# Accounting Grade 11 P1 National November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the National November 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/ce63b5f0-651c-4f1e-a058-9842d48a4ae8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P1 National November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/ce63b5f0-651c-4f1e-a058-9842d48a4ae8)

## About this document

Accounting · Grade 11 · National November · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 11

                              REKENINGKUNDE V1

                            MODEL NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en
                             'n 9 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             2                          DBE/November 2019
                                   NSS – Graad 11 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    'n FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is by hierdie vraestel aangeheg.
      Jy mag dit gebruik indien nodig.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
      toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                        VRAAG 1: 25 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                 AARP ('GAAP')
AARP ('GAAP') en vaste bates     Vaste bates
                                 Interne beheer

                         VRAAG 2: 50 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag:          Hierdie vraag integreer:
                                  Inkomstestaat
Inkomstestaat en Balansstaatnota
                                  Handels-en-ander-betaalbarebedrae-nota

                       VRAAG 3: 40 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag:        Hierdie vraag integreer:
                                Begrippe
Vennootskappe                   Notas tot die Balansstaat
                                Balansstaat en etiek

                        VRAAG 4: 35 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:       Hierdie vraag integreer:
                               Begrippe
Ontleding en vertolking
                               Ontleding en interpretasie van finansiële state

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               3                           DBE/November 2019
                                      NSS – Graad 11 Model

VRAAG 1: AARP ('GAAP') EN VASTE BATES                               (25 punte; 20 minute)

1.1      AARP ('GAAP')

         Kies EEN woord/term vir elk van die volgende stellings deur 'n
         AARP('GAAP')-beginsel uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die
         AARP('GAAP')-beginsel langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                   balansering;   lopende saak;     omsigtigheid;     wesenlikheid

         1.1.1       Diensgelde, kontant-deposito-fooie en OTM-fooie op die Bankstaat
                     word bymekaar getel en as bankkoste openbaar.

         1.1.2       Debiteurerekeninge wat wanbetaal word, word as oninbare skulde
                     afgeskryf, selfs al sou dit in die toekoms ingevorder kon word.

         1.1.3       Versekering sluit R340 in, wat op die volgende finansiële jaar
                     betrekking het.

         1.1.4       Die eienaar besluit om addisionele handelsvoorraad aan te koop,
                     wat teen 'n gediskonteerde koers aangebied is omdat hy weet dat dit
                     in die volgende finansiële periodes verkoop kan word.       (4 x 1)           (4)

1.2      VASTE BATES

         Die inligting hieronder het betrekking op Masimanga Bpk. vir die finansiële
         jaar geëindig op 28 Februarie 2019.

         GEVRA:

         1.2.1       Bereken die ontbrekende bedrae wat deur (i) tot (iv) aangedui is.             (17)

         1.2.2       Gee EEN voorstel wat die interne ouditeur kan gebruik om na te
                     gaan of roerende vaste bates gesteel is.                                      (2)

         1.2.3       Grond en geboue is vyf jaar gelede vir R1 200 000 aangekoop.
                     Aangesien eiendomspryse sedertdien met 20% toegeneem het, het
                     Vennoot Piet voorgestel dat die waarde van hierdie bate teen 'n hoër
                     bedrag aangeteken moet word sodat 'n wins van R500 000 op die
                     Inkomstestaat getoon kan word. Vennoot Naomi stem nie saam nie.

                     Verskaf EEN punt waarom jy met Vennoot Naomi sou saamstem.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            4                           DBE/November 2019
                                   NSS – Graad 11 Model

         INLIGTING:

         A.    VASTE BATES:

                                                     GROND EN
                                                                        VOERTUIE
                                                      GEBOUE
                Drawaarde (01/03/2018)                                   126 000
                Koste                                 4 000 000          576 000
                Opgehoopte waardevermindering                           (450 000)
                Bewegings:
                Toevoegings                               570 000          (ii)
                Verkope                                      0             (iii)
                Waardevermindering                                         (iv)
                Drawaarde (28/02/2019)                      (i)
                Koste                                                    564 000
                Opgehoopte waardevermindering

         B.    Waardevermindering op voertuie word teen 10% p.j. op koste bereken.

         C.    'n Nuwe voertuig is op 1 Desember 2018 aangekoop.

         D.    Uittreksel uit die Vastebateregister met betrekking tot 'n voertuig wat
               verkoop is:

                Ford Fiesta
                Datum aangekoop: 1 Maart 2016
                Datum verkoop: 30 September 2018              Verkoopprys: R81 348
                Waardeverminderingkoers: 10% p.j. op koste (vastepaaiement-
                metode)
                                              WAARDE-
                                   KOSTE                     DRAWAARDE
                                            VERMINDERING
                28 Februarie 2017 R132 000          R13 200       R118 800
                28 Februarie 2018                  ?               ?
                30 September 2018                  ?               ?
                                                                                               25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             5                            DBE/November 2019
                                    NSS – Graad 11 Model

VRAAG 2: INKOMSTESTAAT EN BALANSSTAATNOTA                       (50 punte; 45 minute)

MASALA HANDELAARS

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot die jaar geëindig 30 Junie 2019.

GEVRA:

2.1      Stel die Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) vir die jaar geëindig
         30 Junie 2019 op.                                                                       (40)

2.2      Stel die Handels-en-ander-betaalbarebedrae-nota op.                                     (10)

         INLIGTING:

         Uittreksel uit Na-aansuiweringsproefbalans op 30 Junie 2019
          Balansstaatrekeninge-afdeling                   Debiet     Krediet
          Lening van Kim Bank                                          751 200
          Debiteurekontrole                                185 000
          Krediteurekontrole                                           126 075
          Voorsiening vir oninbare skulde                               10 725
          Handelsvoorraad                                  564 000
          SAID: LBS                                                     15 000
          Pensioenfonds                                                 23 500
          Nominalerekeninge-afdeling
          Verkope                                                    9 600 000
          Koste van verkope                              6 400 000
          Debiteure-afslag                                 168 000
          Diverse uitgawes                                 386 100
          Bankkoste                                         62 850
          Kommissie-inkomste                                            96 200
          Verpakkingsmateriaal                              23 100
          Oninbare skulde                                   26 400
          Herstelwerk en instandhouding                    161 200
          Salarisse en lone                                985 000
          Pensioenfondsbydraes                             108 350
          Rente-inkomste                                                 4 000
          Advertensies                                      56 800
          Huurinkomste                                                 131 580

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                6                        DBE/November 2019
                                       NSS – Graad 11 Model

         Aansuiwerings en addisionele inligting:

         A.    Maak voorsiening vir R417 300 waardevermindering vir die finansiële
               jaar.

         B.    Op 29 Junie 2019 het F Mazisi, 'n debiteur, handelsware teruggestuur.
               'n Kredietnota vir R4 500 is aan haar uitgereik. Die kosprys was R3 000.
               Geen inskrywings is vir die terugsending van die handelsware gemaak
               nie. Hierdie items is in die voorraad teruggeplaas.

         C.    Die insolvente boedel van 'n debiteur, N Johnson, het 45 sent in die rand
               uitbetaal en het op 30 Junie 2019 'n direkte deposito van R3 015
               gemaak. Hierdie transaksie is nie aangeteken nie.

         D.    Die voorsiening vir oninbare skulde moet na R10 000 verminder word.

         E.    Die voorraadopname op 30 Junie 2019 het onthul:

                    Handelsvoorraad             R553 650
                    Verpakkingsmateriaal        R3 600

         F.    Die advertensie-uitgawe is 'n vaste maandelikse kontak met die
               plaaslike koerant vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2019. Die
               maandelikse koste het op 1 Maart 2019 met 12% toegeneem. Die
               premie vir Junie 2019 was steeds uitstaande.

         G.    Die leningstaat wat van Kim Bank ontvang is, het die volgende getoon:

                   Balans op 1 Julie 2018                                    R902 400
                   Terugbetalings gedurende die jaar (rente ingesluit)       R151 200
                   Rente gekapitaliseer                                        ?
                   Saldo op 30 Junie 2019                                    R810 000

         H.    'n Werknemer is uit die Salarisjoernaal uitgelaat. Sy besonderhede is:

                      BRUTO         AFTREKKINGS             PENSIOEN-        NETTO
                     SALARIS       LBS  PENSIOEN-         FONDSBYDRAE       SALARIS
                                          FONDS
                     R27 800        ?       ?                  R7 575       R18 225

               Die werkgewer dra R1,50 by vir elke R1 wat ten opsigte van sy
               pensioenfonds van die werknemer se salaris afgetrek word.

         I.    Die maandelikse huur het gedurende die finansiële jaar onveranderd
               gebly. Gedurende Mei 2019 het die huurder R9 000 vir herstelwerk aan
               die perseel betaal. Aangesien Masala Handelaars vir alle herstelwerk
               verantwoordelik is, het die huurder dit van die huur wat hy vir
               Mei 2019 betaal het, afgetrek. Let daarop dat die huur vir Junie 2019
               nog nie ontvang is nie.
                                                                                                 50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             7                            DBE/November 2019
                                    NSS – Graad 11 Model

VRAAG 3: VENNOOTSKAPPE                                           (40 punte; 30 minute)

KGALAGADI HANDELAARS

Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2019.
Die vennote is V Vilander en L Louw.

GEVRA:

3.1      Verwys na Inligting B.

         Bereken die persentasie rente op kapitaal volgens die vennootskap-
         ooreenkoms. Let daarop dat daar gedurende die finansiële jaar geen koste vir
         die kapitaalrekeninge was nie.                                                            (3)

3.2      Voltooi die Lopenderekening-nota vir die finansiële jaar geëindig.                        (13)

3.3      Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2019. Toon jou bewerkings.                        (24)

         INLIGTING:

         A.        Uittreksel uit die rekeningkundige rekords op 28 Februarie 2019:
                                                                              R
                   Kapitaal: Vilander                                       660 000
                   Kapitaal: Louw                                           440 000
                   Lopende rekening: Vilander (1 Maart 2018)      (krediet)  65 000
                   Lopende rekening: Louw (1 Maart 2018)           (debiet)  15 200
                   Onttrekkings: Vilander                                    33 000
                   Onttrekkings: Louw                                       259 000
                   Vaste bates teen drawaarde                               750 000
                   Vaste deposito: FNB (12% p.a.)                           151 200
                   Handelsvoorraad                                             ?
                   Debiteurekontrole                                         58 000
                   Voorsiening vir oninbare skulde                            3 900
                   Lening: Diamond Bank                                     208 800
                   Krediteurekontrole                                        85 300
                   Opgelope inkomste                                          9 500
                   Vooruitbetaalde uitgawes (Sien Inligting (a).)              ?
                   Kontant en kontantekwivalente                              6 000
                   Bank (oortrekking)                                        55 400

         B.     Addisionele inligting:

                (a)   Inligting met betrekking tot die vennootskapooreenkoms:

                      Vennote se salarisse:

                         Vilander het R10 000 per maand ontvang. Sy salaris is vanaf
                          1 Desember 2018 met R2 500 per maand verhoog.
                         Louw het R144 000 per jaar ontvang.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             8                            DBE/November 2019
                                    NSS – Graad 11 Model

                      Rente op kapitaal:

                         Louw sal R35 200 vir die jaar ontvang.
                         Vilander ontvang dieselfde % rente as Louw.

                      Oorblywende wins (na die primêre verdeling):

                      Die oorblywende wins word in die verhouding van die
                      kapitaalbydrae aan die einde van die jaar verdeel.

                      Die netto wins na die primêre verdeling was R90 000.

                (b)   Die lening van Diamond Bank is oorspronklik op 1 Maart 2017
                      ontvang. Die lening moet oor 'n periode van 5 jaar in gelyke
                      maandelikse paaiemente terugbetaal word.

                      Rente word nie gekapitaliseer nie en is op datum.

                (c)   Voorsiening vir oninbare skulde moet met R200 verlaag word.

                (d)   Versekering sluit 'n jaarlikse premie van R12 000 in wat vir die
                      periode van 1 Oktober 2018 tot 30 September 2019 betaal is.

                (e)   Voorraad is 'n balanseersyfer.
                                                                                                  40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                              9                           DBE/November 2019
                                     NSS – Graad 11 Model

VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING                                 (35 punte; 25 minute)

4.1      FINANSIËLE RESULTATE VIR 2019

         Die inligting het betrekking op Ron-Y Modes met vennote Ronel Henning en
         Yvonne Twerefoo. Die onderneming het op 1 Maart 2017 oopgemaak en
         verkoop damesklere en -juweliersware.

         Ronel Henning het 'n deeltydse werk laat vaar om hierdie onderneming te
         bestuur. Sy het R102 000 p.j. in haar vorige werk verdien. Yvonne Twerefoo
         het besluit om haar bestaande werk te behou, waar sy R109 800 p.j. verdien.
         Sy het besluit om in die eerste jaar nie by Ron-Y Modes te werk nie (met
         ander woorde sy is vir die eerste jaar 'n stil vennoot). Sy sal haar situasie op
         'n later stadium weer oordink.

         GEVRA:

         Toon ALLE bewerkings. Waar kommentaar gevra word, verwys na syfers in
         die state wat verskaf word of verhoudings/persentasies wat deur jou bereken
         is om jou antwoord te ondersteun.

         4.1.1       Die onderneming is op 1 Maart 2017 begin. Die vennote is
                     bekommerd oor die finansiële resultate gedurende die eerste
                     bedryfsjaar.

                        Bereken die % opbrengs op die vennote se eienaarsbelang
                         (gebruik gemiddelde eienaarsbelang).                                     (6)
                        Lewer kommentaar op hierdie opbrengs. Verskaf EEN punt.                  (2)

         4.1.2       Ronel Henning is bekommerd daaroor of sy die regte besluit
                     geneem het om uit haar vorige werk te bedank.

                      Bereken die totale bedrag wat gedurende die eerste bedryfsjaar
                       van hierdie onderneming deur Ronel Henning verdien is.                     (5)

                      Watter persentasie van die totale netto inkomste het sy verdien
                       en watter persentasie het haar vennoot, Yvonne, verdien?                   (5)

                      Sal die vennote tevrede wees met die bedrae wat hierbo bereken
                       is? Verduidelik kortliks. Haal syfers aan.                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                 10                              DBE/November 2019
                                        NSS – Graad 11 Model

         INLIGTING:

         A.    Syfers wat onttrek           is    uit die    rekords    vir   die   jaar   geëindig
               28 Februarie 2018:
                                                                          28 Feb.          1 Mrt.
                                                                           2018            2017
         Kapitaal: Ronel Henning                                           250 000          250 000
         Kapitaal: Yvonne Twerefoo                                         200 000          200 000
         Lopende rekening: Ronel                                        66 400 (Kt.)              0
         Lopende rekening: Yvonne                                       34 400 (Dt.)              0
         Vaste deposito: First Bank (8% p.j. – verval in 2021)               30 000          30 000
         Lening van Ronel se pa (15% p.j.)                                 180 000          180 000

         B.    ALGEMENE GROOTBOEK VAN RON-Y MODES

                                             VERDELING
         2018                                              2018
              28       Salaris: Ronel             91 200        28     Wins en verlies       152 000
         Feb.                                              Feb.
                       Rente op kapitaal          36 000
                       Bonus: Ronel                3 200
                       Lopende
                                                  12 000
                       rekening: Ronel
                       Lopende
                                                   9 600
                       rekening: Yvonne

                                                 152 000                                     152 000

         C.    Uittreksels uit die bestaande vennootskapooreenkoms:

               (a)    Voorsiening vir salarisse:

                       Ronel Henning is geregtig op 'n jaarlikse salaris van R91 200.
                       Yvonne Twerefoo (stil vennoot) ontvang geen salaris-
                        voorsiening nie.

               (b)    Rente op kapitaal is aan beide vennote verskuldig teen 8% p.j.

               (c)    'n Spesiale bonus is aan Ronel toegeken vir haar bykomende
                      bestuurspoging.

               (d)    Oorblywende winste of verliese word in verhouding met die
                      kapitaalsaldo aan die einde van die finansiële jaar gedeel.

                      LET WEL: Daar was gedurende die jaar geen veranderinge aan
                               kapitaalsaldo's nie.

               (e)    Elke vennoot word toegelaat om 'n maksimum van R5 000 kontant
                      of klere teen kosprys per maand te onttrek. Elke vennoot het tot die
                      maksimum van hierdie fasiliteit gebruik gemaak.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             11                           DBE/November 2019
                                    NSS – Graad 11 Model

4.2      FINANSIËLE BESLUITE VIR DIE VOLGENDE JAAR

         Ronel Henning wil hê dat Yvonne Twerefoo uit haar bestaande werk moet
         bedank en as 'n aktiewe vennoot in die onderneming werk sodat die
         opbrengste wat deur die vennote verdien word, verhoog kan word.
         Indien dit die geval is:
          Sal hulle een van die drie winkelassistente uit diens moet stel, dit wil sê
           hy/sy sal sy/haar werk verloor.
          Hulle sal die rekeningkundige gelde met 80% verminder (omdat Yvonne
           die meeste rekeningkunde sal kan doen).
          Yvonne sal 'n ekstra R50 000 kapitaal verskaf, wat gebruik gaan word om
           'n gedeelte van die lening aan die begin van die finansiële jaar af te betaal.
           Let daarop dat die lening teen 15% p.j. rente, wat nie gekapitaliseer is nie,
           van Ronel se pa ontvang is. Daar is ook ooreengekom dat 50% van die
           lening aan die einde van die tweede besigheidsjaar vereffen moet word.
          Die vennote se voorsiening vir salarisse sal elk na R104 880 p.j. verbeter
           word.

         GEVRA:
         Neem aan dat winsgewendheid (en alle inkomstes en uitgawes) in die tweede
         besigheidsjaar dieselfde bly:
         4.2.1       Bereken die verandering in netto wins indien Yvonne besluit om
                     voltyds te werk. Toon berekenings.                                       (7)
         4.2.2       Toon die uitwerking van hierdie verandering op Yvonne se totale
                     verdienste, indien sy uit haar werk bedank.                              (4)
         4.2.3       Verduidelik kortliks TWEE ander voordele vir die onderneming
                     indien Yvonne voltyds in die onderneming werk.                           (2)
ADDISIONELE INLIGTING:
Die volgende is 'n uittreksel uit die Inkomstestaat vir Ron-Y Modes vir 2018:

 Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018
 Bruto wins                                                                        555 000
 Bedryfsuitgawes                                                                 (375 000)

        Salarisse van drie verkoopsassistente                                     172 800
        Rekeningkunde- en boekhouersgelde                                          22 500
        Diverse bedryfsuitgawes                                                    22 430
 Bedryfswins                                                                      180 000
 Rente op belegging (8% p.j.)                                                        2 400
 Wins voor rente-uitgawe                                                          182 400
 Rente op lening (15% p.j.)                                                       (27 000)
 Rente op oortrekking                                                              (3 400)
 Netto wins vir die jaar                                                          152 000

                                                                                               35

                                                                                TOTAAL:       150
Kopiereg voorbehou

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                                            DBE/November 2019
                                    NSS – Graad 11 Model

                           GRAAD 11 REKENINGKUNDE:
                     FORMULEBLAD VIR FINANSIËLE AANWYSERS
    Bruto wins x 100               Bruto wins     x 100                Netto wins x 100
    Verkope       1             Koste van verkope    1                 Verkope       1

            Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins x 100
                 Verkope       1                                  Verkope      1

  Totale verdienste per vennoot       x 100                        Netto wins        x 100
Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot    1                 Gemiddelde eienaarsbelang    1

          Bedryfsbates : Bedryfslaste               (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

         (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

         Gemiddelde debiteure x 365                         Gemiddelde krediteure x 365
           Kredietverkope        1                             Kredietaankope        1

   Gemiddelde voorraad     x   365 of    12                     Koste van verkope
    Koste van verkope              1                           Gemiddelde voorraad

     Langtermynlenings : Eienaarsbelang                      Totale bates : Totale laste

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 GR 11 Exemplar Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-memo-afr/b7463574-b9e0-49d5-b147-5dc24b3a279b) — Accounting · Memo · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2019-eng-d/c1fd0a17-efd3-4e15-8fe6-9f33bd56e49a) — Accounting · QP · 2019 · Eng
- [Gr11 Acc P1 (English) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p1-english-november-2019-question-paper/bdf935ed-5668-4b8b-be13-5e4ebedf77ee) — Accounting · QP · 2019 · Eng
- [Accounting GR 11 Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr-11-paper-1/bcd68d72-e34d-46ea-8ed0-6f95e0459477) — Accounting · QP · 2019
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOVEMBER 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-november-2019-eng-d/3e971671-49bc-4f02-ac04-3c6aa998101f) — Accounting · Addendum · 2019 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOVEMBER 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-november-2019-afr-d/fc2d8c59-73d0-4200-9f4f-f61845064e97) — Accounting · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
