# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/8e9f8145-bdf6-4415-9f3f-834c2499c93c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/8e9f8145-bdf6-4415-9f3f-834c2499c93c)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIORSERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                  JUNIE 2023

                         REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, ŉ formuleblad
                            en ŉ 12-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    REKENINGKUNDE V1                          (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.    Indien jy dit verkies,mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan
      die einde van die vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie
      formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                             TYD
        VRAAG                      ONDERWERP                     PUNTE
                                                                           (minute)
                     Staat van Omvattende Inkomste en Staat
           1                                                      60          45
                     van Finansiële Posisie
                     Notas tot Finansiële State,
           2                                                      40          30
                     Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers

           3         Vertolking van Finansiële State              35          30

           4         Korporatiewe Bestuur                         15          15

                                                       TOTAAL     150        120

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        REKENINGKUNDE V1                                         3

VRAAG 1:          STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN STAAT VAN
                  FINANSIËLE POSISIE
                                                          (60 punte; 45 minute)

Die inligting het betrekking op Midros Bpk. vir die finansiële jaar geëindig op
28 Februarie 2023.

GEVRA:

1.1     Verwys na Inligting B (i) en (ii).

        Bereken:

        1.1.1      Die wins/verlies op die inruil van die ou voertuig                          (4)

        1.1.2      Die totale waardevermindering vir die jaar                                  (4)

1.2     Voltooi die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023:

        1.2.1      Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat)                             (36)

        1.2.2      Ekwiteit en Laste afdeling van die Staat van Finansiële Posisie
                   (Balansstaat)                                                             (16)

        LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE V1                             (EC/JUNIE 2023)

INLIGTING:
A.    Uittreksel: Saldo's en totale uit die rekords op 28 Februarie:

                                                                2023           2022
                                                                 (R)            (R)
      Voertuie                                                          ?      1 350 000
      Opgehoopte waardevermindering op voertuie                         ?        855 000
      Toerusting                                                1 022 500      1 022 500
      Opgehoopte waardevermindering op toerusting                 923 260        800 900
      Vaste deposito: Rivier Bank                               1 500 000
      Voorsiening vir oninbare skulde                             ?               15 950
      SAID: Inkomstebelasting                                     196 040
      (voorlopige belastingbetalings)
      Verbandlening: Somerville Bank                              ?            2 205 500
      Gewone aandelekapitaal                                      ?
      Behoue inkomste                                             970 750
      Krediteurekontrole                                          448 725
      Netto verkope                                            11 724 000
      Koste van verkope                                         7 363 500
      Salarisse en lone                                           982 290
      Werkgewersbydrae                                             63 620
      Direkteursfooie                                           1 925 000
      Huurinkomste                                                174 675
      Oninbare skuld                                               15 090
      Diverse uitgawes (balanserende syfer)                       ?

B.    Aansuiwerings en addisionele inligting:

      (i)     Die volgende transaksie is nie aangeteken nie:

              ŉ Ou voertuig, kosprys R270 000, is op 28 Februarie 2023 ingeruil vir ŉ
              nuwer model wat R616 500 gekos het. Die opgehoopte waardevermindering
              op die inruildatum was R111 240. Die inruilwaarde vir die ou voertuig was
              R105 000.
              Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. op die verminderde-
              saldo bereken.

      (ii)    Waardevermindering vir die jaar:
              •   Waardevermindering op toerusting is in berekening gebring.
              •   Maak voorsiening vir waardevermindering op voertuie.

      (iii)   ŉ Faktuur vir R28 800 uitgereik aan ŉ debiteur vir goedere aangekoop
              op 26 Februarie 2023, is verkeerdelik as ŉ kredietnota aangeteken.
              Die winsopslag op hierdie goedere was 60%.

      (iv)    ŉ Bedrag van R3 230 wat nie uit die insolvente boedel van ŉ debiteur
              ontvang is nie, moet as oninvorderbaar afgeskryf word.

      (v)     Die voorsiening vir oninbare skulde moet met R2 000 verminder word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        REKENINGKUNDE V1                                         5

      (vi)     Huur het met 10% per maand verhoog met ingang van 1 September 2022,
               volgens die huurooreenkoms. Huur is tot Maart 2023 ontvang.

      (vii)    Uittreksel uit die salarisjoernaal vir Februarie 2023:

                     Aftrekkings                 Netto salaris             Bydraes
                      R15 600                      R47 330                 R7 550

               Die totaal vir bruto salarisse is nie na die algemene grootboek oorgeboek
               nie. Al die relevante betalings vir salarisse is gemaak.

      (viii)   Die maatskappy het vyf direkteure gehad totdat een op 30 Junie 2022
               bedank het. Die een wat bedank het, is eers op 1 Oktober 2022 vervang.
               Alle direkteure is op dieselfde fooistruktuur. Die fooie van twee direkteure
               vir Februarie 2023 is nog uitstaande.

      (ix)     Inkomstebelasting vir die finansiële jaar is as R242 040 bereken. Dit is 30%
               van die netto wins voor belasting.

      (x)      Die Leningstaat wat van Somerville Bank ontvang is, dui die volgende aan:

               Saldo aan die begin van die finansiële jaar                    R2 205 500
               Rente gekapitaliseer                                               ?
               Terugbetalings met rente ingesluit                              1 260 000
               Saldo aan die einde van die finansiële jaar                     1 125 000

               Die leningsaldo sal in die volgende boekjaar met R625 000 verminder word.

      (xi)     Dividende:
               • Totale dividende vir die jaar het R410 000 beloop, wat ŉ interim dividend
                  van R160 000 insluit wat op 31 Augustus 2022 betaal is.

                                                                                               60

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  REKENINGKUNDE V1                             (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 2:      KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                                     (40 punte; 30 minute)

2.1   Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
      woord langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

      2.1.1    ŉ Toename in voorraad verteenwoordig ŉ (invloei/uitvloei) van kontant.

      2.1.2    ŉ Afname in rekeninge betaalbaar verteenwoordig ŉ (invloei/uitvloei)
               van kontant.

      2.1.3    ŉ Aansuiwering vir (waardevermindering/inkomstebelasting) moet
               gedoen word wanneer die kontantgevolge van bedryfsaktiwiteite
               bereken word.
                                                                        (3 x 1)           (3)

2.2   EAGLES BPK.

      Die inligting hou verband met die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023.

      GEVRA:

      2.2.1    Stel die Behoue inkomste-nota op 28 Februarie 2023 op.                      (8)

      2.2.2    Voltooi die Kontantvloeistaat op 28 Februarie 2023.                        (18)

               LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.

      2.2.3    Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2023.

               •     Vuurproefverhouding                                                   (3)
               •     % Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                   (4)
               •     Dividende per aandeel                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     REKENINGKUNDE V1                                           7

INLIGTING:

A.      Uittreksel: die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
        28 Februarie 2022:

        Verkope                                                         R 2 450 000
        Waardevermindering                                                  567 490
        Wins voor rente-uitgawe                                           1 208 200
        Netto wins voor belasting                                         1 120 000
        Netto wins na belasting                                             784 000

B.      Inkomstebelasting is op 30% vir die huidige finansiële jaar bereken.

C.      Items onttrek uit Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie:

                                                       2023              2022
        Vaste deposito                                   144 450            277 550
        Bedryfsbates                                   2 175 600          2 003 790
        Bedryfslaste                                     753 065            719 800
        Voorrade                                       1 469 700          1 431 000
        Handelsdebiteure                                 603 400            557 340
        Kontant en kontantekwivalente                     92 840             15 450
        SAID: Inkomstebelasting                         9 660 Dt          20 020 Kt
        Aandeelhouers vir dividende                      207 070            150 000
        Bankoortrekking                                        0             28 480
        Nie-bedryfslaste                                 735 000            980 000
        Gewone aandelekapitaal                                 ?          9 520 000
        Gewone aandeelhouersbelang                    11 887 820          9 814 000

D.      Aandelekapitaal en dividende:

        1 Maart 2022           1 190 000 aandele in uitreik.
        30 Junie 2022          85 000 aandele teen R2 bo die gemiddelde
                               aandeelprys teruggekoop.
                               Hierdie aandele kwalifiseer nie vir dividende nie.
        30 Augustus 2022       Interim dividende van 12 sent per aandeel betaal.
        1 November 2022        R2 479 500 ontvang vir addisionele aandele uitgereik.
        28 Februarie 2023      1 380 500 aandele in uitreik.
        28 Februarie 2023      ŉ Finale dividend is verklaar.

                                                                                             40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      REKENINGKUNDE V1                               (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 3:      VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE                        (35 punte; 30 minute)

3.1   Kies ŉ verduideliking in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letters (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.
            KOLOM A                                      KOLOM B
      3.1.1 Opbrengs               A     Totale laste wat totale bates oorskry
      3.1.2    Bedryfsbate         B     Voertuig wat gebruik word om die besigheid te
                                         bedryf
      3.1.3    Insolvent           C     Die persentasie netto inkomste op ekwiteit
                                   D     Vaste deposito wat in die volgende finansiële
                                         jaar verval
                                                                                  (3 x 1)        (3)

3.2   ROCK BPK. en WILLS BPK.

      Die inligting hou verband met twee maatskappye wat in dieselfde bedryf handel
      dryf. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 28 Februarie.
      GEVRA:
      LET WEL:        Verskaf syfers, tendense, finansiële aanwysers of berekeninge in
                      ELKE geval om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.
      3.2.1    Identifiseer die maatskappy met die beter winsgewendheid finansiële
               aanwysers. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                    (3)
      3.2.2    Identifiseer en verduidelik watter maatskappy sy likiditeit meer
               doeltreffend bestuur. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                         (6)
      3.2.3    Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingsbeleid van elke
               maatskappy. Verskaf ŉ moontlike rede waarom elke maatskappy besluit
               het op die beleid wat aangeneem is. Haal syfers aan.                              (6)
      3.2.4    Die direkteure van Wills Bpk. het besluit om die lening gedurende die
               huidige finansiële jaar te verhoog. Verduidelik of dit ŉ goeie besluit was
               of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                       (6)
      3.2.5    Die aandeelhouers van Rock Bpk. is tevrede met die markprys van hul
               aandele, terwyl die aandeelhouers van Wills Bpk. nie tevrede is nie.
               Verduidelik deur ŉ finansiële aanwyser vir ELKE maatskappy aan te
               haal.                                                                             (6)
      3.2.6    Verwys na inligting C.
               Wills Bpk. sal ŉ verdere 300 000 aandele gedurende die nuwe finansiële
               jaar uitreik. Die Mentoor-familie stel belang om 180 000 van hierdie
               aandele te koop.
               •     Bereken die % persentasie aandeelhouding van die Mentoor-familie
                     indien hulle hierdie aandele koop.                                          (2)
               •     As ŉ aandeelhouer, hoekom sou jy bekommerd wees oor die
                     belangstelling deur die Mentoor-familie? Verskaf DRIE punte.                (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                   REKENINGKUNDE V1                                     9

INLIGTING:

A.      Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie 2023:

                                                     ROCK BPK.        WILLS BPK.
        Winsopslag % behaal                             45%              52%
        % Bedryfsuitgawes op verkope                   25,5%            18.3%
        % Bedryfswins op verkope                        7,4%            10,3%
        Bedryfsverhouding                              1,5 : 1          4,2 : 1
        Vuurproefverhouding                            0,7 : 1          1,2 : 1
        Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode       28 dae           45 dae
        Skuld-ekwiteit-verhouding                      0,3 : 1          0,6 : 1
        % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang   22,3%            14,2%
        % opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend    15,9%             9,5%
        Dividende per aandeel                         117 sent         190 sent
        Verdienste per aandeel                        390 sent         250 sent
        Dividend-uitbetalingskoers                      30%              76%
        Netto batewaarde per aandeel                  784 sent         652 sent

B.      Addisionele inligting op 28 Februarie 2023:

                                                       ROCK BPK.      WILLS BPK.
        Markprys per aandeel op aandelebeurs            838 sent       515 sent
        Rente op vaste deposito’s                         6%              6%
        Rente op lenings                                  11%            11%

C.      Uittreksels uit die rekeningkundige rekords op 28 Februarie 2023:

                                                       ROCK BPK.      WILLS BPK.
        Aantal uitgereikte aandele                      2 000 000      1 600 000
        % aandeelhouding van die Mentoor-familie          23,9%          50,5%

                                                                                       35

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 REKENINGKUNDE V1                               (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 4:      KORPORATIEWE BESTUUR                                     (15 punte; 15 minute)

4.1   Die volgende uittreksel verteenwoordig ŉ sekere tipe ouditverslag.

      Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ŉ regverdige
      weergawe van die finansiële posisie van die maatskappy soos op
      28 Februarie 2023.

      GEVRA:

      4.1.1    Identifiseer die tipe ouditverslag in die uittreksel hierbo en gee ŉ rede
               vir jou antwoord.                                                             (2)

      4.1.2    Verduidelik die effek van hierdie tipe verslag vir die beeld van die
               maatskappy. Gee EEN punt.                                                     (2)

4.2   Die volgende inligting is uit ŉ plaaslike publikasie geneem. Dit hou verband met
      ŉ maatskappy wat op die JSE genoteer is.

      Die JSE het die maksimum boete aan die voormalige HUB (Hoof Uitvoerende
      Beampte) van Millo Bpk. opgelê, asook haar verbied om vir tien jaar as ŉ
      direkteur op die direksie van enige JSE-genoteerde maatskappy te dien. Die
      JSE het verklaar dat hy die bogenoemde boete om die volgende redes opgelê
      het:

       •   Die vrystelling van finansiële state wat nie aan noteringsvereistes voldoen
           het nie.
       •   Die finansiële state het verkeerde, vals en misleidende inligting bevat.
       •   Fiktiewe brondokumente wat inkomste valslik met miljoene rande
           opgeblaas het, is ook ontdek.

      GEVRA:

      4.2.1    Verskaf TWEE moontlike redes waarom die HUB beboet is, en nie die
               maatskappy nie.                                                               (4)

      4.2.2    Verskaf TWEE punte waarom die JSE hierdie aksie geneem het.                   (4)

      4.2.3    Identifiseer EEN ander party (belanghebbende) wat ook aanspreeklik
               gehou kan word om hierdie situasie toe te laat. Verskaf 'n rede.              (3)

                                                                                            15

                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      REKENINGKUNDE V1                                            11

       GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

                  Bruto wins x 100                          Bruto wins    x 100
                   Verkope      1                       Koste van verkope    1

        Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
                 Verkope             1                         Verkope             1

             Bedryfsuitgawes x 100                           Bedryfswins x 100
                 Verkope        1                             Verkope       1

             Totale bates : Totale laste                  Bedryfsbates : Bedryfslaste

   (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste         Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

       (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

     Gemiddelde handelsvoorraad x 365                        Koste van verkope               .

          Koste van verkope        1                     Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365                Gemiddelde krediteure            x 365
            Kredietverkope        1                  Koste van verkope                  1

                                                        Netto inkomste na belasting x 100
    Netto inkomste na belasting x 100                    Getal uitgereikte aandele     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                            (*Sien nota hieronder)

                 Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
         Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

           Aandeelhouersbelang      x 100                Dividende vir die jaar   x 100
          Getal uitgereikte aandele    1                Getal uitgereikte aandele    1

         Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
         Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel   1                   Netto inkomste na belasting    1

                                        Totale vaste koste                       .

                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
 NOTA:
 * In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende
   ŉ finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
