# Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-afr/a84ba1c5-886e-4984-9080-c020fa6be3cf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-afr/a84ba1c5-886e-4984-9080-c020fa6be3cf)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                REKENINGKUNDE V1

                                   MEI/JUNIE 2025

                                                                         PUNTE: 150

                                                                           TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V1            2            DBE/Mei/Junie 2025
                     SS/NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V1                                3                                    DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.         Beantwoord AL die vrae.

 2.         'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
            beantwoord.

 3.         'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
            aangeheg.

 4.         Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.         Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.         Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.         Skryf netjies en leesbaar.

 9.         Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
            beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.          2025

      VRAAG                      ONDERWERP                                    PUNTE         MINUTE

        1        Maatskappy Finansiële State                                   50              40
                 Vaste Bates, Kontantvloeistaat en Finansiële
        2                                                                      45              35
                 Aanwysers
        3        Vertolking van Finansiële Inligting                           40              30

        4        Korporatiewe Bestuur                                          15              15

 TOTAAL                                                                        150            120

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V1                            4                             DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1:     MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                        (50 punte; 40 minute)

EBONY BPK.

Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025. Die
maatskappy verkoop 'n verskeidenheid motortoebehore en herstel/diens ook klante se
motors.

GEVRA:

1.1    Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die finansiële jaar geëindig
       28 Februarie 2025 op.                                                   (34)

1.2    Stel die EKWITEIT EN LASTE-gedeelte op van die Staat van Finansiële
       Posisie, soos op 28 Februarie 2025. Toon bewerkings tussen hakies.  (16)

       LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.

INLIGTING:

A.     Saldo's en/of totale, onder meer, wat in die boeke verskyn het op:

                                                          28 Feb. 2025    29 Feb. 2024
                                                               (R)             (R)
       Gewone aandelekapitaal                                 2 480 000       2 480 000
       Behoue inkomste                                                ?
       Lening: Oracle Bank                                            ?
       Handelsvoorraad
       Vaste deposito: Rainbow Bank                            620 000          620 000
       Voorsiening vir oninbare skulde                               ?           19 230
       SAID: Inkomstebelasting (voorlopige                     363 100
       belastingbetalings)
       Krediteurekontrole                                       420 358
       Vooruitbetaalde uitgawes                                   8 520
       Bankoortrekking                                                ?
       Verkope                                               12 171 200
       Koste van verkope                                              ?
       Salarisse en lone                                        763 000
       Waardevermindering                                       285 860
       Diensgeld-inkomste                                       174 580
       Ouditfooie                                                75 168
       Huurinkomste                                              72 960
       Direkteursgelde                                        1 595 385
       Handelsvoorraadtekort                                     22 150
       Rente-inkomste                                                 ?
       Rente-uitgawes                                                 ?
       Diverse uitgawes                                         710 000
       Gewone aandeledividende (tussentydse dividende)          372 000

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V1                               5                             DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

B.     Die volgende aansuiwerings moet nog in berekening gebring word:
       •   'n Voorraadopname op 28 Februarie 2025 het 'n handelsvoorraadtekort van
           R22 150 getoon. Hierdie tekort is bereken sonder om die volgende in ag te
           neem:
           Goedere van R31 200, wat op 28 Februarie 2025 deur M Vrede, 'n debiteur,
           teruggestuur is, is nie geboekstaaf nie. Die teruggestuurde goedere is in die
           voorraad teruggeplaas. Ebony Bpk. handhaaf deurgaans 'n winsopslag van
           60% op alle voorraad.
       •   Ouditfooie nog verskuldig, R18 792.
       •   Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R17 200 verminder word.
       •   Die maatskappy het 'n gedeelte van hulle perseel op 1 Julie 2024 uitverhuur.
           Huur is tot en met 30 Junie 2025 ontvang.
       •   Ebony Bpk. het twee direkteure wat elk aan die begin van die finansiële jaar
           dieselfde fooie verdien het. 'n Derde direkteur is op 1 September 2024
           aangestel, wat 'n maandelikse fooi van R5 445 minder as die huidige
           direkteure verdien. Al die direkteure is hulle fooie vir Maart 2025 betaal.
C.     Midrand Tyres, 'n verskaffer, is R22 750 betaal. Hierdie bedrag is foutiewelik na
       die Debiteurekontrolerekening gedebiteer. Dit moet reggestel word.
D.     Lening: Oracle Bank
       •   Uittreksel uit die jaarlikse leningstaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025:
           Maandelikse terugbetalings, rente ingesluit: R27 500
       •   Die kapitaalterugbetaling op die lening vir die afgelope finansiële jaar was
           R126 600. Dit sal onveranderd bly totdat die lening ten volle afbetaal is.
E.     Inkomstebelasting
       • Inkomstebelasting word teen 30% van die netto wins bereken.
       •   Die korrekte inkomstebelasting vir die jaar was R397 800.
F.     Aandelekapitaal en dividende
       •   Die maatskappy het 1 550 000 uitgereikte aandele op 1 Maart 2024 gehad.
       •   Tussentydse dividende is op 31 Julie 2024 betaal.
       •   'n Finale dividend van 19 sent per aandeel is op 28 Februarie 2025 verklaar.
           Dit moet nog in berekening gebring word.
       LET WEL: Geen aandele is gedurende die jaar uitgereik of teruggekoop nie.
G.     Inligting bereken aan die einde van die finansiële jaar nadat alle aansuiwerings
       in berekening gebring is:
       Totale bates                   R5 214 000
       Solvabiliteitsverhouding       2,4 : 1

                                                                                                50

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V1                              6                            DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2:     VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT, FINANSIËLE AANWYSERS
                                                  (45 punte; 35 minute)

Die inligting het betrekking op Premier Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2025.

GEVRA:

2.1    Verwys na Inligting D.

       Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i) tot (iii) op die Vastebatenota
       aangedui word.                                                             (12)

2.2    Bereken die volgende syfers vir die Kontantvloeistaat:

       •   Belasting betaal                                                                  (4)

       •   Dividende betaal                                                                  (4)

2.3    Voltooi die 'Kontantgevolge uit finansieringsaktiwiteite' in die Kontantvloeistaat.   (8)

2.4    Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2025:

       •   % bedryfsuitgawes op verkope                                                      (3)

       •   % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang                                      (4)

       •   Dividende per aandeel                                                             (4)

2.5    Volgens die Vastebatenota (sien Inligting D) het die maatskappy aanbouings
       aan die gebou, ter waarde van R7 909 600, gedurende die finansiële jaar
       voltooi.

       •   Noem TWEE hooffinansieringsbronne, met syfers (meer as R2 000 000 elk)
           vir die aanbouings.                                                               (4)

       •   Dui vir elke bron aan hoe dit in die toekoms die kontantvloei negatief sal
           beïnvloed. Noem EEN ander punt by elke bron.                                      (2)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V1                             7                            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

INLIGTING:
A.     Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
       28 Februarie 2025:
       Verkope                                                              26 480 000
       Bedryfsuitgawes                                                       4 667 600
       Rente-uitgawes                                                          222 400
       Netto wins voor belasting                                             6 200 000
       Inkomstebelasting                                                     1 736 000
       Netto wins na belasting                                               4 464 000

B.     Uittreksel: Staat van Finansiële Posisie op:
       Bates                                        28 Feb. 2025        29 Feb. 2024
       Niebedryfsbates                                  19 157 500           12 293 000
       Vaste bates                                      17 877 500           10 493 000
       Vaste deposito                                    1 280 000            1 800 000
       Bedryfsbates                                     12 842 000            9 020 000
       Voorraad
       Debiteurekontrole                                    1 580 000         1 740 000
       SAID: Inkomstebelasting                                220 000                 0
       Kontant en kontantekwivalente
       Totale bates                                        31 999 500       21 313 000

       Ekwiteit en laste
       Gewone aandeelhouersbelang                          22 556 000       14 913 000
       Gewone aandelekapitaal                                               13 950 000
       Behoue inkomste                                                         963 000
       Niebedryfslaste                                      6 513 500        2 780 000
       Bedryfslaste                                         2 930 000        3 620 000
       Handel- en ander betaalbare bedrae                   1 530 000        2 632 000
       SAID: Inkomstebelasting                                      0          148 000
       Aandeelhouers vir dividende                          1 400 000          840 000
       Totale ekwiteit en laste                            31 999 500       21 313 000

C.     Aandele en dividende:
       •   Die maatskappy het 3 000 000 uitgereikte aandele op 1 Maart 2024 gehad.
       •   1 050 000 nuwe aandele is op 30 Junie 2024 vir R6 300 000 uitgereik.
       •   'n Tussentydse dividend van 32 sent per aandeel is op 31 Augustus 2024
           betaal.
       •   Op 31 Oktober 2024 is 50 000 aandele vir R3,50 meer as die gemiddelde
           aandeleprys teruggekoop.
       •   Finale dividende is op 28 Februarie 2025 verklaar.

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V1                            8                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

D.     Vastebatenota by die Staat van Finansiële Posisie:

                                          GEBOUE          VOERTUIE       TOERUSTING
       VASTE BATES
                                            (R)              (R)             (R)
       Drawaarde (1 Mrt. 2024)               (i)            1 473 000        1 450 000
       Kosprys                                              3 223 000        2 630 000
       Opgehoopte
                                                     0     (1 750 000)      (1 180 000)
       waardevermindering
       Bewegings
       Toevoegings                          7 909 600               0            320 000
       Bates verkoop                                 0       (ii)                      0
       Waardevermindering                            0                       (iii)
       Drawaarde (28 Feb. 2025)            15 479 600
       Kosprys
       Opgehoopte
                                                     0
       waardevermindering

       Addisionele inligting ten opsigte van vaste bates:

       •   Aanbouings aan die geboue is gedurende die finansiële jaar voltooi.

       •   'n Ou voertuig is op 30 September 2024 teen drawaarde verkoop. Die
           kosprys van hierdie voertuig was R510 000 en die opgehoopte waarde-
           vermindering daarvan het op 1 Maart 2024, R330 000 beloop.

       •   Waardevermindering op voertuie is 20% p.j. op drawaarde.

       •   Addisionele toerusting is op 1 Desember 2024 aangekoop.

       •   Waardevermindering op toerusting is 15% p.j. op kosprys.

                                                                                           45

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V1                              9                            DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3:      VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                 (40 punte; 30 minute)

VENUS BPK.

Die inligting het betrekking op Venus Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2025.

AGTEGRONDINLIGTING:

Denzel Crous is as die hoof- finansiële beampte (HFB) volgens 'n 2 jaar-kontrak
aangestel, wat op 31 Augustus 2025 hersien sal word. Hy is ook 'n aandeelhouer in
Venus Bpk.

LET WEL:      Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
              • Finansiële aanwysers en tendense, met syfers, aanhaal
              • 'n Rede of verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers
                gee

INLIGTING:

3.1   Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
      woord langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

      3.1.1   Doeltreffende beheer van uitgawes in die besigheid is 'n weerspieëling
              van (risiko/winsgewendheid).

      3.1.2   Wanneer 'n maatskappy gelikwideer word, sal die aandeelhouers se
              aanspreeklikheid (beperk/onbeperk) wees, omdat hulle nie vir
              maatskappyskulde verantwoordelik gehou sal word nie.

      3.1.3   (Solvabiliteit/Likiditeit) is die besigheid se vermoë om al hulle skuld met
              gebruik van bestaande bates af te betaal.                            (3 x 1)     (3)

3.2   Likiditeit:

      Die maatskappy se likiditeitsposisie het verbeter. Haal TWEE finansiële
      aanwysers met syfers aan wat hierdie stelling ondersteun.                                (4)

3.3   Dividenduitbetalingsbeleid:

      •   Bereken    die   dividenduitbetalingskoers        vir   die    jaar     geëindig
          28 Februarie 2025.                                                                   (2)

      •   Verduidelik waarom die direkteure besluit het om die beleid te verander.
          Gee EEN rede.                                                                        (2)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V1                            10                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

3.4   % aandeelhouding en terugkoopbesluitneming:

      •   Bereken die aantal nuwe aandele wat Denzel op 31 Julie 2024 gekoop het.           (4)

      •   Bereken Denzel se % aandeelhouding op 28 Februarie 2025.                          (3)

      •   Die onafhanklike ouditeur het vasgestel dat Denzel die besluit geneem het
          om die aandele uit die bestorwe boedel van 'n familielid op 1 Desember 2024
          terug te koop, sonder om die direksie in te lig.

          Waarom behoort die onafhanklike ouditeur hieroor bekommerd te wees?
          Gee EEN rede.                                                                     (2)

3.5   Hefboomfinansiering en risiko:

      •   Venus Bpk. se direkteure wil die besigheid uitbrei deur nog takke in ander
          provinsies oop te maak. Verduidelik waarom jy sal aanbeveel dat hulle nie
          nog geld moet leen nie. Haal TWEE finansiële aanwysers, met syfers, aan.          (6)

      •   'n Ander moontlikheid om die voorgestelde uitbreidings te finansier, is om nog
          aandele uit te reik. Verduidelik hoe dit die maatskappy sal bevoordeel.
          Verskaf TWEE punte.                                                               (4)

3.6   Aandelewaarde:

      Verduidelik waarom die aandeelhouers nie aan die einde van die finansiële jaar
      met die maatskappy se aandelepryse tevrede moet wees nie. Haal TWEE
      relevante finansiële aanwysers en ander verwante data aan.                            (4)

3.7   Hernuwing van die HFB se kontrak:

      •   Verduidelik EEN rede waarom enige maatskappy 'n goed gekwalifiseerde
          persoon as hulle hoof- finansiële beampte (HFB) moet aanstel.                     (2)

      •   Behalwe die faktore en finansiële aanwysers wat in VRAAG 3.2 tot 3.6 gedek
          is, haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers waarom jy voel dat
          Denzel se kontrak nie hernu moet word nie.                                        (4)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V1                            11                            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

INLIGTING:

A.    Finansiële aanwysers bereken:
                                                           28 Feb. 2025    29 Feb. 2024
      % bedryfsuitgawes op verkope                            18,3%           22,7%
      Bedryfsverhouding                                       1,6 : 1         0,3 : 1
      Vuurproefverhouding                                     0,8 : 1         0,1 : 1
      Debiteure-invorderingsperiode                           36 dae          43 dae
      Krediteure-betalingsperiode                             63 dae          63 dae
      Solvabiliteitsverhouding                                2,2 : 1         2,6 : 1
      Skuld-ekwiteit-verhouding                               0,8 : 1         0,5 : 1
      Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend                8,2%            9,5%
      Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang               4,5%            6,2%
      Verdienste per aandeel                                  51 sent         58 sent
      Dividende per aandeel                                   55 sent         35 sent
      Dividenduitbetalingskoers                                  ?            60,3%
      Netto batewaarde per aandeel                          1 025 sent      1 060 sent

B.    Addisionele inligting:

                                                           28 Feb. 2025    29 Feb. 2024
      Markprys per aandeel                                  1 000 sent      1 030 sent
      Rentekoers op lenings                                  12% p.j.        12% p.j.
      Rentekoers op beleggings                                7% p.j.         7% p.j.

C.    Aandele van Venus Bpk.:
                                                                          Aantal aandele
      Uitgereik:
        op 29 Februarie 2024                                                    900 000
        op 28 Februarie 2025                                                    950 000
      Nuwe aandele uitgereik op 31 Julie 2024 teen R10,50 elk                   125 000
      Teruggekoop op 1 Desember 2024 teen R12,00 elk                             75 000

D.    Aandeelhouding van Denzel Crous in Venus Bpk.:
      % aandeelhouding op 29 Februarie 2024                                        45%
      Aantal aandele besit op 28 Februarie 2025                                 494 000

                                                                                             40

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V1                            12                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                              (15 punte; 15 minute)

4.1   Verwys na Inligting A.

      4.1.1    Identifiseer die soort ouditverslag wat Yungs Bpk. ontvang het.             (1)
      4.1.2    Noem TWEE betroubare soorte ouditbewyse wat VC Ouditeure as die
               basis vir hulle mening gebruik het.                                         (2)
      4.1.3    Verduidelik hoe hierdie ouditverslag moontlik in die toekoms 'n positiewe
               uitwerking op die maatskappy kan hê. Verskaf TWEE punte.                    (4)

4.2   Verwys na Inligting B.

      4.2.1    Watter stappe sou Vintage Bpk. teen die twee direkteure, wat in die hof
               verskyn het, gedoen het? Verskaf TWEE punte.                                (4)
      4.2.2    Verduidelik TWEE gevolge wat Josh, die eksterne ouditeur, vir sy
               onwettige optrede kan verwag.                                               (4)

INLIGTING:

A.    Uittreksel uit 'n ouditverslag wat VC Ouditeure aan Yungs Bpk., een van
      hulle kliënte, uitgereik het:
      Mening
      Na ons mening verskaf die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, die
      finansiële posisie en kontantvloeie van Yungs Bpk. soos op 28 Februarie 2025.
      Dit is opgestel in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslag-
      doeningstandaarde (IFRS) en het aan die vereistes van die Maatskappywet,
      2008 (Wet 71 van 2008) van Suid-Afrika, voldoen.
      Meningsbasis
      Die ouditbewyse verkry, is voldoende, betroubaar en toepaslik om 'n basis vir ons
      mening te vorm.

B.    Uittreksel uit 'n koerantberig oor Vintage Bpk., 'n ander kliënt van
      VC Ouditeure:
      Josh Peters, 'n eksterne onafhanklike ouditeur van VC Ouditeure, is betrek by
      'n korrupsie-hofsaak teen twee direkteure van Vintage Bpk. Hierdie direkteure het
      na bewering omkoopgeld aan Josh betaal om te verseker dat gunstige verslae
      oor Vintage Bpk. se prestasies deur VC Ouditeure uitgereik word, alhoewel die
      maatskappy byna bankrot is.

                                                                                           15

                                                                             TOTAAL:       150

 Kopiereg voorbehou

### Page 13

Rekeningkunde/V1                                                                         DBE/Mei/Junie 2025
                                                  SS/NSS Vertroulik

       GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                    Bruto wins x 100                                         Bruto wins    x 100
                     Verkope      1                                      Koste van verkope    1
         Netto wins voor belasting x 100                               Netto wins na belasting x 100
                  Verkope             1                                       Verkope             1
                Bedryfsuitgawes x 100                                        Bedryfswins x 100
                    Verkope        1                                           Verkope      1

                Totale bates : Totale laste                              Bedryfsbates : Bedryfslaste

   (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                       Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

       (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
       Gemiddelde handelsvoorraad x 365
            Koste van verkope        1                                      Koste van verkope
                                                                        Gemiddelde handelsvoorraad
                                      (Sien Nota 1 hieronder)
                                                                      Gemiddelde krediteure        x   365
             Gemiddelde debiteure x 365                                Koste van verkope                1
               Kredietverkope        1
                                                                                            (Sien Nota 2 hieronder)

                                                                       Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting  x 100                                   Getal uitgereikte aandele     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                            (Sien Nota 3 hieronder)

               Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings     x 100
       Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste    1

         Aandeelhouersbelang      x 100                                 Dividende vir die jaar   x 100
        Getal uitgereikte aandele    1                                 Getal uitgereikte aandele    1

              Tussentydse dividende         x 100                           Finale dividende      x 100
             Getal uitgereikte aandele         1                        Getal uitgereikte aandele    1

       Dividende per aandeel x 100                                       Dividende vir die jaar   x 100
       Verdienste per aandeel   1                                     Netto inkomste na belasting    1

                                         Totale vaste koste                                  .

                       Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET     1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL:          365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
        2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
              voorraad konstant bly).
        3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
              geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May June 2022 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2022-qp-eng/d4065e0c-bb99-4024-84e5-1635126794f0) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Accounting · Memo · 2025

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 MP Prelim P2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-prelim-p2-answer-book/cc1d1590-ceb4-4d58-b4f8-408396bc15a9) — Addendum · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
