# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/c6a5692b-3cb0-464b-bb82-67d6ce83bfdd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/c6a5692b-3cb0-464b-bb82-67d6ce83bfdd)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                               JUNIE 2025

                      REKENINGKUNDE V1

PUNTE:      150

TYD:        2 uur

                                *JACCNA1*

                       Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye,
                    ŉ formuleblad en ŉ 9-bladsy antwoordeboek.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  REKENINGKUNDE V1                               (EC/JUNIE 2025)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
        beantwoord.

 3.     ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
        vraestel aangeheg.

 4.     Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.     Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

 9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
        beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                                  TYD
           VRAAG                      ONDERWERP                     PUNTE
                                                                                (minute)
                         Notas tot die Finansiële State en Staat
               1                                                       55           45
                         van Finansiële Posisie
                         Kontantvloeistaat en Finansiële
               2                                                       40           30
                         Aanwysers
               3         Vertolking van Finansiële State               40           30
               4         Korporatiewe Bestuur                          15           15

                                                        TOTAAL         150         120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/JUNIE 2025)                    REKENINGKUNDE V1                                           3

VRAAG 1: NOTAS TOT DIE FINANSIËLE STATE EN STAAT VAN FINANSIËLE
         POSISIE                                 (55 punte; 45 minute)

YAMIHLE BPK.

Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie 2025.

GEVRA:

1.1   Verwys na Inligting A.

      Bereken die ontbrekende bedrae wat deur (a) tot (d) in die Tasbare Bates Nota
      aangedui word.                                                                          (13)

1.2   Verwys na Inligting A, B en C. Stel die volgende op 28 Februarie 2025 op:

      x   Handels- en ander ontvangbares-nota                                                     (7)

      x   Behoue-inkomste-nota                                                                    (8)

      x   Staat van Finansiële Posisie                                                        (27)

      LET WEL:
      x Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingeskryf.
      x Syfers word NIE in die gekleurde gedeeltes vereis NIE.
      x Toon bewerkings.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                 REKENINGKUNDE V1                               (EC/JUNIE 2025)

INLIGTING:
A.   Tasbare Bates:

                                            Grond en        Voertuie       Toerusting
                                             geboue
     Koste                                     (a)               465 000         520 000
     Opgehoopte waardevermindering                             (418 500)
     Drawaarde (1 Maart 2024)                                     46 500
     Bewegings
     Toevoegings                                230 000         500 000                  0
     Vervreemdings                                                    0           (b)
     Waardevermindering                                         (c)              (39 280)
     Drawaarde (28 Februarie 2025)                              (d)              295 245
     Koste                                    1 780 000         965 000          450 000
     Opgehoopte waardevermindering

     x   Waardevermindering word soos volg bereken:
         - op voertuie teen 20% p.j. op koste
         - op toerusting teen 10% p.j. op verminderende saldo-metode

     x   ŉ Nuwe voertuig is op 1 Desember 2024 aangekoop.

     x   Toerusting wat op 1 Junie 2023 aangekoop is, is op 28 Februarie 2025 vir
         R61 500 kontant verkoop.

B.   Uittreksel: Saldo’s en totale uit die rekords op 28 Februarie 2025:

                                                                             R
     Gewone aandelekapitaal                                                            ?
     Behoue inkomste (1 Maart 2024)                                              298 000
     Vaste bates (drawaarde)                                                           ?
     Vaste deposito: Prince Bank                                                 135 500
     SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings)                     142 768
     Bank (gunstig)                                                                    ?
     Krediteurekontrole                                                          210 100
     Lening: Abu Bank                                                                  ?
     Handelsvoorraad                                                             736 090
     Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2024)                                8 200
     Netto handelsdebiteure                                                      328 590
     Versekering                                                                 184 100
     Huurinkomste                                                                187 440
     Direkteursfooie                                                             397 600
     Gewone aandele dividende                                                    108 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/JUNIE 2025)                           REKENINGKUNDE V1                                          5

C.    Aansuiwerings en addisionele inligting:

      (i)         Yamihle Bpk. betaal ŉ vaste maandelikse versekering aan ATR-
                  versekeraars. Versekering vir Maart en April 2025 is ook betaal.

      (ii)        Die huur vir Februarie 2025 is nog nie ontvang nie. Die huur het op
                  1 November 2024 met 12% gestyg.

      (iii)       Voorsiening vir oninbare skulde moet met R175 verminder word. Dit is nie
                  in ag geneem by die berekening van die bedrag vir netto handelsdebiteure
                  nie. Die boekhouer het verkeerdelik die voorsiening vir oninbare skulde vir
                  1 Maart 2024, aangeteken.

      (iv)        20% van die vaste deposito sal op 30 September 2025 verval.

      (v)         ŉ Verdere R108 400 word vir inkomstebelasting geskuld.

      (vi)        Die maatskappy het drie direkteure. Twee van die direkteure ontvang
                  elkeen dieselfde maandelikse fooi. Die derde direkteur ontvang 20%
                  minder as die ander direkteure. Al drie direkteure het nie hul fooie vir
                  Januarie en Februarie 2025 ontvang nie.

      (vii)       Verpakkingsmateriaal voorhande het R4 760 beloop.

      (viii)      Inkomstebelasting vir die jaar is teen 32% van die netto wins voor
                  belasting bereken.

      (ix)        x     Yamihle Bpk. is gemagtig om 2 000 000 gewone aandele uit te reik.
                  x     Gewone aandele is teen R90 400 bo die gemiddelde prys teruggekoop.
                  x     20% van die gewone aandele is nog nie teen jaareinde uitgereik nie.
                  x     ŉ Finale dividend van 12 sent per aandeel is op 28 Februarie 2025
                        verklaar en moet nog in berekening gebring word.

      (x)         Uittreksel uit Abu Bank leningstaat:

                      Saldo op 1 Maart 2024                                          448 000
                      Paaiemente (insluitend rente)                                  114 060
                      Rente gekapitaliseer                                            57 000
                      Saldo op 28 Februarie 2025                                           ?

                  LET WEL: R65 000 van die leningsaldo sal in die volgende finansiële jaar
                           vereffen word.

      (xi)        Die netto batewaarde per aandeel op 28 Februarie 2025 is 220 sent.

                                                                                                        55

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                  REKENINGKUNDE V1                             (EC/JUNIE 2025)

VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                               (40 punte; 30 minute)

Die inligting hou verband met Mantsane Bpk. wat skoonmaakmateriaal aan
kleinhandelaars versprei. Die finansiële jaar het op 30 April 2025 geëindig.

GEVRA:

2.1   Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:

      2.1.1    Dividende betaal                                                                   (3)

      2.1.2    Belasting betaal                                                                   (5)

2.2   Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig
      28 Februarie 2025:

      2.2.1    Persentasie opbrengs op totale kapitaal aangewend (OOTKA)                          (6)

      2.2.2    Vuurproefverhouding                                                                (4)

      2.2.3    Persentasie bedryfswins op verkope                                                 (3)

2.3   Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat:

      2.3.1    Kontantvloei van beleggingsaktiwiteite                                             (8)

      2.3.2    Kontantvloei van finansieringsaktiwiteite                                          (7)

      2.3.3    Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/JUNIE 2025)                    REKENINGKUNDE V1                                       7

INLIGTING:

A.    Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
      30 April 2025:

      Omset vir die jaar                                                   4 790 000
      Waardevermindering                                                     475 360
      Bedryfsuitgawes                                                      1 682 200
      Bruto Bedryfsinkomste                                                2 521 000
      Rente uitgawe                                                          115 500
      Netto wins voor belasting                                              820 300
      Netto wins na belasting                                                574 210

B.    Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:

                                                    30 April 2025     30 April 2024
      Tasbare bates teen drawaarde                      6 135 640          5 810 000
      Finansiële bates (Vaste deposito)                 1 430 000          1 680 000
      Bedryfsbates                                      1 710 820            785 000
      Voorraad                                            776 740            536 430
      Handels- en ander ontvangbares (sien D)             648 310            226 570
      Kontant en kontantekwivalente                       285 770              22 000
      Aandeelhouersbelang                               6 897 610          6 438 400
      Gewone aandelekapitaal (sien F)                   6 305 000          5 760 000
      Behoue inkomste                                     592 610            678 400
      Lening: Yoli Bank                                   900 000            500 000
      Bedryfslaste                                      1 478 850          1 336 600
      Handels- en ander betaalbares (sien E)            1 118 850          1 096 600
      Bankoortrekking                                             0            75 000

C.    Tasbare bates:

      x   Tasbare bates is gedurende die jaar teen boekwaarde, R549 000, verkoop.
      x   Tasbare bates is gedurende die jaar gekoop vir R?

D.    Handels- en ander ontvangbares sluit in:      30 April 2025     30 April 2024
      Netto Handelsdebiteure                              388 010            214 070
      Opgelope inkomste                                     21 300                  0
      Vooruitbetaalde uitgawes                              64 000             12 500
      SAID (Inkomstebelasting)                            175 000                   0

E.    Handels- en ander betaalbares sluit in:       30 April 2025     30 April 2024
      Handelskrediteure                                   890 150            748 600
      Vooruitontvange inkomste                              33 700                  0
      SAID: Inkomstebelasting                                     0          204 000
      Aandeelhouers vir dividende                         195 000            144 000

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                REKENINGKUNDE V1                             (EC/JUNIE 2025)

F.   Gewone aandelekapitaal en dividende:
     x 1 200 000 aandele was op 1 Mei 2024 uitgereik.
     x Op 1 November 2024 is 400 000 bykomende aandele vir R2 000 000
       uitgereik.
     x 300 000 aandele is op 28 Februarie 2025 teen R1,15 bo die gemiddelde
       eenheidsprys teruggekoop. Hierdie aandele kwalifiseer nie vir finale dividende
       nie.
     x Tussentydse dividende van 10c per aandeel is op 1 Oktober 2024 betaal.
                                                                                              40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/JUNIE 2025)                       REKENINGKUNDE V1                                           9

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                        (40 punte; 30 minute)

SINAKO BPK. EN LISELE BPK.

Die inligting het betrekking op TWEE maatskappye.

AGTERGRONDINLIGTING:

x     Albei maatskappye dryf handel in die visbedryf. Die finansiële jaar eindig elke jaar
      op die laaste dag van Februarie.
x     Lorna Ngendu besit aandele in albei maatskappye. Op 1 Oktober 2024 het sy die
      direksie van Sinako Bpk. oortuig om 200 000 van haar aandele terug te koop. Sy
      het die geld wat ontvang is, gebruik om bykomende aandele in Lisele Bpk. te koop.

LET WEL:          Waar kommentaar of verduidelikings vereis word, moet jy:
                  x Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
                  x ŉ Rede of verduideliking vir die finansiële aanwysers wat aangehaal
                    is, gee.

GEVRA:

3.1      Winsgewendheid:

         Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers om te wys watter
         maatskappy sy uitgawes meer doeltreffend bestuur.                                       (4)

3.2      Dividende, verdienste en opbrengste:

         x   Lewer kommentaar op die dividend-uitbetalingsbeleid van Sinako Bpk.
             Verduidelik waarom die verandering in beleid onverantwoordelik was.                 (4)

         x   Lewer kommentaar op die % opbrengs op aandeelhouersbelang van ELKE
             maatskappy. Verduidelik die effek op Sinako Bpk.                                    (4)

         x   Sindiswa, ŉ aandeelhouer, voel dat verdienste per aandeel (VPA) in
             Lisele Bpk. beter is as in Sinako Bpk. Verduidelik hoekom jy met haar
             saamstem.                                                                           (4)

3.3      Aandeelhouding van Lorna Ngendu in beide maatskappye:

         x   Lewer kommentaar oor die prys wat betaal is vir die aandele wat deur
             Sinako Bpk. teruggekoop is. Verskaf TWEE punte.                                     (4)

         x   Bereken die aantal aandele wat Lorna in Lisele Bpk. gekoop het met die
             geld wat sy ontvang het uit die terugkoop van aandele by Sinako Bpk.                (2)

         x   Verduidelik die effek van die terugkoop van aandele op die %
             aandeelhouding van Lorna Ngendu in Lisele Bpk. Haal syfers aan.                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                 REKENINGKUNDE V1                                (EC/JUNIE 2025)

3.4   Finansieringstrategieë en hefboom:

      Die direkteure van elke maatskappy het doelbewuste besluite oor finansies en
      hefboomfinansiering geneem wat in hul Kontantvloeistate weerspieël word.

      x   Verduidelik die besluite wat deur die direkteure van Lisele Bpk. geneem is en
          hoe dit die maatskappy sal bevoordeel. Verskaf TWEE punte met syfers.                      (8)

      x   Verduidelik hoe die besluite wat deur Sinako Bpk. geneem is, die risiko en
          hefboomfinansiering van die besigheid beïnvloed het. Haal TWEE finansiële
          aanwysers met syfers aan.                                                                  (6)
INLIGTING:
A.    Uittreksels uit die rekeningkundige rekords aan die einde van elke jaar:
                                       SINAKO BPK.                  LISELE BPK.
                                   Feb. 2025      Feb. 2024     Feb. 2025     Feb. 2024
 Aantal uitgereikte aandeel        800 000        1 000 000     2 000 000    1 500 000
 Fondse wat gebruik word vir die   R3 000 000
 terugkoop van aandele
 Terugkoopprys                     R15,00
 Verhoging in aandelekapitaal        0                          R4 000 000
 Uitreikingsprys van addisionele
 aandele                                                         R8,00
 Vaste bates aangekoop             R1 800 000                   R3 200 000
 Toename (afname) in lening        R5 300 000                   (R550 000)

B.    Finansiële aanwysers, markpryse en rentekoerse van aandele:
                                         SINAKO BPK.                 LISELE BPK.
                                      Feb. 2025     Feb. 2024    Feb. 2025   Feb. 2024
 % bedryfsuitgawes op verkope         19,8%          16,5%       15,1%        19,2%
 % bedryfswins op verkope             21,7%          25,2%       27,0%        24,5%
 % netto wins op verkope              15,4%          19,6%       20,9%        17,3%
 Skuld-ekwiteit verhouding            1,2 : 1        0,5 : 1     0,3 : 1      0,5 : 1
 % opbrengs op kapitaal
 aangewend                            11,9%          18,0%       19,6%        15,9%
 % opbrengs op
 aandeelhouersbelang                    9,4%         13,7%       17,5%        11,2%
 Netto batewaarde per aandeel        1 158 sent    1 206 sent   743 sent     725 sent
 Markprys van aandele                1 060 sent    1 215 sent   800 sent     739 sent
 Rentekoers op lenings                  16%           16%         16%           16%
 Verdienste per aandeel               96 sent       152 sent    87 sent       78 sent
 Dividende per aandeel                106 sent      98 sent     66 sent       82 sent
 Dividend uitbetalingskoers            110%           64%         76%          105%
 Rente op alternatiewe belegging        14%           14%         14%           14%

C.   Aandeelhouding van Lorna Ngendu in beide maatskappye:
                                         SINAKO BPK.                   LISELE BPK.
                                        2025       2024               2025      2024
 Aandele in elke maatskappy           310 000     510 000               ?     637 500
 % aandeelhouding in elke maatskappy     ?          51%                 ?      42,5%
                                                                                                  40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/JUNIE 2025)                      REKENINGKUNDE V1                                         11

 VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                    (15 punte; 15 minute)

 4.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
     die woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

        4.1.1     (Aandeelhouers / Direkteure) bestuur die daaglikse bedrywighede van
                  die maatskappy en neem ingeligte besluite om die maatskappy te help
                  om sy doelwitte te bereik.
        4.1.2     ŉ (Vrywaring van mening / Ongekwalifiseerde) ouditmening word
                  ontvang wanneer die eksterne ouditeur weier om ŉ mening oor die
                  betroubaarheid van die finansiële state uit te spreek.
        4.1.3     (Vergoedingskomitee / Goeie korporatiewe bestuur) verseker dat die
                  maatskappy behoorlike reëls, beleide en praktyke het om langtermyn
                  aandeelhouerswaarde te skep.                                                  (3)

 4.2 Verwys na die uittreksel uit die ouditverslag van Kanghol Bpk.:

        4.2.1     Watter tipe ouditverslag het Kanghol Bpk. in 2025 ontvang?                    (1)
        4.2.2     Waar word dit verwag dat hierdie ouditverslag aangebied sal word?
                  Gee EEN punt.                                                                 (1)
        4.2.3     Verduidelik TWEE punte oor die impak van hierdie verslag op die
                  maatskappy.                                                                   (4)
        Uittreksel uit die ouditverslag van Kanghol Bpk.:
        Ons het die finansiële state van Kanghol Bpk. vir die jaar geëindig
        28 Februarie 2025 geoudit. Hierdie finansiële state is die verantwoordelikheid
        van die maatskappy se direkteure. Ons verantwoordelikheid is om ŉ mening
        oor die finansiële state uit te spreek, gebaseer op die oudit wat uitgevoer is.
        Die oudit sluit, op ŉ toetsbasis, bewyse in wat die bedrae in die finansiële state
        ondersteun en evalueer die beginsels wat gebruik word.
        Die finansiële state bied, in alle wesenlike opsigte, die finansiële posisie van
        die maatskappy redelik weer, behalwe vir ŉ beduidende toename in die waarde
        van voorraad wat nie verantwoord is nie.
        Smilo en Thato, Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)

 4.3 Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsprogramme het ten doel om
     struktuur te gee aan ŉ maatskappy se pogings om terug te gee aan die
     gemeenskap en om positiewe sosiale waarde te verskaf.
        Verduidelik hoekom maatskappye aan die gemeenskappe wil teruggee.
        Noem DRIE punte.                                                                        (6)

                                                                                               15

                                                                                TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                  REKENINGKUNDE V1                                  (EC/JUNIE 2025)

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

               Bruto wins x 100                                Bruto wins    x 100
                Verkope      1                             Koste van verkope    1

        Netto wins voor belasting x 100                    Netto wins na belasting x 100
                 Verkope             1                            Verkope             1

            Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins x 100
                Verkope        1                                  Verkope      1

            Totale bates : Totale laste                      Bedryfsbates : Bedryfslaste

     (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste           Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

        (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde handelsvoorraad x 365                          Koste van verkope                .

           Koste van verkope        1                       Gemiddelde handelsvoorraad
                            (Sien nota 1 hieronder)

          Gemiddelde debiteure x 365                  Gemiddelde krediteure    x 365
            Kredietverkope        1                     Koste van verkope         1
                                                                      (Sien nota 2 hieronder)
                                                           Netto inkomste na belasting x 100
    Netto inkomste na belasting x 100                       Getal uitgereikte aandele     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                                              (Sien nota 3 hieronder)

                 Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings     x 100
         Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste    1

           Aandeelhouersbelang      x 100                   Dividende vir die jaar   x 100
          Getal uitgereikte aandele    1                   Getal uitgereikte aandele    1
         Tussentydse dividende x 100                            Finale dividende      x 100
         Getal uitgereikte aandele 1                        Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel x 100                        Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel   1                      Netto inkomste na belasting    1

                                       Totale vaste koste                         .

                     Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van ŉ finansiële jaar kan gebruik word as dit in ŉ
            vraag vereis word.
         2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal
            dieselfde wees mits voorraad konstant bly).
         3. Indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
            finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk
            gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Accounting · Memo · 2025 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023
- [2023 MP Prelim P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-memo/8339757f-4c69-4fe5-a4b9-9b18e18257ca) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
