# Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-qp-sept-2019-afrik/90c29dda-494a-4bf8-986e-170a11b0b124
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-qp-sept-2019-afrik/90c29dda-494a-4bf8-986e-170a11b0b124)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2019

                           REKENINGKUNDE

PUNTE:     300

TYD:       3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en ŉ 19 bladsye-antwoordeboek.

### Page 2

2                                   REKENINGKUNDE                         (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.    Beantwoord AL die vrae.

 2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin AL die vrae
       beantwoord moet word.

 3.    Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
       beantwoord.

 6.    Toon alle bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                REKENINGKUNDE                                               3

 8.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord.
       Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                          VRAAG 1: 50 punte; 30 minute
 Onderwerp van die vraag       Hierdie vraag integreer:
                               Finansiële rekeningkunde
                               Debiteure-ouderdomsanalise
 Debiteure-ouderdomsanalise en Begrippe
 Versoening                    Bankversoening
                               Bestuur van hulpbronne
                               Interne beheer
                          VRAAG 2: 35 punte; 20 minute
 Onderwerp van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
                               Bestuur van hulpbronne
                               Voorraadwaardasiemetodes
 Voorraadwaardasie             Voorraad-berekeninge
                               Interne beheer
                             VRAAG 3: 45 punte; 25 minute
 Onderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                  Bestuursrekeningkunde
                                  Produksiekostestaat
 Kosteberekeninge                 Gelykbreekpunt en koste-ontleding
                                  Bestuur van hulpbronne
                                  Interne beheer
                            VRAAG 4: 60 punte; 35 minute
 Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                 Finansiële rekeningkunde
                                 Begrippe
 Maatskappye:
                                 Staat van finansiële posisie (Balansstaat)
 Finansiële State
                                 Bestuur van hulpbronne
                                 Etiek
                            VRAAG 5: 80 punte; 50 minute
 Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                 Finansiële rekeningkunde
 Maatskappye:                    Kontantvloeistaat
 Kontantvloei en vertolking      Vertolking van finansiële inligting

                          VRAAG 6: 30 punte; 20 minute
 Onderwerp van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
                               Bestuursrekeningkunde
                               Berekeninge en vertolking van begrotings
 Kontantbegrotings             Bestuur van hulpbronne
                               Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                     REKENINGKUNDE                           (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 1: DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE EN BANKVERSOENING
                                             (50 punte; 30 minute)

 1.1 DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE

      Die eienaar van Jumbo Handelaars, Sumi, het jou genader vir hulp met die
      bestuur van debiteure.

      GEVRA:

      1.1.1     Verduidelik hoe die Debiteure-ouderdomanalise kan help met die
                kontrole van debiteure. Verskaf EEN punt.                                       (2)

      1.1.2     Bereken die gemiddelde debiteure-invorderingstermyn (in dae) vir die
                finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2019.                                      (5)
                    Lewer kommentaar of die besigheid hiermee tevrede moet wees.                (2)

      1.1.3     Verwys na Inligting C:
                Identifiseer TWEE verskillende probleme wat deur die debiteure-
                ouderdomsanalise geopenbaar word. Haal bewyse en/of syfers aan. In
                elke geval, gee advies om die interne beheer rakende die geïdentifiseerde
                probleem te verbeter.                                                           (6)

      INLIGTING:

      A.      Die saldo van die debiteurekontrole was R19 800 op 1 September 2018.

      B.      Totale verkope vir die jaar beloop R750 000.
              40% van verkope is kontant en die res op krediet.

      C.      Debiteure-ouderdomsanalise op 31 Augustus 2019

       Kredietbeleid: Debiteure word 30 dae gegee om hul skuld te vereffen.
       NAAM          KREDIET-     TOTAAL     HUIDIGE     30 DAE     60 DAE      60 DAE+
                      LIMIET                 MAAND
       B. Botha        R 8 000     R 6 000    R 6 000
       C. Coma          30 000      32 000     11 574    R 3 000    R 3 710     R13 716
       P. Pule          20 000      18 600          -      8 000     10 600
       R. Rome          18 600      19 600      3 000      4 240     12 360
                                    76 200     20 574     15 240     26 670       13 716
                                               27%        20%        35%          18%

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                    REKENINGKUNDE                                               5

 1.2    BANKVERSOENING

        Jy word voorsien van inligting rakende Simms Handelaars vir Julie 2019.

        GEVRA:

        1.2.1    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
                 waar of onwaar langs die vraagnommer ((a)–(d)) in die
                 ANTWOORDEBOEK neer.

                 (a)    ŉ Tjek ouer as ses maande sal nie deur die bank gewisssel word
                        nie, aangesien dit ŉ verouderde tjek is.

                 (b)    Diensgelde en rente op bankoortrekking sal as bankkoste in die
                        Kontantbetalingsjoernaal aangeteken word.

                 (c)    ŉ Debietsaldo op die bankstaat dui ŉ ongunstige saldo aan.

                 (d)    ŉ Interne ouditeur moet die bankversoeningstaat aan die einde van
                        elke maand nagaan.                                                         (4)

        1.2.2    Bereken die korrekte totale vir die Kontantontvangsjoernaal en die
                 Kontantbetalingsjoernaal vir Julie 2019. Gebruik die tabelle wat voorsien
                 word.                                                                         (14)

        1.2.3    Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2019 op.                             (10)

        1.2.4    Verduidelik hoe tjek nr. 908 behandel moet word wanneer die finansiële
                 state op 31 Julie 2019, die einde van die finansiële jaar, opgestel word.         (2)

        1.2.5    Verwys na inligting F.
                 Die boekhouer het besluit om die bedrag van R50 000 af te skryf.

                       Identifiseer die AARP-beginsel wat deur die boekhouer toegepas is.          (1)
                       Verskaf TWEE voorstelle oor hoe ŉ soortgelyke probleem in die
                       toekoms voorkom kan word.                                                   (4)

        INLIGTING:

        A.      Bankversoeningstaat op 30 Junie 2019

                                                                  Debiet        Krediet
                Saldo volgens Bankstaat                           R19 310
                Uitstaande deposito (10 Mei 2019)                                 R50 000
                Uitstaande tjeks
                      nr. 892 (1 Januarie 2019)                      12 340
                      nr. 897 (22 Junie 2019)                         8 700
                Saldo volgens Bankrekening                            9 650
                                                                     50 000          50 000

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   REKENINGKUNDE                            (EC/SEPTEMBER 2019)

       B.    Voordat die Julie 2019 Bankstaat ontvang is, verskyn die volgende
             voorlopige totale in die Kontantjoernale vir Julie 2019:
                KOJ R 127 670
                KBJ R 68 900

       C.    Die Bankstaat vir Julie 2019 dui die volgende aan:

                 Bankkoste R1 300
                 Rente op oortrekking R920
                 Debietorder vir versekering R600
                 Direkte deposito van R1 800 vir huur ontvang van ŉ huurder

       D.    Tjek nr. 892 is as ŉ donasie uitgereik. Dit is nog nie gewissel nie.

       E.    Tjek nr. 897 verskyn nie op die Julie 2019 bankstaat nie.

       F.    Die uitstaande deposito (10 Mei 2019) kan nie opgespoor word nie en die
             kassier op daardie tyd, het intussen verdwyn. Daar is besluit om die
             bedrag af te skryf.

       G.    ŉ Tjek ontvang van Redman Handelaars gedateer 25 November 2019, vir
             R15 000, is nie in die Julie 2019 Kontantontvangstejoernaal aangeteken
             nie. Dit is ook nie gedurende Julie gedeponeer nie.

       H.    Die volgende items verskyn in die Julie 2019 Kontantjoernale, maar nie
             op die Julie Bankstaat nie:

                 ŉ Deposito van R18 000, gedateer 27 Julie 2019
                 Tjek nr. 905, gedateer 31 Julie 2019
                 Tjek nr. 908, R3 100, gedateer 15 Desember 2019, is uitgereik aan ŉ
                 krediteur, D. Hart, vir die verskaffing van goedere.

       I.    Die Bankstaat op 31 Julie 2019 dui ŉ kredietsaldo van R44 040 aan.
                                                                                               50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                     REKENINGKUNDE                                             7

 VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE                                    (35 punte; 20 minute)

 Omega Electronics is ŉ besigheid wat televisies verkoop. Die besigheid word deur
 Ching Lee besit. Hulle maak gebruik van die GEWEEGDEGEMIDDELDE-metode vir
 voorraadwaardasie en gebruik die periodieke voorraadstelsel. Die finansiële jaar het
 op 28 Februarie 2019 geëindig. Die winsgrens is 25% op kosprys.

 GEVRA:

 2.1    Bereken die volgende op 28 Februarie 2019:

        2.1.1    Waarde van die eindvoorraad                                                  (10)

        2.1.2    Brutowins vir die jaar geëindig                                                  (5)

 2.2    Die eienaar en die rekenmeester stem nie saam met die metode van
        voorraadwaardasie nie. Die rekenmeester wil die EIEU-metode gebruik.

        2.2.1   Bereken die waarde van voorraad op 28 Februarie 2019 deur die
                EIEU-metode te gebruik.                                                           (7)

        2.2.2   Verduidelik die effek op brutowins indien die EIEU-metode gebruik word.           (2)

        2.2.3   As ŉ interne ouditeur, verduidelik aan die eienaar en die rekenmeester,
                die voordele om die EIEU-metode te gebruik. Noem TWEE punte.                      (4)

 2.3    Ching Lee voel dat sy nie haar teiken winsopslag % in 2019 kon bereik nie.

           Doen (of voer) ŉ berekening uit om te bevestig of sy korrek is.                        (3)
           Verskaf TWEE voorstelle wat geïmplementeer kan word om winsgewendheid
           te verbeter.                                                                           (4)

 INLIGTING:

 A.     Voorraad van televisiestelle:

             Datum                   Besonderhede                    Totaal
        1 Maart 2018                  49 eenhede                    R195 424
        28 Februarie 2019               220 eenhede                      ?

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  REKENINGKUNDE                          (EC/SEPTEMBER 2019)

 B.    Aankope en terugsendings van televisiestelle gedurende die jaar.

                                      Aantal eenhede                        Totaal
        Aankope:
        Julie 2018  200 eenhede @ R4 680 elk                              R936 000
        Okt 2018    388 eenhede @ R5 145 elk                              1 996 260
        Jan 2019    200 eenhede @ R5 512 elk                              1 102 400
                    788 eenhede in totaal                                 4 034 660
        Terugsendings:
        7 eenhede van Januarie 2019 aankope.

 C.    Verkope vir die jaar, R3 450 300.
                                                                                            35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                    REKENINGKUNDE                                             9

 VRAAG 3: VERVAARDIGING                                           (45 punte; 25 minute)

 3.1    VUMA VERVAARDIGERS

        Jy word voorsien van inligting met betrekking tot VUMA Vervaardigers vir die
        jaar geëindig 28 Februarie 2019. Die besigheid vervaardig handsakke.

        GEVRA:

        3.1.1    Stel die volgende notas tot die Produksiekostestaat op:

                      Direkte arbeidskoste                                                    (6)
                      Fabrieksbokoste                                                        (10)

        3.1.2    Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019 op.    (10)

        INLIGTING:

        A.      Voorraad voorhande op 1 Maart 2018

                Grondstowwe                                                    R138 000
                Goedere-in-bewerking                                             79 000
                Klaarprodukte                                                    68 000
        B.      Voorraad voorhande op 28 Februarie 2019
                Grondstowwe                                                    R142 000
                Goedere-in-bewerking                                             ?
                Klaarprodukte                                                   172 000

        C.      Grondstowwe
                   Grondstowwe gedurende die jaar aangekoop beloop R1 450 000.
                   Grondstowwe, koste R19 000, is aan die verskaffer teruggestuur.

        D.      Arbeid
                   Die fabriek het vyf werkers wat by produksie betrokke is. Saam het
                   hulle in totaal 800 uur per maand teen R50 per uur (normale tyd)
                   gewerk. Slegs drie werkers het 60 ure elk per maand oortyd gedurende
                   die finansiële jaar gewerk.
                   Die oortydkoers is 1½ keer die normale koers.
                   Die werkgewer dra 1% van die normale loon tot die WVF vir alle
                   werknemers by.
                   Indirekte arbeid beloop R135 340 voordele ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                                    REKENINGKUNDE                         (EC/SEPTEMBER 2019)

       E.      Syfers verkry uit die Proefbalans:

               Water en Elektrisiteit                                           R77 000
               Huur-uitgawe                                                     288 000
               Waardevermindering op fabriekstoerusting                          18 900
               Waardevermindering op kantoortoerusting                            5 300
               Versekering                                                      108 000
               Diverse uitgawes                                                  84 000

               Addisionele inligting met betrekking tot bogenoemde:

                     Die water- en elektrisiteitsrekening word onder fabriek, kantoor en
                     verkope afdelings in die verhouding 4 : 2 : 1 verdeel.

                     75% van alle diverse uitgawes het betrekking op die fabriek.

                     Huur het onveranderd gedurende die finansiële jaar gebly. Huur
                     word toegeken volgens vloeroppervlakte gebruik, soos volg:
                     1 500 vierkante meter, 500 vierkante meter en 400 vierkante meter
                     vir fabriek, verkope en kantoor-adfelings onderskeidelik.

                     Versekeringskoste op toerusting word soos volg onder fabriek,
                     verkope en kantoor verdeel:
                     o Fabriek R48 500
                     o Verkope 37 400
                     o Kantoor 22 100

 3.2   JPC VERVAARDIGERS

       Jy word voorsien van inligting rakende JPC vervaardigers wat bestaan uit twee
       fabrieke wat verskillende produkte produseer: Reistasse en
       skootrekenaarsakke. Die eienaar, JP, het gevind dat sy wins van 2018 tot 2019
       afgeneem het. Hy vra vir advies.

       GEVRA:

       3.2.1   Identifiseer EEN veranderlike koste in elke department wat nie goed
               beheer word nie. Haal syfers aan. Gee in elke geval ŉ oplossing vir die
               geïdentifiseerde probleem.                                                         (8)

       3.2.2   Bereken die gelykbreekpunt van reistasse vir 2019.                                 (4)

       3.2.3   Verduidelik of die besigheid tevrede moet wees met die vervaardiging
               van reistasse. Haal syfers aan.                                                    (3)

       3.2.4   JP wil die verkoopprys van EEN van die produkte aanpas. Watter raad
               sal jy hom aanbied? Gee ŉ geldige rede vir jou voorstel en haal relevante
               syfers aan.                                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENINGKUNDE                                         11

 INLIGTING:

                                    REISTASSE              SKOOTREKENAAR-
                                                                 SAKKE
                                2019           2018         2019       2018
  Algemene inligting
  Totale vaste koste          R3 500 000     R3 500 000   R2 100 000   R2 100 000
  Nettowins/(verlies)          (118 000)      1 050 000    1 692 000    1 932 000

  Veranderlike koste per
  eenheid                           R242          R218          R92            R82
  Direkte materiaalkoste             R68           R70          R54            R40
  Direkte arbeidskoste              R150          R130          R32            R32
  Verkoop en verspreidings-
  koste                              R24           R18           R6            R10

  Addisionele inligting
  Verkoopprys per eenheid
  gehef deur JP                     R420          R400         R250           R250
  Verkoopprys per eenheid
  deur mededingers gehef            R405          R405         R265           R260

  Aantal eenhede                   19 000        25 000       24 000        24 000
  vervaardig en verkoop          eenhede       eenhede      eenhede       eenhede
  Gelykbreek eenhede                     ?       19 231       13 292        12 500
                              (sien) 3.2.2     eenhede      eenhede       eenhede

                                                                                            45

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

12                                   REKENINGKUNDE                          (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 4: FINANSIËLE STATE                                       (60 punte; 35 minute)

4.1   Kies die korrekte beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (4.1.1–4.1.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      4.1.1    SAIGR                A      Riglyne vir voorbereiding van finansiële state
                                           om konsekwentheid te verseker
      4.1.2    KMIE                 B      Aangestel deur die raad van direkteure
      4.1.3    IFRS                 C      Handhaaf die integriteit van die beroep en
                                           tree dissiplinêr op teen diegene wat
                                           standaarde oortree
      4.1.4    Interne ouditeur     D      Spreek ŉ onbevooroordeelde mening oor die
                                           finansiële state van die maatskappy uit
      4.1.5    Eksterne ouditeur    E      Handhawing van rekords en beheer van
                                           nuwe/bestaande maatskappye
                                                                              (5 x 1)             (5)

4.2   CDJ BPK.

      Die inligting is van ŉ publieke maatskappy met ŉ gemagtigde aandelekapitaal
      van 1 500 000 gewone aandele. Die finansiele jaar het geëindig op 28
      Februarie 2019.

      GEVRA:

      4.2.1    Voltooi die Behoue Inkomste-nota tot die Staat van Finansiële Posisie
               (Balansstaat).                                                                (12)

      4.2.2    Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op
               28 Februarie 2019.                                                            (35)

      4.2.3    Die raad van direkteure het die volgende TWEE programme by die
               algemene jaarvergadering voorgestel:

               Program 1     R1 500 000 toegeken word vir personeelopleidings- en
                             ontwikkelingsinisiatiewe gedurende die volgende twee
                             finansiële jare.

               Program 2      R1 000 000 aan die opheffing van die rekenaarfasiliteite
                              by drie plaaslike skole bestee word.

               Vic Pienaar, ŉ jong aandeelhouer, was nie tevrede met hierdie voorstel
               nie. Hy glo dat groter dividende aan aandeelhouers gegee moet word.

                     Verduidelik waarom die direkteure hierdie voorstelle in hul
                     direkteursverslag ingesluit het. Verskaf TWEE punte.                         (4)
                     Verskaf ŉ ander voordeel van elk van die voorgestelde programme
                     aan die maatskappy.                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)                   REKENINGKUNDE                                             13

        INLIGTING:

        A.      Saldo’s/Totale op 28 Februarie 2019:

                                                                    Debiet        Krediet
                 Gewone aandelekapitaal
                 (1 000 000 aandele)                                            R4 200 000
                 Behoue inkomste (1 Maart 2018)                                     468 000
                 Lening: Central Bank                                               352 400
                 Vaste bates teen kosprys                        R4 919 040
                 Opgehoopte waardevermindering                                      201 520
                 Handelsvoorraad                                     255 340
                 Debiteurekontrole                                   235 000
                 Voorsiening vir oninbare skulde                                        4 000
                 Vaste deposito: King Bank                            ?
                 Bank                                                381 300
                 Krediteurekontrole                                                  22 000
                 SAID (inkomstebelasting)                            340 000
                 Versekering                                          23 520
                 Huur inkomste                                                       34 600

        B.      Addisionele inligting:

        (i)     Aandelekapitaal

                   200 000      Aandele was aan die begin van die huidige finansiële jaar
                                in gebruik.
                   600 000      Addisionele aandele is op 1 April 2018 teen R3,90 per
                                aandeel uitgereik.
                   200 000      Addisionele aandele is op 31 Oktober 2018 teen R5 per
                                aandeel uitgereik.
                      50 000    Op 28 Februarie 2019 is aandele van die boedel van ŉ
                                afgestorwe aandeelhouer vir R237 500 teruggekoop.
                                Hierdie transaksie is nog nie aangeteken nie.

        (ii)    Leningsooreenkoms met Central Bank:

                Beginsaldo van lening op 1 Maart 2018.                            R550 000
                Terugbetaling gedurende die jaar, rente ingesluit                  197 600
                Sluitingssaldo                                                     420 000

                   Die rente op lening word gekapitaliseer.
                   R150 000 van die lening sal in die volgende finansiële jaar betaal
                   word.

        (iii)   Dividende:
                   ŉ Tussentydse dividend van 30 sent per aandeel is op 31 Augustus
                   2018 betaal.
                   ŉ Finale dividend van 22 sent per aandeel is verklaar op
                   28 Februarie 2019 en moet nog in berekening gebring word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

14                                  REKENINGKUNDE                         (EC/SEPTEMBER 2019)

      (iv)   Die volgende aansuiwerings moet slegs in ag geneem word vir die
             opstel van die Balansstaat:

                 Die huur vir Februarie 2019 is nog nie ontvang nie. Die ruimte word
                 sedert 1 Desember 2018 verhuur.
                 ŉ Addisionele versekeringspolis op granietsae is op 1 Oktober 2018
                 uitgeneem. Die jaarlikse premie van R13 440 is betaal.
                 Verbruiksgoedere voorhande, R1 580.
                 ŉ Debiteur wie R35 000 skuld, is insolvent verklaar. Geen inskrywing
                 is gemaak nie.
                 Die voorsiening vir oninbare skuld moet aangesuiwer word tot
                 R6 000.
                 Ouditfooie van R9 000 is steeds uitstaande op 28 Februarie 2019.

      (v)    Nettowins en inkomstebelasting:
             Inkomstebelasting vir die jaar is bereken teen 30%.
             Nettowins voor belasting is R1 085 600 nadat al bogenoemde
             aansuiwerings in berekening gebring is.
                                                                                            60

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)                   REKENINGKUNDE                                          15

 VRAAG 5: KONTANTVLOEI EN VERTOLKING                             (80 punte; 50 minute)

 Die volgende inligting het betrekking op Frankfurt Bpk. wat parfuum aan
 kleinhandelaars versprei. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2019.

 GEVRA:

 5.1    Bereken die volgende vir die kontantvloeistaat:
        5.1.1   Die kontant deur bedrywighede voortgebring                                    (15)
        5.1.2   Die kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite                                    (10)
        5.1.3   Die kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite                                     (7)
        5.1.4   Die netto verandering in kontant en kontantekwivalente                            (5)

 5.2    Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2019:
           Vuurproefverhouding                                                                    (4)

           Skuld-ekwiteitverhouding                                                               (4)

           Netto-batewaarde per aandeel                                                           (4)

            Persentasie opbrengs op totale kapitaal aangewend                                     (8)

 5.3    Dit was ŉ goeie besluit van die direkteure om die lening te verhoog. Verduidelik
        en haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan om die direkteure se
        besluit te ondersteun.                                                                    (6)

 5.4    Een van die aandeelhouers wil sy aandele teen 550 sent per aandeel verkoop.
        Verduidelik waarom die besigheid nie hierdie aandele moet terugkoop nie. Haal
        TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou mening te ondersteun.                   (4)

 5.5    Identifiseer TWEE belangrike besluite wat deur die direkteure geneem is, soos
        blyk uit die Kontantvloeistaat. Haal syfers aan. Verduidelik hoe hierdie besluite
        die besigheid in die toekoms sal bevoordeel.                                              (8)

 5.6    Lee Jenkins besit 20 000 aandele in die maatskappy. Sy is nie tevrede met die
        lae dividende wat sy vanjaar gekry het nie.

            Bereken die bedrag vir dividende wat sy vanjaar gekry het.                            (2)
            Verduidelik aan haar waarom jy dink die direkteure die dividende-
            uitbetalingsbeleid vanjaar verander het. Haal syfers aan.                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16                                   REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2019)

 INLIGTING:

 A.   Uittreksel van die Inkomstestaat op 31 Augustus 2019:

        Waardevermindering                                                R950 000
        Rente uitgawe                                                       144 150
        Nettowins voor belasting                                          1 230 000
        Inkomstebelasting                                                         ?
        Nettowins na belasting                                              861 000

 B.   Uittreksel van die Balansstaat op 31 Augustus:

                                                 Nota        2019           2018
      Vaste bates teen drawaarde                           R3 616 400      R2 300 000
      Finansiële bates                                        300 000         712 500
      Bedryfsbates                                          1 231 050       1 116 650
      Voorrade                                                903 900       1 044 700
      Handels- en ander ontvangbares           Sien (iv)      257 150          70 950
      Kontant en kontantekwivalente                            70 000           1 000
      Gewone aandelekapitaal                                1 932 000       2 000 000
      Behoue inkomste                                       1 413 800       1 156 000
      Lening                                                1 622 000         300 000
      Bankoortrekking                                                          62 000
      Handels- en ander betaalbares            Sien (v)        944 800          ?

 C.   Addisionele inligting:

      (i)     Gewone aandelekapitaal:

               1 000 000    Aandele in uitreik aan begin van die jaar      R2 000 000
                 200 000    Addisionele aandele uitgereik op 30/11/2018       520 000
                 280 000    Aandele teruggekoop op 31 Mei 2019              (588 000)
                 920 000    Uitgereikte aandele op 31 Augustus 2019         1 932 000

      (ii)    Uittreksel van Behoue inkomste:

              Aandele teruggekoop                                          (R266 000)

      (iii)   Vaste bates

                 Vaste bates is gedurende die jaar aangekoop vir R?
                 Vaste bates is gedurende die jaar teen boekwaarde verkoop,
                 R225 000.

      (iv)    Handels- en ander ontvangbares:

                                                            2019             2018
              Netto Handelsdebiteure                        R208 150          R70 000
              Vooruitbetaalde uitgawes                              0             950
              SAID (Inkomstebelasting)                         49 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2019)                REKENINGKUNDE                               17

       (v)    Handels- en ander betaalbares:

                                                   2019          2018
              Handelskrediteure                    R944 800       R860 700
              Vooruitontvange inkomste                    0         28 300
              SAID (Inkomstebelasting)                             163 700
              Aandeelhouers vir dividende            193 200       120 000

 D.    Finansiële aanwysers:

                                                     2019         2018
       % Opbrengs op aandeelhouersbelang              ?          16,3%
       Verdienste per aandeel                      80 sent       56 sent
       Dividende per aandeel                       33 sent       50 sent
       % Opbrengs op totale kapitaal aangewend        ?          21,2%
       Rentekoers op lening                          15%          14%
       Netto batewaarde per aandeel (NBW)             ?        315,6 sent
       Skuld/ekwiteitsverhouding                      ?          0,1 : 1
       Markprys per aandeel                        380 sent     360 sent
       Bedryfskapitaalverhouding                    1,6 : 1      1,5 : 1
       Vuurproefverhouding                            ?          0,4 : 1

                                                                                    80

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 18

18                                   REKENINGKUNDE                           (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 6: KONTANTBEGROTING                                        (30 punte; 20 minute)

 Jy word voorsien met inligting van Stutt BPK. Die finansiële jaar van die besigheid het
 op 31 Julie 2019 geëindig.
 GEVRA:
 6.1   Gee EEN punt waarom dit ŉ goeie idee is om werklike syfers teen begrote syfers
       te vergelyk.                                                                                (2)

 6.2   Verwys na die kontantbegroting onder Inligting D:
       Identifiseer TWEE items wat verkeerdelik in die Kontantbegroting aangeteken is              (2)

 6.3   Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Julie 2019.                                    (7)

 6.4   Bereken die volgende:

       6.4.1   Persentasie toename in salaris en lone met ingang van Julie 2019.                   (3)

       6.4.2   Ontbrekende syfers, (i) en (ii), in die uittreksel van die Kontantbegroting.        (8)

 6.5   Aan die einde van Julie 2019 het jy die volgende geïdentifiseer toe jy die
       begrote met die werklike syfers vergelyk het:
         Verduidelik wat jy aan die aandeelhouers oor elk van die volgende items aan
         die einde van Julie 2019 sal noem.
          In elke geval adviseer watter effek hierdie items op die maatskappy sal hê.              (4)

                                                           JULIE 2019
                                                   BEGROTE          WERKLIK
       Ouditfooie                                       75 000          157 500
       Advertensies                                     30 000                0

 6.6   Aandeelhouers dink daaraan om die besigheidsperseel te koop, eerder as om
       dit te huur.
       Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel van hierdie opsie.                                   (4)

 INLIGTING:

 A.    Verkope, aankope van voorraad en koste van verkope:

       Totale verkope vir April 2019 tot Julie 2019 is as volg:

               Maand            Totale verkope
                April                  R180 000
                Mei                     300 000
               Junie                    420 000
                Julie                   480 000

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2019)                 REKENINGKUNDE                                        19

          40% van alle verkope is kontant, die res is op krediet.
          Die winsopslag is te alle tye 60% op koste van verkope.
          Voorraad word maandeliks vervang.
          70% van alle aankope is kontant, die res is op krediet.

 B.     Debiteure-invordering:

        Van debiteure word verwag om soos volg te betaal:

            30% van hul rekening te betaal in die maand van verkope (huidig) om te
            kwalifiseer vir 2,5% afslag vir vroeë betaling.
            50% te betaal in die maand na die verkope transaksie-maand (30 dae).
            18% te betaal in die tweede maand (60 dae).
            2% word afgeskryf.

 C.     Krediteure-betaling:

        Krediteure word in die maand na aankope betaal.

 D.     STUTT BPK.
        Uittreksel uit kontantbegroting vir Junie en Julie 2019

                                                     JUNIE 2019        JULIE 2019
        ONTVANGSTE
        Kontantverkope                                      180 000          210 000
        Invordering van debiteure                           ?               ?
        BETALINGS
        Direkteursfooie                                     300 000          255 000
        Ouditfooie                                                -           75 000
        Salaris en lone                                     135 000          151 200
        Fondse vir aandele teruggekoop                            -          450 000
        Voertuie gekoop op krediet                          285 000                  -
        Betaling aan krediteure                              53 438                (i)
        Kontant aankoop van voorraad                        183 700               (ii)
        Waardevermindering                                   19 200           19 200
        Advertensies                                         30 000           30 000
        Grond en geboue                                           -        4 500 000
        Huur-uitgawe                                         46 125           46 125

                                                                                              30

                                                                            TOTAAL:       300

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [ACCOUNTING MEMO SEPT2019 Eng .pdf R](https://www.hlayiso.com/library/accounting-memo-sept2019-eng-pdf-r/b90affb8-0fb1-47cc-97c0-27038c79927e) — Accounting · Memo · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting Ans Book Sept 2019](https://www.hlayiso.com/library/accounting-ans-book-sept-2019/d58661fb-e53a-4199-a8ec-ec214adc9668) — Accounting · QP · 2019

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
