# Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-afr/ce2abd0d-dcb3-42a2-a9d1-2c87f8474d82
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-afr/ce2abd0d-dcb3-42a2-a9d1-2c87f8474d82)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 REKENINGKUNDE V1

                                          2022

                                                                         PUNTE: 150

                                                                           TYD: 2 uur

                           Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                   2                      DBE/2022
                                SS/NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                3                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

       VRAAG                      ONDERWERP                      PUNTE        MINUTE
                      Staat van Finansiële Posisie
          1                                                         45            35
                      (Balansstaat) en Notas
                      Vaste Bates, Kontantvloeistaat en
          2                                                         45            35
                      Finansiële Aanwysers
          3           Vertolking van Finansiële Inligting           45            35

          4           Korporatiewe Bestuur                          15            15

     TOTAAL                                                         150          120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                4                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 1: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE (BALANSSTAAT) EN NOTAS
                                                (45 punte; 35 minute)

1.1   Voltooi elk van die volgende stellings deur 'n woord(e) uit die lys hieronder te
      kies. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

              eksterne ouditeure;    direkteure;   aandeelhouers;     interne ouditeure

      1.1.1      Die ... is in diens van die maatskappy om kontroleprosesse op te stel en
                 te monitor.

      1.1.2      … word aangestel om 'n onpartydige mening oor die finansiële state te
                 gee.

      1.1.3      … word deur die eienaars van die maatskappy aangestel om
                 sleutelbestuursfunksies te vervul.                 (3 x 1)                        (3)

1.2    PRUDENCE BPK.
      Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022.
      GEVRA:
      1.2.1      Voltooi die volgende Notas tot die Staat van Finansiële Posisie
                 (Balansstaat):
                    Gewone aandelekapitaal                                                        (7)
                    Behoue inkomste                                                               (7)
      1.2.2      Stel die Staat van             Finansiële      Posisie   (Balansstaat)       op
                 28 Februarie 2022 op.                                                             (28)
      INLIGTING:
      A.      Uittreksel uit die rekeningkundige rekords op 28 Februarie:

                                                                    2022          2021
               Balansstaatrekeninge                                  R             R
               Vaste deposito                                       489 000               ?
               Gewone aandelekapitaal                             7 954 000               ?
               Behoue inkomste                                    1 196 000               ?
               Lening: XY Lenings                                         ?               ?
               SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belasting)       450 000
               Krediteurekontrole                                   617 450
               Aandeelhouers vir dividende                          213 400       162 000
               Debiteurekontrole                                    875 000
               Voorsiening vir oninbare skulde                            ?        23 640
               Handelsvoorraad (balanseersyfer)                           ?
               Kleinkas                                               5 000          5 000
               Oortrokke bankrekening (balanseersyfer)                    ?
               Nominale rekeninge
               Ouditfooie                                            48 000
               Huurinkomste                                         102 400

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               5                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

      B.    Aandelekapitaal en dividende:
                  DATUM                          BESONDERHEDE
             1 Maart 2021       75% van die gemagtigde aandelekapitaal van
                                1 200 000 gewone aandele is reeds uitgereik.
             30 Augustus 2021 80 000 aandele is by 'n afgetrede aandeelhouer
                                teruggekoop. Hy is 20% (R136 000) bo die
                                gemiddelde aandeleprys betaal en sal nie meer vir
                                dividende kwalifiseer nie.
             31 Augustus 2021 'n Interim dividend van 28 sent per aandeel is
                                betaal.
             1 Desember 2021 'n Addisionele 150 000 aandele is uitgereik.
             28 Februarie 2022 'n Finale dividend is verklaar.

      C.    Inkomstebelasting vir die jaar nadat alle aansuiwerings in berekening
            gebring is, beloop R438 000. Dit is 30% van die netto wins.

      D.    Die volgende aansuiwerings is relevant om die Staat van Finansiële
            Posisie te voltooi:

                 Die voorsiening vir oninbare skulde moet met R2 610 verhoog word.
                 Slegs die helfte van die ouditfooie is betaal. Die balans sal in Maart
                  2022 betaal word.
                 'n Huurder gebruik sedert 1 Mei 2021 'n deel van die perseel. Hy het
                  nog nie die huur vir Januarie en Februarie 2022 betaal nie.

      E.    R240 000 van die vaste deposito sal op 1 April 2022 verval.

      F.    'n Debietsaldo van R17 950 uit die Debiteuregrootboek moet na die
            Krediteuregrootboek oorgedra word.

      G.    Die volgende finansiële aanwysers is op 28 Februarie 2022 bereken nadat
            al die aansuiwerings verwerk is:

                Bedryfsverhouding                    1,6 : 1
                Skuld-ekwiteit-verhouding            0,4 : 1

      H.    Die lening van XY Lenings sal met 'n kapitaalgedeelte van R228 000 in die
            2023 finansiële jaar verminder.

                                                                                                45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                   6                      DBE/2022
                                SS/NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                              7                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 2: VASTE  BATES,                  KONTANTVLOEISTAAT          EN    FINANSIËLE
         AANWYSERS                                               (45 punte; 35 minute)

2.1   Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
      woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

      2.1.1     Ongebruikte verbruiksgoedere aan die einde van die finansiële jaar
                word as 'n (bedryfsbate/finansiële bate) geklassifiseer.

      2.1.2     Rente op lenings word as 'n (bedryfsaktiwiteit/finansieringsaktiwiteit)
                beskou.

      2.1.3     Die (direkteursverslag/ouditverslag) toon 'n verbale verduideliking van
                die maatskappy se aktiwiteite en toekomsplanne.                  (3 x 1)        (3)

2.2   JANTJES BEPERK

      Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022.

      GEVRA:

      2.2.1     Verwys na Inligting A.
                Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur (i) tot (iii) op die
                Vastebatenota.                                                                  (11)

      2.2.2     Bereken die volgende bedrae vir die 2022-Kontantvloeistaat:

                    Vaste bates aangekoop                                                      (6)

                    Dividende betaal                                                           (4)

                    Vermindering van lening                                                    (3)

      2.2.3     Stel die NETTO VERANDERING IN KONTANT EN KONTANT-
                EKWIVALENTE-afdeling van die Kontantvloeistaat op.                              (4)

      2.2.4     Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2022:

                    % winsopslag bereik                                                        (3)

                    Vuurproefverhouding                                                        (4)

                    Netto batewaarde per aandeel (NBW)                                         (3)

                    % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             8                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

      INLIGTING:

      A.    Vastebatenota tot die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat):
                                              GEBOUE      VOERTUIE TOERUSTING
                      VASTE BATES
                                                 R             R        R
            Drawaarde (1 Mrt. 2021)                           (i)        28 000
            Kosprys                           6 450 000     2 350 000   640 000
            Opgehoopte waardevermindering             0     (840 000) (612 000)
            Beweging
            Toevoegings                               ?              0          195 000
            Verkope                                   0       (iii)                   0
            Waardevermindering                        0      (298 000)          (ii)
            Drawaarde (28 Feb. 2022)
            Kosprys
            Opgehoopte waardevermindering

               Aanbouings aan die geboue is gedurende die finansiële jaar voltooi.
               Addisionele toerusting is op 1 Oktober 2021 aangekoop.
               Toerusting word teen 10% op kosprys verminder.
               'n Ou voertuig is op 30 November 2021 teen drawaarde verkoop. Die
                kosprys van hierdie voertuig was R252 000 en sy opgehoopte
                waardevermindering op 1 Maart 2021 was R172 000.
               Voertuie word teen 20% p.j. op drawaarde verminder.

      B.    Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
            28 Februarie 2022:
            Verkope                                                         R12 600 000
            Bruto wins                                                        5 400 000
            Inkomstebelasting                                                   295 800
            Netto wins na belasting                                             609 200

      C.    Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat):
                                                   28 Feb. 2022          28 Feb. 2021
                                                        R                     R
            Vaste bates (drawaarde)                     8 746 500              7 988 000
            Aandeelhouersbelang                         8 840 700              7 600 000
            Gewone aandelekapitaal                      8 648 000              7 404 000
            Lening: CBC Bank                                     ?             2 057 600
            Voorraad                                      514 500                456 000
            Kleinkas                                         5 000                 5 000
            Bank                                     125 000 (Kt.)          129 000 (Dt.)
            SAID: Inkomstebelasting                   22 500 ( Kt.)          13 800 (Dt.)
            Aandeelhouers vir dividende                   264 500                180 000
            Totale bedryfsbates                         1 323 000              1 232 000
            Totale bedryfslaste                           735 000                592 500

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             9                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

      D.    Aandelekapitaal:
               Op 1 Maart 2021 is 1 000 000 aandele reeds uitgereik.
               200 000 aandele is op 1 Mei 2021 uitgereik.
               50 000 aandele is op 1 Desember 2021 teruggekoop.

      E.    Dividende:
               'n Tussentydse dividend is op 31 Augustus 2021 betaal.
               'n Finale dividend is op 28 Februarie 2022 verklaar.
               Totale dividende vir die finansiële jaar het R552 500 beloop.

      F.    Lening: CBC Bank
            Die leningstaat wat op 28 Februarie 2022 ontvang is, toon:
               Terugbetalings: R38 000 per maand (rente ingesluit)
               Totale rente gekapitaliseer: R216 000

                                                                                                45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                  10                      DBE/2022
                                SS/NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                              11                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                      (45 punte; 35 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot twee meubelmaatskappye, Vrede
Bpk. en Nigel Bpk., vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2022.
Die direkteure van beide maatskappye het probeer om hulle resultate ná die moeilike
handelsdryftydperk in 2020/2021 te verbeter, maar hulle gebruik verskillende strategieë
in die 2022 finansiële jaar:
     Die direkteure van Vrede Bpk. het besluit om met 'n konserwatiewe aanslag vol te
      hou.
     Die direkteure van Nigel Bpk. het besluit om na 'n meer aggressiewe aanslag om te
      skakel.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf syfers, finansiële aanwysers of berekeninge in ELKE geval om jou
         kommentaar en verduidelikings te staaf.
3.1       Winsgewendheid/Bedryfsdoeltreffendheid:
          Verwys na Inligting A.
          Identifiseer en verduidelik watter maatskappy meer doeltreffend was met die
          beheer van hulle bedryfsaktiwiteite. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.              (5)
3.2       Likiditeit:
          Verwys na Inligting A.
             Identifiseer en verduidelik watter maatskappy beter likiditeits- finansiële
              aanwysers het. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                (3)
             Verduidelik EEN bekommernis wat jy oor die likiditeit van die ander
              maatskappy het. Haal EEN finansiële aanwyser aan.                                 (2)
3.3       Dividende:
          Verwys na Inligting A.
          Lewer kommentaar op die verskil tussen die dividenduitbetalingsbeleid wat
          deur die direkteure van die twee maatskappye geïmplementeer is en
          verduidelik EEN moontlike rede vir ELK van hulle besluite in hulle onderskeie
          maatskappye. Haal syfers of aanwysers aan.                                            (6)
3.4       Finansiële hefboom, risiko, finansierings- en beleggingsaktiwiteite:
          Verwys na Inligting A, B en C.
             Verduidelik die spesifieke besluite wat deur die direkteure van ELKE
              maatskappy geneem is wat die finansiële hefboom en risiko geraak het.
              Haal bedrae in rand aan.                                                          (4)
             Lewer kommentaar op die finansiële hefboom en risiko van Nigel Bpk. Haal
              TWEE finansiële aanwysers aan.                                                    (4)
             By die AJV van Nigel Bpk. het 'n woedende aandeelhouer gesê dat die
              direkteure se aggressiewe strategieë in die toekoms waarskynlik tot die
              mislukking van die maatskappy sal lei. Verduidelik TWEE punte waarom die
              aandeelhouer dalk so kon gevoel het.                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                          12                                  DBE/2022
                                        SS/NSS

3.5    Aandeelhouers se assessering van aandele se markpryse:

       Verwys na Inligting A en B.

       Aandeelhouers van Vrede Bpk. is nie tevrede met die markprys van hulle
       aandele nie, terwyl die aandeelhouers van Nigel Bpk. tevrede is. Verduidelik,
       deur syfers of aanwysers aan te haal en identifiseer, vir elke maatskappy, 'n
       faktor wat die markprys van die aandele sou beïnvloed.                               (6)

3.6    Aandeelhouding van Jay Sonto in Vrede Bpk. en Nigel Bpk.:

       Verwys na Inligting B en D.

       Jay het in 2019 'n totaal van R10,2 m. in die maatskappye belê. Hy is onseker
       of die veranderinge in sy aandeelhouding en aandelepryse hom bevoordeel
       het. Jay wil 19 000 van sy Nigel Bpk.-aandele op die JSE verkoop.

          Verskaf berekeninge om die verandering in Jay se % aandeelhouding in
           Nigel Bpk. oor die finansiële jaar te toon. Lewer kommentaar op sy %
           aandeelhouding in ELKE maatskappy.                                               (4)
          Bereken die totale wins of verlies wat hy tans op sy aandele in ELKE
           maatskappy maak. Gee raad of dit wys is om 19 000 aandele in Nigel Bpk.
           te verkoop, of nie.                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            13                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

INLIGTING:

A.    FINANSIËLE AANWYSERS                         VREDE BPK.              NIGEL BPK.
                                                 2022      2021          2022      2021
      % bedryfsuitgawes op verkope              23,9%                   23,0%
      % bedryfswins op verkope                  13,6%                   19,9%
      % netto wins op verkope                    7,0%                    9,2%
      Bedryfsverhouding                         1,8 : 1                 1,2 : 1
      Vuurproefverhouding                       0,7 : 1                 0,5 : 1
      Voorraadomsetsnelheid                     11 keer  12 keer        23 keer   12 keer
      Skuld-ekwiteit-verhouding                 0,3 : 1   0,5 : 1       1,3 : 1   0,6 : 1
      Netto batewaarde per aandeel              R32,95                  R23,08
      Verdienste per aandeel                     R2,54                   R4,10
      Dividende per aandeel                      R1,90    R1,40          R4,40     R2,80
      Dividenduitbetalingskoers                 74,8%                   107,4%
      % opbrengs op aandeelhouersbelang          7,8%     11,2%         16,8%     10,4%
      % opbrengs op totale kapitaal aangewend   10,5%                   16,2%

B.    AANDELEPRYSE, EKWITEIT, LENINGS EN                VREDE BPK.          NIGEL BPK.
      RENTE                                                2022                2022
      Gemiddelde uitreikprys                                  R31,00             R24,00
      Markprys op aandelebeurs (datum)                        R24,00             R32,00
      Terugkoopprys per aandeel                                R0,00             R29,00
      Rentekoers op lenings                                    12,0%              12,0%
      Rente-uitgawe                                        R900 000          R2 100 000
      Lenings teen jaareinde                              R7 500 000        R17 500 000
      Aandeelhouersbelang teen jaareinde                 R29 654 000        R13 846 000

C.    UITTREKSEL UIT KONTANTVLOEISTAAT                  VREDE BPK.          NIGEL BPK.
                                                            2022                2022
      Finansieringsaktiwiteite                            R7 400 000        R(4 540 000)
         300 000 nuwe aandele uitgereik                     9 900 000                   0
         260 000 aandele teruggekoop                                0         (7 540 000)
         Verandering in lening                            (2 500 000)           3 000 000
      Beleggingsaktiwiteite                               (3 300 000)             880 000
         Verandering in vaste bates                       (3 100 000)             730 000
         Verandering in beleggings                          (200 000)             150 000

D.    AANDEELHOUDING VAN JAY SONTO IN ELKE
                                                        VREDE BPK.          NIGEL BPK.
      MAATSKAPPY
      Aandele sedert 2019 deur Jay Sonto besit:       200 000 aandele      320 000 aandele
                                   1 Mei 2021              33,3%                37,2%
      % aandeelhouding op:
                                   30 April 2022           22,2%                  ?
      Prys per aandeel betaal op: 1 Mei 2019              R27,00               R15,00
                                   1 Mei 2021         600 000 aandele      860 000 aandele
      Totale aandele uitgereik op:
                                   30 April 2022      900 000 aandele      600 000 aandele

                                                                                                45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               14                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                             (15 punte; 15
         minute)

Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (KSV) is 'n belangrike deel van korporatiewe
bestuur.

                                       Definisie van KSV

KSV is die voortdurende toewyding om eties korrek op te tree en tot die ekonomiese/
finansiële ontwikkeling by te dra terwyl die lewensgehalte van die werksmag en hulle
gesinne, asook die land en die gemeenskap in geheel, verbeter word.
                                                                           [Bron: unido.org]

GEVRA:

4.1     'n Welgestelde HUB het gesê dat dit onregverdig is om KSV-
        verantwoordelikhede op maatskappye te plaas aangesien die regering daarvoor
        verantwoordelik moet wees om aan hierdie kwessies aandag te gee.
        Verduidelik hoe jy op die HUB se stelling sou reageer. Noem TWEE punte.                (4)
4.2     Verwys na die inligting met betrekking tot Franco Bpk.
           Dui aan of Franco Bpk. 'n publieke of privaat maatskappy is.                       (1)
           Verduidelik waarom werknemers en beleggers (aandeelhouers) oor hierdie
            insident ontsteld was.                                                             (4)
           Verduidelik wat in die maatskappy verkeerd geloop het dat daar toegelaat is
            dat hierdie bedrog plaasvind. Noem DRIE verskillende/aparte punte.                 (6)

INLIGTING:

FRANCO BEPERK*

Een van die grootste rekeningkundige gevalle van bedrog in die geskiedenis van
Suid-Afrika het 'n paar jaar gelede in hierdie meubelmaatskappy, wat op die JSE en die
Europese* Aandelebeurs gelys is, gebeur.

'n Ondersoek het fiktiewe of onreëlmatige transaksies, ten bedrae van meer as
R100 miljard, oor 12 jaar geïdentifiseer. Die aandeleprys het toe onmiddellik nadat die
nuus bekend gemaak is, met 90% geval. Voormalige Franco Bpk.-bestuurslede en
individue buite die maatskappy, wat 'n 'senior bestuursbeampte' ingesluit het, is daarvan
beskuldig dat hulle die maatskappy se winste en batewaardes op 'n bedrieglike wyse te
hoog aangegee het.
* Op ware artikels gebaseer; name verander
                                                                                                15
                                                                               TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V1                                                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                              Bruto wins    x 100
             Verkope      1                           Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                  Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                          Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                             Bedryfswins x 100
             Verkope        1                                Verkope      1

         Totale bates : Totale laste                    Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste        Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

    (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                        Koste van verkope            .

        Koste van verkope        1                     Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                      Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                        Koste van verkope       1

                                                      Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                   Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                  Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                  Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                          Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                      Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                       Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                     Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [Accounting P1 May June 2022 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-answer-book-eng/c02aee4a-9feb-4a3f-93b7-18c217a78d57) — Accounting · Addendum · 2022 · Eng
- [2022 MP Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2022-mp-prelim-p1-qp/1ec48209-db47-42c9-83c6-d680b1651391) — Accounting · QP · 2022
- [ACCOUNTING P1 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-answerbook-june-2022-english/3f567dee-27d7-45f0-b356-dc5d1a094a3a) — Accounting · Addendum · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [2022 KZN Prelim P1 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2022-kzn-prelim-p1-answer-book/a615c3e9-43d2-4271-9408-12e8ac17059d) — Accounting · Addendum · 2022

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
