# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/faa84a35-5d04-4413-bcc3-7adad9bc323a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/faa84a35-5d04-4413-bcc3-7adad9bc323a)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2022

                      REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, insluitend ŉ formuleblad
                          en ŉ 11-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   REKENINGKUNDE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
     beantwoord.

3.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.   Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
     aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
     hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
     beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                              TYD
       VRAAG                      ONDERWERP                      PUNTE
                                                                            (minute)
                     Begrippe, Staat van Omvattende Inkomste
          1                                                        60          45
                     en Staat van Finansiële Posisie
                     Finansiële aanwysers, Aandele Kaptaal-
          2                                                        40          30
                     nota en Kontantvloeiberekeninge
                     Vertolking van Maatskappy Finansiële
          3                                                        35          30
                     Inligting

          4          Korporatiewe bestuur                          15          15

                                                     TOTAAL        150        120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             REKENINGKUNDE V1                    3

                 HOU HIERDIE
                   BLADSY
                          SKOON.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 1:      BEGRIPPE, STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN STAAT
               VAN FINANSIËLE POSISIE
                                                  (60 punte; 45 minute)

 1.1 Kies ŉ verduideliking in KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
     slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

                KOLOM A                                    KOLOM B
      1.1.1    Omsigtigheid               A    Dit dui die bates, laste en ekwiteit van
                                               die maatskappy aan
      1.1.2    Staat van Omvattende       B    Direkteursfooie moet afsonderlik in die
               Inkomste                        finansiële state geopenbaar word en nie
                                               as deel van salarisse en lone nie
      1.1.3    Wesenlikheid               C    Dit toon die invloei en uitvloei van
                                               fondse vir die jaar
      1.1.4    Staat van Finansiële       D    Die voorsiening vir oninbare skulde
               Posisie                         moet tot 5% van uitstaande debiteure
                                               aangesuiwer word
                                          E    Dit toon die wins of verlies vir die
                                               finansiële tydperk
                                                                             (4 x 1)          (4)

 1.2 JULA BEPERK

      Jy word voorsien van die inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2022.

      GEVRA:

      1.2.1    Verwys na Inligting B (i):
               Bereken die volgende:
                •    Die waarde van die eindvoorraad deur die spesifieke identifikasie-
                     metode te gebruik                                                        (4)
                •    Die aantal mikrogolfoonde wat vermis word                                (2)

      1.2.2    Verwys na Inligting A en B:
               Gebruik die tabel verskaf om die korrekte netto wins na belasting vir
               die jaar geëindig 30 Junie 2022 te bereken. Dui '+' vir vermeerdering
               en '–' vir vermindering by elke aangesuiwerde bedrag aan.                     (17)
      1.2.3    Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 30 Junie 2022. (33)
               LET WEL:
               • Aansuiwerings van Inligting B moet oorweeg word wanneer die
                 Staat van Finansiële Posisie voltooi word.
               • Toon bewerkings. Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK
                 verskaf.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                         REKENINGKUNDE V1                                   5

 INLIGTING:

 A. Lys van saldo’s voordat die foute en weglatings hieronder in ag geneem is.
                                                         30 Junie 2022      30 Junie 2021
      Balansstaatrekeninge afdeling
                                                              (R)                (R)
      Gewone aandelekapitaal                                 3 948 000          2 673 000
      Behoue inkomste                                                ?          1 100 300
      Vaste bates teen drawaarde                                     ?
      Vaste deposito                                           300 000
      Bank (gunstig)                                           276 000
      Verbandlening: BBS Bank                                2 057 000          2 431 400
      SAID: Inkomstebelasting (Voorlopige belasting)           947 620
      Aandeelhouers vir dividende                              296 000           250 000
      Handelsvoorraad                                        2 757 000
      Debiteurekontrole                                      1 595 000
      Voorsiening vir oninbare skulde                                ?             78 300
      Krediteurekontrole                                     1 264 000

 B. Die netto wins voor belasting, R3 199 890, is bereken voordat die volgende in ag
    geneem/reggestel is:
      (i)     Die volgende voorraaditems is uit die jaarlikse voorraadopnamesyfers
              weggelaat:
              LET WEL:     Die spesifieke identifikasie-metode is in gebruik vir voorraad-
                           waardasie.
                               Gedurende die jaar                  Voorraad op
              Aankope                                   Verkope    30 Junie 2022
                                 Hoeveel-   Eenheids-   Hoeveel-    Hoeveel-     Totale
              Item
                                   heid       prys        heid        heid       waarde
              Televisies          1 200       R7 000     1 118         ?               ?
              Mikrogolfoonde      2 000       R1 500     1 800        198       R297 000
      (ii)    Die voorsiening vir oninbare skulde moet met R1 450 verhoog word.
      (iii)   Verwys na die volgende vooraansuiweringsrekeninge:
              Nominale rekeninge afdeling
              Direkteursfooie                                                  R 992 000
              Huurinkomste                                                        76 000
              Advertensies                                                        54 000
              •   Die maatskappy het vyf (5) direkteure wat dieselfde maandelikse fooi
                  verdien. Hulle was almal op 'n bonus gelykstaande aan een maand se
                  fooi geregtig. Die bonus van EEN (1) direkteur is steeds uitstaande. Die
                  uitstaande bonus is nie aangeteken nie.
              •   Huur vir Mei en Junie 2022 is nie ontvang nie. Dit is nog nie
                  aangeteken nie. Let daarop dat die huur met 10% p.j. op 1 Junie elke
                  jaar verhoog.
              •   ŉ Advertensiekontrak vir R12 400 is vir die tydperk 1 Maart 2022 tot 31
                  Oktober 2022 betaal. Die vooruitbetaalde gedeelte is nie aangeteken
                  nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2022)

      (iv) Uittreksel uit die leningstaat ontvang vanaf BBS Bank op 30 Junie 2022:

            Saldo op 1 Julie 2021                                       R2 431 400
            Terugbetalings (rente ingesluit) vir die periode 1 Julie
                                                                            374 400
            2021 tot 30 Junie 2022
            Saldo op 30 Junie 2022                                        2 246 000

            •   Die rente op lening is nog nie aangeteken nie.

 C.   Nadat die aansuiwerings / regstellings hierbo in ag geneem is, is vasgestel
      dat die besigheid R17 400 vir inkomstebelasting vir die jaar oorbetaal het.

 D.   Aandele en dividende:

       •   Die maatskappy het gedurende die jaar 90 000 aandele teruggekoop
           teen ŉ totale koste van R698 000. Dit was R275 000 bo die gemiddelde
           aandeelprys.
       •   Dividende op gewone aandele vir die jaar het R570 000 beloop.

 E.   ŉ Deel van die vaste deposito’s sal op 30 Julie 2022 verval.

 F.   ŉ Gedeelte van die lening sal in die volgende finansiële jaar betaal word.

 G.   Die bedrag vir vaste bates is die balanserende syfer.

                                                                                         60

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             REKENINGKUNDE V1                    7

                 HOU HIERDIE
                   BLADSY
                          SKOON.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  REKENINGKUNDE V1                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 2:      FINANSIËLE AANWYSERS, AANDELE KAPITAAL-NOTA EN
               KONTANTVLOEIBEREKENINGE
                                                  (40 punte; 30 minute)

 Die inligting het betrekking op Terresa Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
 28 Februarie 2022.

 GEVRA:

 2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2022.

      2.1.1    Vuurproefverhouding                                                              (4)

      2.1.2    % Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend                                      (5)

      2.1.3    Dividend per aandeel (DPA)                                                       (4)

 2.2 Voltooi die Gewone Aandelekapitaal-nota op 28 Februarie 2022.                              (3)

 2.3 Bereken die volgende:

      2.3.1    Verandering in ontvangbares (dui aan of dit ŉ invloei of uitvloei van
               kontant is)                                                                      (5)

      2.3.2    Inkomstebelasting betaal                                                         (5)

      2.3.3    Vaste bates aangekoop                                                            (4)

 2.4 Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat.

      2.4.1    Kontantgevolge van finansieringsaktiwiteite                                      (7)

      2.4.2    Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                               (3)

 INLIGTING:

 A.   Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
      28 Februarie 2022:
      Verkope                                                               R 3 500 000
      Waardevermindering                                                        810 700
      Wins voor rente-uitgawe                                                 1 726 000
      Netto wins voor belasting                                               1 600 000

 B.   Inkomstebelasting is vir die huidige finansiële jaar teen 30% bereken.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    REKENINGKUNDE V1                                    9

 C.    Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie:

                                                     2022                 2021
       Vaste bates (drawaarde)                       7 296 200              6 117 800
       Vaste deposito                                        ?                      ?
       Bedryfsbates                                  1 536 500              1 461 200
       Voorraad                                        671 000                590 000
       Handelsdebiteure                                829 000                796 200
       Vooruitbetaalde uitgawes                         33 000                      0
       SAID: Inkomstebelasting                               0                 13 800
       Bank                                                  0                 61 200
       Kleinkas                                          3 500                      0

       Gewone aandeelhouersbelang                    7 134 500             5 520 000
       Gewone aandelekapitaal                        6 240 000             5 100 000
       Behoue inkomste                                 894 500               420 000
       Nie-bedryfslaste                              1 050 000             1 400 000
       Bedryfslaste                                  1 048 200               959 000
       Handelskrediteure                               700 700               777 000
       SAID: Inkomstebelasting                          28 600                     0
       Aandeelhouers vir dividende                     292 500               182 000
       Bankoortrekking                                  26 400                     0

 D.    Geen vaste bates is verkoop nie, maar daar was toevoegings tot vaste bates
       gedurende die finansiële jaar.

 E.    Aandelekapitaal en dividende:

       1 Maart 2021        1 700 000 aandele was in uitreik.
       30 Augustus 2021    Interim dividend betaal, R323 000.
       31 Desember 2021    R1 620 000 ontvang vir addisionele aandele uitgereik.
       27 Februarie 2022   150 000 aandele teruggekoop teen 20c bo die
                           gemiddelde aandeelprys. Hierdie aandele kwalifiseer nie
                           vir finale dividende nie.
       28 Februarie 2022   ŉ Finale dividend van 15 sent per aandeel verklaar.

                                                                                         40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               REKENINGKUNDE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3:      VERTOLKING VAN MAATSKAPPY FINANSIËLE INLIGTING
                                                  (35 punte; 30 minute)

 Die inligting hou verband met twee maatskappye wat in die rekenaarbedryf handel
 dryf. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 30 September.

 LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, haal finansiële
          aanwysers, syfers en tendense aan om jou antwoord te ondersteun.

 GEVRA:

 3.1 Winsgewendheid:

      Identifiseer die maatskappy met die beter winsgewendheid finansiële
      aanwysers. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                    (3)

 3.2 Likiditeit:

      3.2.1    Verduidelik watter maatskappy se likiditeitsposisie aandeelhouers
               gelukkig sal maak. Haal TWEE finansiële aanwysers in jou
               verduideliking aan.                                                      (6)

      3.2.2    Verduidelik TWEE punte oor hoe die ander maatskappy hul
               likiditeitsposisie kan verbeter. Verwys na ŉ spesifieke finansiële
               aanwyser.                                                                (4)

 3.3 Dividenduitbetalingsbeleid:

      Lewer kommentaar op die verandering in die dividenduitbetalingsbeleid van
      ELKE maatskappy. Verskaf in ELKE geval ŉ moontlike rede waarom die
      maatskappy op ŉ verandering van beleid besluit het. Haal syfers aan.              (6)

 3.4 Risiko en hefboomfinansiering:

      Lewer kommentaar oor hoe elke maatskappy hul risiko en hefboomfinansiering
      bestuur. Haal TWEE finansiële aanwysers in jou verduideliking aan.                (8)

 3.5 Persentasie aandeelhouding en aandeelprys:

      Die Bravo-familie het van hul aandele terugverkoop aan Dally Bpk. en
      Nana Bpk.

      3.5.1    Lewer kommentaar op die prys wat betaal is vir die terugkoop van
               aandele deur Dally Bpk. Verskaf TWEE punte. Haal syfers aan.             (4)

      3.5.2    Verduidelik die effek van die terugkoop van aandele op die %
               aandeelhouding van die Bravo-familie in ELKE maatskappy.
               Verskaf ŉ berekening om jou verduideliking te ondersteun.                (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                       REKENINGKUNDE V1                                11

 INLIGTING:

 A.    Uittreksels uit die rekeningkundige rekords aan die einde van elke
       finansiële jaar:

                                    DALLY BPK                   NANA BPK
                               Sept 2022 Sept 2021        Sept 2022 Sept 2021
       Aantal uitgereikte
                               1 500 000     1 750 000    1 950 000    2 100 000
       aandele
       Terugkoopprys              R15                         R15
       Aantal aandele wat
       aan die einde van die
                                765 000      1 015 000     942 000     1 092 000
       jaar deur Bravo-
       familie besit word
       % Aandeelhouding
                                   ?            58%            ?         52%
       van die Bravo-familie

 B.    Finansiële aanwysers, rentekoers en markprys van aandele:

                                    DALLY BPK                   NANA BPK
                               Sept 2022 Sept 2021        Sept 2022 Sept 2021
       Winsopslag % behaal       45%                        50%
       % Bedryfsuitgawes
                                 31%                          35%
       op verkope
       % Bedryfswins op
                                 25%                          16%
       verkope
       Vuurproefverhouding        1 :1         0,6 : 1       0,7 : 1     0,9 : 1
       Gemiddelde
       debiteure-               28 dae         46 dae        40 dae     45 dae
       invorderingsperiode
       Skuld-ekwiteit
                                 0,4 :1        0,7 :1        0,6 :1      0,2 : 1
       verhouding
       Dividenduitbetalings-
                                 20%            60%           80%        25%
       koers
       % Opbrengs op
                                 16%            12%           9%         13%
       kapitaal aangewend
       Rente op lening           12%            12%           12%        12%
       Netto batewaarde per
                               1 260 sent    1 120 sent   1 000 sent   1 160 sent
       aandeel
       Markprys                1 420 sent    1 390 sent   1 100 sent   1 380 sent

                                                                                        35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                REKENINGKUNDE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                              (15 punte; 15 minute)

GEVRA:

4.1 Die volgende is ŉ uittreksel uit die onafhanklike ouditeurverslag van Xuba Bpk.

     Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ŉ billike
     weergawe van die finansiële posisie van die maatskappy soos op
     28 Februarie 2022.

     4.1.1   Identifiseer die tipe verslag wat deur die ouditeur uitgereik is. Gee
             EEN rede vir jou antwoord.                                                   (3)

     4.1.2   Verduidelik die impak van so ŉ verslag op die beeld van die
             maatskappy. Noem EEN punt.                                                   (2)

4.2 BRUCE Bpk. het een van die tenders ontvang, om huise ter waarde van R10
    miljoen in die Matolo-gemeenskap te bou. Die Hoof Finansiële Beampte
    (HFB) van Bruce Bpk. bied aan om 10% van die bedrag in kontant aan die
    Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van die behuisingsprojek te betaal indien
    die tender toegeken word. Die HFB wil dit openbaar as korporatiewe sosiale
    verantwoordelikheid.

     4.2.1   Verduidelik hoekom dit oneties is vir die HUB om hierdie aanbod te
             aanvaar. Noem TWEE punte.                                                    (4)

     4.2.2   Noem moontlike implikasies vir die HUB sou hy hierdie aanbod
             aanvaar. Verduidelik TWEE punte.                                             (4)

     4.2.3   Stel TWEE maniere voor waarop korporatiewe sosiale
             verantwoordelikheid deur goeie korporatiewe bestuur bereik kan
             word.                                                                        (2)

                                                                                        15

                                                                        TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      REKENINGKUNDE V1                                        13

      GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

               Bruto wins x 100                              Bruto wins    x 100
                Verkope      1                           Koste van verkope    1

       Netto wins voor belasting x 100                   Netto wins na belasting x 100
                Verkope             1                           Verkope             1

            Bedryfsuitgawes x 100                              Bedryfswins x 100
                Verkope        1                                Verkope       1

           Totale bates : Totale laste                      Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste           Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

      (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                          Koste van verkope              .

         Koste van verkope        1                       Gemiddelde handelsvoorraad

        Gemiddelde debiteure x 365                   Gemiddelde krediteure            x 365
          Kredietverkope        1                  Koste van verkope/Kredietaankope      1

                                                     Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                  Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                            (*Sien nota hieronder)

                Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
        Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

         Aandeelhouersbelang      x 100                   Dividende vir die jaar   x 100
        Getal uitgereikte aandele    1                   Getal uitgereikte aandele    1

        Tussentydse dividende x 100                           Finale dividende      x 100
        Getal uitgereikte aandele 1                       Getal uitgereikte aandele    1

        Dividende per aandeel x 100                       Dividende vir die jaar   x 100
        Verdienste per aandeel   1                     Netto inkomste na belasting    1

                                        Totale vaste koste                       .

                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
Nota:
* In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele
  gedurende ŉ finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die
  praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
