# Accounting Grade 12 Accounting 2021 Exam Guideline (Afr)

> Grade 12 Accounting exam guideline from the Accounting 2021 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/4ad7d163-0859-4ba1-938c-3711cd4fc569
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Accounting
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Accounting 2021 Exam Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/4ad7d163-0859-4ba1-938c-3711cd4fc569)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Accounting · 2021. Exam guideline, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  DESIGN

                        REKENINGKUNDE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 27 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              2                                       DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

INHOUD                                                                              Bladsy

1.     INLEIDING                                                                       3

2.     FORMAAT VAN HALFJAAR- EN JAAREINDEKSAMENVRAESTELLE                              4

3.     EKSAMINEERBARE EN NIE-EKSAMINEERBARE INHOUD                                     5

4.     RELEVANTE AFDELINGS VAN DIE KABV VIR REKENINGKUNDE WAT 'N
       DIREKTE UITWERKING OP DIE OPSTEL VAN EKSAMENVRAESTELLE
       HET                                                                             7

5.     MOEILIKHEIDSGRADE                                                               8

6.     SLOT                                                                            8

7.     BYLAES                                                                          9

       BYLAE 1:       KONTROLELYS VAN REKENINGKUNDE-ONDERWERPE VIR
                      TWEE EKSAMENVRAESTELLE, GRAAD 10–12                              9

       BYLAE 2:       VOORTSETTING VAN SPESIFIEKE BELEIDSMAATREËLS
                      MET BETREKKING TOT SEKERE GRAAD 12-ONDERWERPE                   11

       BYLAE 3:       OPSOMMING VAN DIE JAARLIKSE ONDERRIGPLAN                        12

       BYLAE 4:       GRAAD 12 REKENINGKUNDE: FORMULEBLAD                             13

       BYLAE 5:       VERDUIDELIKING VAN SEKERE ASPEKTE VAN DIE KABV-
                      INHOUD                                                          14

       BYLAE 6:       VOORBEELDE VAN SPESIFIEKE ITEMS VAN DIE KABV-
                      INHOUD                                                          18

                      6.1   Aandele met geen pariwaarde                               18
                      6.2   Terugkoop van aandele                                     19
                      6.3   Verdelings- en Behoue-inkomsterekeninge: Terugkoop
                            van aandele                                               21
                      6.4   Spesifieke identifikasiemetode van voorraadwaardasie      24
                      6.5   Gelykbreekpunt (GBP) en Bydrae per eenheid                25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                3                                        DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

1.   INLEIDING

     Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Rekeningkunde beskryf die
     aard en doel van die vak Rekeningkunde. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is
     van die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die punte uiteengesit in die
     KABV het dus 'n beduidende uitwerking op die opstel van Rekeningkunde-eksamens.

     Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

        Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die
         graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Rekeningkunde geassesseer
         gaan word.
        Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te
         berei.

     Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel
     op geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.

     Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

        Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleids-
         verklaring (KABV): Rekeningkunde
        Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
         Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
         Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering
         (Graad R–12)
        Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
         Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  4                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

2.      FORMAAT VAN HALFJAAR- EN JAAREINDEKSAMENVRAESTELLE

        Die halfjaar- en jaareindeksamen vir Rekeningkunde bestaan uit TWEE vraestelle van
        2 uur vir 150 punte elk. Die aantal vrae kan van 3 tot 5 vrae per vraestel wissel. Daar is
        geen voorskrifte vir die punte wat per vraag toegeken word nie.
        Alle vrae is VERPLIGTEND en moet in spesiale voorbereide antwoordeboeke
        beantwoord word. Hierdie antwoordeboeke is ontwerp om leerders met tydsbestuur te
        help. Leerders moet egter verstaan dat die antwoordboeke nie ontwerp is om die volle
        inhoud van die vrae of subvrae te herhaal nie. Hulle moet na die vraestel verwys om te
        verseker dat hulle antwoorde aan die vereistes van elke vraag of subvraag voldoen.
        Die Rekeningkunde-onderwerpe (voorheen in drie velde) is in twee breë dissiplines
        geïntegreer. Dissipline 1 dek onderwerpe vir verslagdoening aan eksterne belang-
        hebbendes, terwyl Dissipline 2 onderwerpe dek wat met interne rekeningkundige
        prosesse verband hou.
        Die gewigswaarde van elke breë dissipline oor beide vraestelle is aangepas tot:
            AANGEPASTE GEWIGSWAARDES OM VIR TWEE EKSAMENVRAESTELLE
                             VOORSIENING TE MAAK
                                                                              Vraestel 1
         Dissipline 1    Finansiële Verslagdoening & Evaluering
                                                                            150 punte; 2 uur
                         Bestuursrekeningkunde, Interne Oudit &               Vraestel 2
         Dissipline 2
                         Beheer                                             150 punte; 2 uur
                         TOTALE PUNTE VIR VRAESTEL 1 EN 2                         300

        LET WEL:
           Verwys na die tabel hieronder en na BYLAE 1 vir spesifieke eksamineerbare inhoud
            vir albei eksamenvraestelle.
           Die beginsel van die integrasie van die onderwerpe Etiek en Interne Beheer in die
            onderrig van ander onderwerpe, waar van toepassing, word behou.
           Die onderwerp Korporatiewe Bestuur het veral betrekking op maatskappye en
            gepubliseerde finansiële state en word dus by Dissipline 1 ingesluit en sal in
            Vraestel 1 geëksamineer word.
           Die onderwerp Etiek is van toepassing op beide dissiplines en kan in beide
            vraestelle geëksamineer word, terwyl die onderwerp Interne Beheer in Dissipline 2
            ingesluit is en in Vraestel 2 geëksamineer sal word.
           Sekere finansiële aanwysers is van toepassing op beide die breë dissiplines en
            beide eksamenvraestelle. Hierdie aanwysers word hieronder en ook in BYLAE 1
            aangedui.
           Alhoewel 'n formuleblad voorsien sal word, sal kandidate die toepaslike finansiële
            aanwysers moet kan identifiseer wat bereken en in ondersteunende kommentaar
            gebruik moet word om finansiële inligting te kan interpreteer/ontleed en evalueer.
            Onderwysers word aangeraai om leerders te help om die logika van elke finansiële
            aanwyser te verstaan om hul kommentaar op hierdie aanwysers toe te lig en dus
            nie net op die formuleblad staat te maak nie.
           Aangesien die huidige graad 12 jaarlikse onderrigplan (JOP) vir die eerste twee
            kwartale fokus op Dissipline 1-inhoud, is die JOP hersien deur Kosterekeningkunde
            (Vervaardiging) in Kwartaal 2 te onderrig en Belasting op Toegevoegde Waarde
            (BTW) na Kwartaal 3 te skuif sodat 'n meer geloofwaardige en goed gebalanseerde
            halfjaar graad 12-eksamenvraestel met die korrekte gewigswaardes opgestel kan
            word. Die hersiene opsomming van die JOP vir graad 12 is in BYLAE 3 ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
    Rekeningkunde                                          5                                                     DBE/2021
                                                      Eksamenriglyne

    3.        EKSAMINEERBARE EN NIE-EKSAMINEERBARE INHOUD

    LET WEL:       Hierdie is slegs 'n opsomming. Onderwysers moet na die Rekeningkunde KABV
                   verwys vir spesifieke vereistes. Verwys na Afdeling 4 hieronder vir meer
                   besonderhede insluitend toepaslike inhoud uit vorige grade.

                                                GRAAD 12: VRAESTEL 1
                                         Finansiële Verslagdoening & Evaluering
    12.1.1    Begrippe met betrekking tot maatskappye
    12.1.2    Begrippe met betrekking tot AARP & IFVS ('IFRS')                           Ingesluit: uitreik van aandele teen
                                                                                         uitreikprys (geen pariwaarde, geen
    12.1.3    Unieke Grootboekrekeninge van maatskappye & die vertolking daarvan         aandelepremie nie); terugkoop van
    12.1.4    Rekeningkundige vergelyking van maatskappye                                aandele
                                                                                         Sien BYLAES 5.1, 5.2, ,6.1, 6.2 & 6.3.
    12.1.5    Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse van maatskappye
    12.1.6    Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van maatskappye              Ingesluit: waardasie van vaste bates
                                                                                         (sien 12.1.11) en voorraadwaardasie
    12.1.7    Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & Notas van maatskappye         (sien 12.1.12)
    12.1.8    Kontantvloeistaat van maatskappye
    12.1.9    Ontleding & vertolking van finansiële state van maatskappye *              Sluit alle finansiële state in
                                                                                         (Sien 12.1.6, 12.1.7, 12.1.8, 12.1.10.)
    12.1.10   Ontleding & vertolking van gepubliseerde finansiële state & ouditverslae   Verwys na finansiële aanwysers
              van maatskappye *                                                          hieronder.
    12.1.11   Waardasie van vaste bates vir verslagdoening in finansiële state           Ingesluit: toevoegings, waarde-
                                                                                         vermindering & vervreemdings
    12.1.12   Voorraadwaardasie vir verslagdoeleindes in finansiële state                Integreer waardasiemetodes: EIEU,
                                                                                         geweegde gemiddelde & spesifieke
                                                                                         identifikasie
    12.1.13   Professionele instellings & Gedragskode                                    Rol van onafhanklike ouditeurs
                                                                                         Sien BYLAE 5.7.
    12.1.14   Etiese optrede & korporatiewe bestuur in finansiële omgewings              Sien BYLAE 5.7.
    12.1.15   Wetgewing wat op maatskappye van toepassing is (slegs oorsigtelik)         Maatskappywet (slegs algemene oorsig)
                                                                                         Sien BYLAE 5.7.
    12.1.16   Beslote korporasies (nie-eksamineerbaar)                                   Konsepte; Verskille tussen fin. state van
                                                                                         mpye en bk's (nie-eksamineerbaar)
                                              GRAAD 12: VRAESTEL 2
                                  Bestuursrekeningkunde & Interne Oudit en Beheer
    12.2.1    Ontleding & vertolking van rekonsiliasies: bank, debiteure, krediteure,    Sluit graad 11-inhoud oor versoenings
              ouderdomsontleding                                                         in. Sien BYLAE 5.3. Bankversoening
                                                                                         nie-eksamineerbaar in 2021.
    12.2.2    Belasting op Toegevoegde Waarde – inset, uitset en berekeninge             Berekening van die bedrag betaalbaar/
                                                                                         ontvangbaar; BTW-kontrolerekening
    12.2.3    Vervaardiging – begrippe
    12.2.4    Vervaardiging: Produksiekostestaat & Notas; Verkorte Inkomstestaat &       Sluit graad 11-inhoud oor Grootboek-
              Notas                                                                      rekeninge in
    12.2.5    Ontleding & vertolking van koste-inligting, eenheidskoste &                Verwys na finansiële aanwyser
              gelykbreekpunt                                                             hieronder.
                                                                                         Sien BYLAE 5.6 en 6.5.
    12.2.6    Ontleding & vertolking van Kontantbegroting vir eenmansake en mpye         Sluit graad 11-inhoud oor die opstel van
    12.2.7    Ontleding & vertolking van Geprojekteerde Inkomstestaat vir                hierdie items in
              eenmansake en maatskappye                                                  Sien BYLAE 5.4.
    12.2.8    Toepassing van interne beheer- & ouditprosesse: kontant, vaste bates,      Rol van interne ouditeurs
              voorraad, debiteure, krediteure, inkomste & uitgawes insluitend            Verwys na finansiële aanwysers
              salarisse/lone & insluitend finansiële aanwysers #                         hieronder.
    12.2.9    Optekening & beheer van vaste bates, insluitend toevoegings,
              waardevermindering & bateverkope
    12.2.10   Deurlopende en periodieke voorraadstelsels en beheer van voorrade
    12.2.11   Waardasie van voorrade: EIEU; Geweegde gemiddelde & Spesifieke             Verwys na finansiële aanwysers
              identifikasie #                                                            hieronder.
                                                                                         Sien BYLAE 5.5 en 6.4
    12.2.12   Etiese gedrag in finansiële omgewings                                      Sien BYLAE 5.7.

    Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               6                                    DBE/2021
                                       Eksamenriglyne

* Verwys na finansiële aanwysers vir Vraestel 1 hieronder.
# Verwys na finansiële aanwysers vir Vraestel 2 hieronder.

               FINANSIËLE AANWYSERS VIR FINANSIËLE VERSLAGDOENING
*                                  (GRAAD 12 VRAESTEL 1)
     Bruto wins op verkope                     Bruto wins op koste van verkope
     Netto wins op verkope                     Bedryfswins op verkope
     Bedryfsuitgawes op verkope                Voorraadomsetsnelheid
     Solvensieverhouding                       Voorraadhoudingstydperk
     Bedryfskapitaalverhouding                 Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode
     Vuurproefverhouding                       Gemiddelde krediteure-betalingsperiode
     Opbrengs op aandeelhouersekwiteit         Verdienste per aandeel
     Opbrengs op totale kapitaal aangewend     Dividende per aandeel
     Skuld-ekwiteitverhouding (geratheid)      Dividenduitbetalingskoers
     Netto batewaarde per aandeel

 #         FINANSIËLE AANWYSERS VIR INTERNE BEHEER EN VERVAARDIGING
                             (GRAAD 12 VRAESTEL 2)
     Bruto wins op koste van verkope            Voorraadomsetsnelheid
     Bedryfsuitgawes op verkope                 Voorraadhoudingstydperk
     Bedryfswins op verkope                     Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode
     Netto wins op verkope                      Gemiddelde krediteure-betalingsperiode
     Gelykbreekpunt

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                7                                       DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

4.      RELEVANTE AFDELINGS VAN DIE KABV VIR REKENINGKUNDE WAT 'N
        DIREKTE UITWERKING OP DIE OPSTEL VAN EKSAMENVRAESTELLE HET

        Die Rekeningkunde-KABV sluit verskeie vereistes in, wat nie net die algemene onderrig
        en assessering van die vak beïnvloed nie, maar ook 'n direkte uitwerking op die
        struktuur en inhoud van formele eksamens het, insluitend die Rekeningkunde NSS-
        eksamen. Die betrokke afdelings is soos volg: (Verwys na die KABV vir meer
        besonderhede.)

           KABV-
                                               BESONDERHEDE
          BLADSY
         Bladsy 8–9   Die aard en doel van Rekeningkunde, m.a.w. die vak is nie beperk
                      tot die opteken en voorbereiding van finansiële inligting nie; die vak
                      teiken ook die opteken-, ontledings-, interpreterings-, kommunikasie-,
                      aanbied- en probleemoplossingsvaardighede.
         Bladsy 8     Gewigstoekenning van inhoud wat in die graad 10–12-kurrikulum
                      behandel moet word
                      50%: Optekening, Verslagdoening en Evaluering van Finansiële
                               Inligting & Korporatiewe Bestuur
                      50%: Vervaardiging, Vooruitskatting & Interne Oudit en Beheer
         Bladsy 42    Formele assesseringstake, m.a.w. dit moet leerders voorberei vir die
                      eise van die NSS-Rekeningkunde-eksamen.
         Bladsy 44    Inhoud wat met vorige grade verband hou, m.a.w. graad 12-
                      eksamens kan 20% van die inhoud van vorige grade, wat 'n invloed op
                      die graad 12-inhoud het, bevat.
         Bladsy 44    Kognitiewe vlakke wat aangepak moet word (gewigswaardes)
                      Laer orde:        30%
                      Middel-orde: 40%
                      Hoër orde:        30%
         Bladsy 44    Probleemoplossing, m.a.w. 10%–15% van alle eksamens kan
                      probleemoplossingsvrae (in nuwe en onbekende kontekste) wat
                      kritiese en kreatiewe denke gebruik, bevat.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                8                                      DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

5.      MOEILIKHEIDSGRADE

        Alle eksamens, en die meeste assesseringstake in Rekeningkunde, moet
        onderafdelings hê wat subvrae met verskillende moeilikheidsgrade moet toon. Die
        volgende gewigswaardes van moeilikheidsgrade word oor die algemeen as toepaslik vir
        graad 10–12-eksamens aanvaar:

                               Maklik          Matig         Moeilik

                                30%             40%            30%

        Neem kennis dat moeilikheidsgrade nie noodwendig aan spesifieke kognitiewe vlakke
        gekoppel word nie. 'n Hoër-orde-kognitiewevlak-vraag is nie noodwendig Moeilik nie,
        terwyl 'n laer-orde-vlak-vraag nie noodwendig Maklik is nie.

        Byvoorbeeld:

           Met die opstel van finansiële state sal jaareind-aansuiwerings as die middel-orde
            kognitiewe vlak beskou word (m.a.w. Toepassing), nogtans kan dit Maklik, Matig of
            Moeilik in uitdagingsvlak wees, afhangend van wat die aansuiwering vereis.
           Wanneer die %-opbrengs van twee maatskappye vergelyk word, sal die gepaste
            kognitiewe vlak hoër orde (m.a.w. Evaluering) wees, nogtans kan die
            moeilikheidsgraad Maklik wees, afhangend van die konteks van die vraag en die
            inligting wat in die vraag gegee word.
           Met 'n probleemoplossingsvraag sal die identifisering van 'n probleem uit gegewe
            finansiële inligting as 'n hoërordevlak beskou word (m.a.w. Skepping), maar die
            moeilikheidsgraad kan Maklik, Matig of Moeilik wees, afhangend van konteks van
            die vraag en die inligting wat in die vraag gegee word.
           Die beoordeling van 'n subvraag as Maklik, Matig of Moeilik is duidelik 'n
            subjektiewe oefening wat van die mening en persepsie van die beoordelaar
            afhang. Nogtans moet hierdie oefening deur eksaminatore en moderatore gedoen
            word om te verseker dat eksamenvraestelle voorsiening maak vir die volle
            spektrum van leerdervermoëns wat voldoende vir die Rekeningkunde NSS-
            eksamen voorberei is.

        LET WEL: VERWYS NA DIE AANGEHEGTE BYLAES.

6.      SLOT

        Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die
        KABV-dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger
        van die KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

        Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos in die KABV uiteengesit, kan nie oorbeklemtoon
        word nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde
                                            Downloaded from hlayiso.com                              9                                                                                 DBE/2021
                                                                                               Eksamenriglyne

7.          BYLAES
                                                                                                                                                                                      APPENDIX 1
KONTROLELYS VAN REKENINGKUNDE-ONDERWERPE VIR TWEE EKSAMENVRAESTELLE, GRAAD 10–12 (aangepas met hernommerde onderwerpe)
          GRAAD 12 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2020                                      GRAAD 11 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2019                          GRAAD 10 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2018
                  GRAAD 12: VRAESTEL 1                                                     GRAAD 11: VRAESTEL 1                                         GRAAD 10: VRAESTEL 1
             Finansiële Verslagdoening & Evaluering                                  Finansiële Verslagdoening & Evaluering                        Finansiële Verslagdoening & Evaluering
12.1.1     Begrippe met betrekking tot maatskappye                       11.1.1     Begrippe met betrekking tot vennootskappe & klubs         10.1.1    Begrippe met betrekking tot eenmansake
12.1.2     Begrippe met betrekking tot AARP & IFVS ('IFRS')              11.1.2     Begrippe met betrekking tot AARP                          10.1.2    Begrippe met betrekking tot AARP
12.1.3     Unieke Grootboekrekeninge van maatskappye & vertolking        11.1.3     Grootboekrekeninge van vennootskappe, insl. vertolking    10.1.3    Boekhouding: dokumente & joernale van
           daarvan                                                                  daarvan                                                             eenmansake
                                                                         11.1.4     Grootboekrekeninge van klubs, insl. vertolking daarvan    10.1.4    Grootboeke en proefbalanse van eenmansake
12.1.4     Rekeningkundige vergelyking van maatskappye                   11.1.5     Rekeningkundige vergelyking van vennootskappe             10.1.5    Rekeningkundige vergelyking van eenmansake
12.1.5     Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse van            11.1.6     Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse van        10.1.6    Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse
           maatskappye (insluitend waardasie van vaste bates &                      vennootskappe                                                       van eenmansake
           voorrrade; sien 12.1.11 & 12.1.12)
12.1.6     Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van             11.1.7     Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van         10.1.7    Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste)
           maatskappye                                                              vennootskappe                                                       van eenmansake
12.1.7     Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & Notas van        11.1.8     Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & Notas van    10.1.8    Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) &
           maatskappye                                                              vennootskappe                                                       Notas van eenmansake
12.1.8     Kontantvloeistaat van maatskappye                             11.1.9     Staat van Ontvangste & Betalings van klubs
12.1.9     Ontleding & vertolking van finansiële state van maatskappye   11.1.10    Ontleding & vertolking van finansiële state van           10.1.9    Ontleding & vertolking van finansiële state van
           soos gelys in 12.1.6, 12.1.7, 12.1.8 en 12.1.10 *                        vennootskappe *                                                     eenmansake *
12.1.10    Ontleding & vertolking van gepubliseerde finansiële state &                                                                        10.1.10   Salarisse en lone – optekening & vertolking
           ouditverslae van maatskappye *
12.1.11    Waardasie van vaste bates vir verslagdoening in finansiële    11.1.11    Waardasie van vaste bates, insl. toevoegings,             10.1.11   Berekening & verslagdoening van toevoegings
           state insl. toevoegings, waardevermindering & vervreemdings              waardevermindering & vervreemdings                                  tot vaste bates en waardevermindering
12.1.12    Voorraadwaardasie vir verslagdoening in finansiële state      11.1.12    Periodieke & deurlopende voorraadstelsels – begrippe &
           (EIEU, Geweegde Gemid & Spesifieke Ident.)                               verslagdoening
12.1.13    Professionele instellings & Gedragskode
12.1.14    Etiese optrede & korporatiewe bestuur in fin. omgewings       11.1.13    Etiese optrede in finansiële omgewings                    10.1.12   Etiese optrede in finansiële omgewings
12.1.15    Wetgewing op mpye van toepassing (slegs oorsigtelik)
12.1.16    Beslote korporasies (slegs agtergrond; nie-eksamineerbaar)
          * Finansiële aanwysers vir graad 12 Vraestel 1                           * Finansiële aanwysers vir graad 11 Vraestel 1              * Finansiële aanwysers vir graad 10 Vraestel 1
Bruto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op    Bruto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope; Netto wins   Bruto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope;
verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope;             op verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope;      Netto wins op verkope; Bedryfsuitgawes op verkope;
Bedryfskapitaalverhouding; Vuurproefverhouding; Voorraadomset-           Bedryfskapitaalverhouding; Vuurproefverhouding; Voorraadomset-       Bedryfswins op verkope; Bedryfskapitaalverhouding;
snelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad voorhande is; Gemid.          snelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad voorhande is;             Vuurproefverhouding; Solvensieverhouding; Verdienste op
debiteure-invorderingsperiode; Gemid. Krediteurebetalings-periode;       Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode; Gemiddelde krediteure-     eienaar se ekwiteit
Solvensieverhouding; Skuld-ekwiteit-verhouding (geratheid); Opbrengs     betalingsperiode; Solvensieverhouding; Skuld-ekwiteit-verhouding
op aandeelhouers-ekwiteit; Opbrengs op totale kapitaal aangewend;        (geratheid); Verdienste op vennote se ekwiteit
Netto batewaarde per aandeel; Dividende per aandeel; Verdienste per
aandeel; Dividenduitbetalingskoers

LET WEL:          VERWYS NA DIE VOLGENDE BLADSY VIR VRAESTEL 2-ONDERWERPE.
Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde
                                             Downloaded from hlayiso.com                              10                                                                                    DBE/2021
                                                                                                Eksamenriglyne

                                                                                                                                                                                   BYLAE 1 VERVOLG
KONTROLELYS VAN REKENINGKUNDE-ONDERWERPE OOR TWEE EKSAMEN VRAESTELLE: GRAAD 10–12 (aangepas met hernommerde onderwerpe)
           GRAAD 12 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2020                                      GRAAD 11 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2019                               GRAAD 10 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2018
                   GRAAD 12: VRAESTEL 2                                                     GRAAD 11: VRAESTEL 2                                              GRAAD 10: VRAESTEL 2
          Bestuursrekeningkunde, Interne Oudit & Beheer                            Bestuursrekeningkunde, Interne Oudit & Beheer                        Bestuursrekeningkunde & Interne Beheer
12.2.1     Ontleding & vertolking van rekonsiliasies: bank, debiteure,    11.2.1     Opstel van bank- & krediteurerekonsiliasies (Sien BYLAE        10.2.1   Opstel van debiteure- & krediteure-lyste wat met
           krediteure, ouderdomsontleding (Sien BYLAE 5.3:                           5.3: bankversoening nie-eksamineerbaar in 2021.)                        Kontrolerekeninge ooreenstem
           bankversoening nie-eksamineerbaar in 2021.)
12.2.2     Belasting op Toegevoegde Waarde: Inset, Uitset &               11.2.2     Belasting op Toegevoegde Waarde: berekeninge                   10.2.2   Belasting op Toegevoegde Waarde: begrippe &
           berekeninge                                                                                                                                       basiese berekeninge
12.2.3     Vervaardiging: begrippe                                        11.2.3     Vervaardiging: begrippe & berekeninge                          10.2.3   Vervaardiging: begrippe & basiese berekeninge
12.2.4     Vervaardiging: Produksiekostestaat & Notas; Verkorte           11.2.4     Kosterekeninge – Grootboekrekeninge                            10.2.4   Inheemse boekhouding (nie-eksamineerbaar)
           Inkomstestaat & Notas
12.2.5     Ontleding & vertolking van koste-inligting, eenheidskoste &    11.2.5     Berekening van eenheidskoste & gelykbreekpunt
           gelykbreekpunt #
12.2.6     Ontleding & vertolking van Kontantbegroting vir eenmansake     11.2.6     Opstel van Kontantbegroting vir eenmansake                     10.2.5   Begroting: begrippe & basiese berekeninge
           en maatskappye
12.2.7     Ontleding & vertolking van Geprojekteerde Inkomstestaat vir    11.2.7     Opstel van Geprojekteerde Inkomstestaat (Staat van
           eenmansake en maatskappye                                                 Omvattende inkomste) vir eenmansake
12.2.8     Toepassing van interne beheer- & ouditprosesse: kontant,       11.2.8                                                                    10.2.6   Toepassing van interne beheer- &
                                                                                     Toepassing van interne beheer- & ouditprosesse: kontant,
           vaste bates, voorraad, debiteure, krediteure, inkomste &                                                                                          ouditprosesse: kontant, vaste bates, voorraad,
                                                                                     vaste bates, voorraad, debiteure, krediteure, inkomste &
           uitgawes (insluitend salarisse/lone) & insluitend finansiële                                                                                      debiteure, krediteure, inkomste & uitgawes
                                                                                     uitgawes (insluitend salarisse/lone) & insluitend finansiële
           aanwysers #                                                                                                                                       (insluitend salarisse/lone) & insl. finansiële
                                                                                     aanwysers #
                                                                                                                                                             aanwysers #
12.2.9     Optekening & beheer van vaste bates insluitend toevoegings,    11.2.9     Waardasie van vaste bates insluitend toevoegings,              10.2.7   Berekening en opskrywing van vaste bates &
           waardevermindering & bateverkope                                          waardevermindering & bateverkope                                        waardevermindering
12.2.10    Deurlopende & periodieke voorraadstelsels en beheer van        11.2.10    Periodieke & deurlopende voorraadstelsels – begrippe,          10.2.8   Deurlopende voorraadstelsel; opskrywing &
           voorrade                                                                  opskrywing & beheer                                                     beheer van voorraad
12.2.11    Voorraadwaardasies (EIEU, Geweegde gemiddeld en
           Spesifieke identifikasie)
12.2.12    Etiese gedrag in finansiële omgewings                          11.2.11    Etiese gedrag in finansiële omgewings                          10.2.9   Etiese kodes in besighede, beginsels en
                                                                                                                                                             waardes
          # Finansiële aanwysers vir Graad 12 Vraestel 2                             # Finansiële aanwysers Graad 11 Vraestel 2                        # Finansiële aanwysers Graad 10 Vraestel 2
Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op verkope;                    Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op verkope;                  Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op verkope;
Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope;                        Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope;                      Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope
Voorraadomsetsnelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad voorhande          Voorraadomsetsnelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad
is; Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode; Gemiddelde                   voorhande is; Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode;
krediteurebetalingsperiode; Gelykbreekpunt                                 Gemiddelde krediteurebetalingsperiode

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 11                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

                                                                                      BYLAE 2

VOORTSETTING VAN SPESIFIEKE BELEIDSMAATREËLS MET BETREKKING TOT
SEKERE GRAAD 12-ONDERWERPE

In vorige kurrikula is sekere beperkinge geplaas op die diepte van sekere onderwerpe met
betrekking tot Maatskappye in die graad 12-kurrikulum. Dis 'n baie wye onderwerp wat 'n
kernfokus-area in tersiêre studies in finansiële, kommersiële en bestuursrigtings is. Dit word
bevestig dat hierdie beperkinge nog steeds in die Rekeningkunde-KABV sal geld.

1.1     Aandelekapitaal van maatskappye

        Vir die doel om maatskappye se finansiële state op te stel, word aandelekapitaal tot
        slegs gewone aandele beperk.

        Rede:
        Dit is nie die bedoeling van die graad 12-kurrikulum om voorkeuraandele of ander tipes
        aandele in die opstel van finansiële state te dek nie. Wanneer gepubliseerde jaarlikse
        verslae egter vertolk word, word onderwysers aangeraai om leerders se aandag daarop
        te vestig dat verskillende tipes aandele in die gepubliseerde finansiële state kan
        verskyn (vir agtergrondinligting).

1.2     Beleggings van maatskappye

        Vir die doel om finansiële state voor te berei, word beleggings tot vaste deposito's
        beperk.

        Rede:
        Dit is nie die bedoeling van die kurrikulum om die geassosieerde of houer-/
        filiaalmaatskappyverhoudings te dek nie. Die belegging in aandele van ander
        maatskappye word dus uitgesluit.

1.3     Bateverkope in Kontantvloeistate

        Vir die doel om Kontantvloeistate op te stel, sal die vervreemding van vaste bates slegs
        teen drawaarde (boekwaarde) wees.

        Rede:
        Die wins of verlies op die verkoop van vaste bates sal 'n verdere komplikasie met
        betrekking tot kontant- en nie-kontant-items byvoeg, wat nie die bedoeling is nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde
                               Downloaded from hlayiso.com                     12                                                                   DBE/2021
                                                                         Eksamenriglyne

                                                                                                                                              BYLAE 3
OPSOMMING VAN DIE JAARLIKSE ONDERRIGPLAN

                                                                    KWARTAAL 1
                 Week 1       Week 2       Week 3        Week 4       Week 5       Week 6        Week 7        Week 8         Week 9         Week 10
Onderwerp       Maatskappye: unieke     Maatskappye: finale rekeninge, finansiële state:                  Maatskappye: ontleding &      Hersiening
                transaksies             Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste)                     vertolking van finansiële     & Toets
                                        Balansstaat (Staat van Finansiële posisie)                        state (interne &
                Beslote korporasies     Kontantvloeistaat                                                 gepubliseerde)
                                        Ouditverslag van Maatskappy
                                           Integreer Interne Beheer, Korporatiewe Bestuur en Etiek met al die onderwerpe
Assessering                 Geskrewe verslag                                Informeel                                     Kontroletoets
                                                                    KWARTAAL 2
                 Week 1       Week 2          Week 3         Week 4       Week 5        Week 6      Week 7      Week 8       Week 9          Week 10
Onderwerp       Voorraadwaardasie        Vaste bates        Kosterekeningkunde: Produksie-         Rekonsiliasies          Eksamen
                                                            kostestaat met notas, Handels- en      Krediteure, Debiteure
                                                            Wins- & Verliesstaat, Eenheidskoste; en Ouderdomsanalise
                                                            Gelykbreekpunt
                                            Integreer Interne Beheer, Korporatiewe Bestuur en Etiek met al die onderwerpe
Assessering      Projek (gepubliseerde finansiële state)                        Informeel                                 Halfjaar-eksamen
                                                                    KWARTAAL 3
                 Week 1       Week 2         Week 3        Week 4        Week 5         Week 6        Week 7       Week 8        Week 9       Week 10
Onderwerp       Belasting op               Begrotings                                 Hersiening                  Proefeksamen
                Toegevoegde waarde
                (BTW)
                                             Integreer Interne Beheer, Korporatiewe Bestuur en Etiek met al die onderwerpe
Assessering                Gevallestudie                                     Kontroletoets                                   Proefeksamen
                                                                    KWARTAAL 4
                 Week 1         Week 2          Week 3         Week 4          Week 5         Week 6        Week 7            Week 8         Week 9
Onderwerp                 Hersiening en eksamenvoorbereiding                                    Finale Eksamen                            Beplanning
Assessering                            Informeel                                                                                          vir vlg. jaar

Kopiereg voorbehou                                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  13                                             DBE/2021
                                          Eksamenriglyne
                                                                                                BYLAE 4
GRAAD 12 REKENINGKUNDE: FORMULEBLAD

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

                Bruto wins x 100                                   Bruto wins x         100
                 Verkope      1                                Koste van verkope         1

     Netto wins voor belasting x 100                          Netto wins na belasting x 100
               Verkope            1                                      Verkope         1

            Bedryfsuitgawes x 100                                     Bedryfswins x 100
                 Verkope       1                                       Verkope       1

           Totale bates : Totale laste                             Bedryfsbates : Bedyfslaste

   (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant & Kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad        x    365                        Koste van verkope
         Koste van verkope                  1                      Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365                         Gemiddelde krediteure           x 365
            Kredietverkope        1                        Koste van verkope of kredietaankope 1

                                                             Netto inkomste na belasting         x 100
        Netto inkomste na belasting        x 100               Getal uitgereikte aandele            1
Gemiddelde aandeelhouersbelang                1
                                                                                    (*Sien nota hieronder)

            Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings                    x   100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                          1

         Aandeelhouersbelang         x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
        Getal uitgereikte aandele       1                     Getal uitgereikte aandele    1

           Interim dividende      x 100                           Finale dividende          x 100
        Getal uitgereikte aandele    1                       Getal uitgereikte aandele         1

         Dividend per aandeel x 100                             Dividende vir die jaar x 100
        Verdienste per aandeel   1                          Netto inkomste na belasting   1

                                         Totale vaste koste    .

                     Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 14                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

                                                                                    BYLAE 5

VERDUIDELIKING VAN SEKERE ASPEKTE VAN DIE KABV-INHOUD

5.1     Aandele met geen pariwaarde

        Die konsep van pariwaarde is nie meer van toepassing nie. Afdeling 35(2) van die
        nuwe Maatskappyewet sê dat 'n aandeel nie 'n nominale of pariwaarde het nie.

        Rede:
        Daar is geen ooreenkoms tussen pariwaarde en die werklike waarde van 'n aandeel
        nie, behalwe op die eerste dag van 'n maatskappy se bestaan. Pariwaarde was ook vir
        baie aandeelhouers verwarrend.

        Toepassing:
        Aandele word nou teen uitreikprys uitgereik.

           Nuwe aandele kan teen enige prys uitgereik word, m.a.w. hoër/laer/dieselfde prys
            as die gemiddelde prys of enige vorige uitreikprys. Die volle opbrengs van die
            aandeel uitgereik, word teen die Aandelekapitaalrekening gekrediteer. Die dubbele
            inskrywing in die Grootboek is:

                      Debiteer:     Bank
                      Krediteer:    Gewone aandelekapitaal
           Gevolglik is die Aandelepremierekening nie meer van toepassing nie.
           Invloed op die Rekeningkundige Vergelyking: Bates +; Eienaarsbelang +

        Sien Voorbeeld 6.1 hieronder.

5.2     Terugkoop van aandele deur 'n maatskappye

        In terme van Afdeling 48 van die nuwe Maatskappyewet mag die direkteure van 'n
        maatskappy besluit om aandele by 'n aandeelhouer terug te koop, onderhewig aan
        sekere voorwaardes.

        Redes:
        Daar is baie redes, bv. die vermindering in die aantal aandeelhouers kan tot groter
        opbrengste vir die oorblywende aandeelhouers lei; direkteure wil dalk die skuld-
        eienaarsbelangverhouding deur die terugkoop van aandele aanpas; die erfgename
        van 'n bestorwe boedel wil dalk nie aandeelhouers van 'n maatskappy wees nie;
        'n ontevrede aandeelhouer wil dalk om persoonlike redes te onttrek; familielede van 'n
        privaat maatskappy wil dalk beheer oor die maatskappy behou deur die getal
        uitgereikte aandele te verminder.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 15                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

        Toepassingsbeleid vir eksamendoeleindes met betrekking tot Rekeningkundige
        Vergelyking en die opstel van finansiële state:
           Terugkoop van aandele sal beperk word tot waardes hoër as die gemiddelde
            uitreikprys van die gewone aandele. Die invloed op die Rekeningkundige
            Vergelyking sal wees:
                       Bates –    Eienaarsbelang –
           Wanneer die finansiële state opgestel word:
                     Bank word verminder met die terugkoopwaarde betaal vir die
                     aandele
                     Gewone aandelekapitaal word verminder met die getal
                     aandele vermenigvuldig met die gemiddelde uitreikprys
                     Behoue inkomste word verminder met die verskil (dit
                     verteenwoordig die inkomste wat voorheen teruggehou is met
                     betrekking tot die aandele teruggekoop)
        Redes:
         Dit is nie die bedoeling van die kurrikulum om inskrywings te kompliseer deur die
           bekendstelling van nuwe rekeninge nie.
           Aangesien baie aandeelhouers aandele teen markpryse by bestaande
            aandeelhouers (derde partye) op die JSE sou gekoop het, is dit normaalweg nie
            vir 'n maatskappy moontlik om te bepaal wat die oorspronklike aankoopprys was
            wat deur die spesifieke aandeelhouer betaal is nie. Die gemiddelde uitreikprys sal
            dus gebruik word om die inskrywings wat vir die terugkoop van aandele gemaak
            word, te bepaal. Let daarop dat dit effektief die geweegdegemiddelde-prys is
            aangesien die saldo van die Aandeelkapitaalrekening reeds prys en hoeveelheid
            in berekening bring.
           Die invloed van die terugkoop van aandele op die Rekeningkundige Vergelyking
            en die finansiële state sal identies wees, ongeag die boekhou-inskrywings wat
            gemaak word.
        Boekhou-inskrywings:
        Universiteite en verskillende handboeke kan kies om die terugkoop van aandele
        verskillend te hanteer deur die bekendstelling van nuwe rekeninge.
           Vir eksamendoeleindes sal eksaminators en nasieners sensitief vir en bedag op
            die verskillende boekhoudingshantering in die Grootboek moet wees, veral in die
            Behoue-inkomste- en Verdelingsrekeninge. Geldige alternatiewe metodes sal
            aanvaar word. Die volgende benadering toon egter die eenvoudigste metode
            sonder die byvoeging van nuwe rekeninge.
           Die teruggekoop van aandele raak Bank, Aandelekapitaal- en Behoue-
            inkomste-rekeninge. Met hierdie metode sal die dubbele inskrywings in die
            Grootboek soos volg wees:
            Debiteer:      Gewone aandelekapitaal (met gemiddelde uitreikprys x aantal
                           aandele teruggekoop)
            Debiteer:      Behoue inkomste (met die verskil)
            Krediteer:     Bank (met die totale bedrag betaal vir die aandele teruggekoop)
           Die verskil tussen die terugkoopprys en die gemiddelde uitreikprys van die
            aandele word na Behoue Inkomste gedebiteer want dit verteenwoordig die
            inkomstebedrag wat voorheen deur die besigheid teruggehou is met betrekking tot
            hierdie aandele.
          Met betrekking tot die Verdelingsrekening, aangesien die terugkoop van aandele
           die Behoue-inkomsterekening raak, is daar geen rede om die beginsaldo van die
           Behoue-inkomsterekening na die Verdelingsrekening oor te dra nie, alhoewel
           verskillende geldige metodes egter aanvaar sal word.
        Sien Voorbeeld 6.2 en Voorbeeld 6.3 hieronder.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 16                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

5.3     Versoenings

        Krediteureversoening

        Graad 11-inhoud volgens die KABV sluit in die versoening van 'n Krediteuregrootboek-
        rekening (in die Krediteuregrootboek) met die rekeningstaat van 'n krediteur ontvang.
        Graad 12-inhoud bepaal ontleding en vertolking van Krediteureversoening. Aangesien
        20% van enige eksamenvraestel relevante inhoud uit 'n vorige graad mag insluit, is die
        voorbereidingtoepassing ten opsigte van Krediteureversoenings in graad 12
        eksamineerbaar. Soortgelyke beredenering geld vir Debiteure-versoenings.

        Bankversoening

        Rekeningkunde is 'n beroep wat konstant ontwikkel. Rekeningkunde NSS voldoen aan
        die beginsel dat rekeningkundige prosedures wat nie in die praktyk voorkom nie, nie
        geëksamineer sal word nie. Die onttrekking van tjeks as betaalmiddel het betrekking.

        In die lig van baie onlangse verwikkelinge in die banksektor is die gevoel baie sterk
        dat die gepaste verskaffing van relevante hulpbronmateriaal en die opleiding van
        onderwysers nie noodwendig voldoende en eenvormig bereik gaan word nie. Dit is
        daarom verstandig dat Bankversoening (Vraestel 2-onderwerp) by die eksamineerbare
        inhoud vir 2021 uitgesluit sal wees.

        Die interne kontrole van kontantbronne, soos van toepassing op ander onderwerpe in
        die sillabus, soos ontvangste en betalings aan krediteure en begrotings, is egter
        steeds relevant en kan getoets word.

        Rekeningkunde-onderwysers moet bedag wees op nuwe ontwikkeling ten opsigte van
        die vak. Dit word in die pers, kurrikulum-opdaterings en die jaarlikse NSS
        Diagnostiese Verslae bespreek.

5.4     Geprojekteerde Inkomstestate en Kontantbegrotings van maatskappye

        Die KABV-inhoud sluit maatskappye, asook eenmansake, by hierdie onderwerp in.
        Gevolglik sal spesifieke items in die Geprojekteerde Inkomstestate en
        Kontantbegrotings die volgende insluit: direkteursfooie, ouditfooie, voorlopige
        belasting, tussentydse en finale dividende betaal, uitreik en terugkoop van aandele.

5.5     Voorraadwaardering: Spesifieke identifikasie

        Bykomend tot die EIEU- en geweegdegemiddelde-metodes om voorraad te waardeer,
        bepaal die KABV die spesifieke identifikasiemetode. Dit behoort nie enige probleme vir
        leerders te skep nie aangesien dit 'n metode is wat op graad 8–10-vlak gebruik is waar
        die spesifieke kosprys van 'n artikel in terme van rand of in kodevorm gegee word.

        Sien Voorbeeld 6.4 hieronder.

5.6     Gelykbreekpunt en Bydrae per eenheid

        Die konsep van Bydrae per eenheid is belangrik in die berekening van die
        Gelykbreekpunt en om toekomstige produksie- en verkoopmikpunte te projekteer. Die
        voorbeeld hieronder verskaf verdere agtergrond en berekeninge vir hierdie onderwerp

        Sien Voorbeeld 6.5 hieronder.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Accounting GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/01f40c91-f7ea-453e-bb06-5be520e4328f) — Accounting · Guide · 2021 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 QP SEPT 2021 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-qp-sept-2021-isixhosa/375efb65-d103-44bc-a910-e9b8bccfd69a) — Accounting · QP · 2021 · isiXhosa
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2021 English D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2021-english-d-rev/bd359bc3-aaa6-4466-a680-12cf6f56610f) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 ANSBK SEPT 2021 Sesotho D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ansbk-sept-2021-sesotho-d/50ad1901-7a2b-4a4d-8341-73ad853187ca) — Accounting · QP · 2021 · Sesotho
- [Accounting P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-afr/11a416d1-5a4d-43f5-8e86-04e631d2a55d) — Accounting · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-possible-answers/86671777-58f6-4c82-932c-4924bae022c0) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
