# Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2012 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accn-p1-n12-qp-afr-final/5a6ed5af-1eb2-4fbc-8638-bebe0929d40a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accn-p1-n12-qp-afr-final/5a6ed5af-1eb2-4fbc-8638-bebe0929d40a)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2012

                     REKENINGKUNDE

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

2                                  REKENINGKUNDE                          (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae.

2.   Beantwoord AL die vrae in die spesiale antwoordeboek wat voorsien word.

3.   Waar van toepassing, moet bewerkinge getoon word sodat deelpunte verdien
     kan word.

4.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

5.   Jy mag ŉ donker potlood of ŉ swart/blou pen gebruik om die vrae te
     beantwoord.

6.   ŉ Uiteensetting van vrae word voorsien. Jy moet probeer om by die
     voorgestelde tydstoedeling vir elke vraag te hou.

### Page 3

(NOVEMBER 2012)                     REKENINGKUNDE                                        3

Gebruik die inligting in die onderstaande tabel om as riglyn te dien by die beantwoording van
die vrae. Hou so ver moontlik by die tydsindeling.

                       VRAAG 1: (105 punte ; 63 minute)
   Onderwerp van vraag                      Leeruitkomste gedek
                           LU1 AS5 Finansiële state van vennootskappe
                                       Verhoudings en vertolking van finansiële
Vennootskappe
                                       inligting
                           LU3 AS6 Etiese gedragskode

                        VRAAG 2: (45 punte ; 27 minute)
    Onderwerp van vraag                     Leeruitkomste gedek
                           LU2 AS2 Oorboeking na spesifieke
Vervaardigingsondernemings              grootboekrekeninge
                                        Gelykbreekpunt-analise

                       VRAAG 3: (45 punte ; 27 minute)
   Onderwerp van vraag                     Leeruitkomste gedek
                          LU2 AS3 Opstel en aanbieding van kontantbegrotings
Kontantbegrotings
                          LU3 AS6 Interne kontrole oor kontant

                        VRAAG 4: (30 punte ; 18 minute)
    Onderwerp van vraag                     Leeruitkomste gedek
                           LU1 AS4 Opstel van bankversoeningstate
      Bankversoening
                           LU3 AS6 Interne kontrole oor kontant

                          VRAAG 5: (35 punte ; 21 minute)
    Onderwerp van vraag                       Leeruitkomste gedek
                             LU1 AS2 Klubs: grootboekrekeninge en vertolking
Klubs en Voorraadstelsels    LU3 AS4 Voorraad aanteken metodes
                                   AS6 Interne kontrole oor voorraad

                             VRAAG 6: (40 punte ; 24 minute)
    Onderwerp van vraag                          Leeruitkomste gedek
                                LU3 AS3 Verkryging van bates, bateverkope en
Batebestuur
                                             waardevermindering

### Page 4

4                                 REKENINGKUNDE                           (NOVEMBER 2012)

VRAAG 1

VENNOOTSKAPPE                                                     (105 punte ; 63 minute)

Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van JJ Winkels vir die finansiële jaar
eindigende 29 Februarie 2012. JJ Winkels is ŉ vennootskap met vennote Jakob en Julies.
Die besigheid verkoop skoene en doen ook herstelwerk aan skoene. Die besigheid
handhaaf ŉ konstante winsopslag van 60% op kosprys.

OPDRAGTE:

1.1   OOREENSTEMMENDE ITEMS

      Kies ŉ verduideliking in KOLOM B wat ooreen sal stem met die AARP-
      beginsel in KOLOM A. Skryf slegs die letter langs die vraagnommer in die
      antwoordeboek neer.

      KOLOM A                  KOLOM B
      1.1.1 Paringsbeginsel    A Die markwaarde van die geboue is R800 000,
                                 maar dit moet aangetoon word teen die
                                 oorspronklike koste van R340 000
      1.1.2   Beginsel van ŉ   B “klein”-uitgawes van die besigheid word
              lopende saak       saamgegroepeer en as Diverse Uitgawes
                                 aangedui
      1.1.3   Historiese       C Geld wat afgeskryf word as gevolg van diefstal,
              koste-beginsel     alhoewel dit wel in die toekoms verhaal kan
                                 word
      1.1.4   Omsigtigheids-   D Versekering sluit R340 in wat betrekking het op
              beginsel           die volgende finansiële jaar
      1.1.5   Wesenlikheids-   E Finansiële state word opgestel met dien
              beginsel           verstande dat die besigheid in die toekoms sal
                                 voortbestaan                                          (10)

1.2   Deur die volgende aansuiwerings in ag te neem, voltooi die Inkomstestaat vir
      die jaar eindigende 29 Februarie 2012.                                           (40)

1.3   Die volgende notas tot die Balansstaat moet getoon word:

      1.3.1   Handels- en ander Ontvangbare bedrae                                     (8)

      1.3.2   Nota van Privaatrekeninge van vennote                                    (21)

1.4   Lewer kommentaar oor die LIKIDITEITSPOSISIE van die besigheid. Gebruik
      TWEE relevante verhoudings om jou kommentaar te regverdig.                       (8)

1.5   Bereken die totale verdienste van vennoot Jakob. (Toon bewerkinge).              (4)

1.6   Bereken die opbrengs op die belegging van vennoot Julies. Kan hy tevrede
      daarmee wees? Brei uit.                                                          (8)

1.7   Julies is bekommerd oor die totale onttrekkings van Jakob. Verduidelik
      hoekom jy dink dit hom pla en noem TWEE voorstelle hoe hy die saak kan
      aanspreek.                                                                       (6)

### Page 5

(NOVEMBER 2012)                     REKENINGKUNDE                              5

 INLIGTING

   a. Uittreksel uit die Voor-Aansuiwerings Proefbalans op 29 Februarie 2012

                                                      DEBIETE      KREDIETE
        Kapitaal: Jakob                                             330 000
        Kapitaal: Julies                                            220 000
        Privaatrekening: Jakob (1 Maart 2011)           9 850
        Privaatrekening: Julies (1 Maart 2011)                       12 750
        Onttrekkings: Jakob                            83 610
        Onttrekkings: Julies                           24 140
        Toerusting                                     77 540
        Opgehoopte Waardevermindering op toerusting                  32 820
        Handelsvoorraad                                88 770
        Debiteurekontrole                              27 777
        Voorsiening vir Oninbare Skulde                               1 420
        Krediteurekontrole                                           64 600
        Lening: AB Bank                                              84 375
        Vaste Deposito (14% per jaar)                  50 000
        Kontant en Kontantekwivalente                   4 695
        Verkope                                                     540 270
        Koste van Verkope                             204 180
        Debiteureafslag                                18 020
        Huurinkomste                                                 46 520
        Fooi-inkomste (op skoen herstelwerk)                         17 630
        Verbruiksgoedere                               15 430
        Salarisse en Lone                              42 600
        Versekering                                     8 725
        Skryfbehoeftes                                  9 288
        Water en Elektrisiteit                         12 545
        Oninbare Skulde                                 2 323
        Rente op belegging                                            5 250
        Korting ontvang                                               2 180
        Diverse Uitgawes                                    ?

### Page 6

6                               REKENINGKUNDE                              (NOVEMBER 2012)

ADDISIONELE INLIGTING:

a)   Met ŉ fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2012 was die volgende
     voorraad voorhande:
                 Handelsvoorraad                 R87 650
                 Verbruiksgoedere                  R1 430

b)   Maak voorsiening vir rente op die belegging. Die belegging was die hele jaar
     in die besigheid.

c)   ŉ Debiteur wat R1 580 skuld, was insolvent verklaar. Sy boedel betaal 35%
     van sy skuld, en dit is korrek aangeteken. Die res van sy skuld moet as
     oninbaar afgeskryf word.

d)   Voorsiening vir oninbare skulde moet tot 4% van debiteure aangesuiwer word.

e)   Die huur het met R320 op 1 Desember 2011 verhoog. Die huurder het die
     huur tot einde Maart 2012 betaal.

f)   Versekering sluit ŉ bedrag van R675 vir die tydperk 1 Januarie 2012
     tot 31 Maart 2012 in.

g)   Die totale rente op die lening is op 27 Februarie 2012 na die Leningsrekening
     (gekapitaliseer) oorgedra. Rente word bereken teen 12,5% per jaar.

h)   Waardevermindering op toerusting, R15 472, moet in berekening gebring word.

i)   Die vennootskapsooreenkoms maak vir die volgende voorsiening:
     1.   Vennote se salaristoelaag:
              Jakob en Julies is geregtig op ŉ jaarlikse salaristoelaag van
                R90 000 en R86 600 onderskeidelik.

     2.   Rente op kapitaal word bereken teen 8% per jaar op kapitaalsaldo’s.
          Neem in ag dat Julies sy kapitaal op 1 Junie 2011 met R30 000 verhoog
          het.

     3.   Vennote verdeel winste en verliese in verhouding van hulle
          kapitaalsaldo’s aan die einde van die jaar.

j)   Lys van finansiële aanwysers bereken:            29/02/2012       28/02/2011
      1 Bedryfsverhouding                               1,9 : 1          1,6 : 1
      2 Vuurproefverhouding                             0,5 : 1          0,9 :1
      3 Gemiddelde debiteure-
                                                        39 dae           42 dae
          invorderingsperiode
      4 Skuld ekwiteitsverhouding                       0,14 : 1         0,3 : 1
      5 Opbrengs op belegging                                          Jakob: 38%
                                                                       Julies: 45%
      6   Huidige rentekoerse deur banke
                                                         10%
          aangebied

                                                                                         105

### Page 7

(NOVEMBER 2012)                         REKENINGKUNDE                                   7

VRAAG 2

VERVAARDIGINGSONDERNEMINGS                                             (45 punte ; 27 minute)

Gauteng Vervaardigers vervaardig inkkassette vir Bex Drukkers en verkoop hul teen ŉ
winsopslag van 50% op kosprys. Die onderstaande inligting is van die finansiële rekords vir
die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012.

OPDRAGTE:

2.1     Dui die koste-afdeling, van elkeen van die onderstaande gelyste items, aan.
        Kies jou antwoord van die lys wat voorsien word. Skryf net die antwoord
        langsaan die vraagnommer in die antwoordeboek neer.

                     Direkte materiaalkoste; Verkoops- en Verspreidingskoste;
                   Direkte arbeidskoste; Administratiewe koste; Fabrieksbokoste

        2.1.1     Advertensie-uitgawe

        2.1.2     Lone betaal aan werkers in die produksieproses

        2.1.3     Salaris van die fabrieksvoorman

        2.1.4     Skryfbehoeftes- en telefoon-uitgawes                                  (4)

VERWYS NA INLIGTING A

2.2     Bereken die totale FABRIEKSBOKOSTE.                                             (15)

2.3     Bereken die verkoopprys per houer.
        Wenk: Bereken eers die aantal eenhede verkoop.                                  (4)

2.4     Boek na die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek oor.

        2.4.1 Goedere-in-Bewerkingrekening                                              (7)

        2.4.2 Klaarprodukte-rekening                                                    (6)

VERWYS NA INLIGTING B

2.5     Bereken die aantal eenhede wat Vusi moet vervaardig om gelyk te breek.          (5)

2.6     Verduidelik die nuttigheid van die gelykbreekpunt-analise en lewer
        kommentaar op die produksievlak wat deur Vusi bereik is.                        (4)

### Page 8

8                                   REKENINGKUNDE                            (NOVEMBER 2012)

INLIGTING A:

Gauteng Vervaardigers vervaardig inkhouers vir Bex Drukkers en verkoop dit teen ŉ
winsopslag van 50% op kosprys. Die onderstaande inligting is geneem uit die finansiële
rekords vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012.

a)    Voorraadsaldo’s                                 30 JUNIE 2012      1 JULIE 2011
      Grondstofvoorraad                                    34 560             27 660
      Indirekte Fabrieksmateriaal                           2 530               3 550
      Goedere-in-Bewerking voorraad                        37 300             32 450
      Klaarprodukte-voorraad                               33 000             14 250
                                                      440 eenhede        190 eenhede

b)    Opsomming van transaksies vir die jaar eindigende 30 Junie 2012
      Materiaal in die fabriek gebruik:
       Grondstowwe aangekoop                                  ?
       Grondstowwe vir produksie uitgereik             490 000
       Indirekte materiaal aangekoop                    21 760
      Fabrieksalarisse en -lone:
       Direkte arbeid                                  647 500
       Indirekte arbeid                                 24 350
       Fabrieksbestuurder se salaris                    64 860
      Ander uitgawes:
       Huuruitgawe                                      38 400
       Versekering                                        8 880
       Water en Elektrisiteit                           16 600
       Oninbare skulde                                    3 210
       Diverse fabrieksuitgawes                         25 620
      Verkope                                         1 940 625
      Aantal eenhede geproduseer                         17 500

c)    Addisionele inligting:
       60% van die huuruitgawe moet aan die fabriek toegeken word.
         van die versekeringsuitgawe het betrekking op die fabriek.
         Water en elektrisiteit moet verdeel word tussen die fabriek en kantoor in die
          verhouding 4 : 1 onderskeidelik.

### Page 9

(NOVEMBER 2012)                   REKENINGKUNDE                                      9

INLIGTING B:

Vusi maak oulike selfoonhouers wat baie gewild is onder hoërskoolleerders. Hy doen
besigheid vanuit sy pa se garage. Die onderstaande inligting het betrekking op die
eerste 3 maande van die besigheid.

a)                                                  TOTAAL      PER EENHEID
       Vaste Koste
           Fabrieksbokoste                           6 860
           Administratiewe koste                      690
       Veranderlike Koste
           Direkte materiaalkoste                    9 800           10
           Direkte arbeidskoste                      5 880           6
           Verkoop- en verspreidingskoste            2 940           3

b)     Aantal eenhede geproduseer:     980 (al die eenhede geproduseer, is verkoop)
       Verkope vir bogenoemde tydperk: R27 440
                                                                                         45

### Page 10

10                                REKENINGKUNDE                            (NOVEMBER 2012)

VRAAG 3

KONTANTBEGROTINGS                                                    (45 punte ; 27 minute)

Jy word voorsien met inligting van King Handelaars waarvan D. King die eienaar is.
Die besigheid koop en verkoop kamptoerusting met ŉ winsopslag van 60% op kosprys.

OPDRAGTE:

3.1   Voltooi die gedeeltelike voltooide Debiteure-invorderingskedule.                  (7)

3.2   Stel die Kontantbegroting vir die begrotingstydperk 1 Mei 2012 tot 30 Junie
      2012 op.                                                                          (26)

3.3   D. King wil R100 000 vanaf die bank leen. Hy gaan die begroting aanbied as
      motivering vir die lening. Noem TWEE punte wat jy dink die bank in
      berekening sal bring voordat hulle die besluit sal maak. (Kwoteer getalle)        (4)

3.4   Die begrote telefoon-uitgawe vir April was R3 000.

      3.4.1   Noem ŉ geldige rede waarom die werklike uitgawe R450 meer as die
              begrote bedrag is.                                                        (2)

      3.4.2   Gee ŉ rede waarom die besigheid besluit het om die telefoon-uitgawe
              vir die begrote tydperk R3 000 te hou.                                    (2)

3.5   Die verkoopsassistente is ontevrede met hulle loonverhoging.

      Noem TWEE punte om hulle standpunte te regverdig.                                 (4)

### Page 11

(NOVEMBER 2012)                       REKENINGKUNDE                                      11

INLIGTING:

a)     Sommige werklike en begrote bedrae:
                                             WERKLIK                 BEGROOT
                                          MAART   APRIL            MEI    JUNIE
       Verkope (kontant en krediet)        82 000  76 000          72 000  66 000
       Aankope van voorraad                51 250  47 500               ?       ?
       Huurinkomste                         9 000   9 000               ?       ?
       Bestuurder se salaris                8 500   8 500               ?       ?
       Lone (Verkoopsassistente)           12 000  12 000               ?       ?
       Telefoon                             3 000   3 450           3 000   3 000
       Verbruiksgoedere                     4 500   4 500           4 600   4 600
       Korting Ontvang                      1 000   1 200           1 200   1 300
       Diverse uitgawes                     8 000       ?               ?       ?

b)     25% van die totale verkope is kontant. Ondervinding het getoon dat debiteure
       hulle rekeninge soos volg vereffen:

                          60% Vereffen in die maand wat volg op die transaksie
                          37% Vereffen in die 2de maand na die transaksie
                           3% Is gewoonlik oninbaar

c)     Voorraad word konstant gehou deur die goedere te vervang met bedrag van
       verkope.
       (ŉ Basiese voorraad word gehandhaaf). Let daarop dat die persentasie-winsopslag
       op koste 60% is.

       Alle aankope is op krediet en krediteure word 30 dae na aankope betaal.
       (d.w.s. in die volgende maand )

d)     Salarisse en lone word elke jaar aan die einde van Mei hersien. Daar was
       besluit dat die bestuurder se salaris met 10% vanaf 1 Junie 2012 sal verhoog.

       Die verkoopsassistente sal 5% verhoging ontvang, wat gelykstaande is aan die
       inflasiekoers op daardie stadium.

e)     Daar word verwag dat Diverse uitgawes elke maand met 5% op die vorige
       maand se totaal sal verhoog.

f)     Nuwe toerusting ter waarde van R75 000 (insluitende finansieringskoste) sal in
       Mei 2012 aangekoop word. R25 000 sal in Mei betaal word en die res sal in agt
       gelyke paaiemente betaal word.

g)     Huurinkomste sal vanaf 1 Mei 2012 met 8% verhoog word.

h)     Die eienaar se totale onttrekkings vir die maand beloop R5 500. R1 200
       hiervan is gewoonlik verbruiksgoedere uit die voorraad.

i)     Op 30 April 2012 het die bank ŉ gunstige saldo van R27 555 getoon.
                                                                                              45

### Page 12

12                                 REKENINGKUNDE                           (NOVEMBER 2012)

VRAAG 4

BANKVERSOENING                                                       (30 punte ; 18 minute)

KJ Handelaars is ŉ klein besigheid wat rekenaartoerusting verkoop. Hulle bied ook ŉ herstel-
en instandhoudingsdiens vir gereelde klante aan. Die volgende inligting is uit hulle rekords
geneem. Die bankstaat is op 29 Junie 2012 van Beta Bank ontvang.

OPDRAGTE:

4.1    Suiwer die Bankrekening in die Algemene Grootboek aan deur die inligting
       direk in die Bankrekening aan te teken soos in antwoordeboek uiteengesit.
       Skryf geskikte besonderhede aan elke kant van die bankrekening om
       deelpunte te verdien.                                                            (16)

4.2    Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2012 op.                                (10)

4.3    Verduidelik hoe maandelikse versoening met die bankstaat nuttig kan wees in
       die beskerming en voorkoming van wanbestuur van kontant en bedrog.
       (TWEE PUNTE)                                                                     (4)

### Page 13

(NOVEMBER 2012)                     REKENINGKUNDE                                       13

INLIGTING:
a)   Op 30 Junie 2012 het die bankkolomme in die kontantjoernale die volgende
     voorlopige totale getoon:
         Kontant Ontvangste Joernaal R620 500
         Kontant Betalings Joernaal   R532 200

b)    Die volgende items het op die bankversoeningstaat van 31 Mei 2012 verskyn.

          Gunstige saldo volgens bankstaat                      11 500
          Tjek 1123 nog nie vir betaling aangebied nie          12 250
          Tjek 1136                                              4 200
          Tjek 983 gedateer 22 Desember 2010                       500
          Uitstaande deposito’s                                 18 600

c)    Inligting wat in die kontantjoernale verskyn het, maar nie op die bankstaat vir
      Junie 2012 nie:
       Tjek 1143 vir R21 400 – vooruitgedateer vir 15 September 2012.
       Tjek 1156 vir R7 500 – gedateer 29 Junie 2012.
       ŉ Deposito van R45 600 op 30 Junie 2012.

d)    Inligting wat op die bankstaat wat ontvang is, verskyn, maar nie in enige van die
      kontantjoernale van Junie 2012 nie:
       Totale bankkoste vir die tydperk van die bankstaat, R1 860.
       ŉ Deposito van R18 600 is op 1 Junie 2012 aangeteken.
       Tjek 1136 is op die bankstaat as R2 400 (die korrekte bedrag) aangeteken. Hierdie
          tjek was ten gunste van ŉ krediteur.
       ŉ Stop-order ten gunste van Cat Versekeraars vir R3 000 vir ŉ
          korttermynversekering vir die versekering van ŉ stoor.
       Rente van R600 is ontvang vir die periode van die bankstaat.
       ŉ V/T tjek vir R9 420. Na ŉ ondersoek het dit aan die lig gekom dat die tjek ontvang
          is van ŉ debiteur, M. Broke, as finale betaling van sy rekening van R9 500.
       ŉ Tjekbetaling vir R1 250. Daar is vasgestel dat dit nie ŉ transaksie van hierdie
          besigheid is nie, maar ŉ fout wat deur die bank gemaak is.

e)    Tjek 983 is aan Sunflower Kinderhuis as ŉ donasie uitgereik.
      Hierdie organisasie het intussen gesluit.

f)    Tjek 1123 het weggeraak. Hierdie tjek was ten gunste van BLK Dienste vir
      verbeteringe aan die bestaande gebou, uitgereik. ŉ Nuwe tjek 1167 was
      uitgereik. Hierdie transaksie is nie aangeteken nie.

g)    Die bankstaat toon op 30 Junie 2012 ŉ gunstige saldo.
                                                                                             30

### Page 14

14                                  REKENINGKUNDE                             (NOVEMBER 2012)

VRAAG 5

KLUBS EN VOORRAADSTELSELS                                              (35 punte ; 21 minute)

Die onderstaande inligting is geneem uit die rekords van M9 Tennisklub vir die finansiële jaar
eindigende 31 Desember 2011:

OPDRAGTE:

5.1    Stel die Ledegeldrekening in die Algemene Grootboek op.                             (17)

5.2    Die klub het ŉ kiosk en ŉ onthaalarea. Verversings word aan lede teen ŉ
       winsopslag van 25% op kosprys verkoop. Die klub maak gebruik van die
       periodieke voorraadstelsel om hulle verversingsvoorraad aan te teken.

       5.2.1   Bereken die koste van die verversings verkoop.                              (3)

       5.2.2   Bereken die totale bedrag van die verversings gedurende die jaar
               aangekoop.                                                                  (6)

5.3    Noem nog ŉ ander metode wat die klub kan gebruik om hulle voorraad aan te
       teken.                                                                              (2)

5.4    Is die periodieke voorraadstelsel ŉ geskikte stelsel vir die klub om te gebruik?
       Motiveer jou antwoord.                                                              (3)

5.5    Die voorsitter is van mening dat die voorraadvlak nie so hoog moet wees nie.
       Noem TWEE maniere hoe die voorraad beter/effektief beheer kan word.                 (4)

### Page 15

(NOVEMBER 2012)                     REKENINGKUNDE                                      15

INLIGTING:

a)     Saldo’s op 1 Januarie 2011: (onder andere)

       Verversingsvoorraad                                       12 450
       Opgelope Inkomste (Ledegeld)                                 480
       Vooruitontvange Inkomste (Ledegelde)                         240

b)     Uittreksel uit die Ontledings Kasboek vir die jaar eindigende 31 Desember 2011:

       ONTVANGSTES                              BETALINGS
       Ledegelde           2010        320      Verversingsaankope            22 680
                           2011      5 430      Ledegeld (terugbetaling)          60
                           2012        360
       Intreegeld                    1 320
       Verversingsverkope           52 550

c)     Intreegelde:

          Nuwe lede betaal R120 intreegeld sodra hulle aansoeke aanvaar is.

d)     Ledegeld Inligting:

          Ledegeld is R80 per jaar per lid.
          Nuwe lede wat voor Junie elke jaar by die klub aansluit, betaal R50.
          Ou lede wat voor Maart betaal, ontvang R20 afslag.

        Op 1 Januarie 2011 het die klub 67 lede gehad.
        5 van die nuwe lede het voor 30 Junie 2011 aangesluit. Al die nuwe lede
         het hulle ledegeld ten volle betaal.
        Die uitstaande fooie van 2010 moet afgeskryf word en die betrokke lede
         moet van die lederegister verwyder word.
        ŉ Lid wat sy ledegeld vir 2011 in 2010 betaal het, is na KZN verplaas. Die
         klub het besluit om sy ledegeld terug te betaal.
        Drie lede het nie hulle ledegeld vir 2011 betaal nie.

e)     Verversingsinligting:

        Verversings is vir kontant en op krediet aangekoop, maar is slegs kontant verkoop.
        Verversings ter waarde van R640 is aan ŉ plaaslike skool geskenk.
        Voorraadverversings op 31 Desember 2011 bedra R10 420.
                                                                                        35

### Page 16

16                                  REKENINGKUNDE                            (NOVEMBER 2012)

VRAAG 6

BATEBESTUUR                                                            (40 punte ; 24 minute)

Die volgende inligting verskyn in die boeke van Harry Handelaars vir die finansiële jaar
eindigende 29 Februarie 2012.

OPDRAGTE:

6.1    Boek na die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek oor:

       6.1.1     Toerusting (kosprys)                                                      (6)

       6.1.2     Bateverkope                                                               (8)

6.2    Voltooi die Vaste Bate Nota in die Balansstaat.
       Toon alle berekeninge vir waardevermindering om deelpunte te kan verdien.           (21)

6.3    40% van totale toerusting bestaan uit rekenaars en ander kantoortoebehore.
       Die boekhouer is van mening dat die waardeverminderingsbeleid, met
       betrekking tot toerusting, hersien moet word. Stem jy saam? Gee TWEE
       redes.                                                                              (5)

INLIGTING:

a)
      Vaste Bate Nota                            29 FEBRUARIE 2012 1 MAART 2011

      Voertuie                                            235 000           175 000

      Toerusting                                            69 900           92 400
      Opgehoopte waardevermindering op
                                                                 ?           87 600
      Voertuie
      Opgehoopte waardevermindering op
                                                                 ?           42 200
      Toerusting

b)    Op 1 Desember 2011 is ŉ nuwe voertuig op krediet van BGT Motors gekoop.
      Geen voertuie is verkoop nie.

c)    Op 30 Junie 2011 is ou toerusting aan ŉ ouetehuis geskenk. Die opgehoopte
      waardevermindering, op die toerusting wat geskenk is, op 1 Maart 2011 was
      R18 300. Die nuwe toerusting wat die ou toerusting moet vervang, sal eers in
      die nuwe finansiële jaar aangekoop word.

d)    Waardevermindering moet soos volg voorsien word:
         Voertuie teen 15% op kosprys.
         Toerusting teen 20% op die verminderde-saldo-metode.
                                                                                               40

                                                                             TOTAAL:        300

## Related documents

- [ACCN P1 N12 ANSWERBOOK Afr FINAL](https://www.hlayiso.com/library/accn-p1-n12-answerbook-afr-final/1c74bc88-ab6c-485b-ae61-f78fcf8cbd65) — Accounting · Addendum · 2012 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2023-english-watermark/114f97da-f00d-48e5-b867-cc2fbc9acf2c) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2023-english/4a9ed09a-c470-41c0-8d03-0f4bd2f3f6c6) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWERBOOK NOVEMBER 2023 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answerbook-november-2023-afrikaans-final/48a9c62d-44fe-4bcf-b849-66228902a934) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 MEMO NOVEMBER 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-memo-november-2023-english-watermark-1/49899c38-504c-42fb-972e-2181fa910731) — Accounting · Memo · 2023 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 11 Accounting P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-english-june-2024-question-paper/b649cfc1-b72f-4e45-b621-502673440d1c) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
