# Accounting Grade 12 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2015-afr/d7fd348c-e631-4247-b059-64a5c13944a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 NSC November 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2015-afr/d7fd348c-e631-4247-b059-64a5c13944a7)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               REKENINGKUNDE

                                NOVEMBER 2015

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 15 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               2                          DBE/November 2015
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.       Waar van toepassing moet alle bewerkings tot EEN desimale punt bereken
         word.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                               3                          DBE/November 2015
                                           NSS

7.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

                             VRAAG 1: 40 punte; 25 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Finansiële rekeningkunde
                                     Bankversoening
         Versoening en
                                     Debiteure-ouderdomsontleding
         Ouderdomsontleding
                                   Bestuur van hulpbronne
                                     Interne beheer

                             VRAAG 2: 50 punte; 30 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Bestuur van hulpbronne
         Voorraadstelsels en
                                    Voorraadwaardasie
         Waardasie
                                    Interne beheer

                              VRAAG 3: 60 punte; 35 minute
         Onderwerp van die vraag:     Hierdie vraag integreer:
                                      Finansiële rekeningkunde
                                       Inkomstestaat
         Maatskappy- Finansiële State
                                       Balansstaat en notas
         en Ouditverslag
                                       Ouditverslag
                                      Bestuur van hulpbronne
                                       Etiek

                              VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
         Onderwerp van die vraag:   Hierdie vraag integreer:
                                    Finansiële rekeningkunde
                                     Kontantvloeistaat
         Kontantvloeistaat en
                                     Vertolking van finansiële inligting
         Vertolking
                                    Bestuur van hulpbronne
                                     Interne beheer

                             VRAAG 5: 50 punte; 30 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Bestuursrekeningkunde
         Kontantbegroting en        Ontleed en vertolk 'n Kontantbegroting
         Geprojekteerde             Geprojekteerde Inkomstestaat
         Inkomstestaat             Bestuur van hulpbronne
                                    Interne beheer

                             VRAAG 6: 35 punte; 20 minute
         Onderwerp van die vraag:  Hierdie vraag integreer:
                                   Bestuursrekeningkunde
                                    Produksiekostestaat
         Kosteberekening            Ontleding en vertolking van gelykbreekpunt
                                   Bestuur van hulpbronne
                                    Interne beheer

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  4                           DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 1: VERSOENING EN OUDERDOMSONTLEDING                           (40 punte; 25 minute)
1.1   BANKVERSOENING EN INTERNE BEHEER
      Die inligting hieronder het betrekking op Eureka Handelaars.
      GEVRA:
      1.1.1          Bereken die korrekte banksaldo op 30 Junie 2015.                                 (13)
      1.1.2          Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2015 op.                                (8)
      1.1.3          Verwys na Inligting E.
                     Identifiseer TWEE verskillende probleme met bewyse. Gee raad vir
                     ELKE probleem.                                                                   (6)
      INLIGTING:
      A.      Die volgende Bankversoeningstaat is op 31 Mei 2015 voorberei:
              Saldo volgens Bankstaat (ongunstig)                                       (R13 000)
              Uitstaande deposito                                                          30 000
              Uitstaande tjeks:
              Nr. 614 (gedateer 20 Desember 2014)       Donasie                           (10 500)
              Nr. 958 (gedateer 25 Mei 2015)            Voorraad                           (7 900)
              Nr. 962 (gedateer 30 Julie 2015)          Betaling van rekening              (4 500)
              Regstel van fout                                                               3 600
              Saldo volgens bankrekening (ongunstig)                                       (2 300)
      LET WEL:         • Die deposito van R30 000 het op 14 Junie 2015 op die Bankstaat
                         verskyn.
                       • Die fout van R3 600 is op 10 Junie 2015 deur die bank reggestel.
                       • Tjeknr. 958, in Mei 2015 uitgereik, is op die Bankstaat vir Junie
                         as R9 700 getoon. Die Bankstaat is korrek. Die ander uitstaande
                         tjeks is nie aan die bank getoon nie.
      B.      Voorlopige totale op 30 Junie 2015: KOJ: R87 220; KBJ: R74 860
      C.      Die Bankstaat vir Junie 2015 het die volgende getoon:
              • Direkte deposito vir huurinkomste van die huurder, R21 000
              • Aftrekorder vir versekering, R6 500
              • V/T-tjek vir R2 250 oorspronklik van F Mnisi ontvang ter betaling van sy
                 skuld van R2 300
              • Bankkoste, R210
              • Saldo volgens Bankstaat, ?
      D.      Die volgende tjeks het in die Kontantbetalingsjoernaal verskyn, maar nie op
              die Bankstaat vir Junie 2015 nie:
              • Nr. 982 vir R2 200
              • Nr. 986 vir R1 400 (gedateer 28 Julie 2015)
      E.      Die boekhouer het die volgende inskrywing in die Junie 2015 KOJ gemaak:
                  Dok.         Datum Besonderhede      Ontleding         Bank          Verkope
                KS371–402       30   Kontant            18 500          18 500          18 500

              Dit is op 15 Julie 2015 deur die bank aangeteken. Die interne ouditeur het
              opgemerk dat kontantstrokies, KS371–402, se totaal eintlik R25 500 was.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  5                            DBE/November 2015
                                              NSS

1.2     DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING

        Die inligting hieronder het betrekking op Max Sportdrag.

        GEVRA:

        1.2.1        Verwys na Inligting B.
                     As die interne ouditeur, watter kommer sal jy oor Susan se
                     posbeskrywing hê? Verduidelik.                                                (2)

        1.2.2        Identifiseer TWEE debiteure wat hulle kredietlimiete kan laat
                     verhoog.                                                                      (2)

        1.2.3        Verduidelik DRIE verskillende probleme soos aangegee in die
                     Debiteure-ouderdomsontleding. Gee bewyse.                                     (9)

        INLIGTING:

        A.      Die onderneming verkoop 80% van hulle voorraad op krediet. Daar word
                van debiteure verwag om hulle rekeninge te vereffen teen die einde van
                die maand wat op die verkoopstransaksie-maand volg.

        B.      Susan, die boekhouer, reik fakture en kredietnotas uit en ontvang kontant
                van debiteure.

        C.      Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Augustus 2015:

                       KREDIET-      BEDRAG         HUIDIGE
      DEBITEURE                                                  30 DAE      60 DAE      90 DAE
                        LIMIET     VERSKULDIG       MAAND
      S Muller           R10 000        R12 000        R1 800      R4 200     R2 400      R3 600
      L Ndlovu            R5 800         R5 000        R3 100                 R1 900
      P Pillay            R3 500         R3 200        R3 200
      B Vasco             R5 000         R5 000                    R2 600     R1 600        R800
      C Crooks            R4 500         R4 100        R3 500       R600
      R Aucamp            R1 500         R1 400         R500                               R900
                                        R30 700       R12 100      R7 400     R5 900      R5 300
                                       100%            39%         24%        19%         18%

                                                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   6                            DBE/November 2015
                                               NSS

VRAAG 2: VOORRAADSTELSELS EN WAARDASIE                             (50 punte; 30 minute)

2.1   VOORRAADWAARDASIE

      Josy    Modes       gebruik    die    periodieke voorraadstelsel            en    die
      geweegdegemiddelde-metode om voorraad van baadjies te                       waardeer.
      Josy Arrakal is die eienaar van die besigheid.

      GEVRA:

      2.1.1          Verduidelik die verskil tussen die deurlopende voorraadstelsel en die
                     periodieke voorraadstelsel.                                                    (2)

      2.1.2          Bereken die waarde van die voorraad voorhande op
                     28 Februarie 2015 deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik.               (9)

      2.1.3          Bereken hoe lank (in dae) dit sal neem om die eindvoorraad van
                     650 baadjies te verkoop. Gebruik die eindvoorraad in jou berekening.           (5)

      2.1.4          Josy oorweeg dit om van voorraadwaardasie-metode te verander.

                     • Bereken die waarde van eindvoorraad deur die EIEU-metode te
                       gebruik.                                                                     (6)

                     • Gee EEN rede ten gunste van en EEN rede teen die verandering
                       na die EIEU-metode.                                                          (4)

      INLIGTING:

      Rekords van baadjies vir die jaar geëindig 30 Junie 2015:

                                                             EENHEIDS-
                                                EENHEDE                         TOTAAL
                                                               PRYS
      Beginvoorraad (1 Maart 2014)                     300       R1 156         R346 800
      Aankope                                        3 230                     R3 686 400
            April 2014                               1 400         R1 050      R1 470 000
            Julie 2014                               1 320         R1 200      R1 584 000
            November 2014                              510         R1 240       R632 400
      Subtotaal                                          ?                     R4 033 200
      Goedere teruggestuur                             150               ?              ?
      (van Julie-aankope)
      Verkope                                        2 730         R1 425      R3 890 250
      Eindvoorraad (28 Februarie 2015)                 650              ?               ?

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   7                          DBE/November 2015
                                               NSS

2.2   INTERNE BEHEER

      Josy Modes verkoop ook hemde en denimbroeke.

      GEVRA:

      2.2.1          Bereken die getal hemde wat gesteel is. Gee TWEE punte van
                     advies.                                                                      (9)

      2.2.2          Lewer kommentaar op die voorraadhoudingstydperk van ELKE
                     produk en verduidelik hoe dit die onderneming sal raak. Haal syfers
                     aan.                                                                         (9)

      2.2.3          Josy is onseker of sy die regte pryse vir haar produkte vra. Gee haar
                     advies oor ELKE produk. Haal syfers aan.                                     (6)

      INLIGTING:

      Opsomming vir die jaar geëindig 30 Junie 2015:
                                         BAADJIES          HEMDE       DENIMBROEKE
                                        (EENHEDE)        (EENHEDE)      (EENHEDE)
      Getal eenhede verkoop                   2 730            7 200            320
      Beginvoorraad                             300              400              0
      Eindvoorraad                              650              270            280
      Aankope (min terugsendings)             3 080            7 380            600

      Geweegdegemiddelde-koste
                                           Sien 2.1.2.          R150               R500
      per eenheid
      Verkoopprys per eenheid                 R1 425           R310               R850
      Voorraadhoudingstydperk              Sien 2.1.3.        14 dae            319 dae

                                                                                                  50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                    8                         DBE/November 2015
                                                NSS

VRAAG 3: MAATSKAPPY- FINANSIËLE STATE EN OUDITVERSLAG
                                               (60 punte; 35 minute)

3.1   PRIDONA BEPERK

      Die volgende inligting het betrekking op Pridona Beperk. Die finansiële jaar het
      op 30 Junie 2015 geëindig. Die onderneming gebruik die deurlopende
      voorraadstelsel.

      GEVRA:

      3.1.1           Verwys na Inligting B.
                      Bereken die korrekte netto wins na belasting vir die jaar geëindig
                      30 Junie 2015. Dui 'n + vir toename en 'n – vir afname aan.                 (13)

      3.1.2           Stel die Behoue-inkomste-nota op 30 Junie 2015 op.                          (11)

      3.1.3           Stel die Balansstaat op 30 Junie 2015 op. Waar notas NIE gevra
                      word NIE, moet bewerkings getoon word.                                      (30)

      INLIGTING:

      A.      Lys van saldo's/totale op 30 Junie 2015:

              BALANSSTAATREKENINGE-AFDELING
              Gewone aandelekapitaal                                     R5 600 000
              Behoue inkomste (1 Julie 2014)                              2 700 000
              Verbandlening: Custom Bank                                    262 200
              Vaste bates                                                 8 950 000
              Handelsvoorraad                                               203 200
              Debiteurekontrole                                             316 000
              Voorsiening vir oninbare skulde (1 Julie 2014)                 11 400
              Kontant en kontantekwivalente (balanseersyfer)                      ?
              SAID: Inkomstebelasting (voorlopigebelasting-betalings)       725 000
              Inkomste ontvangbaar (opgeloop)                                 5 200
              Krediteurekontrole                                            261 000

      B.      Netto wins voor belasting van R2 493 600 is bepaal VOOR die volgende
              inligting in berekening gebring is:

              (i)     Handelsvoorraad op 30 Junie 2015 is op R191 900 gewaardeer.

              (ii)    Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R9 000 aangesuiwer word.

              (iii)   Huur vir Julie 2015, R2 800, is vooruit ontvang.

              (iv)    'n Jaarlikse versekeringspremie van R6 000 is vir die tydperk
                      1 April 2015 tot 31 Maart 2016 betaal.

              (v)     Die ouditeur het gevind dat die wins op die verkoop van 'n voertuig,
                      R6 800, foutiewelik as 'n verlies getoon is.

              (vi)    Inkomstebelasting vir die jaar beloop R750 000.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  9                         DBE/November 2015
                                              NSS

      C.    Dividende en aandele:

            (i)    Tussentydse dividende van R600 000 is op 31 Desember 2014
                   betaal.

            (ii)   Die direkteure het op 30 Junie 2015 'n finale dividend van 22 sent
                   per aandeel verklaar op al die aandele tot op datum uitgereik.
                   Aandele wat op 31 Mei 2015 teruggekoop is, kwalifiseer nie vir finale
                   dividende nie.

            (iii) Aandelekapitaal:

                     1 Julie 2014       3 000 000 aandele is uitgereik (R3 900 000)
                     15 Augustus 2014   1 000 000 nuwe aandele is teen R1,70 elk
                                        (R1 700 000) uitgereik. Dit is geboekstaaf.
                     31 Mei 2015        20 000 aandele is teen R2,50 elk van 'n bestaande
                                        aandeelhouer (R50 000) teruggekoop. Dit is nie
                                        geboekstaaf nie.

      D.    'n Debiteur se debietsaldo van R1 000 in die Debiteuregrootboek moet nog
            na sy rekening in die Krediteuregrootboek oorgeplaas word.

      E.    Die verbandlening van Custom Bank is op 1 April 2014 verkry. Dit sal oor
            6 jaar terugbetaal word. 'n Vaste leningterugbetaling (rente uitgesluit) word
            aan die einde van elke maand gemaak. Die eerste maandelikse
            leningterugbetaling is op 30 April 2014 gedoen. Alle ander
            leningterugbetalings is gedoen. Rente word nie gekapitaliseer nie en is
            korrek geboekstaaf.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  10                          DBE/November 2015
                                              NSS

3.2   OUDITVERSLAG

      GEVRA:

      3.2.1          Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Gee 'n
                     rede.

                     Trimex Bpk. het 'n (gekwalifiseerde/ongekwalifiseerde/weerhouding-)
                     ouditverslag ontvang.                                                        (2)

      3.2.2          Verduidelik TWEE gevolge       van   hierdie   ouditverslag   vir   die
                     maatskappy en/of die HUB.                                                    (4)

      INLIGTING:

        UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE

      Grondslag vir ons mening
      Die maatskappy se aankoopbeleid bepaal dat aankope van meer as R100 000
      deur die direksie goedgekeur en deur drie kwotasies van onafhanklike
      verskaffers ondersteun moet word.

      Die maatskappy het in die verslagjaar twee voertuie teen 'n koste van R900 000
      aangekoop. Dit is deur die HUB goedgekeur sonder verwysing na die direksie.
      Slegs een kwotasie is ontvang.

      Ouditmening
      As gevolg van die belangrikheid van hierdie kwessie kon ons nie voldoende
      ouditbewyse verkry as grondslag vir 'n mening nie. Gevolglik spreek ons geen
      mening uit oor die finansiële state van Trimex Bpk. vir die jaar geëindig
      30 Junie 2015 nie.

      Devi & Meyiwa Vennote, GR (SA)

                                                                                                  60

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   11                          DBE/November 2015
                                               NSS

VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING                            (65 punte; 40 minute)

4.1   BEGRIPPE

      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys
      hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

                 direksieverslag; Balansstaat; aandeelhouer; direkteur;
                interne ouditeur; Kontantvloeistaat; onafhanklike ouditeur

      4.1.1          'n Persoon wat deur 'n maatskappy aangestel word om die finansiële
                     beheerstelsels na te gaan en die bestuur daaroor raad te gee                   (1)

      4.1.2          Die persoon wat deur die aandeelhouers aangestel is en 'n
                     onpartydige mening oor die finansiële state van 'n maatskappy
                     uitspreek                                                                      (1)

      4.1.3          'n Persoon wat aangestel word om 'n maatskappy te bestuur en wat
                     besluite neem om die gladde bedryf daarvan te verseker                         (1)

      4.1.4          Die finansiële staat wat die finansiële posisie van 'n besigheid op 'n
                     spesifieke datum toon                                                          (1)

4.2   SENZO BPK.

      Die inligting hieronder het betrekking op Senzo Bpk.

      GEVRA:

      4.2.1          Bereken die volgende syfers wat op die Kontantvloeistaat sal
                     verskyn:

                     • Inkomstebelasting betaal                                                     (5)

                     • Opbrengs uit verkoop van vaste bates (drawaarde)                             (5)

                     • Netto verandering in kontant en kontantekwivalente. Dui aan of dit
                       'n netto invloei of netto uitvloei van kontant is.                           (5)

      4.2.2          Voltooi die afdeling van die Kontantvloeistaat vir kontantgevolge van
                     finansieringsaktiwiteite.                                                      (12)

      4.2.3          Bereken die volgende          vir   die   finansiële   jaar   geëindig
                     28 Februarie 2015.

                     • Vuurproefverhouding                                                          (4)

                     • Opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB)
                       (Gebruik gemiddelde aandeelhouersbelang in jou berekening.)                  (5)

                     • Netto batewaarde (NBW) per aandeel                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                12                          DBE/November 2015
                                            NSS

      INLIGTING:

      A.    Syfers uit die Balansstaat en notas:

                                                    28 FEBRUARIE 28 FEBRUARIE
                                                         2015         2014
            Vaste bates (drawaarde)                     R4 137 700   R2 598 300
            Finansiële bates (vaste deposito)               350 000      600 000
            Bedryfsbates                                    662 300      575 500
            Voorrade                                        322 000      345 000
            Handels- en ander ontvangbare bedrae            245 000      228 000
            SAID: Inkomstebelasting                           6 400            –
            Kontant en kontantekwivalente                    88 900        2 500
            Aandeelhouersbelang                           3 439 500    2 718 000
            Gewone aandelekapitaal                        2 967 000    2 520 000
            Behoue inkomste                                 472 500      198 000
            Niebedryfslaste                               1 200 000      500 000
            Bedryfslaste                                    510 500      555 800
            Handels- en ander betaalbare bedrae             323 000      285 000
            Aandeelhouers vir dividende                     187 500      108 000
            SAID: Inkomstebelasting                               –        9 800
            Oortrokke bankrekening                                –      153 000

      B.    Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:

            Bruto wins                                             R2 040 000
            Waardevermindering                                        215 100
            Bedryfswins                                             1 300 000
            Rente-uitgawe                                             132 000
            Netto wins voor belasting                               1 175 000
            Netto wins na belasting                                   846 000

      C.    Aandelekapitaal:

            •   Gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 800 000 gewone aandele.
            •   150 000 nuwe, gewone aandele is op 1 Oktober 2014 uitgereik.
            •   60 000 gewone aandele is op 1 Januarie 2015 teen 90 sent meer as
                die gemiddelde uitreikprys van R4,30 teruggekoop.
            •   Die aandeleregister het op 28 Februarie 2015 getoon dat 'n totaal van
                690 000 aandele tot op datum uitgereik is.

      D.    Vaste bates:

            •   Addisionele eiendom is vir R2 100 000 gekoop. Geen ander vaste
                bates is aangekoop nie.
            •   Toerusting is teen drawaarde verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  13                         DBE/November 2015
                                              NSS

4.3   DON BPK. EN KEY BPK.

      Jy het R50 000 om in 'n genoteerde maatskappy te belê. Jy besluit om op twee
      maatskappye in dieselfde bedryf te fokus.

       LET WEL:        Wanneer jy die vrae hieronder beantwoord, vergelyk die gegewe
                       inligting en haal die toepaslike finansiële aanwysers van beide
                       maatskappye (persentasies, verhoudings en/of bedrae) aan.

      GEVRA:

      4.3.1          Lewer kommentaar op die waarde van die twee maatskappye se
                     aandele op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). Verduidelik
                     hoe dit jou keuse van 'n maatskappy sal beïnvloed.                          (6)

      4.3.2          Vergelyk en lewer kommentaar op die dividendbetalingsbeleid van
                     die twee maatskappye.                                                       (6)

      4.3.3          Lewer kommentaar op die graad van risiko en hefboomeffek.
                     Verduidelik hoe dit jou keuse van 'n maatskappy sal beïnvloed.              (6)

      4.3.4          Behalwe vir die punte wat hierbo genoem is, watter ander faktore sal
                     jy oorweeg voordat jy besluit in watter maatskappy jy gaan belê?
                     Verduidelik TWEE punte.                                                     (4)

      INLIGTING:

                                                            DON BPK.         KEY BPK.
      Bedryfsverhouding                                       4,3 : 1          1,5 : 1
      Vuurproefverhouding                                     2,8 : 1          0,8 : 1
      Voorraadomsetsnelheid                                   4 keer           6 keer
      Voorraadhoudingstydperk                                 90 dae           62 dae
      Gemiddelde debiteure-invorderingstydperk                54 dae           26 dae
      Gemiddelde krediteurebetalingstydperk                   59 dae           62 dae
      Skuld-ekwiteit-verhouding                               0,3 : 1          1,6 : 1
      Opbrengs op totale kapitaal aangewend (OOTKA)           15,6%            10,2%
      Opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB)                  17,2%             9,1%
      Verdienste per aandeel (VPA)                           420 sent         980 sent
      Dividend per aandeel (DPA)                             360 sent         490 sent
      Netto batewaarde per aandeel (NBA)                     310 sent         750 sent
      Markprys van aandele op JSE                            400 sent         645 sent
      Rentekoers op lenings                                   11,5%            11,5%

                                                                                                 65

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                     14          DBE/November 2015
                                 NSS

      LAAT HIERDIE BLADSY
            BLANKO

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   15                         DBE/November 2015
                                               NSS

VRAAG 5: KONTANTBEGROTING EN GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT
                                            (50 punte; 30 minute)
5.1 BRUCE HANDELAARS
     Benny Bruce is die eienaar van Bruce Handelaars. Jy word voorsien van inligting
     vir twee maande.
     GEVRA:
     Voltooi die Kontantbegroting vir November en Desember 2015. Sekere bedrae is
     namens jou ingevul.                                                                          (25)
     INLIGTING:
     A.   Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat:
                                          NOVEMBER 2015         DESEMBER 2015
          Verkope                              R1 050 000             R997 500
          Koste van verkope                       600 000              570 000
          Kommissie-inkomste                        7 000                 8 000
          Diverse uitgawes                         22 500                     ?
          Waardevermindering                        2 200                 2 200
          Lone en salarisse                             ?              256 000
          Oninbare skulde                          19 500               34 125
          Advertensies                                  0               11 000
          Korting toegestaan                       20 475               18 900
          Rente-uitgawe (9% p.j.)                   3 780                 3 510

     B.   ADDISIONELE INLIGTING:
          (i)        Kontantverkope beloop 40% van alle verkope.
          (ii)       'n Winsopslag van 75% op kosprys word gehandhaaf. Voorraad word
                     in dieselfde maand as verkope vervang.
          (iii)      20% van alle voorraad word kontant aangekoop.
          (iv)       Alle krediteure word binne 30 dae ten volle betaal (in die maand wat op
                     die aankope volg).
          (v)        Kommissie word een maand nadat dit verdien is, ontvang. Daar word
                     begroot dat kommissie met R1 000 per maand sal toeneem.
          (vi)       Diverse uitgawes bestaan slegs uit kontantitems. Dit sal na verwagting
                     elke maand met 8% verminder.
          (vii)      Lone en salarisse vir Desember 2015 sluit 'n bonus van R40 000 vir die
                     bestuurder in. 'n Loon- en salarisverhoging van 8% vir alle werknemers
                     sal vanaf 1 Desember 2015 toegepas word.
          (viii)     Advertensies sal vanaf 1 Desember op die eerste dag van elke maand
                     in 'n koerant verskyn. Betaling om drie advertensies te dek sal op
                     15 November ten volle gedoen word.
          (ix)       Die rentekoers is 9% p.j. Rente word nie gekapitaliseer nie en word
                     maandeliks betaal. 'n Deel van die lening sal op 30 November 2015
                     terugbetaal word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                   16                          DBE/November 2015
                                               NSS

5.2   SLEEPEZI BEDDENS (EDMS.) BPK.

      Jy word voorsien van inligting vir twee maande geëindig 31 Oktober 2015.
      Die onderneming verkoop een tipe bed.

      GEVRA:

      5.2.1          Bereken die persentasie verhoging in die bedrag wat vir salarisse en
                     lone vir Oktober 2015 begroot is. Behoort die werknemers hiermee
                     tevrede te wees? Verduidelik.                                                  (3)

      5.2.2          Die finansiële direkteur is tevrede met die werk wat die boekhouer
                     en die interne ouditeur doen. Identifiseer 'n uitgawe wat aandui dat hy
                     reg is. Verduidelik jou antwoord.                                              (3)

      5.2.3          'n Mededinger, BB Beddens, wat slegs vir kontant verkoop, het op
                     1 Oktober 2015 'n winkel in die omgewing oopgemaak.

                     • Lewer kommentaar op hoe die nuwe mededinger die verkope van
                       Sleepezi Beddens beïnvloed het. Verskaf syfers.                              (4)

                     • Verduidelik hoe Sleepezi Beddens op hierdie probleem gereageer
                       het. Verskaf DRIE punte. Verskaf syfers.                                     (9)

      5.2.4          Kontantsaldo's:

                     • Lewer kommentaar op die kontantsaldo's. Verskaf syfers.                      (2)

                     • Verduidelik hoe die direkteure die kontantsaldo's in die toekoms
                       kan verbeter Verduidelik TWEE punte.                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  17                       DBE/November 2015
                                              NSS

     INLIGTING:

     A.   Verwagte verkope, koste van verkope en aflewerings:

          •     Die onderneming begroot om 300 beddens per maand te verkoop.
          •     Die kosprys van elke bed is R3 000 en die verkoopprys is R5 000. Geen
                korting word toegestaan nie.
          •     Die voorraad beddens word in die maand van verkope vervang.
          •     Verskaffers word in die maand van aankope betaal.
          •     Die onderneming gebruik Kaap Afleweringsdienste om die beddens aan
                elke kliënt af te lewer.

     B.   Uittreksel uit die Kontantbegroting:

                                                SEPTEMBER 2015            OKTOBER 2015
                                              BEGROOT    WERKLIK        BEGROOT    WERKLIK
          Kontantsurplus (tekort) vir maand      110 000   125 000         120 000 (440 000)
          Kontant aan begin van maand            105 000   105 000         215 000   230 000
          Kontant aan einde van maand            215 000   230 000         335 000 (210 000)

     C.   Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat:

                                                SEPTEMBER 2015              OKTOBER 2015
                                              BEGROOT      WERKLIK      BEGROOT      WERKLIK
                                                  300         320           300         240
          Getal beddens verkoop                beddens     beddens       beddens     beddens
          Kontantverkope                        1 200 000  1 280 000       1 200 000   300 000
          Kredietverkope                           300 000    320 000        300 000   900 000
          Totale verkope                        1 500 000  1 600 000       1 500 000 1 200 000
          Koste van verkope                      (900 000)  (960 000)      (900 000) (720 000)
          Bruto wins                               600 000    640 000        600 000   480 000
          Bedryfsuitgawes                        (313 000)  (323 000)      (407 600) (374 960)
            Direkteursfooie                         80 000     80 000         80 000    36 000
            Salarisse en lone                       30 000     30 000         31 800    31 800
            Advertensies                            10 000     10 000         10 000    40 000
            Afleweringskoste
              (Kaap Afleweringsdienste)             150 000   160 000        150 000       168 000
              Ouditfooie                                  0         0         90 000        50 000
              Huuruitgawe                            28 000    28 000         30 800        34 160
              Diverse uitgawes                       15 000    15 000         15 000        15 000

          Bedryfswins                               287 000   317 000        192 400       105 040

                                                                                               50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                 18                       DBE/November 2015
                                             NSS

VRAAG 6: KOSTEBEREKENING                                        (35 punte; 20 minute)

6.1 SNAZZY HANDSAKKE

     Die inligting hieronder het betrekking op die finansiële jaar geëindig
     30 September 2015. Die onderneming vervaardig een tipe handsak.

     GEVRA:

     Stel die Produksiekostestaat op 30 September 2015 op. Toon ALLE bewerkings.               (21)

     INLIGTING:

     A.   Syfers wat op 30 September 2015 deur die boekhouer verskaf is:

                                                                         R
          Administrasiekoste                                               380 000
          Direkte materiaalkoste                                           976 000
          Direkte arbeidskoste                                             755 000
          Fabrieksbokoste                                                  442 080
          Verkoops- en verspreidingskoste                                  219 200
          Goedere-in-bewerking: 1 Oktober 2014                              74 000
                                 30 September 2015                               ?
          Totale koste van produksie van klaarprodukte                   2 187 500

     B.   'n Interne oudit het die volgende uitgewys:

           • Beskadigde grondstof ter waarde van R17 000, wat aan die verskaffer
             teruggestuur is, is in die berekening van die direkte materiaalkoste
             uitgelaat.

           • Die fabrieksbokoste-totaal het die volle bedrag van R62 400 vir
             huuruitgawe ingesluit. Slegs 2/ 3 van hierdie uitgawe moet aan die fabriek
             toegewys word. Die res moet gelykop tussen die kantoor en
             verkoopsafdeling verdeel word.

           • Die salaris van 'n fabrieksvoorman wat met verlof is, is nie geboekstaaf
             nie. Besonderhede van sy salaris is soos volg:

                Aftrekking vir SAID: LBS                                 R2 560
                Aftrekking vir pensioenfonds en WVF                           ?
                Netto salaris                                            R8 320

             Die werkgewersbydrae vir pensioenfonds en WVF beloop R1 920.
             Die onderneming dra op 'n rand-vir-rand-basis by.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde                                  19                              DBE/November 2015
                                              NSS

6.2   HEALTHY LIFESTYLE KOOKWARE

      Hierdie onderneming vervaardig emaljepotte.

      GEVRA:

      6.2.1          Bereken die volgende           vir   die     finansiële   jaar   geëindig
                     31 Augustus 2015:

                     •   Veranderlike koste per eenheid                                            (3)

                     •   Gelykbreekpunt                                                            (5)

      6.2.2          Verduidelik waarom die eienaar oor die gelykbreekpunt en die vlak
                     van vervaardiging bekommerd moet wees. Verskaf TWEE punte.
                     Verskaf syfers.                                                               (4)

      6.2.3          Identifiseer EEN ander probleem met betrekking tot hierdie
                     onderneming. Verskaf syfer(s).                                                (2)

      INLIGTING:

                                                                    EMALJEPOTTE
                                                                2015          2014
      Getal eenhede vervaardig en verkoop                           27 000        32 000
      Totale vaste koste                                        R2 850 000    R2 660 000
      Totale veranderlike koste                                 R2 160 000    R2 080 000
      Verkoopprys per eenheid                                        R175          R160
      Verkoopprys van mededinger                                     R170          R130
      Gelykbreekpunt in getal eenhede                                    ?        28 000
      Totale verkope                                            R4 725 000    R4 960 000

                                                                                                    35

                                                                                      TOTAAL:      300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting Nov 2015 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-nov-2015-answer-book-eng/f3ace8a3-f0d8-4096-913e-36c72d4e4a3b) — Accounting · Addendum · 2015 · Eng
- [ACCN GR12 SEPT2015 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-afr-qp/474e07e7-269a-4133-a6c2-a0e495bd44fb) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [ACCN GR12 SEPT2015 ENG QP Final](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-eng-qp-final/7ea6c66d-caa7-4ad7-aea0-96b8aafe0188) — Accounting · QP · 2015 · Eng
- [Accounting June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-june-july-2015-afr/f9d2f0f3-cfd9-4574-85ab-4a6ce713a6ed) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20) — Accounting · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
