# Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr11-qp-nov2018-afr-d/3944960b-5627-4a6e-8072-d8ac52131d55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr11-qp-nov2018-afr-d/3944960b-5627-4a6e-8072-d8ac52131d55)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 11

                             NOVEMBER 2018

                            REKENINGKUNDE

PUNTE:    300

TYD:      3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ’n antwoordeboek van 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  REKENINGKUNDE                            (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.    Beantwoord AL die vrae.

 2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
       beantwoord.

 3.    Waar van toepassing, moet bewerkings getoon word om deelpunte te verdien.

 4.    Jy mag ŉ nieprogammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    Jy mag ’n donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 6.    Waar van toepassing, maak alle berekeninge korrek tot EEN desimale plek.

 7.    ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde tyd
       vir elke vraag te hou. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               REKENINGKUNDE                                                      3

                           VRAAG 1: 40 punte; 25 minute
   Hoof-onderwerp:            Hierdie vraag integreer:
                              Finansiële rekeningkunde
                              x Bank- en Krediteurerekonsiliasie
   Rekonsiliasies
                              Bestuur van hulpbronne
                              x Interne beheer

                           VRAAG 2: 50 punte; 30 minute
   Hoof-onderwerp:            Hierdie vraag integreer:
                              Finansiële rekeningkunde
   Inkomstestaat              x Voorbereiding van Inkomstestaat (met aansuiwerings)

                           VRAAG 3: 60 punte; 35 minute
   Hoof-onderwerp:            Hierdie vraag integreer:
                              Finansiële rekeningkunde
   Vennootskappe              x Nota vir Privaatrekeninge
                              x Ontleding en vertolking van verhoudings

                           VRAAG 4: 50 punte; 30 minute
   Hoof-onderwerp:            Hierdie vraag integreer:
                              Bestuursrekeningkunde
                              x Koste-berekeninge en Algemene grootboek
   Koste-berekeninge          x Gelykbreekontleding
                              Bestuur van hulpbronne
                              x Interne beheerprosesse

                           VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
   Hoof-onderwerp:            Hierdie vraag integreer:
                              Bestuursrekeningkunde en Bestuur van hulpbronne
   Begroting                  x Voltooi en ontleed die Geprojekteerde Inkomstestaat
                              x Interne beheerprosesse

                           VRAAG 6: 55 punte; 35 minute
   Hoof-onderwerp:            Hierdie vraag integreer:
                              Finansiële rekeningkunde
                              x Ledegeldrekening van ’n sportklub
   Klubs en Vaste bates       Bestuur van hulpbronne
                              x Bestuur van vaste bates
                              x Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       REKENINGKUNDE                                (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 1: REKONSILIASIES                                             (40 punte; 25 minute)

 1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
     ‘onwaar’ teenoor die vraagnommer (1.1.1–1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.

      1.1.1      ’n Interne ouditeur sal die Bankversoeningstaat aan die einde van elke
                 maand wil ondersoek.

      1.1.2      ’n Debietsaldo op die bankstaat dui op ’n ongunstige saldo.

      1.1.3      Diensgelde, kontant depositofooie en rente op oortrokke bank word in
                 die Kontantbetalingsjoernaal as Bankkoste aangedui.

      1.1.4      ’n Vooruitgedateerde tjek uitgereik, sal eers op die datum wat op die tjek
                 verskyn, in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken word.         (4 x 1)       (4)

 1.2 BANKREKONSILIASIE – WINKLE HANDELAARS

      Inligting uit die rekords vir Oktober 2018 word verskaf.

      GEVRA:

      1.2.1      Toon die inskrywings wat in die kontantjoernale ingeskryf moet word
                 deur die tabel in die antwoordeboek te voltooi.                                (10)

      1.2.2      Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Oktober 2018.                         (10)

      1.2.3      Dit is duidelik dat die besigheid nie voldoende interne beheermaattreëls
                 oor kontant uitoefen nie.
                 x   Identifiseer TWEE probleme uit die inligting wat verskaf is.
                 x   Verskaf ’n oplossing vir elke probleem wat geïdentifiseer is.               (6)
      INLIGTING:
      A.       Items uit die Bankrekonsiliasiestaat op 30 September 2018.
               Saldo volgens die Bankstaat                                     R 10 400 Kt
               Uitstaande deposito’s: Gedateer 10 September 2018                 18 500
                                      Gedateer 27 September 2018                 15 300
               Uitstaande tjeks:      Nr. 883 (12 Maart 2018)                     4 000
                                      Nr. 1139 (22 September 2018)               11 400
                                      Nr. 1265 (15 Oktober 2018)                  9 700
               Saldo volgens die Bankrekening                                    19 100
           x    Tjek 883 is aan Dimbaza Tennisklub uitgereik vir die eienaar se ledegeld.
                Die klub bestaan nie meer nie.
           x    Tjek 1139 verskyn op die bankstaat van Oktober 2018.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                      REKENINGKUNDE                                                   5

       B.    ’n Vergelyking van die rekords het die volgende verskille aan die lig gebring:
             x     Die uitstaande deposito van R18 500 verskyn op die bankstaat.
             x     Die deposito van R15 300 kom nie op die bankstaat voor nie. Die kassier
                   wat in beheer van al die kontanttransaksies is, Sue Drowzy, het gesê sy
                   het van die geld gebruik om haar kind se skoolfonds te betaal. Sy het
                   belowe om die hele bedrag op 1 November 2018 te deponeer.
             x     Bankkoste van R1 120 verskyn slegs op die bankstaat.
             x     Die bankstaat toon ’n geweierde tjek van R6 250, oorspronklik ontvang
                   van debiteur, M. Mo, om haar rekening van R6 500 te vereffen.
             x     Rente van R450 is op die bankstaat gekrediteer.
             x     Tjek Nr. 1322 uitgereik aan krediteur, Bee Handelaars, verskyn op die
                   bankstaat, korrek as R6 780. In die joernaal is dit as R7 860 aangeteken.
             x     ’n Debietorder van R530 vir die maandelikse versekering kom twee keer
                   op die bankstaat voor. Die bank onderneem om dit volgende maand reg
                   te stel.
             x     Die KOJ vir Oktober 2018 toon twee uitstaande deposito’s:
                   R13 220 op 17 Oktober 2018,
                   R10 400 op 29 Oktober 2018.
             x     Die volgende tjeks in die KBJ is steeds uitstaande:
                   Nr. 1460, vir R4 280 (gedateer 27 Oktober 2018),
                   Nr. 1496, vir R5 730 (gedateer 23 November 2018).
             x     Die bankstaat het afgesluit met ’n ongunstige saldo van R12 190.
 1.3    KREDITEUREREKONSILIASIE
        Umph Verskaffers is ’n krediteur van Power Handelaars. Die Augustus 2018 staat
        van Umph Verskaffers toon ’n sluitingsaldo van R21 500. Die rekords van Power
        Handelaars toon ’n uitstaande saldo van R20 000.
        GEVRA:
        Voltooi die tabel wat voorsien word om die effek van elke fout/weglating aan te
        dui. Dui by elke bedrag aan of dit + of – is en tel albei kolomme op.                    (10)
        FOUTE EN WEGLATINGS:
        A.       ŉ Faktuur vir R4 450 is foutiewelik as R5 450 op die staat aangeteken.
        B. Power Handelaars het 5% korting aangeteken met die betaling van R4 600.
           Umph Verskaffers het nie die korting toegestaan nie omdat die tjek laat was.
        C. Afslag van R520 vir beskadigde goedere, is as ’n faktuur aangeteken in Umph
           Verskaffers se rekening in die Krediteuregrootboek van Power Handelaars.
        D. Power Handelaars toon ’n kredietfaktuur van R4 190 in die krediteuregroot-
           boekrekening van Umph Verskaffers. Dit was vir goedere aangekoop van
           Umteen Groothandelaars.
        E.       ’n Betaling van R5 500, gemaak op 28 Augustus 2018, verskyn nie op die
                 staat nie. Die staat is op 26 Augustus 2018 ontvang.
                                                                                                  40

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    REKENINGKUNDE                             (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 2: INKOMSTESTAAT                                            (50 punte; 30 minute)

 Inligting het betrekking op Vuzi Handelaars vir die finansiële jaar geëindig
 28 Februarie 2018. Goedere word teen ’n winsopslag van 70% op kosprys verkoop.
 GEVRA:
 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018.                          (50)
 INLIGTING:
 A.    VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 28 FEBRUARIE 2018:
       Lening: Liesel Bank                                       179 500
       Vaste deposito: PJ Bank                         240 000
       Handelsvoorraad                                  58 680
       Debiteurekontrole                                48 775
       Voorsiening vir oninbare skuld (1 Maart 2017)               3 070
       Verkope                                                 2 362 575
       Koste van verkope                             1 389 750
       Salarisse en lone                               285 200
       Oninbare skuld                                    8 770
       Water en elektrisiteit                           27 360
       Oninbare skuld ingevorder                                   2 180
       Telefoon                                         15 675
       Verpakkingsmateriaal                             38 550
       Versekering                                      23 720
       Advertensies                                     19 660
       Huurinkomste                                               30 750
       Diverse uitgawes                                 32 340
 B.    ADDISIONELE INLIGTING EN AANSUIWERINGS:
       (i)     Kredietverkope van R17 425 op 28 Februarie 2018 is nie aangeteken nie.
       (ii)    Handelsvoorraad op hande volgens fisiese voorraadopname is R49 540.
       (iii)   Verpakkingsmateriaal gedurende die finansiële jaar gebruik, R27 300.
       (iv)    Geen inskrywing is gemaak vir R1 470 wat ontvang is uit die insolvente
               boedel van ’n debiteur nie. Hierdie bedrag is 35% van die uitstaande skuld.
       (v)     R820 is ontvang van debiteur J. Black. Sy rekening is voorheen as oninbaar
               afgeskryf.
       (vi)    Pas die voorsiening vir oninbare skuld aan tot 4% van debiteure se saldo.
       (vii) Maak voorsiening vir die uitstaande rente op vaste deposito. Die vaste
             deposito is belê op 1 Mei 2017 teen rente van 8% p.j.
       (viii) Die telefoonrekening vir Februarie 2018 is nog nie betaal nie, R1 245.
       (ix)    Versekering van R280 per maand is vir drie maande vooruit betaal.
       (x)     Advertensies sluit R3 480 in vir ’n 6-maandekontrak vanaf 1 November 2017.
       (xi)    Huurinkomste sluit huur in tot 31 Mei 2018. Die stoorkamer is slegs vanaf
               1 Januarie 2018 uitverhuur.
       (xii) Die leningstaat van Liesel Bank toon dat R210 500 steeds verskuldig is.
             Rente op lening word gekapitaliseer.
                                                                                              50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   REKENINGKUNDE                                                   7

 VRAAG 3: VENNOOTSKAPPE                                              (60 punte; 35 minute)

 Die inligting het betrekking op TX Handelaars (met vennote Thandi en Xola) vir die
 finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018.

 GEVRA:

 3.1    Voltooi die nota vir die Privaatrekeninge deur die ontbrekende bedrae in te vul.      (25)

 3.2    Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018:

        3.2.1 Bedryfsverhouding                                                               (3)

        3.2.2 Gemiddelde debiteure invorderingstermyn                                         (6)

        3.2.3 Vennoot Xola se opbrengs op ekwiteit                                            (7)

        3.2.4 Skuld/ekwiteitsverhouding                                                       (4)

 3.3    Lewer kommentaar oor die likiditeit van die onderneming. Haal TWEE finansiële
        aanwysers (met syfers) aan om jou stellings te ondersteun.                            (6)

 3.4    Vennoot Xola het voorgestel dat die vennootskap die lening met R200 000 moet
        verhoog om die uitbreidings aan die geboue te finansier. Thandi stem nie saam
        nie en sê dat sy bekommerd is oor die onbeperkte aanspreeklikheidsbeginsel.

        3.4.1 Verduidelik Thandi se bekommernis oor die onbeperkte aanspreeklik-
              heidsbeginsel.                                                                  (3)

        3.4.2 Verskaf TWEE stellings om Xola se voorstel te ondersteun. Haal EEN
              finansiële aanwyser (met syfers) aan in jou motivering.                         (6)

 INLIGTING:

 A.     Inligting uit die finansiële state geneem:

                                                     28 Februarie 2018      1 Maart 2017
        Kapitaal: Thandi                                 800 000             800 000
        Kapitaal: Xola                                 1 000 000             900 000
        Privaatrekening: Thandi                                ?              22 320 Kt
        Privaatrekening: Xola                                  ?              17 670 Dt
        Onttrekkings: Thandi                             148 800
        Onttrekkings: Xola                               127 100
        Lening: Swazi Bank                               800 000             800 000
        Totale bedryfsbates                              407 340
        Debiteurekontrole                                167 300             219 200
        Totale bedryfslaste                              226 300
        Verkope                                        2 136 000
        Netto wins vir die jaar                          471 250

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   REKENINGKUNDE                             (EC/NOVEMBER 2018)

 B.    Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende:

       x   Salarisse:
           Thandi is geregtig op ’n maandelikse salaristoelae van R12 400.
           Xola ontvang 2,5% meer as Thandi se toelae.

       x   Rente op kapitaal word bereken teen 8% p.j. op kapitaalsaldo’s.
           Xola het haar kapitaal op 1 Desember 2017 verhoog.

       x   Thandi is geregtig op ’n produksiebonus van 0,5% van omset (verkope).

       x   Winste/verliese word verdeel in die verhouding van kapitaalsaldo’s.
           Die verandering in kapitaal is nie in ag geneem vir die huidige finansiële jaar
           nie.

 C.    Kredietverkope is 75% van totale verkope.

 D.    Die volgende finansiële aanwysers is bereken op 28 Februarie:

                                                                 2018           2017
       Bedryfsverhouding                                          ?            2,2 : 1
       Vuurproefverhouding                                      0,8 : 1        1,2 : 1
       Gemiddelde debiteure invorderingstermyn                    ?            40 dae
       Skuld/ekwiteitsverhouding                                  ?            0,5 : 1

                                                                                              60

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         REKENINGKUNDE                                                   9

 VRAAG 4: KOSTE-BEREKENINGE                                                (50 punte; 30 minute)

 4.1   STRUMPHER VERVAARDIGERS
       Strumpher Vervaardigers produseer rugbyballe wat aan plaaslike skole en klein-
       handelaars in die Despatch-omgewing verskaf word. Die finansiële jaar eindig op
       28/29 Februarie elke jaar.
       GEVRA:
       4.1.1          Bereken die volgende vir die finansiële jaar:
                         x   Direkte materiaalkoste                                                  (7)
                         x   Direkte arbeidskoste                                                    (5)

       4.1.2          Teken die gegewe transaksies aan in die volgende rekeninge in die
                      Algemene grootboek:
                         x   Goedere-in-bewerkingvoorraad                                           (10)
                         x   Klaar produktevoorraad                                                  (6)
       4.1.3          Die eienaar is bekommerd oor die beheer oor produksiewerkers. Verskaf
                      TWEE stellings om sy bekommernis te staaf. Haal relevante syfers aan.          (6)
       INLIGTING:
       A.    Voorraadsaldo’s:
                                                      28 FEBRUARIE 2018         1 MAART 2017
                                                              R                      R
               Grondstof                                      38 700                 23 400
               Goedere-in-bewerking                           60 000                 45 300
               Klaarprodukte                                  22 000                 27 000

       B.      Transaksies vir die jaar:
               (i)       Grondstowwe ter waarde van R342 600 is op krediet aangekoop.
               (ii)      Beskadigde grondstowwe ter waarde van R15 700 is aan krediteure
                         teruggestuur.
               (iii)     Kontant aankope van grondstowwe was R155 000.
               (iv)      Afleweringskoste op grondstowwe wat kontant aangekoop is, R19 400.

               (v)       Totale fabrieksbokoste vir die jaar beloop R273 340.
       C.      Besonderhede van werkers in produksie:
                Aantal werkers                        4
                Gewone ure gewerk (basies)            1 440 ure per werker
                Gewone tyd volgens kontrak            40 ure per week; 45 weke per jaar
                Tarief vir gewone tyd                 R35 per uur
                Totale ure oortyd gewerk              640 ure
                Oortyd betaal                         R33 600
               Die besigheid dra 1% by tot die WVF en 9% tot die pensioenfonds, namens
               al die werkers.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 REKENINGKUNDE                            (EC/NOVEMBER 2018)

 4.2   JOLENE EN JUANE POPPE

       Die vennootskap vervaardig poppe. Die finansiële jaar eindig op 30 April 2018.
       Die winsopslag persentasie is 50% op kosprys.

       GEVRA:

       4.2.1 Bereken die gelykbreekpunt en lewer kommentaar oor jou bevindings.           (10)

       4.2.2 Het die besigheid die verwagte bruto wins op verkope behaal? Verskaf ’n
             berekening om jou mening te staaf.                                            (6)

       INLIGTING:

       A.    Besonderhede oor die koste-rekeninge:
                                                             EENHEIDS-      TOTALE
                                                               KOSTE        BEDRAG
             Direkte materiaal         Veranderlike koste        ?       R71 400
             Direkte arbeid            Veranderlike koste       R23           ?
             Administrasie             Vaste koste              R12      R30 600
             Verkoop en verspreiding   Veranderlike koste       R14      R35 700
             Fabrieksbokoste           Vaste koste              R18      R45 900

       B.    2 550 poppe is vervaardig en verkoop gedurende die finansiële jaar.

       C.    Totale verkope beloop R242 250.

                                                                                           50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  REKENINGKUNDE                                              11

 VRAAG 5: BEGROTINGS                                              (45 punte; 25 minute)

 KULFI HANDELAARS

 Inligting uit die rekords is vir die begrotingstydperk wat eindig op 31 Desember 2018.

 GEVRA:

 5.1   Bereken die persentasie goedere wat op krediet verkoop is vir Desember 2018.           (4)

 5.2   Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2018.                            (8)

 5.3   Voltooi die Kontantbegroting vir Desember 2018.                                      (23)

 5.4   Verwys na die werklike syfers vir Oktober 2018 (Inligting K).

       x   Identifiseer EEN item wat goed beheer was en EEN item wat nie goed beheer
           was nie. Verskaf in elke geval ’n rede vir jou keuse.                              (6)

       x   Voorsien die eienaar van verskillende interne beheermaatreëls wat hy kan
           gebruik om beter beheer oor enige TWEE items op hierdie lys uit te oefen.          (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  REKENINGKUNDE                            (EC/NOVEMBER 2018)

       INLIGTING:

       A.    Totale verkopesyfers vir die begrote tydperk wat eindig op
             31 Desember 2018:
             Goedere word verkoop teen ’n winsopslag van 50% op kosprys.
                                     WERKLIK                     BEGROOT
                     MAAND
                               KONTANT     KREDIET          KONTANT    KREDIET
                 Oktober           38 400         57 600
                 November          43 200         64 800
                 Desember                                       48 000         72 000

       B.    Kredietverkope word gewoonlik as volg ingevorder:
             x    40% in die maand van verkope (hierdie debiteure ontvang 5% korting).
             x    40% in die maand wat volg op die maand van verkope
             x    18% twee maande na die maand van verkope
             x    2% word afgeskryf as oninbare skuld.
       C.    Aankope van voorraad:
             x    Verkoopte voorraad word vervang in die maand van verkope (’n basis-
                  voorraad word gehandhaaf).
             x    Alle aankope van handelsvoorraad word op krediet gedoen.
             x    Krediteure word betaal in die maand wat volg op die maand van
                  aankope.
       D.    Die drie winkelassistente verdien elkeen R10 100 per maand. Gedurende
             Desember 2018, sal twee van die drie winkelassistente ook hul jaarlikse
             bonus ontvang, bereken as 80% van hul maandelikse salaris.
       E.    Totale huurinkomste vir die vorige finansiële jaar was R139 680. Die huur
             gaan op 1 Desember 2018 met 5% verhoog word.
       F.    Die eienaar het besluit op maandelikse onttrekkings van R2 600. Dit sluit
             R1 800 kontant in en die res is handelsvoorraad.
       G.    Rente op vaste deposito beloop R9 600 per jaar. Dit word ontvang in drie
             gelyke paaiemente op 30 September 2018, 31 Desember 2018 en
             31 Maart 2019.
       H.    Bedryfsuitgawes beloop R18 000 per maand en word per tjek betaal.
       I.    Bankkoste is gemiddeld R1 620 per maand.
       J.    Die banksaldo op 30 November 2018 was R98 330 (gunstig).
       K.    Werklike en begrote syfers vir Oktober 2018:

                                               BEGROOT             WERKLIK
             Onttrekkings                         R1 800             R1 500
             Herstelwerk en onderhoud             R5 000             R1 200
             Advertensies                         R3 600             R3 650
             Huurinkomste                        R11 640             R5 000

                                                                                            45

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                       REKENINGKUNDE                                               13

 VRAAG 6: KLUBS EN VASTE BATES                                           (55 punte; 35 minute)

 6.1 SPORTKLUBS
      Die rekords in verband met lede van Mount Coke Stapklub vir die finansiële jaar
      geëindig 31 Desember 2017 word verskaf.
      GEVRA:
      6.1.1       Voltooi die Ledegeldrekening in die Algemene grootboek.
                  Toon bewerkings om deelpunte te kan verdien.                                    (20)
      6.1.2       Nuwe lede is nie tevrede met hoe ledegeld van nuwe lede gehef word nie.
                  x    Verduidelik waarom hulle so voel. Verskaf EEN rede.                         (2)
                  x    Verskaf ’n oplossing vir hierdie probleem.                                  (2)
      INLIGTING:
      A.      Uittreksel uit die na-afsluitingsproefbalans op 31 Desember 2016.
                                                                       DEBIETE     KREDIETE
                  Opgelope inkomste : ledegeld                            5 400
                  Vooruitontvange inkomste: ledegeld                                   1 500

      B.      Uittreksel uit die kontantjoernale vir die jaar geëindig 31 Desember 2017.
                  Ledegeld ingevorder:                                                61 500
                  x 2016 ledegeld ontvang                                              3 600
                  x 2017 ledegeld ontvang                                             55 200
                  x 2018 ledegeld ontvang                                              2 700
                  Ledegeld terugbetaal                                                   450

      C.      Besonderhede van Ledegeld:
              x Ledegeld is R300 per lid per jaar.
              x       Nuwe lede wat voor Junie aansluit betaal die volle bedrag. Diegene wat
                      na Junie aansluit betaal die helfte van die ledegeld.
              x       Op 31 Desember 2016 was daar 210 geregistreerde lede.
              x       Die uitstaande ledegeld van 2016 moet afgeskryf word. Hierdie lede
                      word van die lederegister verwyder vanaf 1 Januarie 2017.
              x       Op 6 April 2017 het 14 nuwe lede by die klub aangesluit. Hulle het hul
                      intreegeld asook hul ledegeld ten volle betaal.
              x       Op 30 September 2017 het 8 nuwe lede by die klub aangesluit. Hulle het
                      ook hul finansiële verpligtinge nagekom.
              x       Die sekretaris het versoek dat ’n gedeelte van sy honorarium van R500
                      teruggehou moet word om sy ledegeld te dek. Die versoek is toegestaan.
              x       Drie lede wie se ledegeld ten volle betaal was het in Julie 2017 bedank.
                      Die komitee het besluit om vir elkeen die helfte van hulle ledegeld terug
                      te betaal.
              x       Sommige lede het nie hul ledegeld vir 2017 betaal nie.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    REKENINGKUNDE                            (EC/NOVEMBER 2018)

 6.2   BESTUUR VAN VASTE BATES

       Die gegewe inligting kom uit die boeke van Shirley se Afleweringsdienste. Die
       eienaar is Shirley May. Sy verskaf ’n afleweringsdiens vir plaaslike meubelwinkels.
       Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018.

       GEVRA:

       6.2.1    Bereken die totale waardevermindering op voertuie en op toerusting.             (9)

       6.2.2    Voltooi die nota vir Vaste Bates deur die ontbrekende bedrae in te vul.
                Sommige bedrae is reeds by die nota ingesluit.                                  (9)

       6.2.3    Shirley vermoed dat sommige van die bestuurders die voertuie vir hul
                privaat sake gebruik.

                x    Verskaf TWEE feite om haar kommer te verduidelik. Haal syfers aan.         (6)
                x    Voorsien Shirley van TWEE punte van advies hoe om beter kontrole uit
                     te oefen oor die gebruik van die voertuie.                                 (4)

       6.2.4    Die ses bestuurders is ontevrede met hul salarisverhoging en beplan ’n
                staking. Tree hulle redelik op? Verduidelik.                                    (3)

       INLIGTING:

       A.      Op 1 Maart 2017 het die besigheid ses afleweringsvoertuie besit.
               Op 1 Junie 2017 het die besigheid ’n addisionele afleweringsvoertuig
               gekoop.

       B       Op 28 Februarie 2018 is ou toerusting aan ’n plaaslike skool geskenk.

       C.      Voertuie se waarde verminder teen 20% p.j. op kosprys en toerusting se
               waarde verminder teen 15% p.j. op drawaarde.

       D.      Addisionele inligting rakende vaste bates:
                                                          28 Februarie 2018   1 Maart 2017
               Afleweringsvoertuie (kosprys)                  1 090 000        924 000
               Opgehoopte waardevermindering
                                                                       ?       554 400
               op voertuie
               Toerusting (kosprys)                             335 000        380 000
               Opgehoopte waardevermindering
                                                                165 340        167 000
               op toerusting
               Herstelwerk en onderhoud op voertuie              45 220         32 300
               Brandstof en olie                                114 100         65 200
               Salarisse aan bestuurders                        408 240        388 800
               Verkope                                          932 400        740 000

                                                                                               55

                                                                                TOTAAL:        300

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [ACCOUNTING GR11 ANSWER BOOK NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr11-answer-book-nov2018-afr-d/bee81619-bc94-42c7-877f-50fc4561c388) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING GR11 ANSWER BOOK NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr11-answer-book-nov2018-eng-d/8b6e47b8-2f1d-4069-897b-bf716dbd25e5) — Accounting · Addendum · 2018 · Eng
- [ACCOUNTING GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr11-memo-nov2018-afrikaans/d1eee2f9-205d-4f4b-b09d-c4b23b38999f) — Accounting · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 Acc June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-june-2018-question-paper/9e5a4e5a-acbf-47cb-89af-ed8447e2e824) — Accounting · QP · 2018
- [Gr11 Acc November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-november-2018-question-paper/f61e69e3-0dfc-4fdc-af48-0c4fcb6d101e) — Accounting · QP · 2018
- [Gr11 Acc (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-november-2018-question-paper/ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4) — Accounting · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
