# Accounting Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-june-july-2015-afr/f9d2f0f3-cfd9-4574-85ab-4a6ce713a6ed
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-june-july-2015-afr/f9d2f0f3-cfd9-4574-85ab-4a6ce713a6ed)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               REKENINGKUNDE

                                       2015

                                                                       PUNTE: 300

                                                                        TYD: 3 uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 'n antwoordeboek van 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               2                                 DBE/2015
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy ALLE vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    3                                   DBE/2015
                                                SSE

7.        Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
          beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

                               VRAAG 1: 40 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
                                   Bankversoening
                                   Versoen 'n Krediteuregrootboekrekening met 'n
Rekonsiliasies
                                   Rekeningstaat
                                  Bestuur van hulpbronne
                                    Interne beheer en interne oudit

                               VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Bestuursrekeningkunde
                                   Produksiekostestaat
Vervaardiging                      Ontleed en vertolk gelykbreekpunt
                                  Bestuur van hulpbronne
                                   Interne beheer en interne oudit

                               VRAAG 3: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Bestuur van hulpbronne
                                   Bateverkoperekening
Bestuur van bates
                                   Voorraadwaardasie: EIEU en geweegde gemiddeld
                                   Interne beheer en interne oudit

                               VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
Begrippe, Inkomstestaat,
                                   AARP-beginsels
Notas tot Balansstaat
                                   Opstel van Inkomstestaat
                                   Gewone aandelekapitaal en Behoue-inkomste-notas

                               VRAAG 5: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
                                   Kontantvloeistaat
                                   Ontleed en vertolk finansiële inligting
Kontantvloeistaat, Vertolking en
                                   Onafhanklike ouditeursverslag
Ouditeursverslag
                                  Bestuur van hulpbronne
                                   Interne beheer
                                   Etiek en professionele liggame

                               VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Bestuursrekeningkunde
                                   Ontleed en vertolk 'n Kontantbegroting
Kontantbegrotings
                                  Bestuur van hulpbronne
                                   Interne beheer en interne oudit

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   4                                    DBE/2015
                                               SSE

VRAAG 1: REKONSILIASIES                                              (40 punte; 20 minute)

1.1      BANKVERSOENING

         Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Protea Skryfbehoeftes vir
         Mei 2015. Die alleeneienaar is Peter Pan.

         GEVRA:

         1.1.1       Toon die inskrywings wat in die Kontantjoernale geboekstaaf moet
                     word deur die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is, te
                     voltooi. Totale word nie gevra nie.                                           (15)

         1.1.2       Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2015 op.                               (10)

         1.1.3       As interne ouditeur is jy nie gelukkig oor die wyse waarop kontant in
                     hierdie besigheid beheer word nie. Identifiseer TWEE probleme en
                     verskaf syfers om jou antwoord te staaf. Gee raad oor hoe hierdie
                     probleme in die toekoms voorkom kan word.                                     (6)

         INLIGTING:

         A.      Inligting uit die Bankversoeningstaat op 30 April 2015:

                 Gunstige saldo volgens Bankstaat                               27 300
                 Uitstaande       Gedateer 12 April 2015                        16 000
                 deposito's:      Gedateer 28 April 2015                        21 500
                 Uitstaande       Nr. 1010 (gedateer 10 November 2014)           2 000
                 tjeks:           Nr. 1366 (gedateer 29 April 2015)              7 200
                                  Nr. 1590 (gedateer 18 Mei 2015)               12 600
                 Gunstige saldo volgens Bankrekening in die Grootboek           43 000

         B.      'n Vergelyking van die Bankstaat van Mei 2015 met die Kontantjoernale
                 van Mei 2015 het die volgende getoon:

                 •   Bankkoste van R840 op die Bankstaat is nie in die Joernale
                     aangeteken nie.
                 •   'n Geweierde tjek van R6 800 verskyn op die Bankstaat. Hierdie tjek
                     is van A Apple, 'n debiteur, ontvang ter vereffening van sy rekening
                     van R7 250.
                 •   Rente van R860 wat op die Bankstaat gekrediteer is, is nie in die
                     Joernale aangeteken nie.
                 •   Tjeknr. 1654, uitgereik aan 'n krediteur, Hatfield Winkels, verskyn
                     korrek op die Bankstaat as R7 940. Dit is as R9 740 in die
                     Kontantbetalingsjoernaal aangeteken.
                 •   'n Debietorder van R880 vir die maandelikse versekering verskyn
                     twee keer op die Bankstaat, maar geen inskrywing is in die Joernale
                     gemaak nie. Die bank sal dit op volgende maand se Bankstaat
                     regstel.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  5                                      DBE/2015
                                              SSE

         C.     Items wat in die Bankversoeningstaat van April verskyn het:

                •    Slegs tjeknr. 1366 en die deposito van R21 500 verskyn op die
                     Bankstaat vir Mei 2015.

                •    Tjeknr. 1010 is aan die Unie Tennisklub uitgereik ter betaling van die
                     eienaar se ledegeld. Die klub bestaan nie meer nie.

                •    Die uitstaande deposito van R16 000 is ten opsigte van kontant
                     ontvang as kommissie. Dit het nie op die Bankstaat verskyn nie. Die
                     kassiere in beheer van deposito's het gesê dat sy op pad bank toe
                     beroof is. Die eienaar het die afskryf van hierdie bedrag gemagtig
                     aangesien die besigheid nie die gelde sal kan verhaal nie.

         D.     Die Mei 2015 Kontantontvangstejoernaal toon die volgende uitstaande
                deposito's:
                •    R15 500 op 14 Mei 2015
                •    R20 200 op 29 Mei 2015

         E.     Tjeks uit die Mei 2015 Kontantbetalingsjoernaal wat nie vir betaling
                aangebied is nie:
                •    Nr. 1660 vir R5 600 (gedateer 27 Mei 2015)
                •    Nr. 1698 vir R7 555 (gedateer 23 Julie 2015)

         F.     Die Bankstaat op 31 Mei 2015 toon 'n gunstige saldo van R9 175.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 6                                     DBE/2015
                                             SSE

1.2       KREDITEUREVERSOENING

          Comet Handelaars ontvang 'n rekeningstaat van 'n krediteur, Meteor
          Verskaffers. Die saldo op die rekeningstaat stem nie ooreen met dit wat op
          die rekening van Meteor Verskaffers in die Krediteuregrootboek van Comet
          Handelaars verskyn nie.

          GEVRA:

          Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te toon hoe die verskille
          hanteer moet word om die saldo van die Krediteuregrootboekrekening met die
          saldo van die rekeningstaat te versoen.

          Skryf die bedrae in die toepaslike kolomme en dui die toename of afname met
          'n (+) of (-) aan met elke bedrag.

          Tel die kolomme op om die korrekte saldo's aan die einde van Maart 2015
          aan te toon.                                                                            (9)

          INLIGTING:

      Saldo van Meteor Verskaffers in die Krediteuregrootboek van Comet Handelaars      R10 705
      Saldo op die rekeningstaat wat van Meteor Verskaffers ontvang is                  R19 120

          'n Vergelyking tussen die Krediteuregrootboekrekening            van   Meteor
          Verskaffers en die rekeningstaat toon die volgende verskille:

          A.    'n Faktuur vir R9 870 ontvang van Meteor Verskaffers is korrek in die
                Krediteuregrootboekrekening geboekstaaf. Die bedrag is foutiewelik as
                R8 790 op die rekeningstaat aangeteken.

          B.    Comet Handelaars het 'n korting van R375 opgeteken ten opsigte van 'n
                betaling van R5 000 wat op 15 Maart 2015 betaal is. Meteor Verskaffers
                het nie hierdie korting goedgekeur nie aangesien die betaling laat
                ontvang is.

          C.    Die rekeningstaat toon terugsendings ter waarde van R890. Die
                Krediteuregrootboekrekening toon R690. Daar is vasgestel dat Comet
                Handelaars die waarde van die goedere wat teruggestuur is, verkeerd
                bereken het.

          D.    'n Faktuur vir R2 160 ontvang van Meteor Verskaffers is foutiewelik as 'n
                debietnota in die Krediteuregrootboek geboekstaaf.

          E.    'n Direkte oordrag van R5 000 deur Comet Handelaars is in
                die Kontantbetalingsjoernaal op 29 Maart 2015 geboekstaaf. Die
                rekeningstaat van Meteor Verskaffers is 25 Maart 2015 gedateer.

                                                                                              40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     7                       DBE/2015
                                 SSE

                HOU HIERDIE BLADSY BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   8                                    DBE/2015
                                               SSE

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                             (40 punte; 25 minute)

2.1      KASI VERVAARDIGERS

         Kasi Vervaardigers is 'n klein vervaardigingsonderneming wat een T-hemp-
         styl vervaardig. Die finansiële jaar eindig op 30 April 2015.

         GEVRA:

         2.1.1       Voltooi die volgende:
                     •   Fabrieksbokoste-nota (Verwys na Inligting D.)                             (10)
                     •   Produksiekostestaat                                                       (14)
         2.1.2       Die rekenmeester is van mening dat daar nie behoorlike toesig oor
                     die werkers is nie.
                     •   Identifiseer TWEE afsonderlike probleme met betrekking tot die
                         toesig van werkers. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf.
                     •   Verskaf 'n moontlike oplossing in ELKE geval.                             (8)

         INLIGTING:

         A.      Saldo's aan die einde van die finansiële jaar
                                                    30 APRIL 2015        30 APRIL 2014
                  Goedere-in-bewerking                          ?              R18 680

         B.      Grondstofvoorraad
                 Materiaal (tekstielstof) word van die stoorkamer na die fabriek uitgereik
                 deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik.
                                                         HOEVEELHEID         TOTALE
                                                           (METER)           KOSTE
                  Materiaal voorhande (1 Mei 2014)         12 000 m            R96 000
                  Materiaalaankope                         48 000 m           R603 000
                  Materiaal aan fabriek uitgereik              ?                     ?
                  Materiaal voorhande (30 April 2015)      15 000 m                  ?

         C.      Direkte arbeid
                 Die onderneming het ses fabriekwerkers in diens wat die produkte
                 vervaardig.
                 Die volgende word van elke werker verwag:
                 • Om 8 uur normale tyd per dag vir 5 dae 'n week te werk
                 • Om 48 weke 'n jaar te werk
                 • Om twee T-hemde per uur te vervaardig
                 Alle werkers het die getal ure, soos hieronder aangedui, gewerk.
                                                                GETAL
                                       URE         TARIEF                     TOTAAL
                                                               WERKERS
                  Gewone tyd          1 400             R39       6            R327 600
                  Oortyd               960              R78       6                   ?
                                      2 360                                           ?

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    9                                     DBE/2015
                                                SSE

        D.      Fabrieksbokoste
                Die boekhouer het die volgende foutiewe Fabrieksbokoste-nota opgestel:
                    Indirekte materiaalkoste                                        R11 040
                    Indirekte arbeidskoste                                           33 345
                    Waardevermindering: Fabriektoerusting                            12 945
                    Waardevermindering: Afleweringsvoertuie                          35 000
                    Water en elektrisiteit                                           34 200
                    Diverse uitgawes                                                  8 400
                                                                                    134 930

                •     Hy het nagelaat om 30% van die water-en-elektrisiteitbedrag na die
                      Administrasiekosterekening oor te dra.
                •     Diverse uitgawes: Die boekhouer het hierdie bedrag gelykop tussen die
                      fabrieks-, verkope- en administrasie-afdelings verdeel, maar hy moes
                      eintlik die verhouding 4 : 1 : 1 gebruik het.

        E.      Addisionele inligting
                • Die onderneming het 23 100 T-hemde gedurende die finansiële jaar
                  vervaardig.
                • Die produksiekoste van elke T-hemp was R54.

2.2     ZIPHO HOUTWERKVERVAARDIGERS

        Zipho Houtwerkvervaardigers vervaardig                en   verkoop   houttafels.   Die
        onderneming behoort aan Nozipho Sithole.

        GEVRA:
        2.2.1        Behoort die onderneming tevrede te wees met die getal tafels wat in
                     hierdie finansiële jaar vervaardig en verkoop is? Verduidelik. Haal
                     relevante syfers in jou antwoord aan.                                           (3)

        2.2.2        Nozipho, die eienaar van die onderneming, se doelwit was om 'n wins
                     van R200 000 vir hierdie finansiële jaar te maak.

                     Hoeveel tafels moet sy maak om die mikpunt van R200 000 wins te
                     bereik? Verskaf 'n toepaslike berekening om jou antwoord te staaf.              (5)

        INLIGTING:
                                                               TOTAAL        PER EENHEID
                     Verkope                                     R922 500           R150
                     Veranderlike koste                          R430 500            R70
                     Vaste koste                                 R446 400
                     Getal eenhede vervaardig en verkoop            6 150
                     Gelykbreekpunt van eenhede                     5 580

                                                                                                     40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     10                      DBE/2015
                                 SSE

                HOU HIERDIE BLADSY BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 11                                       DBE/2015
                                             SSE

VRAAG 3: BESTUUR VAN BATES                                             (50 punte; 30 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Jabulani Hipermark vir die finansiële jaar
geëindig 28 Februarie 2015.
3.1     VOORRADE
        Jabulani Hipermark verkoop 'n sjampoe met 'n spesifieke handelsmerk aan die
        publiek. Die onderneming gebruik die periodieke voorraadstelsel en die EIEU-
        metode om hul sjampoevoorraad te waardeer.
        GEVRA:
        3.1.1   Waarvoor staan EIEU?                                                                (1)
        3.1.2   Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2015 volgens
                die EIEU-metode.                                                                    (7)
        3.1.3   Die verskaffers het die eienaar ingelig dat die kosprys van sjampoe tot
                R96 per eenheid sal styg en die vraggeld tot R8 per eenheid sal styg.
                Bereken die verkoopprys wat die eienaar vir hierdie goedere sal moet hef
                om 'n winsopslag van 60% te bereik.                                                 (3)
        3.1.4   Die versekeringsmaatskappy is bereid om slegs 80% van die totale
                waarde van die goedere wat deur 'n brand vernietig is, uit te betaal.
                Bereken die verlies wat in die Inkomstestaat getoon moet word.                      (4)
        3.1.5   Die eienaar het die eisvorm vir die verlies van voorraad as gevolg van die
                brand by die versekeringsmaatskappy ingedien. Die getal eenhede wat
                deur die brand vernietig is, is egter as 1 500 aangetoon. Verduidelik wat
                jy aan die eienaar oor hierdie versekeringseis sal sê.                              (2)
        INLIGTING:
        Die volgende besonderhede is geneem uit die rekeningkundige rekords van
        Jabulani Hipermark vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:
         Voorraad voorhande volgens
                                                      Getal items             Totale waarde
                fisiese opname
        Op 1 Maart 2014                                  2 100                     R147 000
        Op 28 Februarie 2015                             2 700                            ?

                                 Goedere aangekoop en vernietig
        Let wel:
        (i) Behalwe vir die eenheidspryse hieronder aangetoon, betaal die onderneming ook
             R5,00 per eenheid om die goedere by die winkel te laat aflewer.
        (ii) 1 050 items is deur 'n brand verwoes. Dit was alles van die Januarie 2015-aankope.
                                       Getal items       Kosprys per item             Totale
                                                       (vraggeld uitgesluit)       aankoopprys
        Aankope                           9 600                                        R774 500
              April 2014                  3 500                R75                     R262 500
              September 2014              3 700                R80                     R296 000
              Januarie 2015               2 400                R90                     R216 000
        Verkope
        7 600 eenhede is teen R120 elk verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    12                                       DBE/2015
                                                SSE

3.2      VASTE BATES

         Die volgende inligting het betrekking op die vaste/tasbare bates van
         Jabulani Hipermark vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015.

         GEVRA:

         3.2.1       Verwys na Inligting A, B en C. Bereken die bedrae wat deur (i)–(iii)
                     aangedui word. Toon die bewerkings in die spasie wat in die
                     ANTWOORDEBOEK voorsien word.                                                       (7)

         3.2.2       Verwys na Inligting D. Stel die Bateverkoperekening op vir die
                     rekenaar wat op 30 November 2014 verkoop is.                                       (13)

         3.2.3       Verwys na Inligting E. Jy is die interne ouditeur van
                     Jabulani Hipermark. Die eienaar het jou gevra om ondersoek in te stel
                     na die beheer van trollies en mandjies wat in die onderneming
                     gebruik word.

                     (a)   Verduidelik hoe die Vastebateregister jou sal help met jou pligte
                           as interne ouditeur. Verskaf EEN punt.                                       (2)

                     (b)   Die voorraad trollies en mandjies word as 'n vaste bate
                           geklassifiseer. Gee EEN toepaslike rede hiervoor.                            (2)

                     (c)   Die eienaar het verskeie klagtes oor die trollies en mandjies van
                           sy klante ontvang. Op 'n besige dag het die onderneming
                           dikwels tot 420 klante gelyktydig in die winkel.

                           Identifiseer en verduidelik DRIE groot probleme (met syfers) met
                           betrekking tot die beheer van die trollies en mandjies. Verskaf in
                           ELKE geval 'n geldige, praktiese oplossing om die beheer oor
                           hierdie bates te verbeter.                                                   (9)

         INLIGTING:

         A.      Inligting uit die finansiële state vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:

                                                   GROND EN
                VASTE/TASBARE BATES                            VOERTUIE            TOERUSTING
                                                    GEBOUE
         Drawaarde op 1 Maart 2014                   2 500 000    264 600                (i)
           Kosprys                                   2 500 000    552 000                 900 000
           Opgehoopte waardevermindering                     0  (287 400)               (224 000)
         Beweging
           Toevoegings                                  (ii)                   0          470 000
           Verkope teen drawaarde                             0                0
           Waardevermindering                                 0        (iii)
         Drawaarde op 28 Februarie 2015               3 200 000
           Kosprys                                    3 200 000
           Opgehoopte waardevermindering                      0

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  13                                      DBE/2015
                                              SSE

         B.     Die onderneming het twee voertuie. Die volgende inligting verskyn in die
                Vastebateregister:

                                                                 Voertuig 1   Voertuig 2
              Kosprys                                               240 000     312 000
              Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2014       (225 000)     (62 400)
              Drawaarde op 1 Maart 2014                              15 000     249 600

              LET WEL:      Voertuig 1 is oud en nader die einde van sy gebruikslewe.

         C.     Die onderneming maak soos volg voorsiening vir waardevermindering
                op sy vaste bates:
                •    Op voertuie teen 25% p.j. op kosprys
                •    Op toerusting teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode.
                     Toerusting bestaan uit inkopiemandjies, trollies, rekenaars, yskaste
                     en ander algemene winkeltoerusting.

         D.     'n Rekenaar is op 30 November 2014 vir kontant aan Mash Crusaders
                verkoop. 'n Verlies van R250 is gely omdat die rekenaar effens beskadig
                was. Volgens die Vastebateregister is die rekenaar oorspronklik vir
                R9 200 aangekoop. Opgehoopte waardevermindering op hierdie item
                was R6 400 op 1 Maart 2014.

         E.     Die volgende inligting verwys na die trollies en mandjies van die
                onderneming:

                                                               TROLLIES       MANDJIES
                Getal eenhede voorhande op 1 Maart 2014          148            120
                Addisionele eenhede aangekoop gedurende
                die finansiële jaar teen R2 000 elk vir die       112             35
                trollies en R250 elk vir die mandjies
                Getal beskadigde eenhede gedurende die
                                                                   14             60
                finansiële jaar afgeskryf
                Getal eenhede voorhande volgens fisiese
                                                                  210             95
                voorraadopname op 28 Februarie 2015
                Herstelwerk- en instandhoudingskoste vir
                                                                R1 800         R16 000
                eenhede gedurende die finansiële jaar

                                                                                               50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     14                      DBE/2015
                                 SSE

                HOU HIERDIE BLADSY BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 15                                      DBE/2015
                                             SSE

VRAAG 4: BEGRIPPE, INKOMSTESTAAT, NOTAS TOT BALANSSTAAT
                                               (65 punte; 40 minute)

4.1     BEGRIPPE – AARP-BEGINSELS

        GEVRA:

        Kies 'n verduideliking uit KOLOM B wat by 'n begrip in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM A                                      KOLOM B
                  (BEGRIP)                              (VERDUIDELIKING)
         4.1.1 Historiese koste          A     Syfers wat in finansiële state gebruik
                                               word, behoort realisties (konserwatief)
         4.1.2 Paring                          te wees.

         4.1.3 Lopende saak              B     Alle belangrike items behoort
                                               afsonderlik in finansiële state getoon
         4.1.4 Wesenlikheid                    te word.

                                         C     Inkomste en uitgawes moet in die
                                               korrekte finansiële jaar geboekstaaf
                                               word.

                                         D     Finansiële state word opgestel met
                                               die verstandhouding dat die
                                               onderneming in die toekoms sal
                                               voortbestaan.

                                         E     Alle bates word teen hulle
                                               oorspronklike kosprys geboekstaaf.
                                                                               (4 x 1)            (4)

4.2     PRINCE BEPERK

        Jy word van inligting voorsien         vir die finansiële jaar geëindig op
        28 Februarie 2015.

        GEVRA:

        4.2.1   Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015.            (42)

        4.2.2   Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op.                                      (8)

        4.2.3   Stel die Behoue-inkomste-nota op.                                             (11)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                16                                    DBE/2015
                                            SSE

        INLIGTING:
        UITTREKSEL UIT DIE VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS OP
        28 FEBRUARIE 2015
         Balansstaatrekeninge-afdeling      Dt         Kt
         Gewone aandelekapitaal                      6 800 000
         Behoue inkomste (1 Maart 2014)              1 368 000
         Lening: Y-Lend Bank                         1 609 000
         Handelsvoorraad                  1 910 000
         Bank                               626 200
         Kleinkas                              6 605
         Debiteurekontrole                  792 000
         Krediteurekontrole                            974 600
         SAID (Inkomstebelasting)           523 600
         Voorsiening vir oninbare skulde                43 600
         Vaste deposito: Money Bank (8%)    990 000
         Nominalerekeninge-afdeling
         Verkope                                              ?
         Koste van verkope               14 974 000
         Huurinkomste                                  374 950
         Rente op vaste deposito                        53 260
         Oninbare skulde verhaal                          4 150
         Ouditeursfooie                     147 600
         Advertensies                       960 000
         Salarisse en lone                1 300 000
         Direkteursfooie                  1 130 000
         Verpakkingsmateriaal                76 200
         Diverse uitgawes                          ?
         Oninbare skulde                     24 000
         Gewone aandeledividende                   ?

        AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:

        A.   Verkooppryse word bepaal deur 'n winsopslag van 40% op kosprys te
             gebruik. Handelskortings van R53 600 is egter aan spesiale klante
             gedurende die finansiële jaar toegestaan.

        B.   Die fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2015 toon die volgende
             voorraad voorhande:

             •   Handelsvoorraad      R1 890 000
             •   Verpakkingsmateriaal     R8 500

        C.   'n Bedrag van R20 500 is steeds aan 'n direkteur verskuldig vir sy fooi.

        D.   Totale waardevermindering vir die jaar is R299 200.

        E.   'n Debiteur, B Khozo, met 'n uitstaande saldo van R42 000, het die land
             verlaat. Sy rekening moet as oninbaar afgeskryf word.

        F.   Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van die uitstaande
             debiteure aangepas word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  17                                         DBE/2015
                                              SSE

        G.   Een van die werknemers was op siekteverlof en is uit die Salarisjoernaal
             vir Februarie 2015 weggelaat. Sy salarisbesonderhede is soos volg:

                 Bruto salaris     Aftrekkings      Netto salaris      Werkgewersbydrae
                      ?              R5 000           R12 000               R3 000

             Alle werknemersbydraes          word    in     die   Salarisse-en-lone-rekening
             gedebiteer.

        H.   Maak voorsiening vir die uitstaande rente op vaste deposito. Die vaste
             deposito het nie gedurende die finansiële jaar verander nie. Rente word
             nie gekapitaliseer nie.

        I.   Die huurinkomste sluit huur ontvang vir Maart 2015 in. Die huurinkomste
             het op 1 September 2014 met R1 425 toegeneem.

        J.   Die leningstaat ontvang van Y-Lend Bank op 28 Februarie 2015 dui die
             volgende aan:

                                                                                 R
                 Saldo aan begin van finansiële jaar                             2 509 000
                 Terugbetalings gedurende finansiële jaar                          900 000
                 Rente gekapitaliseer                                                    ?
                 Saldo aan einde van finansiële jaar                             1 984 000

        K.   Inkomstebelasting vir die finansiële jaar is bereken as R540 000. Dit is
             30% van die netto wins voor belasting.

        L.   Die syfer vir diverse uitgawes is die balanseersyfer in die Inkomstestaat.

        M.   Aandele en dividende:

             •     Die gemagtigde gewone aandelekapitaal bestaan uit 1 000 000
                   gewone aandele waarvan 70% voor 1 Maart 2014 uitgereik is.
             •     Tussentydse dividende van 80 sent                per   aandeel    is     op
                   1 September 2014 verklaar en betaal.
             •     Gedurende Oktober 2014 is 'n verdere 100 000 aandele teen R12 elk
                   uitgereik. Dit is behoorlik geboekstaaf.
             •     Op 28 Februarie 2015 is 'n finale dividend van 65 sent per aandeel
                   verklaar.
             •     Op 28 Februarie 2015 is daar besluit om 160 000 aandele van 'n
                   ontevrede aandeelhouer terug te koop teen R9,10 per aandeel.
                   Hierdie transaksie is nog nie geboekstaaf nie.

                                                                                                 65

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 18                                    DBE/2015
                                             SSE

VRAAG 5: KONTANTVLOEISTAAT, VERTOLKING EN OUDITEURSVERSLAG
                                              (65 punte; 40 minute)

Jy word voorsien van inligting geneem uit die rekords van Maxie Bpk. vir die finansiële
jaar geëindig 28 Februarie 2015. Wanneer finansiële aanwysers vereis word om
antwoorde te staaf, moet jy die naam van die finansiële aanwyser en die werklike
syfer, verhouding of presentasie verskaf.

GEVRA:

5.1      Voltooi die nota vir Kontant Gegenereer uit Bedrywighede vir die jaar geëindig
         28 Februarie 2015.                                                                       (10)

5.2      Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015.

         Enkele syfers verskyn in die ANTWOORDEBOEK.
         Toon ALLE bewerkings waar notas nie gevra word nie.                                      (21)

5.3      Bereken die volgende vir 2015 (rond berekeninge af tot EEN desimale punt):

         5.3.1   Bedryfsverhouding                                                                (3)

         5.3.2   Skuld-ekwiteit-verhouding                                                        (3)

         5.3.3   Netto batewaarde per aandeel                                                     (3)

5.4      Op 1 Maart 2014 is addisionele aandele teen R5,00 elk uitgereik. Sal die
         bestaande aandeelhouers met hierdie prys tevrede wees? Verduidelik. Haal
         relevante finansiële aanwysers met syfers in jou verduideliking aan.                     (5)

5.5      Die direkteure het besluit om 'n groot deel van die lening terug te betaal. Dink
         jy dit was 'n wyse besluit? Haal TWEE relevante finansiële aanwysers en
         syfers aan om jou antwoord te staaf.                                                     (7)

5.6      Behalwe vir die terugbetaling van die lening het die direkteure ander groot
         besluite geneem wat die kontantsaldo's beïnvloed het. Noem TWEE ander
         groot besluite (van meer as R200 000) en haal die syfers uit die
         Kontantvloeistaat aan. Dui in ELKE geval aan hoe die besluit die toekoms van
         die maatskappy sal beïnvloed.                                                            (6)

5.7      Verwys na die uittreksel van die ouditeursverslag (Inligting G).

         5.7.1   Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
                 die woord neer en verduidelik jou keuse kortliks.

                 Maxie Bpk. het 'n (ongekwalifiseerde/gekwalifiseerde/weerhouding
                 van mening-) ouditeursverslag ontvang.                                           (3)

         5.7.2   Verduidelik die gevolge van hierdie ouditeursverslag vir die hoof
                 uitvoerende beampte (HUB) en/of die maatskappy. Noem TWEE
                 punte.                                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              19                                   DBE/2015
                                          SSE

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015

                                                   R
     Waardevermindering                            178 000
     Renteuitgawe                                   52 000
     Inkomstebelasting                              93 520
     Netto wins na inkomstebelasting               240 480

B.   Syfers verkry uit die Balansstaat en notas op 28 Februarie

                                                  2015                 2014
                                                   R                    R
     Vaste bates (drawaarde)                      2 568 730            2 174 390
     Finansiële bates (vaste deposito)              150 000              230 000
     Bedryfsbates                                   413 600              496 810
     Voorrade                                       194 600              262 000
     Handelsdebiteure                               214 000              198 000
     SAID: Inkomstebelasting                              -                2 110
     Kontant en kontantekwivalente                    5 000               34 700
     Aandeelhouersbelang                          2 392 480            1 848 000
     Gewone aandelekapitaal                       2 016 000            1 520 000
     Behoue inkomste                                376 480              328 000
     Niebedryfslaste                                500 000              800 000
     Bedryfslaste                                   239 850              253 200
     Handelskrediteure                              124 800              165 200
     Aandeelhouers vir dividende                     96 000               88 000
     SAID: Inkomstebelasting                          6 300                    -
     Oortrokke bank                                  12 750                    -

C.   Aandelekapitaal

     •   Die onderneming het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 800 000 gewone
         aandele.
     •   400 000 aandele is voor 28 Februarie 2014 uitgereik.
     •   Op 1 Maart 2014 is 'n addisionele 200 000 aandele teen R5,00 elk uitgereik.
     •   Op 1 September 2014 het die maatskappy 120 000 aandele by 'n ontevrede
         aandeelhouer teen R4,50 elk teruggekoop.
     •   Na die transaksies hierbo was daar 480 000 uitgereikte aandele.

D.   Vaste bates

     Aanbouings by die bestaande geboue het gedurende Julie 2014 plaasgevind.
     Daar was geen ander bewegings van vaste bates gedurende die finansiële jaar
     nie.

E.   Dividende
     'n Tussentydse dividend van R60 000 is op 30 September 2014 betaal.
     Die finale dividend is op 28 Februarie 2015 verklaar.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              20                                    DBE/2015
                                          SSE

F.   Die volgende finansiële aanwysers is vir die afgelope twee finansiële jare
     bereken:

                                                            2015            2014
     Solvabiliteitsverhouding                                4,5 : 1         2,8 : 1
     Bedryfskapitaalverhouding                                     ?         1,9 : 1
     Vuurproefverhouding                                       1:1           0,9 : 1
     Skuld-ekwiteit-verhouding                                     ?         0,4 : 1
     Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend               10,2%           13,2%
     Opbrengs op aandeelhouersbelang                         11,3%           11,8%
     Netto batewaarde per aandeel                                  ?       462 sent
     Markprys van aandele (op die effektebeurs)            512 sent        490 sent
     Huidige rentekoers op lenings                             12%             13%

G.   Uittreksel uit die verslag van die onafhanklike ouditeurs

     Basis vir Mening
     Volgens die maatskappybeleid oor reis vir besigheidsdoeleindes moet alle
     besigheidsreisreëlings buite die landsgrense (internasionale reise) deur die
     direksie goedgekeur word. Die aansoek moet ondersteun word met kwotasies en
     besonderhede van die organisasies wat tydens die reis besoek sal word.

     Die HUB het gedurende die jaar drie oorsese besigheidsreise goedgekeur sonder
     dat dit na die direksie verwys is. Dokumentasie vir hierdie reise kon nie verskaf
     word nie.

     Ouditmening
     Na ons mening, behalwe vir die item hierbo beskryf, verteenwoordig die jaarlikse
     finansiële state redelik, in alle wesenlike aspekte, die finansiële posisie van
     Maxie Bpk. soos op 28 Februarie 2015, en hul finansiële prestasie en kontantvloei
     vir die jaar dan geëindig in ooreenstemming met IFVS ('IFRS') en die
     Maatskappyewet (Wet 61 van 1973) van Suid-Afrika.

     Snow en White
     Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)
     Pretoria
     28 Mei 2015

                                                                                           65

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   21                                      DBE/2015
                                               SSE

VRAAG 6: KONTANTBEGROTINGS                                           (40 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van 'n onvolledige Kontantbegroting van Kyalami Handelaars vir die
tydperk 1 Julie 2015 tot 31 Augustus 2015. Charles Pieterse is die eienaar van die
onderneming.

GEVRA:

6.1      Bereken die kredietverkope vir Julie 2015 en voltooi daarna die Debiteure-
         invorderingskedule vir Augustus 2015.                                                        (6)

6.2      Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i)–(v) op die Kontantbegroting
         aangedui word.                                                                               (12)

6.3      Verwys na Inligting D en G. Die werkers is ongelukkig oor die verhogings wat
         hulle in Augustus 2015 sal ontvang. Hulle het ook aangedui dat hulle in
         Oktober 2015 aan 'n staking sal deelneem indien die eienaar, Charles, nie
         aan hulle bekommernisse aandag gee nie.

         6.3.1       Gee EEN rede (met syfers) hoekom die werkers ongelukkig is.                      (2)

         6.3.2       Gee EEN rede (met syfers) wat Charles kan gebruik om die
                     verhogings wat hy die werkers gaan gee, te regverdig.                            (2)

6.4      Op 31 Julie 2015 het jy die begrote bedrae met die werklike bedrae vergelyk
         en die volgende gevind:

                                                           JULIE 2015
                                                     BEGROTE      WERKLIKE
                     Verkope                           R108 000       R84 000
                     Koste van verkope                   72 000        60 000
                     Bruto wins                          36 000        24 000
                     Afleweringskoste                    10 800        12 600
                     Advertensiekoste                    18 000        23 000

         6.4.1       Charles het besluit om in Julie 2015 handelskortings aan spesiale
                     klante aan te bied.

                     Na jou mening, het dit die besigheid bevoordeel? Verskaf syfers om
                     jou antwoord te staaf.                                                           (2)

         6.4.2       Verduidelik wat jy aan Charles sal sê oor die beheer oor:

                     •   Afleweringskoste
                     •   Advertensiekoste

                     Haal syfers aan om jou antwoord te staaf en verskaf EEN punt van
                     advies in ELKE geval.                                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                     22                                    DBE/2015
                                                 SSE

6.5           Verwys na inligting F en G.
              Charles wil graag advies oor die nuwe voertuig by jou hê.

              6.5.1   Bereken die aankoopprys van die nuwe voertuig.                                  (4)

              6.5.2   Behalwe vir die deposito en die maandelikse paaiement van R6 250,
                      verduidelik hoe die volgende Kontantbegroting geraak gaan word.
                      Verskaf DRIE punte.                                                             (6)
INLIGTING:
A.    Verkope, koste van verkope en debiteure-invordering

      (i)       Werklike en begrote verkope en koste van verkope:

                                      VERKOPE                 KOSTE VAN VERKOPE
                                           R                            R
                                BEGROTE      WERKLIKE        BEGROTE      WERKLIKE
                Mei                105 000      78 000           70 000      52 000
                Junie              123 000      89 100           82 000      60 000
                Julie              108 000                       72 000
                Augustus            84 000                            ?

      (ii)      60% van die totale verkope is vir kontant.

      (iii)     Kredietverkope word soos volg ingevorder:
                • 20% ingevorder in die maand van verkope
                • 70% ingevorder in die eerste maand wat op die verkope volg
                • 8% ingevorder in die tweede maand wat op die verkope volg
                • Die saldo word in die derde maand wat op die maand van verkope volg,
                   afgeskryf.
B.    Afleweringskoste
      •       Alle goedere wat verkoop word, word gratis aan klante afgelewer.
      •       Die afleweringskoste word teen 10% van verkope begroot.

C.    Voorraadvlakke en betalings aan krediteure
      •       Die onderneming gebruik 'n winsopslag van 50% op kosprys.
      •       Die onderneming handhaaf 'n vaste voorraadbasis deur voorraad maandeliks
              te vervang.
      •       75% van die totale aankope is op krediet.
      •       Krediteure word in die maand na die maand van aankope betaal om uit 'n
              korting van 5% voordeel te trek.

D.    Salarisse
      •       Die werkers sal 'n verhoging van 3% in Augustus 2015 ontvang.
      •       Die boekhouer sal ook in Augustus 2015 'n verhoging ontvang.

E.    Versekering
      •       Die versekeringspremie word aan die einde van elke maand betaal.
      •       Die maandelikse premie sal op 1 Augustus 2015 met 10% toeneem.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              23                                   DBE/2015
                                          SSE

F.   Besonderhede rakende die afleweringskoste en nuwe voertuig

     Charles dink dat hy eerder 'n nuwe afleweringsvoertuig in September 2015 moet
     aankoop om sy kontantvloei te verbeter en nie verder die dienste van
     PQ Afleweraars moet gebruik nie.

     Charles sal 'n deposito van 10% deur die onderneming moet betaal. Sy pa het
     ingestem om rentevrye finansiering vir die oorblywende koste te verskaf. Charles
     sal sy pa R6 250 per maand oor 36 maande moet terugbetaal.

G.   Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die twee maande geëindig
     31 Augustus 2015

     Ontvangste                                             JULIE         AUGUSTUS
      Kontantverkope van handelsware                          64 800          50 400
      Invordering van debiteure                               46 440
      Huurinkomste                                             7 500           8 250
      Addisionele kapitaal om bygedra te word                                100 000
      Kommissie-inkomste
     Totale ontvangste
     Betalings
       Kontantaankope van handelsvoorraad                      18 000              (i)
       Betalings aan krediteure                                    (ii)       51 300
       Salaris: Boekhouer                                      18 000         19 800
       Salaris: Vyf werkers                                    32 000            (iii)
       Telefoon                                                 3 500          3 750
       Advertensies                                            18 000         12 000
       Versekering                                                (iv)         2 904
       Afleweringskoste (betaalbaar aan PQ Afleweraars)        10 800          8 400
       Ander bedryfsuitgawes
       Onttrekkings                                            25 000         25 000
     Totale betalings
     Kontantsurplus/-tekort                                   (22 600)
     Banksaldo aan begin van maand                            (10 200)            (v)
     Banksaldo aan einde van maand                                          (120 000)

                                                                                         40

                                                                            TOTAAL:        300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCN GR12 SEPT2015 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-afr-qp/474e07e7-269a-4133-a6c2-a0e495bd44fb) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [ACCN GR12 SEPT2015 ENG QP Final](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-eng-qp-final/7ea6c66d-caa7-4ad7-aea0-96b8aafe0188) — Accounting · QP · 2015 · Eng
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCN GR12 SEPT2015 AFR MARKING GUIDELINE](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-afr-marking-guideline/8648ed76-8598-4c22-b4be-c4b8b2fef4ab) — Accounting · Memo · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting (English) Answer Book 2015 Prepartory Examination Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-english-answer-book-2015-prepartory-examination-answer-book/1504bb7f-526b-44e4-991e-b308973bbfca) — Accounting · Addendum · 2015 · Eng
- [Grade 12 NSC Accounting (English) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-english-2015-preparatory-examination-possible-answers/80ecb65b-378a-47eb-9e06-e8b8d08e423a) — Accounting · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
