# Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-qp-sept2017-afrikaans/3d878a49-f672-4fe2-8cd3-26c3d0a53499
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-qp-sept2017-afrikaans/3d878a49-f672-4fe2-8cd3-26c3d0a53499)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2017

                             REKENINGKUNDE

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en ’n 16 bladsye-antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  REKENINGKUNDE                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig en volg dit noukeurig.

 1.    Beantwoord AL die vrae.

 2.    ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
       beantwoord.

 3.    Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 4.    Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 6.    Alle bewerkings moet tot EEN desimale plek getoon word, waar van toepassing.

 7.    ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Jy moet probeer om by die
       voorgestelde tyd vir elke vraag te hou.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief over

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       REKENINGKUNDE                                                 3

                                   VRAAG 1: 40 punte; 25 minute
      Hoof onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                           Finansiële rekeningkunde
                                            Begrippe, Debiteure- en Krediteurerekonsiliasie
      Rekonsiliasies
                                           Bestuur van hulpbronne
                                            Interne beheer en etiek
                                   VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
      Hoof onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                           Bestuur van hulpbronne
      Voorraadwaardasie                     Begrippe, berekening en vertolking van voorraadinligting
                                            Interne beheer
                                   VRAAG 3: 50 punte; 30 minute
      Hoof onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                       Finansiële rekeningkunde
                                        Begrippe, Balansstaat en notas
      Finansiële state van maatskappye
                                       Bestuur van hulpbronne
                                        Finansiële verslagdoening en etiek
                                   VRAAG 4: 70 punte; 45 minute
      Hoof onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                           Bestuursrekeningkunde
      Finansiële state, Kontantvloei en
                                            Begrippe, Kontantvloeistaat berekeninge, Ontleding van
      vertolking
                                              verhoudings en vertolking van finansiële inligting
                                   VRAAG 5: 60 punte; 30 minute
      Hoof onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                           Bestuursrekeningkunde
                                            Berekeninge vir die Produksiekostestaat
      Kosteberekeninge en Vaste bates       Eenheidskoste-begrippe; gelykbreekontleding
                                           Bestuur van hulpbronne
                                            Bestuur van vaste bates
                                   VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
      Hoof onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                           Bestuursrekeningkunde
                                            Voltooiing van Kontantbegroting; Vertolking van begroting
      Begroting
                                           Bestuur van hulpbronne
                                            Interne beheer prosesse

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      REKENINGKUNDE                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 1: REKONSILIASIES                                                   (40 punte; 25 minute)

 1.1 Kies die korrekte antwoord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
     neer langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.
      1.1.1    ’n Verouderde tjek, wat ouer as 6 maande is, moet in die
               (Kontantontvangstejoernaal/kontantbetalingsjoernaal)
               gekanselleer word.
      1.1.2    ’n (Debiet/Krediet) saldo op die bankstaat dui op ’n oortrokke rekening.
      1.1.3    ’n (Debietnota/Kredietnota) is die brondokument vir goedere terug-
               gestuur deur ’n debiteur.
      1.1.4    (Kontantkorting/Handelskorting) word aangebied wanneer rekeninge
               binne ’n sekere tyd betaal word.                                 (4)
 1.2 DEBITEUREREKONSILIASIE EN OUDERDOMSANALISE
      Die inligting hieronder het betrekking op JT Handelaars vir Junie 2017.
      GEVRA:
      1.2.1    Bereken die korrekte saldo van Debiteurekontrole op 30 Junie 2017.               (4)
      1.2.2    Bereken die saldo’s van die debiteure gelys in die ANTWOORDEBOEK.               (12)
      1.2.3    Verwys na die ouderdomsanalise (Inligting C):
                     Bereken watter persentasie van die debiteure kom nie die 30 dae
                      krediettermyn na nie.                                                     (3)
                     Lys TWEE interne beheermaatreëls wat JT Handelaars kan gebruik
                      om te verseker dat slegs betroubare klante krediet kan bekom.             (4)
      INLIGTING:
      A.      Saldo’s op 30 Junie 2017 (voor foute en weglatings):
              Debiteurekontrole saldo                                      R74 600
              Debiteurelys                                                    70 000
                N. Pillai                                                     21 600
                Y. Bosman                                                     12 400
                C. Tele                                                       24 900
                A. Botha                                                           ?

      B.      Foute en weglatings ontdek:
              (i)      Die Debiteurejoernaal is met R3 500 te veel opgetel.
              (ii)     ’n Afslag van R800 toegestaan aan Pillai vir beskadigde goedere, is
                       aan die verkeerde kant van haar rekening ingeskryf.
              (iii)    Kredietverkope aan Botha vir R6 300, is verkeerdelik in sy rekening as
                       R3 600 aangeteken. Oorboeking na die Algemene grootboek is korrek.
              (iv)     ’n Tjek vir R2 500, ontvang van Tele, is verkeerdelik in Bosman se
                       rekening aangeteken.
              (v)      ’n Tjek vir R4 230 ontvang van Pillai, is deur die bank teruggestuur,
                       gemerk “V/T – onvoldoende fondse”. Korting van R270 is toegestaan
                       toe die tjek ontvang is.
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief over

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                      REKENINGKUNDE                                                            5

       C.      DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE

                 BEDRAG            LOPENDE                                                         Meer as
                                                       30 DAE                  60 DAE
               VERSKULDIG           MAAND                                                          60 DAE
                  R70 000           12 600              21 000                 28 000              8 400

               Debiteure word 30 dae toegelaat om hul rekeninge te betaal.

 1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE

       Marge Handelaars koop goedere op krediet van Simpson Verskaffers. Die
       inligting voorsien, is vir Julie 2017.

       GEVRA:

       Rekonsilieer die rekening van Simpson Verskaffers in die Krediteuregrootboek
       van Marge Handelaars, met die staat ontvang.

       Begin met die openingsaldo’s soos in die ANTWOORDEBOEK gegee.                                              (13)

       INLIGTING:

       A.     Krediteuregrootboek van Marge Handelaars
              Simpson Verskaffers (K6)
                DATUM             BESONDERHEDE                 FOL       DEBIET          KREDIET      SALDO
              Julie     1    Saldo                             a/b                                       34 200
                        5    Faktuurnr. 443                     KJ                        4 770          38 970
                       10    Tjeknr. 2810                      KBJ       15 000                          23 970
                             Korting                           KBJ          750                          23 220
                       12    Faktuurnr. 568                     KJ                        5 640          28 860
                       18    Debietnota nr. 114                KAJ            980                        27 880
                       28    Faktuurnr. 667                     KJ                        7 120          35 000

       B.     Staat ontvang van Simpson Verskaffers

                                           SIMPSON VERSKAFFERS
                                                                                                    Nr. A732
                                               REKENINGSTAAT
              Klant:                                       Datum van staat:
                                                                                                   Willowstraat 112
                                                                                                        Willowmore
                            Marge Handelaars                                  25 Julie 2017                   5 570
                DATUM               BESONDERHEDE                      DEBIET         KREDIET          SALDO
              Junie    28    Rekening gelewer                                                            38 830
                       30    Faktuurnr. 376                              3 370                           42 200
              Julie     1    Kwitansie nr. 1144                                           8 000          34 200
                        5    Faktuurnr. 443                              7 740                           41 940
                       10    Kwitansie nr. 1328                                          15 000          26 940
                       12    Faktuurnr. 568                              6 640                           33 580
                       18    Kredietnota nr. 743                           980                           34 560
                       22    Faktuurnr. 772                              3 860                           38 420
                                        Sluit transaksies in tot 25ste van elke maand.

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2017)

        C.   Verskille opgemerk:

             (i)     Faktuurnr. 443 is verkeerd in die krediteuregrootboek aangeteken.

             (ii)    Die staat toon nie die korting toegestaan vir vroeë betaling op die
                     10de nie. Dit sal op die volgende staat reggestel word.

             (iii)   Daar is ontdek dat Faktuurnr. 568 op die staat goedere ter waarde
                     van R1 000 insluit wat deur die pakhuisbestuurder bestel is. Daar
                     gaan dissiplinêr teen die bestuurder opgetree word.

             (iv)    Goedere ter waarde van R980 is op die 18 de teruggestuur. Dit word
                     as ’n debietinskrywing getoon in beide die krediteuregrootboek se
                     rekening en die rekeningstaat.

             (v)     Faktuurnr. 772 op die staat is vir goedere verkoop aan ’n ander
                     onderneming. Dit moet op die volgende staat reggestel word.

             (vi)    Die staat was op 25 Julie 2017 ontvang.
                                                                                             40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief over

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  REKENINGKUNDE                                           7

 VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE                                                 (40 punte; 25 minute)

 2.1 Kies die voorraadstelsel/metode van die lys voorsien, wat die beste beskryf word
     deur elk van die stellings hieronder. Skryf slegs die voorraadstelsel/metode langs
     elke nommer (2.1.1–2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK.

               Eerste-in-eerste-uit (EIEU); geweegde gemiddelde; deurlopende;
                              spesifieke identifikasie; periodieke

       2.1.1    Lae koste voorraaditems met eenderse waarde, se waarde word bereken
                deur die totale koste van die items te deel deur die aantal items beskikbaar
                vir verkope.
       2.1.2    Die waarde van die eindvoorraad word bereken deur te aanvaar dat die
                goedere wat eerste aangekoop is, eerste verkoop word.
       2.1.3    Koste van verkope word aangeteken wanneer verkope plaasvind en
                voorraadrekords word daarvolgens aangepas.
       2.1.4    Die waarde van die eindvoorraad wat gebruik word om die koste van
                verkope te bereken, word bepaal deur ’n fisiese voorraadopname aan die
                einde van ’n rekeningkundige periode.
       2.1.5    Verkope en koste van verkope rekords word gehou vir die individuele items
                verkoop, op grond van hierdie items se hoë waarde.                               (5)

 2.2 COMRADES BPK.
       Comrades Bpk. verkoop sporttoerusting. Die inligting het betrekking op die
       sweetpakke- en sporthemdedepartemente vir die finansiële jaar geëindig
       30 April 2017.
       GEVRA:
       2.2.1    Bereken die verkoopprys per eenheid vir sweetpakke.                              (2)

       2.2.2    Bereken die koste van verkope vir sweetpakke deur die eerste-in-eerste
                uit-metode te gebruik.                                                           (7)

       2.2.3    Bereken die omsetsnelheid van voorraad vir sweetpakke (gebruik
                gemiddelde voorraad).                                                            (5)
       2.2.4    Daar is ontdek dat sporthemde van die Junie 2016 aflewering vermis word.
                Bereken die aantal en die waarde van die vermiste sporthemde.                    (7)
       2.2.5    Bereken die Bruto Wins wat die sporthemde-departement gemaak het. Let
                daarop dat hierdie departement die geweegde gemiddelde metode gebruik
                om voorraad te waardeer.                                                         (8)
       2.2.6    Die eienaar is nie tevrede met die resultate van die sporthemde-
                departement nie. Identifiseer TWEE probleme, behalwe die vermiste
                sporthemde, in hierdie departement. Haal syfers aan. Gee in elke geval ’n
                oplossing vir die probleem.                                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   REKENINGKUNDE                            (EC/SEPTEMBER 2017)

      INLIGTING:

                                       SWEETPAKKE                        SPORTHEMDE
      Werksdae per jaar                      264 dae                       264 dae
      Dae gewerk deur
                                             250 dae                       172 dae
      departement
      Voorraad omsetsnelheid                  2.2.3                         2 keer

      Verkope                     EENHEDE              BEDRAG     EENHEDE          BEDRAG
                                       515            R296 125      298              ?
      Verkoopprys per eenheid                 2.2.1                         R140
                                EEN-     EENHEIDS       BEDRAG    EEN-    EENHEIDS   BEDRAG
      Voorraad                  HEDE       -PRYS          (R)     HEDE      -PRYS      (R)
      Aanvangsvoorraad           125                     40 000   160                  13 760
      Aankope:                   500                    170 450   340                  33 740
        Junie 2016               120         R330        39 600   75          R92       6 900
        Augustus 2016            150         R340        51 000   160         R95      15 200
        November 2016            130         R345        44 850   60         R110       6 600
        Januarie 2017            100         R350        35 000   45         R112       5 040
      Terugsendings             10 eenhede van die Januarie
                                2017 aankope
      Eindvoorraad                96       ?          ?           186        ?         17 670

                                                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief over

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    REKENINGKUNDE                                             9

 VRAAG 3: OUDITVERSLAE EN FINANSIЁLE STATE VAN MAATSKAPPYE
                                                                               (50 punte; 30 minute)

 3.1 OUDITVERSLAE

       Kies die oudit-opsie uit KOLOM B wat die beste beskrywing is van die ouditverslag
       in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–C) langs die nommer (3.1.1–3.1.3) in die
       ANTWOORDEBOEK.                                                                                (3)

               KOLOM A                                     KOLOM B
       3.1.1   Gekwalifiseerde        A   Ons was nie in staat om voldoende bewyse te kry
               ouditverslag               om ’n ouditmening te kon uitspreek nie. Daarom
                                          spreek ons nie ’n mening uit oor die finansiële
                                          state van Raman Bpk., vir die jaar geëindig, nie
       3.1.2    Ongekwalifiseer-      B   Behalwe vir die ongemagtigde bonus betaal aan
                de ouditverslag           die Hoof Uitvoerende Beampte, is die finansiële
                                          state van Wyne Bpk. in alle wesenlike opsigte ’n
                                          redelike weergawe van die finansiële posisie
       3.1.3    Weerhouding           C   Die finansiële state is in alle wesenlike opsigte ’n
                                          redelike weergawe van die finansiële posisie van
                                          Uve Bpk.

 3.2 RUHI BPK.
       Ruhi Bpk. is ’n genoteerde maatskappy met ’n gemagtigde aandelekapitaal van
       800 000 gewone aandele. Die inligting voorsien is vir die finansiële jaar geëindig
       28 Februarie 2017.

       GEVRA:

       3.2.1    Voltooi die Behoue inkomste nota tot die Balansstaat.                                (10)

       3.2.2    Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2017. Toon alle bewerkings in
                hakies. Sommige bedrae word in jou ANTWOORDEBOEK gegee.                              (26)

       3.2.3    Die HUB, Bakkies Spencer, besit 42% van die uitgereikte aandele op
                28 Februarie 2017. Die Raad van Direkteure wil die onuitgereikte aandele
                in die volgende finansiële jaar uitreik.

                     Doen ’n berekening om aan te toon watter aantal aandele Bakkies moet
                      koop om beheer oor die maatskappy te verkry.                                   (5)

                     Bakkies wil die aandele aankoop teen die huidige netto batewaarde
                      sonder om dit aan die publiek te adverteer. Waarom sal jy, as
                      bestaande aandeelhouer, nie tevrede wees met hierdie reëling nie?
                      Verduidelik. Verskaf TWEE punte.                                               (4)

       3.2.4    Ruhi Bpk. beplan om R300 000 aan personeelontwikkeling en -opleiding te
                spandeer oor die volgende twee jaar. Hoe sal hierdie uitgawe in die
                gepubliseerde jaarverslag verduidelik word (openbaarmaking)? Verskaf
                EEN punt.                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  REKENINGKUNDE                       (EC/SEPTEMBER 2017)

      INLIGTING:
      A.    Die volgende saldo’s/totale is geneem uit die maatskappy se rekords op
            28 Februarie 2017:

                                                                             R
            Gewone aandelekapitaal                                              ?
            Behoue inkomste (20 Januarie 2017)                              7 480
            Vaste bates teen drawaarde                                  4 060 545
            Vaste Deposito: Londa Bank                                    415 000
            Lening: Dube Bank                                             766 400
            Voorraad (alles Handelsvoorraad)                              222 600
            Handels- en ander betaalbares                                 231 920
            SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings)                280 000
            Kontant in bank                                               212 400

      B.    Aandelekapitaal en Dividende:
               Op 1 Maart 2016 was 80% van die gemagtigde aandelekapitaal uitgereik.
               Op 20 Januarie 2017 het die maatskappy 40 000 aandele teen R1,25 bo
                die gemiddelde aandeleprys van R6,00, teruggekoop. Hierdie transaksie
                is aangeteken.
               ’n Interim dividend van R179 200 is betaal op 30 Augustus 2016.
               ’n Finale dividend van R210 000 is verklaar op 28 Februarie 2017.

      C.    Vaste Deposito:
            R165 000 van die vaste deposito verval op 30 Junie 2017. Die balans verval
            in 2020.
      D.    Lening: Dube Bank:
            Die leningstaat ontvang, toon die volgende:
            Saldo op 1 Maart 2016                                         R920 000
            Totale maandelikse terugbetalings (rente ingesluit)            153 600
            Rente gekapitaliseer                                            65 400
            Saldo op 28 Februarie 2017                                           ?
            ’n Gedeelte van die lening sal gedurende die volgende finansiële jaar
            terugbetaal word.
      E.    Wins en belasting:
            Die netto wins na belasting is R681 720.
            Inkomstebelasting word teen 31% van die netto wins bereken.
      F.    Finansiële aanwysers op 28 Februarie 2017:

            Solvensieverhouding                                              4:1
            Bedryfsverhouding                                              1,5 : 1
            Netto batewaarde (NBW)                                       650 sent
            Markprys ( Aandelebeurs)                                     710 sent

                                                                                              50
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief over

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                      REKENINGKUNDE                                       11

 VRAAG 4: FINANSIЁLE STATE, KONTANTVLOEI EN VERTOLKING
                                                                              (70 punte; 45 minute)
 4.1 PAS DIE BEGRIPPE:
       Kies ’n rekeningkundige begrip uit KOLOM B wat die beste pas by die vrae in
       KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–D) teenoor die nommer (4.1.1–4.1.3) in die
       ANTWOORDEBOEK.
                            KOLOM A                                     KOLOM B
       4.1.1    Tot watter mate maak die onderneming
                                                        A        Likiditeit
                staat op geleende fondse?
       4.1.2    Kan die onderneming al sy skuld betaal? B        Solvensie
       4.1.3    Is die onderneming in staat om sy kort-
                termynskuld te betaal in die volgende   C        Winsgewendheid
                finansiële jaar?
                                                        D        Risiko en hefboomeffek            (3)
 4.2 MANI BPK
       Inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2017 word voorsien.
       GEVRA:
       4.2.1   Voltooi die nota tot die Balansstaat, vir Aandelekapitaal op 30 Junie 2017.     (10)
       4.2.2   Bereken die volgende bedrae soos dit in die Kontantvloeistaat gebruik
               moet word. Gebruik hakies om bedrae wat ’n uitvloei is, aan te dui.
                     Dividende betaal                                                            (4)
                     Inkomstebelasting betaal                                                    (4)
                     Verandering in beleggings                                                   (2)
                     Verandering in lening                                                       (2)
       4.2.3   Bereken die koste van die addisionele toerusting wat aangekoop is.                 (6)
       4.2.4   Voltooi die netto verandering in kontant en kontantekwivalente-
               afdeling van die Kontantvloeistaat.                                                (5)
       4.2.5   Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 Junie 2017:
                     Bruto wins persentasie (winsopslag persentasie)                             (4)
                     Netto batewaarde per aandeel (NBA)                                          (3)
                     Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit                                (6)
       4.2.6   Het die direkteure korrek opgetree deur die lening te verhoog? Verduidelik.
               Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou antwoord.                   (7)
       4.2.7   Verduidelik waarom die aandeelhouers nie tevrede is met:
                Dividend uitbetalingsbeleid
                Hul opbrengs verdien
               Haal finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou verduideliking.                  (8)
       4.2.8   Lewer kommentaar oor die prys betaal vir aandele teruggekoop op
               31 Maart 2017. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou
               kommentaar.                                                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  REKENINGKUNDE                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 INLIGTING:

 A.     Uittreksel uit die Inkomstestaat op 30 Junie 2017:

                                                                        R
        Verkope                                                        11 440 000
        Bruto wins                                                      4 290 000
        Waardevermindering                                                510 000
        Rente-uitgawe                                                     132 000
        Netto wins voor inkomstebelasting                               1 048 000
        Inkomstebelasting                                                 314 400

 B.     Uittreksel uit die Balansstaat op 30 Junie:
                                                 30 JUNIE 2017        30 JUNIE 2016
        Vaste bates (drawaarde)                   9 806 000            8 410 800
        Beleggings                                   80 000              120 000
        Aandeelhouersekwiteit                     8 801 400            7 821 800
        Gewone aandelekapitaal                    8 412 800                 ?
        Behoue inkomste                             388 600                 ?
        Lening: Viva Bank                         1 250 000              950 000
        Kontant en kontantekwivalente                 2 500               98 500
        Oortrokke bank                               65 300                    -
        SAID: Inkomstebelasting                      22 300   (Kt)        31 000 (Dt)
        Aandeelhouers vir dividende                 264 000              320 000
 C.     Aandelekapitaal:
        Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 1 200 000 aandele.
                          Uitgereikte aandelekapitaal bestaan uit 800 000 gewone
        1 Julie 2016
                          aandele
        1 Oktober 2016    Addisionele aandele uitgereik teen R9,80 per aandeel
        31 Maart 2017     120 000 aandele teruggekoop teen R10,00 per aandeel
        30 Junie 2017     Eindsaldo bestaan uit 880 000 gewone aandele
 D.     Dividende:
           Totale dividende vir die jaar is R514 000.
           ’n Interim dividend is betaal op 1 Desember 2016 en ’n finale dividend is
            verklaar op 30 Junie 2017. Slegs aandeelhouers op die aandele-register is
            geregtig op dividende.
 E.     Vaste bates:
           Uitbreidings aan die pakhuis is voltooi teen ’n koste van R1 800 000.
           Toerusting met ’n drawaarde van R440 400 is verkoop en nuwe toerusting
            is aangekoop, om die huidige administrasie-afdeling op te gradeer.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief over

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             REKENINGKUNDE                                  13

 F. Die volgende finansiële aanwysers is bereken op 30 Junie:

                                                     2017         2016
     Skuld/ekwiteitsverhouding                     0,1 : 1      0,1 : 1
     Bedryfsverhouding                             1,2 : 1      1,3 : 1
     Vuurproefverhouding                           0,6 : 1      0,6 : 1
     Verdienste per aandeel                        80 sent      78 sent
     Dividend per aandeel                          55 sent      75 sent
     Netto batewaarde per aandeel                  ?            978 sent
     Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend     12,5%        11,3%
     Opbrengs op gemiddelde ekwiteite              ?            7,9%
     Markprys van aandele (JSE)                    1120 sent    1100 sent
     Rentekoers op lenings                         13%          13%
     Rentekoers op vaste deposito’s                9%           9%

                                                                                70

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 5: KOSTEBEREKENINGE EN VASTE BATES                                  (60 punte; 30 minute)

 5.1 Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is. Skryf slegs die antwoord
     langs die vraagnommers (5.1.1–5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.                                  (3)
      5.1.1     Die salaris van die fabriekskoonmaker word as indirekte arbeid beskou.
      5.1.2     Waardevermindering op fabrieksaanleg en toerusting is ’n veranderlike
                koste.
      5.1.3     Primêre koste word bereken deur direkte materiaalkoste en indirekte
                materiaalkoste bymekaar te tel.
 5.2 TS FINE-WEAR
      Thandi en Sindy besit TS Fine-wear, ’n klere vervaardigingsonderneming wat ŉ
      wintersbaadjie in slegs een styl vir skole vervaardig.
      GEVRA:
      5.2.1     Bereken die direkte arbeidskoste.                                             (7)
      5.2.2     Verwys na Inligting C:
                Bereken die bedrae verteenwoordig deur (a) en (b) in die nota vir
                Fabrieksaanleg en Toerusting.                                     (13)
      5.2.3     Voltooi die nota vir Fabrieksbokoste.                                         (12)
      5.2.4     Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 31 Desember 2017.            (5)
      INLIGTING:
      A.      Voorraadsaldo’s:

                                              31 DESEMBER 2017         1 JANUARIE 2017
              Grondstof (materiaal)                  R56 800               R87 400
              Goedere-in-bewerking                    50 000                20 000
              Klaar produkte                          41 000                46 000
              Verbruiksgoedere vir fabriek             8 760                 9 420

      B.      Besonderhede van fabriekspersoneel:

              Fabrieksvoorman en             R300 000
              Instandhoudingspersoneel       Salarispakette sluit byvoordele in.

              Produksiewerkers:
              Aantal werknemers          5
              Gewone tyd                 1 800 ure per jaar per werknemer.
              Tarief vir gewone tyd      R70 per uur
              Ure oortyd gewerk          ’n Totaal van 660 ure aangeteken in die register
              Tarief vir oortyd          1,6 keer die gewone tarief

              Die werkgewer se bydrae beloop 9% van basiese loon

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief over

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       REKENINGKUNDE                                          15

       C.    Fabrieksaanleg en Toerusting

             Kosprys (1 Januarie 2017)                                             R420 000
             Opgehoopte waardevermindering (1 Januarie 2017)                       (198 000)
             Drawaarde (1 Januarie 2017)                                             222 000
             Bewegings:
             Toevoegings                                                              76 000
             Bateverkope                                                             (a)
             Waardevermindering                                                      (b)
             Drawaarde (31 Desember 2017)
             Kosprys (31 Desember 2017)                                             436 000
             Opgehoopte waardevermindering (31 Desember 2017)

                Ou toerusting is op 1 September 2017 vir R6 500 kontant verkoop, wat
                 gelei het tot ’n verlies met verkoop van bate van R2 500.
                Nuwe toerusting, om die verkoopte toerusting te vervang, is op
                 1 Oktober 2017 aangekoop.
                Waardevermindering op Toerusting word bereken teen 15% p.a. op
                 kosprys.
       D.    Verbruiksgoedere vir die fabriek gebruik, beloop R52 750.
       E.    Die volgende uitgawe-items het (onder andere) in die vooraansuiwerings-
             proefbalans op 31 Desember 2017 verskyn:
             Versekering                                                      R 32 300
             Water en elektrisiteit                                             98 700
             Huur-uitgawe                                                      102 000
             Waardevermindering                                                116 000
             Diverse uitgawes vir fabriek                                       19 150
                2/
                      3 van die water- en elektrisiteit-uitgawes is die fabriek se uitgawes.

                Die totaal vir versekering sluit ’n jaarlikse premie in van R4 200 vir ’n
                 polis wat uitgeneem en ten volle betaal is op 1 September 2017.
                60% van die versekering moet aan die fabriek toegedeel word.
                Huur-uitgawe word verdeel tussen die fabriek, verkope-afdeling en die
                 kantore in die verhouding 5 : 2 : 1.
       F.    Die onderneming het 29 500 baadjies vervaardig teen ’n koste van R60
             elk.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    REKENINGKUNDE                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 5.3   PASS VERVAARDIGERS

       PASS Vervaardigers produseer een soort sportbaadjie en pette.

       Die eienaar versoek ’n kosteontleding vir die afgelope twee finansiële jare en
       voorsien die inligting hieronder.

       GEVRA:
       5.3.1   Doen ’n berekening om te bewys dat die gelykbreekpunt vir baadjies
               in 2017 korrek is.                                                             (4)
       5.3.2   Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunte en die vlak van produksie
               vir beide produkte.                                                            (4)

       5.3.3   Die eienaar het besluit om die verkoopprys van pette in 2017 te verhoog.

                    Bereken die persentasie verhoging in die verkoopprys.                    (4)

                    Gee EEN rede waarom die eienaar kon voel dit was nodig om die
                     verkoopprys te verhoog.                                                  (2)

       5.3.4   Identifiseer EEN veranderlike koste vir baadjies en EEN veranderlike
               koste vir pette wat nie goed beheer was nie. Haal syfers aan. Verskaf
               ’n oplossing/advies om die probleem aan te spreek, in elke geval.              (6)

       INLIGTING:

                                                                       PETTE
                                                BAADJIES
                                                                    Eenheidskoste
                                             Eenheidskoste (R)
                                                                         (R)
                                              2017       2016       2017     2016
       Veranderlike koste                     73,00      63,90      39,80         33,70
       Direkte materiaalkoste                 40,00      32,00      15,00         14,00
       Direkte arbeidskoste                   22,50      21,40      15,50         12,50
       Verkoops- en verspreidingskoste        10,50      10,50       9,30          7,20
       Vaste koste                            41,20      35,30      20,80         20,30
       Fabrieksbokoste                        26,00      21,80      11,00         10,80
       Administrasiekoste                     15,20      13,50       9,80          9,50
       Eenhede geproduseer en                15 000     15 000      9 500         9 500
       verkoop
       Gelykbreek in eenhede                 14 715     10 362      7 134         9 500
       Verkoopprys per eenheid               R115,00    R115,00    R67,50        R54,00

                                                                                              60

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief over

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     REKENINGKUNDE                                       17

 VRAAG 6: BEGROTING                                                         (40 punte; 25 minute)

 6.1 Verduidelik waarom:
       6.1.1       Waardevermindering en Oninbare skuld nie in ’n Kontantbegroting
                   verskyn nie.                                                                   (2)
       6.1.2       ’n Kontantbegroting van ’n Geprojekteerde inkomstestaat verskil.               (2)

 6.2 KWT VERSPREIDERS BPK.
       Jy word voorsien van inligting vir die begrotingsperiode November en
       Desember 2017.
       GEVRA:
       6.2.1       Voltooi die Debiteure invorderingskedule.                                     (12)

       6.2.2       Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (i) tot (v) in die
                   Kontantbegroting.                                                             (20)

       6.2.3       Lewer kommentaar oor die interne beheer rakende die invorderings
                   vanaf debiteure en die betalings aan krediteure. Voorsien TWEE punte.          (4)
       INLIGTING:
       A.      Kontantverkope is 40% van totale verkope.
               Die winsopslagpersentasie is 25% op kosprys.
       B.      Debiteure se krediettermyn is 30 dae. Die werklike invorderings toon die
               volgende:
                    50% van debiteure betaal in die maand van verkope om 5% korting te
                     ontvang;
                    30% word ontvang in die maand wat volg op die maand van verkope;
                    18% word ingevorder in die tweede maand na die verkope;
                    2% van debiteure word hierna afgeskryf.
       C.      Voorraad word vervang in die maand van verkope (’n basisvoorraad word
               gehandhaaf).
       D.      Huurinkomste sal in Desember 2017 met 8% verhoog.
       E.      80% van voorraad word op krediet aangekoop. Krediteure word ten volle
               betaal in die maand wat volg op aankope.
       F.      Salarisse en lone sal dieselfde vir die begrotingsperiode bly. Personeel
               wat gedurende Desember met verlof is, sal hul vergoeding van R35 600
               gedurende November ontvang.
       G.      ’n Lening sal op 1 November 2017 ontvang word van ’n direkteur, Thabo,
               teen rente van 13% p.j. Rente word nie gekapitaliseer nie. ’n Vaste
               maandelikse paaiement en rente sal aan die einde van elke maand betaal
               word.
       H.      Die maatskappy sal interim dividende gedurende Desember betaal.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  REKENINGKUNDE                        (EC/SEPTEMBER 2017)

       I.    Onvolledige Debiteure-invorderingskedule:

                                     KREDIET-
                     MAAND                            NOVEMBER          DESEMBER
                                     VERKOPE
             September                 180 000                 ?
             Oktober                   186 000            55 800                 ?
             November                        ?            92 625                 ?
             Desember                  210 000                                   ?
             TOTAAL                                            ?                 ?

       J.    Inligting uit die Geprojekteerde inkomstestaat:

                                                                NOVEMBER 2017
             Verkope                                                   325 000
             Koste van verkope                                         260 000
             Kommissie-inkomste                                         24 800
             Waardevermindering                                         12 600
             Rente-uitgawe                                               1 625

       K.    Onvolledige Kontantbegroting vir 2017:

             ONTVANGSTES                                  NOVEMBER       DESEMBER
             Kontantverkope                                130 000                (i)
             Kontant van debiteure
             Kommissie-inkomste                             24 800          26 000
             Huurinkomste                                       (ii)        19 710
             Lening van direkteur Thabo                    150 000               0
             TOTALE ONTVANGSTES
             BETALINGS
             Kontant aankope van voorraad                   52 000          56 000
             Betalings aan krediteure                          (iii)       208 000
             Direkteursfooie                                20 000          20 000
             Salarisse en lone                             180 600             (iv)
             Paaiement op lening (rente ingesluit)          13 625              (v)
             Interim dividend                                     0         86 500
             Diverse uitgawes                               15 875          16 510
             TOTALE BETALINGS

                                                                                           40

                                                                            TOTAAL:       300

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief over

## Related documents

- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accn Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/accn-qp-eng/265bc973-172b-49fd-b391-a52424963bfe) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Accounting Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-preparatory-2017-question-paper/135a4f47-f617-4ff6-a737-9714bac9f481) — Accounting · QP · 2017

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
