# Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2024-afr-d-watermark/ccfa0b2e-2ae2-436e-99bb-7ab8424a0232
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2024-afr-d-watermark/ccfa0b2e-2ae2-436e-99bb-7ab8424a0232)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                         NOVEMBER 2024

                     REKENINGKUNDE V1

PUNTE: 150

TYD:   2 uur

                               *IACCNA1*

               Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, insluitend
                 ƌ formuleblad en ƌ 7 bladsy-antwoordeboek.

               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  REKENINGKUNDE V1                         (EC/NOVEMBER 2024)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     ƌ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
        beantwoord.

 3.     ƌ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
        vraestel aangeheg.

 4.     Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.     Jy mag ƌ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Jy mag ƌ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.     Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

 9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ƌ riglyn wanneer jy die vraestel
        beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                               TYD
         VRAAG                     ONDERWERP                       PUNTE
                                                                             (minute)
             1       Vaste bates en interne beheer                   25          20
                     Begrippe en Staat van Omvattende
             2                                                       50          40
                     Inkomste
                     Staat van Finansiële Posisie en Notas tot
             3                                                       40          30
                     Finansiële State
                     Finansiële aanwysers en Vertolking van
             4                                                       35          30
                     Finansiële State
                                                       TOTAAL        150        120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                    REKENINGKUNDE V1                                      3

VRAAG 1:       VASTE BATES EN INTERNE BEHEER                           (25 punte; 20 minute)

Die volgende inligting het betrekking op Asande Handelaars vir die jaar geëindig 29
Februarie 2024.

GEVRA:

1.1 Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i) tot (iv) in die vaste bate-nota
    aangedui word.                                                                         (12)

1.2 Stel die Bateverkoperekening op.                                                        (7)

1.3 Bereken die persentasie toename in die waarde van Grond en Geboue indien hul
    markwaarde soos op 29 Februarie 2024, R5 500 000 beloop.                                (4)

1.4 Die eienaar merk op dat die kilometers op een van die voertuie uiters hoog is. Hy
    het dus tot die gevolgtrekking gekom dat die bestuurder die voertuig misbruik.
    Stel TWEE interne beheermaatreëls voor wat geimplementeer kan word om die
    besigheid teen die misbruik van voertuie te beskerm.                                    (2)

     INLIGTING:

     A. Vastebatenota:                   GROND EN        TOERUSTING       VOERTUIE
                                          GEBOUE
     Drawaarde op 1 Maart 2023                                (ii)              200 000
     Koste                                     (i)             600 000          680 000
     Opgehoopte waardevermindering                             180 000          480 000
     Byvoegings teen koste                     750 000           90 000         120 000
     Vervreemding teen drawaarde                                                (iv)
     Waardevermindering vir die jaar                         (iii)
     Drawaarde op 29 Februarie 2024        4 000 000
     Koste                                 4 000 000          690 000           440 000
     Opgehoopte
     waardevermindering

     B. Inligting uit die Vastebateregister:

     x Waardevermindering word soos volg bereken:
       - Op toerusting teen 10% p.j. op verminderdesaldo-metode.
       - Op voertuie teen 12% p.j. op koste.
     x Nuwe toerusting is op 1 Julie 2023 aangekoop. Geen toerusting is verkoop
       nie.
     x Geen grond en geboue is gedurende die jaar verkoop nie.
     x ƌ Afleweringsvoertuig is op 31 Desember 2023 vir R115 000 kontant verkoop.
     Besonderhede wat uit die bateregister oor hierdie voertuig onttrek is:

         Kosprys                                                       ?
         Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2023               R215 000
                                                                                           25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                REKENINGKUNDE V1                        (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 2: BEGRIPPE EN STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE
                                              (50 punte; 40 minute)
2.1 Kies die konsepte in KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM A pas.
    Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) op die
    ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 2.1.6 G
                               KOLOM A                            KOLOM B
     2.1.1   ƌ Vaste bedrag vir waardevermindering       A   Drawaarde
             word elke jaar op vaste bates afgeskryf
     2.1.2   ƌ Aparte rekord word vir elke bate in die   B   Waardevermindering
             besigheid gehou
     2.1.3   Die vervreemde bate sal teen hierdie        C   Waardevermindering op
             waarde in die rekeningkundige rekords           kosprys
             weerspieël word
     2.1.4   Die waarde wat ƌ bate gedurende die jaar    D   Historiese kostebeginsel
             verloor
     2.1.5   In die nota vir vaste bates word die        E   Vastebateregister
             oorspronklike kosprys getoon
                                                         F   Besigheidsentiteitsreël
                                                                               (5 x 1) (5)
2.2 Die volgende inligting hou verband met Eshowe Handelaars. Hul finansiële jaar
    eindig op 30 Junie 2024.
     GEVRA:
     Stel die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 30
     Junie 2024 op.                                                                       (45)
     A. INLIGTING:
     Lys van sommige van die saldo’s en totale van Eshowe                      R
     Handelaars op 30 Junie 2024.
     Handelsvoorraad                                                          371 000
     Toerusting                                                               118 000
     Voertuie                                                                 450 000
     Debiteurkontrole                                                          88 480
     Vastedeposito: AC Bank                                                   120 000
     Voorsiening vir oninbare skulde (1 Julie 2023)                             4 444
     Lening: Amazing Bank                                                           ?
     Verkope                                                                1 696 080
     Koste van verkope                                                        998 000
     Salarisse en lone                                                        156 000
     Versekering                                                               56 400
     Telefoon                                                                  18 000
     Huur inkomste                                                             95 600
     Verpakkingsmateriaal                                                      21 450
     Oninbare skulde verhaal                                                      640
     Werkgewersbydraes                                                         54 000
     Oninbare skulde                                                            3 450
     Bankkoste                                                                  5 800
     Korting toegestaan                                                         1 200
     Rente op vaste deposito                                                        ?
     Diverse uitgawes                                                          34 000

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                       REKENINGKUNDE V1                                     5

B   Aansuiwerings en addisionele inligting.
    (i)      ƌ Kredietnota vir goedere wat R2 800 kos, uitgereik aan ƌ debiteur is nie
             aangeteken nie. Goedere is teen ƌ winsopslag van 60% op kosprys verkoop.
             Goedere is terug op die rakke geplaas.
    (ii)     ƌ Brand het in die stoorkamer ontstaan en goedere wat R18 000 gekos het,
             vernietig. Die versekeringsmaatskappy het ingestem om 85% van die totale
             eis te betaal. Geen inskrywings is gemaak nie.
    (iii)    Voorraadtelling op 30 Junie 2024 het die volgende aan die lig gebring:
             Handelsvoorraad           R358 000
             Verpakkingsmateriaal      R4 000
    (iv)     ƌ Debiteur A. Susan is insolvent verklaar. Haar boedel het R480 betaal, wat
             30 sent in die rand verteenwoordig, uit die insolvente boedel, wat behoorlik
             aangeteken is. Die balans moet nog as oninbaar afgeskryf word.
    (v)      Voorsiening vir oninbare skulde moet teen 5% van uitstaande debiteure
             bereken word.
    (vi)     Ingesluit by die bedrag vir versekering is R4 800 wat vir die tweede en derde
             kwartaal van 2024 betaal is.
    (vii)    Huur is tot 31 Augustus 2024 ontvang. Die maandelikse huur is op 1 April 2024
             met 8% verhoog.
    (viii)   20% van die telefoonrekening was nog uitstaande.
    (ix)     Die salaris van ƌ werknemer, mnr Osana, is uit die Junie 2024-salarisjoernaal
             weggelaat. Sy salarisbesonderhede is soos volg:
             Netto salaris R7 800
             Aftrekkings R1 200
             Werkgewer se bydrae tot die WVF is 1% van die bruto salaris.

    (x)      Die volgende inligting verskyn in die bankstaat wat van IFM bank ontvang is:
             x Internetbankfooie, R420
             x Diensfooie, R880
    (xi)     Die volgende leningstaat is van Africa Bank ontvang:

              Saldo op 1 Julie 2023                                              280 000
              Maandelikse terugbetalings gedurende die jaar gemaak
              (rente ingesluit)                                                    4 500
              Rente gekapitaliseer                                                 ?
              Saldo op 30 Junie 2024                                             249 800

    (xii)    Maak voorsiening vir waardevermindering van R17 250.

    (xiii)   Die volgende finansiële aanwyser is aan die einde van die finansiële jaar
             bereken, nadat al die bogenoemde aansuiwerings aangeteken is:

             Persentasie Netto wins op verkope 22%.
                                                                                                   50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                     REKENINGKUNDE V1                        (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 3: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN NOTAS                         (40 punte; 30 minute)
3.1 Tiny-Tony Handelaars
     Die volgende inligting hou verband met Tiny-Tony Handelaars vir die finansiële
     jaar geëindig 30 September 2024.
     GEVRA:
     3.1.1   Stel die Handels- en Ander Ontvangbaresnota op.                                  (5)
     3.1.2   Stel die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie
             op 30 September 2024 op.                                                       (17)
             INLIGTING:

             A.      Die volgende saldo’s het onder andere in die Algemene
                     Grootboek van Tiny-Tony Handelaars op 30 September 2024
                     verskyn.

                     Kapitaal: Tiny (01/10/2023)                                210 000
                     Kapitaal: Tony (01/10/2023)                                230 000
                     Privaatrekening: Tiny (Kt.)                                 15 600
                     Privaatrekening: Tony (Dt.)                                  3 600
                     Handelsvoorraad                                            125 600
                     Debiteurekontrole                                           85 800
                     Lening: AMP Bank                                           180 000
                     Krediteurekontrole                                          79 500
                     Toerusting                                                 107 900
                     Bank (Kt)                                                    5 250
                     Kleinkas                                                       580
                     Opgelope inkomste                                            1 200
                     SARS: LBS                                                    3 980
                     Deposito vir elektrisiteit                                     620
                     Opgelope uitgawes                                              450
                     Pensioenfonds                                                1 210
                     Vooruitontvange inkomste                                       990

             B.      Aansuiwerings en addisionele inligting:

                     (i)    Die debietsaldo van A. Sign, R800, in die debiteuregrootboek
                            moet na hul rekening in die krediteuregrootboek oorgeplaas
                            word.

                     (ii)   Die lening van AMP Bank is oorspronklik op
                            1 Oktober 2022 ontvang en sou in gelyke maandelikse
                            paaiemente oor 5 jaar terugbetaal word. Terugbetalings is
                            tot op datum gemaak en aangeteken. Rente word nie
                            gekapitaliseer nie.

                     (iii) Tiny het halfpad deur die jaar addisionele toerusting ter
                           waarde van R40 000 in die vennootskap bygedra. Geen
                           inskrywings is in die boeke vir hierdie transaksie gemaak nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                        REKENINGKUNDE V1                                      7

3.2 BECO HANDELAARS

     Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van BECO
     Handelaars onttrek. Die winkel word deur Ben en Collin besit.

     GEVRA:

     Stel die Privaatrekeningnota op soos dit in die notas by die finansiële state vir
     die jaar geëindig 30 September 2024 sal verskyn.                                        (18)

     INLIGTING:

     A.    Die volgende saldo’s het op 30 September 2024 in die grootboek
           van BECO Handelaars verskyn:

           Kapitaal: Ben                                                        160 000
           Kapitaal: Collin                                                     190 000
           Privaatrekening: Ben (01/10/2023) (Dt.)                               13 500
           Privaatrekening: Collin (01/10/2023) (Kt.)                            29 000
           Onttrekkings: Ben                                                    119 600
           Onttrekkings: Collin                                                 105 550
           Wins en verlies                                                       ?

     B.    Aansuiwerings en addisionele inligting:

           (i)     Ben het op 31 Mei 2024 sy kapitaalbydrae met R40 000 kontant
                   verminder. Dit is in hul boeke aangeteken.

           (ii)    Collin het die goedere teruggegee wat nie vir sy persoonlike gebruik
                   geskik was nie, voordat die voorraadopname afgehandel is. Die
                   kosprys was R750. Geen inskrywing is in die boeke vir die goedere
                   wat teruggestuur is gemaak nie.

     C.    Vennootskapsooreenkoms:

           (i)     Vennote se salarisse:
                   Ben verdien ƌ maandelikse salaris van R8 500. Collin verdien 8%
                   minder as Ben.

           (ii)    Rente op kapitaal:
                   Rente op kapitaal word bereken teen 15% p.j. Let wel inligting B (i).

           (iii)   Bonus aan vennote:
                   Slegs Ben is geregtig om ƌ bonus van R15 300 aan die einde van
                   die finansiële jaar te ontvang.

           (iv) Oorblywende winste/verliese:
                Die oorblywende winste/verliese word tussen Ben en Collin in die
                verhouding 3 : 2 onderskeidelik gedeel. Collin se sekondêre
                verspreiding het R23 980 beloop.
                                                                                              40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                      REKENINGKUNDE V1                    (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
                                                   (35 punte; 30 minute)

Die volgende inligting is onttrek uit die rekeningkundige rekords van Mila Handelaars,
ƌ vennootskap tussen Mills en Langa. Hul finansiële jaar eindig elke jaar op die
laaste dag van Februarie.

GEVRA:

4.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 29 Februarie
    2024:

     4.1.1     % Bedryfsuitgawes op omset                                                  (3)

     4.1.2     Vuurproefverhouding                                                         (4)

     4.1.3     % Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang verdien deur vennote.               (5)

4.2 Verduidelik of die onderneming sy bedryfsaktiwiteite doeltreffend bestuur. Haal
    TWEE finansiële aanwysers met syfers aan.                                              (4)

     Verduidelik hoe die onderneming hul verkope in die toekoms kan verbeter. Haal
     EEN finansiële aanwyser aan.                                                          (2)

4.3 Die vennote het besluit om hul besigheidsaktiwiteite in 2024 te verhoog en het
    ingestem om ƌ lening aan te gaan. Verduidelik hoe hul besluit die finansiële
    risiko van die onderneming beïnvloed het. Haal EEN finansiële aanwyser met
    syfers aan.                                                                            (4)

     Verskaf TWEE voorstelle wat die vennote kan oorweeg in plaas van om die
     lening te verhoog.                                                                    (2)

4.4 Moet die vennote tevrede wees met die % opbrengs op hul belegging?
    Verduidelik en verskaf TWEE punte met relevante syfers.                                (5)

4.5 Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die onderneming vir 2024. Haal
    TWEE finansiële aanwysers met vergelykende syfers aan.                                 (6)

     INLIGTING:

     A.      Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste:

                                                          2024             2023
             Verkope                                      3 459 000         3 450 000
             Koste van verkope                            2 161 875         2 156 250
             Bedryfsuitgawes                                585 000           621 000
             Rente uitgawe                                   83 100            64 500
             Netto wins vir die jaar                        629 025           608 250

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                    REKENINGKUNDE V1                               9

     B.    Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:

                                                       2024        2023
           Nie-bedryfsbates (vaste bates)                810 000     670 000
           Voorraad                                      323 100     300 000
           Handels- en ander ontvangbares                223 100     175 000
           Kontant en kontantekwivalente                 100 000      25 000
           Kapitaalrekeninge                           2 550 000   1 830 000
           Privaatrekeninge                              120 000     140 000
           Verbandlening                               1 869 000     591 000
           Bedryfslaste                                  359 000     250 000

     C.    Finansiële aanwysers:

                                                        2024        2023
           % bedryfswins op verkope                    22,2%       19,5%
           % brutowins op koste van verkope             60%         60%
           % bedryfsuitgawes op verkope                  ?          18%
           Bedryfsverhouding                           1,8 : 1      2:1
           Vuurproefverhouding                           ?         0,8 : 1
           Voorraadomsetkoers                         5,2 keer     8 keer
           Debiteure-invorderingsperiode              56 dae       32 dae
           Krediteure-betalingperiode                 35 dae       40 dae
           Skuld-ekwiteit-verhouding                   0,7 : 1     0,3 : 1
           % opbrengs op vennoot se belang               ?          22%
           Rente op vaste deposito                     8,5%         7,5%
                                                                                   35

                                                                    TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                REKENINGKUNDE V1                         (EC/NOVEMBER 2024)

     GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

      Bruto wins x 100              Bruto wins     x 100                Netto wins x 100
      Verkope      1             Koste van verkope    1                 Verkope        1

             Bedryfsuitgawes x 100                         Bedryfswins x 100
                  Verkope       1                           Verkope       1

   Totale verdienste per vennoot    x 100                      Netto wins       x 100
 Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot 1                Gemiddelde eienaarsbelang 1

           Bedryfsbates : Bedryfslaste              (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

          (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

          Gemiddelde debiteure x 365                     Gemiddelde krediteure x 365
            Kredietverkope        1                         Kredietaankope        1

     Gemiddelde voorraad    x   365 of      12                 Koste van verkope
      Koste van verkope             1                         Gemiddelde voorraad

       Langtermynlenings : Eienaarsbelang                  Totale bates : Totale laste

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWERBOOK NOVEMBER 2023 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answerbook-november-2023-afrikaans-final/48a9c62d-44fe-4bcf-b849-66228902a934) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2020-afrikaans-docx/eeaf8539-72ee-46a7-8495-615b05451a2d) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Accounting · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng
- [Grade 11 ACC P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3) — Addendum · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
