# Accounting Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2023-afr/9f5660e3-4e12-4fe5-ac39-2056bb902ce8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2023-afr/9f5660e3-4e12-4fe5-ac39-2056bb902ce8)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                REKENINGKUNDE V1

                                         2023

                                                                         PUNTE: 150

                                                                           TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                              2                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
         vraestel aangeheg.

4.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

         VRAAG                     ONDERWERP                        PUNTE        MINUTE
                      Staat van Omvattende Inkomste en
             1                                                         60            45
                      Bedryfsbates
                      Behoue-inkomste-nota, Kontantvloeistaat
             2                                                         35            25
                      en Finansiële Aanwysers
             3        Vertolking van Finansiële Inligting              40            35

             4        Korporatiewe Bestuur                             15            15

       TOTAAL                                                         150           120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                 3                                   DBE/2023
                                              SS/NSS

VRAAG 1:        STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN BEDRYFSBATES
                                                    (60 punte; 45 minute)

1.1     Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM A                                     KOLOM B
        1.1.1    Onafhanklike ouditeur    A     belegging soos 'n vaste deposito oor 'n
                                                drie-jaar-periode
        1.1.2    Kapitaal aangewend
                                          B     skuld wat binne 12 maande vereffen moet
        1.1.3    Bedryfslas                     word

        1.1.4    Finansiële bate          C     'n personeellid van 'n maatskappy wat
                                                doeltreffende interne beheermaatreëls
                                                instel

                                          D     totaal van Gewone Aandeelhouers-
                                                belang en Niebedryfslaste

                                          E     gee 'n onpartydige mening oor die
                                                betroubaarheid van die finansiële state
                                                                                    (4 x 1)        (4)

1.2     STARLIGHT BPK.

        Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023.
        Die maatskappy dryf handel in elektriese items.

        GEVRA:

        1.2.1    Verwys na Inligting B (i).

                 Bereken die waarde van die slotvoorraad van gloeilampe op
                 28 Februarie 2023. Gebruik die geweegdegemiddelde-metode.                         (4)

        1.2.2    Verwys na Inligting B (ii).

                 Bereken:
                    Wins of verlies met verkoop van die voertuig                                  (5)
                    Totale waardevermindering vir die jaar                                        (7)

        1.2.3    Voltooi die volgende:
                    Staat van Omvattende          Inkomste     vir   die   jaar   geëindig
                     28 Februarie 2023                                                             (29)
                    Bedryfsbates-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie                    (11)

                   LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingeskryf.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                              4                                      DBE/2023
                                           SS/NSS

        INLIGTING:

        A.   Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie:

             Balansstaatrekeninge-afdeling                             2023         2022
             Lening: Pearl Bank                                        524 400      690 000
             Voertuie                                                        ?    1 250 000
             Opgehoopte waardevermindering op voertuie                       ?      420 000
             Toerusting                                                822 000      774 000
             Opgehoopte waardevermindering op toerusting                     ?      360 000
             Vaste deposito: Pearl Bank                                320 000
             Handelsvoorraad                                         2 969 800
             Debiteurekontrole                                         645 250
             Voorsiening vir oninbare skulde                                 ?       21 020
             Bank (Dt)                                                       ?
             SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belasting-            875 000
             betalings)
             Nominalerekeninge-afdeling
             Verkope                                                17 850 000
             Koste van verkope                                      10 200 000
             Salarisse en lone                                               ?
             Kommissie-inkomste                                         85 900
             Huurinkomste                                               89 700
             Ouditfooie                                                155 200
             Direkteursgelde                                         2 015 000
             Diverse uitgawes                                          219 760
             Oninbare skulde                                            16 200
             Rente op vaste deposito                                         ?
             Bateverkope (kontant ontvang vir verkoop van voertuig)     91 500

        B.   Aansuiwerings en addisionele inligting:

             (i)     'n Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2023 het uitgewys dat
                     R2 774 800 se voorraad voorhande is. Hierdie syfer sluit egter die
                     slotvoorraadsyfer vir gloeilampe uit. Let daarop dat die gloeilampe
                     gewaardeer word deur die geweegdegemiddelde-metode te
                     gebruik.

                     Besonderhede van die gloeilampe is soos volg:

                                                               EENHEIDS-         TOTAAL
                                                  EENHEDE        PRYS              (R)
                                                                  (R)
                      Voorraad op 1 Mrt. 2022         8 000       52               416 000
                      Aankope                        47 000       74             3 478 000
                      Beskikbaar vir verkoop         55 000                      3 894 000
                      Vraggeld op aankope                                          27 500
                      Voorraad op 28 Feb. 2023        1 700         ?                   ?

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               5                                      DBE/2023
                                            SS/NSS

             (ii)     Vaste bates en waardevermindering:
                      Voertuie:
                       'n Ou voertuig is op 30 November 2022 vir R91 500 verkoop.
                        Die bedrag ontvang, is opgeteken, maar geen ander
                        inskrywings is gemaak nie.

                          Besonderhede van die verkoopte voertuig:
                           Drawaarde op 1 Maart 2022                        R104 000
                           Waardevermindering: 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-
                           metode

                         Waardevermindering op die oorblywende voertuie: R145 200
                      Toerusting:
                       Toerusting se waarde word teen 15% p.j. op kosprys verminder.
                       Nuwe toerusting is op 31 Julie 2022 aangekoop.

             (iii)    R38 800 is nog aan die ouditeure vir die huidige finansiële jaar
                      verskuldig.

             (iv)     R9 000 is uit die insolvente boedel van debiteur Billy Croon ontvang.
                      Sy boedel betaal 80 sent in die rand op sy uitstaande saldo. Die
                      geld ontvang, is opgeteken. Die saldo van sy rekening moet nog
                      afgeskryf word.

             (v)      Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R25 720 verhoog word.

             (vi)     Direkteursgelde:
                         Die maatskappy het twee direkteure wat in 2019 aangestel is.
                          'n Derde direkteur is op 1 Oktober 2022 aangestel.
                         Die direkteure verdien almal dieselfde maandelikse gelde.
                         Direkteursgelde gedurende die finansiële jaar betaal, is
                          opgeteken, maar een direkteur is reeds vir Maart en April 2023
                          betaal.

             (vii)    Huurinkomste sluit die huur vir Maart 2023, wat van die huurder
                      ontvang is, in. Die maandelikse huur het op 1 Januarie 2023 met
                      R1 170 toegeneem.

             (viii)   Lening: Pearl Bank
                         Rente op die lening gekapitaliseer, is nog nie opgeteken nie.
                         Vaste maandelikse terugbetalings (rente ingesluit) is betaal en
                          korrek vir die finansiële jaar opgeteken.
                         Rente op die lening beloop 60% van die maandelikse
                          terugbetalings.

             (ix)     Inkomstebelasting vir die jaar is op R858 140 bereken.

                                                                                                    60

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                  6                                        DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 2:        BEHOUE-INKOMSTE-NOTA, KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE
                AANWYSERS                           (35 punte; 25 minute)
Die inligting het betrekking op Swallows Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2023.
GEVRA:
2.1     Stel die Behoue-inkomste-nota vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 op.                     (9)
2.2     Bereken die volgende bedrae vir die 2023 Kontantvloeistaat:
             Verandering in lening                                                                   (2)
             Opbrengs uit aandele uitgereik                                                          (3)
2.3     Voltooi die Kontantgevolge              van     Bedryfsaktiwiteite-afdeling     van     die
        Kontantvloeistaat.                                                                            (10)
2.4     Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2023:
             Bedryfsverhouding                                                                       (2)
             Netto batewaarde                                                                        (4)
             % opbrengs op totale kapitaal aangewend (OOTKA)
              LET WEL: Die gemiddelde kapitaal aangewend is R20 343 500.                              (5)
INLIGTING:
A.      Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste op 28 Februarie 2023
            Verkope                                                                   R12 754 500
            Waardevermindering                                                            316 500
            Rente op lening                                                               648 000
            Netto wins na belasting (belastingkoers: 30% op netto wins)                 1 526 000

B.      Uittreksel: Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie
                                                           2023                  2022
            Gewone aandelekapitaal                    R13 959 500           R12 312 500
            Behoue inkomste                                     ?               237 400
            Lening: Daisy Bank                          6 348 000             7 200 000
            Totale bedryfsbates                         1 479 600             2 342 000
            Totale bedryfslaste                           822 000               976 000
            Aandeelhouers vir dividende                   575 400               475 000
            SAID: Inkomstebelasting                        23 600   (Dt)         42 100       (Kt)

C.      Aandelekapitaal
        1 250 000 Aandele voorhande op 1 Maart 2022
          180 000 Aandele teruggekoop op 1 Mei 2022. Hulle kwalifiseer nie vir dividende
                  nie. 'n EFO van R1 989 000 is vir die terugkoop uitgereik.
                ? Aandele uitgereik op 1 Oktober 2022 teen R11,40 per aandeel
        1 370 000 Aandele voorhande op 28 Februarie 2023

D.      Dividende
             'n Tussentydse dividend van 32c per aandeel is op 31 Augustus 2022 betaal.
             'n Finale dividend is op 28 Februarie 2023 verklaar.

                                                                                                      35
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                   7                      DBE/2023
                                SS/NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                              8                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                     (40 punte; 35 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Qumbu Bpk. vir die jaar geëindig
28 Februarie 2023.
GEVRA:
LET WEL:        Verskaf finansiële aanwysers met syfers en tendense om jou kommentaar
                of verduidelikings (waar van toepassing) te staaf.
3.1     Likiditeit
        Verduidelik of die maatskappy hulle bedryfskapitaal doeltreffend bestuur, of nie.
        Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                                     (5)
3.2     % aandeelhouding
        Denise Taylor, die HUB, het op 1 Maart 2022 540 000 aandele in die
        maatskappy besit. Sy het voortgegaan om addisionele aandele op verskillende
        tye gedurende die jaar op die JSE te koop. Op 28 Februarie 2023 het Denise
        die meerderheidsaandeelhouer geword omdat sy 51% van die uitgereikte
        aandele besit het.
           Bereken die totale getal addisionele aandele wat Denise aangekoop het.              (4)
           Gee EEN moontlike rede waarom Denise vasbeslote was om die
            meerderheidsaandeelhouer te word.                                                   (2)
3.3     Besluite deur direkteure, risiko en finansiële hefboom
        3.3.1    Die Kontantvloeistaat toon besluite wat deur die direkteure geneem is.
                    Identifiseer TWEE belangrike besluite wat die direkteure in 2023
                     geneem het wat verskil van hulle besluite die vorige jaar.
                    Gee EEN rede vir hierdie besluite.                                         (6)
        3.3.2    Verduidelik die uitwerking van hierdie besluite op die graad van
                 finansiële risiko oor die twee jaar. Haal EEN finansiële aanwyser aan.         (3)
        3.3.3    Verduidelik hoe hierdie besluite die hefboomfinansiering van die
                 maatskappy beïnvloed het. Haal EEN finansiële aanwyser aan.                    (4)
3.4     Dividende en verdienste
        3.4.1    Sekere aandeelhouers het hulle kommer uitgespreek oor die
                 verandering in die dividenduitbetalingsbeleid. Verduidelik TWEE punte
                 om hulle mening te ondersteun.                                                 (4)
        3.4.2    Verduidelik of die aandeelhouers met die tendens in die % opbrengs en
                 verdienste van die maatskappy tevrede sal wees, asook die dividende
                 wat hulle verdien het. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                     (6)
3.5     Kommentaar by die algemene jaarvergadering
        Sommige aandeelhouers is woedend oor die tendense van die volgende
        kwessies met betrekking tot die maatskappy se prestasie:
           Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar
           Die markprys van die aandele op die JSE
        Verskaf in ELKE geval bewyse vir die aandeelhouers se kommer oor hierdie
        tendense, en verduidelik waarom hulle oor die toekomstige vooruitsigte vir die
        maatskappy bekommerd sou wees.                                                          (6)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                     9                            DBE/2023
                                                  SS/NSS

INLIGTING:

A.    Finansiële aanwysers en addisionele inligting op 28 Februarie:
                                                              2023            2022
      % bedryfsuitgawes op verkope                           14,1%           12,0%
      % bedryfswins op verkope                               14,5%           16,5%
      % netto wins op verkope                                10,4%           10,9%
      Skuld-ekwiteit-verhouding                              0,1 : 1         0,4 : 1
      Bedryfsverhouding                                      0,9 : 1         1,3 : 1
      Vuurproefverhouding                                    0,3 : 1         0,6 : 1
      Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode              42,4 dae        30,8 dae
      Verdienste per aandeel                                 60 sent         74 sent
      Dividende per aandeel                                  64 sent         50 sent
      Dividenduitbetalingskoers                             106,7%           67,6%
      % opbrengs op gemiddelde ekwiteit                       5,7%            7,2%
      % opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend             9,0%           11,4%
      Netto batewaarde per aandeel                         1 007 sent       980 sent
      Markprys van aandele op die JSE                      850 sent        1 020 sent
      Rentekoers op lenings                                  13%              13%
      Rentekoers op vaste deposito’s                          7%               7%

B.    Aandelekapitaal en % aandeelhouding:
         Op 1 Maart 2022 het die maatskappy 'n addisionele 300 000 aandele
          uitgereik.
         Op 28 Februarie 2023 is 1 500 000 aandele reeds uitgereik.

C.    Uittreksel uit die Kontantvloeistaat op 28 Februarie:
                                                             2023             2022
                                                               R               R
      Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite                    (1 890 000)       (652 000)
      Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite
      Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite                1 950 000        3 250 000
         Aandele                                               3 750 000        (250 000)
         Lenings                                             (1 800 000)        3 500 000
      Netto verandering in kontant en
                                                               (836 000)        2 200 000
      kontantekwivalente
      Kontant en kontantekwivalente aan begin                 1 914 000         (286 000)
      Kontant en kontantekwivalente aan einde                 1 078 000        1 914 000

                                                                                                40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            10                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 4:        KORPORATIEWE BESTUUR                             (15 punte; 15 minute)

4.1     Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
        woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
        neer.

        4.1.1   Die ouditverslag wat in die jaarverslag verskyn,           is   aan    die
                (direkteure/aandeelhouers) van 'n maatskappy gerig.

        4.1.2   'n (Gekwalifiseerde/Ongekwalifiseerde) ouditverslag sal tot 'n gunstige
                beeld van die maatskappy bydra.

        4.1.3   'n (Gekwalifiseerde/Weerhouding-van-mening-) verslag word ontvang
                wanneer die eksterne ouditeur weier om 'n mening te gee oor die
                geloofwaardigheid van die finansiële state.                                     (3)

4.2     MBOMBELA BPK.

        Verwys na die uittreksel hieronder.

        Aandeelhouers van die maatskappy was ongelukkig oor die verslag oor die
        hoof- finansiële beampte (HFB) en het die direksie genader vir 'n spesiale
        vergadering om hulle griewe te bespreek.

        GEVRA:

        Verduidelik DRIE vrae wat die aandeelhouers met die direksie by die
        vergadering sal wil bespreek.

                   NOTAS VAN DIE DIREKTEURS SE RAADSVERGADERINGS

        Die HFB, Nestor Donald, het op 1 Mei 2018 met 'n jaarlikse salaris van
        R1,8 miljoen by Mbombela Bpk. begin werk, gebaseer op sy kwalifikasies van 'n
        meestersgraad in Rekeningkundige Wetenskap en 'n doktorsgraad by
        internasionale universiteite.

        In September 2022 het Donald die direksie ingelig dat hy 'n pakket van
        R3,4 miljoen deur Rose Bpk., 'n mededinger, aangebied is. In reaksie hierop het
        Mbombela Bpk. se direksie besluit om 'n teenaanbod aan Donald, gelykstaande
        aan Rose Bpk. se aanbod, te maak.

        'n Fluitjieblaser (informant) het die hoof- uitvoerende beampte (HUB) ingelig dat
        Donald geen nagraadse kwalifikasies het nie. Dit het later aan die lig gekom dat
        hy ook oor die werksaanbod van Rose Bpk. gelieg het.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                11                                        DBE/2023
                                              SS/NSS

4.3     NEPTUNE BPK.

        Verwys na die inligting wat deur die eksterne ouditeure voorgelê is.

        Kommer is uitgespreek oor die besigheid se produktiwiteit en die vergoeding
        (gelde en salarisse) van direkteure en werknemers.

        GEVRA:

        Verskaf EEN punt van moontlike wanbestuur of korrupsie onder ELK van die
        volgende subopskrifte. Haal toepaslike syfers aan om jou antwoord in ELKE
        geval te ondersteun.

             Betaling van direkteursgelde                                                            (3)
             Salarisse van ander werknemers                                                          (3)

        Inligting op 30 April deur eksterne ouditeure geïdentifiseer:

        LET WEL: Randbedrae is in miljoene uitgedruk.

                                                  %                2023                2022
                                             verandering             Bedrag              Bedrag
                                                           Getal               Getal
                                                  R                    R                   R
            Algemene inligting:
            Bruto wins                         + 8,1%                 335 m.              310 m.
            Bedryfswins                        – 4,7%                 101 m.              106 m.
            Netto wins                         – 3,0%                  96 m.               99 m.
            Direkteursgelde:                  + 37,6%       11       90,8 m.    8             66 m.
            Hoof- uitvoerende beampte         + 44,4%        1       26,0 m.    1             18 m.
            Hoof- finansiële beampte          + 5,0%         1       12,6 m.    1             12 m.
            Ander voltydse direkteure         + 45,0%        9       52,2 m.    6             36 m.

            Gemiddelde gelde
                                               - 3,3%                 5,8 m.                   6 m.
                    (per ander direkteure)
            Ander werknemers:
            Salarisse                         + 29,7%      275       91,3 m.   220       70,4 m.
            Gemiddelde salaris
                                               + 3,8%                332 000             320 000
                         (per werknemer)

                                                                                                      15

                                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V1                                                                                 DBE/2023
                                                    SS/NSS

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                 Bruto wins x 100                                       Bruto wins    x 100
                  Verkope      1                                    Koste van verkope    1
      Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
               Verkope             1                                     Verkope             1
           Bedryfsuitgawes x 100                                         Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                            Verkope      1

           Totale bates : Totale laste                               Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                    Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                    Koste van verkope
         Koste van verkope        1                                 Gemiddelde handelsvoorraad
                                (Sien Nota 1 hieronder)

       Gemiddelde debiteure x 365                               Gemiddelde krediteure               x    365
         Kredietverkope        1                                 Koste van verkope                        1
                                                                                          (Sien Nota 2 hieronder)
                                                                  Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                               Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                          (Sien Nota 3 hieronder)
             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
     Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

       Tussentydse dividende            x 100                           Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele            1                        Getal uitgereikte aandele    1

     Dividende per aandeel x 100                                   Dividende vir die jaar   x 100
     Verdienste per aandeel   1                                 Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                   .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:    1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
                  word.
            2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
                  mits voorraad konstant bly).
            3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
                  word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-june-2023-english/bd3063b8-4a97-4989-8498-a76ffb82e60a) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-english/86b103e1-05b3-4ddd-9077-02c461ae7d17) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2023-english/b15a4456-2317-4298-9022-fc735fdc6214) — Accounting · Memo · 2023 · Eng
- [Accounting P1 Nov 2023 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-answer-book-eng/aaeb9a41-12fe-49c2-9ba7-37693926cbd5) — Accounting · Addendum · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
