# Accounting Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2021-afr/95ac2e49-320a-4765-8a47-7828d7bb9c3e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2021-afr/95ac2e49-320a-4765-8a47-7828d7bb9c3e)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
             NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
                                   REKENINGKUNDE V1

                                               2021

                                                                      PUNTE: 150

                                                                       TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 9 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 2 DBE/2021 SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
         Beantwoord AL die vrae.

2.
         'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.
         Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.
         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.
         Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.
         Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van

toepassing. 7.

         Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan
         die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie
         formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.
         Skryf netjies en leesbaar.

9.
         Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
     VRAAG                       ONDERWERP                            PUNTE     MINUTE

         1         Transaksie-ontleding en Ouditverslag                20         15

         2         Staat van Omvattende Inkomste                       50         40
                   en Behoue-inkomste-nota

         3                           Finansiële Aanwysers en           35         30
                                            Kontantvloeistaat

         4         Vertolking van Finansiële State                     45         35
                   en Korporatiewe Bestuur

     TOTAAL                                                            150        120

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 3 DBE/2021 SS/NSS

VRAAG 1: TRANSAKSIE-ONTLEDING EN OUDITVERSLAG
                                                                      (20 punte; 15 minute)

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
1.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord
       langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1   Die konsep van (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheid verseker dat
               aandeelhouers in geval van bankrotskap nie vir die skuld van die onderneming
               aanspreeklik is nie. (1)

       1.1.2 Wanneer finansiële state opgestel word, sal krediteure as handels- en ander
              (ontvangbare bedrae/betaalbare bedrae/ekwiteit) getoon word. (1)

       1.1.3 Die aparte openbaarmaking van beduidende items, soos rente uitgawes, is 'n
              aanwending van die (omsigtigheids-/wesenlikheids-)- AARP-beginsel. (1)

1.2 ROCK-STONE BPK.

       GEVRA:

       Ontleed die transaksies hieronder volgens die opskrifte in die tabel wat in die
       ANTWOORDEBOEK verskaf word.

       ∙ Dui rekening gedebiteer en rekening gekrediteer in die Algemene Grootboek
           aan en die effek op die rekeningkundige vergelyking. Dui 'n vermeerdering as
           +, 'n vermindering as – en geen effek nie as 0 aan. Verwys na die voorbeeld
           verskaf.
       ∙ Aanvaar dat die banksaldo te alle tye gunstig is.

       Voorbeeld: Koop skryfbehoeftes op krediet, R3 200.
                   REKENING           REKENING             BEDRAG     B       E          L
                  GEDEBITEER         GEKREDITEER

                  Skryfbehoeftes        Krediteure           3 200    0       –          +
                                         kontrole

         NR.

         bv.

       TRANSAKSIES:

       1.2.1 Elektroniese fondsoordragte (EFO) van R136 000 in totaal is aan die
              aandeelhouers gemaak, wat die bedrag is wat aan die einde van die
              vorige finansiële jaar aan hulle verskuldig was.

         1.2.2 Die maatskappy het R450 000 vir die uitreik van nuwe aandele ontvang.

                  1.2.3 Die inkomstebelastingaanslag vir die jaar is ontvang. Die
       inkomstebelastingbedrag, R338 200, het die voorlopige belasting betalings wat gemaak
                                         is, oorskry. (9)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 4 DBE/2021 SS/NSS

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
1.3 Onafhanklike ouditverslag:

       Jy word voorsien van 'n uittreksel van die ouditverslag vir Rock-Stone Bpk. vir
       die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021.

       GEVRA:

       1.3.1 Identifiseer die tipe ouditverslag wat die maatskappy ontvang het. Gee 'n rede vir
               jou antwoord. (2)

       1.3.2 Verduidelik waarom die ouditeur verwys het na:

                                                                                     ∙ Bladsy 8 tot 23 (2)
                ∙ Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die Maatskappywet
                     van Suid-Afrika (2)

       1.3.3 Noem enige TWEE ouditbewyse wat die ouditeure moontlik gebruik het. (2)

       INLIGTING:

       Uittreksel uit die ouditverslag:

       Aan Aandeelhouers

       Basis van Mening

       Ons het ons oudit volgens internasionale ouditstandaarde uitgevoer.

       Ons is onafhanklik van die maatskappy, soos van toepassing op die uitvoer van oudits,
       en met ander etiese vereistes volgens die professionele gedragskode. Die ouditbewyse
       wat ons bekom het, was voldoende en toepaslik.

       Mening

       Ons het die finansiële state, soos uiteengesit op bladsy 8 tot 23, geoudit. Dit bestaan uit
       die Staat van Omvattende Inkomste, Staat van Finansiële Posisie en die
       Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021.

       Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, 'n redelike voorstelling
       van die finansiële posisie van die onderneming soos vir die jaar toe geëindig, die
       finansiële prestasies en kontantvloei daarvan, in ooreenstemming met Internasionale
       Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die vereistes van die Maatskappywet van
       Suid Afrika.

       Perun en Balan
       Geregistreerde Ouditeure

       30 Mei 2021
                                                                                                       20

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 5 DBE/2021 SS/NSS

VRAAG 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN BEHOUE-INKOMSTE

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
              NOTA (50 punte; 40 minute)

PEYPER BEPERK

Jy word voorsien van inligting oor die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021.

GEVRA:

2.1 Verwys na Addisionele Inligting B(f).

       Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2021 deur die
       geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (5)

2.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 28
       Februarie 2021.

       Sommige van die vooraansuiweringsgetalle is reeds vir jou aangebring. (37) 2.3 Stel die

Behoue-inkomste-nota op 28 Februarie 2021 op. (8)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 6 DBE/2021 SS/NSS

INLIGTING:

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
A. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op:
      Balansstaatrekeninge-afdeling                 28 Feb. 2021     29 Feb. 2020
                                                         R                R

      Gewone aandelekapitaal                          13 650 000       14 650 000

      Behoue inkomste                                           ?       2 978 000

      Lening: Wonder Bank                                1 439 600      2 150 000

      Voertuie                                                  ?       1 546 000

      Toerusting                                                ?        722 000

      Opgehoopte waardevermindering op voertuie                 ?        858 000

      Opgehoopte waardevermindering op toerusting               ?        269 500

      Handelsvoorraad                                    2 000 000

      Debiteurekontrole                                   382 000

      Voorsiening vir oninbare skulde                           ?           9 800

      SAID (Inkomstebelasting)                            520 000

      Nominalerekeninge-afdeling

      Verkope                                                   ?

      Koste van verkope                                         ?

      Direkteursgelde                                    4 836 000

      Ouditfooie                                          497 200

      Advertensies                                        342 400

      Diverse uitgawes                                     88 000

      Handelsvoorraadtekort                                     ?

      Oninbare skulde verhaal                               5 800

      Huurinkomste                                        208 250

      Rente-inkomste (op vaste deposito)                        ?

      Salarisse en lone                                  6 425 000

      Waardevermindering (op voertuig verkoop)             41 250

      Verpakkingsmateriaal                                 45 800

      Wins op verkoop van voertuig                              ?

      Oninbare skulde                                      28 800

      Gewone aandeledividende                             672 000

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
B. Addisionele inligting:

     (a) Die winsopslag behaal, is 160% op kosprys. Die korrekte bruto wins is R14
            881 600.

     (b) Verpakkingsmateriaal gebruik gedurende die finansiële jaar, is R39 700.

     (c) R9 750 is uit die insolvente boedel van 'n debiteur ontvang en geboekstaaf, wat
            65 sent in die rand uitbetaal het. Die oorblywende bedrag moet afgeskryf
            word.

     (d) Suiwer die voorsiening vir oninbare skulde tot R9 350 aan.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 7 DBE/2021 SS/NSS

       (e) Een van die werknemers was met siekverlof en is uit die Salarisjoernaal vir
              Februarie 2021 gelaat. Haar salarisbesonderhede is soos volg:
               BRUTO              AFTREKKINGS              NETTO       WERKGEWER
               SALARIS                                    SALARIS       S BYDRAE

                   ?           30% van bruto salaris       R23 800       R4 500*

            *Werkgewersbydraes word teen die Salarisse-en-lone-rekening
     gedebiteer. (f) Voorraadwaardasie:
            Die besigheid verkoop sonbrille. Die rekenmeester het die
            eindvoorraadbedrag, wat in die Proefbalans aangedui word, foutief bereken.
            Die geweegdegemiddelde-metode moes gebruik gewees het. Dit moet
            reggestel word.
            Die volgende besonderhede is van toepassing:
            ∙ Voorraad sonbrille:
                            DATUM                      EENHEDE        TOTALE WAARDE

              1 Maart 2020                                4 000         R2 433 000

              28 Februarie 2021                           2 400             ?

             ∙ Aankope van sonbrille gedurende die finansiële jaar:
                   DATUM             EENHEDE           KOSPRYS           TOTALE
                                                         PER            AANKOPE
                                                       EENHEID             R
                                                          R

              31 Mei 2020                4 200             650            2 730 000

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
              15 Oktober 2020            4 800             790                3 792 000

              11 Februarie 2021          2 500             820                2 050 000

                                                                 TOTAAL 11 500 8 572 000

     (g) Die perseel word die afgelope vyf jaar verhuur. Die huur vir Maart 2021 is
            ontvang en geboekstaaf. As gevolg van die grendeltyd is die huur vir slegs
            drie maande van April tot Junie 2020 met 25% verminder.

     (h) Lening: Wonder Bank
            ∙ Vaste maandelikse terugbetalings van R59 200 is gemaak en vir die
                finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021 geboekstaaf.
            ∙ Die leningstaat het 'n balans van R1 652 000 getoon.
            ∙ Maak voorsiening vir rente op lening gekapitaliseer.
     (i) 'n Ou afleweringsvoertuig is op 31 Desember 2020 vir R88 400 kontant
             verkoop. Dit is korrek geboekstaaf.
            Besonderhede van die afleweringsvoertuig verkoop:
               Kosprys                                                         R198 000

              Opgehoopte waardevermindering op datum van verkoop               R115 500

            Maak soos volg voorsiening vir waardevermindering:
            ∙ Op voertuie teen 25% p.j. op kosprys
            ∙ Op toerusting: R90 500
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 8 DBE/2021 SS/NSS

     (j) Die korrekte netto wins na belasting, ná alle aansuiwerings, is R1 342 080. Die
             inkomstebelastingkoers is 28% van die netto wins voor belasting. Rente-
             inkomste is die balanseersyfer.

     (k) Aandele en finale dividende:

            LET WEL: Die betrokke inskrywings is gedoen.

            ∙ 250 000 aandele is op 30 November 2020 teen R4,25 per aandeel
                 teruggekoop.
            ∙ Op 28 Februarie 2021 het die gewone aandelekapitaal uit 3 412 500
                 aandele bestaan.
            ∙ 'n Finale dividend van 36 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021
                 verklaar. Alle aandeelhouers op die register aan die einde van die
                 finansiële jaar kwalifiseer vir finale dividende.
                                                                                           50

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                 Rekeningkunde/V1 9 DBE/2021 SS/NSS

VRAAG 3: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT (35 punte; 30
                                  minute)

Die inligting het betrekking op Digital Giants Bpk. Die finansiële jaar eindig op 31
Maart.

GEVRA:

3.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart
      2021:

       3.1.1 Skuld-ekwiteit-verhouding (3) 3.1.2 Netto batewaarde per aandeel (3) 3.1.3

       Dividenduitbetalingkoers (4) 3.1.4 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang

       (OOAB) (4)

3.2 Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK vir die volgende items vir die 2021-
      Kontantvloeistaat. Dui in ELKE val aan of dit 'n invloei of 'n uitvloei van kontant is.

       3.2.1 Verandering in ontvangbare bedrae (3) 3.2.2 Verandering in betaalbare bedrae (3)

3.3 Bereken die volgende syfers vir die 2021-Kontantvloeistaat:

       3.3.1 Belasting betaal (4) 3.3.2 Dividende betaal (4) 3.3.3 Opbrengs uit verkoop van

vaste bates (5) 3.3.4 Fondse gebruik vir die terugkoop van aandele (2) INLIGTING:

A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 31 Maart
     2021:
       Waardevermindering:                                            R 785 000

        Op voertuie                                                     475 000

        Op toerusting                                                   310 000

       Netto wins voor belasting                                      3 955 000

        Inkomstebelasting                                             1 085 000

       Netto wins na belasting                                        2 870 000

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                Rekeningkunde/V1 10 DBE/2021 SS/NSS

B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:
                                                31 Maart              31 Maart
                                                 2021 R                2020 R

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
      Vaste bates teen drawaarde           8 865 000            8 878 000

      Voorrade                               585 700              391 200

      Debiteurekontrole                      418 000              390 000

      Krediteurekontrole                     520 000              359 200

      Inkomste vooruit ontvang                 16 000                      0

      SAID: Inkomstebelasting           354 000 (Kt.)        124 000 (Dt.)

      Gewone aandeelhouersbelang          10 387 600            6 910 000

       Gewone aandelekapitaal              7 280 000            5 950 000

       Behoue inkomste                     3 107 600              960 000

      Verbandlening                        2 450 000            2 800 000

      Aandeelhouers vir dividende            262 400              210 000

C. Aandele:

    ∙ 700 000 aandele is reeds op 31 Maart 2020 uitgereik.
    ∙ 120 000 nuwe aandele is op 1 April 2020 teen R12,60 per aandeel uitgereik.
    ∙ 20 000 aandele is op 31 Maart 2021 vir 50% meer as die gemiddelde uitreikprys
       van R9,10 per aandeel teruggekoop. Hierdie aandele het vir finale dividende
       gekwalifiseer.

D. Dividende betaal/verklaar was soos volg vir die finansiële jaar:
                      DATUM            DIVIDEND PER             BEDRAG
                                         AANDEEL

      Interim     15 Augustus 2020         45 sent                        R?

      Finaal       31 Maart 2021           32 sent              R262 400

E. Vaste bates:

    ∙ Aanbouings aan die gebou is gedurende die finansiële jaar teen 'n koste van R1
        360 000 voltooi.

    ∙ Toerusting is gedurende die finansiële jaar teen drawaarde verkoop. ∙
    Geen ander vaste bates is aangekoop of verkoop nie.

F. Uittreksel: Finansiële aanwysers:
                                       31 Maart 2021         31 Maart 2020

      Skuld-ekwiteit-verhouding               ?                 0,4 : 1

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
       Verdienste per aandeel (VPA)            350 sent               314 sent

       Bedryfsverhouding                          2,7 : 1              1,8 : 1

                                                                                                 35

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                Rekeningkunde/V1 11 DBE/2021 SS/NSS

VRAAG 4: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE EN KORPORATIEWE
          BESTUUR (45 punte; 35 minute)

4.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die tipe direkteur in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.4 D.
                     KOLOM A                                   KOLOM B

          4.1.1                              A
                  Uitvoerende direkteur             lid van die direksie, maar nie vir
                                                    daaglikse bestuursfunksies
          4.1.2                                     verantwoordelik nie
                  Misdadige direkteur
                                              B
          4.1.3                                     lid van die direksie wat ook
                   Nie-uitvoerende                  bestuurs verantwoordelikhede het
                   direkteur
                                             C
                                                  skuldig bevind aan ernstige misdrywe

                                                                                         (3 x 1) (3)
4.2 LIBRA BEPERK
       Die onderneming dryf handel met rekenaarhardeware en -sagteware van
       internasionale maatskappye. Die inligting het betrekking op die afgelope twee
       finansiële jare, geëindig 30 April.
       Anton Buys is die HUB en daar is vyf ander direkteure in die maatskappy.

       GEVRA:

       4.2.1 Verwys na Inligting A.
                  Die bedryfsverhouding en vuurproefverhouding toon dat die maatskappy
                  se likiditeitsposisie oor die afgelope twee finansiële jare verswak het.
                   Identifiseer TWEE ander likiditeitsaanwysers wat ook toon dat die maatskappy
                   in die toekoms waarskynlik ernstige likiditeitsprobleme sal hê. Verduidelik EEN
                   punt in ELKE geval (met syfers). (4)

       4.2.2 Verwys na Inligting A en B.
                  Die maatskappy het die lening verhoog om die aankoop van addisionele
                  eiendom in 'n nuwe voorstad te finansier. Hulle het gehoop dat dit die
                  aanvraag na hulle produkte sou verbeter.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                ∙ Lewer kommentaar op hoe die verhoging in die lening die risiko en
                    hefboom in 2021 beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers
                                         aan. Noem EEN punt in ELKE geval (met syfers). (6)
                ∙ Verduidelik of die besluit om addisionele eiendom aan te koop die
                    gewenste uitwerking op die vraag na hierdie produk gehad het (met
                                                                                    syfers). (3)

         4.2.3 Verduidelik waarom die publiek nie in die koop van die nuwe aandele, wat teen
        R6,00 per aandeel uitgereik is, belang gestel het nie. Haal DRIE finansiële aanwysers
        aan (aanwysers in VRAAG 4.2.2 genoem, uitgesluit). Noem EEN punt in ELKE geval
                                            (met syfers). (9)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                Rekeningkunde/V1 12 DBE/2021 SS/NSS

       4.2.4 Verwys na Inligting A en D.
                 Baie aandeelhouers het by die AJV gekla dat die Vergoedingskomitee nalatig
                 in die uitvoering van hulle pligte was en dat Anton Buys nie die geld wat aan
                 hom as HUB betaal is, verdien het nie. Noem TWEE verskillende punte om hulle
                 mening te regverdig. Haal syfers of finansiële aanwysers aan. (4)
       4.2.5 Verwys na Inligting A, B en C.
                 ∙ Verduidelik waarom die ander direkteure ongelukkig was oor die prys
                     waarteen die aandele by Anton Buys teruggekoop is. Noem
                         TWEE punte. Haal finansiële aanwysers of syfers aan om ELKE
                                                                              punt te staaf. (4)
                 ∙ Gee 'n berekening om te toon of die terugkoop van hierdie aandele
                    Anton Buys se status as meerderheidsaandeelhouer beïnvloed het,
                    of nie. (3) 4.2.6 Verwys na Inligting E.

                 ∙ Verduidelik wat met goeie korporatiewe bestuur bedoel word en verduidelik
                     waarom dit vir aandeelhouers belangrik is. (3)
                 ∙ Verduidelik 'n moontlike rede hoekom Anton Buys sȇ dat hy teen die voorstel
                     deur Excellence Bpk. sal stem. (2)
              ∙ Die ander direkteure voel dat Anton Buys sy posisie as HUB en
                  meerderheidsaandeelhouer misbruik.
       (2)                                        - Verduidelik waarom jy met hulle
       (2)                                        saamstem. - Gee die direkteure raad oor
                                                  hoe hulle dit moet hanteer.
       INLIGTING:

       A. Finansiële aanwysers op 30 April:
                                                                      2021      2020

                Winsopslag-% bereik                                    60%       75%

                % bedryfsuitgawes op verkope                          44,1%      32%

                Solvensieverhouding                                   1,8 : 1   2,1 : 1

                Skuld-ekwiteit-verhouding                             0,7 : 1   0,2 : 1

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                Bedryfsverhouding                                      0,6 : 1          1,1 : 1

                Vuurproefverhouding                                    0,3 : 1          0,8 : 1

                Voorraadhoudingstydperk                                78 dae           43 dae

                Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode              58,9 dae        32,6 dae

                Gemiddelde krediteure-betalingsperiode                75,6 dae        63,6 dae

                Verdienste per aandeel                                 54 sent        102 sent

                Dividende per aandeel                                  25 sent          90 sent

                Netto batewaarde per aandeel                          732 sent        711 sent

                Opbrengs op gemiddelde                                  4,9%             5,3%
                aandeelhouersekwiteit

                Opbrengs op gemiddelde kapitaal                         6,4%             9,1%
                aangewend

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
                                Rekeningkunde/V1 13 DBE/2021 SS/NSS

       B. Addisionele inligting:
                                                              2021                2020

                Verkope                                   R8 976 000        R11 550 000

                Markprys van aandele op                     580 sent             610 sent
                aandelebeurs

                Rentekoers op lenings                         12%                 12%

                Rentekoers op vaste deposito                   8%                  8%

       C. Aandelekapitaal en aandelebesit van Anton Buys:
                                                              2021                2020

                Getal gemagtigde aandele                       5 000 000 aandele

                Getal aandele reeds uitgereik              2 450 000           2 400 000

                Getal aandele besit deur                   1 240 000           1 270 000
                aandeelhouer, Anton Buys

              ∙ Die maatskappy het op 30 April 2020, reeds 2 400 000 aandele uitgereik.
              ∙ By die direkteursvergadering op 1 Mei 2020 is daar besluit om 30 000
                 aandele by die HUB, Anton Buys, teen R12,00 per aandeel terug te
                 koop. Geeneen van die vyf ander direkteure het hierdie besluit

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                     ondersteun nie.
              ∙ 'n Verdere 80 000 aandele is op 30 Junie 2020 uitgereik. Die gelyste
                  uitreikprys van die aankoop was aanvanklik R6,00 per aandeel. As
                  gevolg van swak belangstelling deur die publiek teen hierdie prys het die
                  direkteure ooreengekom om hierdie aandele teen R4,80 per aandeel te
                  verkoop.
       D. Direkteursgelde:
                                                             2021            2020

                 Direkteursgelde aan HUB betaal           R2 900 000      R2 000 000

                Totale gelde aan 5 ander                  R3 000 000      R3 000 000
                direkteure betaal

       E. Aanbod om onuitgereikte aandele te koop:
              ∙ Excellence Beperk is 'n gerespekteerde maatskappy met 'n reputasie vir
                  goeie korporatiewe bestuur. Hulle het 'n aanbod gemaak om die
                  oorblywende 2 550 000 aandele in hierdie maatskappy teen 'n prys wat
                  beduidend hoër as die huidige markwaarde is, aan te koop.
              ∙ Anton Buys sȇ dat hy teen hierdie aanbod sal stem. Die ander
                  direkteure voel baie sterk daaroor dat hierdie aanbod baie billik is. Hulle
                  is ten gunste daarvan om die aanbod te aanvaar.
                                                                                                45

                                                                                     TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou
                                 Rekeningkunde/V1 DBE/2021 SS/NSS

  GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                     Bruto wins x 100
               Verkope 1                         Koste van verkope 1

    Netto wins voor belasting x 100                       Netto wins na belasting x 100
               Verkope 1                                           Verkope 1

         Bedryfsuitgawes x 100                                 Bedryfswins x 100
               Verkope 1                                          Verkope 1

       Totale bates : Totale laste                         Bedryfsbates : Bedryfslaste

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste          Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365            Koste van verkope Gemiddelde
                                                                      .

         Koste van verkope 1                           handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                       Gemiddelde krediteure x 365
          Kredietverkope 1                                Koste van verkope 1

Netto inkomste na belasting x 100                    Netto inkomste na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1                        Getal uitgereikte aandele 1
                                                                               (*Sien nota hieronder)

Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde
aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1

 Aandeelhouersbelang x 100 Getal                            Dividende vir die jaar x 100
uitgereikte aandele 1                                       Getal uitgereikte aandele 1

     Tussentydse dividende x 100                             Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1                                 Getal uitgereikte aandele 1

Dividende per aandeel x 100                             Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1                          Netto inkomste na belasting 1

                                    Totale vaste koste  .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

LET WEL:
    * In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
 uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2021 English D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2021-english-d-rev/bd359bc3-aaa6-4466-a680-12cf6f56610f) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 ANSBK SEPT 2021 Sesotho D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ansbk-sept-2021-sesotho-d/50ad1901-7a2b-4a4d-8341-73ad853187ca) — Accounting · QP · 2021 · Sesotho
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [Accounting P1 Nov 2021 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2021-answer-book-afr/4f3e9f53-936c-4ad6-b22c-aebca5401cfe) — Accounting · Addendum · 2021 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
