# Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-final-watermark/cb46af5b-88e9-4867-9cf2-aac736301ec1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-final-watermark/cb46af5b-88e9-4867-9cf2-aac736301ec1)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWERBOOK NOVEMBER 2023 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answerbook-november-2023-afrikaans-final/48a9c62d-44fe-4bcf-b849-66228902a934) — Addendum · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                          NOVEMBER 2023

                      REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend ŉ
                     formuleblad en ŉ 8 bladsy-antwoordeboek.

### Page 2

2                                    REKENINGKUNDE V1                      (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
     beantwoord.

3.   ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
     aangeheg.

4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
     beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                           TYD
       VRAAG                     ONDERWERP                    PUNTE
                                                                         (minute)
                     Rekeningkundige vergelyking en Vaste
           1                                                    20          15
                     bate-nota

           2         Staat van Omvattende Inkomste              45          40

                     Staat van Finansiële Posisie en Notas
           3                                                    50          40
                     tot Finansiële State
                     Finansiële aanwysers en Vertolking van
           4                                                    35          25
                     Finansiële State

                                                   TOTAAL      150         120

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2023)   REKENINGKUNDE V1                   3

                 HOU HIERDIE
                 BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  REKENINGKUNDE V1                        (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 1:      REKENINGKUNDIGE VERGELYKING EN VASTE BATE-NOTA
                                                     (20 punte; 15 minute)

1.1   REKENINGKUNDIGE VERGELYKING

      GEVRA:

      Voltooi die tabel wat verskaf word om die effek op die rekeningkundige
      vergelyking vir die transaksies hieronder gelys aan te dui. Volg die voorbeeld
      wat verskaf word.                                                                  (8)

      LET WEL: Neem aan dat die banksaldo ongunstig is en die deurlopende
               voorraadstelsel in gebruik is vir alle transaksies.

      Voorbeeld: Koop handelsvoorraad op krediet.

      1.1.1   Die rekening van ŉ debiteur wat nie opgespoor kon word nie, moet as
              oninbaar afgeskryf word.

      1.1.2   Belas die agterstallige rekening van ŉ debiteur met rente.

      1.1.3   ŉ Vennoot, M Stick, het skryfbehoeftes uit die kantoor vir eie gebruik
              geneem.

      1.1.4   Die kredietsaldo van ŉ debiteur moet na sy rekening in die
              krediteuregrootboek oorgeplaas word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2023)                     REKENINGKUNDE V1                                         5

1.2   VASTE (TASBARE) BATES

      Die inligting het betrekking op SANDI BROERS vir die finansiële jaar geëindig
      28 Februarie 2023.

      GEVRA:

      Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur (i) tot (iii) op die Vaste Bate-nota.     (12)

      INLIGTING:

      A. Nota tot die Staat van Finansiële Posisie:

      VASTE BATES                          GEBOUE           VOERTUIE       TOERUSTING

      Drawaarde (1 Maart 2022)                                1 190 000          360 000
      Kosprys                                    (i)          1 950 000          970 000
      Opgehoopte waardevermindering                     0     (760 000)        (610 000)
      Bewegings
      Byvoegings                                500 000               0         270 000
      Vervreemdings                                   0             (ii)               0
      Waardevermindering                              0       (270 000)             (iii)
      Drawaarde (28 Feb. 2023)
      Kosprys                                 6 150 000
      Opgehoopte waardevermindering

      B. Addisionele Inligting

           •    Waardevermindering word soos volg bereken:
                Toerusting – 10% p.j. op drawaarde.
                Voertuie – 15% p.j. op kosprys.

           •    Gedurende die finansiële jaar is uitbreidings aan die geboue voltooi.

            •   ŉ Ou voertuig, kosprys R300 000, is teen drawaarde op
                31 Augustus 2022 verkoop. Die opgehoopte waardevermindering op
                die voertuig was R240 000 op 1 Maart 2022.

            •   Nuwe toerusting is op 1 November 2022 aangekoop.

                                                                                              20

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                                    REKENINGKUNDE V1                            (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 2:      STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE                                (45 punte; 40 minute)

2.1   Kies ŉ AARP-beginsel uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM A                                   KOLOM B
      2.1.1   Inkomste en uitgawes moet in die huidige        A   Wesenlikheid
              finansiële jaar aangeteken word

      2.1.2   Sake van die eienaar van ŉ besigheid moet B         Besigheids-entiteit
              apart van die rekords van die besigheid
              gehou word

      2.1.3   Finansiële inligting relevant tot ŉ leser van   C   Paring
              finansiële state moet afsonderlik
              geopenbaar word

      2.1.4   Die aanname dat die besigheid in die            D   Omsigtigheid
              toekoms sal voortgaan

                                                              E   Lopende saak
                                                                                        (4 x 1)   (4)

2.2   GOVEA HANDELAARS

      Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023.

      GEVRA:

      Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
      28 Februarie 2023.                                                                          (41)

      LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingeskryf.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2023)                      REKENINGKUNDE V1                                       7

INLIGTING:
A.    Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2023
     Kapitaal: Govner                                                            595 750
     Kapitaal: Veaner                                                            595 750
     Handelsvoorraad                                                             242 650
     Debiteurekontrole                                                           168 250
     Voorsiening vir oninbare skulde                                              10 150
     Krediteurekontrole                                                          225 600
     Verkope                                                                   5 701 320
     Koste van verkope                                                         3 563 350
     Huur inkomste                                                                82 100
     Verbruiksgoedere                                                             41 450
     Rente op vaste deposito                                                      53 250
     Rente op agterstallige rekening van debiteure                                 4 250
     Rente op lening                                                                   ?
     Versekering                                                                  43 150
     Salarisse en lone (insluitend werkgewersbydrae)                             896 250
     Oninbare skulde                                                               8 990
     Oninbare skulde verhaal                                                       1 890
B.   Die volgende aansuiwerings is nie deur die boekhouer in ag geneem nie:
     (i)      Beskadigde goedere met ŉ kosprys van R3 500 is teen ŉ winsopslag van
              50% op kosprys verkoop.
     (ii)     Voorraad ter waarde van R17 400 is tydens ŉ inbraak op 15 Februarie 2023
              gesteel. Die versekeringsmaatskappy het ingestem om 80% van die
              voorraadwaarde in Maart 2023 te betaal.
     (iii)    Voorraadopnames op 28 Februarie 2023 het die volgende aan die lig
              gebring:
              •   Handelsvoorraad, R214 500
              •   Verbruiksgoedere gedurende die finansiële jaar gebruik, R35 350.
     (iv)     ŉ Debiteur wie se rekening as oninbaar afgeskryf is, het die bedrag van
              R810 betaal. Dit is verkeerdelik in die oninbare skuldrekening gekrediteer.
     (v)      Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R8 150 verminder word.
     (vi)     Versekering sluit ŉ premie van R4 950 in vir die tydperk 1 Januarie 2023 tot
              30 Junie 2023.
     (vii)    Huur inkomste sluit die huur vir Maart 2023 in.
              LET WEL: Huur is verhoog met R250 op 1 Oktober 2022.
     (viii)   Een werknemer is verkeerdelik uit die salarisjoernaal weggelaat. Die
              besonderhede van sy salaris is soos volg:
                     Netto salaris        Totale aftrekkings               Bydraes
                       R24 500           30% van bruto salaris             R3 850
     (ix)     Diverse uitgawes is die balanserende syfer.
                                                                                              45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 REKENINGKUNDE V1                         (EC/NOVEMBER 2023)

 VRAAG 3:      STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN NOTAS
               TOT FINANSIËLE STATE                                 (50 punte; 40 minute)

 Vennote H. Hockey en T. Tennis is eienaars van die besigheid Ball Sport Traders.
 Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023.

 GEVRA:

 3.1    Bereken die rente op kapitaal van Vennoot Hockey.                                 (4)

 3.2    Voltooi die Privaatrekening-nota op 28 Februarie 2023.                           (17)

 3.3    Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 2023.                   (29)

        LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingeskryf.

 INLIGTING:

 A.     Uittreksel uit die rekords op 28 Februarie 2023

        Kapitaal: Hockey                                                 R 1 680 000
        Kapitaal: Tennis                                                   1 120 000
        Privaatrekening: Hockey Dr)                                           32 670
        Privaatrekening: Tennis (Kr)                                          58 030
        Onttrekkings: Hockey                                                 623 150
        Onttrekkings: Tennis                                                 563 250
        Verbandlening                                                              ?
        SAID (LBS)                                                            75 330
        Vaste bates teen drawaarde                                                 ?
        Vaste deposito: Gold bank                                            582 000
        Voorraad                                                             286 400
        Debiteurekontrole                                                    204 600
        Voorsiening vir oninbare skulde                                       10 230
        Bank (Kr)                                                            101 500
        Wisselgeld                                                            20 200
        Pensioenfonds                                                         75 330
        Vooruitbetaalde uitgawes                                              62 420
        Opgelope uitgawes                                                     32 700
        Krediteurekontrole                                                   763 860
        Wins en verlies                                                    1 490 120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2023)                      REKENINGKUNDE V1                                       9

 B.    Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende:

       (i)     Vennote het ŉ jaarlikse salaris van R480 000 ontvang. Die werklading van
               T. Tennis is egter vanaf 1 Januarie 2023 verminder en daarom is sy salaris
               met R15 000 p.m., vanaf daardie datum verminder.

       (ii)    Vennoot Hockey is geregtig op ŉ bonus van 80% van sy maandelikse
               salaris.

       (iii)   Rente op kapitaal moet teen 12% p.j. bereken word.
               Let daarop dat Vennoot Hockey sy kapitaalbydrae verhoog het met
               R200 000 op 1 September 2022. Hierdie transaksie is gedurende die jaar
               aangeteken.

       (iv) Die oorblywende wins / verlies moet gelykop tussen die vennote verdeel
            word.

 C.    Onttrekkings:

       Vennoot Hockey het handelsvoorraad vir sy eie gebruik geneem. Die kosprys
       van hierdie goedere was R3 500 maar is aangeteken as R5 300. Dit moet
       reggestel word.

 D.    Addisionele Inligting:

       (i)     20% van die vaste deposito verval op 30 Junie 2023.

       (ii)    Die leningstaat wat op 28 Februarie 2023 ontvang is, het die volgende
               aangedui:

               Openingsalsdo aan die begin van die jaar                       R 710 500
               Rente gekapitaliseer gedurende die jaar                           78 200
               Terugbetalings, insluitend rente, gedurende die jaar             178 900
               Eindsaldo aan die einde van die jaar                                   ?

               Die onderneming beplan om 15% van die leningsaldo oor die volgende
               finansiële jaar af te betaal.

 E.    Vaste bates teen drawaarde is die balanseerende syfer.

                                                                                              50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                                  REKENINGKUNDE V1                        (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 4:     FINANSIËLE AANWYSERS EN VERTOLKING
             VAN FINANSIËLE STATE                                    (35 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van die inligting van Yoyo Vennote vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2023.

GEVRA:

4.1   Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2023:

      •   % Bedryfsuitgawes op verkope                                                      (2)
      •   Vuurproefverhouding                                                               (4)
      •   Skuld-ekwiteitverhouding                                                          (3)
      •   % Opbrengs op gemiddelde vennote (eienaars-) ekwiteit                             (5)

      LET WEL:       Verskaf syfers, tendense, finansiële aanwysers of berekeninge in
                     ELKE geval, om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.

4.2   Verduidelik of die besigheid sy uitgawes doeltreffend bestuur. Identifiseer
      TWEE finansiële aanwysers (met syfers) om jou verduideliking te ondersteun.           (6)

4.3   Vennoot Yozo is bekommerd oor die likiditeitsposisie. Verduidelik of hy
      geregverdig is of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers aan, met syfers.                (6)

4.4   Die vennote het die maandelikse paaiemente op die lening verhoog. Verduidelik
      die effek hiervan op die finansiële risiko van die onderneming. Haal EEN
      finansiële aanwyser aan met syfers ter ondersteuning van jou verduideliking.          (4)

4.5   Verduidelik of die vennote tevrede moet wees met die % opbrengs wat deur hul
      belegging in hierdie vennootskap verdien word. Haal EEN finansiële aanwyser
      aan, met syfers.                                                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2023)                   REKENINGKUNDE V1                                    11

INLIGTING:

A.     Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
       28 Februarie:

                                                           2023            2022
       Verkope                                             3 380 400      2 670 000
       Bruto wins                                          1 352 160      1 201 500
       Bedryfsuitgawes                                       845 100       774 300
       Netto wins vir die jaar                               591 570        347 100

B.     Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie:

                                                           2023           2022
       Bedryfsbates                                          557 800        656 480
       Voorraad (slegs handelsvoorraad)                      231 800        350 600
       Handels- en ander ontvangbares                        183 400        142 600
       Kontant en kontantekwivalente                         142 600        163 280
       Vennote se Ekwiteit                                 2 176 210      1 945 920
       Kapitaal: Yoza                                      1 520 000      1 100 000
       Kapitaal: Yoga                                        600 000        800 000
       Privaatrekening: Yoza                                  36 010         20 000
       Privaatrekening: Yoga                                  20 200         25 920
       Lening: Komani bank                                 1 300 200      1 500 000
       Bedryfslaste                                          278 900        410 300

C.     Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie:

                                                           2023            2022
       % bruto wins op verkope                             40%             45%
       % bedryfsuitgawes op verkope                         ?              29%
       % Netto wins op verkope                            17,5%            13%
       Bedryfsverhouding                                   2:1            1,6 : 1
       Vuurproefverhouding                                  ?             0,7 : 1
       Debiteure-invorderingperiode                       29 dae          36 dae
       Skuld-ekwiteitverhouding                             ?             0.7 : 1
       % Opbrengs op vennote (eienaars) ekwiteit            ?             17,8%

D.     Addisionele Inligting:

       Rente op lening                                     11%             11%
       Rente op vaste deposito                             8%              8%

                                                                                         35

                                                                            TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                                         REKENINGKUNDE V1                                (EC/NOVEMBER 2023)

      GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE ANWYSERS

      Brutowins       100                    Brutowins             100                Nettowins           100
                  x                                           x                                       x
      Verkope         1              Koste van Verkope              1                  Verkope               1

            Bedryfsuitgawes          100                                 Bedryfswins       100
                                 x                                                     x
                  Verkope            1                                     Verkope           1

       Totale verdienste per vennoot                    100              Nettowins                    100
                                                   x                                             x
Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot                   1     Gemiddelde eienaarsbelang                  1

           Bedryfsbates : Bedryfslaste                            (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

          (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

            Gemiddelde debiteure             365                     Gemiddelde krediteure           365
                                         x                                                       x
                  Kredietverkope              1                          Kredietaankope              1

     Gemiddelde voorraad     x       365 of        12                       Koste van verkope
      Koste van verkope                  1                                 Gemiddelde voorraad

       Langtermynlenings : Eienaarsbelang                                Totale bates : Totale laste

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2020-afrikaans-docx/eeaf8539-72ee-46a7-8495-615b05451a2d) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Grade 11 ACC P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 11 Accounting P1 (AFR) 2023 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p1-afr-2023-answer-book/fc83e345-de39-459b-ab29-68db41a4266c) — Addendum · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
