# Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-afr/7ef8732a-a45c-4b2f-9264-f1935e200962
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-afr/7ef8732a-a45c-4b2f-9264-f1935e200962)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                               REKENINGKUNDE V1

                                  NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1             2          DBE/November 2023
                            NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             3                            DBE/November 2023
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
         beantwoord.

3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
         vraestel aangeheg.

4.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

         VRAAG                        ONDERWERP                      PUNTE       MINUTE
             1       Maatskappy Finansiële State                        55           45

             2       Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers          35           25

             3       Vertolking van Finansiële Inligting                45           35

             4       Korporatiewe Bestuur                               15           15

       TOTAAL                                                          150          120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            4                                DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                               (55 punte; 45 minute)

BUHLE BEPERK

Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie 2023.
Die besigheid verkoop fietse.

GEVRA:

1.1      Verwys na Inligting B (ii).

         Bereken die waarde van die fietse se eindvoorraad deur die EIEU-metode te
         gebruik.                                                                  (6)

1.2      Voltooi die Staat     van     Omvattende   Inkomste     vir   die    jaar   geëindig
         28 Februarie 2023.                                                                         (24)

1.3      Voltooi die Staat van Finansiële Posisie soos op 28 Februarie 2023.                        (25)

LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
         Bedrae word NIE in die gekleurde gedeeltes vereis NIE.

INLIGTING:

A.    Uittreksel: Saldo's en totale uit die rekords op 28 Februarie 2023:

                                                                                  R
       Gewone aandelekapitaal                                                   20 000 000
       Behoue inkomste                                                                   ?
       Lening: Uhlula Bank                                                               ?
       Debiteurekontrole                                                           483 110
       Vaste deposito                                                            1 500 000
       Handelsvoorraad                                                           2 125 380
       SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings)                   1 049 000
       Bank (gunstig)                                                              629 000
       Krediteurekontrole                                                          523 890
       Verkope                                                                  21 017 200
       Koste van verkope                                                                 ?
       Kommissie-inkomste                                                          277 000
       Fooi-inkomste                                                               303 000
       Huuruitgawes                                                                      ?
       Direkteursgelde                                                           1 610 000
       Dividende op gewone aandele                                                 990 000

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               5                           DBE/November 2023
                                              NSS

B.   Aansuiwerings en addisionele inligting:
     (i)     Die besigheid gebruik 'n winsopslagpersentasie van 120% op fietse se
             kosprys. Handelskorting, R336 000 in totaal, is toegestaan en opgeteken.
     (ii)    Die volgende inligting is ná die fisiese voorraadopname verkry:
             Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode word gebruik om die voorraad van
             fietse te waardeer.
             Aankope vir die jaar was soos volg:
                                         GETAL           WAARDE PER    TOTALE WAARDE
                                        EENHEDE           EENHEID            R
                     AANKOPE              5 040                              10 094 050
                Junie 2022                2 085            R1 950             4 065 750
                September 2022            2 215            R2 020             4 474 300
                Januarie 2023               740            R2 100             1 554 000
                LET WEL:
                 Daar was 1 009 fietse voorhande op 28 Februarie 2023.
                 40 fietse, in Januarie 2023 aangekoop, is aan die verskaffer
                  teruggestuur as gevolg van fabrieksfoute wat geïdentifiseer is.
                 'n Aantal fietse is gesteel en moet as 'n verlies opgeteken word.
     (iii)   Kommissie-inkomste, R41 000, is aan die besigheid verskuldig.
     (iv)    Fooi-inkomste sluit R47 150 vir Februarie en Maart 2023 in.
             LET WEL: Fooi-inkomste het op 1 Maart 2023 met 5% verhoog.
     (v)     Buhle Bpk. huur vanaf 1 Mei 2022 150 vierkante meter ruimte van
             Prime Opberging teen 'n maandelikse bedrag van R330 per vierkante meter.
             Die maatskappy het die gehuurde ruimte op 1 November 2022 met
             25 vierkante meter verhoog. Huur is tot 30 April 2023 betaal.
     (vi)    Voorsien vir die direkteursgelde verskuldig.
             Die maatskappy se twee direkteure, Brenda en Johan, is vanaf 2020 in diens
             geneem.
              Brenda verdien R10 000 per maand meer as Johan, maar sy is nog nie vir
                Februarie 2023 betaal nie.
              Johan het vir die laaste drie maande van die finansiële jaar onbetaalde
                verlof geneem.
     (vii)   Dra 'n debiteur se debietsaldo, R2 700, vanaf die Debiteuregrootboek na sy
             rekening in die Krediteuregrootboek oor.
     (viii) Die maatskappy het in drie vaste deposito's van gelyke waarde belê. Een van
            die vaste deposito's sal op 31 Mei 2023 verval.
     (ix)    'n Bedrag vir belasting is nog op 28 Februarie 2023 aan SAID verskuldig.
     (x)     Dividende:
                       Tussentydse dividende betaal                     R990 000
                       Finale dividende nog verskuldig                 R2 640 000
     (xi)    Die skuld-ekwiteitverhouding is 0,2 : 1 op 28 Februarie 2023.
                                                                                                    55

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             6                       DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                               (35 punte; 25 minute)

Die inligting het betrekking op Sherbiz Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2023.

GEVRA:

2.1      Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op.                                           (7)

2.2      Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat:

            Kontantvloei van bedryfsaktiwiteite                                            (10)
            Kontantvloei van finansieringsaktiwiteite                                       (6)

2.3      Bereken die volgende finansiële aanwysers:

            Netto batewaarde per aandeel                                                   (3)
            Dividenduitbetalingskoers                                                      (5)
            % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             7                           DBE/November 2023
                                            NSS

INLIGTING:

A.    Aandelekapitaal en dividende:

      1 Maart 2022             1 200 000 uitgereikte aandele
      30 Junie 2022            'n Addisionele 300 000 aandele is uitgereik.
      1 Desember 2022          90 000 aandele is van 'n afgetrede aandeelhouer teruggekoop.
                               Hy is R0,80 meer as die gemiddelde aandeleprys betaal en sal
                               nie meer vir dividende kwalifiseer nie.

B.    Inligting uit die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie:

                                                          2023                 2022
                                                           R                    R
      Gewone aandeelhouersbelang                      10 200 000            7 985 500
      Gewone aandelekapitaal                           9 306 000            7 200 000
      SAID: Inkomstebelasting                        27 800 (Kt.)         42 500 (Dt.)
      Aandeelhouers vir dividende                        282 000                    ?

C.    Leningstaat van Megan Bank:

      Die jaarlikse leningstaat vir 2023 toon die volgende:

         Saldo op 28 Februarie 2023: R1 678 600
         Rente vir die finansiële jaar gekapitaliseer: R117 600
         Maandelikse terugbetalings, rente ingesluit: R22 750

D.    Netto wins en inkomstebelasting:

         Netto wins na belasting het R912 500 beloop.
         Inkomstebelasting word teen 27% van die netto wins bereken.

E.    Dividende en verdienste per aandeel:

      Finale dividende per aandeel op 28 Februarie 2022                        24,0 sent
      Tussentydse dividende per aandeel op 31 Augustus 2022 betaal             30,0 sent
      Finale dividende per aandeel op 28 Februarie 2023                            ?
      Verdienste per aandeel op 28 Februarie 2023                              66,2 sent

      LET WEL: Alle aandeelhouers in die aandeleregister aan die einde van die
               finansiële jaar kwalifiseer vir finale dividende.
                                                                                                 35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1             8          DBE/November 2023
                            NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               9                         DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                       (45 punte; 35 minute)
GUARDIAN BPK. EN NAVARRA BPK.
Die inligting het betrekking op TWEE maatskappye.
GEVRA:
LET WEL:      Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
                 Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
                 'n Rede of verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers
                  gee
3.1      Kies 'n verduideliking uit KOLOM B wat by die individu of term in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
                      KOLOM A                               KOLOM B
         3.1.1       Direkteur            A     geen mening is oor die finansiële posisie
                                                van die maatskappy uitgespreek nie
         3.1.2       Ongekwalifiseerde
                     ouditverslag         B     die persoon wat fondse in 'n maatskappy
                                                belê
         3.1.3       Aandeelhouer         C     bestuur die bedryfs-, finansierings- en
                                                beleggingsaktiwiteite van 'n maatskappy
                                          D     die finansiële state gee 'n billike
                                                weergawe van die finansiële posisie van
                                                die maatskappy
                                                                                    (3 x 1)      (3)
3.2      Likiditeit:
         Identifiseer die maatskappy wat sy bedryfskapitaal goed bestuur. Haal TWEE
         finansiële aanwysers aan.                                                               (5)
3.3      Finansieringstrategieë en finansiële hefboom: Guardian Bpk.

            Wat was die oorsake van die verandering in die skuld-ekwiteitverhouding?
             Verskaf TWEE oorsake met syfers.                                                    (4)
            Verduidelik waarom dit vir die maatskappy raadsaam was om meer van
             lenings gebruik te maak. Haal aan en verduidelik EEN ander finansiële
             aanwyser wat hierdie mening ondersteun.                                             (4)
3.4      Dividende, verdienste en opbrengs: Navarra Bpk.

            Verduidelik EEN finansiële aanwyser wat daarop dui dat 'n bekommerde
             aandeelhouer nie met die verandering in die dividendbeleid van die
             maatskappy tevrede behoort te wees nie.                                             (3)
            Verduidelik of die aandeelhouers tevrede behoort te wees met die
             verdienste en opbrengs van die maatskappy. Haal TWEE finansiële
             aanwysers aan.                                                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             10                          DBE/November 2023
                                            NSS

3.5       Aandeelhouding van Nathan Crewe in Navarra Bpk.:
             Identifiseer die effek wat die terugkoop van Nathan se aandele op sy
              % aandeelhouding gehad het.                                                       (2)
             Verduidelik hoe die maatskappy in staat was om ongeveer R4,4 miljoen te
              verkry om die terugkoop van aandele en die dividende wat aandeelhouers
              verdien het, te finansier. Verskaf TWEE punte.                                    (4)
             Gee TWEE redes waarom die besluit om Nathan se aandele terug te koop,
              as onverantwoordelik beskou moet word.                                            (4)

3.6       Direkteurskap:
             'Die HFB (hoof- finansiële beampte) het 'n noemenswaardige invloed op 'n
              maatskappy se sukses.'
              Verduidelik waarom jy met hierdie stelling sal saamstem.                          (2)
             Verduidelik of die direkteure tevrede behoort te wees, of nie, met die
              aandeelpryse van die maatskappye aan die einde van die finansiële jaar.
              Haal in ELKE geval TWEE finansiële aanwysers aan.                                 (6)
             Die HUB (hoof- uitvoerende beampte) van Guardian Bpk. beplan om die
              vakante HFB-pos in Maart 2023 vir Nathan Crewe aan te bied. Verduidelik
              EEN punt van advies aan die HUB.                                                  (2)

INLIGTING:
A.    Agtergrondinligting:
         Navarra Bpk. se finansiële state is nog nie geoudit nie.
         Sheryl Mabaso is die HFB van Guardian Bpk. en Nathan Crewe is die HFB
          van Navarra Bpk. Sheryl sal in Maart 2023 aftree.

B.    Uittreksels uit die rekords vir die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie:
                                         GUARDIAN BPK.              NAVARRA BPK.
                                         2023      2022            2023      2022
      Getal uitgereikte aandele aan
                                        1 200 000                1 200 000
      begin van jaar
      Nuwe aandele op
      31 Augustus 2022 uitgereik/        800 000                  (300 000)
      teruggekoop
      Getal uitgereikte aandele teen
                                        2 000 000                  900 000
      einde van jaar
      Uitreikprys van nuwe aandele        R11,20
      Terugkoopprys van aandele                                     R11,50

                                           R            R           R             R
      Gewone aandelekapitaal           20 960 000   12 000 000   9 000 000    12 000 000
      Verbandlening                     5 000 000    3 600 000   6 500 000     3 000 000
      Bank (gunstig)                      850 000      250 000                   380 000
      Bank (oortrokke)                                           3 200 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                          11                        DBE/November 2023
                                         NSS

C.    Uittreksels uit die Aandeleregisters:

      Terugkoop van aandele:

      Nathan het die ander direkteure van Navarra Bpk. oortuig dat die maatskappy op
      1 September 2022 300 000 van sy aandele vir R3 450 000 moet terugkoop. Let
      daarop dat tussentydse dividende op 31 Augustus 2022 betaal is.

      Aandeelhouding van HFB's:
                                          GUARDIAN BPK.          NAVARRA BPK.
                                          2023     2022         2023     2022
      Sheryl Mabaso                      350 000  350 000
      Nathan Crewe                                             362 000        662 000
      % aandeelhouding                   17,5%      29,2%       40,2%          55,2%

D.    Finansiële aanwysers, markpryse van aandele en rentekoerse:
                                          GUARDIAN BPK.          NAVARRA BPK.
                                         28 Feb.  28 Feb.      28 Feb.  28 Feb.
                                           2023     2022        2023      2022
      Dividenduitbetalingskoers           46,7%    33,0%       103,8%    34,8%
      Verdienste per aandeel               150c     106c         80c      115c
      Dividende per aandeel                 70c      35c         83c       40c
        Tussentydse dividende per
                                              45c                65c
        aandeel
        Finale dividende per aandeel      25c                   18c
      Bedryfsverhouding                  1,7 : 1    1,5 : 1    0,9 : 1         2,5 : 1
      Vuurproefverhouding                1,2 : 1    1,0 : 1    0,2 : 1         1,4 : 1
      Debiteure-invorderingsperiode      19 dae     22 dae     45 dae          40 dae
      Krediteure-betalingsperiode        50 dae     48 dae     55 dae          60 dae
      Skuld-ekwiteit-verhouding          0,2 : 1    0,3 : 1    0,6 : 1         0,2 : 1
      % opbrengs op kapitaal aangewend   16,6%      13,5%      11,3%           14,8%
      % opbrengs op
                                         12,1%      10,5%       6,4%            11%
      aandeelhouersbelang
      Netto batewaarde per aandeel       1 230c     1 110c      992c           1 095c

      Rentekoers op lening                14%        13%        14%             13%
      Rentekoers op vaste deposito         9%         8%         9%              8%
      Markprys per aandeel               1 350c     1 150c      400c           1 800c

                                                                                              45

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             12                         DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                     (15 punte; 15 minute)

Jy word voorsien van 'n artikel oor 'n interne ouditeur wat haar werk verloor het. Gebruik
die inligting wat verskaf is en jou kennis oor maatskappye om die vrae te beantwoord.

GEVRA:

4.1      Ouditering:

            Verduidelik EEN plig van 'n interne ouditeur.                                      (2)

            Gee EEN rede waarom die rekeningkundige rekords van 'n genoteerde
             maatskappy deur 'n eksterne ouditeur geoudit moet word.                            (2)

4.2      Fluitjieblasers (Informante):

         Wat sal jy vir Sally sê met betrekking tot haar stelling in die eerste paragraaf
         oor fluitjieblasers wat nie bereid is om 'n standpunt teen korrupsie in te neem
         nie? Verduidelik EEN punt.                                                             (2)

4.3      Aandeelhouers se menings en bekommernisse:

         As 'n aandeelhouer, verduidelik DRIE punte wat jou bekommerd maak oor die
         optrede van die direksie van Monaco Bpk. Gee in ELKE geval 'n toepaslike
         rede vir jou kommer.                                                                   (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            13                         DBE/November 2023
                                           NSS

INLIGTING:

                   MONACO BPK.: 'N FLUITJIEBLASER SE STORIE
Agt maande gelede het Sally Bolden, die interne ouditeur van Monaco Bpk., met skok
verneem dat sy uit haar goedbetaalde pos in die maatskappy afgedank is. Sy het
ongemagtigde betalings van R3 500 miljoen deur haar hoofde, die nuwe direksie-
voorsitter, Glen Turner, en hoof- finansiële beampte (HFB), Rachel Donovan, aan
maatskappye wat met die twee verbind kan word, aan die lig gebring. Sally is steeds
werkloos en sukkel om haar gesin te onderhou. Sy en ander fluitjieblasers is nou spyt dat
hulle 'n standpunt teen korrupsie ingeneem het.

Sally se implementering van nuwe interne beheermaatreëls en haar rol in die vervanging
van swak presterende verskaffers van goedere en dienste met bekwame en betroubare
verskaffers het tot groot voordeel van die maatskappy gestrek. 'n Verlies van
R500 miljoen in 2021 is in 2022 in 'n wins van R280 miljoen omgeskakel.

Sally se probleme het egter begin toe 'n nuwe direksie, onder voorsitterskap van Turner,
aangestel is.

Toe Turner vir kommentaar genader is, het hy gesê dat Sally Bolden se dienste beëindig
is omdat sy die maatskappy se beeld skade berokken het. Hy het bygevoeg dat die
direksie 'n ondersoek gaan instel om die ander fluitjieblasers te identifiseer.

In onlangse verwikkelinge het die eksterne ouditeure van Monaco Bpk. gevind dat 'n
verdere R200 miljoen aan individue, wat met Turner en Donovan verbind word, betaal is
vir onreëlmatige verskaffingsooreenkomste en dat hulle (Turner en Donovan) na
bewering maatskappybeleid gemanipuleer het om hulle vriende op die nuwe direksie aan
te stel.

                                                                                            15

                                                                               TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V1                                                                      DBE/November 2023
                                                    NSS

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
                 Bruto wins x 100                                       Bruto wins    x 100
                  Verkope      1                                    Koste van verkope    1
      Netto wins voor belasting x 100                             Netto wins na belasting x 100
               Verkope             1                                     Verkope             1
           Bedryfsuitgawes x 100                                         Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                            Verkope      1

           Totale bates : Totale laste                               Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                    Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                    Koste van verkope
         Koste van verkope        1                                 Gemiddelde handelsvoorraad
                                (Sien Nota 1 hieronder)

       Gemiddelde debiteure x 365                               Gemiddelde krediteure                x   365
         Kredietverkope        1                                 Koste van verkope                        1
                                                                                          (Sien Nota 2 hieronder)
                                                                  Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                               Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                          (Sien Nota 3 hieronder)
             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
     Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

       Tussentydse dividende            x 100                           Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele            1                        Getal uitgereikte aandele    1

     Dividende per aandeel x 100                                   Dividende vir die jaar   x 100
     Verdienste per aandeel   1                                 Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                   .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:    1.    Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis
                  word.
            2.    Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
                  mits voorraad konstant bly).
            3.    Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
                  word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P1 Nov 2023 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-answer-book-eng/aaeb9a41-12fe-49c2-9ba7-37693926cbd5) — Accounting · Addendum · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-june-2023-english/bd3063b8-4a97-4989-8498-a76ffb82e60a) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-english/86b103e1-05b3-4ddd-9077-02c461ae7d17) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2023-english/b15a4456-2317-4298-9022-fc735fdc6214) — Accounting · Memo · 2023 · Eng
- [Accounting P1 Nov 2021 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2021-answer-book-afr/4f3e9f53-936c-4ad6-b22c-aebca5401cfe) — Accounting · Addendum · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
