# Accounting Grade 10 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accn-gr10-qp-nov2017-afrikaans/2f2f96bf-1529-493d-aeb7-19978026d4f8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr10-qp-nov2017-afrikaans/2f2f96bf-1529-493d-aeb7-19978026d4f8)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 10

                            NOVEMBER 2017

                           REKENINGKUNDE

PUNTE:    300

TYD:      3 uur

                                     *XACCA*

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en ŉ 15-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       REKENINGKUNDE                             (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING
 Lees die onderstaande instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
 1.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
       beantwoord.
 2.    Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
 3.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
 4.    Jy mag ŉ donker potlood of blou / swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
 5.    Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.
 6.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
                                     VRAAG 1: 55 punte; 35 minute
      Onderwerp van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
                                          Finansiële rekeningkunde
      Rekeningkundige terme,
                                           Terme; Debiteuregrootboek; Rekeningkundige vergelyking
      Debiteure, Interne beheer,
                                          Bestuur van hulpbronne
      Rekeningkundige vergelyking
                                           Beheer van debiteure
                                     VRAAG 2: 55 punte; 30 minute
      Onderwerp van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
                                          Finansiële rekeningkunde
      Algemene joernaal, Algemene          Hulpjoernale; Algemene Grootboek
      Grootboek, Interne beheer           Bestuur van hulpbronne
                                           Beheer van handelsvoorraad
                                     VRAAG 3: 65 punte; 45 minute
      Onderwerp van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
                                          Finansiële rekeningkunde
      Vaste bates, Interne beheer,         Inkomstestaat
      Inkomstestaat                       Bestuur van hulpbronne
                                           Vaste bates; Interne beheer oor vaste bates
                                     VRAAG 4: 40 punte; 20 minute
      Onderwerp van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
                                          Finansiële rekeningkunde
      AARP-beginsels, Interpretasie        Terme; Interpretasie van finansiële state
      van finansiële state                Bestuur van hulpbronne
                                           Beheer van opbrengs; finansiering en wins
                                     VRAAG 5: 30 punte; 15 minute
      Onderwerp van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
                                          Finansiële rekeningkunde
                                          BTW-terme; Salarisjoernaal
      BTW, Salarisse, Interne beheer
                                          Bestuur van hulpbronne
                                           Bestuur van arbeid
                                     VRAAG 6: 55 punte; 35 minute
      Onderwerp van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
                                          Bestuursrekeningkunde
                                           Terme; berekeninge
      Kosterekeningkunde, Begrotings
                                          Bestuur van hulpbronne
                                           Beheer van fondse
Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  REKENINGKUNDE                                          3

 VRAAG 1:            REKENINGKUNDIGE TERME, DEBITEURE, INTERNE BEHEER EN
                     REKENINGKUNDIGE VERGELYKING           (55 punte; 35 minute)

 1.1 TERME
       Kies die regte woord(e) uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A–J) uit KOLOM B langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in
       die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
        1.1.1  Bates met ŉ redelike lang lewensduur        A    Bankdepositostrokie
        1.1.2  Geld deur die onderneming ontvang vir       B    Kleinkasbewys
               dienste gelewer of verkoop van voorraad
        1.1.3  Die dokument gebruik vir die aanteken       C    Bedryfsbates
               van kredietverkope van goedere
        1.1.4  Geld deur die eienaar bygedra met die       D    Oorspronklike
               stigting van ŉ onderneming                       kwitansie
        1.1.5  Die dokument gebruik vir die aanteken       E    Vaste / Tasbare
               van klein kontantbedrae gebruik vir              bates
               aankope
        1.1.6  Die interne dokument gebruik tydens die     F    Kapitaal
               terugsending van voorraad aan ŉ
               krediteur
        1.1.7  ŉ Dokument waarop ŉ klant aandring as       G    Duplikaat faktuur
               bewys van betaling
        1.1.8  Buitestaanders wat aan die onderneming      H    Inkomste
               geld skuld vir voorraad verkoop
        1.1.9  Bates met ŉ kort lewensduur en waarvan      I    Duplikaat debietnota
               die waarde voortdurend verander
        1.1.10 Die dokument gebruik wanneer kontant        J    Debiteure
               in die onderneming se lopende rekening
               inbetaal word                                                                   (10)
 1.2 DEBITEURE
       Mary Lee Winkels is ŉ klerewinkel wat voorraad op krediet verkoop. Die inligting
       voorsien het betrekking op TT Rosie, ŉ debiteur.
       GEVRA:
       1.2.1    Voltooi die rekening van TT Rosie in die Debiteure Grootboek van Mary
                Lee Winkels.                                                                   (12)
       1.2.2    Watter inligting van die voornemende debiteur benodig die onderneming
                voordat ŉ rekening geopen word? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                   (4)
       1.2.3    Noem TWEE metodes wat die onderneming kan toepas om die invordering
                van uitstaande skuld van debiteure te verbeter.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE                         (EC/NOVEMBER 2017)

       INLIGTING:
       A       Uitstaande saldo van TT Rosie op 1 September 2017, R3 200
       B       Transaksies vir September 2017
       02      Rokke vir R1 800 op krediet verkoop kosprys R900
       06      Rokke nie volgens bestelling nie is teruggestuur, R180.
       09      Ontvang betaling ter vereffening van uitstaande skuld soos op
               1 September 2017. Staan 5% korting vir vroeë betaling toe.
       15      Rokke vir R4 160 op krediet verkoop, kosprys R3 130.
       27      Verkoop ŉ rok vir kontant R240, kosprys R170.
       30      Ontvang ŉ betaling as vereffening van die helfte van die huidige
               uitstaande bedrag tot op datum.

 1.3   REKENINGKUNDIGE VERGELYKING
       GEVRA:
       Ontleed die onderstaande transaksies volgens die uitleg in die
       ANTWOORDEBOEK voorsien.                                                           (27)
       INLIGTING:
       Voorbeeld: Die eienaar neem R200 kontant vir persoonlike gebruik.
       1.3.1 Handelsvoorraad op krediet gekoop, R12 500 min 5% handelskorting.
       1.3.2 Betaal ŉ tydelike werker R150 uit die kleinkas.
       1.3.3 ŉ Kredietklant stuur goedere aan die onderneming terug, R900
             (kosprys R600).
       1.3.4 Die vaste deposito verval en ŉ direkte deposito van R9 500, wat
             R2 500 rente insluit, is in die onderneming se lopende rekening
             gemaak.
                                                                                          55

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)           REKENINGKUNDE                  5

LAAT HIERDIE BLADSY OOP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                          REKENINGKUNDE                              (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 2:            ALGEMENE JOERNAAL, ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE
                     BEHEER                           (55 punte; 30 minute)

 Die onderstaande inligting het betrekking op AM Handelaars vir Oktober 2017.
 AM Handelaars handhaaf ŉ winsopslag van 33⅓% op kosprys.
 GEVRA:
 2.1   Verwys na INLIGTING C: Teken die transaksies in die algemene joernaal aan.
       Omskrywings mag weggelaat word.                                                                     (20)
 2.2   Gebruik die inligting uit die joernale om die volgende rekeninge in die algemene
       grootboek op te stel en af te sluit:
          Handelsvoorraad                                                                                 (14)
          Krediteurekontrole                                                                               (9)
          Skryfbehoeftes                                                                                   (6)
 2.3   Wat kan die eienaar van AM Handelaars doen om te verseker dat sy personeel
       nie die voorraad steel nie? Stel DRIE interne beheermaatreëls voor.                                 (6)
       INLIGTING:
       A     Saldo’s / Totale in die Algemene Grootboek op 1 Oktober 2017:

              Handelsvoorraad                                   28 000
              Krediteurekontrole                                15 430
              Skryfbehoeftes                                       670

       B     Totale van die joernale op 31 Oktober 2017:
             Kontantontvangstejoernaal
                                 Debiteurekontrole                       Koste van       Diverse
                 Bank                                      Verkope
                                Ontvang     Korting                       verkope       rekeninge
                      ?            8 540            300         19 400      14 550           4 500
             Kontantbetalingsjoernaal
                            Debiteure                Handels-     Krediteurekontrole       Diverse
                Bank                       Lone
                             kontrole                voorraad     Betaling   Korting      rekeninge
               21 040      600      3 800      ?        7 040      340                       4 200
              Skryfbehoeftes vir R330 is op 23 Oktober 2017 aangekoop.
             Debiteure Joernaal
                                 Koste van
                Verkope
                                  verkope
                     15 488         ?
             Debiteure-afslag Joernaal
               Debiteure-        Koste van
                afslag            verkope
                          396           200
             Krediteure Joernaal
               Krediteure       Handels-                     Skryf-      Verpakking      Diverse
                                              Toerusting                  materiaal
                kontrole        voorraad                   behoeftes                    rekeninge
                     12 200        7 800          1 600           700        1 300             800

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                         REKENINGKUNDE                                          7

                Krediteure-afslag Joernaal
                    Krediteure   Handels-                   Skryf-     Verpakking     Diverse
                                             Toerusting                 materiaal
                     kontrole    voorraad                 behoeftes                  rekeninge
                        2 400        900           600         300           200           400
                Algemene Joernaal
                                                Debiteurekontrole          Krediteurekontrole
                     Debiet      Krediet
                                               Debiet       Krediet        Debiet      Krediet
                                                    492          236           632          298
        C       Transaksies wat op 31 Oktober aangeteken moet word:
                     Alan Martins, die eienaar, het skryfbehoeftes (R130) en
                      handelsvoorraad (verkoopprys R980; kosprys R735) vir eie gebruik
                      geneem.
                     J Small, ŉ debiteur wat R430 skuld, moet as oninbaar afgeskryf word.
                     AM Handelaars het nagelaat om hul skuld van R8 820 by NR1
                      Handelaars betyds te betaal. Rente teen 10% per jaar moet vir twee
                      maande in berekening gebring word.
                     Herstelwerk van R20 000 is aan die dak van die gebou gedoen. Dit is
                      verkeerdelik in die Grond en Geboue-rekening aangeteken.
                     A Cona het sy rekening van R400 vereffen nadat 5% korting afgetrek
                      is. Die bank het AM Handelaars ingelig dat die kliënt onvoldoende
                      fondse beskikbaar het en dat die tjek geweier is. Die regte inskrywing
                      is slegs in die Kontantbetalingsjoernaal gedoen.
                     R Lewis, wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is, het na ŉ
                      buitelandse besoek teruggekeer en sy rekening van R1 250 vereffen.
                      Die transaksie is verkeerdelik in die Debiteurekontrole kolom van die
                      Kontantontvangstejoernaal aangeteken.
                                                                                                      55

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    REKENINGKUNDE                             (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: VASTE BATES, INTERNE BEHEER EN INKOMSTESTAAT
                                                                        (65 punte; 45 minute)

 Die onderstaande inligting het betrekking op Malambo Handelaars vir die finansiële jaar wat
 op 28 Februarie 2017 eindig.

 GEVRA:

 3.1 VASTE BATES

      3.1.1    Voltooi die bateregister vir voertuie en toerusting.                                 (10)

      3.1.2    Gee EEN rede waarom ŉ bateregister ŉ waardevolle hulpmiddel in die
               bestuur van bates is.                                                                (2)

      3.1.3    Maak TWEE voorstelle vir die verbetering van die veiligheid van die
               onderneming se voertuie.                                                             (4)

 3.2 INKOMSTESTAAT

      3.2.1    Neem die aansuiwerings (INLIGTING B) in ag en stel die Inkomstestaat vir
               die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op.
               (TOON ALLE BEWERKINGS OM DEELPUNTE TE VERDIEN.)                          (43)

      3.2.2    Stel die nota vir Rente-inkomste op.                                                 (6)

      INLIGTING:

      A        Uittreksel uit die Voor-aansuiweringsproefbalans:

                Balansstaatrekeninge-afdeling                    Debiet         Krediet
                Kapitaal                                                         304 100
                Onttrekkings                                       52 900
                Grond en geboue                                   150 700
                Voertuie                                          150 000
                Toerusting                                         26 500
                Opgehoopte waardevermindering op
                                                                                   26 400
                voertuie
                Opgehoopte waardevermindering op
                                                                                   12 500
                toerusting
                Vaste deposito: YZ Bank (15% p.j.)                    23 000
                Debiteurekontrole                                     17 580
                Bank                                                   3 300
                Handelsvoorraad                                       31 440
                Wisselgeld                                               300
                Verbandlening: AB Bank (18% p.j.)                                  45 000
                Krediteurekontrole                                                 23 300

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     REKENINGKUNDE                                          9

                    Nominale rekeninge-afdeling
                    Verkope                                                    492 736
                    Koste van verkope                            263 380
                    Debiteure-afslag                               5 890
                    Huurinkomste                                                16 900
                    Rente op vaste deposito                                      3 100
                    Verpakkingsmateriaal                           3 656
                    Advertensies                                   1 900
                    Salarisse                                    170 000
                    Telefoon                                       3 995
                    Water en elektrisiteit                         3 385
                    Versekering                                    5 300
                    Skryfbehoeftes                                 2 450
                    Oninbare skuld                                 3 744
                    Rente op verbandlening                         8 100
                    Rente op lopende rekening                                      889
                    Rente ontvang                                                1 155
                    Oninbare skulde ingevorder                                   1 440
                                                                 927 520       927 520

       B        Aansuiwerings en bykomende inligting:

       1.       Die onderneming het reeds die huur vir Maart 2017 ontvang.

       2.       Die telefoonrekening, R135, is ontvang maar nog nie betaal nie.

       3.       ŉ Debiteur, Z Cohen, het voorraad met ŉ verkoopprys van R965
                (kosprys R580) teruggestuur maar die transaksie is nog nie aangeteken
                nie.

       4.       Versekering sluit ŉ jaarlikse premie van R3 000, wat op 1 Julie 2016 betaal
                is, in.

       5.       Rente op die vaste deposito is steeds ontvangbaar.

       6.       Waardevermindering vir die jaar is as volg:

                     Voertuie teen 20% per jaar volgens die verminderde saldo-metode.
                     ŉ Voertuie met ŉ kosprys van R40 000 is op 1 September 2016
                      aangekoop en die transaksie is aangeteken.
                     Toerusting teen 10% per jaar op kosprys.
                     Die eienaar het op 1 Maart 2016 toerusting ter waarde van R14 000 as
                      kapitaal bygedra. Dit was die enigste bykomende kapitaalbydrae maar
                      die transaksie is nog nie aangeteken nie.

       7.       Die voorraadopname op 28 Februarie 2017 toon die volgende voorraad
                voorhande:
                 Handelsvoorraad, R29 620
                 Skryfbehoeftes, R120
                                                                                                  65

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    REKENINGKUNDE                        (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 4: AARP-BEGINSELS EN INTERPRETASIE VAN FINANSIËLE STATE
                                                 (40 punte; 20 minute)

 4.1   AARP-BEGINSELS

       Kies die AARP-beginsel uit die lys voorsien wat die beste pas by die onderstaande
       stellings.

            Historiese koste; Omsigtigheid; Wesenlikheid; Besigheidsentiteit;
                                 Lopende saak; Paring

       4.1.1 Die finansiële state moet inkomste en uitgawes volgens die mees
             konserwatiewe of pessimistiese wyse toon.

       4.1.2 Inkomste verdien en uitgawes aangegaan moet in die finansiële jaar
             waarop dit betrekking het, getoon word.

       4.1.3 Vaste bates behoort aangeteken te word teen die prys waarvoor dit
             oorspronklik aangekoop is en nie enige verwagte toekomstige waarde nie.

       4.1.4 Finansiële state word opgestel in die veronderstelling dat die onderneming
             in die toekoms sal voortbestaan.

       4.1.5 Belangrike inligting moet apart aangetoon word, terwyl minder belangrike
             transaksies as diverse items saamgevoeg kan word.                                  (5)

 4.2   INTERPRETASIE VAN FINANSIËLE STATE

       Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Langa Handelaars op
       28 Februarie 2017, die laaste dag van die rekeningkundige periode.

       GEVRA:

       4.2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2017:
             (ROND ALLE BEREKENINGE AF TOT EEN DESIMALE PLEK.)

               (a)       Bedryfskapitaalverhouding                                              (3)

               (b)       Vuurproefverhouding                                                    (4)

               (c)       Netto-wins as persentasie van verkope                                  (3)

       4.2.2        Lewer kommentaar oor die opbrengs op eienaarsbelang.
                    Voorsien ŉ berekening om jou antwoord te ondersteun.
                     (Gebruik gemiddelde eienaarsbelang.)                                       (8)

       4.2.3        Solvabiliteit-verhouding
                    Is Langa Handelaars in ŉ posisie om nog ŉ langtermynlening te
                     bekom? Motiveer jou antwoord.                                              (11)

       4.2.4        Winsopslag-persentasie
                    Gee TWEE redes waarom die teiken nie bereik is nie.                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  REKENINGKUNDE               11

        INLIGTING:

        A        Beleggings                            50 000
                 Vaste (tasbare) bates teen kosprys   360 900
                 Opgehoopte waardevermindering         65 900
                 Bedryfsbates (voorraad ingesluit)    104 000
                 Bedryfslaste                          35 000
                 Verbandlening                         85 000
                 Voorraad                              42 000
                 Eienaarsbelang (28 Februarie 2017)   279 000
                 Eienaarsbelang (29 Februarie 2016)   321 000
                 Verkope                              177 000
                 Koste van verkope                    112 000
                 Netto wins                            55 000
                 Winsopslag persentasie (teiken)         60%
                 Rente op alternatiewe beleggings       8,5%
                                                                     40

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 REKENINGKUNDE                         (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 5: BTW, INTERNE BEHEER EN SALARISJOERNAAL
                                               (30 punte; 15 minute)

 5.1   BTW

       Kies die regte antwoord uit die alternatiewe voorsien. Skryf slegs die antwoord
       langs die vraagnommer neer.

       5.1.1 Belasting (ontduiking / vermyding) is ŉ kriminele oortreding.

       5.1.2 BTW is betaalbaar aan die (SA Reserwe Bank / SA Inkomstediens).

       5.1.3 Die BTW betaal deur ŉ BTW-geregistreerde handelaar op aankope van ŉ
             ander BTW geregistreerde handelaar is (inset / uitset) BTW.

       5.1.4 Die huidige BTW-standaardkoers in Suid-Afrika is (14% / 15%).

       5.1.5 Petrol en diesel is voorbeelde van (vrygestelde / nul-koers) items.               (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    REKENINGKUNDE                                   13

 5.2    SALARISSE

        Die onderstaande inligting is deur die Menslike Hulpbron-afdeling van Jakaranda
        Handelaars vir Oktober 2017 voorsien.

        GEVRA:

        5.2.1 Noem TWEE maniere hoe die werkgewer die produktiwiteit van sy
              werknemers kan verbeter.                                                     (4)

        5.2.2 Stel die Salarisjoernaal vir Oktober 2017 op.
              (ROND ALLE BEDRAE AF TOT DIE NAASTE R1)                                      (21)

        INLIGTING:

        A                                  BRUTO SALARIS          HUWELIK
                WERKNEMERS
                                       JAARLIKS    MAANDELIKS      STATUS
                    G Zikwe                164 400       13 700 Getroud
                    T Titus                214 800       17 900 Ongetroud
                    C Cartoon              154 800       12 900 Getroud

        B       Die volgende aftrekkings moet in berekening gebring word:

                     WVF: 1% van bruto maandelikse salaris
                     Mediese fonds: Getroude werknemers dra R1 000 per maand by en
                      ongetroude werknemers R800 per maand
                     Pensioenfonds: 6% van bruto maandelikse salaris
                     LBS: Gebruik ingeslote tabel:
                      (TOON BEREKENINGE OM DEELPUNTE TE VERDIEN.)

                BELASTINGKOERSE VIR INDIVIDUE
                2018-belastingjaar (1 Maart 2017–28 Februarie 2018)
                     BELASBARE
                                                   BELASTINGKOERS (R)
                    INKOMSTE (R)
                 0–189 880              18% van belasbare inkomste
                 189 881–296 540        34 178 + 26% van belasbare inkomste bo
                                        189 880
                 296 541–410 460        61 910 + 31% van belasbare inkomste bo
                                        296 540
                 410 461–555 600        97 225 + 36% van belasbare inkomste bo
                                        410 460
                 555 601–708 310        149 475 + 39% van belasbare inkomste bo
                                        555 600
                 708 311–1 500 000      209 032 + 41% van belasbare inkomste bo
                                        708 310
                 1 500 001 en meer      533 625 + 45% van belasbare inkomste bo
                                        1 500 000

        C       Werkgewerbydraes:

                     WVF: 1% van bruto maandelikse salaris
                     Pensioenfonds: R2 vir elke R1 deur werknemer bygedra
                                                                                           30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   REKENINGKUNDE                          (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 6: KOSTEREKENINGKUNDE EN BEGROTINGS                           (55 punte; 35 minute)

 6.1 KOSTEREKENINGKUNDE
      6.1.1    Kies die regte term in die hakie. Skryf slegs die term langs die
               vraagnommer (6.1.1–6.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
               (a)   Advertensies is ŉ (administrasie / verkoop- en verspreidings-koste.)
               (b)   Die salaris van die fabriekskoonmaker is (direkte / indirekte)
                     arbeidskoste.
               (c)   Huur van ŉ gebou word as ŉ (vaste / veranderlike) koste beskou.               (6)
      6.1.2    Mandy Leeto verkoop hamburgers by die skool se snoepwinkel.
               GEVRA:
               A     Bereken die volgende:
                        Direkte arbeidskoste                                                      (3)
                        Direkte grondstofkoste                                                    (4)
                        Bokoste                                                                   (4)
                        Totale produksiekoste                                                     (1)
                        Produksiekoste per eenheid                                                (2)
                        Verkoopprys per eenheid as ŉ winsopslag van 66⅔% gebruik
                         word                                                                      (3)
               B     Noem TWEE dinge wat Mary kan doen om haar kostes te
                     verminder.                                                                    (4)
               C     Adviseer Mandy rakende DRIE bemarkingstrategieë wat sy by die
                     skool kan implementeer om haar verkope te verbeter.                           (6)
               INLIGTING:
               A     Bestanddele:

                     30 pakke patties (10 per pak)                           2 100
                     25 dosyn hamburger broodjies @ R8 / dosyn               ?
                     Botter                                                  40
                     Blaarslaai, tamatie, sous                               110

               B     Botter, blaarslaai, tamatie en sous word as indirekte koste beskou
               C     Mandy verkoop al die hamburgers
               D     Ander uitgawes:
                        Mandy betaal huur van R100 per dag vir die gebruik van die
                         kombuis.
                        Jenny, Mandy se niggie, berei die hamburgers voor en word 50c
                         per hamburger wat gemaak en verkoop word, betaal.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     REKENINGKUNDE                                        15

 6.2    BEGROTINGS

        Die netbalspanne van Hoërskool Khoza beplan ŉ toer na Mthatha.

        GEVRA:

        6.2.1 Bereken die totale koste van die toer vir die spelers.                             (18)

        6.2.2 Die span het finansiële probleme – sommige spelers kan nie die bedrag
              betaalbaar bekostig nie. Maak TWEE voorstelle om dié probleem op te
              los.                                                                               (4)

        INLIGTING:

        A       Daar is 14 spelers, 2 reserwes en 2 afrigters. Die spelers moet die koste
                van die twee afrigters dra.

        B       Die skool het ŉ borgskap vir R8 456 van Unreal Sports bekom.

        C       ŉ R5 000-donasie is van die 2007 eerstespan netbalkaptein ontvang.

        D       Ander uitgawes:

                    Vervoer: Minibus R3 000 plus R2 / km. Retoerafstand na en van
                     Mthatha is 850 km

                    Akkommodasie: Die groep sal vir vier nagte in drie kamers
                     geakkommodeer word teen ŉ koste van R1 120 per kamer per dag.

                    Etes en verversings: R300 per persoon vir die duur van die toer

                    Uitrusting: R6 880 vir die spelers en R400 vir die afrigters
                                                                                                 55

                                                                                    TOTAAL:      300

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ACCN GR10 ANSWER BOOK NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr10-answer-book-nov2017-afrikaans/e551c4b7-2f59-449b-bfbc-9e75809f7212) — Accounting · Addendum · 2017 · Afr
- [ACCN GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr10-memo-nov2017-afrikaans/89af2882-cc98-473e-8ac4-17aea37ad84c) — Accounting · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2017-question-paper/6c5c2b5d-4045-48e5-80ae-f87cfea2eb69) — Accounting · QP · 2017 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR10 QPNOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qpnov2018-afrikaans/1e87937b-7217-497d-8e8e-1cddd1d2d80f) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR10 ANSBK NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-ansbk-nov2018-afrikaans/87fe7724-2973-4d0a-967a-6620ae510d5a) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) June 2017 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2017-answer-book/426140d3-c9b4-4b1f-a8df-35a5f677c379) — Accounting · Addendum · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
