# Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-afr-qp/474e07e7-269a-4133-a6c2-a0e495bd44fb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-afr-qp/474e07e7-269a-4133-a6c2-a0e495bd44fb)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2015

                           REKENINGKUNDE

PUNTE:      300

TYD:        3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en ŉ 17-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae in die spesiale ANTWOORDEBOEK wat voorsien is.

3.    Waar van toepassing, moet bewerkings getoon word, om deelpunte te kan
      verdien.

4.    ŉ Nieprogrameerbare sakrekenaar mag gebruik word.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te voltooi.

6.    ŉ Uiteensetting van die vrae word hieronder voorsien. Probeer om by die
      voorgestelde tyd vir elke vraag te hou

     Vraag           Onderwerp                   Kategorie             Punte        Minute
              Koste berekeninge –        Bestuursrekeningkunde
       1      koste begrippe en          en bestuur van                  45           27
              gelykbreek                 hulpbronne
              Begroting –
                                         Bestuursrekeningkunde
              Geprojekteerde
       2                                 en bestuur van                  40           24
              inkomstestaat en interne
                                         hulpbronne
              beheer
              Maatskappye –              Finansiële rekeningkunde
       3      Begrippe en finansiële     en bestuur van                  70           42
              state                      hulpbronne
              Maatskappye –
              Kontantvloei-staat         Finansiële rekeningkunde
       4      Ontleding en               en bestuur van                  60           36
              interpretasie van          hulpbronne
              verhoudings
                                         Finansiële rekeningkunde
       5      BTW en Rekonsiliasies      en bestuur van                  50           30
                                         hulpbronne
              Voorraadwaardasie en
       6                                 Bestuur van hulpbronne          35           21
              Interne Beheer
                                                                        300       180
                                                          TOTAAL
                                                                       punte      minute

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 REKENINGKUNDE                                          3

VRAAG 1: KOSTE-BEREKENINGE                                          (45 punte; 27 minute)

1.1    Kies die koste-rekening uit die gegewe lys, vir elkeen van die uitgawes wat
       hieronder aangedui word.

                  Fabrieksbokoste; Administrasiekoste; Verkoops- en
            verspreidingskoste; Direkte arbeidskoste; Direkte materiaalkoste

       1.1.1 Lone betaal aan werknemers, in die produksieproses

       1.1.2 Die salaris van die fabrieksvoorman

       1.1.3 Skryfbehoeftes in die kantoor gebruik

       1.1.4 Vervoerkoste van grondstowwe wat by die fabriek afgelewer is

       1.1.5 Tjekbetaling aan die Daily Dispatch vir advertensies                         (5)

1.2    MASHLE ACCESSORIES

       Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Mashle Accessories vir
       die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015. Andie Dludlu is die besigheid
       se eienaar. Hulle vervaardig een tipe sak vir skootrekenaars.

       OPDRAG:

       Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015:

       1.2.1 Totale Fabrieksbokoste                                                      (11)

       1.2.2 Die Produksiekostestaat
             Toon alle bewerkings om deelpunte te kan verdien.                           (16)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2015)

       INLIGTING:

       A.   Voorraadsaldo’s:                       28 FEBRUARIE 2015    28 FEBRUARIE 2014
            Grondstowwe in voorraad                     123 450             114 600
            Goedere in bewerking                        101 400             142 400
            Fabrieks-verbruiksgoedere                     3 180                   0

       B.   Opsomming van transaksies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:
            (voor enige aansuiwerings)

            Direkte materiaal na die fabriek oorgedra                       748 000
            Verbruiksgoedere vir die fabriek aangekoop                       31 080
            Produksie-lone                                                  532 000
            Werkgewersbydraes vir fabriekswerkers                            58 520
            Salarisse: Fabrieksbestuurders (voordele ingesluit)             113 040
                        Verkoopspersoneel (voordele ingesluit)               57 060
            Water en elektrisiteit                                           37 220
            Versekering                                                      14 820
            Diverse uitgawes: Fabriek                                        21 840
            `                     Verkoopsdepartement                         9 710

       C.   Addisionele inligting en aansuiwerings:
               Die volgende inskrywing is uitgelaat uit die Produksie-loonjoernaal vir die
                laaste week van Februarie 2015:

                     Netto loon verskuldig aan werknemer                        9 240
                     Totale aftrekkings vir hierdie werknemer beloop 23% van sy
                     bruto loon

                     Die werkgewer betaal 10% aan die Pensioenfonds en 1% aan die
                     WVF.

               ŉ Bedrag van R3 280 was steeds uitstaande vir water en elektrisiteit.
                75% van water en elektrisiteit word in die fabriek gebruik.

               Ingesluit by versekering is ŉ addisionele premie van R2 220 wat betaal is
                vir die tydperk 1 Januarie 2015 tot 30 Junie 2015. Hierdie uitgawe word
                verdeel tussen die fabriek en die verkoopsafdeling in die verhouding van
                3 : 1.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 REKENINGKUNDE                                         5

1.3 Naidoo se Speelgoedwinkel

      Naidoo se Speelgoedwinkel vervaardig en verkoop teddiebere. Die
      rekenmeester het die inligting hieronder gegee, voorberei vir die finansiële
      jaar geëindig 28 Februarie 2015.

      OPDRAG:

      1.3.1   Bewys dat die gelykbreekpunt vir 2015 korrek is, deur ŉ berekening
              te doen.                                                               (4)

      1.3.2   Verduidelik of Naidoo bekommerd moet wees oor die
              gelykbreekpunt vir 2015. Haal relevante syfers in jou verduideliking
              aan.                                                                   (3)

      1.3.3   Gee EEN rede vir die verandering in die direkte materiaalkoste per
              eenheid en die direkte arbeidskoste per eenheid.                       (4)

      1.3.4   Gee ŉ gepaste rede vir die afname in die gelykbreekpunt van 2014
              tot 2015.                                                              (2)

      INLIGTING:

      Goedere word op bestelling vervaardig. Daarom het die besigheid nie
      saldo’s vir goedere-in-bewerking aan die einde van die jaar nie.

                                                         2015          2014
      Vaste koste                                        R54           R53
      Fabrieksbokoste (per eenheid)                      R36           R36
      Administrasiekoste (per eenheid)                   R18           R17
      Veranderlike koste                                R120          R116
      Direkte grondstofkoste (per eenheid)               R52           R42
      Direkte arbeidskoste (per eenheid)                 R48           R55
      Verkoops- en verspreidingskoste (per eenheid)      R20           R19

      Verkoopprys (per eenheid)                         R172          R172
      Gelykbreekpunt (eenhede)                          2 742         3 029
      Aantal eenhede geproduseer                        2 640         3 200

                                                                                     45

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  REKENINGKUNDE                          (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 2: BEGROTING                                                    (40 punte; 24 minute)

Hieronder is ŉ gedeeltelik voltooide geprojekteerde inkomstestaat wat deur die
boekhouer van Dawn Distributors vir die tydperk 1 Oktober 2015 tot
31 Desember 2015 voorberei is.

OPDRAG:

2.1   Noem TWEE items wat in die gegewe Geprojekteerde Inkomstestaat
      verskyn, wat nie in ŉ kontantbegroting sal verskyn nie.                              (2)

2.2   Vul die ontbrekende bedrae, aangedui deur A tot E, in die Geprojekteerde
      Inkomstestaat, in.                                                                 (16)

2.3   Neem die addisionele inligting in ag en bereken die volgende:

      2.3.1 Die persentasie verhoging in lone wat die skoonmakers in Desember
            2015 sal ontvang.                                                              (4)

      2.3.2 Die maandelikse salaris verskuldig aan die verkoopsbestuurder vir
            Desember 2015.                                                                 (4)

      2.3.3 Die totale kredietverkope wat vir Desember 2015 verwag word.                   (3)

      2.3.4 Die saldo van die lening op 1 November 2015.                                   (3)

2.4   Verwys na die werklike syfers vir Waardevermindering- en
      Handelsvoorraadtekort vir Oktober 2015. Voorsien ŉ rede vir die verskil
      van die begrote syfers, vir elkeen.                                                  (2)

2.5   Verwys na die werklike syfers vir Oktober 2015.
      Lewer kommentaar oor enige TWEE uitgawes (behalwe die items in
      VRAAG 2.4 genoem) wat nie goed deur die besigheid beheer word nie. In
      elkeen van die gevalle, moet jy die relevante syfers aanhaal en EEN voorstel
      maak oor hoe hierdie uitgawe meer effektief bestuur kan word.                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  REKENINGKUNDE                                     7

INLIGTING:
A.   Die besigheid gebruik ŉ winsopslagpersentasie van 60% op koste van verkope.
B.   Kredietverkope is 75% van totale verkope.
     Hulle verwag dat verkope met 10% per maand en met 20% in Desember sal styg.

C.   Die besigheid het ŉ verkoopsbestuurder en ŉ administratiewe bestuurder in diens.
     Die verkoopsbestuurder verdien R300 meer as die administratiewe bestuurder (per
     maand). Die bestuurders is geregtig op ŉ verhoging van 8% p.j. vanaf 1 Desember
     2015.

D.   R20 000 van die lening is terugbetaalbaar op 30 November 2015. Rente op lening
     teen 9% p.j. is elke kwartaal betaalbaar. Die volgende paaiement moet op 1
     Januarie 2016 betaal word.

E.   Advertensieuitgawe per maand word teen ŉ vaste persentasie van totale verkope
     begroot.

F.   Inkomstebelasting word teen 30% van die netto wins voor belasting bereken.
G.   INLIGTING (ONDER ANDERE) VANAF DIE GEPROJEKTEERDE INKOMSTE-
     STAAT VIR OKTOBER TOT DESEMBER 2015.
                                         OKTOBER     OKTOBER    NOVEMBER   DESEMBER
                                         BEGROOT     WERKLIK     BEGROOT   BEGROOT
     Verkope                             120 000       98 400    132 000           ?
     Koste van verkope                    75 000       58 800      B          99 000
     Bruto wins                            A                           ?           ?
     Ander inkomstes                      20 700       18 200     20 700      21 200
       Huurinkomste                       10 000       10 000     10 000      10 000
       Korting ontvang                     1 200        1 000      1 200       1 200
       Kommissie-inkomste                  9 500        7 200      9 500      10 000
     Bruto bedryfsinkomste
     Bedryfsuitgawes                      48 300                       ?              ?
        Salarisse (bestuurders)           17 100       17 100     17 100          D
        Lone (skoonmakers)                 3 200        3 200      3 200           3 376
        Onderhoud                          4 000        1 650      4 000           4 000
        Telefoon                           2 000        4 280      2 000           2 500
        Versekering                        1 800        1 800      1 800           1 800
        Advertensies                       2 400        1 900      C               3 168
        Waardevermindering                 6 200        8 000      6 200           8 000
        Handelsvoorraadtekort                  0          680          0             500
        Skryfbehoeftes                     3 150        3 100      3 200           3 250
        Diverse bedryfsuitgawes            8 450        8 420      8 500           8 550
     Bedryfswins                          17 400                       ?               ?
        Rente inkomste                       225          200        200             200
     Wins voor rente uitgawe              17 625
        Rente uitgawe                        585          585        585            435
     Netto wins voor inkomstebelasting         ?                       ?              ?
       Inkomstebelasting                       ?                       ?              ?
     Netto wins                            E                           ?              ?

                                                                                           40
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                        REKENINGKUNDE                               (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 3: MAATSKAPPYE – FINANSIЁLE STATE                                            (70 punte; 42 minute)

3.1    Laat pas die begrippe in KOLOM A by die omskrywings in KOLOM B. Skryf
       slegs die letter teenoor die vraagnommer in jou ANTWOORDEBOEK.

               KOLOM A                                         KOLOM B
       3.1.1   Bedryfsbate           A     Verbandlening om die aankoop van nuwe vaste
                                           eiendom te finansier
       3.1.2   Bedryfslas            B     Verdeelbare reserwes soos Behoue inkomste
       3.1.3   Finansiële bate       C     Verbruiksgoedere nie gebruik aan die einde van
                                           ŉ finansiële tydperk nie
       3.1.4   Nie-bedryfslas        D     Beleggings soos ŉ vaste deposito teen 9% p.j.
                                           rente oor ŉ 5 jaar periode
       3.1.5   Ekwiteite             E     Die bedrag verskuldig aan SAID vir
                                           inkomstebelasting                                                (5)

3.2    AMALINDA BPK

       Die volgende inligting verskyn in die rekeningkundige rekords van Amalinda
       BPK vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015.
       Die gemagtigde aandelekapitaal van die besigheid is 700 000 gewone aandele.
       OPDRAG:

       3.2.1 Voltooi die volgende notas tot die balansstaat op 28 Februarie 2015.
               (a)   Vaste (Tasbare) bates                                                                 (15)
               (b)   Gewone aandelekapitaal                                                                (10)
               (c)   Behoue inkomste                                                                       (12)
               (d)   Handels- en ander betaalbare bedrae
                     Let wel: Alle items wat deel vorm van Bedryfslaste in die Balansstaat, moet onder
                     Handels- en ander betaalbare bedrae, getoon word (behalwe Oortrokke bank.)             (8)
       3.2.2 Bereken die netto batewaarde per aandeel (NBW) na die terugkoop van
             aandele op 27 Februarie 2015.                                                                  (5)
       3.2.3 Die maatskappy beplan om die oorblywende gemagtigde
             aandelekapitaal in die volgende finansiële jaar uit te reik. Die direkteure
             stel voor dat R7,20 per aandeel ŉ billike uitreikingsprys sal wees.
               (a)   Watter faktore/finansiële aanwysers sal jy as bestaande
                     aandeelhouer in ag neem, om te bepaal of R7,20 per aandeel ŉ
                     aanvaarbare uitreikingsprys is? Verskaf redes vir jou antwoord.                        (4)
               (b)   V. Slink besit 52% van die uitgereikte aandele op 28 Februarie
                     2015. Bereken die minimum aantal aandele wat sy moet koop om
                     haar posisie as hoofaandeelhouer te behou.                                             (4)
               (c)   V. Slink stel voor dat sy, as hoof-aandeelhouer, eerste opsie
                     behoort te kry om die addisionele aandele te kan koop, voordat dit
                     aan die publiek geadverteer word. Watter advies het jy vir die
                     direkteure hieroor?                                                                    (3)

       3.2.4 Het die terugkoop van aandele enige voordele vir die maatskappy?
             Verduidelik. Verskaf TWEE redes.                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   REKENINGKUNDE                                            9

       INLIGTING
       A. Saldo’s en totale (onder andere):
                                                        28 Februarie 2015   1 Maart 2014
            Grond en geboue                             2 500 000                  0
            Voertuie (kosprys)                            562 500                  ?
            Opgehoopte waardevermindering op voertuie           ?            450 000
            Toerusting (kosprys)                          400 300            375 500
            Opgehoopte waardevermindering op
            toerusting
                                                          189 540            141 500
            Gewone aandelekapitaal                              ?           2 924 000
            Behoue inkomste                                     ?             89 000
            Krediteurekontrole                            203 900            149 600
            Verbandlening: Buck Bank                    2 340 500                  0
            Aandeelhouers vir dividende                         ?            186 600
            SAID: Inkomstebelasting                        25 500    (Kt)     18 140    (Kt)
            Opgelope inkomste                              13 460
            Opgelope uitgawes                              19 220
            Inkomstebelasting                             281 400
            Gewone aandele dividende (interim
            dividende)
                                                          252 000

       B. Vaste bates:

               Op 1 April 2014, het die besigheid ŉ verbandlening van R2 500 000
                aangegaan om die nuwe geboue te kon koop.

               Op 1 Maart 2014, het die voertuie-rekening bestaan uit vier
                afleweringsvoertuie wat op 1 Maart 2010 aangekoop is, almal teen
                dieselfde kosprys.

               Op 1 November 2014, is ŉ voertuig op krediet verkoop teen ŉ verlies
                van R4 200.

               Op 1 Desember 2014 is addisionele toerusting aangekoop.

               Voertuie word verminder teen 15% p.j. op kosprys en toerusting word
                verminder teen 20% p.j. op drawaarde.

       C. Verbandlening:

               Die lening is op 1 April 2014 aangegaan om die nuwe gebou te koop.
               ŉ Vaste maandelikse paaiement (rente uitgesluit) is teen die
                leningsrekening betaal. Hierdie betalings was ŉ totaal van R159 500 vir
                die afgelope finansiële jaar.
               Die paaiement sal na verwagting onveranderd gedurende die volgende
                finansiële jaar bly.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2015)

       D. Aandelekapitaal:
               Op 1 Maart 2014 was 80% van die gemagtigde aandelekapitaal
                uitgereik.

               Op 1 November 2014 is 120 000 addisionele aandele teen R6,80 per
                aandeel uitgereik.

               Op 26 Februarie 2015 het die maatskappy 50 000 gewone aandele uit
                die boedel van oorlede K. Ramza, teen R7,00 per aandeel
                teruggekoop. Daar is vasgestel dat Mnr. Ramza hierdie aandele op
                verskillende tye deur die afgelope jare het op die effektebeurs (JSE)
                aangekoop.

       E. Inkomstebelasting is teen 28% van die netto wins bereken.

       F.   Dividende:

               ŉ Finale dividend van 32 sent per aandeel is verklaar op
                27 Februarie 2015. Alle aandeelhouers (insluitend die aandeelhouers
                van wie die aandele teruggekoop is) kwalifiseer vir finale dividende.

                                                                                         70

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  REKENINGKUNDE                                            11

VRAAG 4: KONTANTVLOEI EN INTERPRETASIE                                 (60 punte; 36 minute)

Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Pixie Bpk vir die finansiële jaar
geëindig 30 Junie 2015.

OPDRAG:

4.1   Bereken die volgende bedrae soos hulle in die Kontantvloeistaat sal verskyn.
      Toon alle bewerkings om deelpunte te kan verdien.

      4.1.1    Dividende betaal                                                                 (5)

      4.1.2    Inkomstebelasting betaal                                                         (4)

      4.1.3    Vaste bates aangekoop                                                            (5)

      4.1.4    Totale kontant spandeer op beleggingsaktiwiteite                                 (4)

      4.1.5    Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                               (4)

4.2   Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
      30 Junie 2015: Rond berekeninge af tot EEN desimale punt (waar nodig).

      4.2.1 Tydperk van voorraad voorhande                                                      (4)

      4.2.2 Gemiddelde debteure-invorderingstermyn                                              (6)

      4.2.3 Skuld/ekwiteitsverhouding                                                           (3)

4.3   Lewer kommentaar oor die bestuur van voorraad (handelsvoorraad). Haal
      TWEE relevante finansiële aanwysers (met syfers) in jou antwoord aan.                     (6)

4.4   Word debiteure en krediteure effektief bestuur? Verduidelik. Haal relevante
      finansiële aanwysers en/of syfers in jou antwoord aan.                                    (6)

4.5   John Cann (jou vriend) wil aandele in die besigheid koop. Hy gee vir jou die
      finansiële aanwysers van Vivi Traders Bpk., (ŉ ander maatskappy wat in
      dieselfde industrie as Pixie Bpk. handel dryf) en vra jou advies.
      Verduidelik jou antwoorde op die volgende vrae. Vergelyk en haal relevante
      finansiële aanwysers (syfers, verhoudings of persentasies) van beide
      maatskappye aan, in elkeen van die gevalle, om jou verduidelikings te staaf.
      4.5.1    Lewer kommentaar oor die verdienste per aandeel (VPA), die
               dividend  per    aandeel       (DPA)   en    die opbrengs op
               aandeelhouersekwiteit vir beide maatskappye.                                     (6)
      4.5.2    Lewer kommentaar oor die finansiële hefboom van beide
               maatskappye. Verduidelik watter maatskappy maak meer gebruik van
               lenings en sê ook of dit ŉ goeie idee is of nie, vir daardie maatskappy.         (4)
      4.5.3    Kyk na die markwaarde van die aandele asook die netto batewaarde
               per aandeel. Watter advies het jy vir John Cann in verband met ŉ
               belegging in een van hierdie maatskappye?                                        (3)
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 REKENINGKUNDE                       (EC/SEPTEMBER 2015)

INLIGTING:

A.    Inligting geneem uit die Inkomstestaat op 30 Junie 2015.

      Verkope                                                         1 984 000
      Koste van verkope                                               1 452 000
      Waardevermindering                                                 64 000
      Rente uitgawe                                                      72 000
      Netto wins voor inkomstebelasting                                 257 400
      Inkomstebelasting                                                  75 600

B.    Inligting geneem uit die Balansstaat

                                                     30 Junie 2015   30 Junie 2014
      Nie-bedryfsbates                                  1 665 400       1 321 500
      Vaste bates                                       1 505 400       1 201 500
      Finansiële bates                                    160 000         120 000
      Bedryfsbates                                        270 100         196 500
      Voorraad (Handelsvoorraad)                          176 000         120 200
      Handels- en ander ontvangbare bedrae
      (Handelsdebiteure)                                   70 200          65 500
      SAID: inkomstebelasting                                   -           8 800
      Kontant en kontantekwivalente                        23 900           2 000
      Totale bates                                      1 935 500       1 518 000

      Aandeelhouersekwiteit                             1 006 800         843 000
      Gewone aandelekapitaal                              950 000         800 000
      Behoue inkomste                                      56 800          43 000
      Nie-bedryfslaste                                    740 000         520 000
      Bedryfslaste                                        188 700         155 000
      Handels- en ander betaalbare bedrae                 110 200          95 500
      Aandeelhouers vir dividende                          66 000          42 000
      SAID: inkomstebelasting                              12 500               -
      Oortrokke bank                                                       17 500
                                                        1 935 500       1 518 000

C.    Aandelekapitaal en dividende.

      Die maatskappy het ŉ gemagtigde aandelekapitaal van 500 000 gewone
      aandele. Op 30 Junie 2015 was daar 300 000 uitgereikte aandele.
      Addisionele aandele is teen R3,00 elk op 31 Augustus 2014 uitgereik. Alle
      uitgereikte aandele is op interim en finale dividende geregtig.

      ŉ Interim dividend is op 2 Januarie 2015 betaal.
      ŉ Finale dividend is op 27 Februarie 2015 verklaar.

D.    Addisionele vaste bates is gedurende die finansiële jaar aangekoop. ŉ Ou
      voertuig is gedurende die jaar teen boekwaarde (drawaarde) van R23 500
      verkoop.

E.    Kredietverkope bedra 40% van totale verkope.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                REKENINGKUNDE                                          13

F.    Die volgende aanwysers is op 30 Junie bereken:

                                                  30 JUNIE 2015      30 JUNIE 2014
      Bedryfsverhouding                               1,43 : 1          1,27 : 1
      Vuurproefverhouding                              0,5 : 1          0,49 : 1
      Voorraadomsetsnelheid                          9,8 keer           11 keer
      Tydperk van voorraad voorhande                         ?          33 dae
      Debiteure invorderingstermyn                           ?          38 dae
      Krediteure betalingstermyn                      65 dae            62 dae
      Graad van solvensie                             2,08 : 1          2,25 : 1
      Skuld/ekwiteitsverhouding                              ?          0,62 : 1
      Opbrengs op gemiddelde kapitaal
                                                       21,2%               22%
      aangewend
      Opbrengs op aandeelhouersekwiteit               19,7%                24%
      Verdienste per aandeel (VPA)                   63 sent            72 sent
      Dividende per aandeel (DPA)                    56 sent            52 sent
      Huidige rentekoers op lenings                     11%              10,5%

G.    Finansiële aanwysers van Vivi Traders Bpk vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie
      2015 in vergelyking met Pixie Bpk soos hierbo.

                                                    Pixie Bpk      Vivi Traders Bpk
      Markprys per aandeel (JSE)                    345 sent           315 sent
      Netto batewaarde per aandeel
                                                    335 sent           342 sent
      (NBWPA)
      Verdienste per aandeel (VPA)                   67 sent            92 sent
      Dividende per aandeel (DPA)                    56 sent            46 sent
      Opbrengs op gemiddelde kapitaal
                                                         22%             10,8%
      aangewend
      Opbrengs op aandeelhouersekwiteit                 21%               9,6%
      Skuld/ekwiteitsverhouding                             ?           0,52 : 1
      Bedryfsverhouding                              1,43 : 1              4:1
      Vuurproefverhouding                             0,5 : 1            1,6 : 1

                                                                                           60

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                                       REKENINGKUNDE                          (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 5: BTW EN REKONSILIASIES                                                (50 punte; 30 minute)
BTW
5.1 Beantwoord die volgende vrae in die ruimte in jou ANTWOORDEBOEK voorsien.
    Skryf slegs die antwoord teenoor die vraagnommer neer.
       5.1.1   Waarvoor staan BTW?                                                                      (1)
       5.1.2   Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is.
               (a)      Alle goedere en dienste is onderworpe aan BTW teen die
                        standaardkoers.
               (b)      Dit is verpligtend vir alle besighede om vir BTW te registreer.                 (2)
       5.1.3   Kies die korrekte antwoord uit die alternatiewe wat voorsien word:
               BTW wat betaal word deur ŉ besigheid wanneer goedere aangekoop word,
               is (inset BTW / uitset BTW).                                                             (1)
5.2 Die volgende inligting verskyn in die boeke van Lucky Stores vir die BTW-
    periode wat eindig op 30 Junie 2015 (twee maande). BTW van 14% is van
    toepassing.
       OPDRAG:
       5.2.1   Bereken die totale kredietverkope vir die tydperk (BTW uitgesluit).                      (2)
       5.2.2   Neem die foute en weglatings in ag en bereken die bedrag wat betaalbaar
               is aan, of ontvangbaar is van, SAID vir BTW.                                         (11)
       5.2.3   Die interne ouditeur het deur ŉ ewekansige toets, ontdek dat die eienaar,
               Joe, nie die volle bedrag verskuldig aan SAID op die sperdatums betaal
               nie. By navrae het Joe gesê dat hy die geld het op die besigheid spandeer.
                Watter advies het jy vir Joe in verband met hierdie gebruik?                           (3)
       INLIGTING:
       A.      Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Junie 2015, R9 889.
       B.      BTW bedrae vanuit die joernale:

               BTW ontvang van kontantverkope                               KOJ           19 800
               BTW op kredietverkope                                        DJ            12 320
               BTW op handelsvoorraad gekoop                                KJ            13 356
               BTW op terugsendings vanaf debiteure                         DAJ              672
               BTW op goedere deur eienaar geneem vir eie gebruik           AJ                91
               BTW op debiteure se rekeninge wat afgeskryf is               AJ                63
       C.      Die volgende foute en weglatings is opgemerk:
                    Kontantverkope (BTW ingesluit) vir hierdie tydperk was R141 930. Die
                     BTW-bedrag hierbo (KOJ) is verkeerd bereken.
                    Die BTW op korting toegestaan aan debiteure, beloop R1 260 en is nie
                     in die besigheid se boeke aangeteken nie.
                    ŉ Faktuur vir R850 (BTW uitgesluit) vir skryfbehoeftes op krediet
                     aangekoop, is nie in die betrokke joernaal aangeteken nie.
  Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 REKENINGKUNDE                                       15

5.3    KREDITEUREREKONSILIASIE:

       MJ Winkels koop goedere op krediet van Braeside Handelaars. Jy word
       voorsien van inligting uit die rekords van MJ Winkels vir Oktober 2014.

       OPDRAG:

       Gebruik die tabel wat voorsien is en dui aan watter veranderinge aangebring
       moet word op die staat ontvang vanaf die krediteur, Braeside Handelaars en
       ook in Braeside Handelaars se rekening in die krediteuregrootboek van MJ
       Winkels.                                                                          (9)

       INLIGTING:

       A.     Die staat ontvang van Braeside Handelaars op 30 Oktober 2014 toon ŉ
              uitstaande saldo van R12 540.

       B.     Die krediteuregrootboekrekening van Braeside Handelaars in die boeke
              van MJ Winkels toon dat slegs R5 350 verskuldig is aan Braeside
              Handelaars op 31 Oktober 2014.

       C.     ŉ Ondersoek het die volgende getoon:

         i    Terugsendings, aangeteken as R820 in die krediteuregrootboekrekening
              van Braeside Handelaars is aangedui as R280 op die staat ontvang. Die
              bedrag op die staat is korrek.

        ii    ŉ Faktuur vir R4 200, ontvang van Braeside Handelaars, is deur die
              klerk van MJ Winkels verkeerdelik as ŉ kredietnota, in die
              krediteuregrootboek aangeteken.

        iii   ŉ Faktuur ontvang van Braeside Handelaars is korrek aangeteken as
              R4 400 in die krediteuregrootboekrekening van Braeside Handelaars in
              die boeke van MJ Winkels, maar die staat toon hierdie bedrag aan as
              R400.

        iv    ŉ Betaling van R5 000 deur MJ Winkels gemaak verskyn op die staat
              ontvang. Die staat toon ook ŉ korting van R250 vir vroeë betaling. MJ
              Winkels het nie die korting in die krediteuregrootboek aangeteken nie.

        v     ŉ Betaling van R2 500 aan Braeside Handelaars op 27 Oktober 2014
              verskyn nie op die staat nie, omdat die staat vroeg afgesluit is.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2015)

5.4    DEBITEUREREKONSILIASIE
       Jy word voorsien van inligting aangaande Marlin Handelaars vir Julie 2015.
       OPDRAG:
       5.4.1     Noem TWEE stappe wat die boekhouer moet volg wanneer hy/sy ŉ
                 verskil tussen die Debiteurekontrolerekening en die Debiteurelys
                 ontdek.                                                                     (2)
       5.4.2     Verwys na Inligting A.
                 Toon die effek van die foute en weglatings op die Debiteurekontrole-
                 rekening in die Algemene grootboek en op elke debiteur se rekening
                 in die Debiteuregrootboek. (Voltooi die tabelle wat voorsien is.)          (11)

       5.4.3     Verwys na Inligting B. (Debiteure se ouderdomsanalisie)
                 (a)    Verduidelik waarom jy oor die bestuur van debiteure in die
                        besigheid bekommerd is. Haal relevante syfers in jou
                        antwoord aan.                                                        (4)
                 (b)    Verduidelik TWEE interne kontrole-maatreëls wat die
                        besigheid kan gebruik om die invordering van gelde van
                        debiteure te verbeter.                                               (4)

       INLIGTING:
       A.      Foute en weglatings:
         i     Die totaal van die Debiteureafslagjoernaal is met R120 te min opgetel.
        ii     Handelsvoorraad op krediet verkoop aan M. Mouse is verkeerdelik in die
               betrokke joernaal ingeskryf as R890 in plaas van R980 en so na die
               debiteuregrootboek oorgeboek.
        iii    Rente van R75 moet op D. Duck se agterstallige rekening gehef word.
        iv     ŉ Tjek van R530, ontvang van K. Chicken, is deur die bank teruggestuur,
               gemerk V/T. Geen inskrywings is vir hierdie transaksie gemaak nie
        v      Goedere verkoop aan F. Fox vir R1 320 is verkeerdelik ingeskryf in die
               rekening van M. Mouse. Die inskrywing in die joernaal is korrek.
        vi     ŉ Kwitansie uitgereik aan M. Mouse vir R650 is korrek ingeskryf in die
               joernaal, maar na die debiteuregrootboekrekening oorgeboek as R600.
       B.      Op 31 Julie 2015 was die debiteure se ouderdomsanalise as volg:

               Kredietterme: 30 dae min 5% korting.
                                                                            MEER AS
                  TOTAAL          LOPEND       30 – 60 DAE   61 – 90 DAE
                                                                             90 DAE
                   23 180          4 636         6 954         9 272          2 318

                                                                                             50

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   REKENINGKUNDE                                         17

VRAAG 6: VOORRAADWAARDASIE EN PROBLEEMOPLOSSING
                                              (35 punte; 21 minute)

Die gegewe inligting kom uit die boeke van Phelix Handelaars. Die eienaar van die
besigheid is Max Phelix. Hulle verkoop een tipe skootrekenaar. Die finansiële jaar
eindig op 28 Februarie 2014.
OPDRAG:
6.1    Verwys na Inligting A en B:
       Bereken die waarde van die sluitingsvoorraad deur gebruik te maak van die
       eerste-in-eerste-uit (EIEU) metode van voorraadwaardasie.                            (10)
6.2    Bereken die koste van verkope van die skootrekenaars wat verkoop is.                  (6)
6.3    Max wil die metode waarvolgens hy voorraad waardeer na die geweegde
       gemiddelde metode of die spesifieke identifikasie-metode verander.

           Hoe sal ŉ verandering in beleid die finansiële verslagdoening van die
            besigheid beïnvloed? Gee EEN verduideliking.                                     (2)

6.4    Watter advies het jy vir Max in verband met sy bemarkingstrategie en sy
       prysbeleid, as jy die tegnologie-mark in aanmerking neem? Voorsien TWEE
       feite.                                                                                (4)
INLIGTING:

A.                                                       EENHEID   Vervoer-
                                               AANTAL                          TOTAAL
                                                          SPRYS    koste per
                                              EENHEDE                            (R)
                                                            (R)     eenheid
       Voorraadsaldo op 1 Maart 2013             15      3 400                  51 000
       Totale aankope vir die jaar:              62                            329 360
           Mei 2013                              12      4 250         230      53 760
           Augustus 2013                         20      4 740         250      99 800
           November 2013                         14      5 520         260      80 920
           Januarie 2014                         16      5 650         280      94 880
       Eenhede teruggestuur aan                   7        ?                         ?
       verskaffers *
       Voorraadsaldo op 28 Februarie 2014        17        ?                            ?

B.     * Eenhede teruggestuur aan verskaffers:
           3 eenhede van die Augustus-aankope is teruggestuur omdat hulle nie
            volgens die bestelling was nie.
           4 eenhede van die Januarie-aankope is teruggestuur as gevolg van
            geringe skade tydens die vervoerproses opgedoen.
           In albei gevalle is die vervoerkoste deur die besigheid gedra.
C.     Skootrekenaars word verkoop teen ŉ vaste verkoopprys van R7 500 elk.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                   REKENINGKUNDE                         (EC/SEPTEMBER 2015)

6.5   PROBLEEMOPLOSSING

      Siddie Handelaars Bpk. het DRIE takke by gewilde winkelsentrums en
      verkoop een soort kookware.

      Alhoewel die besigheid ŉ wins maak, is Siddie oor die winsgewendheid van
      elke tak bekommerd. Sy het besluit om ondersoek in te stel en verskaf die
      inligting hieronder, vir Junie 2015 (een maand).

      OPDRAG:

      6.5.1   Identifiseer ŉ verskillende probleem (met relevante syfers) in elkeen
              van die takke.                                                                (6)

      6.5.2   Identifiseer EEN tak wat Siddie moet oorweeg om te sluit. Voorsien ŉ
              geldige rede vir jou keuse.                                                   (3)

      6.5.3   Gee vir Siddie EEN voorstel hoe om die probleem wat in VRAAG
              6.5.1, vir die ander takke geïdentifiseer is, op te los.                      (4)

      INLIGTING:

      Die winkels is 7 dae per week oop.

      Gewone tye is van 8:30 vm. tot 4:30 nm, Maandae tot Vrydae.
      (160 ure per maand)

      Oortyd is van 4:30 nm tot 6:30 nm Maandae tot Vrydae en van 9:30 vm. tot
      12:30 nm gedurende naweke (56 ure per maand).

      Oortyd-salaristarief is 1,5 keer die gewone tarief.

                                      MENLYN            MOORTON           VINCENT
                                       TAK                TAK               TAK
      Verkoopspersoon (ouderdom)   Sally (42 jaar)   Tim (27 jaar)     John (62 jaar)
      Voorraad voorhande
      (1 Junie 2015)               50 eenhede         50 eenhede        50 eenhede
      Verkoopprys per stel             R4 200             R4 200            R4 200
      Stelle verkoop                       42                 36                22
      Stelle teruggebring                   5                 12                 1
      Kredietverkope                  R54 600            R88 200           R21 000
      Deposito’s van kontant-
      verkope                          R79 800              R12 600        R67 200
      Ure gewerk (gewone tyd)           154 ure              117 ure        102 ure
      Oortyd ure                         20 ure               52 ure          2 ure
      Huuruitgawe (per maand)           R6 000               R8 000         R5 500

                                                                                          35

                                                                           TOTAAL: 300

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCN GR12 SEPT2015 ENG QP Final](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-eng-qp-final/7ea6c66d-caa7-4ad7-aea0-96b8aafe0188) — Accounting · QP · 2015 · Eng
- [ACCN GR12 SEPT2015 AFR MARKING GUIDELINE](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-afr-marking-guideline/8648ed76-8598-4c22-b4be-c4b8b2fef4ab) — Accounting · Memo · 2015 · Afr
- [Accounting June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-june-july-2015-afr/f9d2f0f3-cfd9-4574-85ab-4a6ce713a6ed) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-english/86b103e1-05b3-4ddd-9077-02c461ae7d17) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-english/eb464289-6949-44e1-9c80-4e527d6a3926) — Accounting · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
