# Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accn-qp-grade11-2015-afr/b70f61f4-e255-418b-b3ef-85b89d222114
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accn-qp-grade11-2015-afr/b70f61f4-e255-418b-b3ef-85b89d222114)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2015

                      REKENINGKUNDE

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                      REKENINGKUNDE                                       (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae.

2.       Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.

3.       Waar van toepassing, moet bewerkings getoon word om deelpunte te verdien.

4.       ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

5.       Jy mag ’n donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.       ŉ Uiteensetting van die vrae word hieronder voorsien. Probeer om by die
         voorgestelde tyd vir elke vraag te hou en om NIE daarvan af te wyk NIE.

VRAAG           ONDERWERP                                INHOUD                            PUNTE         TYD
                                                                                                        (minute)

                                       Bestuursrekeningkunde
                                        Geprojekteerde inkomstestaat en Kontantbegroting
     1        Begroting
                                       Bestuur van hulpbronne                                55          33
                                        Interne kontrole oor begroting

                                       Finansiële Rekeningkunde
              Rekonsiliasie en          Debiteure en Bankrekonsiliasie
     2        interne kontrole         Bestuur van hulpbronne                                45           27
                                        Interne kontrole

                                       Finansiële Rekeningkunde
              Vennootskappe –           Vennootskappe – finansiële state
     3        Finansiële state         Bestuur van hulpbronne                                75          45
                                        Vaste bates

              Vennootskappe –          Finansiële Rekeningkunde
     4        Interpretasie             Ontleding en interpretasie van finansiële state.      35          21

              Kosteberekeninge         Bestuursrekeningkunde
     5        – Vervaardiging           Kosteberekeninge en gelykbreek-ontleding              50          30

                                       Finansiële Rekeningkunde
              Klubs en                  Ledegeld en Verversings
     6        Voorraadstelsels         Bestuur van hulpbronne.                               40           24
                                        Voorraadhoudingstelsels

                                                                                             300          180

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                         REKENINGKUNDE                                          3

 VRAAG 1: BEGROTING                                                        (55 punte; 33 minute)

 1.1   KONTANTBEGROTING EN GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT
       Die volgende transaksies is geneem uit die boeke van AV Winkels vir die
       tydperk wat eindig op 30 Junie 2015.

       Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK deur die bedrae in slegs die
       relevante kolom(me) in te vul.                                                             (10)
       Voorbeeld: Die telefoonrekening vir Junie 2015, R2 130 word per tjek betaal.
                       Bedrag in die kontantbegroting        Bedrag in die geprojekteerde
          No.                  vir Junie 2015                inkomstestaat vir Junie 2015
                      ONTVANGSTE           BETALING         INKOMSTE            UITGAWE
       Voorbeeld                           R2 130                               R2 130

       Transaksies:
       1.1.1       Die verwagte kontantverkope vir Junie 2015 word bereken as R35 200.
                   Die winsopslag is 60% op kosprys.
       1.1.2       Die totale waardevermindering op vaste bates vir die finansiële jaar
                   geëindig 30 June 2015, beloop R17 040.
       1.1.3       Verwagte kontant ontvangstes van debiteure vir Junie 2015 is R62 200.
                   Kortings van R2 150 sal toegestaan word vir vroeë betalings ontvang.
       1.1.4       ’n Paaiement van R8 460 op die lening moet op 25 Junie 2015 betaal
                   word. R460 van hierdie bedrag is die rente op die lening.
 1.2   KONTANTBEGROTING
       Sonny Mkize is die eienaar van RCN Vervoer, ’n klein onderneming wat
       afleweringsdienste lewer. Hul finansiële jaar eindig elke jaar op 30 September.
       OPDRAG
       1.2.1       Voltooi die debiteure-invorderingskedule vir Oktober 2015 en
                   November 2015.                                                                 (10)
       1.2.2       Op 31 Oktober 2015 is die volgende inligting verkry uit die rekords van
                   die besigheid. Verduidelik wat jy aan Sonny sal noem in verband met
                   elk van die gelyste items. Gee EEN punt van advies vir elke geval..                (6)
                                                                   OKTOBER 2015
                                                            BEGROOT          WERKLIK
                                                               (R)              (R)
                   Onderhoud van voertuie                      24 500              21 380
                   Invorderings vanaf debiteure               147 171             115 620
                   Telefoon                                     2 300               4 860

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE                             (EC/NOVEMBER 2015)

       1.2.3     Voltooi die kontantbegroting vir Oktober en November 2015.                    (29)

       INLIGTING:

       A.      Gedeeltelik voltooide kontantbegroting vir Oktober en November
               2015.

                                                             Oktober 2015    November 2015
               KONTANTONTVANGSTES
               Invorderings vanaf debiteure
               Fooi-inkomste vir dienste gelewer                62 000
               Huurinkomste                                      8 200
               Kommissie-inkomste                                4 650
               Vaste deposito                                                    10 000
               Rente op vaste deposito                                375
               TOTALE ONTVANGSTES

               KONTANTBETALINGS
               Brandstof en olie                                32 600
               Onderhoud van voertuie                           24 500
               Salarisse
               Onttrekkings
               Telefoon                                              2 300
               Diverse uitgawes                                      3 120
               Rente op lening
               Aankoop van addisionele voertuig                          -
               TOTALE BETALINGS
               SUPLUS/TEKORT                                   131 126
               Openingsaldo                                     22 104
               Saldo aan die einde van die maand

       B.      Dienste gelewer aan kliënte, op krediet is as volg:

               September 2015                                                142 500
               Oktober 2015                                                  176 400
               November 2015                                                 174 800

       C.      Debiteure betaal gewoonlik volgens die volgende patroon:
               40% betaal hul rekening gedurende die maand van die transaksie om
                   gebruik te maak van die 2,5% korting.
               55% betaal in die maand wat volg op die transaksie.
                   Die saldo word gewoonlik afgeskryf as oninbaar na die tweede
                   maand.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      REKENINGKUNDE                                          5

       D.    Die huurinkomste sal met 9% verhoog, en brandstof en olie sal na
             verwagting styg met 15 sent in die Rand, vanaf 1 November 2015.

       E.    ’n Vaste deposito verval op 1 November 2015. Rente op belegging word
             verdien teen 9% p.a.

       F.    Rente op die lening teen 11% p.a. is maandeliks betaalbaar. Op
             1 Oktober 2015 was die saldo op die lening R300 000.

       G.    Salarisse word betaal aan die vyf drywers in diens van die onderneming.
             Al die drywers moet ’n 6% verhoging gedurende November 2015 ontvang.

       H.    Die besigheid beplan om ’n addisionele voertuig gedurende November
             2015 aan te koop. Die totale koste van die voertuig is R256 000,
             finansieringskoste ingesluit. ’n Deposito van 10% is betaalbaar. Die
             balans sal oor 60 maande betaal word. Die deposito en die eerste
             maandelikse paaiement sal gedurende November 2015 betaal word.

       I.    Kommissie-inkomste is ’n vaste persentasie van die kontantfooi-inkomste
             vir dienste gelewer.

       J.    Die eienaar onttrek R500 kontant en neem verbruiksgoedere ter waarde
             van R150 vir sy persoonlike gebruik elke maand.

       K.    Diverse uitgawes sal na verwagting elke maand met 2,5% styg.

       L.    Alle ander items in die begroting sal na verwagting dieselfde vir die
             begrotingstydperk bly.
                                                                                                   55

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        REKENINGKUNDE                               (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 2: REKONSILIASIE EN INTERNE KONTROLE                                    (45 punte; 27 minute)

2.1     DEBITEURE
        Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Mafusa Handelaars.
        OPDRAG:
        2.1.1       Voorsien die ontbrekende inligting wat aangedui word deur (a) tot (d)
                    in die Debiteurekontrole rekening hieronder.                                      (4)
        2.1.2       Noem die brondokumente wat as bewys dien vir die inskrywings van
                    R32 000 en R15 000 aan die kredietkant van die Debiteurekontrole
                    rekening.                                                                         (2)
        2.1.3       Gee EEN rede (voorbeeld) vir die volgende transaksies: (Moenie
                    dieselfde rede vir albei transaksies gee nie.)
                     Die inskrywing vir R12 500 aan die kredietkant van die kontrole
                       rekening.                                                                      (2)
                     Die inskrywing vir R4 760 aan die debietkant van die kontrole
                       rekening.                                                                      (2)
        2.1.4       Verduidelik waarom die saldo van die Debiteurekontrole rekening in
                    die Algemene grootboek dieselfde behoort te wees as die totaal van
                    die Debiteurelys.                                                                 (2)
        2.1.5       Verwys na Inligting B.
                    Toon aan watter effek elke inskrywing op die Debiteurekontrole
                    rekening en/of die Debiteurelys sal hê. Dui die verandering aan met ’n
                    vermeerdering (+) of vermindering (-) en die bedrae in die kolom
                    voorsien.                                                                         (8)
        INLIGTING:
A.             ALGEMENE GROOTBOEK VAN MAFUSA HANDELAARS
                          DEBITEUREKONTROLE
2014                                                  2014
Mei
        1     Saldo                a/b       35 000   Mei
                                                             31   (c)                     DAJ     32 000
        31    Verkope              (b)       80 000               Bank                    (d)     15 000
              (a)                  KBJ        8 000               Korting Toegestaan      KOJ        280
              Diverse debiete       AJ        4 760               Diverse krediete        AJ      12 500
                                                                  Saldo                   o/b             ?

Junie   1     Saldo                a/b           ?

B       i     Die totaal van kredietverkope was met R2 400 te min opgetel.
        ii    ’n Kontantkorting van R410 toegestaan aan B. Gumede (’n debiteur), is
              nie in die betrokke joernaal ingeskryf nie.
        iii   Goedere ter waarde van R670 teruggestuur deur B. Gumede, is ver-
              keerdelik na die debiteure grootboekrekening van L. Ngema oorgeboek.
        iv    Goedere verkoop aan L. Ngema vir R3 210 is aangeteken as R2 310 in
              die korrekte joernaal en so na die grootboekrekeninge oorgeboek.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     REKENINGKUNDE                                          7

2.2    BANKREKONSILIASIE
       Die inligting hieronder, is geneem uit die rekords van Freedom Skryfbehoeftes
       vir Augustus 2015.
       OPDRAG:
       2.2.1    Toon aan watter inskrywings in die kontantjoernale gedoen moet
                word deur die tabel in die ANTWOORDEBOEK te voltooi.                          (13)
       2.2.2    Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Augustus 2015.                        (8)
       2.2.3    Alle kontanttransaksies word hanteer deur Innocent Johnson. Sy is al
                vir die afgelope vyf jaar vir hierdie werk verantwoordelik.
                Dit is duidelik dat die besigheid nie sy kontant effektief beheer nie.
                Verduidelik EEN probleem wat jy kon identifiseer. Voorsien relevante
                syfers om jou antwoord te ondersteun en gee ook ’n oplossing vir
                hierdie probleem.                                                              (4)

       INLIGTING:
       A.   Items uit die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2015.

            Batige saldo op die Bankstaat                                     6 800
            Uitstaande deposito’s Gedateer 12 Julie 2015                     22 000
                                   Gedateer 28 Julie 2015                    27 500
            Uitstaande tjeks       Nr. 987 (gedateer 10 Januarie 2014)        1 200
                                   Nr. 1239 (gedateer 28 Julie 2015)          5 400
                                   Nr. 1465 (gedateer 18 Augustus
                                                                             13 800
                                     2015)
            Batige saldo volgens die Bankrekening                            35 900

       B.   ’n Vergelyking van die bankstaat ontvang op 28 Augustus 2015 met die
            rekords van die besigheid toon die volgende:
               Bankkoste van R715 verskyn op die bankstaat maar nie in die
                betrokke joernaal nie.
               ’n Geweierde tjek vir R 7 600 verskyn op die bankstaat. Hierdie tjek
                is oorspronklik ontvang van ’n debiteur, N. Lately, as vereffening van
                haar rekening van R7 750.
               Rente van R320 is op die bankstaat gekrediteer. Dit is nie in die
                relevante joernaal aangeteken nie.
               Tjek nr. 1654 uitgereik aan Beebro Handelaars, ’n krediteur, verskyn
                korrek in die bankstaat as R5 780. Dit is verkeerdelik in die joernaal
                as R8 750 aangeteken.
               ’n Debietorder van R345 vir die maandelikse versekering verskyn
                twee keer in die bankstaat. Freedom Skryfbehoeftes is deur die bank
                ingelig dat hierdie fout in die volgende bankstaat teruggeskryf sal
                word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  REKENINGKUNDE                            (EC/NOVEMBER 2015)

               Van die uitstaande tjeks in die bankrekonsiliasie staat vir Julie 2015,
                verskyn slegs tjek nr. 1239 in die bankstaat vir Augustus 2015.
                Tjeknr. 987 was deur die eienaar as ledegeld vir sy tennisklub
                gebruik. Die klub bestaan nie meer nie.
               Die uitstaande deposito van R27 500 verskyn op die bankstaat.
               Die deposito van R22 000 vir kommissie ontvang is steeds
                uitstaande. Na die saak ondersoek is, het Innocent gesê sy is op pad
                bank toe beroof. Die eienaar het toestemming gegee dat die bedrag
                gekanselleer moet word, aangesien dit onwaarskynlik is dat enige
                van hierdie geld ooit opgespoor sal word.
               Die Augustus KOJ toon ook twee uitstaande deposito’s;
                R18 200 op 17 Augustus 2015,
                R21 400 op 29 Augustus 2015.
               Die volgende tjeks in die Augustus KBJ is steeds uitstaande
                Nr. 1960, vir R4 280 (gedateer 27 Augustus 2015),
                Nr. 1996, vir R5 730 (gedateer 23 September 2015).
               Die bankstaat sluit af met ’n batige saldo van R5 055.

                                                                                             45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     REKENINGKUNDE                                      9

 VRAAG 3: VENNOOTSKAPPE – FINANSIЁLE STATE                       (75 punte; 45 minute)

 Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Star Handelaars, met vennote
 Sanjay en Sam. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2015.
 OPDRAG:

 3.1   Voltooi die volgende notas tot die Finansiële State:

       3.1.1 Vaste bates (Slegs Voertuie en Toerusting).                              (20)

       3.1.2 Privaatrekeninge van vennote.                                            (25)

       3.1.3 Handels- en ander bedrae ontvangbaar.                                        (6)

       3.1.4 Handels- en ander bedrae betaalbaar.                                         (4)

 3.2   Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op
       28 Februarie 2015. Waar notas nie gevra word nie, moet alle bewerkings
       getoon word.                                                                   (20)
 INLIGTING:
 A.    Lys van saldo’s op 28 Februarie 2015 (onder andere):

       Kapitaal: Sanjay                                            850 000
       Kapitaal: Sam                                               550 000
       Privaatrekening: Sanjay (1 Maart 2014)                       23 000
       Privaatrekening: Sam (1 Maart 2014)                           7 500 (Dt)
       Onttrekkings: Sanjay                                         45 250
       Onttrekkings: Sam                                            56 250
       Grond en Geboue                                           1 103 550
       Voertuie                                                    700 000
       Toerusting                                                  430 000
       Opgehoopte waardevermindering op voertuie                   280 000
       (1/3/2014)
       Opgehoopte waardevermindering op toerusting                 193 500
       (1/3/2014)
       Vaste deposito: BASSA Bank (8%p.a)                           85 000
       Handelsvoorraad                                             248 910
       Debiteurekontrole                                           127 300
       Krediteurekontrole                                           77 360
       Bank (batige saldo)                                          95 635
       Wisselgeld                                                    1 200
       Lening: Unity Bank (9,5% p.a.)                              320 000

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                REKENINGKUNDE                            (EC/NOVEMBER 2015)

 B.    Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende:
          Beide vennote is geregtig op ’n salaristoelaag. Sam se salaris is R1 000
           per maand meer as Sanjay se salaristoelaag. Sanjay se salaristoelaag vir
           die finansiële jaar was R118 750.
          Beide vennote ontvang rente op hul kapitaal saldo teen 12% p.a. Neem in
           ag dat Sanjay sy kapitaal met R50 000 op 1 Desember 2014 verminder het.
          Daar is ooreengekom dat Sam ’n prestasiebonus van R15 000 sal ontvang
           vir die ekstra ure spandeer om die reklameveldtog te finaliseer.
          Oorblywende winste (of verliese) word verdeel in die verhouding 3 : 2
           tussen Sanjay en Sam.

 C.    Die netto wins (nadat al die aansuiwerings in ag geneem is) is R462 000.

 D.    Die totale primêre verdeling vir die finansiële jaar is R437 000.

 E.    Die volgende aansuiwerings is in ag geneem in die berekening van die netto
       wins van R462 000:

          Ongebruikte verbruiksgoedere, R3 290.
          Die besigheid maak voorsiening vir oninbare skuld gelyk aan 5% van die
           debiteurekontrole rekening.
          ’n Versekeringspolis vir R4 260 is op 1 Mei 2014 aangegaan. Die jaarlikse
           premie is ten volle betaal.
          Die telefoonrekening vir Februarie 2015, R1 840 is eers op 5 Maart 2015
           betaal.
          Die huur vir Maart 2015 is ontvang en gedeponeer. Die huur bedrag van
           R69 600 is afgesluit en na die Wins en Verliesrekening oorgedra.
          Kommissie-fooie, R3 225 was steeds ontvangbaar op 28 Februarie 2015.
          Waardevermindering op voertuie is bereken teen 20% p.a. op dra waarde
           en op toerusting teen 15% p.a. op kosprys. ’n Nuwe voertuig, kosprys
           R145 000, is op 1 Junie 2014 aangekoop.
          Die wins op verkoop van ’n ou lessenaar op 31 Desember 2014, R320. Die
           kosprys van die lessenaar was R5 400 en dit is vir R1 750 kontant verkoop.

 F.    R25 000 van die Vaste Deposito verval op 30 Julie 2016.

 G.    Rente op lening word gekapitaliseer. ’n Vaste maandelikse paaiement van
       R8 600, wat rente insluit, is betaal vanaf die datum wat die lening ontvang is.
       Hierdie paaiement sal dieselfde vir die volgende finansiële jaar bly.
                                                                                                75

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                           REKENINGKUNDE                                               11

 VRAAG 4: VENNOOTSKAPPE – INTERPRETASIE                                   (35 punte; 21 minute)

 Golden Handelaars is ’n vennootskap wat besit word deur vennote N. Yong en
 G. Sung. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2015.

 OPDRAG:

 4.1    Bereken die volgende:

        4.1.1     Die totale bedryfslaste.                                                           (4)

        4.1.2     Persentasie opbrengs verdien deur N. Yong.                                         (5)

        4.1.3     Skuld/ekwiteitsverhouding.                                                         (4)

        4.1.4     Vuurproefverhouding                                                                (4)

 4.2    Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid.
        Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou antwoord.                             (6)

 4.3    Dink jy N. Yong is tevrede met sy opbrengs op belegging? Verduidelik.
        Haal TWEE relevante finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou
        antwoord te ondersteun.                                                                      (6)

 4.4    Die vennote wil die bestaande besigheid uitbrei en oorweeg dit om die
        lening te verhoog. Watter advies het jy vir hulle? Ondersteun jou antwoord
        deur na TWEE finansiële aanwysers (met syfers) te verwys.                                    (6)

 INLIGTING:

 A.                  ALGEMENE GROOTBOEK VAN GOLDEN HANDELAARS
                                VERDELINGSREKENING
 2015                                                 2015
 Feb
        28   Salaris: Yong               150 000      Feb
                                                             28   Wins en Verlies              446 400

             Salaris: Sung               182 400

             Rente op Kapitaal: Yong         42 000

             Rente op Kapitaal: Sung         28 000

             Bonus: Sung                     12 000

             Privaatrekening: Yong           19 200

             Privaatrekening: Sung           12 800

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 REKENINGKUNDE                         (EC/NOVEMBER 2015)

 B.    Saldo’s en ander inligting:             28 FEBRUARIE 2015   28 FEBRUARIE 2014

       Kapitaal: Yong                              525 000         400 000
       Kapitaal: Sung                              350 000         400 000
       Privaatrekening: Yong                         9 100 (Dt)      15 400
       Privaatrekening: Sung                        10 600           12 200
       Lening: Mia Bank (11% p.a.)                 400 000         400 000
       Handelsdebiteure                            273 200         142 000
       Kontant en kontantekwivalente                36 800           36 600
       Handelsvoorraad                             177 000           50 000
       Bedryfslaste                                      ?         127 000
       Bedryfsverhouding                            2,5 : 1           1,8 : 1
       Vuurproefverhouding                               ?            1,2 : 1
       Skuld/ekwiteitsverhouding                         ?            0,5 : 1
       Opbrengs op totale kapitaal aangewend          43%               37%
       Opbrengs verdien deur Yong                        ?              48%
       Opbrengs verdien deur Sung                     61%               57%

                                                                                        35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                           REKENINGKUNDE                                           13

VRAAG 5: KOSTEBEREKENINGE – VERVAARDIGING                                 (50 punte; 30 minute)

5.1 Jy word voorsien van inligting geneem uit die boeke van Fluzzie
    Skoonmakers vir die finansiële jaar wat eindig op 28 Februarie 2015. Die
    besigheid vervaardig en verkoop slegs een tipe besem.

      OPDRAG:
      5.1.1      Bereken:
                     Direkte grondstofkoste                                                   (6)
                     Direkte arbeidskoste                                                     (6)
                     Fabrieksbokoste                                                         (15)
      5.1.2      Boek oor na die Goedere-in-bewerking-rekening in die Algemene
                 grootboek.
                 Toon alle bewerkings in hakies.                                              (10)
      INLIGTING:

      A.      Voorraadsaldo’s:                        28 Februarie 2015       1 Maart 2014
              Grondstofvoorraad                               33 650           27 500
              Goedere-in-bewerkingvoorraad                    19 950           17 600
              Fabriek indirekte
                                                                2 170            3 330
              grondstofvoorraad

      B.      Transaksies vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015:

              Grondstowwe aangekoop (kontant en krediet)                      826 500
              Beskadigde grondstowwe aan verskaffers teruggestuur                5 200
              Vraggeld op aankope van grondstowwe                                7 840
              Salarisse:          Fabrieksvoorman                              62 500
                                  Kantoorwerkers                               32 200
              Lone:               Produksielone (verwys na inligting C)               ?
                                  Kantoorwerkers                                 7 900
              WVF bydraes         Fabriekswerkers in produksieproses                  ?
              1% van basiese      Fabrieksvoorman                                  625
              salarisse of lone Kantoorwerkers                                    322
              Fabriek indirekte grondstof aangekoop                            85 180
              Advertensies                                                      7 500
              Fabrieksonderhoud                                                24 285
              Huuruitgawe                                                     108 000
              Oninbare skuld                                                    9 200
              Besems gesteel                                                    3 720
              Water en elektrisiteit                                           67 100
              Waardevermindering op fabrieksaanleg                             16 660
              Diverse uitgawes                                                 45 700

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 REKENINGKUNDE                           (EC/NOVEMBER 2015)

     C.      Fabriekswerkers in die produksieproses:

             Aantal werkers in produksie                               6 werkers
             Gewone ure gewerk deur elk van die                        1 680 ure
             bogenoemde fabriekswerkers
             Oortyd ure gewerk deur elk van die                          240 ure
             bogenoemde werkers
             Tarief vir gewone tyd                                   R75 per uur
             Tarief vir oortyd                                      R120 per uur

     D.      Huur word volgens die ruimte wat elke departement gebruik,
             toegedeel. Vloerruimte gebruik deur elke departement:

                                   Fabriek            Verkope            Kantore
             Vierkante meter      2 100 m2            1 100 m2           800 m2

     E.      Water en Elektrisiteit:
             10% van hierdie bedrag word toegedeel aan die kantore en 25% aan die
             verkoopsdepartement. Die res word aan die fabriek toegedeel

     F.      Diverse uitgawes moet tussen die fabriek en die verkoopsdepartement
             verdeel word in die verhouding 3 : 1.

5.2 TRENDY VERVAARDIGERS

     Trendy Vervaardigers is ’n klein besigheid wat plastiekpette vervaardig wat by
     plaaslike krieketwedstryde gebruik word as deel van ’n advertensie veldtog.

     OPDRAG:

     5.2.1     Gee EEN voorbeeld van ’n vaste koste en EEN voorbeeld van ’n
               veranderlike koste.                                                        (2)

     5.2.2     Bereken die gelykbreekpunt vir Trendy Vervaardigers vir die jaar
               geëindig 30 Junie 2015.                                                    (6)

     5.2.3     Lewer kommentaar op jou berekeninge in VRAAG 5.2.2. Watter
               advies het jy vir Trendy Vervaardigers? Haal syfers aan om jou
               advies te steun.                                                           (5)

     INLIGTING:

     Inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2015

     A.      Aantal pette vervaardig en verkoop                  23 500 eenhede
             Verkope vir die jaar                                  R1 057 500
             Totale vaste koste                                      R291 200
             Totale veranderlike koste                               R752 000

     B.      Die besigheid het nie ’n saldo vir goedere in bewerking wat oorgedra
             moet word na die volgende jaar nie.
                                                                                         50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                          REKENINGKUNDE                                          15

 VRAAG 6: NIE-WINSGEGEWENDE ORGANISASIES EN VOORRAADSTELSELS
                                                                            (40 punte; 24 minute)

 Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Striding atletiekklub.
 Die klub sluit elke jaar sy boeke af op 31 Desember.

 OPDRAG:

 6.1       Stel die LEDEGELD rekening op 31 Desember 2014 op.                                  (21)

 6.2       Bereken die wins gemaak uit die verkoop van verversings. Jy mag
           grootboek rekeninge opstel om jou berekeninge te toon.                                  (9)

 6.3       Die voorsitter is nie tevrede met die gebruik van die periodieke voorraad-
           stelsel om beheer uit te oefen oor die voorraad verversings nie, en wil na
           die deurlopende voorraadstelsel verander.

               Verduidelik die verskil tussen die twee stelsels.                                  (4)

               Verduidelik aan die voorsitter waarom jy dink die periodieke stelsel is
                geskik vir die klub.                                                               (2)

               Gee EEN voordeel en EEN nadeel van elkeen van die voorraadstelsels.                (4)

 INLIGTING:

 A.    Inligting uit die na-afsluitingsproefbalans op 31 Desember 2013.

       Diverse krediteure                                                        21 110
       Verversings voorhande                                                     11 420
       Vooruitontvange inkomste (ledegeld)                                        1 080
       Opgelope inkomste (ledegeld)                                               2 700

 B.    Inligting uit die ontledingskasboek vir die jaar geëindig 31 Desember 2014.

       Ledegeld ontvang                                                           28 620
       Verversings verkoop                                                        78 360
       Verversings aangekoop                                                      45 200
       Ledegeld terugbetaal                                                          180

 C.    Inligting oor lidmaatskap:

              Ledegeld is R180 per lid per jaar. Intreegeld is R300.
              Die ledegeld van lede wat gedurende die jaar aansluit, word bereken op
               ’n pro-rata basis (vir die aantal maande wat hulle by die klub lid was).
              Nuwe lede moet alle gelde verskuldig, betaal in die jaar wat hulle aansluit.
              Op 1 Januarie 2014 het die klub 125 lede gehad.
              Gedurende Maart 2014 het 22 nuwe lede en in November 2014 nog 8
               nuwe lede aangesluit. Hierdie lede het alle verskuldigde gelde betaal.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 REKENINGKUNDE                             (EC/NOVEMBER 2015)

         Ingesluit by die totale bedrag ontvang vir ledegeld, is die intreegeld vir die
          8 nuwe lede. Dit moet reggestel word.
         Gedurende die jaar is 12 van die lede wie se ledegeld vir 2013
          agterstallig was, ontvang. Die komitee het besluit om die lede wat steeds
          uitstaande is met 2013 se ledegeld, as oninbaar af te skryf vanaf
          1 Januarie 2014.
         Een lid wat sy ledegeld vir 2014 betaal het, het na Pretoria in Mei 2014
          verhuis. Daar is besluit om sy ledegeld ten volle terug te betaal en hom
          van die register te verwyder.
         Die sekretaresse het besluit dat deel van haar honorarium van R250 as
          haar ledegeld aangewend moet word.
         Op 31 Desember 2014 het 8 lede reeds hul ledegeld vir 2015 betaal.
          Sommige lede was steeds uitstaande met hul ledegeld vir 2014.

 D.   Verversings:

         Verversings aangekoop op krediet, R17 400.
         Verversings met ’n waarde van R2 850 is by ’n atletiekbyeenkoms
          gebruik.
         ’n Lid het R1 500 se verversings aan die klub geskenk.
         Verversings voorhande op 31 Desember 2014 was R9 980.
                                                                                            40

                                                                             TOTAAL:       300

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCN MEMO GRADE11 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/accn-memo-grade11-2015-eng/fa35d2b2-dc98-4d92-93f5-9d038db3961b) — Accounting · Memo · 2015 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2022-english/f43f0b46-185b-41cf-bed5-88654714f772) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANS BOOK NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-ans-book-nov2022-english/f4a4602d-bd68-471c-908e-7d2b30e5baa9) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCN P2 ANSBK GR11 NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/accn-p2-ansbk-gr11-nov2020-eng-d/8d40b02c-a3f1-4292-beb4-1f58c9b5a410) — Accounting · QP · 2020 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2019-eng-d/c1fd0a17-efd3-4e15-8fe6-9f33bd56e49a) — Accounting · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
