# Accounting Grade 12 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2017-afr/3c57e40c-fb77-4960-9296-cde4b3ece28e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2017-afr/3c57e40c-fb77-4960-9296-cde4b3ece28e)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                REKENINGKUNDE

                                        2017

                                                                       PUNTE: 300

                                                                         TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 18 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               2                                    DBE/2017
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.       Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
         toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                3                                      DBE/2017
                                           SSE

8.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                            VRAAG 1: 30 punte; 20 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Finansiële rekeningkunde
                                     Versoen Debiteurekontrole met debiteurelys
Debiteureversoening en
                                     Ouderdomsanalise
Ouderdomsanalise
                                     Bestuur van hulpbronne
                                     Interne beheer

                         VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Onderwerp:                        Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
                                  BTW-konsepte en berekeninge
BTW en Voorraadwaardasie
                                  Bestuur van hulpbronne
                                  Voorraadwaardasie

                            VRAAG 3: 50 punte; 30 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Bestuursrekeningkunde
Vervaardiging                        Produksiekostestaat en notas
                                     Vertolking

                           VRAAG 4: 70 punte; 40 minute
Onderwerp:                          Hierdie vraag integreer:
                                    Finansiële rekeningkunde
                                    Konsepte en Inkomstestaat
Inkomstestaat en Vaste Bates
                                    Bestuur van hulpbronne
                                    Vastebatebestuur

                             VRAAG 5: 65 punte; 40 minute
Onderwerp:                            Hierdie vraag integreer:
                                      Finansiële rekeningkunde
Notas tot Finansiële State,           Konsepte; Kapitaal en Behoue-inkomste-notas;
Kontantvloeistaat en Vertolking       Kontantvloeiberekeninge
                                      Vertolking van finansiële inligting

                            VRAAG 6: 45 punte; 25 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Bestuursrekeningkunde
                                     Kontantbegroting: ontleed en vertolk
Begroting
                                     Bestuur van hulpbronne
                                     Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   4                                     DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 1: DEBITEUREVERSOENING EN OUDERDOMSANALISE
                                             (30 punte; 20 minute)

1.1   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en
      skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.1.1     Die saldo in die Debiteurekontrolerekening behoort gelyk te wees aan
                die totaal van die debiteurelys.

      1.1.2     Oninbare skulde sal in die Debiteure-afslagjoernaal geboekstaaf word.

      1.1.3     'n Vooruitgedateerde tjek wat van 'n debiteur ontvang is, moet in die KOJ
                op die datum van ontvangs geboekstaaf word.                        (3 x 1)         (3)

1.2   MIZZY BOUTIQUE

      Die Debiteurekontrolerekening en die debiteurelys vir Februarie 2017, opgestel
      deur die boekhouer, bevat foute/weglatings.

      GEVRA:

      Gebruik die tabel wat verskaf word om die regstellings wat in die
      Debiteurekontrolerekening en debiteurelys aangebring moet word, aan te dui.

      Verskaf syfers en 'n plus(+)- of minus(–)-teken vir elke regstelling.                        (13)

      INLIGTING:

      A.                            Debiteurekontrolerekening           Debiteurelys
                 Saldo/Totaal                R37 710                      R39 490

      B.        Foute of weglatings om reg te stel:
                (a)    Geen inskrywing is vir 'n faktuur vir R7 440 wat aan G Gwen
                       uitgereik is, gemaak nie.
                (b)    'n Kwitansie vir R9 400, uitgereik aan debiteur B Crawley, is korrek
                       in die relevante joernaal geboekstaaf. Dit is foutiewelik as R4 900
                       na sy Debiteuregrootboekrekening oorgeboek.
                (c)    'n Faktuur vir R1 360, uitgereik aan A Naidoo, is korrek in die DJ
                       geboekstaaf. Dit is foutiewelik na die verkeerde kant van haar
                       rekening in die Debiteuregrootboek oorgeboek.
                (d)    'n Tjek vir R1 350, ontvang van D Zulu, is in die KOJ geboekstaaf
                       en so na die Debiteurekontrolerekening en Debiteuregrootboek
                       oorgeboek. D Zulu se rekening is reeds afgeskryf.
                (e)    'n Kredietnota vir R720, uitgereik aan W Wallace, is in die DAJ as
                       R270 geboekstaaf en as sulks oorgeboek.
                (f)    Geen inskrywing is vir 'n geweierde tjek van R1 750 op die
                       bankstaat van Februarie 2017 gemaak nie. Dit is oorspronklik van
                       debiteur J Taylor ontvang om sy rekening van R1 950 te vereffen.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  5                                         DBE/2017
                                             SSE

1.3   GLENDALE HANDELAARS

      Die debiteure-ouderdomsanalise op 30 April 2017 word verskaf. Kredietperiode
      is 30 dae.

      GEVRA:

      1.3.1     Verduidelik hoe 'n debiteure-ouderdomsanalise met interne kontrole oor
                debiteure kan help.                                                                   (2)

      1.3.2     Bereken die persentasie totale skuld wat die kredietperiode oorskry.                  (4)

      1.3.3     Verduidelik EEN probleem (met syfers) met betrekking tot ELK van die
                volgende debiteure:

                •    D Pillay
                •    W Patel                                                                          (4)

      1.3.4     Verduidelik TWEE probleme (met syfers) met betrekking tot debiteur
                D Gouws.                                                                              (4)

      INLIGTING:

      DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE OP 30 APRIL 2017:

                                    BEDRAG
                       KREDIET-                    HUIDIGE
                                      VER-                       30 DAE    60 DAE     90 DAE
                        LIMIET                     MAAND
                                    SKULDIG
                           R           R             R             R         R           R
        D Pillay           10 000      11 800         1 980       9 820
        D Gouws            14 000      13 450         4 100       3 902     5 448
        Z Ngosi             2 800       2 550                     2 550
        W Patel            14 000      11 192                               9 112        2 080
        P Peters            5 000       2 608         1 408       1 200
                                       41 600         7 488      17 472    14 560        2 080
                                           100%              ?         ?          ?          ?

                                                                                                      30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   6                                   DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 2: BTW EN VOORRAADWAARDASIE                                   (40 punte; 25 minute)
2.1   BTW
      2.1.1     Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
                Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer ((a)–(d)) in die
                ANTWOORDEBOEK neer.
                (a)    BTW betaal aan 'n diensverskaffer vir die aankoop van goedere
                       word as (inset-BTW/uitset-BTW) beskou.
                (b)    'n (Debiet-/Krediet-)saldo in die BTW-kontrolerekening toon die
                       finale bedrag betaalbaar aan SAID.
                (c)    BTW op onttrekkings van voorraad sal die BTW betaalbaar aan
                       SAID (vermeerder/verminder).
                (d)    BTW sal nie by die betaling van (salarisse/elektrisiteit) deur die
                       onderneming in berekening gebring word nie.                 (4 x 1)       (4)

      2.1.2     Bereken die BTW-bedrae.
                Trek 'n kruisie (X) in die toepaslike kolom in die ANTWOORDEBOEK om
                aan te dui of dit die bedrag wat aan SAID verskuldig is, sal vermeerder of
                verminder. Alle items is onderhewig aan 14% BTW.
                                                              BTW              BTW
                         JOER-
                Nr.                   DOKUMENT            EKSKLUSIEWE      INKLUSIEWE
                         NAAL
                                                            BEDRAG           BEDRAG
                (a)       DAJ     Kredietnota uitgereik      R1 600           R1 824
                (b)       KOJ        Kasregisterrol          R8 700
                (c)        KJ       Faktuur ontvang                           R10 374            (10)

2.2   VOORRAADWAARDASIE
      Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Bande Galore vir die 2017
      finansiële jaar. Die onderneming verkoop een soort voertuigbande. Hulle gebruik
      die periodieke voorraadstelsel en die geweegdegemiddelde-metode om voorraad
      te waardeer.
      GEVRA:
      2.2.1     Gee 'n rede waarom die onderneming die geweegdegemiddelde-metode
                gebruik om die bandevoorraad te waardeer.                                        (2)
      2.2.2     Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2017.                    (10)
      2.2.3     Bereken die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017:
                •     Koste van verkope                                                          (3)
                •     Bruto wins                                                                 (3)
                •     Gemiddelde voorraadhoudingstydperk (in dae)                                (5)
      2.2.4     Behoort die eienaar tevrede te wees met die voorraadhoudingstydperk
                hierbo bereken? Verduidelik. Haal syfers aan.
                LET WEL: Die voorraadhoudingstydperk vir 2016 was 70 dae.                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                7                                    DBE/2017
                                           SSE

      INLIGTING:

      A.        Voorraadsaldo's:

                                                                        TOTAAL
                           DATUM                 EENHEDE
                                                                 (insluitend vraggeld)
                1 Maart 2016                         94                 R27 650
                28 Februarie 2017                   280                    ?

      B.        Aankope:

                                                      KOSPRYS PER
                                                        EENHEID
                       DATUM             EENHEDE                           TOTAAL
                                                       (uitsluitend
                                                        vraggeld)
                25 Maart 2016                375           R290               R108 750
                19 Junie 2016                650           R320               R208 000
                6 September 2016            1 120          R300               R336 000
                10 Februarie 2017            540           R310               R167 400
                TOTAAL                      2 685                             R820 150

      C.        Vrag op aankope:

                On-Time Afleweraars vervoer die bande na die onderneming teen 'n
                vaste koste van R40 per band. Hierdie tarief het onveranderd gebly.

      D.        Terugsendings:

                79 van die bande aangekoop op 6 September 2016, is teruggestuur.
                Die verskaffer het die onderneming met die kosprys per item gekrediteer.
                Geen terugbetaling is vir die vrag op aankope van hierdie terugsendings
                ontvang nie.

      E.        Verkope:

                2 420 eenhede teen R400 elk = R968 000

                                                                                               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   8                                   DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 3: VERVAARDIGING                                             (50 punte; 30 minute)

3.1   Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      3.1.1     Die lone van die fabriekskoonmakers word as (direkte arbeids-/
                fabrieksbo-)koste geklassifiseer.

      3.1.2     Fabriekshuur is 'n (vaste/veranderlike) koste.

      3.1.3     Verpakkingsmateriaal gebruik, word as 'n (verkoops- en verspreidings-/
                administrasie-)koste beskou.

      3.1.4     Gelykbreekpunt verwys na die (minimum/maksimum) aantal eenhede
                wat geproduseer en verkoop moet word om alle koste te dek. (4 x 1)               (4)

3.2   INFINITY HOEDE

      Die inligting het betrekking op Infinity Hoede, 'n onderneming wat een soort hoed
      vervaardig. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2017 geëindig.

      GEVRA:

      3.2.1     Stel die Fabrieksbokoste-nota op.                                                (14)

      3.2.2     Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017.         (10)

      3.2.3     Infinity Hoede oorweeg dit om grondstowwe teen 'n laer prys as wat hulle
                tans daarvoor betaal, in te voer.
                Verskaf TWEE punte wat hulle moet oorweeg voordat hulle besluit.                 (4)

      INLIGTING:

      A.        Uittreksel uit voorraadrekords op 28 Februarie 2017:

                                                             2017              2016
                Goedere-in-bewerking                           R94 000                 R?
                Indirekte fabrieksmateriaal                     R8 750             R5 950

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   9                                 DBE/2017
                                              SSE

      B.        Transaksies/Inligting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017:

                Grondstowwe vir produksie uitgereik                                  R?
                Indirekte materiaal aangekoop                                    36 000
                Salarisse en lone                                             2 900 000
                Huuruitgawe                                                     291 000
                Versekering                                                      49 200
                Telefoon toegeken aan die administrasie-afdeling                 28 800
                Diverse fabrieksuitgawes                                        189 856

      C.        45% van salarisse en lone word betaal aan die werknemers wat direk in
                die produksieproses werk en 10% moet as die salaris vir die
                fabrieksvoorman toegeken word.

      D.        Huuruitgawe moet volgens die vloerspasie gebruik, toegeken word. Die
                fabriek beset 2 400 m2. Die verkoops-en-verspreidings- en administrasie-
                afdelings beset die oorblywende 600 m2.

      E.        Die versekeringspremie is tot en met 31 Mei 2017 betaal. Versekering
                word verdeel tussen die fabriek, die verkoops-en-verspreidings- en
                administrasie-afdelings in die verhouding 4 : 4 : 2.

      F.        20% van die telefoonuitgawes moet aan die fabriek toegeken word. Die
                oorblywende bedrag word gelykop verdeel tussen die verkoops-en-
                verspreidings- en administrasie-afdelings.

      G.        40 000 hoede is gedurende die finansiële jaar teen 'n koste van R120
                per hoed vervaardig.

3.3   SANYATI BAKKERY

      Jy word van inligting voorsien met betrekking tot Sanyati Bakkery vir die afgelope
      twee jaar.

      Die onderneming maak oliebolle ('doughnuts') en koeke. Die eienaar,
      Damon Barker, het die netto wins van die afgelope twee finansiële jare vergelyk
      en opgelet dat dit met R730 700 gedaal het.

      GEVRA:

      3.3.1     Verwys na Inligting B.

                Identifiseer die produksiekoste wat die grootste probleem veroorsaak het
                in die:

                •    Oliebolfabriek ('Doughnut factory')
                •    Koekfabriek

                Verskaf relevante syfers. Gee in ELKE geval vir Damon 'n oplossing vir
                die probleem.                                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  10                                 DBE/2017
                                              SSE

      3.3.2     Verskaf berekeninge om te toon dat die gelykbreekpunt                van
                158 298 eenhede vir die oliebolle in 2016 korrek bereken is.                   (3)

      3.3.3     Verduidelik waarom Damon bekommerd oor die gelykbreekpunt van
                oliebolle behoort te wees. Haal syfers aan.                                    (3)

      3.3.4     Damon is bekommerd oor die:

                •    Pryse wat die klante bereid is om te betaal
                •    Aanvraag na beide produkte

                Lewer kommentaar op hierdie punte ten opsigte van ELKE produk. Haal
                syfers aan.                                                                    (6)

      INLIGTING:

                                          OLIEBOLFABRIEK             KOEKFABRIEK
                                          2016      2015            2016     2015
      A. Vaste koste                     R372 000  R372 000        R206 000 R122 000
      B. Veranderlike koste
         per eenheid
         Direkte materiaal                   R4,50         R5,00     R22,50      R15,00
         Direkte arbeid                      R3,20         R2,00     R10,60      R10,20
         Verkoop en verspreiding             R1,95         R2,00      R9,80       R9,50
         Totaal                              R9,65         R9,00     R42,90      R34,70

      C. Addisionele inligting
         Verkoopprys van Sanyati
                                            R12,00        R14,00     R65,00      R50,00
         Bakkery (per eenheid)
         Verkoopprys van
                                            R13,00        R12,50     R55,00      R67,00
         mededinger (per eenheid)
         Netto wins                      R192 000    R1 028 000    R191 800    R23 500

      D. Eenhede vervaardig en
                                           240 000       280 000     18 000      15 000
         verkoop

      E. Gelykbreekpunt                    158 298        78 316      9 321      13 465

                                                                                               50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                11                                       DBE/2017
                                            SSE

VRAAG 4: INKOMSTESTAAT EN VASTE BATES                              (70 punte; 40 minute)

4.1   Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
      neer, byvoorbeeld 4.1.5 E.

                    KOLOM A                                   KOLOM B
      4.1.1     Inkomstestaat                A    dui die bron van fondse aan en hoe dit
                                                  aangewend is
      4.1.2     Balansstaat
                                             B    dui die mening oor die betroubaarheid
      4.1.3     Kontantvloeistaat                 van die finansiële state aan

      4.1.4     Onafhanklike Ouditverslag    C    dui die finansiële posisie van die
                                                  onderneming op 'n spesifieke dag aan

                                             D    dui wins of verlies vir 'n finansiële
                                                  tydperk aan
                                                                                      (4 x 1)      (4)

4.2   MTOMBENI BPK.
      Die inligting het betrekking op Mtombeni Beperk vir die finansiële jaar geëindig
      28 Februarie 2017.
      GEVRA:
      4.2.1     Verwys na Inligting A en B en bereken:
                •    Drawaarde van die voertuig op 30 November 2016 verkoop                        (5)
                •    Totale waardevermindering op toerusting op 28 Februarie 2017                  (7)

      4.2.2     Stel die Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) vir die jaar
                geëindig 28 Februarie 2017 op.                                                     (54)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 12                                  DBE/2017
                                             SSE

      INLIGTING:
      Inligting   onttrek       uit    die         Vooraansuiweringsproefbalans      op
      28 Februarie 2017:
        Balansstaatrekeninge-afdeling
        Grond en geboue                                                      1 600 000
        Voertuie                                                                     ?
        Toerusting                                                             250 000
        Opgehoopte waardevermindering op toerusting (01/03/2016)                85 000
        Handelsvoorraad                                                        386 500
        Debiteurekontrole                                                       88 500
        Voorsiening vir oninbare skulde                                          3 650
        Verbandlening: Quick Bank                                            1 056 000

        Nominalerekeninge-afdeling
        Verkope                                                              5 500 000
        Koste van verkope                                                    3 150 000
        Debiteure-afslag                                                        32 500
        Direkteursfooie                                                        380 000
        Ouditfooie                                                              54 000
        Oninbare skuld                                                          13 600
        Huurinkomste                                                           169 500
        Rente op lening                                                              ?
        Versekering                                                             19 220
        Salarisse en lone                                                      475 000
        Oninbare skulde ingevorder                                               4 750
        Verbruiksgoedere                                                        67 500
        Bankkoste                                                                7 760
        Diverse uitgawes                                                       140 085
        Rente-inkomste                                                               ?

      Aansuiwerings en addisionele inligting:
      A.        Geen inskrywings is gemaak vir 'n voertuig wat op 30 November 2016
                vir R97 700 kontant verkoop is nie. Besonderhede van die voertuig:
                • Kosprys, R190 000
                • Opgehoopte waardevermindering (1 Maart 2016), R72 000
                • Waardeverminderingskoers: 20% p.j. op kosprys
      B.        Maak soos volg voorsiening vir waardevermindering:
                • Op oorblywende voertuie – R138 000 vir die finansiële jaar
                • Op toerusting teen 10% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode
                  LET WEL: Nuwe toerusting is teen 'n koste van R32 000
                               aangekoop en op 1 September 2016 geboekstaaf.
      C.        Goedere vir R15 000 op krediet verkoop aan debiteur, J Gander, is nie
                geboekstaaf nie. Die winsopslag is 60% op kosprys.
      D.        'n Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2017 toon handelsvoorraad
                van R374 000.
      E.        Verbruiksgoedere gebruik gedurende die finansiële jaar beloop R61 700.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  13                                   DBE/2017
                                              SSE

      F.        Die rekening van debiteur, L Maseko, moet as oninbaar afgeskryf word,
                R1 900.

      G.        Inskrywings op die Bankstaat van Februarie 2017 wat nog nie in die
                boeke van die maatskappy geboekstaaf is nie:

                •     Bankkoste, R870
                •     Debietorderbetaling vir die maandelikse versekeringspremie, R1 780

      H.        Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R4 030 aangesuiwer word.

      I.        Leningstaat ontvang, toon die volgende:

                    Saldo: 1 Maart 2016                                      1 356 000
                    Rente                                                            ?
                    Terugbetaling gedurende die finansiële jaar                300 000
                    Saldo: 28 Februarie 2017                                 1 200 000

      J.        'n Werknemer, H Brooks, wat op 1 Februarie 2017 begin werk het, is
                uit die Salarisjoernaal gelaat. Besonderhede van sy salaris vir
                Februarie 2017 is:

                                      AFTREKKINGS                     BYDRAES
                     BRUTO
                                       PENSIOEN-                  PENSIOEN-
                    SALARIS       LBS             WVF                        WVF
                                         FONDS                     FONDS
                      13 500     2 190       1 080        135       1 620         135

                LET WEL: Alle bydraes word as deel van salarisse en lone
                         geboekstaaf.

      K.        Die huurinkomste is vanaf 1 November 2016 met R1 500 per maand
                verhoog. Die huurder het nog nie die huur vir Februarie 2017 betaal nie.

      L.        Rente-inkomste is die ontbrekende syfer in die Inkomstestaat.

      M.        Inkomstebelasting is teen 28% van netto wins bereken.

      N.        Netto wins na belasting het R864 000 beloop.

                                                                                                 70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     14                       DBE/2017
                                 SSE

  LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  15                                 DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 5: NOTAS TOT             FINANSIËLE      STATE,      KONTANTVLOEISTAAT EN
         VERTOLKING                                             (65 punte; 40 minute)

5.1   Kies EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings uit die lys hieronder.
      Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      beperkte aanspreeklikheid; netto bedryfskapitaal; hefboom; solvensie; likiditeit

      5.1.1     Die onderneming se vermoë om sy korttermynskuld in die volgende
                finansiële jaar te betaal

      5.1.2     Die mate waartoe die maatskappy deur geleende kapitaal (lenings)
                gefinansier is

      5.1.3     Die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste

      5.1.4     Aandeelhouers sal nie gevra word om hulle persoonlike besittings te
                gebruik om die maatskappy se skuld te vereffen nie           (4 x 1)           (4)

5.2   MIKHA BPK.

      Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mikha Bpk. vir die finansiële
      jaar geëindig 31 Desember 2016.

      GEVRA:

      5.2.1     Stel die volgende notas op 31 Desember 2016 op:
                •    Gewone aandelekapitaal                                                    (6)
                •    Behoue inkomste                                                           (9)
      5.2.2     Voltooi die KONTANTEFFEKTE VAN BEDRYFSAKTIWITEITE-afdeling
                van die Kontantvloeistaat. Toon bewerkings.                                    (9)
      5.2.3     Bereken die volgende syfers wat in die Kontantvloeistaat sal verskyn.
                Noem of dit invloei of uitvloei is.
                •    Verandering in vaste deposito                                             (3)
                •    Opbrengs met verkoop van toerusting                                       (6)
      5.2.4     Bereken die volgende finansiële aanwysers op 31 Desember 2016:
                •    Winsopslagpersentasie op kosprys                                          (4)
                •    Skuld-ekwiteit-verhouding                                                 (4)
                •    Netto batewaarde (in sent)                                                (3)
      5.2.5     Die finansiële direkteur is uitgevra oor die besluit om die lening te
                verhoog. Verduidelik wat hy behoort te sê om hierdie besluit te
                regverdig. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan.                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                16                                  DBE/2017
                                            SSE

      5.2.6     Ashraf, 'n nuwe aandeelhouer, het 70 000 aandele op 31 Augustus 2016
                gekoop. Hy het van die maatskappy verwag om minstens 80% van die
                verdienste, soos wat in 2015 gedoen is, te verdeel.
                •    Ashraf is ongelukkig met die dividenduitbetalingsbeleid vir 2016.
                     Verskaf 'n berekening om sy mening te staaf.                             (3)
                •    Verduidelik TWEE punte om die maatskappy se besluit oor dividende
                     vir 2016 te staaf.                                                       (4)
      5.2.7     Lewer kommentaar op die terugkoopprys wat op 30 Desember 2016 vir
                die 40 000 aandele betaal is. Verskaf TWEE finansiële aanwysers (met
                syfers) in jou kommentaar.                                                    (4)
      INLIGTING:
      A.        Uittreksel uit Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) vir
                die jaar geëindig 31 Desember 2016:
                Verkope                                         R6 090 000
                Bruto wins                                       1 890 000
                Rente-uitgawe (alles betaal)                       100 000
                Waardevermindering                                 360 400
                Netto wins voor belasting                        1 150 000
                Inkomstebelasting                                  322 000
      B.        Uittreksel uit Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op
                31 Desember 2016:
                                                 2016              2015
                Gewone aandelekapitaal      R4 752 000       R4 200 000
                Behoue inkomste                637 000           276 000
                Vaste bates (drawaarde)      5 828 000         4 905 800
                Vaste deposito's               200 000           500 000
                Lening: Sharks Bank          1 000 000           600 000
                Kontant en
                                               126 400             2 000
                kontantekwivalente
                Oortrokke bank                       -            85 600
                SAID: Inkomstebelasting          3 600 (Dt)        9 200 (Kt)
                Aandeelhouers vir dividende    175 000           270 000
      C.        Aandelekapitaal:
                •    Die maatskappy is geregistreer met 'n gemagtigde aandelekapitaal
                     van 800 000 gewone aandele.
                •    Teen 1 Januarie 2016 is 600 000 gewone aandele reeds uitgereik.
                •    Op 31 Augustus 2016 is 'n verdere 100 000 aandele uitgereik.
                •    Op 30 Desember 2016 het die maatskappy 40 000 aandele van 'n
                     ontevrede aandeelhouer teen R1,30 meer as die gemiddelde
                     uitreikprys van R7,20 teruggekoop. Hierdie aandeelhouer het vir
                     finale dividende gekwalifiseer.
      D.        Dividende:
                •    Tussentydse dividende is op 30 Junie 2016 betaal.
                •    'n Finale dividend van 25 sent per aandeel is op 31 Desember 2016
                     verklaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 17                                    DBE/2017
                                             SSE

      E.        Vaste bates:
                •    R1 495 000 is vir aanbouings by geboue betaal.
                •    Ou toerusting is teen drawaarde vir kontant verkoop.

      F.        Finansiële aanwysers op 31 Desember 2016:

                                                                 2016          2015
                Skuld-ekwiteit-verhouding                            ?         0,1 : 1
                Verdienste per aandeel                         131 sent      122 sent
                Dividende per aandeel                           65 sent      100 sent
                Dividenduitbetalingskoers                            ?         81,9%
                Opbrengs op gemiddelde
                                                                 16,8%          16,3%
                aandeelhouersbelang (OOAB)
                Opbrengs op gemiddelde totale kapitaal
                                                                 21,8%          21,3%
                aangewend (OOTKA)
                Netto batewaarde (NBW)                               ?       746 sent
                Rentekoers op lenings                            12,5%           12%
                Markprys van aandele (JEB)                     848 sent      836 sent

                                                                                                 65

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  18                                    DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 6: BEGROTING                                                  (45 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot XYZ Meubileeders waarvan
Piet Morake die eienaar is.
GEVRA:
6.1   Piet het op 30 April 2017 die syfers hieronder geïdentifiseer. Lewer kommentaar
      op die kontrole van ELKE item en gee EEN punt van advies in elke geval.
                                                          APRIL 2017
                                                     BEGROOT      WERKLIK
            Telefoon                                      1 000        3 800
            Personeelopleiding                            2 500          800                      (4)
6.2   Verwys na Inligting C.
      Identifiseer TWEE items wat foutiewelik in die Kontantbegroting ingeskryf is.               (2)
6.3   Voltooi die Krediteurebetalingskedule vir Junie 2017.                                       (9)
6.4   Identifiseer/Bereken die ontbrekende syfers (i) tot (vii) in die Kontantbegroting.          (21)
6.5   Piet wil koste bespaar deur nie 'n gratis afleweringsdiens aan te bied nie. Is dit 'n
      goeie idee? Verduidelik.                                                                    (3)
6.6   Piet moet sy ou toerusting in Julie 2017 vervang, maar het nie die kontant
      beskikbaar nie. Die koste van die nuwe toerusting beloop R180 000. Die nuwe
      items sal na verwagting 5 jaar hou. Opsies is:
      •    Verkry 'n nuwe lening van R180 000 teen 'n rentekoers van 15% p.j.,
           terugbetaalbaar oor 24 maande.
      •    Huur (bruikhuur) die bates by Computer Solutions teen R6 250 per maand.
      •    Vra 'n vriend om 'n gelyke vennoot te word deur R180 000 kapitaal te
           verskaf.
      Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel van ELKE opsie.                                      (6)
      INLIGTING:
      A.        Verkope, aankope van voorrade en koste van verkope:
                •    Totale verkope:

                                             Maart                          R120 000
                     Werklik
                                             April                          R135 000
                                             Mei                            R150 000
                     Vooruitgeskat
                                             Junie                          R180 000

                •    40% van verkope is kontant, die res is op krediet.
                •    Die winsopslag is 50% op kosprys.
                •    Voorraad word op 'n maandelikse basis vervang.
                •    20% van aankope is kontant; die res is op krediet.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 19                                 DBE/2017
                                             SSE

      B.        Krediteurebetaling:
                Daar word verwag dat krediteure soos volg betaal sal word:
                • 75% word in die maand van aankope betaal om 'n 5%-korting te
                  ontvang.
                • 15% word in die maand na aankope betaal.
                • 10% word in die tweede maand na aankope betaal.
      C.        Afleweringskoste:
                Piet betaal Fast Deliveries om goedere gratis by klante af te lewer. Hy
                begroot 'n vaste persentasie van maandelikse verkope vir hierdie
                uitgawe.
      D.        Salarisse en lone:
                Werknemers ontvang 'n verhoging van 7,5% vanaf 1 Junie 2017.
      E.        Lening:
                'n Gedeelte van die lening sal op 1 Junie 2017 terugbetaal word. Rente
                van 15% p.j. word maandeliks betaal en word nie gekapitaliseer nie.
      F.        Uittreksel uit Kontantbegroting vir Mei en Junie 2017:
                 ONTVANGSTE                                    MEI           JUNIE
                 Kontantverkope                                 60 000         (i)
                 Invordering van debiteure                      78 300           89 550
                 Kommissie-inkomste
                 Huurinkomste                                     7 500           7 750

                 BETALINGS
                 Kontantaankope van voorraad                   (ii)
                 Betalings aan krediteure                         74 200
                 Afleweringsuitgawes van goedere na klante          9 000     (iii)
                 Salarisse en lone                             (iv)              38 700
                 Skryfbehoeftes
                 Telefoon                                         1 000            1 000
                 Kantoormeubels op krediet gekoop                40 000                0
                 Personeelopleiding                               2 500            2 500
                 Advertensies                                     1 500            1 800
                 Waardevermindering                              12 500          12 500
                 Leningterugbetaling                                           (v)
                 Rente op lening                                  2 100            1 500
                 Diverse uitgawes                                 3 300            3 400
                 Kontantonttrekkings deur eienaar
                 Voertuiguitgawes                                      0            800

      G.        Na finalisering van die begroting is die volgende geïdentifiseer:
                                                               MEI           JUNIE
                 Kontanttekort vir die maand                   (19 450)       (vii)
                 Kontant aan begin van maand                                     35 500
                 Kontant aan einde van maand                   (vi)             (7 300)

                                                                                            45

                                                                             TOTAAL:        300
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting May June 2017 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2017-answer-book-eng/80214f65-7758-4efc-a0bf-bfb782a0fb3d) — Accounting · Addendum · 2017 · Eng
- [Accn Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/accn-qp-eng/265bc973-172b-49fd-b391-a52424963bfe) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Accounting Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-preparatory-2017-question-paper/135a4f47-f617-4ff6-a737-9714bac9f481) — Accounting · QP · 2017
- [Accounting Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2017-eng/8b621382-03b3-4de1-b85b-4b5cfd60b6f2) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Accounting Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2017-eng/1553532b-c4b5-4962-b321-ef37e71fb728) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
