# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/6b622458-4126-45d6-ad39-5d3f42330398
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/6b622458-4126-45d6-ad39-5d3f42330398)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2024

                   REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, ŉ
                    formuleblad en ŉ 10 bladsy-antwoordeboek.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  REKENINGKUNDE V1                      (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
     beantwoord.

3.   ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
     aangeheg.

4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
     beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                             TYD
       VRAAG                      ONDERWERP                      PUNTE
                                                                           (minute)

          1      Maatskappy Finansiële State                      55          45

                 Notas tot Finansiële State, Kontantvloeistaat
          2                                                       40          30
                 en Finansiële Aanwysers

          3      Vertolking van Finansiële State                  40          30

          4      Korporatiewe Bestuur                             15          15

                                                    TOTAAL        150        120

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      REKENINGKUNDE V1                                  3

VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                         (55 punte; 45 minute)

ZINO BEPERK

Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 30 Junie 2024. Die
besigheid verkoop grassnymasjiene.

GEVRA:

1.1   Verwys na inligting B (ii).

      Bereken die waarde van die voorraad wat gesteel is.                                 (3)

1.2   Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie 2024.    (29)

1.3   Voltooi die Staat van Finansiële Posisie soos op 30 Junie 2024.                   (23)

      LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.

      INLIGTING:

A.    Uittreksel: Saldo’s en totale uit die rekords op 30 Junie 2024.

                                                                         R
       Gewone aandelekapitaal (3 000 000 aandele)                       19 650 000
       Behoue inkomste                                                           ?
       Lening: OV Bank                                                   1 304 000
       Debiteurekontrole                                                   495 000
       SAID: Inkomstebelasting (voorlopige                                 300 000
       belastingbetalings)
       Voorsiening vir oninbare skulde                                       2 355
       Krediteurekontrole                                                  529 800
       Bank (gunstig)                                                            ?
       Handelsvoorraad                                                   2 195 550
       Aandeelhouers vir dividende                                       1 980 000
       Verkope                                                                   ?
       Koste van verkope                                                15 660 000
       Huurinkomste                                                         98 500
       Kommissie-inkomste                                                  626 400
       Ouditfooie                                                           81 000
       Direkteursfooie                                                     450 000
       Advertensies                                                         36 000
       Dividende op gewone aandele                                       1 010 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

B   Aansuiwerings en addisionele inligting:
    (i)      Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van 75% op kosprys. Spesiale klante is
             handelskorting van R216 000 toegestaan.
    (ii)     Tydens ŉ inbraak by die pakhuis is grassnymasjiene gesteel. Die besigheid het
             R35 000 van die versekeringsmaatskappy ontvang en aangeteken, wat 80%
             van die waarde van die masjiene is aangesien dit onderverseker was. Geen
             ander inskrywings is gemaak nie.
    (iii)    Ouditfooie nog uitstaande aan die einde van die finansiële (boek)jaar, R9 500.
    (iv)     ŉ Jaarlikse advertensiekontrak is met ŉ plaaslike koerant onderteken met
             ingang 1 Oktober 2023. R24 000 is betaal.
    (v)      Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R1 975 aangesuiwer word.
    (vi)     ŉ Klant wat sy rekening met R2 800 oorbetaal het, het versoek dat die
             oorbetaling na sy krediteurerekening oorgeplaas word aangesien hy ook die
             kantoor van skryfbehoeftes voorsien.
    (vii)    Zino Bpk. verdien kommissie van R25 per eenheid verkoop van STIHL-
             vervaardigers. Kommissie op 900 eenhede vir Junie is nog verskuldig.
    (viii)   Die maatskappy het hul TWEE direkteure betaal tot 31 Desember 2023. Hulle
             verdien dieselfde fooie. ŉ Derde direkteur is op 1 April 2024 teen dieselfde
             maandelikse tarief as die ander twee direkteure aangestel. Geen
             direkteursfooie is in die tweede helfte van die jaar betaal nie.
    (ix)     Persele word sedert 1 Augustus 2023 verhuur met ŉ ooreenkoms dat huur met
             R800 per maand verminder word met ingang van 1 Mei 2024. Huur vir Junie
             2024 is nog nie ontvang nie.
    (x)      ŉ Addisionele voorlopige belastingbetaling van R200 000 is op 30 Junie 2024
             gemaak (dit is nie aangeteken nie). Hierna was inkomstebelasting wat nog aan
             die SAID verskuldig was aan die einde van die jaar R60 000.
             Belasting word bereken teen 28% van die netto wins voor belasting.
    (xi)     Lening van OV Bank:
             • Die leningsaldo op 1 Julie 2023 het R1 490 000 beloop.
             • Rente van R120 100 op die lening is gekapitaliseer.
             • ŉ Vaste maandelikse paaiement (insluitend rente) is ten volle betaal en
                aangeteken.
             • Weens moeilike ekonomiese toestande het Zino Bpk. met OV Bank
                onderhandel om die oorspronklike termyn van die lening te verleng. Die
                bank het tot hierdie versoek ingestem, en sodoende die kapitaalgedeelte
                van die leningterugbetaling met 5% oor die volgende finansiële jaar
                verminder.

    (xii)    Die volgende finansiële aanwysers is op 30 Junie 2024 bereken, nadat alle
             aansuiwerings in ag geneem is:

             Netto batewaarde per aandeel                                      675 sent
             Bedryfsverhouding                                                  1,3 : 1

                                                                                                  55

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                       REKENINGKUNDE V1                                         5

VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT
                                            (40 punte; 30 minute)

Die inligting het betrekking op Shabba Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
30 April 2024.

GEVRA:

2.1   Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
      30 April 2024:

      2.1.1   Skuld-ekwiteit-verhouding                                                           (3)

      2.1.2   Verdienste per aandeel                                                              (4)

      2.1.3   Dividenduitbetalingskoers (%)                                                       (3)

      2.1.4   % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                                 (5)

2.2   Stel die Behoue inkomste-nota op.                                                           (7)

2.3   Bereken die verandering in Handels- en ander ontvangbares. Dui aan of dit ŉ
      invloei of uitvloei van kontant is.                                                         (4)

2.4   Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:

      2.4.1   Belasting betaal                                                                    (5)

      2.4.2   Opbrengs uit die verkoop van vaste bates                                            (5)

2.5   Voltooi die volgende afdeling van die Kontantvloeistaat:
      ● Netto verandering in Kontant en kontantekwivalente                                        (4)

INLIGTING:

A.    Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste op 30 April 2024:

                                                                               R
       Waardevermindering                                                        190 900
       Rente-uitgawe                                                              69 500
       Netto wins na belasting                                                 1 022 000

B.    Belasting is 30% van Voorbelaste wins.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

C.   Uittreksel uit die staat van finansiële posisie en notas:

                                                     30 April 2024    30 April 2023
                                                           R               R
      Vaste bates (drawaarde)                          11 434 000         9 890 600
      Vaste deposito                                       120 000          600 000
      Bedryfsbates                                       1 202 400          906 000
      Handels- en ander ontvangbares (sien Nota 1)         568 700          459 400
      Kontant en kontantekwivalente                          7 800           85 300
      Aandeelhouersbelang                              12 624 400         9 319 200
      Behoue inkomste                                            ?        1 300 300
      Nie-bedryfslaste                                   1 294 000        1 560 000
      Bedryfslaste                                         900 000        1 156 600
      Handels- en ander betaalbares                        432 000          814 600
      Bankoortrekking                                      319 000                 0
      Aandeelhouers vir dividende                          188 000          201 000

     Nota 1: Handels- en ander ontvangbares.

                                                     30 April 2024 30 April 2023
                                                          R              R
      Netto handelsdebiteure                              528 000        426 800
      Opgelope inkomste                                    30 800
      SAID (Inkomstebelasting)                               9 900         32 600
                                                          568 700        459 400

D.   Vaste bates:
     • Die totale koste vir die verkryging van ŉ nuwe voertuig en uitbreidings aan die
       geboue gedurende die jaar het R1 702 000 beloop.
     • Gedurende die jaar is toerusting teen drawaarde verkoop.

E.   Aandelekapitaal en aandele:
     • Daar was 1 340 000 aandele uitgereik teen 30 April 2023.
     • Addisionele aandele is op 1 November 2023 uitgereik.
     • ŉ Tussentydse dividend is op 31 Augustus 2023 betaal.
     • Op 30 April 2024 is aandele teruggekoop. Die waarde van die aandele volgens
       die gemiddelde uitreikingsprys het R28 000 beloop. Die prys gevra was 15%
       meer as die gemiddelde uitreikingsprys.

F.   Dividende en verdienste per aandeel:

                                              30 April 2024       30 April 2023
      Tussentydse dividende (per aandeel)        20 sent             45 sent
      Finale dividende (per aandeel)             25 sent             15 sent
      Verdienste per aandeel                        ?               109 sent

                                                                                              40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                       REKENINGKUNDE V1                                   7

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING
                                                               (40 punte; 30 minute)

LUKER BPK.
Die finansiële jaar eindig op die laaste dag van Februarie elke jaar.
GEVRA:
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
         • Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal.
         • ŉ Rede of ŉ verduideliking vir die finansiële aanwysers wat aangehaal
           is, gee.

3.1 Begrippe met betrekking tot maatskappye word in KOLOM A gegee en
    beskrywings in KOLOM B. Kies die beskrywing in KOLOM B wat by ŉ begrip in
    KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
    (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK, neer.

                KOLOM A                                   KOLOM B
                 (BEGRIP)                            (VERDUIDELIKING)
     3.1.1    Hefboomfinansiering        A   dui die voordeel aan wat die eienaars uit
                                             hul belegging in die besigheid ontvang

     3.1.2    Solvabiliteit              B   dui aan in watter mate die besigheid deur
                                             geleende kapitaal gefinansier word

     3.1.3    Likiditeit                 C   dui aan of die besigheid al sy skuld sal
                                             kan afbetaal

     3.1.4    Opbrengs op ekwiteit       D   dui aan of die besigheid korttermyn skuld
                                             kan afbetaal
                                                                                (4 x 1)     (4)

3.2 Winsgewendheid

     Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers wat aandui dat die
     maatskappy sy uitgawes meer doeltreffend bestuur.                                      (4)

3.3 Likiditeit

     Stel strategieë voor wat die maatskappy kan gebruik om sy netto bedryfskapitaal
     te verbeter. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                       (6)

3.4 Finansieringstrategieë en hefboomfinansiering

     • Lewer kommentaar of die maatskappy goed van lenings gebruik maak.
       Haal EEN finansiële aanwyser met syfers en tendense aan.                             (4)

     • Die skuld-ekwiteitverhouding van die maatskappy het van 0,8 : 1 tot 0,6 : 1
       afgeneem. Noem TWEE moontlike redes wat tot hierdie verandering kon gelei
       het.                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                REKENINGKUNDE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

3.5 Dividende, verdienste en opbrengste:
     • Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingsbeleid van die maatskappy.
       Verskaf TWEE redes waarom die direkteure besluit het om die beleid in 2024 te
       verander.                                                                               (4)
     • Verduidelik of die aandeelhouers tevrede moet wees met hul opbrengs op
       belegging in die maatskappy. Haal EEN finansiële aanwyser, met syfers, in jou
       verduideliking aan.                                                                     (4)
     • Bereken die dividende wat verdien is deur jou vriend wat 40 000 aandele in die
       maatskappy op 29 Februarie 2024 besit.                                                  (2)
3.6 Waarde van aandele:
     Die HUB wil sy 60 000 aandele op 29 Februarie 2024 aan die maatskappy
     terugverkoop teen 1 250 sent per aandeel. As ŉ aandeelhouer in die maatskappy,
     hoe sal jy op hierdie besluit reageer? Verduidelik en haal EEN finansiële aanwyser
     aan.                                                                                      (4)
3.7 Aandeelhouding:
     Verwys na inligting B:
     • Bereken die aantal aandele wat John Khan gekoop het uit die 250 000 nuwe
       aandele wat op 1 Februarie 2024 uitgereik is, om sy meerderheidstatus te behou.         (4)
     INLIGTING:
A.   Finansiële aanwysers bereken op die laaste dag van die finansiële jaar:
                                                     29 Feb. 2024      28 Feb. 2023
      % bedryfsuitgawes op verkope                      21,6%             23,2%
      % winsopslag behaal                                 60%              50%
      % bedryfswins op verkope                            21%              19%
      Bedryfsverhouding                                   2:1             1,9 : 1
      Vuurproefverhouding                                0,6:1            1,3 : 1
      Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode          42 dae            29 dae
      Gemiddelde krediteure-betalingsperiode            60 dae            56 dae
      Skuld-ekwiteit-verhouding                         0,6 : 1           0,8 : 1
      Verdienste per aandeel                            70 sent           78 sent
      Dividende per aandeel                             72 sent           40 sent
      Dividenduitbetalingskoers                          103%              51%
      % opbrengs op aandeelhouersbelang                 12,8%              11%
      % opbrengs op kapitaal aangewend                  19,8%             20,3%
      Rente op vaste deposito                            8%                 8%
      Rente op lening                                    13%               13%
      Netto batewaarde per aandeel                     950 sent          955 sent
      Markprys per aandeel op JSE                      934 sent          968 sent
B.   Aandelekapitaal en aandeelhouding van John Khan:
                                                     29 Feb. 2024      28 Feb. 2023
     Aantal uitgereikte aandele:                          ?              650 000
     Aandele besit deur John Khan                      (50,1%)            (51%)

                                                                                               40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     REKENINGKUNDE V1                                     9

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR EN OUDITERING (15 punte; 15 minute)

Jy word voorsien van ŉ artikel wat met Nicole Bpk. verband hou. Gebruik die inligting
wat aangebied word en jou kennis van maatskappye om die vrae te beantwoord.

GEVRA:

4.1 Verduidelik waarom Nicole Bpk. die dienste van beide die interne en eksterne
    ouditeure benodig.                                                                       (4)

4.2 Identifiseer en verduidelik die rekeningkundige beginsel wat die direkteure van
    Nicole Bpk. oortree het, toe hulle inkomste in vroeëre rekeningkundige tydperke
    erken het.                                                                               (2)

4.3 Verduidelik wat korporatiewe bestuur is en hoe die voormalige HUB, Peter Moore
    hom nie volgens die King-kode gedra het nie.                                             (4)

4.4 Watter tipe ouditverslag het Nicole Bpk. in 2023 ontvang? Verskaf ŉ rede vir jou
    antwoord.                                                                                (3)

4.5 As ŉ aandeelhouer in die maatskappy, watter bekommernisse sou jy hê oor wat
    gebeur het? Noem TWEE punte.                                                             (2)

         NICOLE BPK.: DIE MAATSKAPPY HET MILJOENE RANDE VERLOOR
             WEENS GEBREK AAN GOEIE KORPORATIEWE BESTUUR

     In April 2023 het Nicole Bpk. aangekondig dat daar nie op sy 2022 finansiële
     resultate staatgemaak kan word nie. Dit was nadat die eksterne ouditeure van
     Dion verklaar het dat hulle nie ŉ mening oor die betroubaarheid van die
     maatskappy se finansiële state kon uitspreek nie.

     Hulle het bevind dat 10 bestuurders, insluitend die voormalige uitvoerende hoof,
     Peter Moore, winste opgeblaas het om hul eie finansiële aansporings ŉ hupstoot
     te gee, wat daartoe gelei het dat die maatskappy se ekwiteit met R4,5 miljard
     oorskat word. Hulle het onder meer inkomste vroeër as wat dit behoort het, in
     vorige rekeningkundige tydperke erken, en hulle het onvanpas uitgawes
     gekapitaliseer as bates.

     Die Kuga-ondersoek het probleme geïdentifiseer, insluitend bestuurspraktyke,
     rekordhouding, stelselgebruik en finansiële verslagdoening.

     Nicole Bpk. het gevra dat sy notering opgeskort word om sy beleggers teen
     spekulatiewe handel te beskerm. Die JSE het toe hul notering (niemand kon
     aandele koop of verkoop nie) vanaf 10 Junie 2023 en verder, opgeskort. Die JSE
     het in Februarie 2024 weer in Nicole-aandele begin verhandel en hulle het hulle
     met R7,5 miljoen beboet.

     Sedertdien het Nicole Bpk. ZENTEC aangestel om hul interne ouditeur te wees.
     Dion was vir meer as 15 jaar Nicole se eksterne ouditeure.

                                                      [Aangepas uit www.sharedata.co.za.]

                                                                                            15

                                                                             TOTAAL:        150
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                       REKENINGKUNDE V1                                 (EC/SEPTEMBER 2024)

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

               Bruto wins x 100                                         Bruto wins    x 100
                Verkope      1                                      Koste van verkope    1

        Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
                 Verkope             1                                     Verkope             1
            Bedryfsuitgawes x 100                                          Bedryfswins x 100
                Verkope        1                                             Verkope      1

            Totale bates : Totale laste                                Bedryfsbates : Bedryfslaste

     (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                  Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

        (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                   Koste van verkope                 .

           Koste van verkope        1                                Gemiddelde handelsvoorraad
                               (Sien Nota 1 hieronder)

          Gemiddelde debiteure x 365                           Gemiddelde krediteure               x 365
            Kredietverkope        1                             Koste van verkope                     1
                                                                                           (Sien Nota 2 hieronder)
                                                                    Netto inkomste na belasting x 100
    Netto inkomste na belasting x 100                                Getal uitgereikte aandele     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                           (Sien Nota 3 hieronder)

                 Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings     x 100
         Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste     1

           Aandeelhouersbelang      x 100                           Dividende vir die jaar   x 100
          Getal uitgereikte aandele    1                           Getal uitgereikte aandele    1
         Tussentydse dividende x 100                                     Finale dividende      x 100
         Getal uitgereikte aandele 1                                 Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel x 100                                 Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel   1                               Netto inkomste na belasting    1
                                        Totale vaste koste                                     .

                      Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
 LET WEL:      1.    Handelsvoorraad aan die einde van ŉ finansiële jaar kan gebruik word as dit in ŉ vraag
                     vereis word.
               2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde
                     wees mits voorraad konstant bly).
               3.    Indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ finansiële jaar is,
                     word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
