# Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/12583458-757b-44ed-b818-66dccc55c934
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/12583458-757b-44ed-b818-66dccc55c934)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                             NOVEMBER 2025

                         REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, ŉ formuleblad
                             en ŉ 8 bladsy-antwoordeboek.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                 REKENINGKUNDE V1                        (EC/NOVEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
     beantwoord.

3.   ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
     aangeheg.

4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
     beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                           TYD
      VRAAG                    ONDERWERP                      PUNTE
                                                                         (minute)
                 Begrippe en Staat van Omvattende
          1                                                      55         45
                 Inkomste
                 Staat van Finansiële Posisie en Notas tot
          2                                                      50         40
                 die Finansiële State
                 Finansiële Aanwysers en Vertolking van
          3                                                      35         25
                 Finansiële State

          4      Besigheidsetiek en AARP-beginsels               10         10

                                                  TOTAAL        150         120

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                      REKENINGKUNDE V1                                      3

VRAAG 1: BEGRIPPE EN STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE
                                             (55 punte; 45 minute)

1.1 Vul die ontbrekende woord(e) in. Skryf slegs die woord(e) langs die
    vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

     1.1.1    ... is ŉ stel beginsels waarvolgens finansiële state opgestel word.

     1.1.2    ... is ŉ toegerekende uitgawe.

     1.1.3    ... is die oorblywende waarde van ŉ bate nadat dit ten volle afgeskryf is.

     1.1.4    Die ... beginsel bepaal dat alle inkomste wat verdien word en uitgawes
              wat aangegaan word, in dieselfde finansiële periode getoon moet word.          (4)

1.2 Die volgende inligting het betrekking op die finansiële rekords van Lee-way
    Handelaars. Hul finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

     GEVRA:

     Verwys na inligting B (i) en bereken die volgende:

     1.2.1    Wins of verlies met die verkoop van die voertuig.                              (5)

     1.2.2    Totale waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig
              30 Junie 2025.                                                                 (6)

1.3 Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 op.         (40)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                   REKENINGKUNDE V1                         (EC/NOVEMBER 2025)

INLIGTING:

A       Lys van sommige van die saldo’s en totale van Lee-way Handelaars op
        30 Junie 2025.

                                                                           R
         Lening                                                         1 455 000
         Handelsvoorraad                                                  264 000
         Voertuie                                                         580 000
         Toerusting                                                       450 000
         Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1/7/2024)             210 000
         Opgehoopte waardevermindering op toerusting                      168 000
         Vaste deposito: Amandla Bank (8,5%)                              180 000
         Voorsiening vir oninbare skulde (1/07/2024)                        9 296
         Debiteurekontrole                                                168 100
         Verkope                                                        8 230 200
         Koste van verkope                                                      ?
         Salarisse en lone                                                512 500
         Water en elektrisiteit                                            16 500
         Oninbare skulde                                                    7 100
         Huurinkomste                                                      98 800
         Versekering                                                       89 600
         Oninbare skulde verhaal                                            5 100
         Herstelwerk                                                       11 600
         Verbruiksgoedere                                                  18 000
         Rente op vaste deposito                                            4 000
         Rente op lening                                                        ?
         Diverse uitgawes                                                 174 500

B       Aansuiwerings en addisionele inligting:

(i)     Op 28 Februarie 2025 is ŉ ou voertuig vir R98 000 ingeruil vir ŉ nuwe een wat
        R180 000 kos. Die voertuig is oorspronklik vir R220 000 gekoop en die
        drawaarde daarvan op 1 Julie 2024 het R126 000 beloop. Geen inskrywing is
        in die boeke vir hierdie transaksie gemaak nie.

        LET WEL: Waardevermindering word teen 20% p.j. op die verminderde
                 saldo-metode bereken.

(ii)    Totale waardevermindering op toerusting ten bedrae van R89 400 moet nog in
        berekening gebring word.

(iii)   ŉ Kredietnota vir R2 200, uitgereik aan ŉ debiteur, A. Smuts, vir goedere wat
        onderweg heeltemal beskadig is, is nie aangeteken nie. Goedere word teen ŉ
        winsopslag van 120% op kosprys gemerk.

(iv)    Verskeie debiteure het agterstallige rekeninge gehad. Die besigheid het besluit
        om hul rekeninge ter waarde van R3 080 af te skryf.
        Voorsiening vir oninbare skulde moet dan aangesuiwer word tot 5% van
        debiteure.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                      REKENINGKUNDE V1                                      5

(v)     ŉ Bedrag van R3 800 wat vir herstelwerk aan die geboue betaal is, is
        verkeerdelik teen grond en geboue gedebiteer.

(vi)    Ongebruikte eiendom is op 1 September 2024 verhuur. Die huurder het huur
        vir Julie en Augustus vooruit betaal omdat sy met vakansie gegaan het.
        LET WEL: Huur is met R400 per maand verlaag vanaf Januarie 2025.

(vii)   ŉ Jaarlikse versekeringspremie is op 1 Oktober 2024 aan Ecco-versekeraars
        betaal. ŉ Verhoging van 10% is vanaf 1 Februarie in werking gestel volgens die
        getekende ooreenkoms.

(viii) ŉ Water- en elektrisiteitsrekening van R405 vir Junie 2025 is ontvang, maar
       nog nie betaal nie.

(ix)    ŉ Nuwe werknemer wat op 1 Junie 2025 by die besigheid aangesluit het, is uit
        die Salarisjoernaal gelaat.
        Aftrekkings bereken teen 18% van sy salaris het R3 600 beloop. Die besigheid
        dra ŉ totaal van R2 200 namens hierdie werknemer tot die WVF en
        pensioenfonds by.

(x)     Fisiese voorraadtelling op 30 Junie 2025 het die volgende aan die lig gebring:
        ● Handelsvoorraad voorhande, R259 500
        ● Verbruiksgoedere ter waarde van R13 250 is gedurende die jaar gebruik.

(xi)    ŉ Bykomende vaste deposito van R60 000 is halfpad deur die jaar by Amandla
        Bank geplaas. Hierdie transaksie is behoorlik aangeteken.
        Maak voorsiening vir die uitstaande rente.
                                                                                            55

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                    REKENINGKUNDE V1                        (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 2: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN NOTAS
                                                                (50 punte; 45 minute)

Vennote Osna en Long is eienaars van die besigheid, Oslo Handelaars.
Jy word voorsien van inligting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025.

GEVRA:

2.1 Voltooi die Handels- en ander Ontvangbares-nota op 28 Februarie 2025.                    (7)

2.2 Voltooi die Privaatrekeninge-nota op 28 Februarie 2025.                                (18)

2.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 2025.                         (25)

     INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die finansiële rekords op 28 Februarie 2025.

                                                                         R
       Kapitaal: Osna                                              450 000
       Kapitaal: Long                                              500 000
       Privaatrekening: Osna (1 Maart 2024)                         34 800 (Kt)
       Privaatrekening: Long (1 Maart 2024)                         28 900 (Dt)
       Onttrekkings: Osna                                          159 200
       Onttrekkings: Long                                           88 600
       Vaste bates teen drawaarde                                1 864 500
       Lening: Otto Bank                                                 ?
       Handelsvoorraad                                             296 400
       Debiteurekontrole                                           226 000
       Wisselgeld en kleinkas                                        5 600
       Spaarrekening                                               140 000
       Bankoortrekking                                                   ?
       Voorsiening vir oninbare skulde                               7 000
       Krediteurekontrole                                          119 800
       Opgelope uitgawes                                             6 900
       SAID: LBS                                                     7 750

B.   Vennootskapsooreenkoms het die volgende bepaal:

     (i)     Die vennote is geregtig op 12% rente op hul kapitaal. Osna het sy kapitaal
             verhoog deur R150 000 kontant op 1 September 2024 by te dra. Hierdie
             transaksie is in die boeke aangeteken.

     (ii)    Vennote is geregtig op ŉ salaris van R360 000 per jaar. Daar is egter
             besluit om Long se salaris met 15% per jaar te verhoog, effektief vanaf
             1 Desember 2024, weens verhoogde administratiewe pligte.

     (iii)   Vennote ontvang hul bonusse in Desember elke jaar en hulle is geregtig
             op ŉ bonus gelykstaande aan hul Desember salaris.

     (iv) Oorblywende winste of verliese word tussen die vennote verdeel deur hul
          kapitaalsaldo’s aan die einde van die jaar te gebruik. Long het R85 800 as
          sy sekondêre verdeling ontvang.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                      REKENINGKUNDE V1                                     7

C.   Onttrekkings:

     Geen inskrywings is in die boeke gemaak vir ŉ rekenaar wat op
     28 Februarie 2025 deur vennoot Long geneem is nie. Die volgende
     besonderhede is uit die Vaste Bateregister rakende die rekenaar verkry:
     • Kosprys, R18 000.
     • Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2024, R9 000.
     • Waardevermindering vir die huidige jaar op hierdie rekenaar was R1 400.

D.   Addisionele inligting:

     (i)     Debiteure met kredietsaldo’s van R3 800 moet na die krediteuregrootboek
             oorgeplaas word.

     (ii)    Ongebruikte skryfbehoeftes ter waarde van R1 200 is op
             28 Februarie 2025 deur ŉ voorraadopname aan die lig gebring.

     (iii)   Op 25 Februarie 2025 is voorraad met ŉ kosprys van R18 000 gesteel
             tydens ŉ inbraak by die pakhuis. Versekering het ingestem om 80% van
             die eis te betaal om die verlies te dek. Die bepalings en voorwaardes van
             die versekeringspolis bepaal dat versekeringseise 15 dae neem om
             verwerk te word vanaf die dag van indiening van die eis. Geen inskrywings
             is in die boeke gemaak om hierdie transaksie aan te teken nie.

     (iv) R2 800 ontvang van ŉ debiteur, A. Carl, wie se skuld voorheen afgeskryf
          is, is in die debiteurekontrolekolom in die Kontantontvangstejoernaal
          aangeteken en as sodanig geboek.

     (v)     Die leningsstaat wat op 28 Februarie 2025 van Otto Bank ontvang is, het
             die volgende getoon:

             Saldo op 1 Maart 2024                                           808 600
             Maandelikse terugbetalings, insluitend rente                     19 200
             Rente gekapitaliseer, gedurende die jaar                         96 000
             Saldo op 28 Februarie 2025                                            ?

             Die besigheid beplan om R60 000 van die leningsaldo gedurende die
             volgende finansiële jaar af te betaal.

     (vi) Die bedryfsverhouding is op 28 Februarie 2025 as 2,5 : 1 bereken.
                                                                                           50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                  REKENINGKUNDE V1                          (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 3: FINANSIËLE AANWYSERS; ONTLEDING EN VERTOLKING VAN
         FINANSIËLE STATE                    (35 punte; 25 minute)

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Asiya Clothing Boutique vir die jaar
geëindig 31 Desember 2025, tesame met vergelykende syfers vir 2024. Die besigheid
is in besit van twee vennote, Asmal en Yamiz.

GEVRA:

3.1 Hieronder is ŉ lys van begrippe wat vrae oor die vertolking van finansiële state
    beantwoord.

     Kies die begrip wat VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.4 beantwoord.

             Likiditeit, opbrengs op ekwiteit, hefboomfinansiering, solvensie,
                                  bedryfsdoeltreffendheid

     3.1.1   Is die besigheid ŉ goeie belegging vir die vennote?
     3.1.2   Het die besigheid beheer oor sy inkomste en uitgawes?
     3.1.3   In watter mate word die besigheid deur lenings gefinansier?
     3.1.4   Kan ŉ besigheid al sy skuld gemaklik afbetaal?                                 (4)

3.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig
    31 Desember 2025. Toon ALLE berekeninge.

     3.2.1   Bedryfsuitgawes op verkope                                                     (3)
     3.2.2   Vuurproefverhouding                                                            (4)
     3.2.3   Voorraadomsetsnelheid                                                          (5)

3.3 In al die vrae hieronder moet jy:
     Finansiële aanwysers, syfers en tendense aanhaal.
     3.3.1   Winsgewendheid
             Lewer kommentaar oor of die besluit wat deur die vennote geneem is
             rakende die winsopslag % wat behaal is, die besigheid bevoordeel het
             of nie. Haal syfers aan.                                                       (2)
     3.3.2   Likiditeit
             Lewer kommentaar oor die voorraadhoudingstydperk van die besigheid
             en die gemiddelde debiteure-invorderingstermyn. Stel maniere voor
             waarop dit in die toekoms verbeter kan word.                                   (6)
     3.3.3   Risiko en hefboomfinansiering
             Vennoot Asmal is van mening dat dit voordelig vir die besigheid was om
             die lening gedurende die jaar te betaal.
             •   Lewer kommentaar oor hoe hierdie besluit die risiko van die
                 besigheid beïnvloed het. Haal EEN finansiële aanwyser aan.                 (3)
             •   Behalwe vir die afbetaling van die lening, watter ander moontlikhede
                 kan vennote ondersoek wat ŉ positiewe impak op die finansiële risiko
                 van die besigheid sal hê? Noem TWEE punte.                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                   REKENINGKUNDE V1                                      9

     3.3.4    Opbrengs op eienaarsbelang
              Behoort vennoot Yamiz tevrede te wees met die opbrengste wat hy uit
              die vennootskap kry? Lewer kommentaar en haal EEN finansiële
              aanwyser aan.                                                               (4)

     INLIGTING:

     A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste

                                                     2025        2024
       Verkope                                     1 760 000   1 410 000
       Bruto wins                                    660 000     528 750
       Bedryfsuitgawes                               334 400     296 100
       Bedryfswins                                   385 100     360 000
       Netto wins vir die jaar                       325 600     318 400

     B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie

                                                     2025        2024
       Nie-bedryfsbates                            2 334 000   2 140 000
       Bedryfsbates
       Voorrade                                      304 000     256 000
       Handels- en ander ontvangbares                236 000     196 400
       Kontant en kontantekwivalente                 165 600     209 000
       Vennote se belang                             651 200     626 800
       Nie-bedryfslaste                              395 000     490 000
       Bedryfslaste                                  596 000     401 200

     C. Finansiële aanwysers

                                                     2025         2024
       Bedryfsuitgawes op omset                       ?           21%
       Winsopslag % behaal                           60%          70%
       Bedryfsverhouding                            2,1 : 1      2,2 : 1
       Vuurproefverhouding                            ?          1,0 : 1
       Voorraadomsetsnelheid                          ?         5,4 keer
       Skuld-ekwiteitsverhouding                    0,6 : 1      0,7 : 1
       Voorraadhoudingstydperk                      94 dae       68 dae
       Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn      45 dae       32 dae
       Gemiddelde krediteure-betalingstermyn        40 dae       40 dae
       Opbrengs op vennote se belang                 51%         49,8%
       Opbrengs verdien deur vennoot Asmal           26%         29,4%
       Opbrengs verdien deur vennoot Yamiz           25%         20,4%
       Rentekoers op lenings                        13,5%        13,5%
       Rentekoers op vaste deposito                 12,5%        11,5%
                                                                                         35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                REKENINGKUNDE V1                        (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 4: BESIGHEIDSETIEK EN AARP-BEGINSELS                   (10 punte; 10 minute)

     Jose en Roman is vennote in die besigheid genaamd Joeman Handelaars. Hulle
     het drie jaar gelede hul besigheid begin wat skootrekenaars verkoop en herstel.
     Hulle het ooreengekom en besigheidsetiek en ŉ gedragskode opgestel wat deur
     alle lede gevolg moet word.
     Roman het onlangs ŉ sakeooreenkoms met ŉ nuwe verskaffer van Noordwes
     aangegaan wat belowe het om hom beter aanbiedinge op skootrekenaars en
     verbruiksgoedere te kry, mits hy tot ŉ paar bepalings en voorwaardes instem.
     Terme en voorwaardes het die volgende ingesluit:
     Die besigheid moet instem om goedere van nie minder as R100 000 elke maand
     te bestel nie, maar slegs 50% hiervan moet in die besigheidsboeke aangeteken
     word en die res sal verkoop word en die opbrengs sal tussen Roman en die
     verskaffer verdeel word. Roman sal ook ŉ aansporing van R10 000 elke maand
     van die verskaffer kry.

     Roman het ook ŉ skootrekenaar vir sy dogter geneem, maar het nie hierdie
     transaksie in die boeke van die besigheid aangeteken nie en ook nie vir sy
     vennoot Jose daarvan vertel nie.

4.1 Verduidelik wat met die begrip ‘besigheidsetiek’ bedoel word.                         (2)

4.2 Watter AARP-beginsel het Roman oortree toe hy ŉ skootrekenaar van die
    besigheid geneem het, maar hierdie transaksie nie aangeteken het nie?
    Verduidelik hierdie beginsel kortliks om jou antwoord te staaf.                       (2)

4.3 Verduidelik watter bekommernisse Jose moet hê wanneer hy van sy vennoot se
    optrede uitvind. Noem DRIE punte.                                                     (6)
                                                                                         10

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2025)                       REKENINGKUNDE V1                                  11

     GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE ANWYSERS

      Brutowins x 100              Brutowins      x 100                 Nettowins x 100
      Verkope      1            Koste van verkope    1                  Verkope      1

              Bedryfsuitgawes x 100                           Bedryfswins x 100
                   Verkope       1                              Verkope      1

   Totale verdienste per vennoot    x 100                   Nettowins         x 100
 Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot 1              Gemiddelde eienaarsbelang 1

            Bedryfsbates: Bedryfslaste              (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste

          (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste

             Gemiddelde debiteure x 365                 Gemiddelde krediteure x 365
               Kredietverkope        1                     Kredietaankope        1

    Gemiddelde voorraad     x   365 of      12                 Koste van verkope
     Koste van verkope           1           1                Gemiddelde voorraad

       Nie bedryfslaste : Eienaarsbelang                    Totale bates : Totale laste

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWERBOOK NOVEMBER 2023 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answerbook-november-2023-afrikaans-final/48a9c62d-44fe-4bcf-b849-66228902a934) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2020-afrikaans-docx/eeaf8539-72ee-46a7-8495-615b05451a2d) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Accounting · Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Accounting · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng
- [Grade 11 ACC P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3) — Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 11 Accounting P1 (AFR) 2023 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p1-afr-2023-answer-book/fc83e345-de39-459b-ab29-68db41a4266c) — Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 11 Accounting P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-afr-2023-possible-answers/c34ee48f-0b17-4afc-bbb3-efe1406a8eaf) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
