# Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2017-afr/6f86a7bd-deba-4e89-bc54-1dfd896ca340
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2017-afr/6f86a7bd-deba-4e89-bc54-1dfd896ca340)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               REKENINGKUNDE

                           FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 16 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               2                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.       Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
         toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                3                                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

8.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                             VRAAG 1: 30 punte; 20 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Finansiële rekeningkunde
                                          Begrippe
                                          BTW-berekeninge
         BTW en Versoening                Bankversoening
                                          Bestuur van hulpbronne
                                          Interne beheer

                             VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Bestuursrekeningkunde
                                          Begrippe
         Voorraadwaardasie en             Voorraadwaardasie
         Probleemoplossing                Bestuur van hulpbronne
                                          Interne beheer

                               VRAAG 3: 75 punte; 45 minute
         Onderwerp van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
                                     Finansiële rekeningkunde
         Maatskappy Finansiële State Inkomstestaat
         en Vertolking               Balansstaat en notas
                                          Vertolking van finansiële inligting

                             VRAAG 4: 70 punte; 40 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Finansiële rekeningkunde
                                          Begrippe
         Kontantvloeistaat en             Kontantvloeistaat
         Vertolking                       Vertolking van finansiële inligting
                                          Bestuur van hulpbronne
                                          Interne beheer

                             VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Bestuursrekeningkunde
                                          Produksiekostestaat
         Vervaardiging                    Gelykbreek-berekeninge
                                          Bestuur van hulpbronne
                                          Interne beheer

                             VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Bestuursrekeningkunde
                                          Kontantbegroting en berekeninge
         Begrotings
                                          Bestuur van hulpbronne
                                          Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               4                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

VRAAG 1: BTW EN VERSOENING                                      (30 punte; 20 minute)

1.1      BEGRIPPE

         GEVRA:

         Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.4 E.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
         1.1.1 Skoolgelde                        A   BTW deur die handelaar vir
                                                     verkope van handelsware
         1.1.2 Uitset-BTW                            ontvang

         1.1.3 BTW-handelaar                     B   'n voorbeeld van 'n item wat
                                                     vrygestel is van BTW

                                                 C   BTW is by die verkoopprys
                                                     ingesluit

                                                 D   'n onderneming met 'n jaarlikse
                                                     omset van meer as R1 000 000
                                                                               (3 x 1)        (3)

1.2      BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)

         Thanda Handelaars is 'n BTW-geregistreerde onderneming. Alle items is
         onderhewig aan BTW teen 14%.
         GEVRA:

         1.2.1        Bereken die BTW-bedrag, hetsy ontvangbaar van of betaalbaar
                      aan die SAID op 31 Julie 2016. Dui aan of hierdie bedrag
                      ontvangbaar of betaalbaar is.                                           (9)

         1.2.2        Die eienaar wil die BTW-bedrag op oninbare skuld van R840 na
                      R4 200 verander. Gee EEN rede waarom jy nie met hom
                      saamstem nie.                                                           (2)

         INLIGTING:

         Die volgende transaksies het betrekking op Thanda Handelaars vir die
         BTW-tydperk geëindig 31 Julie 2016:

          A      Saldo deur SAID verskuldig op 1 Julie 2016                R16 800
          B      Aankope van handelsvoorraad (BTW uitgesluit)             R825 000
          C      Kontant- en kredietverkope (BTW ingesluit)              R1 539 000
          D      BTW op korting ontvang van verskaffers                      R1 120
          E      BTW op oninbare skulde afgeskryf                             R840

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.3      BANKVERSOENING

         Die volgende inligting het betrekking op Sizwe Handelaars vir Julie 2016.
         GEVRA:
         1.3.1       Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening in die Algemene
                     Grootboek op 31 Julie 2016. Noem of hierdie saldo gunstig of
                     ongunstig is.                                                                 (8)

         1.3.2       Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2016 op.                             (6)

         1.3.3       Verwys na Inligting C.
                     Verduidelik EEN interne beheermaatreël wat die onderneming
                     behoort in te stel om te verseker dat dit nie in die toekoms weer
                     gebeur nie.                                                                   (2)
         INLIGTING:
         A.          Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2016:
                     Gunstige saldo volgens Bankstaat                                R42 555
                     Uitstaande deposito (gedateer 11 Junie 2016)                    R37 800
                     Uitstaande tjeks:
                      Nr. 186 (gedateer 22 Januarie 2016)                              R450
                      Nr. 305 (gedateer 30 Augustus 2016)                             R8 400
         B.          Die saldo in die Bankrekening is op 31 Julie 2016 voorlopig as 'n
                     gunstige saldo van R16 785 bereken voordat die items in die lys
                     hieronder in berekening gebring is.
         C.          Tjek nr. 186 verskyn nie op die Bankstaat vir Julie 2016 nie.
         D.          Die volgende items verskyn slegs op die Bankstaat vir Julie:
                     •   Rente op 'n gunstige banksaldo verdien, R285
                     •   Bankkoste, R950
                     •   Ongeïdentifiseerde debietorder van R1 950. Die bank het
                         onderneem om die fout op die Bankstaat vir Augustus 2016 reg
                         te stel.
         E.          Tjek nr. 374 verskyn korrek op die Bankstaat as R8 450. Die
                     Kontantjoernaal toon dit as R4 850.
         F.          Die uitstaande deposito van R37 800 verskyn nie op die Bankstaat
                     vir Julie 2016 nie. 'n Ondersoek het getoon dat hierdie geld nooit
                     gedeponeer is nie. Die kassier het verdwyn.
         G.          Die volgende inskrywings is slegs in die Kontantjoernale vir
                     Julie 2016:
                     •   'n Deposito van R27 180 op 31 Julie 2016 gedoen
                     •   Tjek nr. 401 (gedateer 18 Julie 2016), R18 600
         H.          Die saldo op die Bankstaat op 31 Julie 2016 is die ontbrekende
                     syfer.
                                                                                                   30
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 6                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE EN PROBLEEMOPLOSSING
                                           (40 punte; 25 minute)

2.1      BEGRIPPE

         Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs
         die woorde langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         2.1.1        Die metode wat vir baie duur, individueel identifiseerbare items
                      toepaslik is, is die ...-metode.                                           (1)

         2.1.2        Die metode wat aanvaar dat die ouer voorraad eerste verkoop
                      word, is die ...-metode.                                                   (1)

         2.1.3        Die metode wat die totale koste van goedere wat vir verkope
                      beskikbaar is, deur die getal eenhede deel, is die ...-metode.             (1)

2.2      AB SPORTWINKEL

         André Brand is die eienaar van hierdie onderneming. Hierdie onderneming
         gebruik die periodieke voorraadstelsel.

         2.2.1        Bereken die eenheidsprys van krieketkolwe op 1 Julie 2015.                 (2)

         2.2.2        Bereken die waarde van die voorraad voorhande op 30 Junie 2016
                      deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik.                             (10)

         2.2.3        Bereken die bruto wins op 30 Junie 2016.                                   (5)

         2.2.4        Bereken hoe lank (in dae) dit na verwagting sal neem om die
                      eindvoorraad van 465 krieketkolwe te verkoop. Gebruik die
                      eindvoorraad in jou berekening.                                            (4)

         2.2.5        André is bekommerd oor die beheer van krieketkolwe.

                      •   Verskaf 'n berekening om sy bekommernis te staaf.                      (5)

                      •   Hoe kan André hierdie probleem oplos? Verduidelik EEN punt.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                7                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INLIGTING:
A.     VOORRAAD VAN KRIEKETKOLWE

                                                             EENHEIDS-
                                                EENHEDE                     TOTAAL
                                                               PRYS
        Aanvangsvoorraad (1 Julie 2015)           350            ?           R420 000
        Eindvoorraad (30 Junie 2016)              465            ?             ?

B.     AANKOPE, TERUGSENDINGS EN VRAGGELD

                                                             EENHEIDS-
                                                EENHEDE                     TOTAAL
                                                               PRYS
        Aankope                                   3 150                     R4 302 500
            September 2015                        1 100         R1 250      R1 375 000
            Januarie 2016                          950          R1 350      R1 282 500
            Maart 2016                             650          R1 475       R958 750
            Junie 2016                             450          R1 525       R686 250

        Terugsendings (van Junie-aankope)          20            ?               ?

        Vraggeld op aankope:
        • Totale vervoerkoste van voorraad gedurende die jaar aangekoop, is
           R110 400.
        • Geen terugbetaling is vir vraggeld op terugsendings ontvang nie.

C.     VERKOPE
       Totale verkope van R5 400 000 bestaan uit 3 000 krieketkolwe verkoop teen
       R1 800 elk.
2.3   PROBLEEMOPLOSSING
      Best Fone verkoop selfone van een handelsmerk. Die eienaar, Bennie Roos, het
      drie takke in verskillende winkelsentrums. Die tabel hieronder toon die jaarlikse
      syfers van die takke vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2017, soos deur
      die boekhouer voorgehou.
      GEVRA:

      Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke tak. Haal syfers aan om jou
      antwoord te staaf. Gee in ELKE geval vir Bennie raad.                                      (9)

                     INLIGTING VIR 2017           PARYS-       PRETORIA-     POFADDER-
                                                    TAK           TAK            TAK
         Getal selfone beskikbaar vir verkope       440           390            280
         Getal bestellings ontvang                  110           300            400
         Getal selfone verkoop                      110           300            280
         Eindvoorraad                               330            90             0
         Verkoopprys per selfoon                   R7 200        R6 000        R6 400
         Winsopslag-persentasie                     80%           50%            60%
         Bedrag gedurende die jaar gedeponeer     R792 000     R1 680 000     R1 792 000

                                                                                           40
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  8                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE EN VERTOLKING
                                               (75 punte; 45 minute)
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Gandhi Bpk. vir die finansiële jaar
geëindig 28 Februarie 2017.
GEVRA:

3.1      Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op. Let daarop
         dat sommige inligting reeds in die ANTWOORDEBOEK ingesluit is.                       (33)
3.2      Stel die volgende notas tot die Balansstaat op:
         3.2.1        Gewone aandelekapitaal                                                  (10)
         3.2.2        Behoue inkomste                                                         (10)
3.3      Voltooi die EKWITEIT EN LASTE-afdeling van die Balansstaat. Toon
         bewerkings tussen hakies.                                                            (16)
3.4      B Sly ('n aandeelhouer) het 400 000 gewone aandele op 1 Maart 2016 besit.
         Sy het 80 000 addisionele aandele op 31 Maart 2016 gekoop.
         Sy het die HUB oortuig om 250 000 aandele op 28 Februarie 2017 van ander
         aandeelhouers terug te koop.
         3.4.1        Bereken B Sly se persentasie aandelebelang in die maatskappy
                      voor en na die terugkoop van aandele.                                   (4)
         3.4.2        Verduidelik waarom die ander aandeelhouers bekommerd sal
                      wees oor hierdie transaksie.                                            (2)
INLIGTING:
A.       Die volgende saldo's/totale, onder andere, het op 28 Februarie 2017 in die
         boeke verskyn:
                                                                             R
         Gewone aandelekapitaal                                                        ?
         Behoue inkomste                                                               ?
         Lening: Anca Bank                                                       433 500
         Handelsvoorraad (voor die jaarlikse voorraadopname)                     231 700
         Debiteurekontrole                                                       540 000
         Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2016)                           19 600
         Krediteurekontrole                                                      395 200
         SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings)                 360 000
         Huurinkomste                                                             61 900
         Rente-inkomste                                                                ?
         Diverse uitgawes                                                              ?
         Direkteursfooie                                                         605 500
         Ouditfooie                                                               29 000
         Gewone aandele-dividende (tussentyds)                                   420 000

B.       Die bruto wins vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2017 is op R3 150 000
         bereken. 'n Winsopslag van 60% op kosprys is bereik.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  9                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

C.       Die volgende aansuiwerings moet nog in berekening gebring word:

         •      Die voorraadopname op 28 Februarie 2017 het handelsvoorraad van
                R207 500 voorhande getoon.

         •      Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R21 600 verhoog word.

         •      Een derde (1/3) van die ouditfooi is nog op 28 Februarie 2017 verskuldig.

         •      Een van die drie direkteure se fooi vir Februarie 2017 is nog aan hom
                verskuldig. Al drie direkteure het dieselfde maandelikse fooi ontvang.

         •      'n Onbenutte stoorkamer is vanaf 1 Junie 2016 verhuur. Die huur is op
                1 Januarie 2017 met R2 700 per maand verhoog. Die huur vir
                Februarie 2017 is nog uitstaande.

         •      Diverse uitgawes is die balanseersyfer.

D.       Lening: Anca Bank

         Rente op die lening word gekapitaliseer, maar geen inskrywing is in die boeke
         gemaak nie. 'n Maandelikse paaiement van R5 200 (insluitend rente) word
         betaal. Dit is in berekening gebring. Die leningstaat toon 'n eindsaldo van
         R487 000. Die maatskappy beplan om hulle leningsterugbetalings te verhoog
         om 20% van die leningsaldo in die volgende finansiële jaar af te betaal.

E.       Bedryfswins op verkope was 14,5%.

F.       Inkomstebelasting teen 32% van die netto wins het R396 800 beloop.

G.       Aandelekapitaal en dividende:

         •      Die maatskappy is met 'n gemagtigde aandelekapitaal van 1 200 000
                gewone aandele geregistreer.
         •      85% van die gemagtigde aandele is reeds op 1 Maart 2016 uitgereik.

         •      Die direkteure het op 31 Maart 2016 al die onuitgereikte aandele
                uitgereik. EFO-betalings ten bedrae van R756 000 is ontvang.

         •      Die maatskappy het 250 000 aandele teruggekoop op 27 Februarie 2017
                teen R4,15 per aandeel.
         •      'n Tussentydse dividend is op 6 September 2016 betaal.

         •      'n Finale dividend van 25 sent per aandeel is op 28 Februarie 2017
                verklaar. Alle aandeelhouers (insluitend die teruggekoopte aandele) was
                geregtig op finale dividende. Dit moet nog in berekening gebring word.

                                                                                                  75

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  10                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING                            (70 punte; 40 minute)

4.1      BEGRIPPE

         Kies die korrekte term om elk van die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs
         die term langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

                     bedryfskapitaal;     invloei van kontant;  rente op lening;
                            uitvloei van kontant;     waardevermindering

         4.1.1        'n Toename in handelsvoorraad is 'n aanduiding van 'n …                      (1)

         4.1.2        Daar word na die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste
                      verwys as …                                                                  (1)

         4.1.3        … word as 'n niekontant-item beskou.                                         (1)

         4.1.4        'n Vermindering in debiteure sal 'n … aandui.                                (1)

4.2      BRAZILIA BPK.

         Die volgende inligting het betrekking op Brazilia Bpk. vir die finansiële jaar
         geëindig 31 Oktober 2016.

         GEVRA:

         4.2.1        Noem EEN doelwit van 'n Kontantvloeistaat.                                   (2)

         4.2.2        Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 31 Oktober 2016.
                      Sommige bedrae is reeds vir jou ingevul.                                     (27)

         4.2.3        Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar
                      geëindig 31 Oktober 2016. Rond jou berekening af tot EEN
                      desimale punt of tot die naaste sent, waar van toepassing.

                      •   Vuurproefverhouding                                                      (4)

                      •   % opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB)                                 (4)

                      •   Verdienste per aandeel (VPA)                                             (3)
         INLIGTING:

         A.           Uittreksel uit die      Inkomstestaat   vir     die   jaar    geëindig
                      31 Oktober 2016:

                      Waardevermindering                                             154 000
                      Rente op lening                                                336 000
                      Netto wins voor belasting                                    1 938 600
                      Inkomstebelasting                                              560 000
                      Netto wins na belasting                                      1 378 600

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  11                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

        B.      Syfers uit die Balansstaat op 31 Oktober geïdentifiseer:
                                                Gemiddeld            2016           2015
                                                   R                  R              R
                Vaste bates teen drawaarde                        10 041 000       8 878 000
                Vaste deposito: Granite Bank                         760 000       1 000 000
                Niebedryfslas: Lening van
                                                    2 625 000      2 450 000       2 800 000
                Metal Bank
                Bedryfsbates                                       1 186 600       1 191 200
                Bedryfslaste                                       1 236 000       1 359 200
                Gewone aandeelhouersbelang          7 605 800      8 301 600       6 910 000
                Behoue inkomste                                    1 021 600         960 000
                Gewone aandelekapitaal                             7 280 000       5 950 000

        C.      Syfers geneem uit die notas tot die Balansstaat op 31 Oktober:
                                                          2016                   2015
                                                            R                      R
                Aandeelhouers vir dividende                   656 000                595 000
                SAID (Inkomstebelasting)              Debiet 28 500         Krediet   41 750
                Debiteurekontrole                             527 000                816 200
                Krediteurekontrole                            580 000                374 000
                Bank                                  Debiet 174 500        Krediet 348 450
                Kleinkas                                        5 000                  3 000
                Handelsvoorraad                               451 600                372 000
        D.      Aandelekapitaal
                •    Die gemagtigde aandelekapitaal         van      die    maatskappy      is
                     5 000 000 aandele.
                •    700 000 aandele is reeds op 31 Oktober 2015, die laaste dag van
                     die vorige finansiële jaar, uitgereik.
                •    120 000 nuwe aandele is op 1 November 2015, die begin van die
                     huidige finansiële jaar, uitgereik.
                •    20 000 aandele is op 31 Oktober 2016 teen R15,50 elk
                     teruggekoop. Die gemiddelde uitreikprys van die aandele op die
                     datum van terugkoop was R9,10 per aandeel. Hierdie aandele
                     kwalifiseer vir finale dividende.
        E.      Dividende
                Die direkteure het 'n tussentydse         dividend     van R533 000 op
                28 Mei 2016 betaal.
        F.      Vaste bates
                •    Aanbouings is in die finansiële jaar teen 'n koste van R1 360 000
                     onderneem. Geen ander vaste bates is aangekoop nie.
                •    Toerusting is gedurende die finansiële jaar teen drawaarde
                     verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   12                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

4.3      GRAYSON BPK. EN JONI BPK.
         Die finansiële aanwysers en ander inligting verskaf, verwys na TWEE
         verskillende maatskappye, Grayson Bpk. en Joni Bpk. Beide maatskappye is
         op die aandelebeurs gelys.
         LET WEL: Wanneer jy die vrae hieronder beantwoord, haal die relevante
                  finansiële aanwysers met werklike syfers (persentasies,
                  verhoudings en/of bedrae) aan.
         GEVRA:
         4.3.1       Watter maatskappy hanteer NIE sy bedryfskapitaal effektief NIE?
                     Verduidelik wat die grootste probleem ten opsigte van hul
                     bedryfskapitaal is, deur TWEE finansiële aanwysers aan te haal.              (7)
         4.3.2       Die maatskappye het verskillende besluite oor die gebruik van lenings
                     geneem. Lewer kommentaar op die risikograad en finansiële
                     hefboomverhouding. Gee EEN finansiële aanwyser in ELKE geval vir
                     ELKE maatskappy.                                                             (7)
         4.3.3       Die dividendbeleid wat elke maatskappy gebruik, is vir die afgelope
                     vier jaar gehandhaaf. Verduidelik die beleid wat deur ELKE
                     maatskappy gebruik is. Verskaf syfers om jou verduideliking in ELKE
                     geval te staaf.                                                              (6)
         4.3.4       Behoort ELKE maatskappy tevrede te wees met hulle aandeleprys op
                     die JSE? Verduidelik. Verskaf syfers.                                        (6)
         IINLIGTING:
         Die volgende finansiële aanwysers/ander inligting is uit die rekords van
         Grayson Bpk. en Joni Bpk. op 31 Maart 2016, die finansiële jaareinde:
                                                              GRAYSON            JONI
                                                                BPK.             BPK.
         Bedryfsverhouding                                     1,65 : 1         4,40 : 1
         Vuurproefverhouding                                   1,20 : 1         0,85 : 1
         Voorraadhoudingstydperk                               38 dae           184 dae
         Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang
                                                                16,1%             8,9%
         (OOAB)
         Skuld-eienaarsbelangverhouding                        0,85 : 1          0,1 : 1
         Opbrengs op gemiddelde totale kapitaal
                                                                 27%               4%
         aangewend (OOTKA)
         Verdienste per aandeel (VPA)                          540 sent         730 sent
         Dividende per aandeel (DPA)                           528 sent         292 sent
         Netto batewaarde per aandeel (NBW)                   1 200 sent        425 sent
         Markprys per aandeel op die JSE                       875 sent         763 sent
         Rentekoers op lenings                                   14%              14%
         Rentekoers op vaste deposito's                           8%               8%
         Persentasie dividenduitbetaling                         98%              40%

                                                                                                  70

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     13           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                 NSS

      LAAT HIERDIE BLADSY
            BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   14                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 5: VERVAARDIGING                                                (45 punte; 25 minute)

5.1      MOSES VERVAARDIGERS

         Die volgende inligting het betrekking op Moses Vervaardigers, 'n klein
         onderneming wat fotorame vervaardig. Die finansiële jaar het op
         30 April 2016 geëindig.

         GEVRA:

         5.1.1        Stel die Produksiekostestaat op vir die jaar geëindig 30 April 2016.          (16)

         5.1.2        Voltooi die verkorte Inkomstestaat om die netto wins vir die jaar
                      geëindig 30 April 2016 te bereken.                                            (8)

         INLIGTING:

         A.           Voorraadrekords                30 APRIL 2016         30 APRIL 2015
                Grondstofvoorraad                         R58 560              R37 600
                Goedere-in-bewerkingsvoorraad             ?                   R142 000

                •   Aankope van grondstowwe vir die finansiële jaar beloop R555 000.
                •   Foutiewe materiaal ter waarde van R21 000 is na die verskaffers
                    teruggestuur.
         B. Die onderneming het 39 000 eenhede teen 'n kosprys van R45 elk
            vervaardig.
         C. Die volgende inligting is op 30 April 2016 bereken.

                                                                               R
                Direkte materiaalkoste                                         ?
                Direkte arbeidskoste                                               716 960
                Fabrieksbokoste (Sien D hieronder.)                                468 450
                Verkoops- en verspreidingskoste (Sien D hieronder.)                609 850
                Administrasiekoste (Sien D hieronder.)                             443 950
                Koste van produksie van klaarprodukte                          ?
                Bruto wins                                                     1 250 000

         D. Die volgende items moet in berekening gebring word:

                •   Administrasiekoste sluit die jaarlikse versekeringspremie             van
                    R22 750 in, alhoewel 60% aan die fabriek toegeken moet word.

                •   Fabrieksbokoste sluit die volle bedrag vir huur betaal in, R36 300. Dit
                    moes egter volgens vloerspasie toegeken word. Die spasies is: fabriek
                    400 vierkante meter, kantoor 120 vierkante meter, winkel 80 vierkante
                    meter.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  15                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

5.2      EENHEIDSKOSTE EN GELYKBREEK-ONTLEDING

         Bill Vervaardigers is 'n besigheid wat potloodsakkies maak. Bill is bekommerd
         oor sy produksiekoste.

         GEVRA:

         5.2.1       Verduidelik die verskil tussen vaste koste en veranderlike koste.            (2)

         5.2.2       Bereken die gelykbreekpunt vir 2017.                                         (5)

         5.2.3       Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en die produksievlak vir
                     2016 en 2017. Verduidelik waarom die eienaar tevrede moet wees,
                     of nie.                                                                      (6)

         5.2.4       Identifiseer die veranderlike koste wat die eienaar die meeste
                     bekommernis behoort te verskaf. Verduidelik en verskaf 'n
                     berekening om jou antwoord te staaf.                                         (4)

         5.2.5       Ten spyte van die feit dat daar 'n afname in die vaste koste per
                     eenheid was, is die eienaar steeds nie met sy beheer oor die vaste
                     koste tevrede nie. Verduidelik en verskaf berekening(e) om sy
                     mening te staaf.                                                             (4)

         INLIGTING:

                                                    POTLOODSAKKIES
                                                     EENHEIDSKOSTE
                                                    2017       2016
         Veranderlike koste                           R11,60     R11,00
         Direkte materiaalkoste                          6,03       5,80
         Direkte arbeidskoste                            4,05       3,50
         Verkoops- en verspreidingskoste                 1,52       1,70
         Vaste koste                                   R5,40      R5,50
         Fabrieksbokoste                                 3,50       3,65
         Administrasiekoste                              1,90       1,85
         Verkoopprys per eenheid                      R17,80            R16,50
                                                  Eenhede          Eenhede
         Eenhede vervaardig en verkoop             80 000           65 000
         Gelykbreekeenhede                           ?              65 000

         LET WEL: Neem die inflasiekoers van 8% in ag.

                                                                                                  45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   16                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 6: BEGROTINGS                                               (40 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van die onvolledige                  Debiteure-invorderingskedule     en
Kontantbegroting van Zeppe Bazaar.

GEVRA:

6.1      Bereken die verwagte maandelikse persentasie goedere op krediet verkoop.               (4)

6.2      Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Maart 2017.                               (5)

6.3      Die eienaar wil die kontrole oor debiteure verbeter. Kredietperiode is 30 dae.

         6.3.1        Verduidelik waarom die eienaar bekommerd is. Gee TWEE redes
                      met stawende syfers.                                                      (4)

         6.3.2        Stel EEN oplossing vir die probleem voor.                                 (2)

6.4      Bereken die volgende:

         6.4.1        (a) en (b) soos in die begroting getoon. Gebruik begrote syfers in
                      jou berekeninge.                                                          (11)

         6.4.2        Die persentasie verhoging in huur op 1 Maart 2017                         (4)

         6.4.3        Die bedrag rente op die belegging wat na verwagting in Maart 2017
                      ontvang sal word                                                          (4)

6.5      Verwys na Inligting H.
         Identifiseer TWEE betalings wat jy meen in Februarie 2017 swak bestuur is.
         Gee in ELKE geval 'n voorstel om die interne kontrole van die items
         geïdentifiseer, te verbeter.                                                           (6)

INLIGTING:
A.       Die Debiteure-invorderingskedule vir Februarie en Maart 2017
                 MAAND        KREDIETVERKOP E        FEBRUARIE             MAART
         Desember 2016                74 000             16 280
         Januarie 2017                68 000             27 200             ?
         Februarie 2017               70 000             24 010             ?
         Maart 2017                   64 000                                ?
         Kontant van debiteure                           67 490             ?

B.       Daar word verwag dat debiteure soos volg sal betaal:

         •   35%     betaal in die maand van verkope. Hulle ontvang 'n 2%-korting.
         •   40%     betaal in die maand wat op die maand van verkope volg.
         •   22%     betaal twee maande na die maand van verkope.
         •   3%      is oninbare skulde.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                17                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

C.       Alle goedere word teen 'n winsopslag van 25% op kosprys verkoop.
D.       Voorraad verkoop word in die maand van verkope vervang ('n voorraadbasis
         word gehandhaaf).
E.       Alle voorraad word op krediet aangekoop. Krediteure word in die maand wat
         op die maand van aankope volg, betaal om 5% korting vir vroeë betaling te
         ontvang.
F.       Die onderneming het vier verkoopsassistente op dieselfde salarisskaal in
         diens. Hulle sal met ingang 1 Maart 2017 'n inflasiegebaseerde verhoging van
         7,5% ontvang. 'n Addisionele verkoopsassistent sal op 1 Maart 2017 in diens
         geneem word, maar sy sal geen verhoging ontvang nie.
G.       'n Vaste deposito verval op 31 Maart 2017. Dit sal saam met rente teen
         8% p.j. vir die laaste kwartaal van die termyn ontvang word.
H.       UITTREKSEL UIT BEGROTING VIR FEBRUARIE 2017 EN MAART 2017

                                                       FEBRUARIE            MAART
                                                   BEGROOT     WERKLIK    BEGROOT
         Ontvangste
         Kontantverkope                               17 500     18 640       16 000
         Kontant van debiteure                        67 490     43 870       ?
         Huurinkomste                                 11 200     11 200       12 544
         Vaste deposito (insluitend rente)                 -          -       16 830
         Betalings
         Betalings aan krediteure (vir voorraad)      68 000     68 000           (a)
         Salarisse: kantoorpersoneel                  19 000     19 000       20 900
         Salarisse: verkoopsassistente                20 800     20 800           (b)
         Munisipale dienste                           10 600     10 600       11 000
         Onttrekkings                                  3 000      5 500        3 000
         Skryfbehoeftes                                1 200      2 600        1 200
         Leningspaaiement                              5 000      5 000        5 000
         Instandhouding van kantoortoerusting          3 800      1 500        3 800
         Advertensies                                  2 400      1 000        2 400

I.       DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE OP 28 FEBRUARIE 2017

              Totaal         30 dae          60 dae        90 dae         90+ dae
            verskuldig
             R110 400       R53 000         R32 000       R17 800         R7 600
                             48%             29%           16%             7%
                                                                                        40

                                                                            TOTAAL:          300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2017-eng/1553532b-c4b5-4962-b321-ef37e71fb728) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Accounting Feb March 2017 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2017-answer-book-afr/50fb6ae0-8ade-4ce1-a2d1-9e6826c6adbf) — Accounting · Addendum · 2017 · Afr
- [Accounting Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2017-memo-afr/7a152001-7faf-4ef1-b555-2b3684b8b2de) — Accounting · Memo · 2017 · Afr
- [Accounting Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2017-memo-eng/f4ca2f8c-4acd-4a6a-a42a-1a6917f73109) — Accounting · Memo · 2017 · Eng
- [Accn Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/accn-qp-eng/265bc973-172b-49fd-b391-a52424963bfe) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Accounting Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-preparatory-2017-question-paper/135a4f47-f617-4ff6-a737-9714bac9f481) — Accounting · QP · 2017

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
