# Afrikaans Fal Grade 8 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 8 Afrikaans Fal question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/aa-gr-8-afrikaans-gr-8-eat-taak-5-2022-1/3832efce-64ce-43df-bdfe-74a9d87ab69e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Fal
- Grade: Grade 8
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 8](https://www.hlayiso.com/library/grade-8) › [Afrikaans Fal](https://www.hlayiso.com/library/grade-8/afrikaans-fal) › [Afrikaans Fal Grade 8 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/aa-gr-8-afrikaans-gr-8-eat-taak-5-2022-1/3832efce-64ce-43df-bdfe-74a9d87ab69e)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 8 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

HOËRSKOOL VREDENBURG
                                       AFRIKAANS EAT
                                            TAAK 5
                                                            JUNIE 2022
                                                            TYD: 2 uur
GRAAD 8                                                     PUNTE: 60
EKSAMINATOR:       M.BEZANT
MODERATOR:         U.BEIROWSKI
                   E.VAN DER MERWE
                   L.CRAILL

                            NET DIE BESTE GEE VOLDOENING.

INSTRUKSIES EN INLIGTING
  1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

  AFDELING A: LEESBEGRIP & VISUELE TEKS (30 PUNTE)
  AFDELING B: OPSOMMING (10 PUNTE)
  AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES (20 PUNTE)

  2. Beantwoord AL die vrae.

  3. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

  4. Begin elke AFDELING op ŉ NUWE bladsy.

  5. NOMMER jou antwoorde presies soos in die vraestel.

  6. Laat ŉ reël OOP tussen die antwoorde.

  7. Skryf NETJIES en TAALKUNDIG korrek.

### Page 2

AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
Lees die onderstaande artikel en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS A

                         14-jarige steel harte noot vir noot.
Carl Thomas
Nadat hy homself leer klavier speel het, is ’n video van ’n 14-jarige seun van Durbanville se eerste
openbare optrede in die Table Bay-winkelsentrum naby Sunningdale wyd op sosiale media
versprei.
Joshua en sy pa, Emmanuel (47), sê hulle is albei aangenaam verras oor die terugvoering ná
Joshua se optrede.
In die video het Joshua “River Flows in You” deur Yiruma gespeel.
Die oorspronklike video wat op Facebook geplaas is, is al meer as 1 100 keer gedeel met
ongeveer 29 000 mense wat daarna gekyk het.
Emmanuel sê Joshua het homself deur video’s op YouTube leer klavier speel. “Ek en my vrou kan
nie musiekinstrumente bespeel nie. Ons luister wel baie na klassieke musiek. Dit is waar Joshua
se passie vir die klavier begin ontwikkel het,” sê hy.
Emmanuel sê hulle het ongeveer agt maande gelede vir hom ’n klavier gekoop.
Joshua word tuis onderrig en volg die Cambridge-kurrikulum. Hy is die oudste van vier kinders.
Volgens Emmanuel speel hy al klavier sedert hy ses jaar oud is.
 “Ons het vir hom ’n speelklavier gekoop toe hy nog klein was. Hy luister ook al sedert sy geboorte
na die klassieke musiek wat ons speel.”
Joshua het op 14 November in die Table Bay-winkelsentrum gespeel.
Hulle het vooraf na plekke gesoek wat openbare klaviere het. Die Table Bay-sentrum het na hulle
toe teruggekom, en hulle het daarheen gegaan sodat Joshua kon speel om sy selfvertroue op te
bou.
“Ek was verras oor hoe mense in die winkelsentrum gereageer het en selfs nog meer verras toe
ek sien hoe mense op sosiale media aangaan,” sê Emmanuel.
“Mense het begin huil en wou hom drukkies gee. Weens Covid-19-regulasies het ek dit nie
toegelaat nie.”
Hy sê Joshua het verlede Saterdag weer by die Table Bay-winkelsentrum gaan speel.
 Joshua sê hy was baie senuagtig om in die openbaar te speel, maar sy ouers se aanmoediging
het hom laat deurdruk.
 “Ek was baie bly toe ek sien hoe die mense gaan staan om na my te luister. Nie baie mense
luister na klassieke musiek nie,” sê hy.
Hy hou van klassieke musiek omdat dit hom help om te konsentreer en te ontspan.

### Page 3

“Toe ek sien hoe mense op sosiale media reageer, was ek geskok. Ek het nie gedink ek is so
goed nie. Ek het net heeltyd geoefen,” sê Joshua.
Hy sê hy wil eendag professioneel klavier speel.
Emmanuel sê sy seun is ’n goeie voorbeeld vir sy jonger susters en broer.
Hoewel dit nog nie amptelik is nie, het Emmanuel ook verneem dat weldoeners Joshua ’n
musiekbeurs wil aanbied danksy die video wat so wyd versprei is.
“Hy is baie hardwerkend en gefokus. ’n Mens kan sien hy wil goed vaar in die lewe,” sê
Emmanuel.

                                                                           Netwerk24 [453 woorde]

1.1 Dink jy dat Joshua ’n natuurlike talent vir klavierspeel het? Ja of Nee. Gee ’n rede vir jou
    antwoord.                                                                                    (1)
1.2 Waar het hy vir die eerste keer opgetree?                                                    (1)
1.3 Hoe het Joshua en sy pa oor die terugvoering gevoel? Haal TWEE woorde aan as jou
    antwoord                                                                                     (1)
1.4 Wat is die naam van die liedjie wat Joshua gespeel het?                                      (1)
1.5 Hoe het Joshua homself leer klavier speel?                                                   (1)
1.6 Sê of die volgende WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou antwoord.

   Joshua se ouers is talentvolle musikante.                                                     (1)
1.7 Na watter tipe musiek luister Joshua en sy ouers?                                            (1)
1.8 Watter geskenk het Joshua se ouers vir hom gekoop?                                           (1)
1.9 Sê of jy met die onderstaande stelling saamstem of nie. Gee ’n rede vir jou antwoord.
    Joshua het baie maatjies by die skool.                                                       (1)
1.10 Watter tipe klavier het die Table Bay-sentrum? Haal EEN woord aan as antwoord.              (1)
1.11 Waarom wou Joshua by die Table Bay-sentrum klavier gaan speel?                              (1)
1.12 Noem TWEE dinge waaroor Joshua se pa verbaas was.                                           (2)
1.13 Hoe weet jy dat die mense emosioneel geraak het tydens Joshua se vertoning?                 (1)
1.14 Waarom kon hulle nie vir Joshua drukkies gee nie?                                           (1)
1.15 Haal EEN woord aan wat sê dat Joshua bang was om in die openbaar te speel.                  (1)
1.16 Wat het vir Joshua moed gegee om aan te hou speel?                                          (1)
1.17 Noem TWEE voordele van klassieke musiek vir Joshua.                                         (2)
1.18 Noem EEN rede waarom jy Joshua kan bewonder.                                                (1)
                                                                                                [20]

### Page 4

VISUELE TEKS:ADVERTENSIE
Die vrae wat volg is op die advertensie hieronder gebaseer.
TEKS B

1.19   Kies die korrekte antwoord tussen hakies.                                   (1)

       Die woorde “WEN MET KUIER!” in die opskrif van die advertensie is ’n
       voorbeeld van (stereotipering/manipulerende taal).

1.20   Waaruit kan ons aflei dat die vrou moedeloos is? Bespreek twee voorbeelde    .
       om die afleiding te staaf.
                                                                                   (2)

1.21   Wat kan jy in hierdie kompetisie wen?                                       (1)

1.22   Wat moet jy doen om deel te kan neem aan hierdie kompetisie?                (1)

1.23   Noem TWEE maniere hoe die woord “WEN!” beklemtoon word.                     (2)

### Page 5

1.24   Wie is die borg van hierdie advertensie?                                 (1)

1.25   Wie is die teikenmark van hierdie advertensie?                           (1)

1.26   Waarom, dink jy, het die vrou se motor gaan staan?                       (1)

                                                                               [10]

                                                        TOTAAL AFDELING A: 30 PUNTE

### Page 6

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2:

        Skryf SEWE (7) FEITE neer oor hoe jy van vlieë ontslae kan raak.
        Skryf jou SEWE FEITE puntsgewys onder mekaar neer.
        Jy moet EEN sin oor elke FEIT skryf.
        Laat ŉ reël tussen jou sinne oop.
        Jou opsomming moet ongeveer 50-60 woorde wees.
        Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
        Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 60 woorde skryf.

TEKS C
                          Raak só ontslae van huisvlieë

               1 Maart 2021
1       Vlieë is ongelukkig onwelkome huisgaste. Vlieë in die huis kan frustrerend wees.
        Cleanipedia het die volgende voorstelle om vinnig van huisvlieë ontslae te raak:

2       Maak seker die oppervlakte in jou kombuis is skoon. Produkte soos Handy Andy is ideaal
        om oppervlakke in die kombuis higiënies te hou.

3       Was jou skottelgoed nadat jy dit gebruik het en moenie kos vir lang tye op die toonbank
        laat staan nie.

4       Vlieë wat om asblikke draai, kan irriterend wees. Jy moet voedselafval so vinnig as
        moontlik uit die huis verwyder.

5       Vlieë hou glad nie van die reuk van kokende asyn nie, wat dit ŉ uitstekende afskrikmiddel
        maak. Giet ŉ bietjie asyn in ŉ pot of ŉ pan, laat dit kook, en siedaar jou onwelkome gaste
        wil skielik met alle mag en krag uit die huis ontsnap.

6       Jy kan jou eie vlieëvanger maak met ŉ pot, suikerwater en ŉ papierkegel. Die suiker lok die
        vlieë en die pot en die kegel maak dit onmoontlik vir die vlieë om te ontsnap.

7       Oorweeg dit om vliegpapier te koop met ŉ geur wat vlieë lok. Die vlieë sal dan op die
        plakpapier vassit, sodat jy dit maklik kan verwyder.

8       Vlieë kan sommige plante nie verdra nie. Jy kan ŉ kruisementplant langs jou deur, venster
        of op die kombuis se toonbank plaas terwyl jy besig is om groente en vleis op te sny om
        jou onwelkome gaste in hulle spore te stuit.
                                                               [Verwerk uit Maroela Media]
                                                          TOTAAL AFDELING B: 10 PUNTE

### Page 7

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3:

Bestudeer die onderstaande teks en beantwoord die vrae.
TEKS D

                 Tiener skep gratis app vir gestremde sus

                 Della Caldor. (Foto: Freespeech.com) 4 Januarie 2022

ŉ Tiener van Texas in Amerika wou sy gestremde sussie so graag help om te kommunikeer dat hy
sy eie gratis app op die internet geskep het om juis dít te kan doen.

Haar gesin het al verskeie apparate gekoop in die hoop dat dit Della sou help om met hulle te
“praat”. “Dit was egter baie teleurstellend. Sy het geweier om die eerste toestel, wat ons vir haar
gekoop het, te gebruik en het die tweede een sommer gou gebreek,” het Della se ma gesê.

Die koste van die toestelle het boonop die gesin se sak geruk.

“My suster wil kommunikeer soos alle ander mense,” sê Archer. Daarom het hy sy kennis en
vaardighede van kodering ingespan om die app te ontwikkel. Enigiemand met toegang tot die
internet kan nou gratis gebruik maak van Freespeech.

“Dit het haar ŉ ruk geneem om die app te verstaan, maar ons kan reeds sien hoe Freespeech
haar meer by die familie se gesprekke betrek,” het Caitlan aan CNN gesê.

                                                                                     Maroela Media

3.1   Skryf die onderstaande sin in die TEENWOORDIGE TYD.

      ŉ Tiener wou sy gestremde sussie so graag help.                                             (1)
3.2   Skryf die onderstaande sin in die TOEKOMENDE TYD.

      Hy het sy eie gratis app op die internet geskep.                                            (1)

3.3   Skryf die onderstaande sin in die ONTKENNENDE VORM.

      Haar gesin het al verskeie apparate gekoop.                                                 (1)

3.4   Skryf die onderstaande sin in die INDIREKTE REDE.

      Haar ouers sê: “Dit was egter baie teleurstellend.”                                         (1)

### Page 8

3.5    Skryf die onderstaande sin oor en begin soos aangedui.

       Sy het die tweede een sommer gou gebreek.
       Begin so: Die tweede een....                                     (1)

3.6    Sê of die volgende sin denotatief of konnotatief gebruik word.

       Die koste van die toestelle het boonop die gesin se sak geruk.   (1)

3.7    Skryf die onderstaande sin oor en begin soos aangedui.

       My suster wil soos alle ander mense kommunikeer.
       Begin so: My suster behoort .....                                (1)
3.8    Skryf die onderstaande sin in die LYDENDE VORM.

       Hy het sy kennis van kodering ingespan.
       Begin so: Sy kennis van kodering is......                        (1)

3.9    Skryf die onderstaande sin in die ONTKENNENDE VORM.

       Enigiemand kan nou gratis gebruik maak van Freespeech.           (1)

3.10   Skryf die onderstaande sin oor en begin soos aangedui.
       Dit het ŉ ruk geneem om die app te verstaan.
       Begin so: Om die app te verstaan, ...                            (1)
                                                                        [10]

### Page 9

VRAAG 4: WOORDSTRUKTURE

Beantwoord die onderstaande vrae.
TEKS E

         Seun (12) maak kortfilm oor bendegeweld ná pa sterf.

                  Carl Thomas    (Tristine Amerika. Foto: Verskaf)

’n Seun van Atlantis, Kaapstad, het ’n 4.1 (kortfilm) oor die “sinneloosheid van bendegeweld ”
gemaak en dit op YouTube gelaai.

Die kortfilm, getiteld Cycle of Violence, wys hoe ’n groep seuns besig is om te dobbel. ’n Ander
groep kom daar aan en ’n onderonsie ontstaan. Dan ruk een van die seuns ’n 4.2 (vuurwapen) uit
en begin skiet.

Tristine, wat vanjaar in 4.3 (gr.) 7 in Protea Park Primêr was, sê hy wou die kortfilm maak om aan
bendes te wys hulle moet ophou 4.4 (met wat) hulle besig is. “Hulle 4.5 (besteel/gesteel) mense
en skiet mense onnodig dood.”

Sy vriende het as 4.6 (akteurs) opgetree en hy het 4.7 (somer/sommer) die video op sy selfoon
geskiet.

“Ek hoor baie kere skote afgaan hier in Dura, dan is ek 4.8 (bang). Ek lê plat op my kooi as dit
gebeur. ”

Tristine wil eendag ’n 4.9 (rolprent+maker) word en wil rolprente maak wat wys daar is ’n lig aan
die einde van die 4.10 (brug/tonnel).
                                                                          [Verwerk uit Netwerk24]

4.1   Gee die VERKLEININGSVORM van die woord tussen hakies.                                 (1)

4.2   Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.                                         (1)

4.3   Skryf die AFKORTING tussen hakies in een woord.                                       (1)

4.4   Gee die KORREKTE vorm van die BETREKLIKE VOORNAAMWOORD                                (1)
      tussen hakies.

4.5   Kies die KORREKTE WERKWOORD tussen hakies.                                            (1)

4.6   Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die woord tussen hakies.                           (1)

4.7   Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies.                                                (1)

### Page 10

4.8   Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.                 (1)

4.9   Vorm ’n SAMESTELLING met die woorde tussen hakies.                   (1)

4.10 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies.                                (1)

                                                                           [10]
                                                     TOTAAL AFDELING C: 20 PUNTE

                                                      GROOTTOTAAL: 60

### Page 11

20          20%         4           20%
       AFDELING A: LEESBEGRIP                                       %                       0
                                                                                            %

       VRAAG 1: NASIENRIGLYNE
                                                                    VLAK 1         VLAK 2   VLAK 3          VLAK 4       VLAK 5

       TEKS A: ARTIKEL                                        PUN

                                                                    LETTERLIK
                                                                                HERORGA

                                                                                            AFLEIDING
                                                              T                                         EVALUERI     WAARDERI

                                                                                NISASIE                 NG           NG

1.1    Ja. Hy het homself leer speel.                         1                             1
1.2    Table Bay winkelsentrum (naby Sunningdale)            1     1
1.3    “aangenaam verras”                                     1                  1
1.4    River Flows in you.                                    1     1
1.5    Deur video’s op You Tube                               1                  1
1.6    Onwaar. Ek en my vrou kan nie musiekinstrumente
                                                               1    1
       bespeel nie.
1.7    Klassieke musiek                                       1                  1
1.8    ’n klavier                                             1     1
1.9    Hy word tuis onderrig                                  1                             1
1.10   “openbare”                                             1                  1
1.11   Hy wou sy selfvertroue opbou.                          1                                          1
1.12   Hy was verras oor hoe mense in die winkelsentrum
       gereageer het.
                                                               2                                          2
       Oor hoe mense op sosiale media aangegaan/reageer
       het.
1.13   Hulle het begin huil./ Hulle wou hom drukkies gee.    1                                          1
1.14   Dit was teen/weens die Covid-regulasies./Die Covid-
                                                               1                  1
       regulasies het dit nie toegelaat nie.
1.15   senuweagtig                                            1                  1
1.16   Sy ouers se aanmoediging.                              1                             1
1.17   Dit het hom help konsentreer en ontspan.
                                                               2                             2
1.18   Hy is hardwerkend/gefokus/ kan goed klavier speel.
                                                               1                  1

                                                              20    4             7          5            4

### Page 12

20%               20%                    40%          20%

VRAAG 2 : NASIENRIGLYNE
                                                                     VLAK 1            VLAK 2            VLAK 3       VLAK 4       VLAK 5

TEKS B : ADVERTENSIE                                    PUNT

                                                                     LETTERLIK

                                                                                       HERORGANISASIE
                                                                                                         AFLEIDING
                                                                                                                      EVALUERING   WAARDERING

1.19   Manipulerende taal                               1                                               1

1.20   Sy frons/glimlag nie.                            2                                               1
       Haar hande is op haar heupe.
1.21   R2500-geskenkbewys van Battery centre. (Moet     1                        1
       volledig wees om punt te verdien.)
1.22   Jy moet jou snaaksste oomblik toe jy              1                                               1
       vasgevang/vasgekeer was/met jou motor gesukkel
       het, in die kommentaarveld deel
1.23   Drukskrif/Groot lettertipe/Uitroepteken         2                                               2

1.24   Battery Centre                                   1                                               1

1.25   Vrouense/mense      wat  ’n    nuwe    battery    1                                               1
       benodig.Mense met motor probleme.
1.26   Haar battery was pap.                            1                                               1

                                                                                  1                      8            1

                                                                                                                                            [10]

                                                         TOTAAL AFDELING A: 30 PUNTE

### Page 13

AFDELING B: OPSOMMING
DIREKTE AANHALING                                     EIE WOORDE
1   Vlieë is ongelukkig onwelkome huisgaste.          GEEN FEIT NIE
    Vlieë in die huis kan frustrerend wees.

2   Maak seker die oppervlakke in jou kombuis         Jy moet seker maak die oppervlakke in jou
                                                      huis is skoon./Maak oppervlakke in jou
    is skoon. Produkte soos Handy Andy is
                                                      huis met Handy Andy skoon.
    ideaal om oppervlakke in die kombuis
    higiënies te hou.

3   Was jou skottelgoed nadat jy dit gebruik het      Jy moet jou skottelgoed was nadat jy dit
    en moenie kos vir lang tye op die toonbank        gebruik het./Moenie jou kos op toonbanke
                                                      laat staan nie.
    laat staan nie.

4   Vlieë wat om asblikke draai, kan irriterend       Verwyder voedsel afval uit die huis.
    wees. Jy moet voedselafval so vinnig as
    moontlik uit die huis verwyder.

5   Giet ŉ bietjie asyn in ŉ pot of ŉ pan, laat dit   Kook asyn in ’n pot. Gekookde asyn hou
                                                      vlieë weg.
    kook, en siedaar jou onwelkome gaste wil
    skielik met alle mag en krag uit die huis
    ontsnap.

6   Jy kan jou eie vlieëvanger maak met ŉ pot,        Maak jou eie vlieëvanger met suikerwater
    suikerwater en ŉ papierkegel.                     en ’n kegel.

7   Oorweeg dit om vliegpapier te koop met ŉ          Koop vliegpapier wat vlieë lok.
    geur wat vlieë lok.

8   Jy kan ŉ kruisementplant langs jou deur,          Plaas kruisement naby jou
    venster of op die kombuis se toonbank             kombuis/kookarea/kombuisdeur/venster/op
                                                      toonbank.
    plaas terwyl jy besig is om groente en vleis
    op te sny om jou onwelkome gaste in hulle
    spore te stuit.

    ENIGE SEWE FEITE                                  7 + 3 = 10

                                                                   TOTAAL AFDELING B: 10 PUNTE

### Page 14

20%               20%                    40%             20%

AFDELING C: SINSTRUKTURE
VRAAG 3: NASIENRIGLYNE
                                                                        VLAK 1            VLAK 2               VLAK 3       VLAK 4       VLAK 5

                                                           PUNT

                                                                        LETTERLIK

                                                                                          HERORGANISASIE
                                                                                                               AFLEIDING
                                                                                                                            EVALUERING   WAARDERING

3.1    ’n Tiener wil sy gestremde sussie so graag help.    1      1

3.2    Hy sal sy eie gratis app op die internet skep.      1                        1

3.3    Haar gesin het nog nie verskeie aparate gekoop       1                                                  1
       nie.
3.4    Haar ouers sê dat dit egter baie teleurstellend      1                                                  1
       was./Haar ouers sê dit was baie teleurstellend.
3.5    Die tweede een het sy sommer gou gebreek.           1                                                  1

3.6    konnotatief                                         1                                                  1

3.7    My suster behoort soos alle ander mense te           1                                                               1
       kommunikeer.
3.8    Sy kennis van kodering is deur hom ingespan.        1                                                  1

3.9    Niemand kan nou gebruik maak van Freespeech          1                                                  1
       nie.
3.10   Om die app te verstaan, het ’n ruk geneem.          1                                                  1

                                                            10     1                 1                     7                1

### Page 15

20%               20%                    40%             20%

AFDELING D: WOORDSTRUKTURE
VRAAG 4: NASIENRIGLYNE
                                          VLAK 1            VLAK 2               VLAK 3       VLAK 4       VLAK 5

                             PUNT

                                          LETTERLIK

                                                            HERORGANISASIE
                                                                                 AFLEIDING
                                                                                              EVALUERING   WAARDERING

4.1    kortfilmpie           1      1

4.2    vuurwapens            1      1

4.3    graad                 1      1

4.4    waarmee               1                        1

4.5    besteel               1                        1

4.6    aktrise               1                        1

4.7    sommer                1                                                  1

4.8    doodbang              1                                                  1

4.9    rolprentmaker         1                        1

4.10   tonnel                1                                                               1

                              10     3                 4                     2                1

                              TOTAAL AFDELING C: 20 PUNTE
                                    GROOTTOTAAL: 60 PUNTE

## Related documents

- [Graad 8 Afr EAT V1 Apr 2021](https://www.hlayiso.com/library/graad-8-afr-eat-v1-apr-2021/67b05097-e652-42bb-9055-f031fdb0f141) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-fal-afrikaans-gr-7-9-web/2be72a94-14cb-4632-b970-ea81d58ba7cb) — Afrikaans FAL · CAPS · Afr
- [Grade 8 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/a3f36795-1492-43ae-8f95-7e71fd8ea0d2) — Afrikaans FAL · Memo · 2026 · Afr
- [Grade 8 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/b36e3a6b-5bd0-44bb-8907-4039d8de2ab3) — Afrikaans FAL · Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 8 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-8/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
