# Accounting Grade 12 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2016-afr/7903b040-10eb-41bc-9278-e6e9a62a0663
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2016-afr/7903b040-10eb-41bc-9278-e6e9a62a0663)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               REKENINGKUNDE

                                       2016

                                                                       PUNTE: 300

                                                                         TYD: 3 uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 'n antwoordeboek van 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               2                                    DBE/2016
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.       Waar van toepassing, toon AL die berekeninge tot EEN desimale punt.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    3                                      DBE/2016
                                                SSE

8.          Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
            beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

                               VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
                                   BTW-berekeninge
                                   Rekonsilieer 'n Krediteuregrootboekrekening met 'n
BTW en Rekonsiliasies
                                   rekeningstaat
                                  Bestuur van hulpbronne
                                   Interne beheer en interne oudit

                               VRAAG 2: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Bestuursrekeningkunde
                                   Produksiekostestaat
Vervaardiging                      Ontleed en vertolk gelykbreekpunt
                                  Bestuur van hulpbronne
                                   Interne beheer en interne oudit

                            VRAAG 3: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:       Hierdie vraag integreer:
                               Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie, Interne      Voorraadwaardasie: EIEU en geweegdegemiddelde-
Beheer en Probleemoplossing     metode
                                Interne beheer en interne oudit

                               VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
Begrippe, Balansstaat en           Begrippe
Ouditverslag                       Opstel van Balansstaat
                                   Notas tot gewone aandelekapitaal en behoue inkomste

                               VRAAG 5: 70 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
Vaste Bates, Kontantvloeistaat     Kontantvloeistaat
en Ontleding en Vertolking van     Ontleed en vertolk finansiële inligting
Finansiële State                  Bestuur van hulpbronne
                                   Bestuur van vaste bates

                               VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Bestuursrekeningkunde
                                   Ontleed en vertolk 'n Geprojekteerde Inkomstestaat
Begroting
                                  Bestuur van hulpbronne
                                   Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  4                                      DBE/2016
                                              SSE

VRAAG 1: BTW EN REKONSILIASIES                                        (35 punte, 20 minute)

BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE

1.1   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
      'onwaar' langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.1.1     BTW wat deur 'n besigheid betaal word op goedere aangekoop, word
                BTW-inset genoem.

      1.1.2     Dit is verpligtend vir alle besighede om vir BTW te registreer.

      1.1.3     BTW-opgawes aan SAID word                 ná   elke    ses    maande se
                handelsbedrywighede ingedien.                                      (3 x 1)         (3)

1.2   Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Super Winkels vir die BTW-
      periode geëindig 29 Februarie 2016 (twee maande). Die standaardkoers vir
      BTW is 14%.

      GEVRA:

      1.2.1     Neem die foute en weglatings in berekening en bereken die BTW-bedrag
                wat óf betaalbaar is aan óf ontvangbaar is van SAID.                               (12)

      1.2.2     Die interne ouditeur het ontdek dat die eienaar, Nelson, die BTW wat van
                klante ingevorder is, gebruik het om salarisse en bonusse te betaal en
                daarom kon hy nie die BTW-sperdatum haal nie.

                Watter opmerking sal jy aan Nelson oor hierdie gebruik maak? Noem
                EEN punt.                                                                          (2)

      INLIGTING:

      A.        Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Februarie 2016, R44 800.

      B.        Bedrae uit die joernale op 29 Februarie 2016:
                                                             BTW
                                                                             BTW-BEDRAG
                                                          INGESLUIT
                Verkope                                        564 300               69 300
                Kredietaankope van voorraad                    191 520               23 520
                Goedere deur debiteure teruggestuur             52 440                6 440
                Oninbare skulde afgeskryf                       39 900                4 900

      C.        Die volgende foute en weglatings is opgemerk:

                •    Voorraad deur die eienaar geneem, kosprys R6 000 (BTW uitgesluit),
                     is nie geboekstaaf nie.
                •    BTW op verkope is foutiewelik geboekstaaf. Sekere goedere met 'n
                     verkoopprys van R50 000 (BTW uitgesluit) moes as nulkoers-items
                     geboekstaaf gewees het.
                •    BTW op kortings toegestaan aan debiteure is nie geboekstaaf nie.
                     Die totale kortings toegestaan, beloop R19 152.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     5                        DBE/2016
                                 SSE

      LAAT HIERDIE BLADSY
            BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                6                                    DBE/2016
                                            SSE

1.3   KREDITEURE-REKONSILIASIE

      Thanda Winkels koop goedere op krediet van Minty Verskaffers.

      GEVRA:

      1.3.1     Gebruik die tabel wat voorsien is om die veranderinge wat gedoen moet
                word, aan te dui:
                • In die Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Thanda Winkels
                • In die Krediteure-rekonsiliasiestaat op 29 Februarie 2016                    (14)

      1.3.2     'n Ondersoek op 2 Februarie 2016 oor die transaksie vir Faktuur 560 het
                onthul dat Pearl Fakude (aankoopbestuurder) goedere vir haarself bestel
                het. Hierdie goedere is nie in die voorraad opgeneem nie.

                Noem TWEE interne beheermaatreëls wat die besigheid kan gebruik om
                te voorkom dat soortgelyke voorvalle in die toekoms plaasvind.                 (4)

      INLIGTING:

      A.        Krediteuregrootboek van Thanda Winkels
                Minty Verskaffers
                 DATUM       BESONDERHEDE         FOL.   DEBIET    KREDIET      SALDO
                Feb. 01    Saldo                   a/b                           52 200
                     02    Faktuur 560             KJ                 44 200     96 400
                     04    Debietnota 52          KAJ      2 700                 93 700
                     07    Tjek 443               KBJ     31 350                 62 350
                           Korting ontvang        KBJ      3 300                 59 050
                      20   Faktuur 996             KJ                 11 100     70 150
                      23   Tjek 575               KBJ     13 200                 56 950
                      24   Faktuur 590             KJ                 24 000     80 950
                      28   Tjek 580               KBJ     13 800                 67 150
                           Korting ontvang        KBJ      1 380                 65 770
                      29   Faktuur 592             KJ                 44 400    110 170

      B.        Rekeningstaat ontvang van Minty Verskaffers
                                    MINTY VERSKAFFERS                          Nr. 2169
                Kingsview-weg 205
                Durban 3201

                Debiteur: Thanda Winkels                              25 Februarie 2016
                 DATUM           BESONDERHEDE            DEBIET    KREDIET      SALDO
                Jan. 25    Saldo                                                 67 200
                     28    Kwitansie 110                              15 000     52 200
                Feb. 02    Faktuur 560                    49 200                101 400
                     04    Kredietnota 09                  2 700                104 100
                     07    Kwitansie 122                              31 350     72 750
                           Korting toegestaan                          1 650     71 100
                      18   Faktuur 571                    28 800                 99 900
                      23   Kwitansie 138                              13 200     86 700
                      24   Faktuur 590                    21 600                108 300
                      25   Afleweringskoste                3 300                111 600

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 7                                       DBE/2016
                                             SSE

      C.        'n Ondersoek het die volgende foute en weglatings getoon:

                (a)    Faktuur 996 was vir goedere wat Thanda Winkels by 'n ander
                       verskaffer, Mondi Verskaffers, aangekoop het.

                (b)    Faktuur 560 is korrek op die rekeningstaat geboekstaaf.

                (c)    Faktuur 571 was 'n fout op die rekeningstaat. Dit was vir goedere
                       wat aan 'n ander besigheid verskaf is.

                (d)    Die korting toegestaan op 7 Februarie 2016 is korrek volgens die
                       rekeningstaat.

                (e)    Thanda Winkels het nagelaat om die handelskorting toegelaat op
                       Faktuur 590 af te trek.

                (f)    Goedere vir R2 700 is op 4 Februarie 2016 deur Thanda Winkels
                       aan Minty Verskaffers teruggestuur.

                (g)    Volgens die kontrak hef Minty Verskaffers 'n afleweringsfooi op al
                       sy klante.

                (h)    Die rekeningstaat sluit      slegs   transaksies   tot    en    met
                       25 Februarie 2016 in.
                                                                                                 35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                      8                                           DBE/2016
                                                  SSE

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                                        (50 punte; 30 minute)

2.1   ABE BYKOMSTIGHEDE

      Abe Bykomstighede vervaardig selfoonomhulsels. Die inligting hieronder is met
      betrekking tot die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016.

      GEVRA:

      2.1.1     Stel die Fabrieksbokoste-nota op. Toon ALLE berekeninge tussen hakies.                     (15)

      2.1.2     Stel die Produksiekostestaat op vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016.                   (8)

      INLIGTING:

      A.         Voorraadsaldo's:             29 FEBRUARIE 2016               1 MAART 2015
                 Goedere-in-bewerking-
                                                        R9 320                   R30 640
                 voorraad

      B.        Transaksies vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016:
                    Verbruiksgoedere in die fabriek gebruik                          R129 300
                    Salarisse en lone:
                       Produksielone                                                        ?
                       Ander fabriekswerkers                                          R97 500
                       Administrasie                                                 R250 000
                       Verkoopsafdeling                                              R130 000
                    Diverse uitgawes:
                       Fabriek                                                        R31 500
                       Kantore                                                        R28 000
                    Water en elektrisiteit                                            R50 000
                    Versekering                                                       R24 000

      C.        Addisionele inligting en aansuiwerings

                •     Die fabriekskoonmaker is uit die lys vir salarisse en lone vir
                      Februarie 2016 weggelaat. Haar besonderhede is soos volg:

                                                                                 Werkgewers-
                        Bruto salaris     Aftrekkings         Netto salaris
                                                                                   bydrae
                           R3 800             R420               R3 380             R380

                     Die werkgewersbydrae word by die salarisse en lone gevoeg.

                •     'n Bedrag van R4 000 vir water en elektrisiteit vir Februarie 2016 is
                      steeds uitstaande. Die fabriek gebruik 60% van die water en
                      elektrisiteit.
                •     Versekering is vanaf 1 Maart 2015 tot 30 Junie 2016 betaal. Hierdie
                      uitgawe moet onderskeidelik aan die fabrieks-, administrasie- en
                      verkoopsafdelings in die verhouding 3 : 2 : 1 toegedeel word.

      D.        Die onderneming het 10 500 selfoonomhulsels teen 'n koste van R82,40
                per eenheid vervaardig.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    9                                     DBE/2016
                                                SSE

2.2   NUWE MODE VERVAARDIGERS

      Die eienaar van hierdie onderneming is Gloria Smit. Sy maak en verkoop rokke.
      Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2016.

      GEVRA:

      2.2.1     •     Gloria is bekommerd oor die vermorsing van direkte materiaal.
                      Bereken die getal meter materiaal wat vermors is.                             (5)
                •     Gloria voel dat die vermorsing beduidend is. Verskaf 'n berekening
                      om haar mening te ondersteun.                                                 (3)

      2.2.2     Gee TWEE moontlike redes vir dié vermorsing en gee in ELKE geval
                raad om te voorkom dat dit in die toekoms gebeur.                                   (4)

      2.2.3     Gelykbreekpunt en produksie:
                • Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016.               (4)
                • Verduidelik waarom die onderneming tevrede behoort te wees met
                   die getal eenhede wat gedurende die huidige finansiële jaar
                   gemaak is. Noem TWEE punte.                                                      (4)

      2.2.4     Die direkte materiaal wat gebruik word om die rokke te maak, word
                plaaslik teen 'n koste van R150 per meter aangekoop. Gloria oorweeg
                dit om die materiaal in te voer aangesien dit R120 per meter (alle koste
                ingesluit) sal kos. Indien sy sou besluit om die materiaal in te voer:
                •     Watter uitwerking sal dit op die produksiekoste van 'n rok hê?
                      Verskaf 'n berekening om jou antwoord te ondersteun.                          (3)
                •     Noem TWEE ander gevolge van die invoer van die direkte materiaal.             (4)

      INLIGTING:

      A.        Direkte materiaal:

                2,5 meter materiaal word vir elke rok gebruik.

                                                                  Getal meter materiaal
                    Beginvoorraad                                                     525
                    Aankope                                                       12 450
                    Grondstowwe aan fabriek uitgereik                                   ?
                    Eindvoorraad                                                    1 475

      B.        Produksievlakke:
                                                                   2016          2015
                    Totale getal eenhede vervaardig en verkoop       4 500          3 800
                    Gelykbreekpunt                                       ?          3 200

      C.        Addisionele inligting:
                                                                  Totaal      Per eenheid
                    Verkope                                      R2 925 000          R650
                    Vaste koste                                   R900 000           R200
                    Veranderlike koste                           R1 575 000          R350

                                                                                                    50
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                10                                    DBE/2016
                                            SSE

VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE, INTERNE BEHEER EN
         PROBLEEMOPLOSSING                    (40 punte; 25 minute)

3.1   BEGRIPPE

      Kies EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
      uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer
      (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                deurlopende voorraadstelsel; geweegdegemiddelde-metode;
                 spesifieke identifikasie-metode; periodieke voorraadstelsel;
                                    eerste in eerste uit (EIEU)

      3.1.1     Hierdie metode aanvaar dat voorraad in die volgorde van aankoopdatum
                verkoop word.

      3.1.2     Hierdie stelsel verseker dat die koste van verkope by die verkooppunt
                bereken word.

      3.1.3     Hierdie metode van voorraadwaardasie ken 'n unieke of individuele
                waarde aan elke voorraaditem toe.

      3.1.4     Hierdie voorraadstelsel is meer gepas vir lae-waarde-goedere wat by die
                groot maat aangekoop word.                                      (4 x 1)        (4)

3.2   LYNN WINKELS

      Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Lynn Winkels. Die onderneming
      verkoop een soort leerskoene. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2016.
      Die    onderneming       gebruik     die    geweegdegemiddelde-metode        vir
      voorraadwaardasie en die periodieke voorraadstelsel.

      GEVRA:

      3.2.1     Bereken die waarde van die eindvoorraad op 29 Februarie 2016 deur
                die geweegdegemiddelde-metode te gebruik.                                      (8)

      3.2.2     Bereken die volgende vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016:
                •    Koste van verkope
                •    Bruto wins                                                                (6)

      3.2.3     Bereken die gemiddelde        voorraadhoudingstydperk    (in    dae)   op
                29 Februarie 2016.                                                             (5)

      3.2.4     Bereken die waarde van die eindvoorraad deur die EIEU-metode te
                gebruik.                                                                       (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                11                                      DBE/2016
                                            SSE

      INLIGTING:

      A.        Voorraad:
                                                                       Totale waarde
                             Datum                 Pare skoene
                                                                    (vraggeld ingesluit)
                 1 Maart 2015                         520                R320 770
                 29 Februarie 2016                    325                    ?

      B.        Aankope:
                                                                                 Totale
                                Pare    Kosprys        Totale     Vraggeld       koste
                     Datum
                               skoene   per paar      aankope     per paar     (vraggeld
                                                                               ingesluit)
                 31/05/2015       460       R650      R299 000         R18       R307 280
                 01/08/2015       700       R680      R476 000         R18       R488 600
                 15/10/2015       500       R710      R355 000         R30       R370 000
                 01/02/2016       300       R725      R217 500         R30       R226 500
                 TOTAAL         1 960                R1 347 500                R1 392 380

      C.        Terugsendings:
                Dertig paar skoene wat op 1 Februarie 2016 aangekoop is, was nie van 'n
                hoë gehalte nie. Dit is aan die verskaffer teruggestuur. Die onderneming
                se rekening is met R22 650 (vraggeld op aankope ingesluit) gekrediteer.

      D.        Verkope:
                2 115 paar leerskoene is gedurende die finansiële jaar verkoop. Die
                verkoopprys het konstant gebly teen R1 400 per paar.

3.3   PROBLEEMOPLOSSING

      Jy word voorsien van inligting van drie jeans-winkels met verskillende eienaars in
      Johannesburg. Elke winkel het 'n vloerspasie van 100 m2.

      GEVRA:

      3.3.1     Identifiseer EEN probleem in Winkel 1 en EEN probleem in Winkel 2.
                Haal syfers aan. Gee EEN punt van advies vir ELKE geval.                          (6)

      3.3.2     Verduidelik TWEE goeie besluite wat Chad met betrekking tot Winkel 3
                geneem het. Haal syfers aan.                                                      (4)

      Inligting per winkel vir Desember 2015:
                                        WINKEL 1         WINKEL 2        WINKEL 3
       Bestuurders                        Andy              Bob             Chad
       Verkope                          R350 000         R240 000        R950 000
       Terugsendings van klante          R7 000           R36 000         R19 000
       Winsopslagpersentasie              90%               50%             60%
       Voorraadhoudingstydperk           180 dae           30 dae          30 dae
       Advertensies                      R14 000          R4 800          R47 500
       Huuruitgawe                       R35 000          R24 000         R96 000
       Dae per week gewerk                  6                5               7
       Winkelassistente                     4                2               6
                                                                                                  40
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     12                       DBE/2016
                                 SSE

      LAAT HIERDIE BLADSY
            BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  13                                       DBE/2016
                                              SSE

VRAAG 4: BEGRIPPE, BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAG
                                              (65 punte; 40 minute)

4.1   BEGRIPPE

      Kies 'n verduideliking uit KOLOM B om by 'n begrip in KOLOM A te pas.
      Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

                   KOLOM A                                     KOLOM B
      4.1.1     Aandeelhouer                A       moniteer beheermaatreëls om
                                                    wanbestuur en bedrog te voorkom
      4.1.2     Direkteur
                                            B       eienaars van die maatskappy
      4.1.3     Interne ouditeur
                                            C       spreek 'n mening oor die finansiële
      4.1.4     Eksterne ouditeur                   state van 'n maatskappy uit

                                            D       deur die aandeelhouers aangestel om
                                                    die maatskappy te bestuur
                                                                                  (4 x 1)          (4)

4.2   PARADYS BEPERK

      Die inligting hieronder het op Paradys Bpk. betrekking. Die finansiële jaar eindig
      op 29 Februarie 2016.

      GEVRA:

      4.2.1     Stel die volgende notas op vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016:

                •    Gewone aandelekapitaal                                                        (6)
                •    Behoue inkomste                                                               (10)

      4.2.2     Stel die Balansstaat (Staat van Finansiële                   Posisie)     op
                29 Februarie 2016 op. Toon ALLE bewerkings.                                        (35)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   14                                    DBE/2016
                                               SSE

      INLIGTING:

      A.        Lys van saldo's geneem uit die rekeningkundige rekords van
                Paradys Bpk. op 29 Februarie 2016, die einde van die finansiële
                jaar, tensy anders vermeld.
                                                                                R
                Gewone aandelekapitaal (Sien Inligting B.)                              ?
                Behoue inkomste (1 Maart 2015)                                  1 634 000
                Lening van direkteur: J Jonas (Sien Inligting E.)               1 155 000
                Vaste bates teen drawaarde (1 Maart 2015)                      12 278 400
                Vaste deposito: Sandton Bank                                            ?
                Handelsvoorraad (balanseersyfer)                                        ?
                Krediteurekontrole                                                478 000
                Debiteurekontrole                                                 356 000
                Voorsiening vir oninbare skuld (1 Maart 2015)                      16 000
                Bank (gunstig)                                                          ?
                Opgelope uitgawes (uitgawes betaalbaar)                            12 000
                Vooruitbetaalde uitgawes                                            6 800
                SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings)         1 012 000

      B.        Aandelekapitaal:

                •    Paradys Bpk. is gemagtig om 5 000 000 gewone aandele te verkoop.
                •    3 000 000 aandele is reeds uitgereik op 1 Maart 2015, die begin van
                     die finansiële jaar, R6 000 000.
                •    1 000 000 nuwe aandele is op 1 Desember 2015                   teen   'n
                     markverwante waarde van R5,00 per aandeel uitgereik.
                •    200 000 aandele is op 20 Februarie 2016 teruggekoop by 'n
                     aandeelhouer wat na 'n ander land sou verhuis. 'n Betaling van
                     R770 000 is op 20 Februarie 2016 gedoen.

      C.        Dividende:

                •    Die direkteure het op 28 Augustus 2015 'n tussentydse dividend van
                     R840 000 betaal.
                •    'n Finale dividend van 44 sent per aandeel is op 29 Februarie 2016
                     verklaar. Alle aandele (die aandele wat op 20 Februarie 2016
                     teruggekoop is, ingesluit) kwalifiseer vir finale dividende. Hierdie
                     dividende sal op 31 Maart 2016 betaal word.

      D.        Netto wins voor belasting:

                •    Nadat alle relevante inligting in berekening gebring is, is die netto
                     wins voor belasting akkuraat op R3 800 000 bereken.
                •    Inkomstebelasting teen die koers van 28% moet nog in berekening
                     gebring word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    15                                     DBE/2016
                                                SSE

      E.        Lening van Direkteur J Jonas:

                •    Die lening is oorspronklik op 1 Desember 2013 ontvang.
                •    Hierdie lening is met ingang van 31 Desember 2013 oor 5 jaar in
                     gelyke paaiemente terugbetaalbaar. Alle betalings is gedoen.
                •    Rente is nie gekapitaliseer nie en is ten volle betaal.

      F.        Voorsiening vir oninbare skulde:

                Die voorsiening vir oninbare skulde moet teen 5% van die uitstaande
                debiteure gehandhaaf word.

      G.        Vaste bates en waardevermindering:

                •    Geen vaste bates is gedurende die finansiële jaar gekoop of
                     verkoop nie.
                •    Waardevermindering vir die finansiële               jaar   geëindig     op
                     29 Februarie 2016 was R890 000.

      H.        Die volgende finansiële aanwysers is bereken nadat alle aansuiwerings in
                berekening gebring is:

                Bedryfskapitaalverhouding             1,3 : 1
                Vuurproefverhouding                   0,8 : 1

4.3   OUDITVERSLAG

      Jy word voorsien van 'n uittreksel uit die onafhanklike ouditeur se verslag van
      Topstar Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 31 Oktober 2015.

      GEVRA:

      4.3.1     Watter soort ouditverslag het Topstar Bpk. ontvang? Kies uit die
                volgende: ongekwalifiseerd, gekwalifiseerd, weerhouding van mening.
                Gee 'n rede vir jou keuse.                                                           (3)

      4.3.2     Aan wie word 'n ouditverslag gerig? Gee 'n rede vir jou antwoord.                    (3)

      4.3.3     Verduidelik waarom die ouditeur die volgende in die ouditverslag genoem
                het:
                •    IFVS ('IFRS')                                                                   (2)
                •    Maatskappywet (Wet 61 van 1973)                                                 (2)

      INLIGTING:

      Uittreksel uit die ouditverslag:
      Na ons mening toon die finansiële state, in alle wesentlike opsigte, 'n redelike weergawe
      van die finansiële posisie van die maatskappy op 31 Oktober 2015, asook die finansiële
      resultate van hul bedrywighede en die kontantvloei vir die jaar toe geëindig. Dit is
      volgens die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS/'IFVS') en die
      wyse vereis deur die Maatskappywet (Wet 61 van 1973) in Suid-Afrika.

                                                                                                     65
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    16                                      DBE/2016
                                                SSE

VRAAG 5: VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT, ONTLEDING EN
         VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE       (70 punte; 40 minute)

5.1   BEGRIPPE

      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
      woord(e) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      5.1.1     Die verbandlening om die aankoop van 'n vaste bate te finansier, is 'n
                (finansiële bate/niebedryfslas).

      5.1.2     Verdeelbare reserwes, soos behoue            inkomste,     is     deel     van
                (aandeelhouersbelang/niebedryfsbates).

      5.1.3     Die bedrag verskuldig deur SAID met betrekking tot inkomstebelasting is
                'n (bedryfsbate/bedryfslas).

      5.1.4     'n Belegging, soos 'n vaste deposito teen 9% p.j. rente oor vyf jaar, sal
                as 'n (bedryfsbate/finansiële bate) getoon word.                  (4 x 1)            (4)

5.2   MAFUSA BPK.

      Die inligting wat voorsien word, het betrekking op die finansiële jaar geëindig
      30 April 2016.

      LET WEL:         Wanneer finansiële aanwysers gevra word om antwoorde te
                       ondersteun, moet jy die naam van die finansiële aanwyser en die
                       werklike syfer, verhouding of persentasie gee.

      GEVRA:

      5.2.1     Verwys na Inligting C.
                Bereken die ontbrekende bedrae wat deur (a) tot (d) vir toerusting in die
                Vastebatenota voorgestel word. Toon alle bewerkings.                                 (16)

      5.2.2     Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat. Toon ALLE
                bewerkings.

                •    Inkomstebelasting betaal                                                        (5)
                •    Netto veranderinge in kontant en kontantekwivalente                             (4)

      5.2.3     Voltooi die afdeling      oor    FINANSIERINGSAKTIWITEITE             in   die
                Kontantvloeistaat.                                                                   (7)

      5.2.4     Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 April 2016:

                •    Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang                                      (5)
                •    Netto batewaarde                                                                (3)

      5.2.5     Lewer kommentaar op die algehele likiditeitsposisie van die
                maatskappy. Haal DRIE relevante finansiële aanwysers (met syfers)
                aan.                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   17                                     DBE/2016
                                               SSE

      5.2.6     Die direkteure het besluit om die dividend-uitbetalingsbeleid in 2016 te
                verander.

                •    Verskaf berekeninge wat die beleidsverandering aandui.                         (4)
                •    Verduidelik die uitwerking van hierdie beleidsverandering op die
                     maatskappy. Noem TWEE punte.                                                   (4)

      5.2.7     Een van die direkteure voel dat die maatskappy so gou as moontlik die
                lening moet terugbetaal. Wat is jou siening hieroor? Haal TWEE
                relevante finansiële aanwysers met syfers aan en verduidelik dit.                   (6)

      5.2.8     Verduidelik waarom die aandeelhouers tevrede is met:

                •    Die markprys van die aandele op die JSE                                        (2)
                •    Die prys waarteen        die    75 000   aandele     op   25 April 2016
                     teruggekoop is                                                                 (2)

                Haal in ELKE geval syfers/finansiële aanwysers aan.

      INLIGTING:

      A.        Inligting geneem uit die Inkomstestaat op 30 April 2016:
                                                                                    R
                Bedryfswins                                                     1 590 000
                Rente-uitgawe                                                     300 000
                Netto wins voor inkomstebelasting                               1 279 000
                Netto wins na inkomstebelasting                                   895 300

      B.        Inligting geneem uit die Balansstaat op 30 April 2016:
                                                                2016              2015
                                                                 (R)               (R)
                Vaste deposito                                 200 000            520 000
                Bedryfsbates
                                                               946 550            887 250
                (kontant en kontantekwivalente ingesluit)
                Kontant en kontantekwivalente                   125 750            54 750
                Aandeelhouersbelang                           7 166 850         6 142 800
                Gewone aandelekapitaal                        6 660 000         5 600 000
                Behoue inkomste                                 506 850           542 800
                Niebedryfslaste                               1 800 000         2 750 000
                Bedryfslaste                                    526 750           509 500
                Handels- en ander betaalbare bedrae             285 600           232 800
                Oortrokke bankrekening                                0            92 000
                Aandeelhouers vir dividende                     231 250           176 000
                SAID: Inkomstebelasting                           9 900             8 700

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 18                                    DBE/2016
                                             SSE

      C.        Vaste bates:

                Vaste bates bestaan uit grond en geboue en toerusting.

                Uittreksel uit die Vastebatenota:
                                                                         TOERUSTING
                Kosprys (1 Mei 2015)                                        3 640 000
                Opgehoopte waardevermindering (1 Mei 2015)                         (a)
                Drawaarde (1 Mei 2015)                                      2 002 000
                Bewegings:
                Toevoegings                                                     900 000
                Verkope                                                              (b)
                Waardevermindering                                                   (c)
                Drawaarde (30 April 2016)
                Kosprys (30 April 2016)                                              (d)
                Opgehoopte waardevermindering (30 April 2016)

                •    Waardevermindering op toerusting beloop 15% p.j. op die kosprys.
                •    Ou toerusting met 'n kosprys van R750 000 is op 31 Augustus 2015
                     vir  kontant   teen    drawaarde    verkoop.    Die  opgehoopte
                     waardevermindering op hierdie toerusting het R491 750 op
                     1 Mei 2015 beloop.
                •    Nuwe toerusting ter waarde van R900 000 is op 1 Desember 2015
                     aangekoop.
                •    Daar was geen verdere beweging nie.

      D.        Aandelekapitaal en dividende:

                Die onderneming is met 'n gemagtigde aandelekapitaal van 1 200 000
                gewone aandele geregistreer.

                1 Mei 2015          Die uitgereikte aandelekapitaal het uit 800 000
                                    gewone aandele bestaan.
                1 Februarie 2016    200 000 gewone aandele is teen R8,00 per aandeel
                                    uitgereik.
                25 April 2016       75 000 gewone aandele is by 'n afgetrede
                                    aandeelhouer teen 'n totale koste van R600 000
                                    teruggekoop.
                30 April 2016       Daar is 925 000 aandele uitgereik.

                Totale dividende vir die finansiële jaar het R871 250 beloop.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                19                                     DBE/2016
                                            SSE

      E.        Die volgende finansiële aanwysers is op 30 April bereken:

                                                           2016              2015
                Bedryfskapitaalverhouding                   1,8 : 1            1,7 : 1
                Vuurproefverhouding                         0,9 : 1            1,3 : 1
                Voorraadhoudingstydperk                    52 dae             68 dae
                Debiteure-invorderingstydperk              47 dae             30 dae
                Krediteurebetalingstydperk                 30 dae             30 dae
                Skuld-ekwiteit-verhouding                   0,3 : 1            0,4 : 1
                Opbrengs op kapitaal aangewend                11%                13%
                Opbrengs op aandeelhouersbelang                   ?            14,5%
                Verdienste per aandeel                    107 sent           112 sent
                Dividende per aandeel                     105 sent            40 sent
                Netto batewaarde per aandeel                      ?          768 sent
                Markprys per aandeel (JSE)                960 sent           777 sent
                Terugkoopprys per aandeel                 800 sent                   -
                Rentekoers van lening                         14%                13%

                                                                                                 70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                20                                     DBE/2016
                                            SSE

VRAAG 6: BEGROTING                                                 (40 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van 'n gedeeltelik voltooide Geprojekteerde Inkomstestaat van
Senoge Winkels soos deur die boekhouer opgestel vir die tydperk 1 Mei 2016 tot
30 Junie 2016. Die eienaar van die onderneming is Susan Senoge.

GEVRA:

6.1   Bereken die ontbrekende bedrae wat deur (a) tot (d) in die Geprojekteerde
      Inkomstestaat voorgestel word.                                                             (12)

6.2   Neem die addisionele inligting in ag en bereken die volgende:

      6.2.1     Die maandelikse salaris verskuldig aan die verkoopsbestuurder in
                Junie 2016                                                                       (4)

      6.2.2     Die totale verwagte kredietverkope in Julie 2016                                 (4)

      6.2.3     Die kosprys van die nuwe voertuig wat op 1 Mei 2016 aangekoop is                 (4)

6.3   Lewer kommentaar op die beheer oor die telefoon en water en elektrisiteit.
      Watter raad sal jy aan Susan gee? Noem EEN punt.                                           (4)

6.4   Susan wil die onderhoudsbegroting na R500 per maand verminder en dan die
      besparing aanwend vir personeelopleiding. Wat moet sy oorweeg voordat sy
      hierdie verandering aanbring? Noem TWEE punte.                                             (4)

6.5   'n Nuwe mededinger het in Mei 2016 sake vanaf 'n nabygeleë perseel begin
      doen. Verwys na die werklike syfers vir Mei 2016 en:

      •   Verduidelik hoe Susan op hierdie bedreiging gereageer het. Noem DRIE
          punte. Verskaf syfers/berekeninge om jou antwoord te ondersteun.                       (6)
      •   Verduidelik of Susan se reaksie suksesvol was of nie. Verskaf syfers.                  (2)

INLIGTING:

A.    Salarisse en lone:
      • Die skoonmaker sal in Junie 2016 'n verhoging van 8% ontvang.
      • Die onderneming het 'n verkoopsbestuurder en 'n administrasiebestuurder
         in diens. Die verkoopsbestuurder verdien R400 meer as die
         administrasiebestuurder (per maand). Die bestuurders is vanaf 1 Junie 2016
         geregtig op 'n verhoging van 7% p.j.

B.    Die onderneming gebruik 'n winsopslagpersentasie van 60% op kosprys.

C.    Kredietverkope beloop 80% van totale verkope. Na verwagting sal verkope met
      10% per maand en met 12% gedurende Julie 2016 toeneem.

D.    'n Afleweringsvoertuig is op 1 Mei 2016 aangekoop. Waardevermindering op
      voertuie beloop 15% per jaar op kosprys. Die rekenmeester het dit nie in ag
      geneem met die opstel van die Geprojekteerde Inkomstestaat vir Mei 2016 nie.

E.    Huurinkomste het op 1 Junie 2016 met 9% verhoog.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   21                                    DBE/2016
                                               SSE

F.    Inligting (onder andere) uit die Geprojekteerde Inkomstestaat vir Mei 2016
      tot Junie 2016:
                                                 MEI              MEI           JUNIE
                                               BEGROOT          WERKLIK       BEGROOT
         Verkope                                   180 000          195 000       198 000
         Koste van verkope                       (112 500)        (150 000)            (b)
         Bruto wins                                 67 500
         Ander inkomste                                              19 200
            Huurinkomste                                  (d)                      10 028
            Kommissie-inkomste                        12 500          8 000        13 000
            Korting ontvang                            1 800                        1 980

         Bruto bedryfsinkomste
         Bedryfsuitgawes                             (45 650)
            Salarisse (twee bestuurders)               18 000        18 000
            Lone (skoonmaker)                           1 800         1 800            (c)
            Instandhouding                              5 000         2 000         5 000
            Motorvoertuiguitgawes                           0         4 000              0
            Administrasie-uitgawes                      8 450         8 420         8 500
            Telefoon, water en elektrisiteit            2 000         4 880         2 000
            Versekering                                 1 800         1 800         1 800
            Advertensies                                2 400         9 600         2 400
            Waardevermindering                          6 200         9 000
            Handelsvoorraadtekort                           0         1 680

         Bedryfswins                                      (a)
             Rente-inkomste                              350           350            350
         Wins voor rente-uitgawe                      46 500
            Rente-uitgawe                              (500)          (500)         (500)
        Netto wins                                    46 000

                                                                                                  40

                                                                                 TOTAAL:         300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCN GR12 SEPT2016 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2016-afr-qp/60974d99-7967-406d-8a25-f56fbba8eb17) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [2016 KZN June QP](https://www.hlayiso.com/library/2016-kzn-june-qp/50bf5b89-0bac-4f5b-915d-dd2ca2def2ce) — Accounting · QP · 2016
- [2016 KZN Prelim QP](https://www.hlayiso.com/library/2016-kzn-prelim-qp/4073534a-a91f-4646-aa09-acdc89a40dd1) — Accounting · QP · 2016
- [Accounting Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2016-afr/4b85ebe0-a2bd-4759-802a-1c1d3028494b) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [Accounting June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-june-july-2015-afr/f9d2f0f3-cfd9-4574-85ab-4a6ce713a6ed) — Accounting · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
