# Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/d802b8ee-7986-45bf-86e7-12f1763a3554
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/d802b8ee-7986-45bf-86e7-12f1763a3554)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                          NOVEMBER 2024

                      REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                   *IACCNA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye insluitend ŉ
                     formuleblad en ŉ 11-bladsy antwoordeboek.

                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                    REKENINGKUNDE V2                         (EC/NOVEMBER 2024)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
        beantwoord.

 3.     ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
        vraestel aangeheg.

 4.     Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.     ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
        toepassing.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

 9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
        beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                                   TYD
           VRAAG                      ONDERWERP                     PUNTE
                                                                                 (minute)

               1         Rekonsiliasies en Interne beheer              35           30

                         Periodieke voorraadstelsel en
               2                                                       50           40
                         Kosterekeningkunde

               3         Begroting                                     35           30

               4         BTW, Probleemoplossing en Etiek               30           20

                                                      TOTAAL          150           120

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                 REKENINGKUNDE V2                                       3

VRAAG 1:       REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER                    (35 punte; 30 minute)

1.1 KREDITEUREREKONSILIASIE

     Muller Winkels het aan die einde van Oktober 2024 ŉ staat van ŉ krediteur, Kouga
     Handelaars, ontvang. Die saldo op die staat stem nie ooreen met die saldo in die
     Krediteuregrootboek van Muller Winkels nie.

     INLIGTING:

     KREDITEUREGROOTBOEK VAN MULLER WINKELS
     KOUGA HANDELAARS                          Verwysing: KGB 11
      Datum Besonderhede        Debiet    Krediet       Saldo
      1 Okt  Saldo                                      13 500(kt)
      4 Okt  Faktuur nr. 5270                21 600        35 100
      6 Okt  EFO nr. 340            6 400                  28 700
      6 Okt  Korting ontvang          640                  28 060
      13 Okt Faktuur nr. 5575                 9 760        37 820
      16 Okt Debietnota nr. 215       140                  37 680
      24 Okt Faktuur nr. 5601                 2 494        40 174
      28 Okt EFO nr. 388           10 000                  30 174
      28 Okt Korting ontvang        1 000                  29 174

                        KOUGA HANDELAARS
                                       DEBITEURESTAAT
      Muller Winkels                                             Verwysing: DGB 3
      Bakenstraat 8
      Joubertina
      6540                                             Staatdatum: 25 Oktober 2024

                                           DEBIET       KREDIET          SALDO
      1 Okt      Saldo                                                   13 500(dt)
      4 Okt      Faktuur nr. 5270             11 600                        25 100
      8 Okt      Kwitansie nr. 868                            6 400         18 700
      13 Okt     Faktuur nr. 5575              9 760                        28 460
      16 Okt     Kredietnota nr. 364                          1 400         27 060
      24 Okt     Faktuur nr. 5601              2 494                        29 554

     Addisionele inligting:

     (i)     Muller Winkels het ŉ fout gemaak met die verwerking van faktuur 5270.

     (ii)    Kouga Handelaars moes die afslag op 6 Oktober 2024 toegestaan het.

     (iii)   ŉ Ondersoek het getoon dat die bedrag wat op 16 Oktober 2024 getoon
             word, met betrekking tot die goedere wat deur Muller Handelaars
             teruggestuur is, korrek in Kouga Handelaars se boeke aangeteken is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                  REKENINGKUNDE V2                          (EC/NOVEMBER 2024)

     GEVRA:
     1.1.1    Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK verskaf om veranderinge/
              regstellings in die Krediteuregrootboek van Muller Handelaars op
              31 Oktober 2024 te toon. Gebruik die kolom vir die Debiteurestaat wat
              van Kouga Handelaars ontvang is om die veranderinge/regstellings wat
              op die staat van Kouga Handelaars gemaak moet word, aan te dui.

              Dui ŉ toename aan met (+) of ŉ afname met ŉ (–) langs elke bedrag.            (11)
     1.1.2    Noem TWEE take van die krediteureklerk om die interne beheer oor
              krediteure te handhaaf of te verbeter.                                          (2)
     1.1.3    Voordat krediet aan nuwe debiteure toegestaan word, is dit belangrik dat
              Kouga Handelaars doeltreffende beheermaatreëls instel. Voordat krediet
              toegestaan word, is dokumentasie soos identifikasie en bewys van adres
              verpligtend.
              Identifiseer ŉ spesifieke dokument wat Kouga Handelaars van nuwe
              debiteure kan aanvaar as geldige bewys van adres.                               (1)

1.2 BANKREKONSILIASIE
     Time Tech Handelaars koop en verkoop slimhorlosies. Die besigheid word deur
     Elgin Timekeeper besit. Time Tech Handelaars koop en verkoop voorraad op
     krediet en vir kontant. Die amptelike bankstaat vir September 2024 is op
     25 September 2024 ontvang. Alle kontanttransaksies word deur Carro Johnson
     beheer.
     GEVRA:
     1.2.1    Ontleed elke transaksie hieronder deur die kolomme in die tabel in die
              ANTWOORDEBOEK te voltooi.                                                     (15)
     1.2.2    As die interne ouditeur is jy nie tevrede met die beheer van kontant in die
              onderneming nie.
              x Verduidelik TWEE probleme wat jy uit die transaksies kon identifiseer
                 wat ŉ gebrek aan beheer oor kontant toon. Haal syfers aan.
              x Gee advies oor hoe ELKE probleem in die toekoms vermy kan word.               (6)

     INLIGTING:
     TRANSAKSIES vir September 2024:
     (i)     ŉ Aftrekorderbetaling van R6 600 vir die maandelikse terugbetaling op die
             lening van Tempo Bank moet nog deur die besigheid aangeteken word.

     (ii)    EFO 283 vir R2 400 uitgereik aan ŉ krediteur as gedeeltelike betaling van
             die rekening van R4 000 het slegs in die kontantjoernaal verskyn.
     (iii)   EFO 288 vir R375 verskyn op die bankstaat. Hierdie EFO is aan Chrono
             Link Verskaffers uitgereik vir voorraad wat op 12 September 2024 gekoop
             is. Dit is verkeerdelik as R357 in die kontantjoernaal ingeskryf.

     (iv)    ŉ Deposito van R52 000 wat op 17 September 2024 gemaak is, is in die
             kontantjoernaal aangeteken, maar het nie op die bankstaat verskyn nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                   REKENINGKUNDE V2                                          5

     (v)      Die bankstaat toon bankkoste van R359 wat nog nie deur die onderneming
              aangeteken is nie.

     (vi)     EFO 293 vir R1 250 van die vorige maand se Rekonsiliasiestaat, uitgereik
              aan Vodamoda, vir die maandelikse telefoonrekening, verskyn op die
              bankstaat vir September 2024.

     (vii)    ŉ Deposito van R15 000 vir huur wat van Moses Handelaars ontvang is,
              verskyn nie op die bankstaat vir September 2024 nie. Na ŉ ondersoek het
              Carro gesê dat sy op pad bank toe beroof is. Die eienaar het die kansellasie
              van hierdie deposito gemagtig aangesien hy nie seker was dat enige van
              hierdie geld ooit teruggekry sal word nie.

     (viii)   ŉ Betaling van R10 000 wat van ŉ debiteur ontvang is, is korrek op die
              Bankstaat aangeteken, maar is as ŉ betaling in die Bankrekening
              aangeteken.

                                                                                              35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                   REKENINGKUNDE V2                          (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 2:        PERIODIEKE VOORRAADSTELSEL EN KOSTEREKENINGKUNDE
                                                     (50 punte; 40 minute)

2.1    CARLON UITRUSTERS

       Carlon Uitrusters is ŉ kleinhandelonderneming wat in sokkertoerusting handel
       dryf. Carlon gebruik ŉ winsopslag van 50% op kosprys op al sy produkte.

       GEVRA:

       2.1.1    As hierdie besigheid die periodieke stelsel sou gebruik, gebruik die
                inligting om die volgende te bereken:

                x Totale Aankope
                x Totale Verkope                                                               (8)

       2.1.2    Help Carlon om die bruto wins te bereken deur ŉ Handelsrekening in die
                Algemene Grootboek op te stel.                                                 (7)

       2.1.3    Carlon is besorg oor die hoë vervoerkoste wat hy op voorraadaankope
                moet betaal (verwys na vraggeld op aankope). Gee vir Carlon advies oor
                hoe hy hierdie probleem kan oplos.                                             (2)

       INLIGTING:

       Die inligting hieronder is uit die Algemene Grootboek op 31 Augustus 2024, die
       einde van die finansiële jaar, geneem.

               Aanvangsvoorraad                      R400 200
               Aankope op krediet                      715 000
               Aankope vir kontant                     174 000
               Kredietverkope                          900 650
               Kontantverkope                        1 140 000
               Debiteureafslag                          46 200
               Doeaneregte                              46 100
               Vraggeld op verkope                      93 400
               Vraggeld op aankope                     170 000

       Addisionele inligting:
       Die volgende is nog nie in ag geneem nie:
       (i)     ŉ Debiteur het voorraad wat sy vir R2 000 gekoop het teruggebring
               (kosprys R1 000).

       (ii)    ŉ Sokkerstel is aan die plaaslike klub geskenk. Die kosprys van die stel is
               R3 200.

       (iii)   Carlon het voorraad ter waarde van R900 huis toe geneem. Hy het dit
               gedoen voordat die voorraadopname gedoen is.
      (iv)     Volgens ŉ voorraadopname gedoen op 31 Julie 2024, is die waarde van
               voorraad voorhande R265 000 (nadat die inligting hierbo in ag geneem
               is).

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                      REKENINGKUNDE V2                                         7

2.2 VERVAARDIGINGSKONSEPTE

     Drie opsies word vir elk van die stellings hieronder verskaf. Kies die antwoord en
     skryf slegs die korrekte antwoord in die ANTWOORDEBOEK neer.

     2.2.1
                     direkte arbeidskoste;   administratiewe koste;      fabrieksbokoste

                 Die lone betaal aan ŉ fabriekskoonmaker, sal as ... geklassifiseer word.             (1)

     2.2.2
                         versekering;     verpakkingsmateriaal;        skryfbehoeftes

                 Watter EEN van die bogenoemde sal NIE as ŉ administrasiekoste
                 beskou word nie?                                                                     (1)

     2.2.3
                                        Advertensie;      Grondstof;
                               Waardevermindering op aanleg en masjinerie

                     … is ŉ voorbeeld van verkoops- en verspreidingskoste.                            (1)

2.3 TIAN LANGA

     Die onderneming is in Butterworth gebaseer en vervaardig leerrugsakke. Die
     eienaar is Tian Langa. Die huidige finansiële jaar het op 30 Junie 2024 geëindig.

     GEVRA:

     2.3.1    Bereken die volgende vir die jaar geëindig 30 Junie 2024:
              x Fabrieksbokoste                                                                  (14)

     2.3.2    Stel die volgende rekening in die Algemene Grootboek op:
              x Goedere-in-bewerking                                                                  (8)

     INLIGTING:

     1.       Saldo’s                                  30 Junie 2024          30 Junie 2023
              Goedere-in-bewerking                            20 400                 32 440
              Klaarproduktevoorraad                                ?                 37 600
              Fabrieksindirekte materiaal                      7 200                 10 870

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
                      Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                  REKENINGKUNDE V2                          (EC/NOVEMBER 2024)

      2.       Transaksies en ander finansiële inligting vir die jaar geëindig
               30 Junie 2024.

               Totale Primêre koste                                                452 680
               Direkte Arbeidskoste                                                228 080
               Salarisse:
               x Fabrieksvoorman                                                    66 000
               x Verkoopsbestuurder                                                 36 000
               Fabrieksindirekte materiaal aangekoop                                30 400
               Water en Elektrisiteit                                               28 700
               Huuruitgawe                                                          66 900
               Versekering (fabriek)                                                10 600
               Waardevermindering op fabriekaanleg en masjinerie                    11 400
               Diverse fabrieksuitgawes                                             12 420
               Advertensies                                                         10 980
               Verkope van klaarprodukte                                           900 000
               (Goedere word verkoop teen ŉ winsopslag van 50%
               op kosprys)

       x   Huur word toegedeel in verhouding tot vloeroppervlakte wat deur die
           verskillende departemente beset word, wat soos volg is:

                                      VERKOPE             FABRIEK          KANTOOR
            Vierkante meter             100                2 800             600

       x   20% van die water en elektrisiteit word aan die kantoor toegedeel en 10%
           aan die verkoopsafdeling. Die verskil is vir die fabriek.

       x   Die versekering is verkeerdelik in die verhouding 1 : 1 : 1 toegedeel. Die
                             ଶ
           fabriek gebruik 66ଷ % van die elektrisiteit.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                  REKENINGKUNDE V2                                         9

2.4    BT RUGBYBALLE

       GEVRA:

       Bestudeer die inligting wat verskaf word en beantwoord die volgende vrae:

       2.4.1    Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.         (4)

       2.4.2    Moet Bevan tevrede wees met die vlak van produksie van rugbyballe
                in die 2024 finansiële jaar? Verduidelik kortliks deur toepaslike syfers
                aan te haal.                                                                (2)

       2.4.3    Verduidelik kortliks wat met “ekonomie van skaal” bedoel word met
                spesifieke verwysing na vaste koste.                                        (2)

       INLIGTING:

       (i)      Die besigheid, wat deur Bevan besit word, het 4 700 sokkerballe
                vervaardig en verkoop gedurende die jaar geëindig 29 Februarie 2024.
                Die verkoopprys is R260 per bal.

                Gedurende die vorige jaar is 4 200 balle vervaardig en verkoop. Die
                verkoopprys in 2023 was R285, maar dit moes verlaag word weens
                groter mededinging van ander vervaardigers.

       (ii)     Berekeninge uit die rekeningkundige rekords:

                                                            2024             2023
                                          Tipe koste    Per eenheid      Per eenheid
                                                        gebaseer op      gebaseer op
                                                           4 700            4 200
                                                          eenhede          eenhede
                 Verkoopprys                              R260,00          R285,00
                 Administrasie en
                 fabrieksbokoste         Vaste             R76,60           R89,82
                 Direkte arbeidskoste    Veranderlik       R66,00           R53,50
                 Verkoop- en
                 verspreidingskoste       Veranderlik      R35,00           R18,40
                 Direkte
                 materiaalkoste           Veranderlik      R77,50           R80,00

                                                                                            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                     REKENINGKUNDE V2                    (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 3: BEGROTINGS                                                (35 punte; 30 minute)

3.1 MOSES HANDELAARS

     Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Moses Handelaars, ŉ
     alleeneienaar.

     GEVRA:

     3.1.1     Noem enige TWEE items wat nie in die Kontantbegroting sal verskyn nie.           (2)

     3.1.2     Bereken die persentasie goedere wat gedurende September 2024 op
               krediet verkoop is.                                                              (3)

     3.1.3     Bereken die bedrag wat die besigheid verwag om gedurende Oktober 2024
               van debiteure te ontvang.                                                        (6)

     3.1.4     Verwys na INLIGTING A en voltooi die Kontantbegroting in die
               ANTWOORDEBOEK.                                                               (18)

     3.1.5     Verwys na INLIGTING B:

               Vergelyk die werklike syfers van September 2024 met die begrote bedrae.
               Adviseer die eienaar oor moontlike redes vir die verskille en wat hy kan
               doen om die situasie gedurende Oktober 2024 te verbeter. Geen syfers
               word benodig nie.                                                                (6)

               INLIGTING A:

     1.      Verkoopsyfers vir 2024:

                                    WERKLIK                   BEGROOT
                MAANDE
                              KONTANT   KREDIET           KONTANT  KREDIET
              AUGUSTUS           22 800     90 200
              SEPTEMBER          16 600     60 400
              OKTOBER                                        12 600 10% minder
                                                                    as krediet-
                                                                    verkope van
                                                                    September

     2.      Kredietverkope word gewoonlik as volg ingesamel:
             x 50% in die maand van verkope (hierdie debiteure ontvang 5%-korting)
             x 30% na 30 dae (in die maand na verkope)
             x 15% na 60 dae (twee maande na verkope)
             x 5% word as oninbare skuld afgeskryf

     3.      Die volgende moet in ag geneem word i.v.m handelsvoorraad:
             x Die besigheid handhaaf ŉ winsopslagpersentasie van 40% op kosprys vir
                verkope en ŉ vaste basisvoorraadvlak (voorraad wat in ŉ maand verkoop
                word, word in daardie maand vervang).
             x Alle aankope van voorraad word op krediet gedoen.
             x Krediteure word betaal in die maand na die aankoop van die voorraad.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2024)                 REKENINGKUNDE V2                                        11

     4.    Rente op vaste deposito beloop R14 100 per jaar. Dit word elke jaar in drie
           gelyke paaiemente op 1 Februarie, 1 Junie en 1 Oktober ontvang.

     5.    R3 000 per maand word vir instandhouding van geboue toegeken.

     6.    Die totale huurinkomste vir die vorige finansiële jaar was R48 000. Die huur
           sal na verwagting op 1 Oktober 2024 met 10% daal.

     7.    Die eienaar het besluit dat sy onttrekkings per maand nie R9 000 mag
           oorskry nie. Dit bestaan uit R7 000 kontant en R2 000 se handelsvoorraad.

     8.    Moses het besluit dat hy sy kapitaalbydrae gedurende Oktober 2024 met
           R50 000 kontant en R25 000 se toerusting sal verhoog.

     9.    Die munisipaliteit word die maand nadat hulle die water- en
           elektrisiteitsrekeninge uitgestuur het, betaal. Hulle het die rekening vir
           Augustus 2024, R2 400, laat gestuur, so dit kon nie in September betaal
           word nie. Die rekening vir September 2024, wat 10% hoër is as die vorige
           een, het betyds gekom en sal saam met die agterstallige Augustus 2024-
           rekening betaal word.

     10. Die banksaldo het ŉ oortrekking van R24 800 op 30 September 2024
         getoon.

           INLIGTING B:

           SEPTEMBER 2024                     WERKLIK                BEGROOT
           Huurinkomste                        R3 000                 R4 000
           Onttrekkings                       R10 500                 R9 000
           Instandhouding van geboue           R3 000                 R4 500

                                                                                            35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                REKENINGKUNDE V2                       (EC/NOVEMBER 2024)

 VRAAG 4:      BTW, PROBLEEMOPLOSSING EN ETIEK                   (30 punte; 20 minute)

 4.1 BTW

      Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mia se Vars Produkte vir die
      maand Oktober 2024. Die besigheid gebruik die deurlopende voorraadstelsel en
      koop en verkoop al sy voorraad vir kontant. Die standaard BTW-koers is 15%.

      GEVRA:

      4.1.1    Waarvoor staan die afkorting BTW?                                          (1)

      4.1.2    Waarom klassifiseer die regering sekere items as nulkoers vir BTW?
               Noem TWEE nulkoersitems.                                                   (4)

      4.1.3    Verduidelik kortliks aan Mia wat word met Uitset BTW en Inset BTW
               bedoel.                                                                    (2)

      4.1.4    Verwys na INLIGTING A:

               Bereken die BTW betaal op die nuwe winkeltoerusting wat gekoop is.         (3)

      4.1.5    Verwys na INLIGTING B:

               Gebruik die inligting i.v.m die goedere wat gedurende Oktober 2024
               van verskaffers gekoop is.

               Bereken:

               x BTW op hierdie goedere
               x Die koste van alle goedere aangekoop, BTW uitgesluit                     (7)

      INLIGTING A:

      Mia het op 1 Oktober 2024 winkeltoerusting kontant gekoop vir R8 500, BTW
      uitgesluit.

      INLIGTING B:

      Mia het goedere op krediet by verskaffers vir R62 974 gekoop, 15% BTW
      ingesluit. Sy het ook goedere vir R12 800 wat nulkoers BTW-items was,
      gekoop.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2024)                   REKENINGKUNDE V2                                     13

 4.2 PROBLEEMOPLOSSING EN ETIEK
       Kyle se Fietse verkoop een handelsmerk fietse. Die eienaar, Kyle Rob, het drie
       takke wat in Qonce, Camdeboo en Humansdorp bedryf word. Die drie takke
       word onderskeidelik deur Sassa, Jaco en Bevan bestuur. Kyle Rob het die jaar
       se syfers van die drie takke vir die finansiële tydperk wat op 31 Oktober 2024
       eindig, gekry.
       GEVRA:
       4.2.1    Verwys na INLIGTING A:

                Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke tak, en haal syfers
                aan om die probleem te ondersteun. Bied in elke geval vir Kyle Rob
                advies oor hoe om die probleem op te los.                                  (9)

       4.2.2    Verwys na INLIGTING B:

                Wat is ŉ fluitjieblaser?                                                   (2)

       4.2.3    Wat is die etiese kenmerke van ŉ fluitjieblaser, na jou mening? Noem
                TWEE kenmerke.                                                             (2)

       INLIGTING A:

       TAK                               QONCE      CAMDEBOO        HUMANSDORP
       BESTUURDER                         Sassa        Jaco            Bevan
       Verkoopprys per fiets             R2 500       R2 500            R2 500
       Aantal fietse verkoop               400          200               380
       Inkomste uit verkope             R900 000     R500 000          R950 000
       Salarisse van bestuurders       R18 000 p.m. R22 000 p.m.      R18 000 p.m.
       Verlof geneem deur
       bestuurders                         22 dae       21 dae           34 dae
       Aantal fietse teruggebring
       deur klante                          15           14                32

       INLIGTING B:

       Matt is die Menslike Hulpbronnebestuurder van Kyle se Fietse. ŉ Werker met
       die naam Carter het Matt genader en verduidelik dat hy hom wil vertel van die
       misbruik van die besigheid se bates, maar dat hy oor sy werk bekommerd is.
       Matt het hom daaraan herinner dat hy eties en wetlik verplig is om hierdie
       kwessies aan Kyle Rob te rapporteer. Hy het aan Carter gesê dat hy onder die
       fluitjieblaserwette beskerming het.

                                                                                          30

                                                                                TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                  REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2024)

      GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

     Bruto wins x 100         Bruto wins     x      100           Netto wins      x 100
      Verkope      1          Koste van verkope      1            Verkope            1

      Bedryfsuitgawes     x    100                     Bedryfswins    x     100
          Verkope               1                        Verkope             1

 Totale verdienste van vennoot x 100                      Netto wins x       100
 Vennoot se gemiddelde ekwiteit   1               Gemiddelde eienaarsekwiteit 1

       Bedryfsbates: Bedryfslaste            (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

 (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde debiteure x 365                   Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                      Kredietaankope         1

 Gemiddelde voorraad x 365 of 12                          Koste van verkope
  Koste van verkope     1      1                         Gemiddelde voorraad

     Nie-bedryfslaste: Eienaarsekwiteit                Totale bates: Totale laste

                                     Totale vaste koste  .

                 Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Accounting · Memo · 2024 · Eng
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWERBOOK NOVEMBER 2023 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answerbook-november-2023-afrikaans-final/48a9c62d-44fe-4bcf-b849-66228902a934) — Addendum · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
