# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-june-2022-afrikaans/c2f5bd06-ec84-4161-a179-2e062819cd62
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-june-2022-afrikaans/c2f5bd06-ec84-4161-a179-2e062819cd62)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                                 JUNIE 2022

                       REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend ŉ formuleblad en ŉ
                               11-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            REKENINGKUNDE V1          (EC/JUNIE 2022)

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      REKENINGKUNDE V1                                      3

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.    Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan
      die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie
      formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                             TYD
         VRAAG                      ONDERWERP                    PUNTE
                                                                           (minute)
                      State: Omvattende Inkomste en
             1                                                     60          45
                      Finansiële Posisie
                      Finansiële aanwysers en
             2                                                     40          30
                      Kontantvloeistaat

             3        Vertolking van Finansiële Inligting          35          30

             4        Korporatiewe bestuur                         15          15

                                                        TOTAAL    150         120

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  REKENINGKUNDE V1                                (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 1:       STATE: OMVATTENDE INKOMSTE EN FINANSIËLE POSISIE
                                                 (60 punte; 45 minute)

Die inligting hou verband met John-Vos Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2022.

GEVRA:

Voltooi die volgende:
(LET WEL: Sommige inligting is in die ANTWOORDEBOEK gedruk.)

1.1   Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022.                (40)

1.2   Behoue Inkomste-nota op 28 Februarie 2022.                                             (7)

1.3   EKWITEIT en LASTE-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie op
      28 Februarie 2022.                                                                    (13)

INLIGTING:

A.    Bedrae wat op 28 Februarie 2022 uit die rekords onttrek is.

                                                                           R
      Lening: Sparks Bank                                                    610 320
      Krediteurekontrole                                                     562 500
      Vaste deposito: Winde Bank                                             150 000
      Handelsvoorraad                                                        900 000
      Bank (gunstige saldo)                                                  469 500
      Debiteurekontrole                                                      593 000
      Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2021)                          34 120
      SAID: Inkomstebelasting (Dt.)                                          660 000
      SAID: LBS                                                               36 000
      Pensioenfonds                                                           13 500
      Verkope                                                              8 085 500
      Versekering                                                             48 750
      Oninbare skulde                                                         33 260
      Huur inkomste                                                           85 100
      Direkteursfooie                                                        825 000
      Verbruiksgoedere                                                        33 900
      Rente op vaste deposito                                                 11 090
      Oninbare skulde verhaal                                                 11 760
      Gewone aandele dividende                                               237 500

B.    Addisionele inligting:

      (i)    Winsopslag:
             ŉ Winsopslag van 100% op koste is gedurende die finansiële jaar
             gehandhaaf.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                          REKENINGKUNDE V1                                            5

        (ii)      Gewone aandelekapitaal en dividende:
                  • Op 1 Mei 2021 is ŉ addisionele 300 000 aandele uitgereik.
                  • Op 1 September 2021 het die maatskappy 40 000 aandele teen
                     80 sent bo die gemiddelde aandeelprys van R8,50 elk teruggekoop.
                  • 950 000 aandele was op 28 Februarie 2022 in uitreik.
                  • Die totale dividend vir die jaar het R570 000 beloop.

 C.     Aansuiwerings nie in berekening gebring nie:

        (i)       Totaal beskadigde goedere wat op 26 Februarie 2022 teruggestuur is, is
                  verkeerdelik as R7 200 aangeteken. Die bedrag volgens die kredietnota
                  wat uitgereik is, is R2 700.

        (ii)      Verbruiksgoedere voorhande op 28 Februarie 2022, R5 900.
        (iii)     ŉ Bedrag van R2 240 ontvang van F. Solomon wie se rekening as
                  oninbaar afgeskryf is, is verkeerdelik na die oninbare skulde-rekening
                  oorgeboek.
        (iv)      Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R29 660 aangepas word.

        (v)       Die versekeringsrekening sluit ŉ jaarlikse premie van R22 500 in wat vir
                  die tydperk 1 Julie 2021 tot 30 Junie 2022 betaal is.

        (vi)      Die perseel word sedert 1 April 2021 verhuur met ŉ ooreenkoms dat huur
                  met R1 000 per maand verminder, word met ingang van 1 Januarie
                  2022. Die huur vir Februarie 2022 is nog uitstaande.

        (vii)     Die maatskappy betaal dieselfde maandelikse fooi aan alle direkteure.
                  Een van die direkteure het op 30 November 2021 bedank en ŉ nuwe
                  direkteur is op 1 Februarie 2022 aangestel. Die fooie van die nuwe
                  direkteur is nog uitstaande.

        (viii)    Diverse uitgawes is die ontbrekende syfer in die Staat van Omvattende
                  Inkomste.

        (ix)      Nadat alle aansuiwerings in ag geneem is, is die bedryfswins akkuraat
                  as R1 602 190 bereken.

        (x)       Uittreksel uit die leningstaat wat van Sparks Bank ontvang is:

                  Rente gekapitaliseer                                          ?
                  Terugbetalings (insluitend rente)                     161 280
                  Saldo aan die einde van die finansiële jaar           703 800
                  R100 000 van die lening sal in die volgende finansiële jaar terugbetaal word.

        (xi)      Die inkomstebelastingkoers is 30%.

                                                                                                   60

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  REKENINGKUNDE V1                             (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT
                                           (40 punte; 30 minute)

GEVRA:

2.1    Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
       30 April 2022:

       2.1.1   Skuld-ekwiteit verhouding                                                   (3)

       2.1.2   Verdienste per aandeel (VPA)                                                (4)

       2.1.3   Dividenduitbetalingskoers (%)                                               (3)

       2.1.4   % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                         (5)

2.2    Voltooi die volgende afdeling vir Kontant uit bedrywighede gegenereer:

        •   Kontantgevolge van veranderinge in bedryfskapitaal.
            (Kontantuitvloei moet tussen hakies getoon word.)                              (9)

2.3    Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:

       2.3.1   Belasting betaal                                                            (5)

       2.3.2   Opbrengs uit verkoop van vaste bates                                        (5)

       2.3.3   Fondse gebruik vir die terugkoop van aandele                                (2)

2.4    Voltooi die volgende afdeling van die Kontantvloeistaat:

        •   Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                             (4)

INLIGTING:

A.     Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste op 30 April 2022:

       Waardevermindering                                              R     280 800
       Rente uitgawe                                                         151 200
       Netto wins voor belasting                                           1 660 000
       Netto wins na belasting                                             1 162 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     REKENINGKUNDE V1                                          7

B.      Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie en notas:

                                                     30 April 2022      30 April 2021
        Vaste bates (drawaarde)                       11 434 000          9 984 400
        Vaste deposito’s                                120 000            600 000
        Bedryfsbates                                   1 202 400           906 000
        Handels en ander ontvangbares (Nota 1)          481 800            352 500
        Kontant en kontantekwivalente                    6 000              67 800
        Aandeelhouersbelang                           10 776 400          8 893 800
        Nie-bedryfslaste                               1 080 000          1 440 000
        Bedryfslaste                                    900 000           1 156 600
        Handels en ander betaalbares                    432 000            814 600
        Bankoortrekking                                 264 000               0
        Aandeelhouers vir dividende                     144 000            192 000

        Nota 1: Handels en ander ontvangbares
        Netto handelsdebiteure                          448 000            323 800
        Opgelope inkomste                                28 400
        SAID (Inkomstebelasting)                          5 400             28 700
                                                        481 800            352 500

C.      Vaste bates:

        •   Die totale koste vir die verkryging van ŉ nuwe voertuig en uitbreidings aan
            die geboue gedurende die jaar het R1 632 000 beloop.

        •   Gedurende die jaar is toerusting teen drawaarde verkoop.

D.      Aandelekapitaal

        •     Addisionele aandele is op 1 Mei 2021 uitgereik.

        •     Op 30 April 2022 is aandele teruggekoop. Die waarde van die aandele
              volgens gemiddelde uitreikingsprys het R25 000 beloop. Die prys gevra
              was 10% meer as die gemiddelde uitreikingsprys.

E.      Dividende en verdienste per aandeel:

                                                       30 April 2022    30 April 2021
        Interim dividend (per aandeel)                    45 sent          25 sent
        Finale dividend verklaar (per aandeel)            25 sent          15 sent
        Verdienste per aandeel                               ?             94 sent

                                                                                            40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   REKENINGKUNDE V1                               (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING
                                                                        (35 punte; 30 minute)
 3.1 Kies die finansiële staat(e) in KOLOM B wat by die finansiële aanwyser in
     KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                   KOLOM A                                   KOLOM B
      3.1.1   solvensie                        A    Staat van Omvattende Inkomste

      3.1.2   opbrengs op kapitaal             B    Staat van Finansiële Posisie
              aangewend

      3.1.3   winsgewendheid                   C    State van Omvattende Inkomste
                                                    en Finansiële Posisie
                                               D    Kontantvloeistaat
                                                                                 (3 x 1)      (3)
 3.2 MIGUELE BPK.
      Die inligting vir hierdie maatskappy hou verband met die finansiële jaar
      geëindig op 28 Februarie 2022.
      GEVRA:
      3.2.1    Die direkteure is tevrede met die verbetering in die likiditeit van die
               maatskappy. Haal aan en verduidelik DRIE finansiële aanwysers met
               syfers en tendense wat ŉ verbetering van die likiditeitsposisie toon.          (6)
      3.2.2    Verduidelik waarom die aandeelhouers tevrede met hul opbrengs op
               belegging in die maatskappy moet wees. Haal syfers en tendense in
               jou verduideliking aan.                                                        (4)
      3.2.3    Een van die direkteure voel dat die maatskappy die lening so gou
               moontlik moet terugbetaal. Verduidelik hoekom jy nie met hom
               saamstem nie. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers en
               tendense aan.                                                                  (6)

      3.2.4    Een van die aandeelhouers wil haar aandele teen R6 elk verkoop.

               •     Verskaf EEN rede waarom jy met haar sal saamstem om haar
                     aandele te verkoop. Haal ŉ finansiële aanwyser met syfers en
                     tendense aan.                                                            (2)

                •    Verskaf EEN rede waarom jy nie met haar sal saamstem om haar
                     aandele te verkoop nie. Haal ‘n finansiële aanwyser met syfers en
                     tendense aan.                                                            (2)
      3.2.5    Die aandeelhouers behoort tevrede te wees met die verdienste per
               aandeel (VPA) want dit is beter as die vorige jaar. Verduidelik waarom
               jy met hulle saamstem. Haal syfers en berekeninge aan.                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                  REKENINGKUNDE V1                                      9

INLIGTING:

A.       Finansiële aanwysers, rentekoerse en markprys van aandele:

                                                    28 Februarie   28 Februarie
                                                        2022           2021
         Bedrysverhouding                               2,1: 1        2,9 : 1
         Vuurproefverhouding                           1,4 : 1         1:1
         Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode      35 dae         28 dae
         Gemiddelde krediteure-betalingsperiode        65 dae         90 dae
         Voorraadomsetsnelheid                        10,2 keer      9,1 keer
         Skuld/ekwiteit-verhouding                     0,3 : 1        0,3 : 1
         Dividende per aandeel                         80 sent        55 sent
         Verdienste per aandeel                       104 sent        75 sent
         % opbrengs op aandeelhouersbelang             15,3%          10,4%
         % opbrengs op totale kapitaal aangewend       17,2%          12,1%
         Netto batewaarde                             650 sent       625 sent
         Rentekoers op lenings                          14%            13%
         Rentekoers op vaste deposito’s                  7%             7%
         Markprys van aandele                         600 sent       640 sent

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                REKENINGKUNDE V1                              (EC/JUNIE 2022)

3.3     SOCKER BPK. EN BOLL BPK.

        Die inligting hou verband met twee maatskappye wat in dieselfde bedryf
        meeding. Die finansiële jaar van elke maatskappy eindig op die laaste dag
        van Mei.

        LET WEL: Alton Flan is ŉ aandeelhouer in beide maatskappye.
                 Albei maatskappye sal in die nuwe finansiële jaar nuwe
                 aandele uitreik.
                 Alton Flan oorweeg dit om slegs nuwe aandele in Socker Bpk.
                 te koop.

        GEVRA:

        3.3.1   Verduidelik watter effek hierdie oorweging op die % aandeelhouding
                van Alton Flan in ELKE maatskappy sal hê. Haal syfers en tendense
                aan.                                                                       (6)

        3.3.2   Bereken die aantal aandele wat Alton Flan in Boll Bpk. kan koop.           (2)

        INLIGTING:

        A.      Uittreksels uit rekeningkundige rekords op 31 Mei 2022.

                                                        SOCKER           BOLL
                                                         BPK.            BPK.
                Aantal aandele in uitreik                  980 000       1 000 000
                Aantal aandele deur Alton Flan besit       450 800         550 000

        B       Aandele wat in die nuwe finansiële jaar uitgereik word.

                                                        SOCKER           BOLL
                                                         BPK.            BPK.
                Totale aantal aandele                   120 000          80 000
                Aantal aandele wat Alton Flan
                oorweeg om te koop                      110 200             0
                Uitreikingsprys                           R5               R4

                                                                                          35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     REKENINGKUNDE V1                                           11

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                   (15 punte; 15 minute)

Jy word voorsien van ŉ uittreksel van die ouditverslag vir Tantass Bpk. vir die finansiële
jaar geëindig 28 Februarie 2022.

4.1      Verduidelik die rol van die vergoedingskomitee en gee ŉ rede waarom daar ŉ
         behoefte aan hierdie komitee is.                                                      (3)

4.2      Verduidelik waarom die ouditeur na bladsye 7 tot 22 in hierdie verslag verwys
         het.                                                                                  (2)

4.3      Identifiseer die tipe ouditverslag wat die maatskappy ontvang het en gee ŉ
         rede vir jou antwoord.                                                                (2)

4.4      Verduidelik die effek van hierdie tipe verslag vir die beeld van die maatskappy.
         Verskaf TWEE punte.                                                                   (4)

4.5      Noem TWEE moontlike gevolge vir die onafhanklike ouditeur indien hy NIE
         na die verhoging in direkteursfooie verwys het NIE.                                   (4)

INLIGTING:

Uittreksel uit die ouditeurverslag:

Grondslag vir Opinie
In die loop van die oudit is bevind dat die verhoging in direkteursfooie nie deur die
Vergoedingskomitee gemagtig is nie.

Oudit Mening
Ons het die finansiële state, soos uiteengesit op bladsye 7 tot 22, geoudit.

Na ons mening gee die finansiële state die finansiële posisie van die maatskappy
op 28 Februarie 2022 redelik weer, behalwe vir die verhoging in direkteursfooie,
wat nie gemagtig is nie.

Rivas en Miller
Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure

31 Mei 2022

                                                                                              15

                                                                                 TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                       REKENINGKUNDE V1                                  (EC/JUNIE 2022)

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

                Bruto wins         100                           Bruto wins                100
                               x                                                   x
                 Verkope           1                         Koste van verkope             1

                                                             Netto wins na belasting             100
           Netto wins voor belasting         100                                            x
                                         x                          Verkope                          1
                     Verkope                 1

           Bedryfsuitgawes         100                       Bedryfswins       100
                               x                                           x
               Verkope              1                          Verkope         1

            Totale bates : Totale laste                        Bedryfsbates : Bedryfslaste

     (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste          Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

        (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde handelsvoorraad x 365                         Koste van verkope                 .

           Koste van verkope        1                       Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365                    Gemiddelde krediteure          x 365
            Kredietverkope        1                    Koste van verkope/Kredietaankope 1

                                                             Netto inkomste na belasting                 x 100
    Netto inkomste na belasting x 100                         Getal uitgereikte aandele                     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                       (*Sien nota hieronder)

                 Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
         Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

           Aandeelhouersbelang      x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
          Getal uitgereikte aandele    1                     Getal uitgereikte aandele    1

         Tussentydse dividende x 100                              Finale dividende      x 100
         Getal uitgereikte aandele 1                          Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel x 100                           Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel   1                         Netto inkomste na belasting    1

                                        Totale vaste koste                             .

                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
 LET WEL:
 * In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
   finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
