# Accounting Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accn-p2-qp-gr11-nov2020-afr-d/283dfcc0-d0b5-4c22-b775-724b505642fb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/accn-p2-qp-gr11-nov2020-afr-d/283dfcc0-d0b5-4c22-b775-724b505642fb)

## About this document

Accounting · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                          NOVEMBER 2020

                      REKENINGKUNDE V2
                        (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, ’n 1-bladsy formuleblad
                                  en ’n 9 bladsy-antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  REKENINGKUNDE V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
 1.   Beantwoord AL die vrae.
 2.   ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.
 3.   ’n FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is by die vraestel aangeheg. Jy
      mag dit gebruik indien nodig.
 4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
 5.   Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
 6.   Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
 7.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
 8.   Skryf netjies en leesbaar.
 9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ’n riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                     VRAAG 1: 35 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag:     Hierdie vraag integreer:
Rekonsiliasies               Finansiële Rekeningkunde
BTW                          x Begrippe, Bank en Krediteurerekonsiliasie
                             Bestuur van Hulpbronne
                             x BTW-berekeninge
                             x Interne beheer

                     VRAAG 2: 53 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag:     Hierdie vraag integreer:
Vervaardiging en             Bestuur van Hulpbronne
Kosteberekeninge             x    Begrippe, berekeninge en vertolking van voorraad-
                                  inligting
                             x    Gelykbreek

                     VRAAG 3: 37 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
Begrotings                    Bestuursrekeningkunde
                              x Debiteure-invordering
                              x Interne beheer
                              x Etiek

                      VRAAG 4: 25 punte; 20 minute
 Onderwerp van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
Vaste Bates                    Bestuursrekeningkunde
Interne beheer                 x Bateverkope
                               x Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  REKENINGKUNDE V2                                           3

  VRAAG 1: REKONSILIASIES EN BTW                                  (35 punte; 30 minute)

  1.1    BEGRIPPE
         Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
         ‘onwaar’ langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.2) in die ANTWOORDEBOEK.
         1.1.1 ’n Eksterne ouditeur sal die Bankrekonsiliasiestaat aan die einde van
               elke maand wil bestudeer.                                                           (1)
         1.1.2 ’n Debietsaldo in die Bankstaat is ’n aanduiding van ’n oortrokke
               saldo.                                                                          (1)

  1.2    BANKREKONSILIASIE
         Die boekhouer van Russel & Seun het die Bankstaat op 31 Julie 2020 ontvang
         en met die Kontantjoernale vir Julie 2020 vergelyk.
         GEVRA:
         Gebruik die nodige inligting om die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2020 te
         voltooi en bereken die korrekte saldo van die Bankrekening.                           (8)

         A.      Op 31 Julie 2020 toon die Bankstaat ’n batige saldo van R3 600.

         B.      Items op die Bankstaat vir Julie 2020 wat nie in die kontantjoernale
                 voorkom nie:
         x       ’n Onbetaalde tjek vir R820 wat oorspronklik ontvang is van debiteur,
                 L. Red, ter vereffening van sy skuld van R850, is geweier weens
                 onvoldoende fondse.
         x       ’n Huurder, N. Bergh, het die huur vir Junie 2020, R2 500, direk in die
                 besigheid se lopende bankrekening gedeponeer.
         x       ’n Debietorder vir die eienaar se selfoonrekening, R1 400.
         x       Kredietkaartheffings en diensgeld, R360.
         x       ’n Deposito van R3 800. Daar is vasgestel dat die rekening van Russel
                 & Seun verkeerdelik gekrediteer is. Die bank sal dit gedurende
                 Augustus 2020 regstel.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

          C.    Items in die Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal
                wat nie op die Bankstaat voorkom nie:
          x     Deposito op 29 Julie 2020, R15 200
          x     Tjeks:
                Nr. 231       R2 020 (gedateer 26 Julie 2020)
                Nr. 235       R1 570 (gedateer 31 Augustus 2020)
          D.    Ongemerkte items in die Bankversoeningstaat vir Junie 2020:
          Tjek nr. 156, R2 860 (gedateer 5 Januarie 2020)

    1.3   KREDITEUREREKONSILIASIE
          Lavender Verskaffers het ’n rekeningstaat van ’n krediteur, Bramley
          Handelaars, ontvang. Die saldo op die staat stem nie ooreen met die saldo van
          Bramley Handelaars se rekening in die Krediteuregrootboek van Lavender
          Verskaffers nie.
          GEVRA:
          1.3.1 Bramley Handelaars se kredietterme is 60 dae. Lavender Verskaffers
                verkies om hul rekening sommige maande binne 30 dae te vereffen.
                Verskaf TWEE punte om aan te dui dat dit nie ’n goeie besluit is nie.            (4)

          1.3.2 Teken die volgende foute en weglatings in die tabel in die
                ANTWOORDEBOEK aan en bereken die korrekte saldo en totaal.                       (10)
                Skryf die bedrae in die toepaslike kolomme en dui die vermeerdering of
                vermindering met ’n (+) of (-) aan.

          INLIGTING:
          Die saldo van Bramley Handelaars in die Krediteuregrootboek van Lavender
          Verskaffers, R21 130. Die saldo van die staat ontvang van Bramley Handelaars,
          R32 600.
          Foute en weglatings ontdek:

          A.    ’n Faktuur vir R13 300 ontvang van Bramley Handelaars, is korrek
                aangeteken in die Krediteuregrootboekrekening. Op die staat is die
                bedrag verkeerd aangeteken as R11 200.
          B.    Lavender Verskaffers het 10% korting op ’n betaling van R3 000 op
                19 Februarie 2020 aangeteken. Bramley Handelaars het nie hierdie
                korting toegelaat nie aangesien die betaling laat ontvang is.
          C.    Goedere teruggestuur, R500, verskyn op die staat wat ontvang is.
                Lavender Verskaffers se boekhouer het vergeet om hierdie transaksie
                aan te teken.
          D.    Goedere aangekoop van Bramley Handelaars, R3 035 is as ’n debietnota
                in die Krediteuregrootboekrekening aangeteken.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 REKENINGKUNDE V2                                         5

  E.    ’n Direkte oordrag vir R7 000 deur Lavender Verskaffers is op 27 Februarie
        2020 in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken. Korting ter waarde van R700,
        vir vroeë betaling is ook aangeteken. Die rekeningstaat van Bramley
        Handelaars is as 25 Februarie 2020 gedateer.

  1.4   BTW

        Die Batteryspesialis is geregistreer vir BTW-doeleindes. Die standaardkoers van
        15% BTW is van toepassing, waar nodig.

        Die inligting het betrekking op die BTW-periode wat op 31 Augustus 2020 eindig.
        GEVRA:

        1.4.1 Bereken die BTW-bedrag betaalbaar/ontvangbaar aan/van SAID.                       (9)

        1.4.2 Die interne ouditeur het ontdek dat twee groot verkooptransakies op
              krediet, vir R598 000 gedurende Augustus 2020, nie in die toepaslike
              joernaal aangeteken is nie. Die eienaar dring daarop aan dat hierdie
              transaksies gedurende September 2020 aangeteken moet word, as
              gevolg van huidige kontantvloeiprobleme.

                Gee EEN rede waarom die ouditeur nie met hierdie verduideliking
                tevrede sal wees nie.                                                           (2)

        INLIGTING:

                                                     BTW                             BTW
          Besonderhede van transaksies            UITGESLUIT        BTW           INGESLUIT
          Fakture vir kredietverkope aan klante                                   R1 415 880
          uitgereik

          Fakture van verskaffers ontvang          R952 000

          Kredietnotas van verskaffers ontvang                     R9 240

          Korting toegestaan aan debiteure vir
          vroeë betaling van rekeninge                             R5 520

          Debiteure-rekeninge as oninbare
          skuld afgeskryf                          R15 600                         R17 940

          Handelsvoorraad deur eienaar vir sy
          persoonlike gebruik geneem                                R252

                                                                                   TOTAAL 35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 REKENINGKUNDE V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

VRAAG 2: VERVAARDIGING EN KOSTEBEREKENINGE                             (53 punte; 40 minute)

2.1   VERVAARDIGING
      Jy word voorsien van inligting rakende Kampioen Vervaardigers vir die finansiële
      jaar geëindig 29 Februarie 2020.
      GEVRA:

      2.1.1 Voltooi die volgende Grootboekrekeninge:
              x      Grondstofvoorraad                                                      (14)
              x      Werk-in-prosesvoorraad                                                 (12)
              x      Klaarproduktevoorraad                                                   (8)
      2.1.2 Bereken die bruto wins vir die jaar.                                             (3)

      2.1.3 Bereken die winsgrenspersentasie.                                                (4)
      INLIGTING:
A.    Die volgende voorraad is op hande:

                                                        R                    R
                                                    29 Feb 2020         28 Feb 2019
        Grondstofvoorraad                                   85 500             107 000
        Werk-in-prosesvoorraad                              86 414              25 800
        Klaarproduktevoorraad                               25 400             126 400
        Verbruiksgoedere voorhande (indirekte
        materiaal)                                             1 800                9 600

B.    Opsomming van transaksies vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020.
                                                                                R
       Kantoorskryfbehoeftes aangekoop                                             4 350
       Grondstowwe kontant aangekoop                                             250 000
       Grondstowwe op krediet aangekoop                                          158 000
       Indirekte materiaal kontant aangekoop                                      19 900
       Vraggeld op aankope van grondstowwe kontant betaal                         15 400
       Verkope van klaar produkte                                              1 520 000
       Advertensies                                                               28 200
       Voertuiguitgawes                                                           14 500
       Salarisse: Fabrieksvoorman                                                 90 000
                  Administratiewe personeel                                      110 000
                  Verkoopspersoneel                                               99 000
       Eiendomsbelasting                                                          20 040
       Versekering                                                                31 200
       Water en elektrisiteit                                                     30 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  REKENINGKUNDE V2                                          7

       ADDISIONELE INLIGTING
       x     Grondstowwe ter waarde van R16 000, aangekoop van Elektronika
             Voorsieners, is op 29 Februarie 2020 teruggestuur. Hierdie transaksie is
             nie aangeteken nie.
       x     Direkte arbeidskoste beloop R214 749 vir die jaar.
       x     Die totale fabrieksbokoste vir die jaar beloop R216 965.
2.2    KOSTEBEREKENINGE
       Jellytot Vervaardigers vervaardig sweetpakke vir kleuters. Die sweetpakke word
       verkoop teen ’n winsgrens van 50% op kosprys.

       GEVRA:

       2.2.1 Kies slegs die DRIE VASTE KOSTES uit die lys hieronder.                              (3)

              Grondstofkoste         Direkte arbeidskoste        Voorman se salaris
           Kommissie op verkope:
            Verkoopspersoneel        Boekhouer se salaris            Fabriekhuur

       2.2.2 Bereken die gelykbreekpunt vir Jellytot Vervaardigers.                               (4)

       2.2.3 Dink jy Jellytot Vervaardigers moet oorskakel na ŉ goedkoper
             verskaffer? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                         (5)

       INLIGTING:

       Die eienaar van Jellytot Vervaardigers voorsien jou van die volgende inligting:

       x       Verkoopprys per sweetpak: R160
       x       Veranderlike koste per sweetpak: R115
       x       Totale vaste koste: R945 000

       Die eienaar lig jou in dat hy ’n nuwe verskaffer van grondstowwe ontdek het. Die
       materiaal sal na een was verbleik. Dit sal egter die die veranderlike koste na R95
       verminder. Indien die besigheid die verkoopprys dieselfde hou, sal dit groter
       winste verseker.

                                                                                 TOTAAL: 53

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

VRAAG 3: BEGROTING                                                (37 punte; 30 minute)

Jy word voorsien van inligting rakende Peter Pan Skryfbehoeftes. Vuyo Radebe en sy
vrou, Lydia, is die eienaars van die besigheid. Die winkel word bestuur deur Alvin
Alberts, maar ’n mededinger het vir hom werk teen ’n verhoogde salaris aangebied.

GEVRA:

3.1   Verduidelik waarom dit belangrik is om begrote syfers te vergelyk met werklike
      syfers wat vir daardie periode behaal is.                                            (2)

3.2   Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur (a), (b) en (c)) in die Debiteure-
      invorderingskedule vir die begrote periode Maart tot Mei 2020.                       (4)

3.3   Bereken die volgende begrote bedrae:

      3.3.1 Totale begrote verkope vir Maart 2020                                          (2)
      3.3.2 Begrote bedrae betaalbaar aan krediteure gedurende Mei 2020                    (4)
      3.3.3 Begrote salarisse vir die winkelassistente vir April 2020                      (4)
      3.3.4 Die verwagte persentasieverhoging in die salaris van die bestuurder in
            Mei 2020                                                                       (3)
      3.3.5 Die bedrag van die addisionele lening wat na verwagting op
            1 April 2020 verkry sal word                                                   (4)

3.4   ’n Beampte van die plaaslike munisipaliteit het aangebied om Peter Pan
      Skryfbehoeftes aan te beveel vir die lewering van skryfbehoeftes ter waarde van
      R500 000. Hy sal dit egter slegs doen indien Vuyo hom R20 000 kontant betaal.
      Gee vir Vuyo advies in hierdie verband. Noem TWEE punte.                             (4)

3.5   Vuyo se vrou is kwaad omdat hy nie by die kontantbegroting gehou het nie. Vuyo
      sê hy het doelbewus nie by die begroting gehou nie omdat hy die totale resultate
      van die besigheid wou verbeter.

      x   Identifiseer DRIE oorspanderings in April 2020, behalwe voertuiguitgawes.
          Verskaf syfers om jou antwoord te ondersteun. Verskaf ook ’n geldige rede
          vir elke oorspandering om Vuyo se besluite te ondersteun.                        (6)

      x   Verduidelik hoe hierdie meningsverskil met sy vrou in die toekoms verhoed
          kan word.                                                                        (2)

      x   Noem TWEE ander strategieë wat Vuyo en sy vrou in die toekoms kan
          oorweeg om die resultate van die besigheid te verbeter.                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  REKENINGKUNDE V2                                         9

 INLIGTING:

 A.    Verkope en debiteure-invordering:

       x   Die TOTALE verkope vir April 2020 en Mei 2020 is as volg geskat:

            April 2020                              70 000
            Mei 2020                                78 750

       x   80% van alle verkope is vir kontant. Die res is op krediet.
       x   Daar word verwag dat debiteure as volg sal betaal:
           60% in dieselfde maand waarin verkope plaasvind, onderhewig aan 4%
           korting
           38% in die maand wat volg op verkope
           2% van skuld word afgeskryf in die tweede maand na verkope
       x   Debiteure-invorderingskedule:

                             KREDIET-           2020           2020        2020
                             VERKOPE           MAART          APRIL        MEI
                                 R                R             R           R
            Februarie               31 500      11 970
            Maart                   10 500       (a)               3 990
            April                   14 000                         8 064    (b)
            Mei                 (c)
                                                                  12 054

 B.    Aankope van voorraad en betalings aan krediteure:
       x    Die besigheid werk volgens ’n vaste voorraad-basis waarvolgens voorraad
            wat gedurende ’n maand verkoop word, aan die einde van daardie maand
            vervang word.
       x    Die besigheid gebruik ’n winsopslag van 75% op kosprys.
       x    70% van alle voorraad word op krediet aangekoop.
       x    Krediteure word ten volle betaal in die maand wat volg op die maand van
            aankope.
 C.    Salarisse:

       x Gedurende Maart 2020 het die besigheid 12 winkelassistente, wat elkeen
         dieselfde verdien, indiens geneem. Gedurende April 2020 is nege van die
         winkelassistente geregtig op ’n bonus gelykstaande aan 80% van hul
         maandelikse salaris.
       x Alle winkelassistente sal gedurende Mei 2020 ’n algemene verhoging kry.
       x Die bestuurder het in April 2020 ’n bonus ontvang.

 D.    Lening:

       ’n Addisionele lening sal op 1 April 2020 teen 14% p.j. rente by Atlantis Bank
       uitgeneem word.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           REKENINGKUNDE V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

 E    Uittreksel uit die kontantbegroting vir die drie maande geëindig
      31 Mei 2020:
                                  MAART          APRIL          MEI
       ONTVANGSTES                Begroot   Begroot  Werklik   Begroot
       Kontantverkope van
       voorraad                    42 000    56 000    59 200    63 000
       Invorderings van debiteure  18 018    12 054    12 800          ?
       Huurinkomste                 5 600     6 160     6 160     6 160
       Addisionele lening bekom           0        ?        ?          0
       BETALINGS
       Kontantaankope van
       voorraad                     9 000    12 000    28 000    13 500
       Betalings aan krediteure    58 500    21 000    21 000          ?
       Salarisse van
       winkelassistente           102 000          ?        ?   110 160
       Salaris van bestuurder      16 000    16 000    40 000    19 200
       Rente op lening
       (14% p.j.)                   6 300     7 175     7 175     7 175
       Afleweringskoste (vir
       aflewerings aan klante)      9 200     9 200          0    9 200
       Versekering (jaarliks
       betaal)                            0  27 000    27 000          -
       Advertensies                       0        0         0   20 000
       Aankoop van voertuig               0        0 180 000           0
       Voertuiguitgawes                   0        0    4 000     4 000
       Diverse uitgawes             5 300     5 300     5 300     5 800

                                                                  TOTAAL: 37

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 REKENINGKUNDE V2                                       11

 VRAAG 4:       VASTE BATES EN INTERNE BEHEER                     (25 punte; 20 minute)

 Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Everest Handelaars.

 GEVRA:

 4.1     Wat is ’n Vastebateregister?                                                  (2)

 4.2     Bereken die waardevermindering op toerusting vir die jaar.                    (10)
 4.3     Voltooi die Bateverkoperekening.                                              (10)
 4.4     Die eienaar is bekommerd oor die interne beheer van die besigheid se vaste
         bates. Stel DRIE interne beheermaatreëls voor wat geïmplementeer kan
         word.                                                                         (3)
 INLIGTING:
 1.     Die volgende saldo’s verskyn in die algemene grootboek op 29 Februarie 2020, die
        einde van die finansiële jaar:
         Vaste bates                               Kosprys       Opgehoopte
                                                              waardevermindering
                                                 29 Feb 2020     1 Maart 2019
         Toerusting                                   645 000             180 000

 2.     Toerusting:
        x Verouderde toerusting is op 1 Desember 2019 ingeruil. Die kosprys van hierdie
          toerusting was R60 000 en die opgehoopte waardevermindering op
          1 Maart 2019, R42 000.
          Die inruilprys van R22 000 is aanvaar en die kosprys van die nuwe toerusting
          was R90 000. Dit is korrek aangeteken.
        x Waardevermindering op toerusting word bereken teen 20% p.j. volgens die
          verminderde-saldo-metode.

                                                                           TOTAAL: 25

                                                                          TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

GRAAD 11 REKENINGKUNDE:
                                       FORMULEBLAD VIR FINANSIËLE AANWYSERS
    Brutowins x 100                                        Brutowins      x 100                       Nettowins x 100
    Verkope       1                                     Koste van verkope    1                        Verkope       1

          Bedryfsuitgawes x 100                                                               Bedryfswins x 100
               Verkope       1                                                                  Verkope      1

  Totale verdienste per vennoot       x 100                                                     Nettowins         x 100
Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot    1                                              Gemiddelde eienaarsbelang    1

         Bedryfsbates : Bedryfslaste                                    (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

        (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste

                   Gemiddelde debiteure x 365                                 Gemiddelde krediteure x 365
                     Kredietverkope        1                                     Kredietaankope        1

  Gemiddelde voorraad     x   365 of     12                                        Koste van verkope
   Koste van verkope              1                                               Gemiddelde voorraad

     Langtermynlenings: Eienaarsbelang                                          Totale bates: Totale laste
                                                                                                                          Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCN P2 MEMO GR11NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/accn-p2-memo-gr11nov2020-afr-d/38bba4b0-47f1-41bd-9411-5a4b9c511428) — Accounting · Memo · 2020 · Afr
- [ACCN GR 11 P2 NOVEMBER 2020 MG - AFR DeJ](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr-11-p2-november-2020-mg-afr-dej/b285fcec-6fab-46ad-b84c-6a4f7f1767c5) — Accounting · Memo · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2020-afrikaans-docx/eeaf8539-72ee-46a7-8495-615b05451a2d) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 English .docx](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2020-english-docx/36f73aae-b2be-494f-b290-718a2c8f5958) — Accounting · QP · 2020 · Eng
- [ACCN P2 ANSBK GR11 NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/accn-p2-ansbk-gr11-nov2020-eng-d/8d40b02c-a3f1-4292-beb4-1f58c9b5a410) — Accounting · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
