# Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2016-afr-qp/60974d99-7967-406d-8a25-f56fbba8eb17
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2016-afr-qp/60974d99-7967-406d-8a25-f56fbba8eb17)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2016

                            REKENINGKUNDE

PUNTE:      300

TYD:        3 uur

                                    *ACCNA*

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ŉ 15 bladsy-antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   REKENINGKUNDE                        (OK/SEPTEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

 1.    Beantwoord AL die vrae.

 2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin ALLE vrae beantwoord
       moet word.

 3.    Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    Jy mag ’n donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te voltooi.

 6.    Waar van toepassing, maak alle berekeninge korrek tot EEN desimale punt.

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om assebliefle turn over

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2016)                       REKENINGKUNDE                                               3

 7.    ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde tyd
       vir elke vraag te hou.
                                     VRAAG 1: 45 punte; 25 minute
      Hoofonderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                           Bestuursrekeningkunde
      Koste berekeninge                     Begrippe, Produksiekostestaat
                                            Eenheidskoste en ontleding van gelykbreekpunt
                                     VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
      Hoofonderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                           Finansiële rekeningkunde
                                            Bank- en Krediteurerekonsiliasie.
      Rekonsiliasies
                                           Bestuur van hulpbronne
                                            Interne beheer en Etiek
                                     VRAAG 3: 70 punte; 40 minute
      Hoofonderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                           Finansiële rekeningkunde
      Vaste bates en Maatskappye            Begrippe, Inkomstestaat, Balansstaat en notas.
      Finansiële state                     Bestuur van hulpbronne
                                            Waardevermindering, berekeninge en vaste batebestuur
                                     VRAAG 4: 70 punte; 40 minute
      Hoofonderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                           Finansiële rekeningkunde
      Finansiële state, Kontantvloei en
                                            Begrippe, Kontantvloeistaat, Ontleding van verhoudings en
      Interpretasie
                                               interpretasie van finansiële inligting.
                                     VRAAG 5: 40 punte; 25 minute
      Hoofonderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                           Bestuur van hulpbronne
      Voorraadwaardasie, BTW en             Berekening en interpretasie van voorraadinligting
      Probleemoplossing                    Finansiële rekeningkunde
                                            BTW berekeninge
                                     VRAAG 6: 35 punte; 25 minute
      Hoofonderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                           Bestuursrekeningkunde
                                            Begrippe, berekeninge en ontleding van begrotingsinligting
      Begroting
                                           Bestuur van hulpbronne
                                            Interne beheer prosesse en korporatiewe beheer

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      REKENINGKUNDE                      (OK/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 1: KOSTE BEREKENINGE                                              (45 punte; 25 minute)

 1.1    Kies ŉ gepaste voorbeeld/verduideliking uit KOLOM B om te pas by die term in
        KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–E) teenoor die vraagnommer,
        (1.1.1– 1.1.5 ) in die ANTWOORDEBOEK.

                    KOLOM A                                 KOLOM B
        1.1.1     Vaste koste               A     Koste van grondstowwe gebruik in die
                                                  produksieproses

        1.1.2     Indirekte arbeid          B     Klaar vervaardigde goedere gereed vir
                                                  verspreiding na kleinhandelaars

        1.1.3     Verkoops- en              C     Debietorderbetalings vir die maande-
                  verspreidingskoste              likse fabriekshuur en versekering

        1.1.4     Veranderlike koste        D     Lone betaal vir fabrieksonderhoud en
                                                  aan skoonmaakpersoneel
        1.1.5     Klaar produkte            E     Tjekbetalings aan die Daily Dispatch
                                                  vir ŉ 3 maande advertensiekontrak             (5)

 1.2    SIDDHI BASKETS INK

        Siddhi Baskets Ink. vervaardig mandjies wat gebruik word vir blomme-
        rangskikkings en geskenkpakke. Die boekhouer het die produksiekostestaat
        vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016 voorberei. Sommige
        relevante inligting is nie in ag geneem nie.

        GEVRA:
        1.2.1 Voltooi die volgende vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016:
                    Nota vir Fabrieksbokoste.                                                  (9)

                    Die Produksiekostestaat.                                                (14)
        INLIGTING:
        A.      Voorraad voorhande:

                                                 1 Maart 2015    29 Februarie 2016
                Grondstowwe                               42 400              37 600
                Goedere in bewerking                      27 600              36 800

        B.      Direkte grondstowwe aangekoop gedurende die finansiële jaar was
                R745 500. Vraggeld op die aankoop van die grondstowwe beloop
                R38 500.

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om assebliefle turn over

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2016)                 REKENINGKUNDE                                        5

        C.    Fabrieksbokoste

              Voorman se salaris                                             198 000
              Waardevermindering op fabriekstoerusting                        86 560
              Huuruitgawe                                                    107 240
              Water en elektrisiteit                                         118 520
              Versekering                                                     34 845
              Diverse uitgawes                                                22 600

                 Die huuruitgawe moet in die verhouding 5 : 1 : 1 verdeel word tussen
                  die fabriek, verkope en kantore.
                 75% van die water en elektrisiteit is vir die fabriek.
                 2/ van die versekering uitgawe moet aan die fabriek toegedeel word.
                    3
                 Diverse uitgawes moet as volg verdeel word:
                  10% aan die administrasie afdeling, 25% aan die verkope-afdeling en
                  die balans aan die fabriek.
        D.    Gedurende die finansiële jaar is 18 400 mandjies vervaardig teen ŉ koste
              van R87 per mandjie.
        E.    Die direkte arbeidskoste is die balanserende bedrag.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        REKENINGKUNDE                           (OK/SEPTEMBER 2016)

 1.3    KUNAL SE VEILIGHEIDSHEKKE

        Kunal se Veiligheidshekke, eienaar Sbu Kunal, vervaardig veiligheidshekke
        volgens bestelling.
        Die inligting hieronder is vir die finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2016.

        GEVRA:

        1.3.1     Bereken   die   gelykbreekpunt         vir     die      tydperk    geëindig,
                  31 Augustus 2016.                                                                 (6)

        1.3.2     Vergelyk en lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt en die vlak van
                  produksie gedurende die afgelope 2 jaar. Haal syfers aan.                         (6)

        1.3.3     Gee TWEE gepaste redes vir die toename in direkte grondstofkoste en
                  maak EEN voorstel aan Kunal hoe om hierdie koste te beheer.                       (5)

        INLIGTING:

        A.      Koste inligting vir die jaar geëindig 31 Augustus 2016:
                                                                   2016                2015
                                                         TOTALE        EENHEIDS     EENHEIDS
                                                         BEDRAG        KOSTE         KOSTE
                Direkte grondstofkoste    Veranderlike
                                                          86 400          R180         R156
                                          koste
                Direkte arbeidskoste      Veranderlike
                                                         122 400          R255         R242
                                          koste
                Fabrieksbokoste           Vaste koste     76 800          R160         R156
                Verkoops- en              Veranderlike
                                                          74 400          R155         R152
                verspreidingskoste        koste
                Administrasiekoste        Vaste koste     60 000          R125         R129

        B.      Addisionele inligting vir die finansiële jaar geëindig 31 Augustus:
                                                                   2016              2015
                Totale verkope                                    R412 800          R459 000
                Verkoopprys per eenheid                               R860              R850
                Aantal eenhede vervaardig en verkoop           480 eenhede       540 eenhede
                Gelykbreekpunt                                           ?       508 eenhede

                                                                                                    45

Kopiereg voorgehou                                                             Blaai om assebliefle turn over

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2016)                     REKENINGKUNDE                                           7

 VRAAG 2: REKONSILIASIES                                                         (40 punte; 25 minute)

 2.1    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is:
        2.1.1   Vooruitgedateerde tjeks uitgereik, moet op die datum van uitreiking in die
                Kontantbetalingsjoernaal aangeteken word.
        2.1.2   Volgens die wesenlikheidsbeginsel van AARP moet ’n besigheid kontant-
                verliese onmiddellik aanteken sodra hulle dit vermoed.
        2.1.3   ’n Debietsaldo op die bankstaat is ’n aanduiding van ’n oortrokke bank.             (3)
 2.2    Bankrekonsiliasie
        Lucky Jimmy, die kassier van Franco se Deli, is verantwoordelik vir die insameling
        van kontant, die uitskryf van kwitansies en die bank van alle kontantontvangstes
        asook die uitreiking van tjeks. Hy voel dit is nie nodig om ’n bankrekonsiliasiestaat
        op te stel nie, aangesien die bank akkurate rekords hou van alle transaksies en
        dit op die bankstaat aanteken.
        GEVRA:
        2.2.1   Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening in die Algemene
                grootboek op 31 Julie 2016.                                                         (9)
        2.2.2   Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2016.                                (7)
        2.2.3   Gee EEN rede waarom die interne ouditeur bekommerd is oor Lucky se
                werksomskrywing.                                                                    (2)
        2.2.4   Verduidelik aan Lucky waarom dit nodig is om elke maand ’n
                bankrekonsiliasiestaat op te stel. Verskaf TWEE punte.                              (4)
        INLIGTING:
        A.           Op 31 Julie 2016 toon die Bankrekening ’n batige saldo van R11 743
                      voordat die bankstaat van Money Bank ontvang is.
                     Saldo volgens die bankstaat op 31 Julie 2016, R?
        B.      Items in die Julie bankstaat wat nie in die Kontantjoernale verskyn nie:

                    Diensgeld                                                           R45
                    Kontant deposito fooi                                              R132
                    Rente-inkomste                                                      R23
                    Debietorderbetaling vir versekering aan X! Versekeraars
                    Hierdie bedrag verskyn foutiewelik twee keer op die bankstaat.     R325
                    ’n Geweierde tjek – van debiteur, Y. Knot                          R475
                    Kommissie-inkomste van LUVLI Pastries                              R522

        C.      Tjeknr. 1226, uitgereik op 24 Julie 2016 aan Nosy Tom vir aflewerings,
                verskyn as R576 op die bankstaat. Die joernaal toon die verkeerde
                bedrag van R765.
        D.      Tjeknr. 1287 en nr. 1299 vir R675 en R2 010, onderskeidelik, uitgereik
                gedurende Julie 2016, verskyn nie op die bankstaat nie.
        E.      ’n Deposito van R4 410 op 28 Julie 2016 verskyn nie op die bankstaat nie.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     REKENINGKUNDE                         (OK/SEPTEMBER 2016)

 2.3   Krediteurerekonsiliasie
       Port Handelaars koop goedere op krediet van Sout Voorsieners.
       GEVRA:
       2.3.1     Toon die veranderinge in die saldo van die Krediteuregrootboekrekening
                 en die saldo van die staat vir elkeen van die verskille hieronder aangedui.
                 Dui aan of die bedrag moet bygetel word (+) of afgetrek word van (-) die
                 gegewe saldo’s. Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK.                          (12)
       2.3.2     Verwys na inligting vi):
                 By nadere ondersoek is vasgestel dat hierdie goedere bestel is deur die
                 eienaar vir sy persoonlike gebruik.
                 Watter advies kan jy, as interne ouditeur, gee aan die eienaar aangaande
                 die aankoop van goedere deur die besigheid se rekening? Verwys na ’n
                 AARP-beginsel in jou verduideliking.                                              (3)
       INLIGTING:

       A.      Saldo verskuldig aan Sout Voorsieners op 30 Junie 2016
               volgens die rekening in die Krediteuregrootboek van Port         87 320 (Kt)
               Handelaars.
               Saldo verskuldig deur Port Handelaars op 26 Junie 2016
                                                                                95 400 (Dt)
               volgens die rekeningstaat ontvang van Sout Voorsieners.

       B.      Verskille opgemerk:
               (i)     ’n Betaling van R6 500 deur Port Handelaars is uitgelaat in die
                       Krediteuregrootboekrekening van Sout Voorsieners en op die
                       rekeningstaat ontvang.
               (ii)    ’n Faktuur vir R14 300 ontvang van Sout Voorsieners is korrek
                       aangeteken deur Port Handelaars. Die rekeningstaat toon die faktuur
                       as R13 400.
               (iii)   Port Handelaars het R800 as korting vir vroeë betaling korrek
                       aangeteken. Die rekeningstaat toon nie hierdie korting nie.
               (iv)    Port Handelaars het ŉ debietnota vir R1 250 foutiewelik aangeteken
                       in die krediteuregrootboekrekening van Sout Verskaffers. Dit was
                       goedere teruggestuur aan ’n ander verskaffer.
               (v)     ’n Kredietnota vir R2 000 ontvang van Sout Verskaffers vir afslag
                       toegestaan, is deur Port Handelaars foutiewelik aangeteken as ’n
                       faktuur.
               (vi)    Die rekeningstaat toon die volgende items wat nie deur Port
                       Handelaars aangeteken is nie:
                        Afleweringskoste vir die maand, R3 530.
                        Faktuur vir goedere aangekoop, R2 400.
               (vii)   ’n Betaling van R5 000 gemaak op 28 Junie 2016 deur Port
                       Handelaars is aangeteken in die Krediteuregrootboekrekening van
                       Sout Verskaffers. Die rekeningstaat is gedateer 26 Junie 2016.

                                                                                                  40
Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om assebliefle turn over

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2016)                  REKENINGKUNDE                                           9

 VRAAG 3:       VASTE BATES EN FINANSIЁLE STATE VAN
                MAATSKAPPYE                                                (70 punte; 40 minute)

 Micaila Bpk. is ’n genoteerde maatskappy met ’n gemagtigde aandelekapitaal van
 1 000 000 gewone aandele. Die inligting is vir die finansiële jaar geëindig
 29 Februarie 2016.
 GEVRA:

 3.1 Verwys na inligting (i):
       3.1.1     Voltooi die Bateverkoperekening op 31 Desember 2015.                             (6)
       3.1.2     Bereken die totale waardevermindering op toerusting vir die jaar geëindig
                 29 Februarie 2016.                                                               (5)
       3.1.3     Bereken die drawaarde van toerusting op 29 Februarie 2016.                       (5)
 3.2 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016.                          (38)
 3.3 Voltooi die nota tot die Balansstaat vir HANDELS- EN ANDER ONTVANGBARE
     BEDRAE.                                                                                      (8)
 3.4 Voltooi die BEDRYFSBATES afdeling van die Balansstaat.                                       (8)
 INLIGTING:
 A.    Inligting uit die voor-aansuiweringsproefbalans op 29 Februarie 2016.

       Grond en geboue                                                  2 870 000
       Toerusting                                                         966 200
       Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 2015)         549 600
       Vaste deposito (8,5% p.a. rente)                                   220 000
       Handelsvoorraad                                                    415 400
       Debiteurekontrole                                                  280 200
       Voorsiening vir oninbare skuld                                       9 025
       Bank                                                                34 172 Dt
       Lening: Shark Bank                                                 975 400
       Krediteurekontrole                                                 420 180
       SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings)                      50 340
       Verkope                                                          3 402 000
       Koste van verkope                                                        ?
       Ouditfooie                                                          27 500
       Diverse uitgawes                                                    76 120
       Munisipale dienste                                                 215 800
       Salarisse en lone                                                  235 820
       Direkteursfooie                                                    316 100
       Verbruiksgoedere                                                    24 770
       Huurinkomste                                                        98 523
       Bateverkope                                                         15 000
       Kommissie-inkomste                                                  60 281
       Rente op vaste deposito                                              9 350
       Korting toegestaan                                                   6 330
       Dividende op gewone aandele                                        326 250

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  REKENINGKUNDE                         (OK/SEPTEMBER 2016)

 B.   Addisionele inligting en aansuiwerings:

      (a)   Goedere word verkoop teen ’n winsopslag van 50% op kosprys. Die bedrag
            vir verkope sluit R27 000 in vir die kontantverkope van ou voorraad, aan ’n
            kliënt teen 10% minder as die kosprys.

      (b)   Transaksies met debiteure wat nie in ag geneem is nie:
               ’n Tjek ontvang vir die vereffening van ’n uitstaande skuld van R3 600 min
                5% korting, is geweier a.g.v. onvoldoende fondse.
               ’n Debiteur met ’n kredietsaldo van R1 200 moet oorgedra word na haar
                rekening in die krediteuregrootboek.
               Die voorsiening vir oninbare skuld moet aangepas word tot 2,5% van
                debiteurekontrole.

      (c)   Tydens die voorraadtelling op 29 Februarie 2016 is ontdek dat voorraad ter
            waarde van R2 540 nie opgespoor kan word nie. Verbruiksgoedere ter
            waarde van R1 970 is nie gebruik nie.

      (d)   Die huur vir Februarie 2016 is uitstaande. Neem in ag dat die huur op
            1 Januarie 2016 met 7% verhoog het.

      (e)   Kommissie-inkomste van R5 577 vir Maart 2016 is ontvang en gedeponeer.

      (f)   Die maatskappy het twee direkteure wat dieselfde fooie verdien, vanaf
            1 Maart 2015. ’n Derde direkteur is op 1 September 2015 aangestel op
            dieselfde fooi-struktuur. Hierdie direkteur se fooi vir Februarie 2016 is nog
            nie betaal nie.

      (g)   Uitstaande rente op vaste deposito moet nog in berekening gebring word. Die
            vaste deposito is op 1 Junie 2015 gemaak. Rente op vaste deposito is nie
            gekapitaliseer nie.

      (h)   Rente op lening word gekapitaliseer. Die leningstaat toon ’n sluitingsaldo van
            R1 064 000 op 29 Februarie 2016. ’n Vaste maandelikse paaiement, wat rente
            insluit, is betaal. Hierdie betalings is aangeteken.

      (i)   Die bedrag vir Bateverkope bestaan uit die kontant wat ontvang is vir die
            verkope van toerusting op 31 Desember 2015, soos aangeteken in die
            Kontantontvangstejoernaal. Behalwe die inskrywing in die Bateverkope-
            rekening, is geen ander inskrywings gemaak vir hierdie transaksie nie. Die
            kosprys van die toerusting wat verkoop is, was R66 200. Opgehoopte
            waardevermindering op die toerusting wat verkoop is, was R43 225 op
            1 Maart 2015. Waardevermindering op toerusting word bereken teen
            15% p.j. op kosprys.

      (j)   Die inkomstebelasting vir die jaar beloop R46 770.

                                                                                                70

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om assebliefle turn over

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2016)                  REKENINGKUNDE                                             11

 VRAAG 4:       FINANSIЁLE STATE, KONTANTVLOEI EN
                INTERPRETASIE                                                (70 punte; 40 minute)

 Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Sazi Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
 30 Junie 2016. Die maatskappy is genoteer op die aandelebeurs met ’n gemagtigde
 aandelekapitaal van 1 200 000 gewone aandele.
 GEVRA:
 4.1    Voltooi die nota tot die Balansstaat vir Aandelekapitaal op 30 Junie 2016.                   (7)
 4.2    Vul die ontbrekende bedrae in die Kontantvloeistaat in. Toon alle bewerkings.               (22)
 4.3    Bereken die volgende: (Toon berekeninge tot een desimale punt.)
        4.3.1    Persentasie bedryfswins op totale verkope                                           (3)
        4.3.2    Gemiddelde debiteure invorderingstermyn (in dae)                                    (5)
        4.3.3    Netto batewaarde per aandeel                                                        (4)
        4.3.4    Skuld/ekwiteitsverhouding.                                                          (3)
 4.4    Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid. Haal DRIE finansiële
        aanwysers (met syfers) aan in jou verduideliking.                                            (8)
 4.5    Sommige aandeelhouers voel die maatskappy het te veel van die lening
        terugbetaal. Wat sal jou antwoord aan hulle wees.? Verwys na TWEE finansiële
        aanwysers, met relevante syfers, om jou antwoord te motiveer.                                (6)
 4.6    Lewer kommentaar oor die dividendbeleid van die besigheid en verduidelik die
        effek hiervan op die besigheid. Haal TWEE finansiële aanwysers aan in jou
        antwoord.                                                                                    (6)
 4.7    ’n Aandeelhouer het gekla oor die uitgifteprys van die nuwe aandele op
        1 April 2016. Waarom, dink jy, het sy gekla? Haal TWEE finansiële aanwysers,
        met syfers, aan in jou antwoord.                                                             (6)
 INLIGTING:
 A.    Uittreksel van inligting uit die Staat van omvattende inkomste
       (Inkomstestaat) vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2016:
       Kontantverkope                                               7 392 000
       Kredietverkope                                               7 392 000
       Koste van verkope                                            9 240 000
       Waardevermindering                                           1 256 340
       Bedryfswins                                                  2 810 000
       Rente-uitgawe                                                   675 000
       Netto wins voor inkomstebelasting                            2 187 000
       Inkomstebelasting                                               656 100

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                REKENINGKUNDE                           (OK/SEPTEMBER 2016)

 B.   Bedrae uit die Balansstaat en Notas:
                                        30 JUNIE 2016              30 JUNIE 2015
      Vaste bates (drawaarde)               11 935 460                 12 363 550
      Vaste deposito                           620 000                    950 000
      Nie-bedryfslaste                       4 110 000                  5 300 000
      Bedryfsbates                           2 051 300                  1 432 400
      Bedryfslaste                           1 157 750                  1 310 690
      Aandeelhouersekwiteit                  9 339 010                  8 135 260
      Gewone aandelekapitaal                         ?                  7 134 000
      Behoue inkomste                                ?                  1 001 260
      Bedryfsbates sluit in:
      Debiteurekontrole                           892 800                      575 500
      SAID: Inkomstebelasting                           -                       15 500
      Kontant en kontantekwivalente               394 300                        8 000
      Bedryfslaste sluit in:
      Bankoortrekking                                   -                       56 370
      SAID: Inkomstebelasting                      34 600                            -
      Aandeelhouers vir dividende                 490 250                      369 000
 C.   Aandelekapitaal
       820 000 aandele reeds uitgereik op 1 Julie 2015.
       180 000 aandele uitgereik op 1 April 2016 teen 920 sent per aandeel.
       75 000 aandele teruggekoop op 1 Mei 2016 teen 930 sent per aandeel.
 D.   Dividende
      ’n Interim dividend van 97 sent per aandeel is betaal op 31 Desember 2015.
      ŉ Finale dividend is verklaar op 30 Junie 2016.
      Slegs aandeelhouers geregistreer ten tyde van die dividendverklaring, kom in
      aanmerking vir hierdie dividend.
 E.   Beweging van vaste bates gedurende die huidige finansiële jaar:
      Vaste bates ter waarde van R856 450 is aangekoop.
      Ou toerusting is verkoop teen drawaarde.
 F.   Kredietverkope beloop 50% van totale verkope. Kredietterme is 30 dae.
 G.   Die volgende finansiële aanwysers is bereken:
                                                         30 Junie 2016       30 Junie 2015
      Bedryfsverhouding                                      1,8 : 1            1,1 : 1
      Vuurproefverhouding                                    1,1 : 1            0,5 : 1
      Bedryfswins op verkope                                       ?              28%
      Gemiddelde debiteure invorderingstermyn                      ?           42 dae
      Gemiddelde krediteure betalingstermyn                 42 dae             54 dae
      Solvensieverhouding                                    2,8 : 1            2,2 : 1
      Skuld/ekwiteitsverhouding                                    ?            0,7 : 1
      Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend              21,3%                17%
      Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit           17,5%              15,8%
      Verdienste per aandeel                               180 sent           164 sent
      Dividend per aandeel                                 150 sent           164 sent
      Netto batewaarde per aandeel                                 ?          992 sent
      Markprys per aandeel by die JSE                     1100 sent          1000 sent
      Rentekoers op lenings                                    11%              10,5%
                                                                                                70
Kopiereg voorgehou                                                       Blaai om assebliefle turn over

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2016)                   REKENINGKUNDE                                           13

 VRAAG 5:       VOORRAADWAARDERING, BTW EN
                PROBLEEMOPLOSSING                                               (40 punte; 25 minute)

 5.1 VOORRAADWAARDERING
       ± 27 Handelaars verkoop wetenskaplike sakrekenaars. Die besigheid se
       eienaar is Piet Fountain. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar
       geëindig 31 Augustus 2016. Die besigheid gebruik die periodieke
       voorraadhoudingstelsel en die geweegde gemiddelde metode om die waarde
       van die sakrekenaars te bepaal.
       GEVRA:
       5.1.1    Bereken die volgende vir             die   finansiële    jaar     geëindig
                31 Augustus 2016:
                 Waarde van die slotvoorraad                                                      (10)
                 Koste van verkope                                                                 (2)
                 Bruto wins                                                                        (4)
       5.1.2    Piet het probleme ondervind met diefstal van voorraad en het
                sekuriteitskameras geïnstalleer. Ten spyte hiervan, is hy daarvan
                oortuig dat sakrekenaars nog steeds gesteel word.
                 Bereken die aantal eenhede wat vermis word.                                       (4)
                 Gee ’n ander opsie wat Piet kan gebruik om die probleem op te los.                (2)
       5.1.3    Die tydperk van voorraad voorhande vir sakrekenaars is akkuraat
                bereken op 64 dae. Lewer kommentaar en sê of dit voldoende is vir
                hierdie produk. Gee EEN gepaste punt.                                               (2)
       INLIGTING:

       A.                                                                        TOTAAL
                                                               EENHEDE
                                                                                   (R)
               Voorraad sakrekenaars voorhande op
                                                                   200            30 550
               1 September 2015, vraggeld ingesluit.
               Voorraad sakrekenaars op 31 Augustus 2016           160                 ?

       B.      Aankope van sakrekenaars gedurende die jaar:
                                                             VRAGGELD       TOTAAL (R)
                                               EENHEIDS-
                      MAAND       EENHEDE                      (R per        (Vraggeld
                                               KOSTE (R)      eenheid)       ingesluit)
               November 2015          265          135           5                37 100
               Januarie 2016          380          142           8                57 000
               April 2016             190          156           9                31 350
               Junie 2016             170          168           12               30 600
                   TOTAAL            1 005                                       156 050

       C.      10 sakrekenaars van die November 2015-aankope is as ’n donasie aan
               ’n plaaslike skool geskenk as pryse vir ’n lootjieverkoping.
       D.      5 sakrekenaars van die Januarie 2016-aankope is teruggebring omdat
               dit stukkend is. Dit is teruggestuur aan die verskaffers en ’n kredietnota
               vir die kosprys plus vraggeld is ontvang.
       E.      993 eenhede is gedurende die finansiële jaar verkoop teen ’n vaste
               verkoopprys van R220 elk.
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  REKENINGKUNDE                        (OK/SEPTEMBER 2016)

 5.2 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
      Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Mosco Winkels vir die BTW-
      periode wat eindig op 31 Julie 2016. BTW word teen die standaardtarief van
      14% gehef op alle goedere verkoop.
      GEVRA:
      Vul die BTW-bedrae in aan die toepaslike kant van die BTW-KONTROLE-
      REKENING. Gebruik slegs positiewe bedrae in die voltooiing van die tabel.
       Toon die bedrag betaalbaar aan of ontvangbaar vanaf SAID in die ruimte
         voorsien.                                                                         (10)
      INLIGTING:

      (a)    Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Julie 2016                      4 778
      (b)    BTW op verkope                                                 25 844
      (c)    Aankope van voorraad, BTW uitgesluit                          124 800
      (d)    BTW op goedere deur eienaar geneem vir persoonlike
                                                                                210
             gebruik
      (e)    BTW op totale kortings ontvang van verskaffers                     490
      (f)    BTW op debiteure se rekeninge wat afgeskryf is                     448
      (g)    BTW op toerusting aangekoop                                      2 212
      (h)    BTW op ou toerusting op krediet verkoop                          2 310

 5.3 PROBLEEMOPLOSSING: BESTUUR VAN VOORRAAD
      Sizi het twee stalletjies wat sakke en pette verkoop.
      GEVRA:
      Identifiseer ŉ verskillende probleem in elke stalletjie en gee EEN oplossing of
      punt van advies. Haal relevante syfers aan vir elke probleem geïdentifiseer.             (6)
      INLIGTING: vir Oktober 2016

                                             SMARTSTRAAT            JAMESSTRAAT
        Assistent                                 Fraser                  Andi
        Weeklikse toelaag per assistent           R1 200                 R1 200
                                             SAKKE     PETTE        SAKKE PETTE
        Openingsaldo (eenhede)                 80        120          50       120
        Voorraad voorsien deur Sizi
                                               120            200    120         200
        (eenhede)
        Slotvoorraad (eenhede)                  82         60         40        250
        Eenhede verkoop                        110        260        130         70
        Verkoopprys (per eenheid)              R45        R20        R45        R20
        Kontant oorhandig aan Sizi (Rand)     R4 950     R5 200     R5 500     R1 400

                                                                                           40

Kopiereg voorgehou                                                     Blaai om assebliefle turn over

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(OK/SEPTEMBER 2016)                  REKENINGKUNDE                                            15

 VRAAG 6: BEGROTINGS                                                      (35 punte; 25 minute)

 6.1    Verduidelik waarom:
        6.1.1    oninbare skuld nie in ’n kontantbegroting verskyn nie.                         (2)
        6.1.2    ’n kontantbegroting ’n effektiewe vorm van interne kontrole is.                (2)
 6.2    ALGOA BPK.
        Algoa Bpk. is geregistreer met ’n gemagtigde aandelekapitaal van 750 000
        gewone aandele. Op 1 September 2016 was 515 000 gewone aandele reeds
        uitgereik.
        GEVRA:
        6.2.1    Verwys na Inligting A.
                 Bereken die kontant wat na verwagting van debiteure ingevorder sal
                 word gedurende November 2016. Let op die volgende:
                  Geen kortings word aan debiteure toegestaan nie.
                  Daar is oninbare skuld                                                       (7)
        6.2.2    Bereken die ontbrekende bedrae wat as (a) tot (e) aangedui word in
                 die kontantbegroting in Inligting F.                               (13)
        6.2.3    Bereken:
                 (i) Die leningsbedrag wat terugbetaal sal word op 1 November 2016              (3)
                 (ii) Die totale koste van ’n nuwe voertuig aangekoop op 31 Julie 2016          (4)
        6.2.4    ’n Jong aandeelhouer is van mening dat die maatskappy nie geld moet
                 spandeer aan personeelopleiding nie – hulle moet opgeleide personeel
                 aanstel.
                  Verduidelik waarom die maatskappy geld spandeer aan personeel-
                     opleiding. Gee EEN punt.                                                   (2)
                  Wat kan die besigheid doen om te verseker dat opgeleide
                     personeel in diens van die besigheid aanbly? Gee EEN punt.                 (2)
        INLIGTING:
        A. Onvolledige debiteure invorderingskedule vir drie maande van 2016.
                MAANDE      KREDIETVERKOPE    SEPTEMBER       OKTOBER        NOVEMBER
             Julie             108 000          12 960
             Augustus          104 400          46 980         12 528
             September          93 000          37 200         41 850              ?
             Oktober           102 000                         40 800              ?
             November          111 600                                             ?
             Totale invorderings van
                                                                                   ?
             debiteure

        B. Kontantverkope is 40% van totale verkope.

        C. Koste van verkope:         SEPTEMBER           OKTOBER         NOVEMBER
                                         96 875           106 250           116 250

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 REKENINGKUNDE                           (OK/SEPTEMBER 2016)

       D. Kontantaankope is 20% van totale aankope.
          Voorraad verkoop gedurende ’n maand word in dieselfde maand vervang
          (die besigheid handhaaf ’n basis voorraad).
       E. Krediteure vir die aankoop van voorraad word betaal in die maand wat volg
          op aankope (30 dae) om voordeel te trek uit die 5% afslag vir vroeë
          betaling.
       F.   Kontantbegroting vir die twee maande geëindig November 2016
                                                       OKTOBER         NOVEMBER
            Ontvangstes
            Kontantverkope                                68 000             74 400
            Kontant van debiteure                         95 178               6.2.1
            Huurinkomste                                      (a)            16 985
            Rente op belegging
            Addisionele aandele uitgereik                513 000
            Totale ontvangstes
            Betalings
            Kontantaankope van voorraad                   21 250                 (b)
            Betalings aan krediteure                      73 625                 (c)
            Salarisse en lone                            126 400            133 984
            Rente op lening                                2 000              1 750
            Personeelopleidingsprogram                         -             18 000
            Advertensies                                   8 160                 (d)
            Dividende op gewone aandele                        -                 (e)
            Paaiement op voertuig                          4 750              4 750
            Diverse uitgawes
            Totale betalings

       G.   Die huur sal op 1 November 2016 verhoog met 7,5%.

       H.   Advertensies is ’n vaste persentasie van die kontantverkope.

       I.   ’n Nuwe voertuig is aangekoop op 31 Julie 2016. ’n Deposito van R40 000
            is betaal en die balans moet betaal word as vaste maandelikse betalings
            oor die volgende vier jaar.

       J.   Addisionele aandele is uitgereik op 1 Oktober 2016 teen R5,40 per
            aandeel. ’n Interim dividend van 15 sent per aandeel sal op
            30 November 2016 betaal word. Die nuwe aandeelhouers kom in
            aanmerking vir die interim dividende.

       K.   ŉ Gedeelte van die lening sal op 1 November 2016 terugbetaal word.
            Rente op lening teen 10% p.a. is betaalbaar op die laaste dag van elke
            maand. Rente op lening word nie gekapitaliseer nie.

                                                                                            35

                                                                              TOTAAL:       300

Kopiereg voorgehou                                                    Blaai om assebliefle turn over

## Related documents

- [2016 KZN June QP](https://www.hlayiso.com/library/2016-kzn-june-qp/50bf5b89-0bac-4f5b-915d-dd2ca2def2ce) — Accounting · QP · 2016
- [2016 KZN Prelim QP](https://www.hlayiso.com/library/2016-kzn-prelim-qp/4073534a-a91f-4646-aa09-acdc89a40dd1) — Accounting · QP · 2016
- [Accounting Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2016-afr/4b85ebe0-a2bd-4759-802a-1c1d3028494b) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-english/86b103e1-05b3-4ddd-9077-02c461ae7d17) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/ef36585e-6840-4d96-9787-09fc66a25ee0) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-sept-2023-english/eb464289-6949-44e1-9c80-4e527d6a3926) — Accounting · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
