# Accounting Grade 10 P1 National November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the National November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/7012196a-ec15-4375-a249-165d47f0320e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P1 National November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/7012196a-ec15-4375-a249-165d47f0320e)

## About this document

Accounting · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 10

                         NOVEMBER 2019

                     REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                    *XACCA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, ŉ 1 bladsy-formuleblad en
                             ŉ 9 bladsy-antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 REKENINGKUNDE V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin AL die vrae beantwoord
        moet word.

 3.     ŉ FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is by hierdie vraestel aangeheg.
        Jy mag dit gebruik indien nodig.

 4.     Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.     Toon alle bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.     ŉ Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde
        tyd vir die beantwoording van elke vraag te hou.

                           VRAAG 1: 25 punte; 20 minute
    Onderwerp van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
    Rekeningkundige begrippe,   x Begrippe
    Rekeningkundige vergelyking x Rekeningkundige vergelyking

                             VRAAG 2: 73 punte; 58 minute
    Onderwerp van die vraag:      Hierdie vraag integreer
    AARP-beginsels.               x Inkomstestaat, Balansstaat en Nota
    Inkomstestaat, Nota,          x Interne beheer
    Balansstaat en Interne beheer

                             VRAAG 3: 27 punte; 22 minute
    Onderwerp van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
    Vertolking van Finansiële     x Begrippe
    State                         x Berekening van finansiële aanwysers
                                  x Vertolking van finansiële state

                              VRAAG 4: 25 punte; 20 minute
    Onderwerp van die vraag:       Hierdie vraag integreer:
    Salarisse, Interne beheer      x Salarisjoernaal
                                   x Interne beheer oor Salarisse

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          REKENINGKUNDE V1                                      3

 VRAAG 1:       REKENINGKUNDIGE BEGRIPPE EN REKENINGKUDIGE
                VERGELYKING                       (25 punte; 20 minute)

 1.1 BEGRIPPE

       Kies die korrekte woord(e) uit KOLOM A om by die beskrywing in KOLOM B te
       pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

               KOLOM A                                 KOLOM B
       1.1.1   Eienaarsbelang       A    Die dokument word gebruik om klein bedrae
                                         wat vir aankope uitgereik is, aan te teken

       1.1.2    Onttrekkings        B    Die dokument word gebruik om goedere wat
                                         op rekening verkoop is, aan te teken

       1.1.3    Kleinkasbewys       C    Geld wat deur die eienaar van die
                                         onderneming vir persoonlike gebruik, onttrek
                                         word

       1.1.4    Duplikaatfaktuur    D    Bronne van verdienste vir die onderneming

       1.1.5    Inkomste            E    Geld wat deur die eienaar in die onderneming
                                         belê is

                                    F    Die eienaar se netto belegging in die
                                         onderneming                                              (5)

 1.2 REKENINGKUNDIGE VERGELYKING

       GEVRA:

       Ontleed die volgende transaksies volgens die formaat wat in die antwoordeboek
       voorsien word.

       1.2.1    Koop handelsvoorraad op krediet van Emon Voorsieners vir R8 000.

       1.2.2    Verkoop goedere op krediet aan X. View vir R3 400. Goedere word
                verkoop teen ŉ winsopslag van 60% op die kosprys.

       1.2.3    Die eienaar het besluit om sy kapitaal van R500 000 met 20% te verhoog
                deur ŉ tjek direk in die onderneming se bankrekening te deponeer.

       1.2.4    ŉ Tjek is van G. Gift ontvang as betaling van sy rekening nadat ŉ korting
                van 5% aan hom vir vroeë betaling toegestaan is.                             (20)

                                                                                                  25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  REKENINGKUNDE V1                          (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 2:      AARP-BEGINSELS, INKOMSTESTAAT, BALANSSTAAT EN
               INTERNE BEHEER
                                                   (73 punte; 58 minute)

 2.1   AARP-BEGINSELS

       Kies ŉ kategorie uit die lys voorsien vir elke voorbeeld hieronder. Skryf slegs die
       kategorie langs die vraagommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               Historiese kostesreël; omsigtigheidsbegrip; besigheidsentiteitsreël;
                          wesenlikheidskonsep; lopende-saak konsep

       2.1.1   Wees konserwatief en realisties in die openbaarmaking van inligting.

       2.1.2   Items wat van belang is, moet afsonderlik behandel word.

       2.1.3   Die besigheid en die sake van die eienaar moet afsonderlik gehou word.

       2.1.4   Bates word altyd teen die oorspronklike kosprys weerspieël.                          (4)

 2.2   Die inligting hou verband met LOLO HANDELAARS vir die finansiële jaar
       geëindig 30 Junie 2019.

       GEVRA:

       2.2.1   Met inagneming van die aansuiwerings (INLIGTING B) hieronder, voltooi
               die INKOMSTESTAAT (Staat van Omvattende Inkomste) vir die jaar
               geëindig 30 Junie 2019.                                                            (40)

       2.2.2   Stel die NOTA vir eienaarsbelang tot die Balansstaat (Staat van
               Finansiële Posisie) op.                                                              (7)

       2.2.3   Stel die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Balansstaat op.                        (11)

       2.2.4   G. Grey, die eienaar van LOLO Handelaars, is besorg oor die grootte van
               sy tekort op die handelsvoorraad.

               (a)   x Wat is die oorsake vir die tekort in handelsvoorraad?
                       Gee TWEE punte.
                     x Stel TWEE realistiese maatreëls voor om die tekort op die
                       handelsvoorraad te beheer en te verminder.                                   (8)

               (b)   Die rekenmeester het die eienaar (G. Grey) aangeraai om die vaste
                     deposito in te betaal en die geld te gebruik om ŉ deel van die lening
                     af te betaal. Stem jy saam met die rekenmeester? Gee ŉ rede vir jou
                     antwoord.                                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         REKENINGKUNDE V1                                    5

 INLIGTING:

 A.    Uittreksel van die vooraansuiweringsproefbalans van Lolo Handelaars vir
       die jaar geëindig 30 Junie 2019

       Kapitaal                                                             1 000 000
       Onttrekkings                                                            42 600
       Grond en geboue                                                      4 000 000
       Voertuie                                                               780 000
       Toerusting                                                             350 000
       Opgehoopte waardevermindering op voertuie (01/07/2018)                 468 000
       Opgehoopte waardevermindering op toerusting (01/07/2018)               105 000
       Vaste deposito (rente van 8% p.j.)                                     200 000
       Handelsvoorraad                                                        418 400
       Debiteurekontrole                                                      280 200
       Oortrokke bankrekening                                                 124 000
       Lening: BM Bank (12% p.j.)                                             652 000
       Krediteurekontrole                                                     380 000
       Verkope                                                              4 350 000
       Debiteurafslag                                                          18 000
       Koste van verkope                                                    2 900 000
       Huur inkomste                                                          200 700
       Oninbare skulde verhaal                                                  1 800
       Rente in vaste deposito                                                  9 000
       Skryfbehoeftes                                                           2 100
       Telefoon                                                                 9 000
       Versekering                                                             12 100
       Oninbare skuld                                                           3 800
       Bankkoste                                                                1 200
       Verbruiksgoedere                                                         4 000

 B     Addisionele inligting en aansuiwerings:

       1.     Goedere word teen ŉ winsopslag van 50% op kosprys verkoop.
       2.     ŉ Kredietnota vir R12 000 is aan ŉ debiteur uitgereik vir die
              terugbesorging van goedere, wat totaal beskadig is. Geen inskrywings is
              vir hierdie transaksie gemaak nie.
       3.     Lolo het voorraad teen kosprys, R4 800, vir haar eie gebruik geneem. Dit
              is nog nie opgeteken nie.
       4.     Die voorraadopname het aan die lig gebring dat die volgende op
              30 Junie 2019 voorhande was:
              x Handelsvoorraad, R406 100
              x Skryfbehoeftes, R500
              x Verbruiksgoedere, R800
       5.     x Die volgende inskrywings verskyn in die bankstaat vir Junie, maar was
                  nog nie in die boeke van die onderneming opgeteken nie:
              x Bankkoste, R1 000,
              x ŉ Direkte deposito van ŉ debiteur wie se skuld voorheen as oninbaar
                  afgeskryf is, R1 200.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     REKENINGKUNDE V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

       6.    ŉ Debiteur, C. Coward, is insolvent verklaar. Hy skuld R1 500. Sy insolvente
             boedel sal 60c in die rand uitbetaal en die res moet as oninbaar afgeskryf
             word.
       7.    Die huurinkomste is op 1 Maart 2019 met R900 verhoog. Die huurder het
             nog nie die huur vir Junie 2019 betaal nie.
       8.    Uitstaande rente op vaste deposito moet in ag geneem word. Die vaste
             deposito is op 1 Oktober 2018 belê. Rente op vaste deposito word nie
             gekapitaliseer nie.
       9.    ŉ Versekeringspremie van R5 600 is op 1 April 2019 vir die tydperk
             1 April 2019 tot 31 Oktober 2019 betaal.
       10.   Die leningstaat van BM Bank op 30 Junie 2019 dui die volgende aan:

                 Saldo op 1 Julie 2018                                       R665 600
                 Totale betalings vir die jaar, rente ingesluit              R103 200
                 Saldo op 28 Junie 2019                                      R652 000

             x  Die rente vir die jaar moet gekapitaliseer word.
             x  R70 000 word as kapitaal in die volgende finansiële jaar op die lening
                afbetaal.
       11.   Waardevermindering vir die jaar beloop R195 150.
       12.   Die telefoonrekening vir Junie 2019 is nie betaal nie, R1 600.
       13.   Die eienaar het ŉ verdere R100 000 in die onderneming belê om haar
             kapitaalbydrae te verhoog. Dit is behoorlik opgeteken.

                                                                                                 73

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         REKENINGKUNDE V1                                   7

 VRAAG 3: REKENINGKUNDIGE BEGRIPPE EN VERTOLKING
                                             (27 punte; 22 minute)

 3.1   REKENINGKUNDIGE BEGRIPPE

       Dui aan waar ELK van die volgende items in die finansiële state geplaas sal
       word deur 'n term uit die onderstaande lys te kies. Skryf slegs die antwoord
       langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               bedryfsuitgawes; bedryfsbates; niebedryfslaste; bedryfsinkomste;
                                niebedryfsbates; bedryfslaste

       3.1.1    Beleggings soos ŉ vaste deposito teen 8% p.j. rente oor ŉ tydperk van
                vyf jaar.

       3.1.2    Handelsvoorraadsurplus.

       3.1.3    Verbandlenings om die aankoop van nuwe eiendom te finansier.

       3.1.4    Verbruiksgoedere wat nie aan die einde van ŉ finansiële jaar gebruik
                word nie.                                                                (4)

 3.2   Die inligting is uit die rekeningkundige rekords van Asanda’s geneem op
       28 Februarie 2019, die einde van die finansiële jaar.

       GEVRA:

       3.2.1    Bereken die volgende finansiële aanwysers.

                x    Bedryfswins op verkope                                              (3)
                x    Vuurproefverhouding                                                 (3)
                x    Opbrengs op die gemiddelde eienaarsbelang                           (5)

       3.2.2    Lewer kommentaar of die onderneming minder of meer winsgewend
                was as verlede jaar. Haal ŉ finansiële aanwyser met syfers aan om jou
                mening te staaf.                                                         (3)

       3.2.3    Lewer kommentaar op die likiditeit van die onderneming. Haal TWEE
                finansiële aanwysers met syfers aan om jou mening te staaf.              (5)

       3.2.4    Dink jy die eienaar behoort tevrede te wees met die opbrengs op die
                gemiddelde eienaarsbelang? Verduidelik deur syfers aan te haal.          (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 REKENINGKUNDE V1                  (EC/NOVEMBER 2019)

 A.    Inligting verkry uit die algemene grootboek van Asanda op 28 Februarie 2019.
       Die teiken winsopslag is 60% op die koste.

       Verkope                                                        R1 200 000
       Koste van verkope                                                 800 000
       Ander inkomste                                                    100 000
       Bedryfsuitgawes                                                   200 000
       Bedryfswins                                                       300 000
       Netto wins                                                        160 000
       Handelsvoorraad                                                   210 000
       Bedryfsbates                                                      400 000
       Vaste/Tasbare bates                                             2 100 000
       Niebedryfs/Langtermynlaste                                              ?
       Eienaarsbelang (01/03/2018)                                       400 000
       Eienaarsbelang (28/02/2019)                                       900 000
       Bedryfslaste                                                      240 000

 B.    Finansiële aanwysers op 28 Februarie:

                                                           2019         2018
        Bedryfskapitaalverhouding                         1,7 : 1      3,5 : 1
        Vuurproefverhouding                                  ?         1,6 : 1
        Solvensieverhouding                               1,6 : 1      2,9 : 1
        % opbrengs op die eienaarsbelang                     ?         34,2%
        % netto wins op verkope                           12,6%        18,3%
        % werklike winsopslag behaal                       50%          60%
        % bedryfswins op verkope                             ?          26%
        % bedryfsuitgawes op verkope                      16,7%         18%

                                                                                     27

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          REKENINGKUNDE V1                                    9

 VRAAG 4: SALARISJOERNAAL EN INTERNE BEHEER
                                                               (25 punte; 20 minute)
 4.1   SALARISSE

       Die volgende inligting is uit die rekords van EC Diensstasie vir April 2019
       gehaal.
       GEVRA:
       4.1.1    Voltooi die SALARISJOERNAAL van EC Diensstasie vir die maand
                van April 2019.                                                           (14)
       4.1.2    Hoeveel het dit EC Diensstasie in totaal gekos om D. Dan vir die
                maand April 2019 in diens te neem?                                         (4)
       4.1.3    Wat interne beheer betref, wat moet ŉ effektiewe beleid rakende
                salarisse en lone behels? Noem enige TWEE punte.                           (4)
       INLIGTING:
       A. Basiese salaris en aftrekkings:
        Werknemers                 C. Can            B. Breeze          D. Dan
         Basiese salaris          R122 400 p.j.   R10 000 p.m.     R144 000 p.j.
         Aftrekkings:
         SA Pensioenfonds                8%             8%              8%
         Care Mediesefonds               ?              ?               ?
         LBS                          R1 500        R1 250          R1 800
         WVF                              1%            1%             1%
         LET WEL:
         Mediesefonds is R500 per gesinslid per maand. C. Can is getroud met
         twee kinders, B. Breeze is onlangs getroud en D. Dan is ongetroud.

       B. Werkgewersbydraes:
       x EC Diensstasie het 10% van die werknemers se basiese salarisse tot SA
         Pensioenfonds bygedra.
       x EC Diensstasie dra op ŉ Rand vir Rand-basis tot die WVF by.
       x EC Diensstasie dra R2 by vir elke R1 wat die werknemer aan die Care
         Mediesefonds betaal.
 4.2   Die onderstaande salarisskaal is opgestel vir J. Jerry, ŉ sekuriteitswag wat
       op 1 Januarie 2019 by Let's Hope Handelaars werksaam was.

       R288 000 x R14 400 →R331 200 x R22 600→R376 400 x R28 400→R433 200

       GEVRA
       4.2.1    Wat is J. Jerry se maandelikse beginsalaris?                               (1)
       4.2.2    In watter jaar van diens sal J. Jerry ŉ jaarlikse salaris van R404 800
                verdien.                                                                   (2)

                                                                                            25

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com



### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
10                                 REKENINGKUNDE V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

                                      GRAAD 10
                                   REKENINGKUNDE:
     Brutowins x 100                 Brutowins      x 100              Nettowins x 100
     Verkope       1              Koste van verkope    1               Verkope       1

             Bedryfsuitgawes x 100                       Bedryfswins x 100
                  Verkope       1                         Verkope       1

           Bedryfsbates : Bedryfslaste                (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

          (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

                   Nettowins         x 100
                                                             Totale bates : Totale laste
                 Eienaarsbelang         1

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR10 ANSWERBOOK NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-answerbook-nov2019-afr-d/8fa03f4c-ba19-41cc-8d89-78279b0a1711) — Accounting · Addendum · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR10 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-memo-nov2019-english/a2e3ccb7-4ec3-44e1-be73-95a52cb7e1da) — Accounting · Memo · 2019 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qp-nov2019-eng-d/c0cfd296-feb7-4bf2-a5fc-869f7d9d7323) — Accounting · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 ACC P1 ENG Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-acc-p1-eng-nov-2019/86646f19-be15-4f4f-8ae6-7106637f148b) — Accounting · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 ACC P1 AFR Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-acc-p1-afr-nov-2019/574600ef-4b75-4bcd-b056-680b624df038) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR10 ANSWERBOOK NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-answerbook-nov2019-afr-d/244ba27c-0c4d-4175-af28-36cf834b76f4) — Accounting · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Accounting P1 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-1/3312807c-6e7e-4245-94b1-2ab99c2d85b9) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-2/5e4e6d3c-6636-4866-91a5-260e70a7da2d) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2/3383a451-2987-495f-a231-c33f8e26ed72) — Memo · 2026 · Eng
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
