# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2021-afrikaans-d/62bd4a97-b6ea-4c3a-a751-ce3799cac1b8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2021-afrikaans-d/62bd4a97-b6ea-4c3a-a751-ce3799cac1b8)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2021

                       REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                   *accna1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, insluitend ŉ formuleblad en ŉ
                               9-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    REKENINGKUNDE V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
     beantwoord.

3.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.   Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
     aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
     hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
     beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                              TYD
      VRAAG                        ONDERWERP                        PUNTE
                                                                            (minute)

          1          Ouditverslag en korporatiewe bestuur            15         10

          2          Maatskappy finansiële state                     60         50

                     Kontantvloeistaat en finansiële
          3                                                          40         30
                     aanwysers

          4          Vertolking van finansiële inligting             35         30

                                                           TOTAAL    150       120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                REKENINGKUNDE V1                                           3

VRAAG 1: OUDITVERSLAG EN KORPORATIEWE BESTUUR
                                           (15 punte; 10 minute)
1.1 Kies ŉ opsie uit die lys vir elke beskrywing hieronder, skryf slegs jou
    antwoord langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.
          Nie-uitvoerende direkteure; Vergoedingskomitee; Uitvoerende direkteure;
                               Oudit komitee; Interne ouditeur
        1.1.1   Verantwoordelik vir die hersiening van fooie wat aan direkteure
                betaalbaar is
        1.1.2   Hulle dien op die Raad van Direkteure, maar werk nie by die
                maatskappy nie
        1.1.3   Deur aandeelhouers aangestel om belangrike bestuursfunksies in die
                onderneming te verrig                                     (3 x 1)       (3)

1.2     OUDITVERSLAG
ŉ Uittreksel uit die Onafhanklike Ouditeursverslag word verskaf.
GEVRA:
1.2.1      Identifiseer die tipe verslag en verduidelik waarom hierdie tipe verslag
           deur die ouditeur uitgereik is.                                              (2)
1.2.2      Verduidelik TWEE punte waarom aandeelhouers bekommerd sal wees
           oor die maatskappy wat so ŉ verslag ontvang.                                 (4)
1.2.3      Die HUB versoek dat die ouditeur hierdie donasie as ŉ ‘diverse uitgawe’
           klassifiseer en die ouditmening dienooreenkomstig aanpas. Gee TWEE
           redes waarom die ouditeur nie met hierdie voorstel saamstem nie.             (4)
1.2.4      Afgesien van die bogenoemde kwessies, verduidelik waarom die
           maatskappy van swak korporatiewe bestuur beskuldig sal word.                 (2)
INLIGTING:

INXUBA BPK.
UITTREKSEL UIT DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURSVERSLAG
Grondslag vir mening
ŉ Donasie van R1,2 m is aan ŉ plaaslike gemeenskapsorganisasie gemaak vir die
voorsiening van gesigsmaskers en hand-ontsmettingsmiddels aan plaaslike skole.
Behoorlike prosedures is nie gevolg nie en geen dokumente was beskikbaar om
die transaksie te verifieer nie.
Ouditmening
Na ons mening, behalwe vir die donasie, wat nie die regte proses gevolg het nie,
gee die finansiële state die finansiële posisie van die maatskappy op
28 Februarie 2021 redelik aan.

                                                                                        15

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 2: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                                (60 punte; 50 minute)
Die inligting hou verband met ZOZIE (EDMS) BPK., ŉ skryfbehoeftehandelaar, vir
die jaar wat op 28 Februarie 2021 geëindig het.
GEVRA:
Stel die volgende op vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021:
2.1 Staat van Omvattende Inkomste                                                       (36)
2.2 Behoue inkomste nota                                                                 (7)
2.3 Die EKWITEIT en LASTE afdeling van die Staat van Finansiële Posisie                 (17)
INLIGTING:
A.   Uittreksel: Voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2021:

                                                                            R
     Gewone aandelekapitaal                                                        ?
     Behoue inkomste                                                         204 040
     Lening: Luther Bank                                                     955 000
     Krediteurekontrole                                                      368 470
     Netto handelsdebiteure                                                  463 000
     Bank (gunstige saldo)                                                   132 600
     SAID: Inkomstebelasting                                                 295 500
     Handelsvoorraad                                                         882 000
     Verkope                                                               5 808 000
     Koste van verkope                                                             ?
     Waardevermidering                                                        86 010
     Versekering                                                              37 200
     Korting ontvang                                                          14 000
     Huur inkomste                                                           139 500
     Direkteursfooie                                                         450 400
     Salarisse en lone                                                       492 600
     Ouditfooie                                                               85 700
     Rente inkomste                                                           23 400
     Diverse uitgawes                                                              ?
     Gewone aandele dividende (interim dividende)                            126 000

B.   AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING
     (i)     Goedere wat deur 'n debiteur teruggestuur is, R28 800, is nog nie
             aangeteken nie. Die goedere is weer in voorraad teruggeplaas, maar
             geen inskrywings is gemaak om hierdie transaksie aan te teken nie.
             ŉ Winsopslag van 60% op die koste word op alle verkope toegepas.
     (ii)    Versekering sluit ŉ jaarlikse premie van R14 400 in, wat betaal is vir
             die tydperk 1 April 2020 tot 31 Maart 2021.
     (iii)   Die huurder het die huur betaal tot 30 April 2021. Let daarop dat die
             huur met 15% per jaar verhoog is, met ingang 1 Julie 2020. Die perseel
             word sedert 2018 gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
     (EC/SEPTEMBER 2021)                     REKENINGKUNDE V1                                           5

      (iv)      Die boekhouer het die voorraad sakrekenaars weggelaat met die opstel van
                die handelsvoorraadsyfer soos in die voor-aansuiwerings-proefbalans verskyn.
                ŉ Opsomming uit die voorraadrekords van sakrekenaars is soos volg:
                    Beginvoorraad                           600 eenhede
                    Aankope gedurende die jaar            2 200 eenhede
                    Terugsendings                           180 eenhede
                    Eenhede verkoop                       2 160 eenhede
                    Eindvoorraad                            430 eenhede
                x     Die relevante verkoopsyfer is aangeteken.
                x     Sakrekenaars word gekoop teen ŉ vaste kosprys van R175 elk. Die
                      spesifieke identifikasiemetode word gebruik om die sakrekenaars te
                      waardeer.
                Dit was opgelet dat van die sakrekenaars gesteel is. Dit moet nog aangeteken
                word.
      (v)       Die maatskappy neem drie direkteure in diens op dieselfde fooi-struktuur. Een
                van hulle het nie sy fooi vir Februarie 2021 ontvang nie. ŉ Vierde direkteur, wat
                op 1 Desember 2020 aangestel is, verdien R3 200 per maand meer as die
                ander. Hy het sy fooie vir die huidige jaar ontvang.
      (vi)      Die salaris van die klerk wat met verlof is, is uit die Salarisjoernaal weggelaat.
                Die besonderhede van sy salaris is soos volg:
                      Netto salaris    Totale werknemersaftrekkings   Totale werkgewerbydraes
                         R9 424           24% van bruto salaris               R1 240
                *Werkgewerbydraes word teen salarisse en lone gedebiteer.
      (vii)     ŉ Aangepaste aanslag is van die eksterne ouditeure ontvang wat aandui dat
                ouditfooie vir die jaar R80 500 beloop.
      (viii)    Die leningsstaat van Luther Bank het die volgende aangedui:
                x Totale terugbetalings vir die jaar (rente ingesluit)               R258 000
                x Rente gekapitaliseer                                                       ?
                x Saldo op 28 Februarie 2021                                        R1 082 400
                10% van die leningsaldo sal tydens die volgende boekjaar vereffen word.
      (ix)      Na inagneming van die aansuiwerings beloop die netto wins na belasting
                R689 310. Die huidige inkomstebelastingkoers is 31%.
C.    Aandelekapitaal en dividende:
      Die aandeelregister dui 745 000 aandele in uitreik op 28 Februarie 2021 aan. Die
      veranderinge in aandelekapitaal en behoue inkomste is aangeteken:
      x 1 Oktober 2020:        120 000 aandele is uitgereik teen R8,00 elk.
      x 1 Desember 2020: 75 000 aandele is teen R1,40 bo die gemiddelde
                             aandeelprys teruggekoop. Hierdie aandele kwalifiseer
                             nie vir finale dividende nie.
      x      Interim dividende is op 31 Augustus 2021 betaal.
      x      ŉ Finale dividend van 23 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar.
D.    Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie 2021:
      x Netto batewaarde per aandeel (NBW)     860 sent
      x Bedryfsverhouding                      1,8 : 1
                                                                                                        60

     Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  REKENINGKUNDE V1                          (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 3: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                            (40 punte; 30 minute)

Die inligting het betrekking op KAMP BPK. vir die finansiële jaar geëindig
31 Augustus 2021.

GEVRA:

3.1 Bereken die volgende vir die Kontantvloeistaat op 31 Augustus 2021:

     3.1.1 Verandering in betaalbares (dui of dit ŉ invloei of uitvloei van kontant is)     (4)

     3.1.2 Inkomstebelasting betaal                                                         (4)

     3.1.3 Dividende betaal                                                                 (4)

     3.1.4 Opbrengs op aandele uitgereik                                                    (5)

     3.1.5 Fondse gebruik om aandele terug te koop                                          (3)

     3.1.6 Verhoging in lening                                                              (4)

3.2 Voltooi die NETTO VERANDERING IN KONTANT EN
    KONTANTEKWIVALENTE afdeling in die Kontantvloeistaat                                    (4)

3.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig
    31 Augustus 2021.

     3.3.1 Vuurproefverhouding.                                                             (3)

     3.3.2 % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit.                                  (5)

     3.3.3 Dividenduitbetalingskoers (%)                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 REKENINGKUNDE V1                                      7

INLIGTING:
A.    Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die
      jaar geëindig 31 Augustus 2021.
      Rente op lening (van De Beer Leeners)                         R99 360
      Netto wins voor belasting                                   1 340 000
      Inkomstebelasting                                             428 800
B.    Uittreksel uit die Balansstaat op 31 Augustus 2021.
                                                 31 Aug 2021       31 Aug 2020
                                                         R              R
      Voorrade                                           350 000       380 200
      Handels- en ander ontvangbares (Nota 1)            278 000       509 800
      Kontant en kontantekwivalente                      168 000        10 000
      Aandeelhouersekwiteit                            7 293 200     5 650 000
      Gewone aandelekapitaal                           6 840 000     5 440 000
      Lening: De Beer Leeners                                  ?       600 000
      Handels- en ander betaalbares  (Nota 2)            670 100       459 600
      Oortrokke bank                                           -       109 800
C.    Nota 1: Handels en ander ontvangbares
                                                  31 Aug 2021      31 Aug 2020
                                                         R              R
      Handelsdebiteure                                  278 000       480 500
      SAID (Inkomstebelasting)                                         29 300
                                                        278 000       509 800
D.    Nota 2: Handels en ander betaalbares
                                                  31 Aug 2021      31 Aug 2020
                                                         R              R
      Handelskrediteure                                 390 800       215 600
      SAID (Inkomstebelasting)                           33 100
      Aandeelhouers vir dividende                             ?       208 000
      Opgelope uitgawes                                   6 200
                                                        670 100       459 600
E.    Aandelekapitaal
      1 September 2020    1 600 000 aandele was in uitreik.
      1 Mei 2021          400 000 addisionele aandele is uitgereik.
      31 Augustus 2021    100 000 aandele is teruggekoop teen R1,40 bo die
                          gemiddelde aandeelprys. Hulle het gekwalifiseer vir
                          finale dividende.
F.    Dividende en verdienste:
      x Tussentydse dividende is op 28 Februarie 2021 aan alle aandele op die
         aandeleregister betaal.
      x ŉ Finale dividend van 12 sent per aandeel is op 31 Augustus 2021
         verklaar. Totale dividende vir die jaar beloop R528 000.
      x Die verdienste per aandeel (VPA) is bereken op 53 sent per aandeel.
G.    Lening: De Beers Leeners
      Die lening is op 1 September 2020 (begin van die boekjaar) verhoog. Rente
      teen 12% p.j. is op datum betaal en word nie gekapitaliseer nie.
                                                                                     40
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                  REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 4: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                       (35 punte; 30 minute)
4.1 Kies die korrekte woord (e) van die tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs
    die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
     4.1.1   As 'n onderneming bankrot raak, verloor aandeelhouers slegs hul
             belegging in aandele. Dit is as gevolg van die (beperkte / onbeperkte)
             aanspreeklikheidsbegrip.
     4.1.2   Die (historiese koste / wesenlikheid / besigheidsentiteit) AARP- beginsel
             bepaal dat beduidende items soos rente uitgawe afsonderlik in die
             finansiële state geopenbaar moet word.
     4.1.3   Die (netto batewaarde per aandeel / markprys) word beïnvloed deur die
             vraag na aandele op die aandelebeurs.                         (3 x 1)           (3)
4.2 GREEN BPK., BCM BPK. en PLAZA BPK.
     Die inligting het betrekking op drie verskillende maatskappye wat in dieselfde
     bedryf meeding. Die finansiële jaar van elke maatskappy eindig op die laaste dag
     van Februarie.
     GEVRA:
     LET WEL: Verskaf syfers, finansiële aanwysers of berekeninge in ELKE
              geval om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.
     4.2.1   Likiditeit
             Identifiseer die maatskappy wat die doeltreffendste likiditeitsposisie het.
             Haal DRIE finansiële aanwysers aan en verduidelik dit om jou keuse te
             ondersteun.                                                                     (6)
     4.2.2   Risiko en hefboom:
             ŉ Direkteur van Green Bpk. voel dat die maatskappy die lening so gou
             moontlik moet terugbetaal. Verduidelik wat jy vir hom sou sê. Haal TWEE
             finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou mening te motiveer.                (6)
     4.2.3   Dividenduitbetalingsbeleid:
             Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingskoerse van Green Bpk. en
             Plaza Bpk., en gee ŉ rede waarom die direkteure van elke maatskappy
             oor die uitbetalingskoerse besluit het. Haal syfers aan.                        (6)
     4.2.4   Aandeelhouding van Sandi Charley:
             Sandi Charley is ŉ aandeelhouer in twee van hierdie maatskappye. Sy
             het R800 000 en beoog om dit in nuwe aandele te belê.
             Al drie die maatskappye het besluit om op 1 Maart 2021 bykomende
             aandele teen die bestaande markprys op 28 Februarie 2021 uit te reik.
             x   Bereken Sandi se % aandeelhouding in Green Bpk. en lewer
                 kommentaar op jou bevindings.                                               (4)
             Sandi wil ekstra aandele in Green Bpk. koop en beoog ook om in Plaza
             Bpk. te belê.
             x Bereken die minimum aantal aandele wat sy in Green Bpk. moet koop
                en die bedrag wat sy sal moet bestee.                                        (6)
             x Watter advies sou jy vir Sandi gee oor haar voorneme om aandele in
                Plaza Bpk. te koop? Gee TWEE punte. Haal syfers (finansiële
                aanwysers) aan om jou advies te ondersteun.                                  (4)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 REKENINGKUNDE V1                                         9

INLIGTING:

A.     Finansiële aanwysers op 28 Februarie 2021:
                                               GREEN BPK.   BCM BPK.    PLAZA BPK.
       Bedryfsverhouding                         3,3 : 1     1,8 : 1      1,6 : 1
       Vuurproefverhouding                       1,9 : 1     1,1 : 1      0,4 : 1
       Gemiddelde debiteure-
       invorderingsperiode                       39 dae      27 dae       31 dae
       Gemiddelde krediteure-
       betalingsperiode                          65 dae      42 dae       60 dae
       Skuld-ekwiteit                            0,6 : 1     0,3 : 1      0,7 : 1
       Opbrengs op
       aandeelhouersbelang (OOAHB)               9,5%        12,8%         5,3%
       Opbrengs op gemiddelde kapitaal
       aangewend                                 14,7%       16,2%        11,4%
       Verdienste per aandeel (VPA)              91 sent     98 sent     64 sent
       Dividende per aandeel (DPA)               47 sent     74 sent     66 sent
       Dividend uitbetalingskoers                51,6%       75,5%        103%
       Netto batewaarde                         520 sent    610 sent     566 sent

       Markprys op aandelebeurs                 520 sent    692 sent     532 sent
       Rentekoers op lening                       13%         13%          13%

       Kredietvoorwaardes:       Debiteure word 30 dae gegun om hul rekeninge te
                                 vereffen;
                                 Krediteure laat 60 dae se kredietvoorwaardes toe.

B.     Aandele en aandeelhouding van Sandi Charley:
                                               GREEN BPK.   BCM BPK.    PLAZA BPK.
       Aantal uitgereikte aandele               1 700 000   1 800 000    2 000 000
       Aandele besit deur Sandi Charley           900 000     450 000            0
       Haar % aandeelhouding per
       maatskappy                                  ?             25%            0%
       Aantal aandele wat elke maatskappy
       beplan om op 1 Maart 2021 uit te reik
       (teen markprys op 28 Februarie 2021)     250 000       450 000      300 000

                                                                                        35

                                                                            TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
10                                  REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

               Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
                Verkope      1                          Koste van verkope    1

        Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
                 Verkope             1                         Verkope             1

            Bedryfsuitgawes x 100                             Bedryfswins x 100
                Verkope        1                                Verkope      1

            Totale bates : Totale laste                    Bedryfsbates : Bedryfslaste

     (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste       Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

        (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde handelsvoorraad x 365                       Koste van verkope             .

           Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365                Gemiddelde krediteure            x 365
            Kredietverkope        1               Koste van verkope/Kredietaankope      1

                                                        Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                     Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                (*Sien nota hieronder)

                 Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
         Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

           Aandeelhouersbelang      x 100                Dividende vir die jaar   x 100
          Getal uitgereikte aandele    1                Getal uitgereikte aandele    1

         Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
         Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel x 100                      Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel   1                    Netto inkomste na belasting    1

                                       Totale vaste koste                       .

                     Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
  finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-afr/11a416d1-5a4d-43f5-8e86-04e631d2a55d) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [Accounting P2 QP Nov 2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-nov-2020-eng-d/7a7e912d-274c-4600-8f33-8c3e779b6f8e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting P2 Nov 2020 ANSBK Eng D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-ansbk-eng-d-rev/863967ff-8393-4d36-ac90-75cbdfc8ad7e) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [Accounting GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/01f40c91-f7ea-453e-bb06-5be520e4328f) — Accounting · Guide · 2021 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
