# Accounting Grade 12 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2014-afr/a330143c-3440-4b7e-ae24-46d1c1aa2ed2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2014-afr/a330143c-3440-4b7e-ae24-46d1c1aa2ed2)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 19 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               2                          DBE/November 2014
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

1.      Beantwoord AL die vrae.

2.      'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy ALLE vrae moet
        beantwoord.

3.      Toon bewerkings om deelpunte te verdien.

4.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.      Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   3                             DBE/November 2014
                                               NSS

    6.          Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel
                beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
                                    VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
      Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                      Finansiële rekeningkunde
                                        BTW-konsepte en berekeninge
      BTW, Voorraad en Etiek          Bestuur van hulpbronne
                                        Voorraadwaardasie: EIEU en geweegde gemiddelde
                                        Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing

                                    VRAAG 2: 30 punte; 20 minute
      Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                      Finansiële rekeningkunde
                                        Versoening van 'n Krediteuregrootboekrekening met
      Krediteureversoening en Interne   'n rekeningstaat
      Beheer                          Bestuur van hulpbronne
                                        Interne beheer en interne oudit
                                        Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing

                                     VRAAG 3: 65 punte; 40 minute
      Onderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                       Finansiële rekeningkunde
                                         Balansstaat en notas
      Finansiële State:                  Ontleding en vertolking van finansiële inligting
      Balansstaat, Vertolking en Etiek Bestuur van hulpbronne
                                         Professionele liggame en gedragskode
                                         Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing

                                    VRAAG 4: 75 punte; 45 minute
      Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                      Finansiële rekeningkunde
                                        Kontantvloeistaat
      Vaste bates, Kontantvloeistaat,
                                        Ontleding en vertolking van finansiële inligting
      Vertolking en Korporatiewe
                                      Bestuur van hulpbronne
      Bestuur
                                        Vertolk en doen verslag oor die bewegings van vaste
                                        bates

                                    VRAAG 5: 40 punte; 25 minute
      Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                      Bestuursrekeningkunde
      Kontantbegroting en Interne       Kontantbegroting – ontleding en vertolking
      Beheer                          Bestuur van hulpbronne
                                        Interne beheer en probleemoplossing

                                    VRAAG 6: 55 punte; 30 minute
      Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                      Bestuursrekeningkunde
                                        Produksiekostestaat en notas
                                        Ontleding en vertolking van eenheidskoste en
      Vervaardiging
                                        gelykbreekpunt
                                      Bestuur van hulpbronne
                                        Interne beheer en interne oudit

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                4                           DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 1: BTW, VOORRAAD EN ETIEK                                   (35 punte; 20 minute)

1.1      KONSEPTE

         GEVRA:

         1.1.1        Waarvoor staan die letters BTW?                                          (1)

         1.1.2        Watter BTW-koers word op noodsaaklikhede soos bruinbrood,
                      melk en vars groente gehef?                                              (1)

         1.1.3        Waarvoor staan die letters EIEU?                                         (1)

         1.1.4        Skryf die ontbrekende woord neer:

                      Die voorraadstelsel wat die opteken van die koste van verkope van
                      elke verkooptransaksie behels, is die … voorraadstelsel.                 (1)

1.2      BTW: SEBENZA HANDELAARS

         Die onderneming doen op 'n tweemaandelikse basis verslag van BTW.

         GEVRA:

         Bereken die finale bedrag betaalbaar aan SAID op 31 Julie 2014 (jy mag 'n
         BTW-kontrolerekening opstel om jou met jou berekeninge te help).                      (9)

         INLIGTING:

                                            BTW              BTW           BTW-
                                         INGESLUIT        UITGESLUIT      BEDRAG
          Saldo verskuldig deur
                                                                             R11 200
          SAID op 1 Julie 2014
          Kontant- en
                                          R1 026 000         R900 000       R126 000
          kredietverkoopfakture
          Aankoop van
                                            R627 000         R550 000        R77 000
          handelsvoorraad
          Foutiewe voorraad
          teruggestuur aan                    R2 223           R1 950             R273
          verskaffers
          Korting toegestaan aan
          debiteure vir spoedige                              R47 800         ?
          betaling
          Nuwe kantoorrekenaar op
                                             R10 830                          ?
          krediet aangekoop

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 5                          DBE/November 2014
                                             NSS

1.3      VOORRAADWAARDASIE: SMART UNIFORMS

         Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Smart Uniforms vir
         Junie 2014. Harry Mavuso is die eienaar van die onderneming. Hulle koop en
         verkoop skoolbaadjies. Die onderneming gebruik die geweegdegemiddelde-
         metode vir voorraadwaardasie en die periodieke voorraadstelsel.
         GEVRA:
         1.3.1       Bereken die totale bedrag betaal vir vraggeld op die aankope op
                     11 Junie 2014.                                                            (4)
         1.3.2       Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 Junie 2014 deur die
                     geweegdegemiddelde-metode te gebruik.                                     (8)
         1.3.3       Harry oorweeg 'n verandering in die voorraadwaardasie-metode. Die
                     waarde van eindvoorraad met die gebruik van die EIEU-metode sal
                     R20 850 hoër wees as die waarde met die gebruik van die
                     geweegdegemiddelde-metode.

                     • Verduidelik die uitwerking wat dit op die bruto wins sal hê.            (2)
                     • Gee EEN geldige rede vir en EEN geldige rede teen die
                       verandering van die voorraadwaardasie-metode.                           (4)

         1.3.4       Harry is bekommerd oor die beheer oor sy voorraad baadjies. Hy het
                     2 900 baadjies gedurende die jaar verkoop. Gee 'n berekening om
                     sy kommer te staaf.                                                       (4)

         INLIGTING:

         A.          Voorraadsaldo's:
                         Datum            Getal          Prys per      Totale koste
                                         eenhede         eenheid
                      1 Junie 2014         410            R190           R77 900
                      30 Junie 2014        580              ?               ?

         B.          Aankope gedurende die maand:
                           Datum           Getal        Prys   Vraggeld         Totale
                                         eenhede         per      op            koste
                                                       eenheid aankope
                      11 Junie 2014           1 600     R215       ?          R352 600
                      18 Junie 2014           1 210     R240      Nul         R290 400
                      26 Junie 2014            470      R265    R3 300        R127 850
                      Totale aankope          3 280                           R770 850
                      Terugsendings van
                                                5                              R1 200
                      18 Junie-aankope

                                                                                                35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 6                           DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 2: KREDITEUREVERSOENING EN INTERNE BEHEER
                                              (30 punte; 20 minute)
KZ Winkels koop goedere op krediet by Vallei Bpk.

GEVRA:

2.1     Die boekhouer, Litzie, sê dit is nie vir haar nodig om 'n Krediteure-versoeningstaat
        voor te berei nie, aangesien die krediteure in elk geval maandeliks 'n
        rekeningstaat aan die onderneming stuur. Wat sal jy vir haar sê? Noem TWEE
        punte.                                                                                   (4)

2.2     Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te toon hoe die relevante
        saldo's sal verander wanneer die krediteureversoening gedoen word. Dui die
        syfer asook 'n + vir toename en 'n – vir afname aan. Die eerste transaksie
        (Inligting A) is reeds vir jou gedoen.                                                   (16)

        INLIGTING:

        Die volgende saldo's word verskaf:

         In die rekening van Vallei Bpk. in die Krediteure-
                                                                  R112 820        Krediet
         grootboek van KZ Winkels op 30 September 2014:
         Op die rekeningstaat ontvang van Vallei Bpk. op
                                                                  R182 150         Debiet
         25 September 2014:

        Die volgende foute en weglatings is gedurende 'n ondersoek ontdek:

        A.   'n Betaling deur KZ Winkels van R9 000 is in die Krediteuregrootboek en op
             die rekeningstaat weggelaat.

        B.   'n Faktuur vir R87 500 vir goedere by Vallei Bpk. gekoop, is op die
             rekeningstaat aangedui, maar is nie deur KZ Winkels geboekstaaf nie.

        C.   'n Faktuur vir R28 000 ontvang van Vallei Bpk. is korrek deur KZ Winkels
             geboekstaaf. Die rekeningstaat toon die bedrag as R20 800.

        D.   KZ Winkels het 'n korting van R1 400 vir die vroeë betaling van hul rekening
             korrek geboekstaaf. Dit is nie op die rekeningstaat van Vallei Bpk. getoon
             nie.

        E.   Die rekeningstaat toon rente van R630 op die agterstallige rekening.
             Vallei Bpk. het erken dat 'n fout gemaak is en het belowe om die inskrywing
             in die Oktober 2014-rekeningstaat reg te stel.

        F.   'n Debietnota vir R2 100 wat aan Value BK uitgereik is, is foutiewelik in die
             rekening van Vallei Bpk. deur KZ Winkels geboekstaaf.

        G.   'n Kredietnota vir R5 250 ontvang van Vallei Bpk. vir goedere teruggestuur,
             is foutiewelik as 'n faktuur deur KZ Winkels geboekstaaf.

        H.   Goedere wat by Vallei Bpk. op 30 September 2014 vir R4 600 aangekoop is,
             is deur KZ Winkels geboekstaaf. Die rekeningstaat van Vallei Bpk. is
             gedateer 25 September 2014.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                7                         DBE/November 2014
                                            NSS

2.3      Verwys na Inligting B:
         As die interne ouditeur van KZ Winkels het jy ontdek dat slegs R50 000 van
         hierdie goedere deur die stoorman in die voorraadrekords geboekstaaf is. Die
         oorblywende goedere is privaat deur J van Wyk, 'n werknemer in beheer van
         krediteure, bestel.

         2.3.1        Verduidelik hoe daar teen J van Wyk opgetree behoort te word.
                      Noem TWEE punte.                                                       (4)

         2.3.2        Wat moet die onderneming doen om 'n soortgelyke insident in die
                      toekoms te voorkom? Verduidelik DRIE punte.                            (6)

                                                                                             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                8                             DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 3: BALANSSTAAT, VERTOLKING EN ETIEK                        (65 punte; 40 minute)

Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Vijay Beperk. Die finansiële jaareinde
is 28 Februarie 2014.

GEVRA:

3.1      Stel die volgende notas tot die Balansstaat op:

         3.1.1        Aandelekapitaal                                                             (9)
         3.1.2        Behoue inkomste                                                            (11)

3.2      Stel die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op 28 Februarie 2014 op.
         Waar notas nie gevra word nie, toon ALLE berekeninge tussen hakies.                     (26)

3.3      Bereken die opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang vir 2014.                        (5)

3.4      Van 2013 tot 2014 het die direkteure 'n doelbewuste besluit geneem om die
         beleid oor die verdeling van winste in die vorm van dividende te verander.
         Lewer kommentaar op hierdie verandering. Haal finansiële aanwysers of
         syfers aan om jou antwoord te staaf.                                                    (4)

3.5      Lewer kommentaar daarop of die aandeelhouers tevrede behoort te wees met
         die persentasie opbrengs en die markprys van hulle aandele. Haal TWEE
         relevante finansiële aanwysers aan (werklike syfers/verhoudings/
         persentasies) en hul neigings. Gee in elke geval addisionele kommentaar.                (6)

3.6      Die eksterne ouditeure, Hassan en Jacob, het Janet in diens geneem om aan
         die oudit van Vijay Bpk. te werk. Janet besit 10 000 aandele in Vijay Beperk.

         Verduidelik waarom dit 'n probleem is en gee 'n geldige oplossing.                      (4)
INLIGTING:
A.    Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 750 000 gewone aandele.
      Op 1 Maart 2013 is slegs 60% van die aandele uitgereik.
B.    Die volgende bedrae is uit die rekords geneem:
                                                           28 Feb. 2014     28 Feb. 2013
      Gewone aandelekapitaal                                    ?               3 215 000
      Behoue inkomste                                           ?                 322 500
      Totale gewone aandeelhouersbelang                         ?               3 537 500
      Vaste bates (drawaarde)                                   ?
      Vaste deposito: Sam Bank                                  650 000
      Lening: William Bank                                      482 600
      Voorrade                                                  275 400
      Debiteurekontrole                                         243 500
      Krediteurekontrole                                         62 460
      Kontant in die bank en kleinkas                           336 600
      Vooruitontvange inkomste (Huur)                            12 120
      Vooruitbetaalde uitgawes (Versekering)                       7 600
      Voorlopige inkomstebelasting-betalings                    299 980
      Tussentydse dividende op 31 Aug. 2014 betaal              270 000

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              9                          DBE/November 2014
                                          NSS

C.      Op 1 November 2013 het die maatskappy 'n verdere 80 000 aandele teen
        R9,50 per aandeel uitgereik.

D.      Op 28 Februarie 2014 het die direkteure besluit om 75 000 gewone aandele
        terug te koop uit die boedel van 'n aandeelhouer wat oorlede is. Hierdie
        aandeelhouer het oorspronklik sy aandele op die JEB op verskillende tye en
        teen verskillende pryse gekoop. 'n Terugkoopprys van R10,40 is as 'n billike
        prys aanvaar.

E.      Op 27 Februarie 2014 is 'n finale dividend van 40 sent per aandeel verklaar.
        Alle aandele, wat die nuwe uitgereikte aandele asook die teruggekoopte
        aandele insluit, kwalifiseer vir finale dividende.

F.      Die leningstaat van William Bank wat op 28 Februarie 2014 ontvang is, toon
        rente gekapitaliseer teen R81 400. Dit is nie in die boeke opgeteken nie. Die
        onderneming verwag om 20% van die uitstaande saldo in die volgende
        finansiële jaar te vereffen.

G.      Nadat al die aansuiwerings hierbo in ag geneem is, is die netto wins voor
        belasting bereken as R1 161 000. Die inkomstebelasting word teen 30% van
        netto inkomste voor belasting bereken.

H.      Finansiële aanwysers op 28 Februarie:           2014             2013
        Verdienste per aandeel (VPA)                   170 sent         82 sent
        Dividende per aandeel (DPA)                    100 sent         82 sent
        Netto batewaarde (NBW)                         846 sent         786 sent
        Opbrengs      op    aandeelhouersbelang
                                                          ?              18,3%
        (OOAB)

I.      Addisionele inligting:                           2014             2013
        Markprys van Vijay Bpk.-aandele op JEB        1 032 sent       1 060 sent
        Rentekoers op alternatiewe beleggings             9%               9%

                                                                                            65

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               10                          DBE/November 2014
                                           NSS

VRAAG 4:             VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT: VERTOLKING EN
                     KORPORATIEWE BESTUUR           (75 punte; 45 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Meteoor Supermarkte Beperk,
'n publieke maatskappy. Die einde van die finansiële jaar is 28 Februarie 2014.

GEVRA:

4.1      Verwys na Inligting E:

         Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur a, b en c) in die
         Vaste/Tasbarebate-nota vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014.                       (12)

4.2      Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014.
         Sommige van die besonderhede en syfers is reeds in die
         ANTWOORDEBOEK aangebring. Toon bewerkings tussen hakies.                              (31)

4.3      By die AJV het 'n aandeelhouer gesê dat die Kontantvloeistaat swak besluite
         deur die direkteure toon.

         Verduidelik TWEE punte, met relevante syfers, om sy mening te staaf.                  (4)

4.4      Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
         28 Februarie 2014:

         4.4.1        Netto batewaarde per aandeel                                             (3)
         4.4.2        Skuld-ekwiteit-verhouding                                                (3)

4.5      Lewer kommentaar op die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal DRIE
         relevante finansiële aanwysers (werklike syfers/verhoudings/persentasies) en
         hulle neigings aan.                                                                   (9)

4.6      Die direkteure het besluit om die lening gedurende die huidige finansiële jaar
         te verhoog. Haal TWEE finansiële aanwysers (werklike syfers/verhoudings/
         persentasies) aan wat relevant is tot hul besluitneming. Verduidelik waarom
         dit 'n goeie besluit was, of nie.                                                     (8)

4.7      Die Bakker-familie besit 740 000 aandele in hierdie maatskappy. Verduidelik
         die uitwerking wat die terugkoop van aandele op 31 Desember 2013 op hul
         beheer oor die maatskappy gehad het. Gee 'n berekening(e) om jou antwoord
         te staaf.                                                                             (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                              11                         DBE/November 2014
                                          NSS

INLIGTING:

A.       Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014:
         Rente op lening (alles gekapitaliseer)                     88 500
         Netto wins voor belasting                               1 575 000
         Inkomstebelasting                                         441 000

B.       Uittreksel uit die Balansstaat soos op:
                                             28 Feb. 2014    28 Feb. 2013
         Bedryfsbates                            3 337 300      4 641 000
         Voorrade                                  818 200        641 000
         Handelsdebiteure                        2 377 600      1 512 000
         SAID: Inkomstebelasting                   128 000               -
         Kontant en kontantekwivalente              13 500      2 488 000

         Aandeelhouersbelang                    8 839 000       7 400 000
         Gewone aandelekapitaal                 8 700 000       6 600 000
         Behoue inkomste                          139 000         800 000

         Verbandlening: Excel Bank
                                                  908 000         508 000
         (rentekoers: 12,5% p.j.)

         Bedryfslaste                           2 063 700       1 302 000
         Handelskrediteure                        678 700         700 000
         Aandeelhouers vir dividende              870 000         480 000
         Oortrokke bankrekening                   515 000               -
         SAID: Inkomstebelasting                        -         122 000

C.       Aandeelhouersregister:
              DATUM                     BESONDERHEDE
         1 Maart 2013      1 200 000 uitgereikte aandele
         31 Maart 2013     300 000 aandele uitgereik teen R8 elk
         31 Desember 2013 Die maatskappy het 50 000 aandele, teen
                           R9,50 elk, by 'n ontevrede aandeelhouer,
                           S Smit, teruggekoop. Die gemiddelde prys
                           van alle aandele tot op datum uitgereik, was
                           R6 per aandeel.
         28 Februarie 2014 1 450 000 uitgereikte aandele

D.       Dividende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2014:
         Tussentydse dividende op 31 Augustus 2013 betaal       R750 000
         Finale dividende op 28 Februarie 2014 verklaar         R870 000

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                12                             DBE/November 2014
                                            NSS

E.       Vaste/Tasbare bates:
                                                  GROND EN           VOERTUIE
                                                   GEBOUE
         Drawaarde aan die begin van die            2 689 000          1 880 000
         finansiële jaar
            Kosprys                                 2 689 000          3 250 000
            Opgehoopte waardevermindering             -              (1 370 000)
         Bewegings
               Toevoegings teen kosprys               a                    330 000
               Bateverkope teen drawaarde             -                    b
               Waardevermindering                     -                    c
         Drawaarde aan die einde van die            6 740 000
         finansiële jaar
            Kosprys                                 6 740 000          3 440 000
            Opgehoopte waardevermindering             -

         Addisionele inligting in terme van vaste/tasbare bates:

         (i)      'n Voertuig is op 31 Mei 2013 teen drawaarde vir kontant verkoop. Die
                  volgende uittreksel van die voertuig wat verkoop is, is uit die
                  Vastebateregister geneem:
                  Kosprys: R140 000                       Datum aangekoop: 1 Maart 2012
                  Waardeverminderingskoers: 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode
                       FINANSIËLE         WAARDE-                  OPGEHOOPTE
                       JAAREINDE        VERMINDERING            WAARDEVERMINDERING
                    28 Februarie 2013      28 000                     28 000
                    31 Mei 2013             5 600                     33 600

         (ii)     'n Nuwe voertuig, wat R330 000 gekos het, is op 1 Januarie 2014
                  aangekoop en per tjek betaal.
         (iii)    Waardevermindering op voertuie word afgeskryf teen 20% p.j. volgens
                  die verminderdesaldo-metode.
         (iv)     Nuwe perseel (grond en geboue) is gedurende die finansiële jaar
                  bekom.

F.       Finansiële aanwysers:
                                                          28 Feb. 2014         28 Feb. 2013
         Skuld-ekwiteit-verhouding                              ?                  0,1 : 1
         Netto batewaarde per aandeel (NBA)                     ?                617 sent
         Bedryfsverhouding                                    1,6 : 1              3,6 : 1
         Vuurproefverhouding                                  1,2 : 1              3,1 : 1
         Voorraadomsetsnelheid                             6,8 keer p.j.        5,1 keer p.j.
         Debiteure-invorderingstermyn                        40 dae               35 dae
         % opbrengs op gemiddelde kapitaal
                                                             18,8%                   16,4%
         aangewend

                                                                                                  75
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     13           DBE/November 2014
                                 NSS

                     HOU HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                14                        DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 5: KONTANTBEGROTING EN INTERNE BEHEER                    (40 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Martin se Gesondheidswinkel.
Die onderneming verkoop 'n gesondheidsdrankie wat 'n raklewe van twee maande het.
Die finansiële jaar van die besigheid eindig op 30 September 2014. Die
nuutaangestelde boekhouer het 'n begroting vir die drie maande geëindig
31 Desember 2014 opgestel. Die Kontantbegroting wat hy voorgelê het, is nie
heeltemal korrek nie.

GEVRA:

5.1      Verwys na Inligting C:

         Noem VIER items wat nie in hierdie Kontantbegroting geplaas moes gewees
         het nie.                                                                             (4)

5.2      Voltooi die Krediteurebetalingskedule vir die tydperk Oktober tot
         Desember 2014 deur die bedrae wat deur 'n asterisk (*) aangedui word, te
         bereken.                                                                             (9)

5.3      Met verwysing na die opgestelde begroting, bereken die volgende:

         5.3.1        Die totale verkope vir September 2014                                   (3)
         5.3.2        Die persentasie verhoging in huurinkomste in Desember 2014              (3)
         5.3.3        Die salarisse-en-lone-bedrag vir Desember 2014                          (3)
         5.3.4        Die rentekoers op die lening                                            (4)

5.4      Beantwoord die volgende vrae.

         5.4.1        Bereken die tydperk waarvoor daar genoeg voorraad voorhande is
                      (in dae) op 30 September 2014. Verduidelik of dit vir hierdie
                      onderneming geskik is.                                                  (6)

         5.4.2        Bereken die winsopslagpersentasie behaal vir die jaar geëindig
                      30 September 2014.                                                      (4)

         5.4.3        Lewer kommentaar daarop of die verandering in die winsopslag-
                      persentasie die onderneming bevoordeel het of nie. Gee 'n
                      berekening(e) om jou mening te staaf.                                   (4)

INLIGTING:

A.       Syfers onttrek uit die finansiële state op 30 September 2013 en 2014:
                                                           2014             2013
         Verkope                                        1 780 600        1 680 000
         Koste van verkope                              1 228 000            ?
         Winsopslag %                                       ?               60%

B.       Dit is die onderneming se beleid om 'n voorraadvlak van R250 000 elke
         maand te handhaaf. Voorraad wat elke maand verkoop word, word dieselfde
         maand vervang.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               15                           DBE/November 2014
                                           NSS

C.       KONTANTBEGROTING DEUR DIE BOEKHOUER OPGESTEL VIR DIE
         TYDPERK GEËINDIG 31 DESEMBER 2014:
         KONTANTONTVANGSTE        OKTOBER     NOVEMBER DESEMBER
         Kontantverkope              238 000     212 500  221 000
         Ontvangste van debiteure     40 500      42 000   37 500
         Lening: Mali Bank            -           -       150 000
         Korting ontvang                1 350       1 400   1 400
         Huurinkomste                   8 000       8 000   9 000
                                     287 850     263 900  418 900
         KONTANTBETALINGS
         Totale koste van verkope                185 000       170 000         175 000
         Kontantaankope van voorraad             111 000       102 000         105 000
         Oninbare skulde                             400           400              400
         Salarisse en lone                        46 000        46 000        5.3.3
         Rente op lening                               -             -            1 125
         Waardevermindering op
                                                   8 200         8 200            8 200
         toerusting
         Diverse kontantuitgawes                  18 000        18 900          ?
                                                 368 600       345 500         358 500
         Kontantsurplus/-tekort                  (80 750)     (81 600)          60 400
         Bank (beginsaldo)                         45 000     (35 750)       (117 350)
         Bank (eindsaldo)                        (35 750)    (117 350)        (56 950)

D.       Kredietverkope beloop 15% van totale verkope. Daar word van debiteure
         verwag dat hulle hul skuld ten volle in die maand wat op die verkope volg, sal
         betaal.

E.       40% van alle handelsvoorraad is op krediet aangekoop.

F.       Krediteure laat 60 dae krediet toe, maar betalings binne die maand van
         aankope ontvang 5% korting. Op grond van vorige ondervinding, betaal die
         onderneming soos volg:

         •      10% binne die maand van aankope
         •      75% in die maand wat op die maand van aankope volg
         •      15% in die tweede maand wat op die maand van aankope volg

G.       Die lening sal op 1 Desember 2014 ontvang word.

H.       Die vakbond het 'n verhoging van 8,5% in salarisse en lone onderhandel.
         Dit sal eers van 1 Desember 2014 in werking wees.
                                                                                               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Rekeningkunde                                    16                          DBE/November 2014
                                                 NSS

VRAAG 6: VERVAARDIGING                                              (55 punte; 30 minute)

6.1   BRIAN SE BRELLIES
      Brian Jonas is die eienaar van Brian se Brellies, 'n onderneming wat sambrele
      vervaardig. Die finansiële jaar eindig op 31 Julie 2014.
      GEVRA:
      6.1.1       Verwys na Inligting C: Bereken die direkte-arbeidskoste.                           (5)
      6.1.2       Verwys na Inligting D: Stel die korrekte nota vir fabrieksbokoste op.              (19)
      6.1.3       Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Julie 2014 op.               (10)
      INLIGTING:

      A.           VOORRAADSALDO'S                     31 JULIE 2014   1 AUGUSTUS 2013
              Grondstofvoorraad                               R124 400         R98 780
              Goedere-in-bewerking-voorraad                    R42 600         R37 600
              Indirekte materiaal                               R3 600          R4 400

      B.      Grondstof aan fabriek uitgereik vir produksie: R623 700
      C.      Drie werkers is in die produksie-afdeling in diens. Hulle werk elk 1 920 uur
              gewone tyd per jaar teen R95 per uur. In Desember 2013 het elke
              fabriekswerker 'n bonus van 12% van sy jaarlikse verdienste ontvang.
      D.      Die boekhouer het die volgende fabrieksbokosteberekening aangebied:
              Diverse fabrieksuitgawes                      30 975
              Indirekte materiaal                           52 200
              Huuruitgawe                                  117 000
              Advertensies                                  10 500
              Versekering                                   16 640
              Salaris van fabrieksvoorman                   97 150
              Water en elektrisiteit                        20 010
              TOTAAL                                       344 475

              Die volgende foute is opgemerk:
              •   Voorrade van fabrieks- indirekte materiaal is nie in berekening gebring om
                  die indirekte materiaal wat gebruik is, te bereken nie.
              •   Die bedrag vir huuruitgawe is die totale bedrag betaal. Huur behoort
                  tussen die fabriek-, verkoops- en administrasieafdelings in die verhouding
                  5 : 2 : 1 verdeel te word.
              •   Die bedrag vir versekering is die totale bedrag betaal. Dit sluit die
                  Augustus 2014-premie in. Slegs 75% van hierdie uitgawe is op die fabriek
                  van toepassing. Daar was geen verhoging in die maandelikse premies nie.
              •   Die fabrieksvoorman was op betaalde verlof in Julie 2014. Sy salaris vir
                  Julie 2014 is nie verwerk nie. Die fabrieksvoorman het 'n maandelikse
                  salarisverhoging van R900 ontvang met ingang van 1 Junie 2014.
              •   60% van die water-en-elektrisiteitskoste is aan die fabriek toegedeel,
                  terwyl dit 80% moes gewees het.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  17                     DBE/November 2014
                                              NSS

6.2     BEN SE SPYSENIERING

        Ben Khulamo besit 'n klein onderneming wat pasteie en oliebolle ('doughnuts')
        produseer wat hy aan plaaslike skoolsnoepwinkels verskaf.

        Waar kommentaar/verduidelikings hieronder vereis word, haal               syfers,
        eenheidskoste of finansiële aanwysers aan om jou menings te staaf.

        GEVRA:

        6.2.1   Identifiseer EEN eenheidskoste vir oliebolle en TWEE eenheidskoste vir
                pasteie wat groot probleme in 2014 was, en neem in ag dat die
                inflasiekoers 5% was. Vir elke eenheidskoste geïdentifiseer, gee 'n
                moontlike oorsaak van die probleem en gee raad oor hoe om dit reg te
                stel.                                                                       (12)

        6.2.2   Ben meen dat hy meer oliebolle kan produseer en verkoop. Bereken die
                getal ekstra oliebolle wat hy moet produseer en verkoop om 'n
                addisionele wins van R15 000 te maak. Aanvaar dat die eenheidskoste
                en verkoopsprys vir 2014 onveranderd sal bly.                                   (4)

        6.2.3   Ben is bekommerd oor die finansiële prestasie van sy besigheid en oor
                die feit dat 'n nuwe mededinger in die gebied oopgemaak het.

                •    Noem die produk wat negatief deur die nuwe mededinger beïnvloed
                     is.
                •    Lewer kommentaar op hoe dit 'n uitwerking op die netto wins op
                     hierdie produk sou gehad het.                                              (5)

                                                  OLIEBOLLE              PASTEIE
                INLIGTING
                                                2014     2013         2014     2013
Totale getal eenhede geproduseer & verkoop      55 000      51 000     35 000         44 000
                                                eenhede     eenhede    eenhede        eenhede
Gelykbreekpunt (eenhede)                        21 667      24 074     38 095         18 519
                                                eenhede     eenhede    eenhede        eenhede

Ben se verkoopsprys per eenheid                     R8,00    R7,00    R12,50          R12,00
Verkoopsprys van die mededinger                     R8,60        -    R12,50               -

VERANDERLIKE KOSTE PER EENHEID                      R5,00    R4,30      R8,30          R5,85
Direkte materiaalkoste per eenheid                  R1,95    R2,05      R5,05          R2,20
Direkte arbeidskoste per eenheid                    R1,90    R1,55      R2,20          R2,60
Verkoops- en verspreidingskoste per eenheid         R1,15    R0,70      R1,05          R1,05

VASTE KOSTE PER EENHEID                             R1,18    R1,27      R4,57          R3,64
Fabrieksbokoste per eenheid                         R0,67    R0,78      R3,38          R2,50
Administrasiekoste per eenheid                      R0,51    R0,49      R1,19          R1,14

                                                                                                55

                                                                                 TOTAAL:    300
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting Nov 2014 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2014-answer-book-afr/2ee1a360-1246-4e7c-8ba2-c5b341079807) — Accounting · Addendum · 2014 · Afr
- [Accounting Feb-March 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-feb-march-2014-eng/4ff45f75-aaa3-47fc-9a91-1b59a042682b) — Accounting · QP · 2014 · Eng
- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2017-eng/8b621382-03b3-4de1-b85b-4b5cfd60b6f2) — Accounting · QP · 2017 · Eng
- [Accounting Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2016-afr/4b85ebe0-a2bd-4759-802a-1c1d3028494b) — Accounting · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
