# Accounting Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2021-afr/ff2ebd43-1141-4e08-9608-1dfec16cc736
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2021-afr/ff2ebd43-1141-4e08-9608-1dfec16cc736)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V1

                                   NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                           Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            2                             DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

          VRAAG                       ONDERWERP                     PUNTE        MINUTE
             1         Staat van Finansiële Posisie                    55            45
                       Aandelekapitaal, Finansiële Aanwysers
             2                                                         35            25
                       en Kontantvloeistaat
             3         Vertolking van Finansiële Inligting             40            30

             4         Korporatiewe Bestuur                            20            20

       TOTAAL                                                         150           120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            3                            DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 1: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE                            (55 punte; 45 minute)

JIMO BEPERK

Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2021. Die onderneming
verkoop formele klere vir mans en vroue.

GEVRA:

1.1     Verwys na Inligting B.

        Bereken die waarde van die eindvoorraad van die formele pakke wat op
        30 Junie 2021 uit die voorraadrekords gelaat is.                                         (5)

1.2     Verwys na Inligting C.

        Gebruik die tabel wat verskaf is om die korrekte netto wins na belasting vir die
        jaar geëindig 30 Junie 2021 te bereken. Dui '+' vir toename en '-' vir afname
        aan.                                                                                     (12)

1.3     Verwys na Inligting A–H.

        Voltooi die volgende op 30 Junie 2021:
           Behoue-inkomste-nota                                                                 (5)
           Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat)                                           (33)
        LET WEL:
           Aansuiwerings van Inligting C raak ook die Staat van Finansiële Posisie
            (Balansstaat).
           Toon bewerkings. Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
           Syfers word NIE in die gearseerde gedeeltes vereis NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               4                            DBE/November 2021
                                              NSS

INLIGTING:

A.    Lys van saldo's, voor al die aansuiwerings hieronder in ag geneem is:
                                                           30 Junie 2021     30 Junie 2020
                                                                (R)               (R)
          Gewone aandelekapitaal                                        ?                 ?
          Behoue inkomste                                       3 240 000
          Verbandlening: Best Bank                              3 755 000         4 175 000
          Handelsvoorraad                                       4 198 500
          SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belasting)        1 200 000
          Netto handelsdebiteure                                3 668 810
          Oortrokke bankrekening                                        ?
          Kleinkas en wisselgeld                                        ?
          Krediteurekontrole                                    1 253 000
          Opgelope inkomste/Inkomste ontvangbaar                    8 000
          Aandeelhouers vir dividende                           1 170 000            821 700

B.    Die rekenmeester het die eindvoorraadsyfer van formele pakke uit die
      handelsvoorraadsaldo, verskaf in Inligting A, uitgelaat.

      LET WEL:
          Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode word gebruik om die waarde van die
           voorraad formele pakke te bepaal.
          Alle ander relevante inskrywings is korrek geboekstaaf.

      Die inligting met betrekking tot die voorraad formele pakke is soos volg:
          Saldo's:                                                            TOTALE
                                  HOEVEELHEID         EENHEIDSPRYS
                                                                              WAARDE
            1 Julie 2020                110                   R1 900            R209 000
            30 Junie 2021               240                        ?                   ?
          Aankope:                      760                                     R1 943 500
             14 Nov. 2020               360                   R2 350             R846 000
             10 Feb. 2021               170                   R2 600             R442 000
             18 Mei 2021                230                   R2 850             R655 500
          Terugsendings:
              25 Mei 2021               24                    R2 850              R68 400

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               5                           DBE/November 2021
                                              NSS

C.    Die netto wins voor belasting, R4 918 950, is bereken voordat die volgende in
      berekening gebring/reggestel is:

      (i)      Ouditfooie sluit R123 600 in wat vir die volgende finansiële jaar vooruit
               betaal is.

      (ii)     Die terugbetalings op die lening is 'n vaste bedrag van R35 000 per maand
               (gekapitaliseerde rente ingesluit).

               Die saldo's volgens die leningstaat is soos volg:
                  1 Julie 2020,  R4 175 000
                  30 Junie 2021, R4 028 000

               Maak voorsiening vir rente op lening.

      (iii)    Huurinkomste:
               Huur van R74 000 is van 'n huurder vir die periode 1 Julie 2020 tot
               31 Augustus 2021 ontvang. Dit is geboekstaaf. Hierdie bedrag sluit 'n
               vermindering van R750 per maand vanaf 1 Mei 2021 in. Die jaareind-
               aansuiwering is nog nie gedoen nie.

      (iv) Nadat alle regstellings hierbo in ag geneem is, is daar vasgestel dat 'n
           addisionele R85 250 nog aan SAID ten opsigte van inkomstebelasting vir
           die jaar verskuldig is.

D.    Aandele en dividende:
             26 000 aandele is op 1 Julie 2020 teen R3,00 bo die gemiddelde aandeleprys
              teruggekoop.
             Die onderneming het nie gedurende die 2021 finansiële jaar interim dividende
              betaal nie.
             'n Finale dividend van 65 sent per aandeel is op 30 Junie 2021 verklaar.
             1 800 000 aandele is reeds op 30 Junie 2021 uitgereik.

E.    Debiteure met kredietsaldo's met 'n totaal van R11 000 moet na die
      Krediteuregrootboek oorgedra word.

F.    Op 30 Junie 2021 het Jimo Bpk. 10 damesjasse aan die verskaffer, Bargain
      Groothandelaars, teruggestuur. Die verkoopprys was R1 750 elk. Die winsopslag
      was 25% op kosprys. Geen inskrywing is gemaak nie.

G.    'n Vaste maandelikse paaiement van R35 000 (om leningterugbetalings en rente
      te dek) moet vir die volle tydperk van die lening betaal word. Die rente sal egter
      gedurende die leningstydperk verminder. Die rente op die lening, begroot vir die
      volgende finansiële jaar, is R234 000.

H.    Die volgende finansiële aanwysers is op 30 Junie 2021 bereken:
          Vuurproefverhouding                                        1,2 : 1
          Netto batewaarde per aandeel (NBW)                       540 sent
                                                                                                    55

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                6                          DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 2:          AANDELEKAPITAAL, FINANSIËLE AANWYSERS EN
                  KONTANTVLOEISTAAT                    (35 punte; 25 minute)

Die inligting het betrekking op Brewer Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2021.

GEVRA:

2.1        Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op 28 Februarie 2021 op.                            (6)

2.2        Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2021:
                % bedryfsuitgawes op verkope                                                       (2)

                Dividend per aandeel                                                               (4)

                % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang                                       (5)

2.3        Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. Sekere
           syfers is in die ANTWOORDEBOEK verskaf.                                                  (18)

INLIGTING:
A.    Aandele en dividende:
               DATUM                         BESONDERHEDE VAN AANDELE
          1 Maart 2020          800 000 reeds uitgereik
          30 Junie 2020         100 000 nuwe aandele uitgereik
          1 Januarie 2021       30 000 aandele teruggekoop teen R1,20 meer as die
                                gemiddelde aandeleprys
          28 Februarie 2021     ? aandele reeds uitgereik

              Interim dividend van R162 000 is op 30 September 2020 betaal.
              'n Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar.
B.    Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die
      jaar geëindig 28 Februarie 2021:
          Verkope                                                               R7 293 000
          Koste van verkope                                                      4 862 000
          Bedryfsuitgawes                                                        1 458 600
          Netto wins voor belasting                                              1 350 000
          Netto wins na belasting                                                  985 500

C.    Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op:
                                                     28 Feb. 2021         29 Feb. 2020
                                                          R                    R
          Kleinkas en wisselgeld                                ?                20 000
          Gewone aandeelhouersbelang                    8 038 100             6 450 000
          Gewone aandelekapitaal                        7 395 000             6 400 000
          Behoue inkomste                                 643 100                50 000
          Lening: Sharks Bank                           1 650 000             2 200 000
          SAID: Inkomstebelasting                          29 100 Dt.            35 900 Kt.
          Aandeelhouers vir dividende                     191 400               115 300
          Oortrokke bankrekening                                0                95 200
                                                                                                    35
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                 7            DBE/November 2021
                                NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               8                          DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                            (40 punte; 30 minute)

3.1     Kies 'n kategorie van aanwysers uit KOLOM B wat by die beskrywing in
        KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM A                                    KOLOM B
         3.1.1     Die voordeel wat aandeelhouers           A    likiditeit
                   ontvang om in 'n maatskappy te belê
                                                            B    finansiële hefboom
         3.1.2     Die vermoë van 'n onderneming om
                                                            C    solvensie
                   sy korttermynskuld af te betaal
                                                            D    opbrengs op ekwiteit
         3.1.3     Die mate waartoe 'n maatskappy deur
                   geleende kapitaal (lenings)
                   gefinansier word
         3.1.4     Die vermoë van 'n onderneming om
                   al sy skuld te vereffen deur
                   bestaande bates te gebruik
                                                                                      (4 x 1)     (4)
3.2     FLEXI BPK. EN BROOM BPK.
        Die inligting het op twee maatskappye betrekking.
        AGTERGRONDINLIGTING:
         Beide maatskappye doen sake in die modeklere-bedryf. Die finansiële jaar
          eindig elke jaar op die laaste dag van Februarie.
         Bob Yates besit aandele in beide maatskappye. Op 1 November 2020 het hy
          die direksie van Flexi Bpk. oortuig om 150 000 van sy aandele terug te koop.
          Hy het die geld wat hy ontvang het, gebruik om addisionele aandele in Broom
          Bpk. te koop.
        LET WEL:         Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, haal finansiële
                         aanwysers, syfers en tendense aan om jou antwoord te staaf.
        GEVRA:
        3.2.1        Winsgewendheid:
                     Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers om te toon watter
                     maatskappy sy uitgawes meer doeltreffend beheer en daardeur meer
                     winsgewend is.                                                               (4)
        3.2.2        Dividende, verdienste en opbrengste:
                        Lewer kommentaar op die dividend-uitbetalingsbeleid van Flexi
                         Bpk. Verduidelik waarom dit 'n onverantwoordelike verandering in
                         beleid is. Verskaf TWEE punte.                                           (4)
                        Lewer kommentaar op die % opbrengs op aandeelhouersbelang
                         van ELKE maatskappy.                                                     (4)
                        'n Aandeelhouer voel dat die verdienste per aandeel (VPA) in
                         Broom Bpk. beter as dié in Flexi Bpk. is. Verduidelik hoekom jy met
                         hom saamstem.                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            9                              DBE/November 2021
                                           NSS

     3.2.3    Aandeelhouding van Bob Yates in beide maatskappye:
                    Lewer kommentaar op die prys wat deur Flexi Bpk. vir die
                     teruggekoopte aandele betaal is. Verskaf TWEE punte.                          (4)
                    Bereken die aantal aandele wat Bob in Broom Bpk. gekoop het met
                     die geld wat hy uit die terugkoop by Flexi Bpk. ontvang het.                  (2)
                    Verduidelik die uitwerking van die terugkoop van aandele op die %
                     aandelehouding van Bob Yates in ELKE maatskappy.                              (4)
     3.2.4     Finansieringstrategieë en finansiële hefboom:
               Die direkteure van elke maatskappy het doelbewuste besluite geneem
               wat in hulle Kontantvloeistate weerspieël word.
                Verduidelik die besluite wat die direkteure van Broom Bpk. geneem
                 het, en hoe dit die maatskappy sal bevoordeel.                                    (4)
              Verduidelik hoe die besluite wat deur Flexi Bpk. geneem is, die risiko en
                finansiële hefboom van die onderneming beïnvloed het. Haal TWEE
                finansiële aanwysers aan.                                                          (6)
     INLIGTING:
     A.   Uittreksels uit rekeningkundige rekords aan die einde van elke jaar:
                                                     FLEXI BPK.               BROOM BPK.
                                                 Feb. 2021   Feb. 2020    Feb. 2021    Feb. 2020
     Getal aandele reeds uitgereik            700 000        850 000      1 500 000    1 100 000
     Fondse gebruik om aandele terug te koop R1 980 000
     Terugkoopprys                            R13,20
     Toename in aandelekapitaal                  0                        R2 640 000
     Uitreikprys van addisionele aandele                                    R6,60
     Vaste bates gekoop                      R1 000 000                   R2 200 000
     Toename (afname) in lening              R4 500 000                   (R400 000)
     B.      Finansiële aanwysers, rentekoers en markprys van aandele:
                                                     FLEXI BPK.               BROOM BPK.
                                                 Feb. 2021   Feb. 2020    Feb. 2021    Feb. 2020
     % bedryfsuitgawes op verkope                17,5%         14,6%        13,6%       17,0%
     % bedryfswins op verkope                    18,2%         21,9%        24,2%       20,5%
     % netto wins op verkope                     13,8%         18,0%        19,6%       16,0%
     Skuld-ekwiteit-verhouding                   1,1 : 1       0,4 : 1      0,2 : 1     0,4 : 1
     % opbrengs op kapitaal aangewend            10,2%         16,1%        17,2%       14,7%
     % opbrengs op aandeelhouersbelang           7,6%          12,2%        14,1%       10,7%
     Netto batewaarde per aandeel              1 081 sent    1 128 sent    632 sent    609 sent
     Markprys van aandele                      990 sent      1 130 sent    660 sent    615 sent
     Rentekoers op lenings                        13%           13%          13%         13%
     Verdienste per aandeel                     80 sent      138 sent      72 sent     65 sent
     Dividend per aandeel                       92 sent       82 sent      48 sent     70 sent
     Dividend-uitbetalingskoers                  115%           59%          67%        108%
     C. Aandeelhouding van Bob Yates in beide maatskappye
                                                     FLEXI BPK.               BROOM BPK.
                                                   2021        2020          2021        2020
     Aandele in elke maatskappy                  283 500     433 500          ?         460 000
     % aandeelhouding in elke maatskappy            ?         51,0%           ?          41,8%
                                                                                                   40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                           10                           DBE/November 2021
                                          NSS

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                    (20 punte; 20 minute)

4.1      Verduidelik waarom 'n weerhouding-van-mening-ouditverslag              vir   'n
         maatskappy se reputasie sleg sou wees. Verskaf TWEE punte.                         (4)

4.2      Een van die belangrikste besluite wat aandeelhouers op die algemene
         jaarvergadering (AJV) moet neem, is om direkteure aan te stel wat op die raad
         moet dien.

            Verduidelik waarom hierdie verantwoordelikheid aan die aandeelhouers
             gegee is.                                                                      (2)

            As jy 'n aandeelhouer was, watter faktore of eienskappe sou jy wou uitvind
             oor die direkteure vir wie jy sou stem? Verduidelik TWEE punte en gee 'n
             rede vir ELK.                                                                  (6)

4.3      'n Onlangse nuusberig het aangedui dat 'n tender om toerusting ter waarde
         van R20 m. aan 'n groep privaat hospitale te verskaf, aan 'n groot maatskappy,
         Baxco Bpk., toegeken is. Die verslag beskuldig die HFB (hoof finansiële
         beampte) van daardie maatskappy dat hy R2 m. kontant aan die HUB van die
         hospitaalgroep betaal het.

         Verduidelik wat jy, as 'n aandeelhouer, op die AJV sou sê. Verskaf TWEE
         punte.                                                                             (4)

4.4      'n Groot Suid-Afrikaanse maatskappy het die volgende op hulle webtuiste en in
         hul Direkteursverslag genoem.

         Ons het vir werknemers en eksterne belanghebbendes maniere daargestel om
         onetiese gedrag en insidente aan te meld waar individue nie die maatskappy
         se etiese beleid nakom nie.

         Ons het 'n inbelsentrum ingestel wat deur 'n onafhanklike diensverskaffer
         beheer word.

         Alle inligting sal as vertroulik hanteer word. Fluitjieblasers (informante) wat
         werklike inligting verskaf, sal beskerm word en anoniem bly.

         Na jou mening, verduidelik waarom hierdie groot maatskappy dit nodig gevind
         het om hierdie beleid te implementeer. Verskaf TWEE punte.                         (4)

                                                                                            20

                                                                              TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V1                                                     DBE/November 2021
                                            NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
             Verkope      1                          Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                         Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                            Bedryfswins x 100
             Verkope        1                               Verkope      1

         Totale bates : Totale laste                   Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste         Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

    (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                       Koste van verkope             .

        Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                     Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                       Koste van verkope       1

                                                     Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                  Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                 Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                 Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                   Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 Nov 2021 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2021-answer-book-afr/4f3e9f53-936c-4ad6-b22c-aebca5401cfe) — Accounting · Addendum · 2021 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2021-afr/6fec8993-f2b5-4aac-9ce1-277abdc5ca20) — Accounting · QP · 2021 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2021 English D REV](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2021-english-d-rev/bd359bc3-aaa6-4466-a680-12cf6f56610f) — Accounting · QP · 2021 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 ANSBK SEPT 2021 Sesotho D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ansbk-sept-2021-sesotho-d/50ad1901-7a2b-4a4d-8341-73ad853187ca) — Accounting · QP · 2021 · Sesotho
- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
