# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/39adb9aa-3e46-4329-bf16-6c121c9506b6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/39adb9aa-3e46-4329-bf16-6c121c9506b6)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2023

                     REKENINGKUNDE V1

PUNTE: 150

TYD:   2 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, insluitend
                ŉ formuleblad en ŉ 11 bladsy-antwoordeboek.

### Page 2

2                                    REKENINGKUNDE V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
      aangeheg.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                            TYD
       VRAAG                       ONDERWERP                     PUNTE
                                                                          (minute)
                     Berekening van korrekte netto wins en
           1                                                      60          45
                     Staat van Finansiële Posisie
                     Notas tot Finansiële State,
           2                                                      40          30
                     Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers

           3         Vertolking van Finansiële State              35          30

           4         Korporatiewe Bestuur                         15          15

                                                       TOTAAL     150        120

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                        REKENINGKUNDE V1                                   3

VRAAG 1: BEREKENING VAN NETTO WINS EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
                                                         (60 punte; 45 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is.

      1.1.1   Aandeelhouers is verantwoordelik vir die bestuur van die maatskappy.

      1.1.2   Die Staat van Finansiële Posisie toon die finansiële posisie van ŉ
              maatskappy op ŉ spesifieke datum.

      1.1.3   Die Staat van Omvattende Inkomste toon die wins of verlies vir die
              finansiële jaar.
                                                                         (3 x 1)             (3)

1.2   LUX BPK.

      Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 30 Junie 2023.

      GEVRA:

      1.2.1   Verwys na Inligting B (i).

              Bereken die waarde van eindvoorraad deur die EIEU-metode te gebruik.           (4)

      1.2.2   Verwys na Inligting A en B:

              Gebruik die tabel wat gegee word om die korrekte netto wins na
              belasting vir die jaar geëindig 30 Junie 2023 te bereken.
              Dui '+' vir vermeerdering en '-' vir vermindering by elke aangesuiwerde
              bedrag aan.                                                                  (21)

      1.2.3   Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 30 Junie 2023.                   (32)

              LET WEL:
              • Aansuiwerings van Inligting B moet oorweeg word wanneer die Staat
                van Finansiële Posisie voltooi word.
              • Toon bewerkings.
              • Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingevul.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   REKENINGKUNDE V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

INLIGTING:
A.   Uittreksel van Voor-aansuiweringsproefbalans op 30 Junie.

                                                            2023           2022
                                                             (R)            (R)
     Gewone aandelekapitaal                                       ?        6 800 000
     Behoue inkomste                                        895 000
     Verbandlening: Govee Bank                                    ?         3 985 000
     Vaste bates (drawaarde)                              7 711 501
     Vaste deposito                                               ?
     Handelsvoorraad                                      2 024 500
     Debiteurekontrole                                      942 460
     Bank (gunstig)                                          53 440
     Krediteurekontrole                                   1 962 260
     SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings)         914 600
     Aandeelhouers vir dividende                            616 500
     Voorsiening vir oninbare skulde                              ?            25 300
     Versekering                                            128 400
     Huur inkomste                                          168 000

B.   Die netto wins voor belasting, R3 551 841, is bereken voordat die volgende in
     ag geneem is:

     (i)     Die voorraadstaat hieronder is weggelaat toe die finale voorraadsyfers
             bereken is.

             LET WEL: Die EIEU voorraadwaardasiemetode is gebruik.

                                           Eenhede       Eenheidsprys       Totaal
             Beginvoorraad                   850             R60             R51 000
             Aankope:
             November 2022                    640            R90             R57 600
             April 2023                       350            R100            R35 000
             Eindvoorraad                     400

     (ii)    Toerusting gekoop op 1 Januarie 2017, kosprys R360 000, is vir kontant
             vir R43 000 op 29 Junie 2023 verkoop. Geen inskrywings is vir die verkoop
             van die toerusting gemaak nie.
             Die toerusting se waarde het teen in vaste bedrag oor 6 jaar verminder.

     (iii)   Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R28 500 aangesuiwer word.

     (iv) Versekering sluit ŉ bedrag van R40 800 in, wat vir die tydperk
          1 Januarie 2023 tot 31 Desember 2023 betaal is.

     (v)     Huur is vir die tydperk 1 Julie 2022 tot en met 30 September 2023 ontvang.
             Dit sluit ŉ verhoging van R800 per maand vanaf 1 April 2023 in.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                    REKENINGKUNDE V1                                      5

     (vi)    ŉ Krediteur met ŉ debietsaldo van R11 000 moet na die debiteuregrootboek
             oorgeplaas word.

     (vii)   Inligting van die leningstaat ontvang vanaf Govee Bank:
              • Maandelikse terugbetalings, insluitend rente van R45 000.
                  Rente op die lening word gekapitaliseer.
              • Saldo op 30 Junie 2023, R3 755 000.

             LET WEL:    Die huidige gedeelte van die lening sal in die volgende
                         finansiële jaar met R70 000 verhoog word.

C.   Nadat die bogenoemde weglatings in ag geneem is, is daar vasgestel dat
     R65 500 aan SAID verskuldig is.

D.   ŉ Finale dividend van 45c per aandeel is verklaar.

E.   Die volgende finansiële aanwyser is op 30 Junie 2023 bereken:
     • Netto batewaarde per aandeel (NBW): 420 sent

F.   ŉ Vaste deposito is op 25 Junie 2023 by Best Bank gemaak.

                                                                                             60

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   REKENINGKUNDE V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2:       KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                                     (40 punte; 30 minute)

2.1    Kies die korrekte woord uit die lys hieronder wat die beste by elke stelling
       hieronder pas. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3)
       in die ANTWOORDEBOEK neer.

                   Likiditeit; Hefboomfinansiering; Winsgewendheid; Solvensie

       2.1.1   Gebruik van geleende kapitaal (lenings) om die besigheid te finansier.

       2.1.2   Vermoë van die besigheid om korttermynskuld te betaal.

       2.1.3   Vermoë om alle skuld te delg deur die bates van die besigheid te
               gebruik.                                                      (3 x 1)          (3)

2.2    TUMBA BPK.

       Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 30 April 2023.

       GEVRA:

       2.2.1   Voltooi die Gewone Aandelekapitaal-nota.                                       (6)

       2.2.2   Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:

                •    Inkomstebelasting betaal                                                 (5)
                •    Dividende betaal                                                         (3)

       2.2.3   Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat.

                •    Kontantgevolge van beleggingsaktiwiteite                                 (7)
                •    Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                       (4)

       2.2.4   Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 April 2023.

               •     Vuurproefverhouding                                                      (4)
               •     % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                      (4)
               •     Tussentydse dividende per aandeel                                        (4)

       LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingevul.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                   REKENINGKUNDE V1                                  7

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste op 30 April 2023

     Verkope                                                          3 188 150
     Waardevermindering                                                413 000
     Rente-uitgawe                                                       78 000
     Netto wins na belasting                                            637 630

     LET WEL: Die inkomstebelastingkoers is 30%.

B.   Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 30 April:
                                                    2023             2022
     Vaste bates (drawaarde)                        4 094 900         3 830 000
     Finansiële bates                                 190 000
     Voorrade                                         720 800           520 000
     Handels- en ander ontvangbares                   240 000           356 000
     Kontant en kontantekwivalente                     56 600             6 500
     Aandeelhouersbelang                            6 062 000         5 124 800
     Gewone aandelekapitaal                         5 852 000         4 704 000
     Behoue inkomste                                  210 000           420 800
     Handels- en ander betaalbares                                       90 440
     SAID: Inkomstebelasting                         Dt 21 270        Kt 36 600
     Aandeelhouers vir dividende                             ?          265 000
     Bankoortrekking                                         0           38 400
     Bedryfslaste                                     360 700           430 440

C.   Vaste bates:

     •   Uitbreidings aan grond en geboue is gedurende die jaar teen ŉ koste van
         R830 400 voltooi.
     •   Toerusting is gedurende die jaar teen drawaarde verkoop.

D.   Aandelekapitaal en dividende:

     •   Die gemagtigde aandelekapitaal het uit 2 100 000 aandele bestaan.
     •   Op 1 Mei 2022 was 70% van die gemagtigde aandele reeds uitgereik.
     •   Op 30 Junie 2022 is 300 000 addisionele aandele uitgereik.
     •   Op 30 September 2022 is ŉ tussentydse dividend van R318 600 betaal.
     •   230 000 aandele is op 31 Januarie 2023 teruggekoop.
                                                                                      40

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                        (35 punte; 30 minute)

JMP BPK.

Die inligting hou verband met die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie 2023.
GEVRA:
LET WEL:     Verskaf syfers, tendense, finansiële aanwysers of berekeninge in ELKE
             geval om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.
3.1 Die maatskappy se totale verkope het van 2022 tot 2023 toegeneem en die
    bedryfsaktiwiteite is in 2023 beter beheer.

     •   Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers wat beter beheer oor
         bedryfsaktiwiteite aandui.                                                        (4)
     •   Haal aan en verduidelik EEN gepaste aanwyser wat direk tot die toename in
         verkope bygedra het.                                                              (2)

3.2 Identifiseer TWEE finansiële aanwysers wat ŉ verbetering in die likiditeit van die
    maatskappy aandui.                                                                     (2)

3.3 Die direkteure het besluit om die lening aan die begin van 2023 te verhoog.
    Verduidelik hoekom jy met hul besluit saamstem. Haal TWEE finansiële
    aanwysers met tendense aan.                                                            (8)

3.4 Aandeelhouers koop aandele in maatskappye as ŉ korttermynbelegging terwyl
    ander dit as ŉ langtermynbelegging doen.

     Verduidelik hoe die verandering in die dividenduitbetalingsbeleid die
     beleggingskeuses van elke tipe aandeelhouer beïnvloed. Haal vergelykende
     syfers aan.                                                                           (6)

3.5 Aandeelhouers is verdeeld oor die prys wat vir die terugkoop van aandele betaal
    is.

     Verskaf EEN punt ter ondersteuning van, en EEN punt teen die prys wat vir die
     aandele betaal is. Haal EEN finansiële aanwyser vir elke punt aan.                    (4)

3.6 Verwys na inligting C.

     Die direkteure van die maatskappy het besluit om ŉ bykomende 50 000 aandele
     in die nuwe finansiële jaar uit te reik.

     •   Bereken die minimum aantal aandele wat S. Lucus moet koop om ŉ
         meerderheidsaandeelhouer te word.                                                 (5)

     •   Noem TWEE punte waarom S. Lucus ŉ meerderheidsaandeelhouer wil word.              (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                     REKENINGKUNDE V1                                      9

INLIGTING:

A.   Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie:

                                                       2023            2022
     Winsopslag % behaal                               55%             70%
     % bedryfsuitgawes op verkope                     17,3%           21,2%
     % bedryfswins op verkope                         22,1%           16,5%
     % netto wins op verkope                          17,2%           13,9%
     Debiteure-invorderingsperiode                    31 dae          44 dae
     Voorraadhoudingstydperk                          65 dae          62 dae
     Krediteure-betalingsperiode                      62 dae          45 dae
     % opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB)         19,5%           17,6 %
     Dividenduitbetalingskoers                         40%             80%
     Skuld-ekwiteit verhouding                        0,4 : 1         0,3 : 1
     % opbrengs op totale kapitaal aangewend
                                                       12 %               11.5%
     (OOTKA)
     Netto batewaarde per aandeel (NBW)              1 200 sent       900 sent

B.   Addisionele inligting op 28 Februarie:

                                                        2023            2022
     Markprys van aandele                            1 320 sent      1 150 sent
     Terugkoopprys van aandele                       1 420 sent
     Rente op lenings                                   10%               10%
     Rente op alternatiewe beleggings                    6%                6%

C.   Aandele en persentasie aandeelhouding op 28 Februarie 2023:

     Aantal uitgereikte aandele                                 650 000
     % aandeelhouding van S. Lucus                               48%

                                                                                         35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                               REKENINGKUNDE V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                     (15 punte; 15 minute)

4.1 Die volgende is drie tipes verslae wat uitgereik kan word nadat die finansiële
    state van ŉ maatskappy geoudit is.

     Gekwalifiseerde verslag    Vrywaring van mening       Ongekwalifiseerde
                                                               verslag

     •   Watter tipe ouditverslag sal aandeelhouers ontmoedig om aandele in ŉ
         maatskappy te koop?                                                            (1)

     •   Verskaf TWEE redes waarom aandeelhouers nie sal belangstel om aandele
         in so ŉ maatskappy te koop nie.                                                (4)

4.2 Verduidelik waarom ŉ maatskappy se finansiële state deur onafhanklike
    ouditeure geoudit moet word. Verskaf TWEE punte.                                    (4)

4.3 Die volgende is aan die maatskappy gerapporteer.

     Een van die direkteure, die Hoof Finansiële Beampte (HFB) en die Onafhanklike
     Ouditeur van die maatskappy blyk goeie vriende te wees aangesien hulle elke
     tweede week sosiaal vergader.

     As ŉ aandeelhouer, hoekom sou jy oor hierdie soort verhouding bekommerd
     wees? Verduidelik DRIE punte (een vir elke persoon betrokke soos in die
     ANTWOORDEBOEK aangedui).                                                          (6)
                                                                                       15

                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                        REKENINGKUNDE V1                                  11

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

              Bruto wins x 100                               Bruto wins    x 100
               Verkope      1                            Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                     Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                             Verkope             1

          Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins x 100
              Verkope        1                                 Verkope       1

          Totale bates : Totale laste                      Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste            Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                           Koste van verkope          .

        Koste van verkope        1                        Gemiddelde handelsvoorraad

       Gemiddelde debiteure x 365                   Gemiddelde krediteure     x       365
         Kredietverkope        1                Koste van verkope/Kredietaankope       1

                                                         Netto inkomste na belasting x 100
  Netto inkomste na belasting  x 100                      Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                            (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

        Aandeelhouersbelang      x 100                   Dividende vir die jaar   x 100
       Getal uitgereikte aandele    1                   Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                             Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                         Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                         Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                       Netto inkomste na belasting    1

                                        Totale vaste koste                       .

                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende
  ŉ finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
