.1   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf jou antwoord
      teenoor elke vraagnommer (1.1.1–1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.

      1.1.1    ’n Kredietsaldo op die bankstaat is ’n batige saldo.

      1.1.2    ’n Vooruitgedateerde tjek ontvang van ’n debiteur, sal in die KOJ
               aangeteken word en as ’n uitstaande deposito in die Bankversoening-
               staat aangedui word.

      1.1.3    Diensgelde, depositofooie, en bankheffings word saam gegroepeer as
               Bankkoste, op grond van die omsigtigheidsbeginsel van AARP.

      1.1.4    ’n Verouderde tjek moet in die KOJ gekanselleer word.                           (4)

1.2   Bankrekonsiliasie

      Die inligting hieronder is uit die rekords van Algoa Winkels vir September 2017.

      GEVRA:

      1.2.1    Identifiseer die items (met bedrae) wat in die KOJ aangeteken moet word.        (7)

      1.2.2    Identifiseer die items (met bedrae) wat in die KBJ aangeteken moet word.        (6)

      1.2.3    Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 30 September 2017.                        (10)

      INLIGTING:

      A.      Inligting uit die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Augustus 2017:

              Debietsaldo volgens bankstaat                                   R84 000
              Kredietsaldo volgens bankrekening                                53 000
              Uitstaande deposito’s                                            56 000
              Uitstaande tjeks:
                   Nr 8040 (1 Maart 2017)                                       5 000
                   Nr 8440                                                      8 500
                   Nr 8447 (1 Oktober 2017)                                    11 500

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      REKENINGKUNDE                            (EC/NOVEMBER 2017)

     B.     'n Vergelyking van die bankstaat met die rekords van die besigheid, het
            die volgende verskille aan die lig gebring:

            ITEM      TRANSAKSIE
              A       ’n Deposito van R56 000 is op die bankstaat, maar nie in die
                      joernale van September 2017 nie.
              B       ’n Deposito van R29 000 verskyn in die KOJ van September 2017,
                      maar nie op die bankstaat nie.
              C       Tjek Nr 8040, uitgereik om die eienaar se ledegeld te betaal,
                      verskyn nie op hierdie maand se bankstaat nie.
              D       ’n Direkte deposito van R8 000, gemaak deur die huurder,
                      Gel Haarkappers, verskyn op die bankstaat, maar nie in die
                      joernale nie.
              E       Diensgeld van R540 verskyn op die bankstaat, maar nie in die
                      joernale nie.
              F       Rente van R200 is teen die bankstaat gedebiteer, maar nie in die
                      joernale aangeteken nie.
              G       Die bankstaat toon 'n geweierde tjek van R2 000, ontvang van
                      debiteur, J Joseph. Die tjek is geweier weens onvoldoende
                      fondse. Die besigheid moet hierdie transaksie nog aanteken.
              H       Tjek Nr. 9020 ten gunste van krediteur RR Vervaardigers, verskyn
                      as R5 400 in die KBJ, maar korrek as R4 500 op die bankstaat.
              I       Tjek Nr. 8440 vir R8 500 is op die September bankstaat, maar nie
                      in die September joernale nie.
              J       Tjek Nr. 8520 vir R19 000 verskyn in die September KBJ, maar
                      nie op die September bankstaat nie.
              K       Tjek Nr. 8524 vir R15 000, vooruitgedateer vir 31 Desember 2017,
                      is nie aangeteken nie. Dit is uitgereik aan Seconds Car Sales as
                      'n deposito op 'n voertuig. Hierdie tjek verskyn nie op die bankstaat
                      nie.
              L       'n Tjek vir R3 000, gedateer 16 September 2017, is ontvang van
                      debiteur, B Best, gedurende Augustus 2017. Die tjek is
                      gedeponeer op 30 September 2017, maar geen inskrywings is
                      gedoen om die transaksie aan te teken nie. Hierdie deposito
                      verskyn ook nie op die bankstaat nie.
              M       Die bankstaat toon 'n gunstige saldo van R45 000 op
                      30 September 2017.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                       REKENINGKUNDE                                               5

1.3   Debiteurerekonsiliasie

      Die inligting het betrekking op Jasmine Handelaars vir Julie 2017.

      GEVRA:

      1.3.1     Verduidelik waarom die saldo van die Debiteurekontrolerekening en die
                totaal van die Debiteurelys dieselfde behoort te wees.                        (2)

      1.3.2     Toon die verbeteringe wat nodig is op elke debiteur se rekening om die
                foute en weglatings aan te teken.                                            (10)

      1.3.3     Die eienaar is bekommerd oor debiteure wat nie die 30 dae krediet-
                termyn nakom nie.

                     Verduidelik 30-dae-krediettermyn.
                                                                                              (2)
                     Wat behoort die kredietbestuurder te doen om te verseker dat slegs
                      betroubare persone toegelaat word om goedere op krediet te koop?
                      Gee TWEE punte.                                                         (4)

      INLIGTING:

      A.      Saldo van Debiteurekontrolerekening op 31 Julie 2017, R38 940.

      B.      Debiteurelys op 31 Julie 2017:
              A. Santos                                     D1              12 560
              B. Deepak                                     D2               9 840
              C. Mellissa                                   D3               7 660
              D. Rossie                                     D4              11 400

      C.      Die volgende foute en weglatings is opgemerk en moet aangeteken word:

              (i)      'n Tjek ontvang van Mellissa vir R3 500 is foutiewelik aangeteken
                       in die rekening van Rossie in die debiteure grootboek.

              (ii)     Goedere teruggestuur deur Santos, R780, is na die verkeerde kant
                       van haar rekening oorgeboek.

              (iii)    'n Tjek ontvang van Deepak, R4 000, is deur die bank teruggestuur,
                       gemerk “V/T – vooruitgedateer”.

              (iv)     Die Debiteurejoernaal is met R290 te veel opgetel.

              (v)      Kontantverkope aan Rossie, R1 250, is as kredietverkope in sy
                       rekening aangeteken.

                                                                                              45

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    REKENINGKUNDE                        (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 2:      VENNOOTSKAPPE – FINANSIЁLE STATE                         (75 punte; 45 minute)

Die inligting hieronder, verskyn in die boeke van PB Winkels (met vennote Pinky en
Brian) op 28 Februarie 2017, die einde van die huidige finansiële jaar.
GEVRA:
2.1   Voltooi die Inkomstestaat vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2017.
      Sommige bedrae is in die antwoordeboek ingevul.                                   (33)
2.2   Voltooi die volgende notas tot die Balansstaat:
      2.2.1   Kapitaal                                                                  (8)
      2.2.2   Privaatrekeninge                                                          (28)
2.3   Pinky is ontevrede met die manier waarop Brian sy belegging in die vennootskap
      bestuur.
      2.3.1   Gee TWEE redes om te verduidelik waarom hy so voel. Gee in elke geval
              relevante syfers om jou kommentaar te staaf.                              (4)
      2.3.2   Gee EEN voorstel wat die vennootskap kan gebruik om die probleem wat
              deur Pinky geopper is, aan te spreek.                                     (2)
INLIGTING:
A.    Saldo’s op 28 Februarie 2017 (tensy anders aangedui):
      Kapitaal: Pinky                                         R 280 000
      Kapitaal: Brian                                           350 000
      Onttrekkings: Pinky                                        26 409
      Onttrekkings: Brian                                        57 403
      Privaatrekening: Pinky (1 Maart 2016)                      22 369
      Privaatrekening: Brian (1 Maart 2016)                      32 412 (Dt)
B.    Voor-aansuiweringsbedrae (onder andere) uit die Algemene Grootboek
      op 28 Februarie 2017:
      Lening: Rode Bank                                               ?
      Vaste deposito (9% p.j.)                                  220 000
      Debiteurekontrole                                          97 200
      Voorsiening vir oninbare skuld (1 Maart 2016)               5 440
      Handelsvoorraad                                           133 390
      Verkope                                                   993 250
      Koste van verkope                                         685 000
      Huurinkomste                                              117 250
      Versekering                                                25 665
      Kommissie-inkomste                                         58 545
      Verpakkingsmateriaal                                       19 710
      Water en elektrisiteit                                     32 180
      Salarisse en lone                                          45 000
      Waardevermindering                                         17 150
      Rente op belegging                                         14 850
      Diverse uitgawes                                                ?

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     REKENINGKUNDE                                                 7

C.   Aansuiwerings:
     (i)     Die jaarlikse voorraadopname toon die volgende voorrade op hande:
                   Handelsvoorraad, R130 540
                   Verpakkingsmateriaal nie gebruik, R3 600.
     (ii)    Pas die Voorsiening vir oninbare skuld aan tot 5% van debiteure.

     (iii)   Rente op lening word gekapitaliseer. Die leningstaat ontvang van Biltong Bank
             toon die volgende:
             Saldo van lening op 1 Maart 2016                            R 374 600
             Terugbetalings gedurende die jaar (rente ingesluit)            86 400
             Rente gekapitaliseer                                                  ?
             Saldo van lening op 28 Februarie 2017                         327 000
     (iv)    Die huur vir Maart 2017 is ontvang. Let daarop dat die huur met R875 per maand
             verhoog is vanaf 1 Desember 2016.
     (v)     Versekering sluit in ’n jaarlikse polis van R5 820 wat op 1 Junie 2016 uitgeneem
             is.
     (vi)    Die water en elektrisiteitsrekening vir Februarie 2017 is nog nie betaal nie,
             R2 150.
     (vii) Rente op belegging word nie gekapitaliseer nie. Rente vir die laaste kwartaal
           van hierdie finansiële jaar is nog nie ontvang nie

D.   Die Wins en verliesrekening toon ’n netto wins van R311 135 nadat al die
     aansuiwerings in ag geneem is.
E.   Transaksies rakende die vennote wat slegs in die vennote se rekeninge
     aangeteken moet word:
     (i)     Pinky het goedere met ’n verkoopprys van R9 590 uit die voorraad geneem vir
             persoonlike gebruik. Goedere word verkoop teen ’n winsopslag van 75% op
             kosprys.
     (ii)    Brian het ’n saketjek gebruik om sy persoonlike telefoonrekening van R5 100 te
             betaal.
     (iii)   Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende salaristoelaes:
             Pinky, R113 400 p.j.
             Brian, R7 800 per maand.
             Die vennote is geregtig op ’n jaarlikse verhoging van 10% vanaf 1 Desember
             elke jaar. Dit is nie in berekening gebring nie.
     (iv)    Rente op kapitaal word bereken teen 8% van die kapitaal saldo’s.
             Op 1 Junie 2016, het Pinky haar kapitaal vermeerder met R40 000, en Brian het
             sy kapitaal verminder met R10 000. Hierdie veranderinge is aangeteken.
     (v)     Pinky is geregtig op ’n produksiebonus gelykstaande aan 2% van totale verkope.
     (vi)    Die oorblywende wins of verlies moet verdeel word in verhouding van die
             vennote se kapitaal-saldo’s aan die einde van die finansiële jaar.

                                                                                             75

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   REKENINGKUNDE                           (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 3:      VENNOOTSKAPPE – FINANSIЁLE STATE EN VERTOLKING
                                                                          (35 punte; 20 minute)

3.1   Kies die stelling in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letters (A–E), teenoor die nommers (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.

              KOLOM A                                 KOLOM B

      3.1.1    Opbrengs        A    Die effektiewe bestuur van uitgawes
                                    Die mate waartoe die besigheid gebruik maak van
      3.1.2    Solvensie       B
                                    langtermyn skuld (lenings)
               Winsgewend-          Die vermoë van die besigheid om korttermyn skuld
      3.1.3                    C
               heid                 in die volgende finansiële periode te betaal
      3.1.4    Likiditeit      D    Vennote se verdienste van die netto wins

                               E    Die verhouding van totale bates tot totale laste
                                                                                           (4)

3.2   MP HANDELAARS

      Inligting uit die rekords van MP Handelaars (met vennote Monty en Python) word
      vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2017, gegee.

      GEVRA:

      3.2.1   Bereken die volgende:
                 Persentasie winsopslag op kosprys                                        (4)
                 Persentasie bedryfsuitgawes op verkope                                   (3)
                 Totale verdienste van Monty                                              (4)
                 Die persentasie opbrengs verdien deur Python                             (5)
                 Die skuld/ekwiteitsverhouding vir 2017                                   (3)

      3.2.2   Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid. In jou antwoord
              moet jy TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aanhaal en verduidelik.       (4)

      3.2.3   Het die vennote reg opgetree deur die lening te verhoog? Verduidelik.
              Haal TWEE finansiële aanwysers, met syfers, aan in jou verduideliking.       (4)

      3.2.4   Monty is nie tevrede met die opbrengs op sy belegging nie. Verduidelik
              waarom jy dink hy so voel. Haal syfers aan.                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    REKENINGKUNDE                                                     9

      INLIGTING:
      A.    Uittreksel van die Inkomstestaat op 30 April 2017:
            Verkope                                                           R 4 257 000
            Bruto wins                                                          1 677 000
            Bedryfsuitgawes                                                     1 064 250
            Netto wins vir die jaar                                               720 000
      B.    Uittreksel van die vennote se Privaatrekeninge op 30 April 2017:
                                                                 MONTY            PYTHON
            Totale primêre verdeling                                  ?            279 570
            Vennote se deel van oorblywende wins                118 020             59 010
            Onttrekkings                                        198 000            210 000

      C.    Uittreksel van die Balansstaat op 30 April:
                                                                   2017             2016
            Vennote se ekwiteit                                 1 237 300         838 300
             Kapitaal                                            975 000         885 000
             Privaatrekeninge                                    262 300         (46 700)
            Lening: Simi Bank                                     742 380           85 000
            Bedryfsbates                                          598 080         441 600
             Handelsvoorraad                                     276 400         200 800
             Handels- en ander ontvangbare bedrae                288 880         220 600
             Kontant en kontantekwivalente                        32 800           20 200
            Bedryfslaste                                          427 200         368 000
             Handels- en ander betaalbare bedrae                 328 360         339 240
             Korttermyn gedeelte van lening                       98 840           28 760
      D.    Besonderhede van vennote se ekwiteit op 30 April:
                                                 MONTY                        PYTHON
                                          2017           2016              2017      2016
            Kapitaal                     650 000      535 000           325 000     350 000
            Privaatrekeninge             202 720       22 300            59 580     (69 000)
                                         852 720      557 300           384 580     281 000

      E.    Finansiële aanwysers op 30 April:

                                                                 2017               2016
            Bedryfsverhouding                                    1,4 : 1           1,2 : 1
            Vuurproefverhouding                                  0,8 : 1           0,7 : 1
            Skuld/ekwiteitsverhouding                              ?               0,1 : 1
            Opbrengs op belegging: Monty                          54%               46%
            Opbrengs op belegging: Python                          ?                81%
            Opbrengs op kapitaal aangewend                        69%               43%
            Rentekoers op lenings                                 13%               13%

                                                                                                 35

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                     REKENINGKUNDE                           (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 4:       BEGROTINGS EN KLUBS                                         (70 punte; 40 minute)

4.1   Begrotings en Geprojekteerde Inkomstestaat
      4.1.1    Noem EEN verskil tussen ’n Kontantbegroting en ’n Geprojekteerde
               Inkomstestaat.                                                                (2)
      4.1.2    Gee TWEE items wat nie in ’n Kontantbegroting sal verskyn nie.                (2)
      4.1.3    Verduidelik waarom ’n besigheid die werklike bedrae ontvang of betaal
               met die begrote bedrae sal vergelyk.                                          (2)

4.2   Thabo se Gimnasium
      Thabo se Gimnasium bied oefenfasiliteite aan. Hy bedryf ook ’n gim winkel wat
      verversings en oefentoerusting aan die publiek verkoop.
      GEVRA:
      4.2.1     Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir die begrotingsperiode.          (10)
      4.2.2     Vul die ontbrekende bedrae in om die Kontantbegroting wat voorsien
                word, te voltooi.                                                            (28)
      4.2.3        Bereken die persentasie verhoging in salarisse en lone.                  (3)
                   Verduidelik waarom die werkers met hierdie verhoging tevrede/nie
                    tevrede nie, behoort te wees.                                            (2)
      4.2.4     Thabo is bekommerd oor die volgende items vir November 2017:
                                                       BEGROTE           WERKLIKE
                              ITEMS
                                                       BEDRAG             BEDRAG
                Fooi-inkomste                            33 600               23 520
                Telefoon                                  5 000                8 460
                Onderhoud: oefentoerusting               13 000                8 200

                   Verskaf ’n rede vir sy kommer oor elk van die gelyste items.             (3)
                   Gee vir Thabo praktiese advies hoe om in elke geval die probleem
                    aan te spreek.                                                           (3)
      INLIGTING:
      A.      Gimnasiumfooie is R420 per maand per lid.
              Op 31 Oktober 2017 was daar 80 geregistreerde lede. Thabo verwag dat
              die ledetal met 25% sal verhoog gedurende Desember 2017.
      B.      30% van alle verkope in die Gim Winkel is op krediet.
              60% van debiteure betaal gedurende die maand van verkope
              38% betaal in die volgende maand
              Die balans word hierna afgeskryf.
      C.      Alle goedere word op krediet aangekoop. Krediteure word binne 30 dae
              betaal om 10% korting te ontvang vir vroeë betaling.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  REKENINGKUNDE                                            11

     D.     Verkope- en Aankopesyfers vir die begrote periode:
                                               OKTOBER         NOVEMBER     DESEMBER
            Werklike en begrote verkope               95 000     100 000      150 000
            Werklike en begrote aankope               58 000      62 000       94 000

     E.     Kontantbegroting vir begrote periode wat eindig op 31 Desember 2017.
            ONTVANGSTES                                   NOVEMBER         DESEMBER
            Kontant verkope                                     70 000
            Kontant van debiteure
            Fooi-inkomste (gimnasium lede)                      33 600
            Huurinkomste                                                       10 638
            Lening: Thabo Snr                                   80 000              0
            TOTALE ONTVANGSTES                                                196 038

            BETALINGS
            Betalings aan krediteure (vir voorraad)
            Salarisse en lone                                   24 000         25 800
            Persoonlike afrigters (fooie)                       21 400
            Skoonmaakmiddels                                     4 500          4 500
            Telefoon                                             5 000          5 000
            Onderhoud van toerusting                            13 000         16 280
            Aankoop van nuwe toerusting                                             0
            Paaiement op lening (rente ingesluit)                    0
            Diverse uitgawes                                                   18 375
            TOTALE BETALINGS
            SURPLUS/TEKORT
            OPENINGSALDO VAN BANK                               (6 930)
            SLUITINGSALDO VAN BANK

     F.     Huur sal met 8% verhoog vanaf 1 Desember 2017.
     G.     Thabo het 5 persoonlike afrigters in diens gedurende November. Hulle
            ontvang dieselfde maandelikse fooi. Hy gaan 2 addisionele afrigters
            gedurende Desember in diens neem, teen dieselfde maandelikse fooi as
            die ander vyf afrigters.
     H.     Onderhoud van toerusting word geskat as 4% van die kosprys van die
            toerusting, eweredig versprei deur die jaar. Addisionele toerusting sal
            aangekoop word op 30 November 2017.
     I      Thabo beplan om ’n lening by sy vader te maak op 1 November 2017 met
            rente teen 15% p.j. Hy onderneem om ’n maandelikse paaiement van
            R5 000 en die rente te betaal vanaf 1 Desember 2017.
     J      Diverse uitgawes vir Desember sal na verwagting 1,5 keer die November-
            bedrag wees as gevolg van die groter opkoms gedurende die
            vakansieseisoen.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   REKENINGKUNDE                         (EC/NOVEMBER 2017)

4.3   SPORTKLUBS

      Inligting aangaande die lede van Mbizana Sosiale Klub vir die jaar geëindig
      31 Desember 2016 word gegee.

      GEVRA:

      Voltooi die Ledegeldrekening in die Algemene Grootboek.                            (15)

      INLIGTING:

      A.    Saldo’s op 31 Desember 2015:

            Opgelope inkomste (Ledegeld)                                 4 800
            Vooruitontvange inkomste (Ledegeld)                          1 800

      B.    Uittreksel van Staat van Ontvangstes en Betalings op 31 Desember 2016.

            Ledegeld ontvang                  vir 2015                    1 200
                                              vir 2016                   42 100
                                              vir 2017                      600
            Ledegeld terugbetaal                                            900

      C.       Die klub het 87 lede op 31 Desember 2015 gehad.

               Ledegeld is R600 per lid per jaar.

               Nuwe lede betaal slegs vir die oorblywende maande van die jaar
                wanneer hulle aansluit.

               Nuwe lede:
                 o    7 nuwe lede het aangesluit op 30 April 2016.
                 o    9 lede het aangesluit op 1 November 2016.
                 o    Hulle het die verskuldigde gelde betaal.

               Die uitstaande ledegeld van 2015 moet afgeskryf word. Hierdie lede
                moet van die klub se lederegister verwyder word.

               3 lede het gedurende Julie 2016 van die klub bedank. Die helfte van
                hul jaarlikse ledegeld is aan hulle terugbetaal.

               2 lede het herstelwerk en onderhoud aan die klubhuis gedoen ter
                betaling van hul ledegeld.

               Sommige lede het nie hul ledegeld vir 2016 betaal nie.

                                                                                          70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2017)                   REKENINGKUNDE                                              13

VRAAG 5:      KOSTEBEREKENINGE                                            (45 punte; 25 minute)

5.1   Kies die voorbeeld in KOLOM B wat pas by die koste-kategorie gegee in KOLOM A.
      Skryf slegs die letters (A–E) teenoor elke vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
      5.1.1 Direkte grondstofkoste        A   Waardevermindering op fabrieks-toerusting
                                              Skryfbehoeftes aangekoop vir kantoor-
      5.1.2 Direkte arbeidskoste          B
                                              gebruik
              Verkoops- en
      5.1.3                               C   Vervoerkoste van grondstowwe
              verspreidingskoste
      5.1.4 Administrasiekoste            D   Advertensies in die Dagblad
                                              Pensioenfondsbydraes vir produksie-
                                          E
                                              werkers                                          (4)

5.2   Pefferville Vervaardigers

      Die volgende inligting het betrekking op Pefferville Vervaardigers vir die finansiële
      jaar geëindig 30 April 2017.

      GEVRA:

      5.2.1 Bereken die Fabrieksbokoste.                                                      (16)
      5.2.2 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek:
                 Goedere in bewerking-voorraad                                                (8)
                 Klaarproduktevoorraad                                                        (5)

  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  REKENINGKUNDE                           (EC/NOVEMBER 2017)

     INLIGTING:
     A.   Voorraadrekords:
                                                28 Februarie 2017      1 Maart 2016
          Grondstowwe                                         27 420           32 110
          Goedere in bewerking                                25 000           24 270
          Klaarprodukte                                       58 000           38 000
          Verbruiksgoedere vir fabriek                         2 300                0

     B.   Transaksies vir die jaar geëindig 30 April 2017 (onder andere):

                                                                           R
          Grondstowwe:
          Grondstof aan die fabriek uitgereik vir produksie               562 000

          Salarisse en lone vir die fabriek:
           Fabrieksvoorman                                               148 800
           Fabriekskoonmakers                                             62 200
           Produksiewerkers (slegs gewone tyd)                           643 000
           Werkgewersbydraes                                              93 940

          Aankope van verbruiksgoedere vir fabriek                         45 300
          Huuruitgawe                                                      92 400
          Water en elektrisiteit                                           83 280
          Versekering                                                      15 400
          Diverse uitgawes                                                 17 776
          Waardevermindering op fabriekstoerusting                         51 840
          Advertensies                                                      7 350
          Verkope                                                       2 752 000
          Die besigheid gebruik ’n winsopslag van 60% op kosprys.

     C.   Addisionele inligting:
             Die werkgewer se bydraes namens elke werker:
                Pensioenfonds                           9%
                Werkloosheidsversekeringsfonds          1%
                Vaardigheidsontwikkeling                1%
             Die besigheid laat geen oortyd toe nie.
             Die huuruitgawe moet verdeel word volgens die vloerspasie wat deur
              elke departement gebruik word. Die fabriek gebruik 2 600 vierkante
              meter van die besigheid se totale oppervlakte van 3 640 vierkante
              meter.
             65% van die water en elektrisiteitsrekening word aan die fabriek
              toegedeel.
             10% van die versekering is vir die kantoor. Die balans word gelykop
              verdeel tussen die fabriek en die verkoopsafdeling.
             Die helfte van die diverse uitgawes word aan die fabriek toegedeel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     REKENINGKUNDE                                           15

5.3   SaSa Meubeleerders

      Die inligting het betrekking op die vervaardiging van plastiek kroeg stoele. Daar
      is geen goedere in bewerking voorraad aan die einde van ’n finansiële jaar nie.

      GEVRA:

      5.3.1     Gee EEN verskil tussen ’n vaste koste en ’n veranderlike koste.              (2)

      5.3.2     Bereken die aantal plastiek kroeg stoele wat die besigheid moet
                vervaardig om gelyk te breek.                                                (5)

      5.3.3         Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt bereken in VRAAG 5.3.2          (3)
                     en die vlak van produksie wat behaal is.

                    Watter advies sou jy vir SaSa gee ten opsigte van die toekoms?
                     Gee EEN punt.                                                           (2)

      INLIGTING:

      A.      Kostes vir die finansiële jaar geëindig 31 Desember 2016:

                                                                  TOTALE     EENHEIDS-
                                                                  BEDRAG       KOSTE
                                                                    (R)         (R)
              Direkte grondstofkoste      (VERANDERLIKE KOSTE)   1 576 800     54,00
              Direkte arbeidskoste        (VERANDERLIKE KOSTE)   1 314 000     45,00
              Fabrieksbokoste             (VASTE KOSTE)            817 600     28,00
              Verkoops- en
                                          (VERANDERLIKE KOSTE)    467 200      16,00
              verspreidingskoste
              Administrasiekoste          (VASTE KOSTE)           262 800         9,00

      B.      Verkoopprys van stoele: R155 elk.

      C.      29 200 stoele is vervaardig en verkoop gedurende die huidige finansiële
              jaar.

                                                                                             45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   REKENINGKUNDE                              (EC/NOVEMBER 2017)

  VRAAG 6:      VASTE BATES EN PROBLEEMOPLOSSING                                (30 punte; 20 minute)

  6.1   BESTUUR VAN VASTE BATES

        Die inligting het betrekking op Pitt Handelaars vir die finansiële jaar geëindig
        28 Februarie 2017.

        GEVRA:

        6.1.1    Voltooi die Bateverkoperekening vir die inruiling op 1 Desember 2016.            (9)

        6.1.2    Bereken die bedrae aangedui deur (i) tot (iv) in die Nota vir Vaste Bates.      (12)

        INLIGTING:

        A.   Nota vir Vaste Bates
                                                        GROND EN
                                                                     VOERTUIE       TOERUSTING
                                                         GEBOUE
             Drawaarde op 1 Maart 2016                 1 500 000      250 000
             Kosprys                                                  740 000           520 000
             Opgehoopte waardevermindering                       0     (ii)           (210 000)
             Bewegings
             Toevoegings                                   (i)          (iii)          160 000
             Bateverkope                                       0                0      (77 248)
             Waardevermindering                                0        (iv)
             Drawaarde op 28 Februarie 2017            1 860 000
             Kosprys                                                 1 070 000
             Opgehoopte waardevermindering

        B.   Uitbreidings aan die pakhuis is gedoen.

        C.   ’n Nuwe voertuig is op 1 November 2016 aangekoop.

        D.   Op 1 Desember 2016 is toerusting, met ’n kosprys van R142 000, ingeruil vir
             nuwe toerusting. Hierdie inruiling het gelei tot ’n verlies met verkoop van bate
             van R20 948.

        E.   Beleid vir waardevermindering:
             Voertuie: 15% op kosprys
             Toerusting: 20% op drawaarde

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   REKENINGKUNDE                                                 17

  6.2   PROBLEEMOPLOSSING

        Marie Jonker besit drie minibus taxis. Sy is bekommerd oor die resultate van die
        besigheid.

        GEVRA:

        6.2.1    Identifiseer EEN hoofprobleem vir elke taxi. Haal syfers aan.                      (6)

        6.2.2    Gee ’n oplossing vir die probleme geïdentifiseer in VRAAG 6.2.1.                   (3)

        INLIGTING:

        Inligting uit die besigheid se finansiële rekords op 30 Junie 2017, die einde
        van die finansiële jaar.

                                                       TAXI 1         TAXI 2           TAXI 3
        Datum aangekoop                              1 Julie 1997   1 April 2013     1 Mei 2016
        Kosprys van voertuig                             R94 500       R230 000        R360 000
        Opgehoopte waardevermindering                    R94 449       R195 500         R84 000
        Totale inkomste uit taxirit-gelde               R975 000       R600 000        R320 640
        Kilometers gery                                81 250 km      52 500 km       26 720 km
        Ritgelde per kilometer                                R12            R12            R12
        Brandstof en herstelkoste                       R585 000       R270 000         R65 000
        Brandstof en herstelkoste per kilometer             R7,20         R5,15           R2,45

        Begrote inkomste uit ritgelde (totaal)                  R2 500 000
        Begrote brandstof en herstelkoste (totaal)               R875 000

                                                                                                    30

                                                                                     TOTAAL:       300

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [2017 GRADE 11 ACCN QP](https://www.hlayiso.com/library/2017-grade-11-accn-qp/370519a5-8af1-4939-a2e0-86ac598ac9e7) — Accounting · QP · 2017
- [2017 GRADE 11 ACCN ANSWER BOOK](https://www.hlayiso.com/library/2017-grade-11-accn-answer-book/196f5bb2-9fef-4996-b282-97f334224a4f) — Accounting · Addendum · 2017
- [2017 GRADE 11 ACCN MARKING GUIDELINE](https://www.hlayiso.com/library/2017-grade-11-accn-marking-guideline/e5ac88b8-73da-48d6-a5ae-d4adaf1aec06) — Accounting · Memo · 2017
- [Gr11 Acc November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-november-2017-question-paper/2d059d85-6084-423b-89a0-a0d90e36be80) — Accounting · QP · 2017
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2022-english/f43f0b46-185b-41cf-bed5-88654714f772) — Accounting · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
