# Accounting Grade 12 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2013-afr/9652d9f4-3629-45d0-a6b0-231fedb01be1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC November 2013 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2013-afr/9652d9f4-3629-45d0-a6b0-231fedb01be1)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               REKENINGKUNDE

                                NOVEMBER 2013

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 'n 18 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               2                          DBE/November 2013
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf om ALLE vrae in te
         beantwoord.

3.       Toon bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Bereken tot EEN desimale plek.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               3                               DBE/November 2013
                                           NSS

7.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                           VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag:          Leeruitkomste gedek:
                                  LU1 Finansiële rekeningkunde
Begrippe,                                AS1    Begrippe
maatskappytransaksies en                 AS2    Grootboekrekeninge
debiteureversoening                      AS3    Rekeningkundige vergelyking
                                         AS4    Interpreteer versoenings

                           VRAAG 2: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag:          Leeruitkomste gedek:
                                  LU2 Bestuursrekeningkunde
                                         AS2    Produksiekostestaat
Vervaardiging                            AS2    Eenheidskoste en gelykbreekpunt
                                  LU3 Bestuur van hulpbronne
                                         AS6    Interne beheer en oudit

                           VRAAG 3: 75 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag:          Leeruitkomste gedek:
                                  LU1 Finansiële rekeningkunde
Maatskappy finansiële state en
                                         AS5    Finansiële state en notas
ouditverslag                             AS6    Ouditverslag

                           VRAAG 4: 60 punte; 35 minute
Onderwerp van die vraag:          Leeruitkomste gedek:
                                  LU1 Finansiële rekeningkunde
                                         AS5    Kontantvloeistaat
Kontantvloei en vertolking van
                                         AS5    Ontleed en vertolk
finansiële state                  LU3 Bestuur van hulpbronne
                                         AS5    Etiek

                           VRAAG 5: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:          Leeruitkomste gedek:
                                  LU2 Bestuursrekeningkunde
                                         AS3    Ontleed en vertolk
Kontantbegroting
                                  LO3 Bestuur van hulpbronne
                                         AS6    Interne beheer en oudit

                           VRAAG 6: 55 punte; 35 minute
Onderwerp van die vraag:          Leeruitkomste gedek:
                                  LU1 Finansiële rekeningkunde
                                         AS5    Finansiële state
                                  LU3 Bestuur van hulpbronne
Vaste bates, voorraadwaardasie
                                         AS3    Vertolk en doen verslag oor bateverkope
en interne beheer
                                         AS4    Waardeer en bereken voorrade
                                         AS5    Etiek
                                         AS6    Interne beheer en oudit

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    4                         DBE/November 2013
                                                NSS

VRAAG 1: BEGRIPPE, MAATSKAPPYTRANSAKSIES EN DEBITEUREVERSOENING
                                                (35 punte; 20 minute)

1.1     BEGRIPPE

        GEVRA:

        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
        woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.1.1      Die beginsel wat verklaar dat die finansiële sake van die eienaar apart
                   van die finansiële sake van die besigheid gehou moet word, is die
                   (besigheidentiteitsbeginsel/lopendesaak-beginsel).                             (2)

        1.1.2      In die geval van bankrotskap is die aandeelhouers nie verantwoordelik
                   vir die skuld van die besigheid nie. Dit is as gevolg van
                   (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheid.                                        (2)

        1.1.3      In die finansiële state sal debiteure as handels- en              ander
                   (ekwiteit/ontvangbare bedrae/betaalbare bedrae) getoon word.                   (2)

1.2     MAATSKAPPYTRANSAKSIES

        GEVRA:

        Gebruik die tabel wat verskaf word om die volgende vir elke transaksie te toon:

        •         Rekening gedebiteer en rekening gekrediteer in die Algemene Grootboek
        •         Effek op die rekeningkundige vergelyking

        Die banksaldo is te alle tye gunstig.

        Voorbeeld: Direkteursvergoeding betaal, R145 000.

                     REKENING          REKENING
            NR.                                         BEDRAG         B       E        L
                    GEDEBITEER       GEKREDITEER
        bv.        Direkteurs-       Bank                  145 000     –       –        0
                   vergoeding

        TRANSAKSIES:

        1.2.1      Die bedrag wat aan die einde van die vorige finansiële jaar aan SAID
                   verskuldig was vir inkomstebelasting, is betaal, R37 400.

        1.2.2      Ontvang R180 000 vir addisionele aandele teen pariwaarde uitgereik.

        1.2.3      'n Finale dividend van R55 000 is aan die einde van die huidige
                   finansiële jaar deur die direkteure verklaar.                                  (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                5                           DBE/November 2013
                                            NSS

1.3     DEBITEUREVERSOENING

        Jy is die interne ouditeur van Rose Boutique. Die Debiteurekontrolerekening en
        die Debiteurelys vir September 2013 is deur die boekhouer voorberei, maar daar
        is 'n paar foute en weglatings.

        GEVRA:

        1.3.1   Toon die regstellings aan wat in die Debiteurekontrolerekening in die
                Algemene Grootboek gedoen moet word, deur die bedrae te toon met:

                + vir toename; – vir afname OF skryf 'geen verandering nie'.                     (7)

        1.3.2   Berei die korrekte Debiteurelys op 30 September 2013 voor.

                Toon bewerkings met die toepaslike bedrae tussen hakies om deelpunte
                te verdien.                                                                      (10)

        INLIGTING:

        1.      Vooraansuiweringsyfers op 30 September 2013              R
                Debiteurekontrolerekening-saldo                          20 100
                Debiteurelystotaal uit Debiteuregrootboek                19 900

        2.      Debiteurelys op 30 September 2013
                                                          Debiet      Krediet
                T Stoffels                                  3 800
                E Khune                                     7 400
                S Mashele                                                 1 900
                M Devnarain                                 10 600
                                                            21 800        1 900

        3.      Foute en weglatings:

                A     Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R1 800 te veel opgetel.
                B     Rente van R200 moet op die agterstallige rekening van E Khune
                      gehef word.
                C     'n Bedrag van R3 200 ontvang van T Stoffels, is foutief in die
                      Kontantontvangstejoernaal as R2 300 aangeteken en as sodanig
                      oorgeboek na die Debiteuregrootboek en die Algemene Grootboek.
                D     Goedere teruggestuur deur M Devnarain, R800, is na die
                      verkeerde kant van sy rekening in die Debiteuregrootboek
                      oorgeboek.
                E     Geen inskrywing is gemaak van 'n faktuur wat aan S Mashele
                      uitgereik is nie, R1 400.

                                                                                     35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  6                             DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                                (35 punte; 20 minute)

2.1      KOSTEREKENINGE

         GEVRA:

         Kies 'n kostekategorie uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                        KOLOM B
         2.1.1 Grondstowwe in die fabriek              A      direkte-arbeidskoste
               gebruik
                                                       B      fabrieksbokoste
         2.1.2 Advertensie-uitgawes
                                                       C      verkoops- en
         2.1.3 Kantoortelefoonrekening                        verspreidingskoste

         2.1.4 Salaris van die fabrieksvoorman         D      administrasiekoste

                                                       E      direktemateriaalkoste
                                                                                       (4 x 2)       (8)

2.2      PROTEA VERVAARDIGERS

         Protea Vervaardigers is 'n besigheid wat een styl uniforms (oorpakke) maak.
         Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2013.

         GEVRA:

         2.2.1       Verskaf die ontbrekende syfers in die:

                     •    Produksiekostestaat                                                        (8)
                     •    Nota vir die Fabrieksbokoste                                               (5)

         2.2.2       Die interne ouditeur is nie tevrede met die direkte-arbeidskoste vir die
                     jaar nie.

                     •    Verduidelik die probleem met betrekking tot die direkte-
                          arbeidskoste en haal syfers aan om jou verduideliking te
                          ondersteun.                                                                (3)
                     •    Gee TWEE moontlike oplossings vir hierdie probleem.                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  7                          DBE/November 2013
                                              NSS

         INLIGTING:

         1.          Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Augustus 2013
                     Direktemateriaalkoste                                   ?
                     Direkte-arbeidskoste                             985 600
                     Primêre koste                                           ?
                     Fabrieksbokoste                                   94 980
                     Totale vervaardigingskoste                              ?
                     Goedere-in-bewerking (1 September 2012)           12 420
                                                                             ?
                     Goedere-in-bewerking (31 Augustus 2013)                 ?
                     Koste van produksie van klaarprodukte                   ?

         2.          Direktemateriaalkoste

                     Materiaal is van die stoorkamer na die fabriek uitgereik met gebruik
                     van die geweegdegemiddelde-metode.

                                                    Hoeveelheid   Koste per      Totale
                                                      (meter)      meter          koste
                     Voorraad op                       10 000 m     R 9,00       R 90 000
                     1 September 2012
                     Aankope van materiaal             30 000 m       12,00        360 000
                                                       40 000 m                    450 000
                     Uitgereik aan fabriek             28 000 m       ?             ?
                     Voorraad op
                     31 Augustus 2013                  12 000 m       ?              ?

         3.          Direkte-arbeidskoste

                                              Ure       Tarief    Werkers        Totaal
                     Normale tyd             1 200      R32,00      10           R384 000
                     Oortyd                    880      R64,00      10           R563 200
                     Werkgewersbydraes                                           R 38 400
                                                                                 R985 600

Inligting 4 op volgende bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   8                           DBE/November 2013
                                               NSS

         4.          Verdeling van koste-items

                     Verwys na die betrokke kostestate op die volgende bladsy.

                     4.1     Fabriekhuur word gedeel deur die fabriek-, verkope- en
                             administrasie-afdeling in die verhouding 5 : 2 : 1.

                     4.2     75% van die water-en-elektrisiteit-uitgawe moet aan die fabriek
                             toegedeel word en die res is 'n administratiewe uitgawe.

         5.          Fabrieksbokoste
                     Indirekte materiaal                                      7 360
                     Indirekte arbeid                                        22 230
                     Waardevermindering van fabrieksaanleg                    8 630
                     Huuruitgawe                                                  ?
                     Water en elektrisiteit                                       ?
                     Diverse uitgawes                                             ?
                                                                             94 980

         6.          Administrasiekoste
                     Huuruitgawe                                              6 600
                     Versekering                                              8 860
                     Water en elektrisiteit                                   6 840
                     Skryfbehoeftes                                           3 440
                     Diverse uitgawes                                        24 560
                                                                             50 300

         7.          Produksie en verkope

                     21 400 oorpakke is gedurende die finansiële jaar vervaardig en
                     verkoop. Die koste van produksie van klaarprodukte was R65,00 per
                     eenheid.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Rekeningkunde                                9                         DBE/November 2013
                                             NSS

2.3    SALLY SE SKRYFBEHOEFTESAKKE

       Sally Venter maak materiaalskryfbehoeftesakke wat sy aan leerders verkoop.

       GEVRA:

       2.3.1     Bereken die getal eenhede wat Sally moes vervaardig om in 2013 gelyk te
                 breek.                                                                         (4)

       2.3.2     Lewer kommentaar op die getal sakke wat sy vervaardig. Haal syfers of
                 finansiële aanwysers aan om jou antwoord te staaf. Verwys na die
                 berekening van die gelykbreekpunt in jou antwoord.                             (3)

       INLIGTING:

       1.        Gedurende die jaar is 12 860 eenhede vervaardig en verkoop.

       2.        Die verkoopprys per eenheid was R30,00.

       3.        Veranderlike en vaste koste:                  2013                   2012
                 Veranderlike koste:               TOTAAL       PER EENHEID     PER EENHEID
                   Direkte materiaal               R128 600           R10,00             R12,20
                   Direkte arbeid                   102 880             8,00               7,00
                   Verkope en verspreiding           51 440             4,00               3,80
                                                   R282 920           R22,00             R23,00

                 Vaste koste:
                   Fabrieksbokoste                   R77 160            R6,00
                   Administrasie                      19 290             1,50
                                                     R96 450            R7,50

                                                                                   35

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   10                           DBE/November 2013
                                               NSS

VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE EN OUDITVERSLAG
                                               (75 punte; 45 minute)

3.1      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur
         'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
         die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        bedryfsbate; niebedryfsbate; inkomste; uitgawe;
                                    bedryfslas; niebedryfslas

         3.1.1       Wins met die verkoop van 'n bate is 'n ...

         3.1.2       Die gedeelte van 'n lening wat binne 'n jaar betaal moet word, is 'n ...

         3.1.3       Verbruiksgoedere voorhande is 'n ...

         3.1.4       Rente op 'n bankoortrekking is 'n ...                                           (8)

3.2      SELATI BEPERK

         Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2013.

         GEVRA:

         3.2.1       Voltooi die Inkomstestaat.                                                      (54)

         3.2.2       Stel die nota op vir Behoue Inkomste.                                           (7)

         INLIGTING:

         UITTREKSEL UIT DIE PROEFBALANS OP 30 JUNIE 2013:

          Balansstaatrekeninge-afdeling                                            R
          Gewone aandelekapitaal (R2 pariwaarde)                                4 500 000
          Aandelepremie                                                           790 000
          Behoue inkomste (1 Julie 2012)                                          735 000
          Handelsvoorraad                                                       1 534 000
          Debiteurekontrole                                                       521 300
          Voorsiening vir oninbare skuld                                           22 000
          Krediteurekontrole                                                      786 800
          Lening: Puma Bank                                                       630 000
          Bank (Dt)                                                               129 400
          SAID: Inkomstebelasting (Dt)                                            260 000
          Pensioenfonds                                                            15 800
          Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)                                       2 300
          Vaste deposito: Sharp Bank                                              450 000

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               11                          DBE/November 2013
                                           NSS

          Nominalerekeninge-afdeling                                          R
          Verkope                                                                  ?
          Koste van verkope                                                8 200 000
          Salarisse en lone                                                  788 000
          Direkteursvergoeding                                             1 840 000
          Ouditeursfooie                                                      88 000
          Werkgewersbydrae (Pensioen en WVF)                                  81 000
          Bankkoste                                                           31 000
          Diverse uitgawes                                                    89 730
          Oninbare skuld                                                      12 100
          Huurinkomste                                                        69 160
          Rente op vaste deposito                                             27 000
          Herstelwerk en instandhouding                                      125 600
          Verpakkingsmateriaal                                                43 900
          Gewone aandeledividende (tussentyds)                                     ?

         AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:
         1.     Nog R7 500 is aan die ouditeure verskuldig.

         2.     Goedere word teen 'n 60%-winsopslag op kosprys verkoop. Die
                maatskappy het kontantafslaguitverkopings gedurende die jaar gehou
                om van oortollige voorraad ontslae te raak. Die totale handelskortings
                toegestaan aan die klante was R702 000.

         3.     Verpakkingsmateriaal ter waarde van R41 000 is gedurende die jaar,
                geëindig 30 Junie 2013, gebruik.

         4.     Rente op die bankoortrekking, R2 800, is by die bankkoste ingesluit.

         5.     Geen inskrywings is gemaak vir voorraad wat aan die begin van
                Junie 2013 gesteel is nie. Die versekeringsmaatskappy het Selati Bpk.
                ingelig dat hulle R32 000 in die besigheid se bankrekening inbetaal het
                met betrekking tot die versekeringseis. Selati Bpk. dra 20% van enige
                voorraadverlies.

         6.     'n Fisiese voorraadopname op 30 Junie 2013 het getoon dat voorraad
                ter waarde van R1 475 500 voorhande is.

         7.     'n Bedrag van R1 700, ontvang van M Mpoani, is gedurende
                Junie 2013 na die Debiteurekontrolerekening gekrediteer. Die rekening
                van M Mpoani is gedurende Mei 2013 as oninbaar afgeskryf.

                Die voorsiening vir oninbare skulde moet na 4% van uitstaande
                debiteure aangesuiwer word.

Aansuiwering 8 op volgende bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  12                        DBE/November 2013
                                              NSS

         8.     Een werknemer is uit die Salarisjoernaal van Junie 2013 weggelaat.
                Sy salarisbesonderhede is:

                     Aftrekkings          Werkgewersbydrae             Netto salaris
                        2 020                  1 610                       4 980

         9.     R105 000 is aan EZ Bouers betaal vir die oprigting van 'n stoorkamer
                (R80 000) en herstelwerk aan die plaveisel (R25 000). Die totale
                bedrag is verkeerdelik na Grond en Geboue gedebiteer.

         10.    Die leningstaat van Puma Bank op 30 Junie 2013 het getoon:

                    Saldo aan begin van finansiële jaar                 R1 470 000
                    Terugbetalings gedurende die jaar                      840 000
                    Rente gekapitaliseer                                 ?
                    Saldo aan einde van finansiële jaar                    750 000

         11.    Huurinkomste vir Julie 2013 is reeds ontvang. Die maandelikse huur is
                met 10% op 1 Mei 2013 verhoog.

         12.    Waardevermindering is die ontbrekende syfer in die Inkomstestaat.

         13.    Netto wins en belasting:

                •      Nadat alle aansuiwerings in berekening geneem is, is die korrekte
                       netto wins na belasting R588 000.
                •      Die inkomstebelastingkoers is 30% van netto wins voor belasting.

         14.    Aandele en dividende:

                •      Tussentydse dividende van 14 sent per aandeel is verklaar en
                       betaal op 31 Desember 2012.
                •      250 000 aandele is op 1 Januarie 2013 uitgereik. Dit is behoorlik
                       geboekstaaf.
                •      Finale dividende van 10 sent per aandeel is op 30 Junie 2013
                       verklaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               13                           DBE/November 2013
                                           NSS

3.3      OUDITEURSVERSLAG

         UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE

         Ons het die jaarlikse finansiële state van Selati Bpk. vir die jaar geëindig
         30 Junie 2013 geoudit. Hierdie finansiële state is die verantwoordelikheid van
         die maatskappy se direkteure.

         Basis vir Weerhouding van Mening
         Gedurende die verloop van die oudit het ons vasgestel dat bonusse ten bedrae
         van R1,5 m. wat aan direkteure betaal is, nie deur die Vergoedingskomitee
         goedgekeur is nie. Verder was daar ook geen dokumentasie beskikbaar vir
         diverse uitgawes van R75 000 nie.

         Ouditmening
         As gevolg van die belangrikheid van die aangeleentheid hierbo beskryf, kon
         ons nie genoegsame ouditbewyse vind om 'n basis vir 'n ouditmening te
         verskaf nie. Gevolglik spreek ons nie 'n mening uit oor die finansiële state van
         Selati Bpk. vir die jaar geëindig 30 Junie 2013 nie.

         Morley en Vennote, Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)

         GEVRA:

         As 'n aandeelhouer, hoekom sou jy oor hierdie ouditeursverslag bekommerd
         wees? Verduidelik. Noem DRIE punte.                                                    (6)

                                                                                    75

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                     14                    DBE/November 2013
                                                 NSS

VRAAG 4: KONTANTVLOEI EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
                                              (60 punte; 35 minute)

Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2013 vir
Jumbo Cellphones Bpk., 'n publieke maatskappy wat op die JSE genoteer is.

GEVRA:

4.1     Verwys na Inligting 8 hieronder met betrekking tot die spesiale programme wat
        saam met die finansiële state in die jaarverslag gepubliseer word.

        4.1.1        Hoekom sou die direkteure geld aan hierdie programme wou
                     spandeer? Verduidelik die hoofvoordeel van ELKE program vir die
                     maatskappy.                                                                (4)

        4.1.2        Behalwe die punte hierbo genoem, hoekom sal die direkteure die
                     programme in die jaarverslag wil noem? Verduidelik.                        (2)

4.2     Verskaf die ontbrekende syfers aangedui deur A tot F in die Kontantvloeistaat.
        Toon bewerkings om deelpunte te verdien.                                                (15)

4.3     Bereken die finansiële aanwysers hieronder vir die finansiële jaar geëindig
        28 Februarie 2013. Toon alle bewerkings om deelpunte te verdien.

        4.3.1        Persentasie netto wins na belasting op verkope                             (3)

        4.3.2        Verdienste per aandeel                                                     (3)

        4.3.3        Skuld-ekwiteit-verhouding                                                  (3)

        4.3.4        Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                          (5)

4.4     Die direkteure is van mening dat die bedryfsdoeltreffendheid van die
        maatskappy verbeter het. Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers
        (met syfers) om hulle mening te staaf.                                                  (4)

4.5     Die aandeelhouers is gelukkig met hulle opbrengs, verdienste en dividende.
        Haal DRIE finansiële aanwysers (met syfers) aan en verduidelik dit om hulle
        mening te staaf.                                                                        (6)

4.6     Nuwe aandele is aan die begin van die finansiële jaar teen R9,00 elk uitgereik.
        As 'n bestaande aandeelhouer, sou jy tevrede wees met hierdie uitreikprys?
        Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou mening te
        verduidelik.                                                                            (5)

4.7     'n Groot leningterugbetaling is gedoen. Lewer kommentaar daarop of dit 'n
        goeie idee was of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om
        jou kommentaar te staaf.                                                                (4)

4.8     Behalwe die dividende en die lening, watter ander groot besluite deur die
        direkteure word in die Kontantvloeistaat gereflekteer? Noem TWEE groot
        besluite en haal die betrokke syfers aan. Verduidelik ook hoe ELK van hierdie
        besluite in die toekoms tot voordeel van die maatskappy kan wees.                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                15                        DBE/November 2013
                                            NSS

INLIGTING:

1.      Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 4 000 000 gewone
        aandele (pariwaarde R5,00 elk).

2.      Inligting geneem uit die 2013-Inkomstestaat:

        Verkope                                    6 200 000
        Waardevermindering                           120 000
        Rente op lening                              168 000
        Netto wins voor belasting                  1 200 000
        Netto wins na belasting                      840 000

3.      Inligting geneem uit die Balansstaat:

                                                             2013            2012
        Vaste Bates (drawaarde)                            7 125 000        6 931 000
        Bedryfsbates                                         575 000          419 000
                Voorrade                                     135 000           80 000
                Rekeninge ontvangbaar                        362 000          328 000
                SAID (Inkomstebelasting)                           -            9 000
                Kontant en kontantekwivalente                 78 000            2 000
        TOTALE BATES                                       7 700 000        7 350 000

        Aandeelhouersbelang                                5 285 000        4 000 000
                Gewone aandelekapitaal (pariwaarde R5)     3 500 000        3 000 000
                Aandelepremie                              1 200 000          800 000
                Behoue inkomste                              585 000          200 000
        Niebedryfslaste: Venus Bank (8% p.j.)              2 100 000        2 800 000
        Bedryfslaste                                         315 000          550 000
                Rekeninge betaalbaar                        112 000           158 000
                SAID (Inkomstebelasting)                      28 000                -
                Aandeelhouers vir dividende                  175 000          210 000
                Bankoortrekking                                    -          182 000
        TOTALE EKWITEIT EN LASTE                           7 700 000        7 350 000

4.      Nuwe aandele is op 1 Maart 2012 teen R9,00 elk uitgereik.

5.      'n Tussentydse dividend van R280 000 is op 30 Junie 2012 betaal.

Inligting 6 op volgende bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               16                          DBE/November 2013
                                           NSS

6.      Die volgende finansiële aanwysers is vir die afgelope twee jaar bereken:
                                                                     2013        2012
        Netto wins na belasting op verkope                             ?        11,3%
        Bedryfsuitgawes op verkope                                   25%         32%
        Bedryfswins op verkope                                       22%        15,8%
        Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)              ?        15,2%
        Verdienste per aandeel (VPA)                                   ?        90 sent
        Dividende per aandeel (DPA)                                65 sent      82 sent
        Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend (OOTKA)           19,3%       15,2%
        Skuld-ekwiteit-verhouding                                      ?        0,7 : 1
        Rentekoers op geleende geld                                   8%          8%
        Netto batewaarde per aandeel (NBW)                         755 sent    667 sent
        Markwaarde per aandeel                                     840 sent    820 sent

7.      KONTANTVLOEISTAAT VIR JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2013

        KONTANTGEVOLGE VAN BEDRYFSAKTIWITEITE
             Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite
             Rente betaal                                                     (168 000)
             Inkomstebelasting betaal                                          A
             Dividende betaal                                                  B

        KONTANTGEVOLGE VAN BELEGGINGSAKTIWITEITE                              (314 000)
             Vaste bates aangekoop                                            (400 000)
             Opbrengs uit verkoop van vaste bates                                86 000

        KONTANTGEVOLGE VAN FINANSIERINGSAKTIWITEITE
             Opbrengste van aandele uitgereik                                  C
             Toename/Afname in lenings                                         D

        NETTO VERANDERING IN KONTANT EN -EKWIVALENTE                           E
        Kontant en kontantekwivalente aan begin van jaar                       F
        Kontant en kontantekwivalente aan einde van jaar                           78 000

8.      Die gepubliseerde jaarverslag het getoon dat die maatskappy geld aan die
        volgende spesiale programme gespandeer het.
        Program A:
        Skenking van R200 000 aan die plaaslike buurtwagkomitee om misdaad te
        bekamp
        Program B:
        Personeelopleiding ten bedrae van R200 000
                                                                                   60

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     17           DBE/November 2013
                                 NSS

                       LAAT HIERDIE
                      BLADSY BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  18                           DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 5: KONTANTBEGROTING                                          (40 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van die Debiteure-invorderingskedule en 'n uittreksel uit die
Kontantbegroting van Leboni Handelaars vir die drie maande geëindig 31 Maart 2014.
Die eienaar is Peter Leboni.

GEVRA:

5.1      Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
         slegs die woord(e) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         5.1.1       Die hoofdoel met die opstel van die Kontantbegroting is ...                    (2)

         5.1.2       EEN item in die Kontantbegroting wat nie in die Geprojekteerde
                     Inkomstestaat sal verskyn nie, is ...                                          (2)

         5.1.3       EEN item wat in 'n Geprojekteerde Inkomstestaat, maar nie in 'n
                     Kontantbegroting sal verskyn nie, is ...                                       (2)

5.2      Verwys na Inligting 1 tot 7 hieronder. Bereken die ontbrekende syfers in die
         Debiteure-invorderingskedule en die Kontantbegroting aangedui deur A tot H.                (22)

5.3      Verduidelik wat jy aan die einde van November aan Peter sal sê oor elk van
         die volgende items, en gee EEN punt van advies in ELKE geval:

             NOVEMBER 2013               BEGROOT             WERKLIK
             Telefoon                     R1 000              R5 500
             Diverse uitgawes             R3 000              R3 000
             Huurinkomste                 R6 500              R3 000                                (6)

5.4      Om verkope en die getal kliënte te verhoog, is Peter van plan om te adverteer
         dat die kredietperk vir al sy kredietkliënte tot R35 000 verhoog sal word en dat
         nuwe kliënte welkom is om gedurende April rekeninge oop te maak.

         Gee DRIE punte van advies aan Peter in hierdie verband.                                    (6)

INLIGTING:

1.       Verkope, aankope en koste van verkope:

         •      Totale verwagte verkope:
                                         2014
                    Januarie          Februarie            Maart
                    R500 000          R350 000           R300 000
         •      60% van verkope is op krediet, die res is vir kontant.
         •      Die besigheid gebruik altyd 'n winsopslag van 100% op kosprys.
         •      Voorraad word maandeliks vervang.
         •      20% van alle aankope is vir kontant, die res is op krediet.
         •      Krediteure word TWEE maande na die aankoop van voorraad betaal.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                19                            DBE/November 2013
                                            NSS

2.       Debiteure-invordering:

         Die kredietperk vir elke debiteur is R25 000. In die verlede het debiteure hulle
         rekeninge soos volg vereffen. Leboni Handelaars stel sy begroting op hierdie
         basis op:
         • 20% van debiteure betaal rekeninge in die maand van verkope om 'n
             5%-korting te ontvang.
         • 30% betaal in die 1ste maand na die verkoopsmaand (30 dae).
         • 40% betaal in die 2de maand (60 dae).
         • 10% word in die 3de maand afgeskryf.

3.       Debiteure-invorderingskedule:

                                                                2014
                                     Krediet-     Januarie     Februarie        Maart
                                     verkope
                                        R            R              R             R
                       November       345 000       138 000
          Werklike
                       Desember       480 000       144 000       192 000
                       Januarie       300 000        57 000        90 000         A
          Verwagte     Februarie      210 000                      39 900        63 000
                       Maart          180 000                                     B
                                                    339 000       321 900         C

4.       Uittreksel uit die Kontantbegroting:

                                                                2014
                                                Januarie      Februarie       Maart
                                                   R              R            R
          ONTVANGSTE:
          Kontantverkope                          200 000         D          120 000
          Ontvangste van debiteure                339 000        321 900        C
          Huurinkomste
          Lening van KZ Bank (12%)                400 000

          BETALINGS:
          Kontantaankope                           50 000         35 000        30 000
          Betalings aan krediteure                320 000        320 000        E
          Rente op lening                                          4 000        F
          Terugbetaling van lening                                40 000        40 000
          Lone                                     32 500         22 048        G
          Advertensies                             H               6 758         6 758
          Diverse uitgawes

          Kontantsaldo aan einde van
          maand                                   350 000        200 000       (50 000)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 20                          DBE/November 2013
                                             NSS

5.       Lening en rente op lening:

         Die rente op die lening en die maandelikse leningpaaiemente is betaalbaar
         aan die einde van elke maand. Rente word nie gekapitaliseer nie.

6.       Lone:

         •      In Januarie sal die besigheid vyf werknemers hê wat elk 'n weeklikse loon
                van R1 300 verdien.
         •      Al die werknemers word op Vrydae hulle lone betaal. Daar is vyf Vrydae
                in Januarie en vier Vrydae in Februarie en Maart 2014.
         •      Een werknemer sal op 31 Januarie 2014 bedank en die ander
                werknemers sal op hierdie datum 'n 6%-verhoging ontvang.
         •      Die besigheid beplan om nog twee personeellede teen dieselfde
                weeklikse loon as die ander op 1 Maart 2014 aan te stel.

7.       Advertensies:

         Die advertensiebegroting sal met 9% verhoog word met ingang van
         1 Februarie 2014.

                                                                                     40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                     21                          DBE/November 2013
                                                 NSS

VRAAG 6: VASTE BATES, VOORRAADWAARDASIE EN INTERNE BEHEER
                                        (55 punte; 35 minute)

6.1      VASTE BATES

         Jy word voorsien van besonderhede oor die vaste bates van Ulwazi Bpk.
         Die finansiële jaar eindig op 31 Maart 2013.

         GEVRA:

         6.1.1       Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur A, B en C in die
                     Vastebatenota hieronder.                                                        (9)

         6.1.2       Stel die Bateverkoperekening      op   vir   die    rekenaar    wat    op
                     31 Januarie 2013 verkoop is.                                                    (11)

         6.1.3       Jy is die interne ouditeur. Noem TWEE bekommernisse wat jy in
                     verband met die vaste bates teenoor die direksie sal uitspreek.
                     Verduidelik in ELKE geval waarom jy bekommerd is.                               (4)

         INLIGTING:

         1.          Vastebatenota:                    Grond en
                                                                        Toerusting    Voertuie
                                                       Geboue
                     Drawaarde (1 April 2012)          3 000 000           184 000         560 000
                     Kosprys                           3 000 000           258 000         780 000
                     Opgehoopte
                                                       (    -     )                    (220 000)
                     waardevermindering
                     Bewegings:
                     Toevoegings (kosprys)                                                 360 000
                     Verkope (drawaarde)                    A
                     Waardevermindering                                                     B
                     Drawaarde (31 March 2013)         2 100 000
                     Kosprys                           2 100 000           240 000    1 140 000
                     Opgehoopte
                                                       (    -     )                         C
                     waardevermindering

         2.          Onbenutte grond is teen kosprys vir kontant verkoop om die
                     kontantvloeiprobleme op te los. Hierdie eiendom is deur Pedoma (Edms.)
                     Bpk. aangekoop. Die meerderheidsaandeelhouer in hierdie maatskappy
                     is Betty Benson, die HUB se vrou.

Inligting 3 op volgende bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                22                           DBE/November 2013
                                            NSS

         3.          'n Rekenaar (toerusting) is op 31 Januarie 2013 aan die HUB, Ben
                     Benson, vir R800 kontant verkoop.

                     VASTEBATEREGISTER                                          E22189
                     Item:                        IT3-skootrekenaar
                     Kosprys:                     R18 000
                     Datum aangekoop:             1 Oktober 2010
                     Waardeverminderingskoers:    25% p.j. op kosprys

                                                           OPGEHOOPTE
                                          WAARDE-                             DRA-
                                                             WAARDE-
                                        VERMINDERING                         WAARDE
                                                          VERMINDERING
                     31 Maart 2011          R2 250            R2 250          R15 750
                     31 Maart 2012          R4 500            R6 750          R11 250
                     31 Januarie 2013         ?                 ?                ?

         4.          'n Nuwe voertuig wat R360 000 gekos het, is op 30 Junie 2012
                     aangekoop.

         5.          Waardevermindering op Voertuie word teen 20% p.j. op die
                     verminderendesaldo-metode afgeskryf.

6.2      VOORRAADWAARDASIE EN INTERNE BEHEER

         Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Fast Save Handelaars,
         waarvan Mohammed Khan die eienaar is. Die besigheid verkoop
         skoolhemde. Hulle finansiële jaar eindig op 31 Julie 2013. Die besigheid
         gebruik die EIEU (eerste in, eerste uit) -metode om voorraad te waardeer. Die
         periodieke voorraadstelsel word gebruik.

         6.2.1       Bereken die waarde van eindvoorraad volgens die EIEU-metode op
                     31 Julie 2013.                                                              (7)

         6.2.2       Bereken:
                     •   Winsopslagpersentasie (%) behaal op kosprys                             (4)
                     •   Voorraadhoudingstydperk (gebruik gemiddelde voorraad in jou
                         berekening)                                                             (4)

         6.2.3       Die besigheid mik na 'n 30%-winsopslag op kosprys.
                     As die interne ouditeur, wat sou jy ondersoek? Verduidelik. Noem
                     TWEE punte.                                                                 (4)

         6.2.4       Die voorraadhoudingstydperk was 30 dae vir 2012.
                     Behoort    Mohammed         tevrede   te     wees      met       die
                     voorraadhoudingstydperk vir 2013? Verduidelik.                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                23                      DBE/November 2013
                                            NSS

         INLIGTING:

         1.          Verkope en koste van verkope vir die jaar:

                                                              TOTAAL
                      Verkope (3 600 hemde teen R140 elk)      R504 000
                      Koste van verkope                        R415 500

         2.          Voorraad hemde:

                                          GETAL          PRYS PER
                                                                           TOTAAL
                                         EENHEDE         EENHEID
                     1 Augustus 2012       600             R80               R48 000
                     31 Julie 2013         970              ?                 ?

         3.          Aankope en terugsendings:

                                          GETAL          PRYS PER
                                                                           TOTAAL
                                         EENHEDE         EENHEID
                     Aankope:
                     12 Oktober 2012        750             R110             R82 500
                     18 Desember 2012      1 900            R130            R247 000
                     6 Maart 2013           680             R100             R68 000
                     24 Junie 2013          880             R120            R105 600
                                           4 210                            R503 100
                     Terugsendings:
                     7 Maart 2013           (60)            R100            (R6 000)
                     24 Junie 2013         (150)            R120           (R18 000)
                       NETTO TOTAAL        4 000                           R479 100

6.3      Sien volgende bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              24                         DBE/November 2013
                                          NSS

6.3      INTERNE BEHEER

         Sizwe Sibiya is die eienaar van drie drukkerswinkels wat elk deur 'n ander
         persoon bestuur word. Elke winkel het een hoëkapasiteit-drukker wat ontwerp
         is om 50 000 kopieë per maand te druk. Hulle vra R1,20 per kopie.

         GEVRA:

         Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke winkel, deur syfers aan te
         haal by die identifisering van elke probleem. In ELKE geval, gee vir Sizwe
         raad oor hoe om die probleem op te los.

         INLIGTING VIR OKTOBER 2013:

                                                 WINKEL 1 WINKEL 2 WINKEL 3
         Datum van aankoop van drukker              2007     2011     2012
         Naam van bestuurder                     Thandeka   Dludlu   Sipho
         Kosprys van drukker                      R30 000  R50 000  R70 000
         Opgehoopte waardevermindering            R29 999  R20 000  R14 000
         Getal kopieë gedruk en verkoop            70 000   50 000   20 000
         Getal bedorwe kopieë                       965      5 870     180
         Kontant van klante gedeponeer            R66 000  R60 000  R24 000
         Ink en ander verbruiksgoedere gebruik    R14 800  R19 500  R4 400
         Herstel en instandhouding                R4 000   R1 400     R200
         Ander maandelikse bedryfsuitgawes        R17 000  R17 000  R17 000               (9)

                                                                              55

                                                                           TOTAAL:        300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2017-eng/8b621382-03b3-4de1-b85b-4b5cfd60b6f2) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Accounting Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2016-afr/4b85ebe0-a2bd-4759-802a-1c1d3028494b) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [Accounting Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2012-eng/4fd5fa45-b9ef-4f7b-b498-e73cd6c83818) — Accounting · QP · 2012 · Eng
- [Accounting Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2012-afr/f418063e-28c8-4ade-8ef3-fbb294edf85f) — Accounting · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
