# Accounting Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2024-afr/50c74969-57ca-4b29-a629-5732e532f8d8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2024-afr/50c74969-57ca-4b29-a629-5732e532f8d8)

## About this document

Accounting · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               REKENINGKUNDE V1

                                  NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V1          2           DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                     Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V1                            3                               DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.   Nov

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
          beantwoord.

 3.       'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
          aangeheg.

 4.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.       Skryf netjies en leesbaar.

 9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
          beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

          VRAAG                        ONDERWERP                        PUNTE       MINUTE
              1       Maatskappy Finansiële State                           55          45

              2       Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers             35          25

              3       Vertolking van Finansiële Inligting                   45          35

              4       Korporatiewe Bestuur                                  15          15

        TOTAAL                                                              150        120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V1                          4                           DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                           (55 punte; 45 minute)
Die inligting het betrekking op Ivory Park Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
29 Februarie 2024.
GEVRA:
1.1    Verwys na Inligting B (i) vir vaste bates:
       Bereken die volgende:
       1.1.1 Waardevermindering op toerusting op 29 Februarie 2024                            (2)
       1.1.2 Kosprys van voertuie op 29 Februarie 2024                                        (4)
       1.1.3 Waardevermindering op voertuie op 29 Februarie 2024                              (5)
       1.1.4 Wins/Verlies op voertuig op 1 September 2023 ingeruil                            (5)
1.2    Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024. (39)
       LET WEL:      Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK gegee.
INLIGTING:
A.     Saldo's/totale wat, onder andere, in die boeke verskyn het op:

                                                         29 Feb. 2024      28 Feb. 2023
                                                              R                  R
       Verbandlening: Phambili Bank                           744 100            987 700
       Toerusting teen kosprys                                852 000            852 000
       Opgehoopte waardevermindering op toerusting            472 500            344 700
       Voertuie teen kosprys                                        ?          1 250 000
       Opgehoopte waardevermindering op voertuie                    ?            420 000
       Handelsvoorraad                                        654 500
       Debiteurekontrole                                      516 600
       Voorsiening vir oninbare skulde                              ?               29 520
       SAID: Inkomstebelasting (voorlopige
       belastingbetalings)                                     340 000
       Verkope                                                       ?
       Koste van verkope                                     4 780 900
       Ouditfooie                                               79 000
       Diensfooi-inkomste                                    1 757 700
       Diverse bedryfsuitgawes                                 119 900
       Oninbare skulde                                          24 780
       Verpakkingsmateriaal                                     66 550
       Salarisse en lone (bydraes ingesluit)                 1 425 600
       Versekering                                             100 800
       Huurinkomste                                            158 100
       Rente-inkomste                                                ?
       Direkteursfooie                                               ?
       Rente op lening                                         149 400
       Dividende op gewone aandele                             250 000

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V1                            5                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

B.   Aansuiwerings en addisionele inligting:
     (i)  Vaste bates:
              Toerusting:
               Geen toerusting is gedurende die jaar aangekoop of verkoop nie.
              Voertuie:
               'n Ou voertuig is op 1 September 2023 ingeruil vir 'n nuwe voertuig wat
                R320 000 gekos het. Die inruilwaarde wat ontvang is, was R153 660. Die
                volgende uittreksel van die voertuig verkoop, is uit die Vastebateregister
                geneem:
                  Kosprys: R240 000                       Datum aangekoop: 1 Julie 2021
                  Waardeverminderingskoers:     20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode
                        FINANSIËLE           WAARDE-            OPGEHOOPTE WAARDE-
                        JAAREINDE          VERMINDERING            VERMINDERING
                   28 Februarie 2022           R32 000                  R32 000
                   28 Februarie 2023           R41 600                  R73 600
                   1 September 2023               ?                        ?

                 Voertuie se waarde verminder teen 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode.
                 Waardevermindering op die ou, oorblywende voertuie was R132 720.
     (ii)     Die maatskappy handhaaf 'n winsgrens van 60% op kosprys. Let daarop dat
              goedere wat R115 000 kos (by koste van verkope ingesluit), teen 'n winsopslag
              van 40% op kosprys aan interne werknemers verkoop is.
     (iii)    'n Fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2024 het die volgende getoon:
               Handelsvooraad, R647 100
               Verpakkingsmateriaal gedurende die finansiële jaar gebruik, R58 700
     (iv)     Voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van die uitstaande debiteure
              aangesuiwer word.
     (v)      Maandelikse versekeringspremies was vir die afgelope drie jaar vasgestel en is
              tot 31 Mei 2024 betaal.
     (vi)     'n Huurder huur 'n kantoor by Ivory Park Bpk. Die kantoor se huur is tot
              30 April 2024 ontvang. Huur vir die kantoor is op 1 Desember 2023 met 8%
              verminder.
     (vii)    Een werknemer is uit die Salarisjoernaal vir Februarie 2024 weggelaat. Sy netto
              maandelikse salaris was R19 340 nadat 35%-aftrekkings vir sy pensioen en
              persoonlike belasting gemaak is, en R2 500 vir die mediese fonds afgetrek is.
              Die werkgewer dra 10% van sy bruto salaris, namens werknemers, tot die
              pensioenfonds by.
     (viii)   Die maatskappy het twee direkteure wat gesamentlik 'n jaarlikse fooi van
              R1 065 200 ontvang het, nadat hul maandelikse fooie met R5 800 elk op
              1 Augustus 2023 verhoog is. 'n Derde direkteur is op 1 November 2023 aangestel
              en ontvang dieselfde maandelikse fooi as die ander direkteure, die R5 800
              maandelikse verhoging uitgesluit.
     (ix)     Netto wins na belasting, R992 160, is bereken nadat al die aansuiwerings hierbo
              in ag geneem is. Inkomstebelasting is bereken op 28% van die netto wins.
                                                                                                    55
     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V1                           6                            DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                                (35 punte; 25 minute)

 Die inligting het betrekking op Eybers Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
 29 Februarie 2024.

 GEVRA:

 2.1   Stel die Behoue-inkomste-nota vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024 op.              (8)

 2.2   Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.                 (17)

 2.3   Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024:

            % bedryfsuitgawes op verkope                                                     (3)
            Voorraadomsetsnelheid                                                            (4)
            Tussentydse dividend per aandeel                                                 (3)

 INLIGTING:

 A.    Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
       29 Februarie 2024.

                                                                              R
           Verkope                                                          8 240 600
           Koste van verkope                                                5 060 000
           Bruto bedryfsinkomste                                            3 020 480
           Bedryfsuitgawes                                                  1 360 950
           Bedryfswins                                                      1 659 530
           Inkomstebelasting                                                  462 000
           Netto wins na belasting                                                  ?

 B.    Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op:

                                                       29 Feb. 2024      28 Feb. 2023
                                                            R                  R
           Kontant en kontantekwivalente                        ?            36 000
           Handelsvoorraad                               174 000            193 000
           SAID: Inkomstebelasting                        66 650 Dt.         44 675 Kt.
           Gewone aandeelhouersbelang                           ?         8 733 720
           Gewone aandelekapitaal                               ?         8 160 000
           Behoue inkomste                                      ?           573 720
           Lening: Smiley Bank                         5 440 000                  ?
           Aandeelhouers vir dividende                          ?                 ?
           Bankoortrekking                                      0           142 680

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V1                          7                               DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

 C.    Aandelekapitaal:

          Op 1 Maart 2023 was daar 1 200 000 uitgereikte aandele.
          400 000 aandele is op 30 Junie 2023 teen R10 per aandeel uitgereik.
          34 000 aandele is op 30 November 2023 teen R1,90 (per aandeel) bo die
           gemiddelde aandeelprys, teruggekoop.

 D.    Dividende en dividenduitbetaalkoers:

          Dividende betaal en verklaar:

                                        DIVIDENDE
       Finaal         28 Februarie 2023        Betaal            17 sent per aandeel
       Tussentyds     1 September 2023         Betaal                 R416 000
       Finaal         29 Februarie 2024       Verklaar                    ?

          Totale dividende betaal en verklaar vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024,
           R744 860.
          Die dividenduitbetalingskoers vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024 was 40%
           nadat alle transaksies korrek geboekstaaf is.

 E.    Lening: Smiley Bank

          Maandelikse paaiemente, R97 120, rente ingesluit, is betaal.
          R685 440 rente is gekapitaliseer.

 F.    Netto verandering in kontant en kontantekwivalente, R296 460 invloei.
                                                                                                35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V1          8           DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                     Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V1                           9                            DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING                     (45 punte; 35 minute)

 WINSTON BPK.

 Die inligting het betrekking op Winston Bpk. vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.

 GEVRA:

 LET WEL:      Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
                  Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
                  'n Rede of verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers gee

 3.1     Winsgewendheid:

         Haal TWEE finansiële aanwysers aan, met syfers en tendense, wat daarop dui
         dat die maatskappy sy uitgawes goed bestuur.                                          (4)

 3.2     Dividenduitbetalingsbeleid:

         Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingsbeleid van die maatskappy.
         Verduidelik waarom dit 'n verantwoordelike verandering in dié beleid is. Verskaf
         EEN punt.                                                                             (3)

 3.3     Verdienste en opbrengs:

         Verduidelik waarom die aandeelhouers tevrede of ontevrede behoort te wees met
         die verdienste per aandeel en die opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang
         van die maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan.                    (4)

 3.4     Finansiële strategieë en finansiële hefboom:

            Verwys na Inligting C.
             Die direkteure het besluit om in 2024 nuwe vaste bates aan te koop om die
             maatskappy te verbeter.

             Identifiseer die TWEE hoofbronne (meer as R1m) wat gebruik is om hierdie
             aankope te finansier. Verskaf syfers.                                             (4)

            Verduidelik hoe die besluite die risiko en finansiële hefboom van die
             maatskappy beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan.          (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V1                           10                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 3.5    Grant Waters se %-aandeelhouding, regte-uitgifte en terugkoop van aandele:

         Verwys na Inligting B.
           Bereken die getal aandele wat Grant op 31 Oktober 2023 deur regte-uitgifte
           gekoop het.                                                                (3)

         Bereken Grant se %-aandeelhouding ná die regte-uitgifte op 29 Februarie 2024.      (5)

         Bereken die totale bedrag wat Grant vir die aandele, wat hy deur middel van die
          regte-uitgifte verkry het, betaal het.
          LET WEL: Geen aandele is gedurende die finansiële jaar teruggekoop nie.            (4)

         Grant is van plan om die direksie te oortuig om van sy aandele in die volgende
          finansiële jaar teen R12 per aandeel terug te koop. Verduidelik waarom die ander
          direksielede waarskynlik teen hierdie transaksie, deur Grant voorgestel, sal stem.
          Verskaf TWEE punte (met syfers).                                                   (4)

 3.6    Rol van die HUB:
         Verduidelik TWEE karaktereienskappe wat aandeelhouers van 'n goeie HUB kan
          verwag.                                                                    (4)

         Afgesien van die faktore en finansiële aanwysers waarna in die vorige vrae
          verwys is, identifiseer en verduidelik TWEE ander punte wat daarop dui dat die
          HUB die maatskappy goed bestuur. Haal syfers aan.                              (4)

 INLIGTING:

 A.     Agtergrond-inligting:

         Die hoof- uitvoerende beampte (HUB), Shakira Solomon, is op 1 Oktober 2023
          aangestel.
         Sy is op 'n een-jaar-kontrak, vir 'n proeftydperk, aangestel.
         Grant Waters, die meerderheidsaandeelhouer, was instrumenteel in die
          aanstelling van die HUB op 1 Oktober 2023.

 B.     Aandelekapitaal en regte-uitgifte:

         Op 1 Maart 2023 was 3 000 000 aandele reeds uitgereik.

         Grant Waters se aandeelhouding:
           Hy is die meerderheidsaandeelhouer en het op 1 Maart 2023, 1 620 000 van die
           uitgereikte aandele besit.

        Regte-uitgifte:

         Elke aandeelhouer is op 31 Oktober 2023, 10 aandele teen 'n verlaagde prys vir
          elke 50 aandele in hulle besit, aangebied. Alle aandeelhouers het hierdie reg
          uitgeoefen. Geen ander aandele is gedurende die finansiële jaar uitgereik of
          teruggekoop nie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Rekeningkunde/V1                         11                           DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

 C.     Uittreksel uit die Notas en Staat van Finansiële Posisie soos op:
                                                     29 Feb. 2024         28 Feb. 2023
         Vaste bates aangekoop                          R8 235 000           R4 180 000
         Vaste bates verkoop                                710 000                    0
         Vaste deposito: Caledon Bank                       550 000             250 000
         Gewone aandelekapitaal                          31 770 000          28 800 000
         Lening: Main Bank                               12 913 000           9 400 000

 D.     Finansiële aanwysers, markpryse van aandele, rentekoerse en ander
        finansiële inligting:

                                                         29 Feb. 2024      28 Feb. 2023
         Winsopslagpersentasie                               45%                40%
         % bedryfsuitgawes op verkope                        14%                19%
         % bedryfswins op verkope                            18%                12%
         % netto wins voor belasting op verkope              19%                11%
         Solvensieverhouding                                3,8 : 1            2,8 : 1
         Bedryfsverhouding                                  2,5 : 1            1,6 : 1
         Vuurproefverhouding                                1,9 : 1            1,2 : 1
         Netto batewaarde per aandeel                      564 sent           460 sent
         Dividende per aandeel                             67 sent            89 sent
         Verdienste per aandeel                            112 sent           104 sent
         Dividenduitbetalingskoers                           60%                86%
         Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang          20%                11%
         Skuld-ekwiteit-verhouding                          0,2 : 1            0,5 : 1
         % opbrengs op gemiddelde kapitaal
                                                            24%                 15%
         aangewend

         Markwaarde per aandeel                            950 sent           820 sent
         % groei (afname) in netto batewaarde per
                                                           +15,9%              - 8,9%
         aandeel
         Rentekoers op lenings                              12%                 12%
         Rentekoers op vaste deposito's                     7,5%                6,5%

                                                                                             45

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Rekeningkunde/V1                            12                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                      (15 punte; 15 minute)

 Jy word voorsien van 'n uittreksel van die onafhanklike eksterne ouditverslag van Valiant
 Bpk. wat aan aandeelhouers by die Algemene Jaarvergadering voorgelê is.

 GEVRA:

 LET WEL:      Moet NIE jou antwoorde vir verskillende vrae herhaal NIE.

 4.1    Verduidelik die rol van 'n onafhanklike eksterne ouditeur. Verskaf EEN punt.           (2)

 4.2    Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf die antwoord in die
        ANTWOORDEBOEK neer en verduidelik jou keuse.

        Valiant Bpk. het 'n (gekwalifiseerde/ongekwalifiseerde/weerhouding-van-mening)
        ouditverslag ontvang.                                                                  (2)

 4.3    Watter soort ouditbewyse ondersoek die onafhanklike eksterne ouditeur om die
        vaste bates van 'n maatskappy te verifieer? Verskaf TWEE punte.                        (4)

 4.4    Wat is die gevolge van hierdie ouditverslag vir die volgende:

           Direkteure
           Aandeelhouers

        Noem EEN punt in elke geval.                                                           (4)

 4.5    Noem DRIE moontlike gevolge vir die onafhanklike eksterne ouditeur indien hy
        deur die direkteure van die maatskappy beïnvloed is om opsetlik 'n vals
        ouditverslag aan die aandeelhouers voor te hou.                                        (3)

 INLIGTING:

 Uittreksel uit die onafhanklike eksterne ouditverslag van Valiant Bpk. se finansiële
 state:

 Ouditmening:

 Na ons mening verskaf die finansiële state, in alle wesentlike opsigte, 'n billike weergawe
 van die finansiële posisie van die maatskappy soos op 29 Februarie 2024.

 Basis vir Ouditmening:

 … en die ouditbewyse wat verkry is, is voldoende en toepaslik om 'n basis vir ons mening
 te verskaf.

                                                                                               15

                                                                                    TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 13

Rekeningkunde/V1                                                                       DBE/November 2024
                                               NSS Vertroulik

   GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

             Bruto wins x 100                                           Bruto wins    x 100
              Verkope          1                                    Koste van verkope    1

       Netto wins voor belasting x 100                            Netto wins na belasting x 100
                Verkope             1                                    Verkope             1

           Bedryfsuitgawes x 100                                         Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                           Verkope       1

           Totale bates : Totale laste                               Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                    Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

   (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

  Gemiddelde handelsvoorraad x 365                                        Koste van verkope
       Koste van verkope        1                                    Gemiddelde handelsvoorraad
                               (Sien Nota 1 hieronder)

        Gemiddelde debiteure x 365                               Gemiddelde krediteure              x   365
          Kredietverkope        1                                 Koste van verkope                      1
                                                                                        (Sien Nota 2 hieronder)

       Netto inkomste na belasting            x 100              Netto inkomste na belasting x 100
   Gemiddelde aandeelhouersbelang                1                Getal uitgereikte aandele     1
                                                                                        (Sien Nota 3 hieronder)

               Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x                      100
       Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                         1

        Aandeelhouersbelang      x 100                              Dividende vir die jaar   x 100
       Getal uitgereikte aandele    1                              Getal uitgereikte aandele    1

         Tussentydse dividende           x 100                          Finale dividende      x 100
        Getal uitgereikte aandele           1                       Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel           x 100                      Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel             1                    Netto inkomste na belasting    1

                                      Totale vaste koste                                   .

                    Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET      1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL:     2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
            voorraad konstant bly).
         3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
            geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2024-eng/52756431-9cbf-4cbe-a383-8eea2fee9cc3) — Accounting · QP · 2024 · Eng
- [ACCOUNTING P1 MEMO GR12 JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-memo-gr12-june-2024-english/ef245808-e780-418c-ba92-6f41e021a333) — Accounting · Memo · 2024 · Eng
- [ACCounting P1 - Memo SESOTHO](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-memo-sesotho/b99546aa-c3e7-44cc-b92d-85b44da4daaa) — Accounting · Memo · 2024 · Sesotho
- [Gr 12 Accounting P1 (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p1-english-june-2024-possible-answers/11d6484c-77b1-4a71-8799-a6e1177c4dbc) — Accounting · Memo · 2024 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-june-2023-english/bd3063b8-4a97-4989-8498-a76ffb82e60a) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-qp-sept-2023-english/86b103e1-05b3-4ddd-9077-02c461ae7d17) — Accounting · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
