# Accounting Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2018-afr/a1429399-b467-4ad9-9816-c61d3e8e34ab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2018-afr/a1429399-b467-4ad9-9816-c61d3e8e34ab)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                REKENINGKUNDE

                                        2018

                                                                       PUNTE: 300

                                                                        TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 16 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              2                                     DBE/2018
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                3                                      DBE/2018
                                            SSE

8.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                         VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp:                        Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
                                  Bankversoening
Bankversoening en Beheer
                                  Bestuur van hulpbronne
                                  Interne beheer

                            VRAAG 2: 45 punte; 30 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Bestuursrekeningkunde
                                     Begrippe en Produksiekostestaat
Vervaardiging                        Eenheidskoste en gelykbreek
                                     Bestuur van hulpbronne
                                     Interne beheer

                            VRAAG 3: 40 punte; 25 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie                    Begrippe en spesifieke identifikasiemetode
                                     Interne beheer

                            VRAAG 4: 70 punte; 40 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Finansiële rekeningkunde
                                     Begrippe, Nota en Balansstaat
Balansstaat en Ouditverslag
                                     Bestuur van hulpbronne
                                     Ouditverslag en korporatiewe bestuur

                            VRAAG 5: 70 punte; 40 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Finansiële rekeningkunde
                                     Kontantvloeistaat en verhoudings
Vaste Bates, Kontantvloei en
                                     Vertolking van finansiële inligting
Vertolking
                                     Bestuur van hulpbronne
                                     Vaste bates

                            VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Onderwerp:                           Hierdie vraag integreer:
                                     Bestuursrekeningkunde
                                     Kontantbegroting: ontleed en vertolk
Begroting
                                     Bestuur van hulpbronne
                                     Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                4                                          DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 1: BANKVERSOENING EN BEHEER                                 (35 punte; 20 minute)

Die volgende inligting het betrekking op Hartfield Verskaffers vir April 2018.

GEVRA:

1.1     Bankversoening:

        1.1.1   Toon die inskrywings wat in die Kontantjoernale geboekstaaf moet
                word deur die tabel in die ANTWOORDEBOEK te voltooi.                                  (14)

        1.1.2   Bereken die Bankrekeningsaldo op 30 April 2018 in die Grootboek van
                Hartfield Verskaffers.                                                                (3)

        1.1.3   Stel die Bankversoeningstaat op 30 April 2018 op.                                     (8)

1.2     Die interne ouditeur is bekommerd oor die bestuur van kontant.

        1.2.1   Verduidelik TWEE verskillende probleme om haar bekommernis te
                regverdig. Haal syfers aan.                                                           (4)

        1.2.2   Gee raad (TWEE punte) oor hoe om sulke probleme in die toekoms te
                vermy.                                                                                (2)

1.3     Verduidelik TWEE voordele van die gebruik van die elektroniese-fondsoordrag-
        (EFO/'EFT')-stelsel eerder as tjeks vir direkte betalings aan verskaffers.                    (4)

INLIGTING:

A.      Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2018:
        Gunstige saldo volgens Bankstaat                                          R18 450
        Uitstaande deposito's: Gedateer 10 Maart 2018                              12 675
                               Gedateer 25 Maart 2018                              25 000
        Uitstaande tjeks:      502 (gedateer 19 Oktober 2017)                       4 800
                               613 (gedateer 24 April 2018)                        13 400
                               614 (gedateer 26 April 2018)                         6 950
        Gunstige saldo volgens Grootboekrekening                                   30 975

        LET WEL:
        • Die uitstaande deposito van R12 675 verskyn op die Bankstaat op
          28 April 2018.
        • Die uitstaande deposito van R25 000 verskyn nie op die Bankstaat vir
          April 2018 nie. 'n Ondersoek het getoon dat hierdie geld nooit gedeponeer
          is nie. Die kassiere wat in Maart in diens geneem is, het die land verlaat en
          kan nie opgespoor word nie.
        • Tjek 614, R6 950, is vir betaling aangebied.

B.      Voorlopige totale in die Kontantjoernale op 30 April 2018 voordat die
        Bankstaat ontvang is:

        •   Kontantontvangstejoernaal, R510 607
        •   Kontantbetalingsjoernaal, R488 260
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 5                                           DBE/2018
                                             SSE

C.      Inskrywing in die April 2018-Kontantontvangstejoernaal, nie in die
        April 2018-Bankstaat nie:
                  DOKUMENTE                   DATUM      BESONDERHEDE              BANK
        Depositostrokie 998                     20       Verkope                   R10 000

D.      Inskrywings in die April 2018-Kontantbetalingsjoernaal, nie in die
        April 2018-Bankstaat nie:

                  DOKUMENTE                   DATUM      BESONDERHEDE              BANK
        Tjek 652 (gedateer 24 Junie 2018)       25       MM Verskaffers             R5 650
        S Small (*EFO)                          30       Onttrekkings               R2 500
        *EFO: elektroniese fondsoordrag/direkte betaling

E.      Inligting op die April 2018-Bankstaat wat nie in die April 2018-
        Kontantjoernale verskyn nie:

        DATUM                     BESONDERHEDE                     DEBIET         KREDIET
          10         M Mamba (*EFO deur huurder)                                     6 250
          17         Kontantdeposito-geld                                   575
          18         Rente                                                               145
          21         Onbetaalde tjek: Apple                              230
          24         Diensgeld                                         1 425
          28         Debietorder (Kruger Insurers)                     1 850
          28         Debietorder (Kruger Insurers)                     1 850

        LET WEL:
        • Die onbetaalde tjek is van debiteur A Apple ontvang om sy rekening van
          R250 te vereffen.
        • Die debietorder vir die maandelikse versekering verskyn twee keer op die
          Bankstaat. Die bank sal dit op die Bankstaat vir volgende maand regstel.

F.      Inligting in    die   April    2018-Bankstaat    wat    nie                met     die
        Kontantbetalingsjoernaal vir April 2018 ooreenstem nie:

         Tjek 633, geboekstaaf as R2 630 in die Kontantbetalingsjoernaal,
         verskyn korrek soos volg op die Bankstaat:                                 R6 230

G.      Die Bankstaat op 30 April 2018 toon 'n saldo van R?.

                                                                                                       35

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               6                                    DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                         (45 punte; 30 minute)

2.1     Identifiseer EEN kosterekening vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
        slegs die kosterekeninge langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

          direkte arbeidskoste; direktemateriaal-/grondstofkoste; fabrieksbokoste;
                     administrasiekoste; verkoop- en verspreidingskoste

        2.1.1   Oninbare skulde gedurende die finansiële jaar afgeskryf

        2.1.2   Pensionfondsbydraes namens die werkers in die produksieproses
                betaal

        2.1.3   Vervoerkoste betaal vir grondstowwe aangekoop

        2.1.4   Waardevermindering op kantoortoerusting                        (4 x 1)         (4)

2.2     TIGHT-FIT VERVAARDIGERS

        Die inligting het betrekking op Tight-Fit Vervaardigers, 'n onderneming wat
        denimbroeke vervaardig, vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2018.

        GEVRA:

        2.2.1   Bereken:

                •    Die waarde van die slotvoorraad van grondstowwe van Kledingstof
                     (materiaal) deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik                 (4)
                •    Die waarde van direkte materiaal/grondstowwe vir produksie
                     uitgereik                                                                 (3)
                •    Die korrekte fabrieksbokoste                                              (6)

        2.2.2   Voltooi die Produksiekostestaat op 31 Maart 2018.                              (12)

        2.2.3   Die onderneming koop grondstowwe by 'n oorsese verskaffer aan,
                alhoewel daar verskeie plaaslike verskaffers is. Gee TWEE redes
                waarom die onderneming plaaslike verskaffers moet ondersteun.                  (2)

        INLIGTING:

        A.      Voorraadsaldo's op 31 Maart:

                                                            2018            2017
                Goedere-in-bewerking                               ?         R147 500
                Klaarprodukte                               R118 000         R231 000

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                       7                                      DBE/2018
                                                   SSE

        B.      Grondstowwe (kledingstof/materiaal):

                Grondstowwe, wat uit meters kledingstof bestaan, word deur die
                stoorkamer na die fabriek uitgereik.

                Stoorkamervoorraadrekords:

                                                                            TOTALE BEDRAG
                                                              METER
                                                                                  R
                    Voorraad op 1 April 2017                     5 000                   535 000
                    Aankope:                                    18 700                 2 072 000
                     Julie 2017                                  6 200                   620 000
                     Oktober 2017                                4 800                   528 000
                     Januarie 2018                               7 700                   924 000
                    Totaal beskikbaar vir produksie             23 700                 2 607 000
                    Voorraad op 31 Maart 2018                    3 900                         ?

        C.      Syfers wat op 31 Maart 2018 deur die boekhouer verskaf is:

                     Lone van fabriekswerkers (direkte arbeid)                     R3 522 000
                     Fabrieksbokoste (sien Inligting D hieronder)                   R746 670
                     Administrasiekoste                                             R655 700
                     Verkoop- en verspreidingskoste                                 R413 900

        D.      Aansuiwerings moet aan fabrieksbokoste gedoen word met betrekking
                tot die volgende:

                •      Versekering van fabrieksaanleg en toerusting betaal was R69 600
                       en dit is foutiewelik na die Administrasiekosterekening gedebiteer.
                       Hierby ingesluit is 'n nuwe jaarlikse premie van R17 400 wat op
                       1 Januarie 2018 betaal is.

                •      Huur word volgens die vloerspasie toegeken. Die boekhouer het
                       egter slegs R14 820 korrek aan die administrasie-afdeling
                       toegeken.

                                                ADMINISTRASIE-                TOTALE
                           FABRIEK
                                                  KANTOOR                VLOEROPPERVLAKTE
                            520 m2                  130 m2                     650 m2

        E.      Besonderhede van             die    Inkomstestaat   vir   die   jaar    geëindig
                31 Maart 2018:

                    Verkope                                                        R9 747 000
                    Koste van verkope                                               6 518 000
                    Bruto wins                                                      3 229 000

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    8                                       DBE/2018
                                                SSE

2.3     BREAK-TIME VERVAARDIGERS

        Break-Time Vervaardigers is 'n vervaardigingsonderneming wat kosblikke vir
        skoolkinders vervaardig.

        GEVRA:

        2.3.1   Bereken die volgende vir die jaar geëindig 30 April 2018:

                •    Direkte arbeidskoste                                                              (2)
                •    Gelykbreekpunt                                                                    (4)

        2.3.2   Verduidelik waarom die eienaar oor die gelykbreekpunt bekommerd
                moet wees. Haal syfers aan.                                                            (3)

        2.3.3   Die eienaar is bekommerd oor die direkte arbeidskoste.

                •    Verduidelik waarom die eienaar NIE met die direkte arbeidskoste
                     per eenheid tevrede sal wees NIE. Haal syfers aan.                                (3)
                •    Gee EEN oplossing vir hierdie probleem.                                           (2)

        INLIGTING OP 30 APRIL:

                                                 2018                          2017
                                     TOTALE                 PER       TOTALE         PER
                                     KOSTE                EENHEID     KOSTE        EENHEID
         Direkte arbeidskoste
                                            ?                R7,56   R1 646 400         R5,60
         (basies en oortyd)
         Totale vaste koste          R3 102 500              R9,36   R1 989 000         R6,77

         Totale veranderlike koste   R6 464 250             R19,50   R4 704 000        R16,00

         Verkoopprys per eenheid                R28,00                      R24,50

         Getal eenhede vervaardig
                                        331 500 eenhede                 294 000 eenhede
         en verkoop
         Gelykbreekpunt                               ?                 234 000 eenhede

                                                                                                       45

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     9                       DBE/2018
                                 SSE

        HOU HIERDIE BLADSY
             BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   10                                    DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE                                                (40 punte; 25 minute)

3.1     SPEEDY FIETSE

        Jy word voorsien van inligting vir die jaar geëindig 31 Mei 2018. Die eienaar is
        Fred Fakude. Die onderneming verkoop verskillende fietsmodelle. Fred gebruik
        die periodieke voorraadwaardasiestelsel en die spesifieke identifikasiemetode
        om voorraad te waardeer.

        GEVRA:

        3.1.1   Bereken:
                •     Waarde van die slotvoorraad van fietse op 31 Mei 2018                         (8)
                •     Koste van verkope vir die jaar geëindig 31 Mei 2018                           (4)
                •     Bruto wins vir die jaar geëindig 31 Mei 2018                                  (3)

        3.1.2   Fred is tevrede dat hy ongeveer 18 Cruze-fietse per maand verkoop.
                Hy is egter bekommerd dat die nuwe Ryder-model, ten spyte van die
                laer verkoopprys daarvan, nie so vinnig soos die Cruze-model verkoop
                nie.
                •     Bereken die verkoopprys van 'n Ryder-fiets.                                   (3)
                •     Bereken die gemiddelde getal Ryder-fietse wat per maand verkoop
                      word.                                                                         (3)
                •     Dui aan hoe lank dit Fred sal neem om die slotvoorraad van die
                      Ryder-fietse te verkoop. Toon berekeninge.                                    (3)
                •     Gee EEN moontlike rede vir die stadige verkoop van Ryder-fietse,
                      en gee vir Fred raad (EEN punt) in hierdie verband.                           (4)

        INLIGTING:

        A.      Drie verskillende fietsmodelle is gedurende die 2018 finansiële jaar
                verkoop.

                              WINS- EENHEDE                              ANDER
                 MODEL                      VERKOPE
                             OPSLAG VERKOOP                            INLIGTING
                                                               Hierdie model word nie
                    Tempo     60%         66          R897 600
                                                               meer vervaardig nie.
                    Cruze     60%         220        R3 308 800
                                                                  Hierdie model is op
                    Ryder     35%         98          R979 020
                                                                  1 Sep. 2017 bekendgestel.
                    TOTALE VERKOPE                   R5 185 420

        B.      Aanvangsvoorraad:
                     DATUM     MODEL    EENHEDE       KOSPRYS PER EENHEID         TOTAAL
                               Tempo       70               R8 500                R595 000
                1 Jun. 2017
                                Cruze       0

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               11                                     DBE/2018
                                           SSE

        C.      Aankope en terugsendings:
                  DATUM     MODEL      EENHEDE KOSPRYS PER EENHEID            TOTAAL
                AANKOPE:
                1 Jun. 2017   Cruze       260              R9 400            R2 444 000
                1 Sep. 2017   Ryder       200              R7 400            R1 480 000
                TERUGSENDINGS:
                Feb. 2018     Ryder       45               R7 400            (R333 000)
                Netto aankope                                                R3 591 000

3.2     BESTUUR VAN VOORRADE: CELIA SE KLERE

        Celia Mtolo besit 'n klein klere-onderneming. Jy word voorsien van inligting vir
        die jaar geëindig 28 Februarie 2018. Die onderneming verkoop T-hemde,
        baadjies en broeke.
        Celia het aan die begin van die 2018 finansiële jaar sekere besluite geneem.

        GEVRA:

        Haal relevante syfers vir AL die vrae hieronder aan.

        3.2.1   T-hemde:
                Verduidelik waarom dit NIE 'n goeie idee was om na 'n goedkoper
                verskaffer van T-hemde te verander NIE. Noem TWEE punte.                         (4)

        3.2.2   Baadjies:
                Celia het besluit om in 2018 van verskaffer te verander en om die
                winsopslag-% te verander.
                Hoe het hierdie besluit die onderneming geraak? Noem TWEE punte.                 (4)

        3.2.3   Broeke:
                Celia het in die 2018 finansiële jaar die verkoopprys van broeke
                beduidend verlaag in reaksie op 'n nuwe mededinger wat soortgelyke
                broeke teen R990 verkoop
                Gebaseer op die inligting hieronder, maak TWEE afsonderlike
                voorstelle aan Celia om in 2019 die wins op broeke te verbeter.                  (4)

        INLIGTING:

                                      T-HEMDE        BAADJIES         BROEKE
                                   2018    2017    2018    2017    2018     2017
        Bruto eenhede verkoop      1 200   1 080    150     165     280      325
        Terugsendings deur klante    40      0       0       5      15        15
        Verkoopprys                 R75    R120   R1 650 R1 085 R910       R1 054
        Kosprys                     R50     R80   R1 000   R700    R650     R620
        Winsopslag-%                50%     50%    65%     55%     40%      70%
        Bruto wins                R29 000 R43 200 R97 500 R61 600 R68 900 R134 540

                                                                                                  40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 12                                        DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 4: BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAG                                (70 punte; 40 minute)

4.1     BEGRIPPE

        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die
        'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        4.1.1   'n Vaste deposito wat binne die volgende 12 maande verval, sal as
                kontant en kontantekwivalente in die Balansstaat getoon word.

        4.1.2   Verdienste per aandeel word bereken deur die netto wins voor
                belasting te gebruik.

        4.1.3   Daar word ook na netto bedryfsbates as netto bedryfskapitaal verwys.

        4.1.4   Voorsiening vir oninbare skulde is 'n las.

        4.1.5   Totale kapitaal aangewend bestaan slegs uit gewone aandeelhouers-
                kapitaal en behoue inkomste.                               (5 x 1)                  (5)

4.2     MODISE BPK.

        Die inligting hieronder het betrekking op Modise Bpk. Die finansiële jaar het op
        28 Februarie 2018 geëindig.

        GEVRA:

        4.2.1   Stel   die    Behoue-inkomste-nota           tot   die    Balansstaat     op
                28 Februarie 2018 op.                                                               (12)

        4.2.2   Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2018. Toon ALLE bewerkings.                 (38)

        4.2.3   Die direkteure wil R500 000 aan 'n plaaslike skool                      gee.
                Gee TWEE redes waarom maatskappye sulke besluite neem.                              (4)

        INLIGTING:

        A.      Uittreksel van saldo's op 28 Februarie 2018:
                                                                                    R
                Gewone aandelekapitaal                                           13 650 000
                Behoue inkomste (1 Maart 2017)                                      567 000
                Vaste bates teen drawaarde                                                ?
                Vaste deposito: Peoples Bank                                              ?
                Lening van direkteur                                                630 000
                Debiteurekontrole                                                   554 000
                Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2017)                       31 300
                Bank (gunstig)                                                            ?
                Handelsvoorraad                                                   1 015 000
                Verbruiksgoedere voorhande                                           25 000
                Krediteurekontrole                                                        ?
                Vooruitbetaalde uitgawes                                             19 240
                SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings)             900 000
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 13                                     DBE/2018
                                             SSE

        B.      Aandelekapitaal:

                •    Die gemagtigde aandelekapitaal van Modise Bpk. is 6 500 000
                     gewone aandele.

                •    250 000 aandele is op 20 Februarie 2018 teen 25 sent bo die
                     gemiddelde aandeelprys teruggekoop. Dit is aangeteken.

                •    Die gewone aandelekapitaal het          op   28 Februarie 2018     uit
                     4 550 000 gewone aandele bestaan.

        C.      Dividende:

                •    Interimdividende van R672 000 is op 28 Augustus 2017 betaal.

                •    'n Finale dividend van 36 sent per aandeel is op 28 Februarie 2018
                     verklaar. Alle aandele (insluitend die aandele wat op
                     20 Februarie 2018 teruggekoop is) kwalifiseer vir finale dividende.

        D.      Netto wins voor belasting:

                •    Nadat alle relevante inligting in berekening gebring is, is die netto
                     wins voor belasting akkuraat op R3 400 000 bereken.

                •    Inkomstebelasting teen 27% van die netto wins moet in berekening
                     gebring word.

        E.      Vaste deposito:
                Die rente op die vaste deposito is R48 000. Die vaste deposito is op
                1 Mei 2017 teen 8% p.j. belê.

        F.      Lening van direkteur:

                •    Die rentevrye lening is op 1 September 2015 ontvang.

                •    Die lening moet oor ses jaar in gelyke maandelikse paaiemente
                     terugbetaal word. Die eerste terugbetaling is op 30 September 2015
                     gemaak. Alle betalings is tot op datum gedoen.

        G.      Voorsiening vir oninbare skulde:

                Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 6% van die uitstaande
                debiteure aangepas word.

        H.      Die bedryfsverhouding na alle aansuiwerings is as 1,5 : 1 bereken.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                14                                     DBE/2018
                                            SSE

4.3     OUDITVERSLAG

        Jy word voorsien van 'n uittreksel van die ouditverslag van die onafhanklike
        ouditeure van Denga Beperk.

        GEVRA:

        4.3.1   Verduidelik kortliks die rol van 'n onafhanklike ouditeur.                        (2)

        4.3.2   Het Denga Beperk 'n gekwalifiseerde/ongekwalifiseerde/weerhouding-
                van-mening-ouditverslag gekry? Verduidelik jou keuse kortliks.                    (3)

        4.3.3   Noem DRIE moontlike gevolge vir die onafhanklike ouditeur as hy die
                advertensieuitgawe NIE in sy verslag genoem het NIE.                              (6)

        INLIGTING:

         UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE

        Onafhanklike Ouditeure se Verantwoordelikheid
        Ons het die jaarlikse finansiële state van Denga Beperk, op bladsye 27 tot 41
        uiteengesit, vir die jaar geëindig 31 Maart 2017, geoudit. Hierdie finansiële
        state is die verantwoordelikheid van die maatskappy se direkteure. Ons
        verantwoordelikheid is om 'n mening, wat op ons oudit gebaseer is, oor hierdie
        finansiële state uit te spreek.

        Basis vir ...-mening
        Die advertensie-uitgawe van R500 000 in die Inkomstestaat kon nie geverifieer
        word nie, aangesien geen dokumentasie vir 'n gedeelte van hierdie uitgawe
        bestaan het nie.

        … Ouditmening
        Na ons mening, behalwe vir die advertensie-uitgawe in die Inkomstestaat wat
        nie geverifieer kon word nie, is die finansiële state 'n redelike weergawe van
        die finansiële posisie van die maatskappy op 31 Maart 2017.

        Khan & Kruger
        Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA), 15 Mei 2017

                                                                                                  70

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                15                                     DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 5: VASTE BATES, KONTANTVLOEI EN VERTOLKING
                                               (70 punte; 40 minute)

5.1     Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die gebruiker van finansiële state in
        KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A tot D) langs die vraagnommers
        (5.1.1 tot 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                KOLOM A                                  KOLOM B
        5.1.1   Vakbonde             A     wil verseker word dat hulle belegging in die
                                           maatskappy wys gebruik word
        5.1.2   SAID
                                     B     gebruik die finansiële state om besluite oor
        5.1.3   Aandeelhouers              die bestuur van die maatskappy te neem
        5.1.4   Direkteure           C     sien toe dat hulle lede regverdig betaal word

                                     D     moet verseker word dat inkomstebelasting
                                           op die netto wins korrek bereken word
                                                                                 (4 x 1)          (4)

5.2     MALOTRA BPK.

        Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Malotra Bpk. vir die finansiële
        jaar geëindig 28 Februarie 2018. Die maatskappy is met 'n gemagtigde
        aandelekapitaal van 1 200 000 gewone aandele geregistreer.

        GEVRA:

        5.2.1   Verwys na inligting A.

                Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (a) tot (d) op die
                Vastebatenota.                                                                    (16)

        5.2.2   Bereken die netto wins na inkomstebelasting op 28 Februarie 2018.                 (3)

        5.2.3   Bereken die volgende vir die Kontantvloeistaat:

                •    Dividende betaal                                                             (4)
                •    Fondse gebruik om aandele terug te koop                                      (5)
                •    Opbrengs uit aandele uitgereik                                               (5)

        5.2.4   Voltooi die afdeling vir Kontant en Kontantekwivalente in die
                Kontantvloeistaat.                                                                (4)

        5.2.5   Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2018:

                •    Vuurproefverhouding                                                          (4)
                •    Skuld-ekwiteit-verhouding                                                    (3)
                •    Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang                                   (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                     16                                       DBE/2018
                                                 SSE

        5.2.6       Die direkteure het besluit om die lening gedurende die huidige
                    finansiële jaar te verhoog. Verduidelik of dit 'n goeie besluit was, of nie.
                    Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan.                                     (6)

        5.2.7       Lewer kommentaar op die prys betaal vir die aandele teruggekoop op
                    1 Januarie 2018. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan.                    (5)

        5.2.8       Thandi Nene besit 416 000 aandele in die maatskappy. Toe die
                    direkteure in Oktober 2017 besluit het om 'n verdere 200 000 aandele
                    uit te reik, het sy besluit om nie nog aandele te koop nie en eerder haar
                    fondse op 'n oorsese vakansie te bestee.

                    Verduidelik waarom jy voel dat Thandi die verkeerde besluit geneem
                    het. Haal relevante syfers of berekeninge aan om jou mening te staaf.                (6)

        INLIGTING:

        A.          Onvolledige Vastebatenota:

                                                       GROND EN
                                                                     VOERTUIE       TOERUSTING
                                                        GEBOUE
             Drawaarde (1 Mrt. 2017)                     4 256 350        535 250
             Kosprys                                                     (b)             1 500 000
             Opgehoopte waardevermindering                              (419 750)        (595 000)
             Bewegings:
             Toevoegings                                  (a)            (c)                       0
             Verkope                                                            0          (e)
             Waardevermindering                                         (195 000)          (d)
             Drawaarde (28 Feb. 2018)                    6 192 350                          626 000
             Kosprys                                                   1 415 000
             Opgehoopte waardevermindering

                •     'n Uitbreiding van die stoorkamer en verbeteringe aan die geboue is
                      gedurende die finansiële jaar voltooi.
                •     'n Nuwe voertuig is op 1 Junie 2017 aangekoop.
                •     Ou toerusting is op 28 Februarie 2018 teen drawaarde geskrap.
                •     Waardeverminderingsbeleid:         Voertuie:   15% op kosprys
                                                         Toerusting: 20% op drawaarde

        B.      Inkomstebelasting:
                •     Inkomstebelasting teen 30% van die netto inkomste beloop R286 200.

        C.      Dividende:
                •     Interimdividende is op 31 Augustus 2017 betaal.
                •     Finale dividende is op 28 Februarie 2018 verklaar.
                •     Slegs aandeelhouers in die aandeleregister het vir dividende
                      gekwalifiseer.
                •     Dividende vir die huidige finansiële jaar betaal en verklaar: R332 000

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   17                                 DBE/2018
                                               SSE

        D.      Gewone Aandelekapitaal:

                800 000       Gewone aandele op 1 Maart 2017                 R5 760 000
                200 000       Aandele uitgereik op 1 Oktober 2017                     ?
                (120 000)     Aandele teruggekoop op 1 Januarie 2018                  ?
                880 000       Gewone aandele op 28 Februarie 2018            R6 512 000

                LET WEL:      Aandele is teen 60 sent bo die gemiddelde aandeleprys
                              teruggekoop.

        E.      Inligting geneem uit die Finansiële State op 28 Februarie:

                                                            2018           2017
                                                              R             R
                Vaste deposito: Sisi Bank                    100 000       240 000
                Lening: Mihla Bank                         1 500 000       600 000
                Bedryfsbates (voorrade ingesluit)          1 136 700     1 246 400
                Voorrade                                     471 100       717 550
                Bedryfslaste                                 512 000       755 500
                Kontant en kontantekwivalente                 36 400         2 400
                Oortrokke bankrekening                             0       112 000
                Aandeelhouersbelang                        6 843 300     5 826 500
                Aandeelhouers vir dividende                  132 000       176 000

        F.      Finansiële aanwysers op 28 Februarie:

                                                             2018            2017
                Bedryfsverhouding                              2,2 : 1         1,6 : 1
                Vuurproefverhouding                                  ?         0,7 : 1
                Skuld-ekwiteit-verhouding                            ?         0,1 : 1
                Verdienste per aandeel                        77 sent         87 sent
                Dividende per aandeel                         40 sent         80 sent
                Opbrengs op gemiddelde ekwiteit
                                                                    ?          11,9%
                (OOAB)
                Opbrengs op totale kapitaal aangewend
                                                               14,6%           16,4%
                (OTKA)
                Netto batewaarde                             778 sent        728 sent
                Rentekoers op lenings                            12%             11%
                Markwaarde van aandele op JSE               *780 sent        725 sent
                *LET WEL: Hierdie waarde is onveranderd oor die afgelope drie
                          maande.

                                                                                              70

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  18                                      DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 6: BEGROTING                                                 (40 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Magic Handelaars. Die eienaar van
die onderneming is Tony Salotte.

GEVRA:

6.1     Voltooi die volgende stellings:

        6.1.1      Die hoofdoel van 'n Kontantbegroting is om …                                    (2)

        6.1.2      Die hoofdoel van 'n Geprojekteerde Inkomstestaat is om …                        (2)

6.2     Debiteure-invorderingskedule en Geprojekteerde Inkomstestaat:

        6.2.1      Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Junie 2018.                        (7)

        6.2.2      Bepaal die volgende bedrae wat in die Geprojekteerde Inkomstestaat
                   sal verskyn:

                   •   Korting toegestaan vir Mei 2018                                             (3)
                   •   Oninbare skulde in Junie 2018 afgeskryf                                     (3)

6.3     Bereken die volgende:

        •     Kontantverkope vir Mei 2018                                                          (2)
        •     Betaling aan krediteure in Junie 2018                                                (4)
        •     Salarisse vir Mei 2018                                                               (5)

6.4     Tony het die begrote syfers met die werklike syfers vir April 2018 vergelyk.

                                             BEGROOT                   WERKLIK
            Verkope                               R480 000                   R576 000
            Advertensies                             R8 000                   R11 000
            Lone van skoonmakers                     R9 000                   R12 500
            Skoonmaakmateriaal                       R1 200                    R2 700
            Betaling aan krediteure               R224 000                         R0

        6.4.1      Tony is nie bekommerd oor die oorbesteding in advertensies nie.
                   Verduidelik waarom dit so is. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf.         (4)

        6.4.2      Noem EEN gevolg daarvan as die bedrag verskuldig aan krediteure in
                   April 2018 nie betaal word nie.                                                 (2)

        6.4.3      Verwys na die syfers hierbo en Inligting F. Noem TWEE punte ten
                   gunste van die aanstelling van Gentex Skoonmaakdienste. Verduidelik
                   ook EEN punt wat Tony in aanmerking moet neem voordat hy hierdie
                   besluit neem.                                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 19                                       DBE/2018
                                             SSE

INLIGTING:

A.      Totale verkope:

                                            WERKLIK                   BEGROOT
            Maart 2018                      R420 000
            April 2018                      R480 000
            Mei 2018                                                   R300 000
            Junie 2018                                                 R360 000

B.      Kontantverkope beloop 40% van totale verkope.

C.      Daar word van debiteure verwag om soos volg te betaal:

        •     30% in die maand van verkope. Hulle ontvang 'n korting van 5% vir
              vereffening.
        •     60% in die maand wat op die verkope volg
        •     9% in twee maande na die maand van verkope
        •     1% word as oninbare skuld in die derde maand na verkope afgeskryf

D.      Aankope en betaling aan krediteure:

        •     Die onderneming handhaaf 'n vastevoorraad-basisvlak.
        •     Goedere word teen 'n winsopslag van 50% op kosprys verkoop.
        •     80% van alle goedere aangekoop, is op krediet.
        •     Krediteure word ten volle betaal in die maand wat op die aankope volg.

E.      Salarisse:

        •     Totale salarisse vir April 2018 is R101 500.
        •     Daar is 7 werknemers wat dieselfde maandelikse salaris verdien.
        •     1 werknemer sal op 30 April 2018 bedank en vertrek.
        •     4 werknemers sal elk in Mei 2018 'n bonus van 80% van hul salaris
              ontvang.

F.      Die onderneming betaal lone aan twee skoonmakers, waarvan een in April op
        siekverlof was en 'n plaasvervanger in diens geneem moes word. Tony is
        bekommerd dat te veel geld op skoonmaak vermors word. Hy dink dat hy
        Gentex Skoonmaakdienste moet kontrakteer om die hele skoonmaakproses
        oor te neem. Hulle sal R8 000 per maand hef.

                                                                                                  40

                                                                               TOTAAL:            300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting May June 2018 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2018-answer-book-eng/f6a5c390-ef4d-4994-b38c-6fc1696cfc25) — Accounting · Addendum · 2018 · Eng
- [Accounting May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-may-june-2018-memo-afr/6854378e-2cf2-4033-b567-9f36aec1b13d) — Accounting · Memo · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [Accounting June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-june-july-2015-afr/f9d2f0f3-cfd9-4574-85ab-4a6ce713a6ed) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-memo-sept2018-english/5bfe8f07-1121-4aad-8146-327c580e81de) — Accounting · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
