# Accounting Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nsc-nov-2020-afr-2/e9cc95e5-2f0e-456a-bbfb-a8808edc4b76
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nsc-nov-2020-afr-2/e9cc95e5-2f0e-456a-bbfb-a8808edc4b76)

## About this document

Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V1

                                 NOVEMBER 2020(2)

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye,
                      'n formuleblad en 'n 9 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                  2          DBE/November 2020(2)
                                 NSS

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             3                         DBE/November 2020(2)
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

          VRAAG                    ONDERWERP                        PUNTE        MINUTE
                       Vaste Bates en Staat van Omvattende
             1                                                         60            45
                       Inkomste
                       Finansiële Aanwysers en
             2                                                         40            35
                       Kontantvloeistaat
             3         Vertolking van Finansiële State                 35            30

             4         Korporatiewe Bestuur                            15            10

       TOTAAL                                                         150           120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               4                     DBE/November 2020(2)
                                              NSS

VRAAG 1: VASTE BATES EN STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE
                                                (60 punte; 45 minute)

Die inligting het betrekking op Robbie Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2021.

GEVRA:

1.1     Verwys na INLIGTING B(a) vir vaste bates.

        Bereken die volgende:

        1.1.1 Die ontbrekende bedrae deur (i) tot (iii) op die Vastebatenota aangedui          (11)

        1.1.2 Wins/Verlies met die verkoop van toerusting op 1 Oktober 2020                    (2)

1.2     Verwys na INLIGTING B(e) vir handelsvoorraad.

        Bereken die handelsvoorraadtekort.                                                     (4)

1.3     Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die finansiële jaar geëindig
        28 Februarie 2021 op.                                                                  (43)

INLIGTING:

A.    Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2021:

                                                                               R
       Verbandlening: Sufi Bank                                               1 005 500
       Debiteurekontrole                                                        123 000
       Handelsvoorraad                                                                ?
       Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2020)                             7 030
       Verkope                                                                        ?
       Koste van verkope                                                      6 966 000
       Salarisse en lone                                                      1 468 120
       Direkteursfooie                                                        3 330 000
       Ouditfooie                                                                91 000
       Herstelwerk                                                              476 000
       Huurinkomste                                                             173 000
       Rente-inkomste                                                            25 000
       Rente op lening                                                                ?
       Oninbare skulde                                                           19 200
       Advertensies                                                              25 680
       Diverse uitgawes                                                         452 310
       Gewone aandeledividende                                                   86 400

B.    Aansuiwerings en addisionele inligting:

      (a)   Vaste bates:

            Voertuie:
             Die onderneming besit op 28 Februarie 2021 twee voertuie. Die tweede
              voertuig is op 1 November 2020 aangekoop.
             Die waarde van voertuie word teen 15% p.j. op kosprys verminder.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               5                       DBE/November 2020(2)
                                              NSS

           Toerusting:
                Waardevermindering is 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode.
                Ongebruikte toerusting is op 1 Oktober 2020 vir R40 000 verkoop.
                 Opgehoopte waardevermindering op die toerusting verkoop, was op
                 1 Maart 2020 R36 600.
           Uittreksel uit die Vastebatenota:
                                                               VOERTUIE      TOERUSTING
               Kosprys (1 Mrt. 2020)                               460 000         360 000
               Opgehoopte waardevermindering (1 Mrt. 2020)       (396 750)       (187 595)
               DRAWAARDE (1 Maart 2020)                           (i)              172 405
               Toevoegings (teen kosprys)                          510 000                0
               Verkope (teen drawaarde)                                  0        (iii)
               Waardevermindering                                 (ii)             (31 281)
               DRAWAARDE (28 Februarie 2021)
               Kosprys (28 Feb. 2021)                             970 000          285 000
               Opgehoopte waardevermindering (28 Feb. 2021)
     (b)   Die onderneming handhaaf 'n winsopslag van 120% op kosprys. Let daarop
           dat handelskortings van R648 000 aan spesiale kliënte toegestaan is.
     (c)   Die rekening van debiteur B Melta, R800, moet afgeskryf word.
     (d)   Voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van uitstaande debiteure
           aangepas word.
     (e)   Handelsvoorraad    word    volgens      die   geweegdegemiddelde-metode
           gewaardeer. Die Grootboekrekening en rekords toon dat 280 eenhede
           voorhande behoort te wees. Die fisiese voorraadopname toon egter dat slegs
           262 eenhede voorhande is. Die voorraadrekords is soos volg:
                                                    EENHEDE   EENHEIDSPRYS       TOTAAL
               Voorraad aan begin van jaar             200       R3 600         R720 000
               Aangekoop gedurende die jaar          1 840       R4 100        R7 544 000
               Terugsendings: beskadigde eenhede        40       R4 100         R164 000
               Beskikbaar vir verkope                2 000                     R8 100 000
               Voorraad-eenhede per rekords            280            ?                 ?
     (f)   30% van die ouditfooie is nog uitstaande.
     (g)   Die maandelikse huurinkomste was onveranderd gedurende die jaar. Die
           huurder het gedurende Februarie 2021, R9 000 vir herstelwerk aan die
           perseel betaal en het dit van sy huur vir Februarie 2021 afgetrek. Herstelwerk
           is die maatskappy se verantwoordelikheid en is nie geboekstaaf nie. Die huur
           vir Maart 2021 is vooruit ontvang.
     (h)   Die maatskappy het vier direkteure wat dieselfde geld verdien. Een direkteur
           het op 31 Mei 2020 bedank en het sy geld tot op datum ontvang. 'n Ander
           direkteur se geld vir Januarie en Februarie 2021 is nog aan hom verskuldig.
     (i)   Advertensies bestaan uit 'n kontrak met 'n koerant vir die hele finansiële jaar.
           Betalings is maandeliks; paaiemente is egter slegs vir 11 maande betaal.
           LET WEL: Die maandelikse tarief is vanaf 1 November 2020 met R240
           verminder.
     (j)   Die netto wins na belasting is akkuraat bereken op R1 054 000. Die
           inkomstebelastingkoers is 32%.
                                                                                                  60
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                               6                     DBE/November 2020(2)
                                              NSS

VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT
                                              (40 punte; 35 minute)

2.1     Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
        slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        2.1.1   Die (direkteursverslag/ouditverslag) gee 'n verduideliking van die
                bedrywighede van die maatskappy gedurende 'n finansiële jaar.

        2.1.2   Die (onafhanklike/interne) ouditeure is verantwoordelik vir die gereelde
                monitering van die finansiële beheermaatreëls van 'n maatskappy.

        2.1.3   In die geval van bankrotskap is die aandeelhouers nie gewoonlik vir die
                skulde van die onderneming verantwoordelik nie. Dit is as gevolg van
                (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheid.                        (3 x 1)           (3)

2.2     USANDA BEPERK

        Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2021 geëindig.

        GEVRA:

        2.2.1   Bereken die volgende syfers vir die 2021-Kontantvloeistaat:

                    Inkomstebelasting betaal                                                    (4)

                    Dividende betaal                                                            (4)

        2.2.2   Stel die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat op:

                    Kontantgevolge vir finansiële aktiwiteite                                   (11)

                    Netto verandering in kontant en kontantekwivalente                          (4)

        2.2.3   Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig
                28 Februarie 2021:

                    % bedryfswins op verkope                                                    (2)

                    Vuurproefverhouding                                                         (4)

                    % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB)                         (4)

                    Dividenduitbetalingkoers (%)                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                 7                      DBE/November 2020(2)
                                                NSS

        INLIGTING:
        A.   Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
             28 Februarie 2021:
             Verkope                                           R17 800 000
             Bedryfswins                                         2 262 100
             Rente op lening (gekapitaliseer)                      270 000
             Netto wins voor belasting                           1 777 000
             Netto wins na belasting                             1 243 900

        B.   Uittreksel: Staat van Finansiële Posisie:
                                                  28 Februarie 2021     29 Februarie 2020
             Vaste bates (drawaarde)                R13 650 600           R13 590 000
             Bedryfsbates                                659 500             1 067 500
             Voorrade                                    276 500               373 200
             Handels- en ander ontvangbare bedrae        262 300               539 600
             Kontant en kontantekwivalente               120 700               154 700
             Aandeelhouersbelang                       9 891 400            11 985 000
             Gewone aandelekapitaal                    9 555 000            11 220 000
             Behoue inkomste                             336 400               765 000
             Lening: VBC Bank (sien E)                         ?             2 080 000
             Bedryfslaste                                611 900               592 500
             Handels- en ander betaalbare bedrae         252 100               185 700
             Oortrokke bankrekening                            0                90 000
             SAID: Inkomstebelasting                      19 800                69 300
             Aandeelhouers vir dividende                 340 000               247 500

        C.   Aandelekapitaal:
                                         GETAL                BESONDERHEDE VAN
                     DATUMS
                                        AANDELE                      AANDELE
             1 Maart 2020                1 650 000      Reeds uitgereik
             30 Oktober 2020                50 000      Addisionele aandele uitgereik
             27 Februarie 2021             335 000      Aandele teruggekoop teen R9,50 elk
             28 Februarie 2021           1 365 000      Reeds uitgereik

        D.   Dividende en verdienste:
                  'n Interim/Tussentydse dividend is op 31 Augustus 2020 betaal.
                  'n Finale dividend van 20 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021
                   verklaar.
                  Totale dividende vir die jaar beloop R835 000.
                  Verdienste per aandeel (VPA) op 28 Februarie 2021 was 74 sent.
        E.   Lening: VBC Bank
                  Die saldo op 1 Maart 2020 was R2 080 000.
                  Maandelikse terugbetalings van R35 000, rente ingesluit, is betaal.
                  Gekapitaliseerde rente het R270 000 beloop.

                                                                                                  40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                8                        DBE/November 2020(2)
                                               NSS

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE                             (35 punte; 30 minute)

3.1     Kies die vraag uit KOLOM B wat by 'n kategorie finansiële aanwysers in
        KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
        (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM A                                 KOLOM B
         3.1.1       Likiditeit                A   Bestuur die onderneming uitgawes
                                                   effektief om winsgewendheid te verhoog?
         3.1.2       Risiko en finansiële
                     hefboom                   B   Is die belegging in die maatskappy beter
                                                   as 'n belegging in 'n vaste deposito?
         3.1.3       Opbrengs aan
                     aandeelhouers             C   Sal die maatskappy in staat wees om sy
                                                   huidige skuld te betaal?
         3.1.4       Bedryfsdoeltreffendheid
                                               D   Sal die maatskappy in staat wees om al
                                                   sy skuld af te betaal deur bestaande
                                                   bates te gebruik?

                                               E   Hoe bestuur die maatskappy lenings of
                                                   geleende kapitaal?
                                                                                   (4 x 1)         (4)

3.2     SCI-FI GEEKS BPK.

        Die onderneming dryf handel met elektroniese toerusting wat vanuit China
        aangekoop word. Die inligting het betrekking op die afgelope twee finansiële
        jare, geëindig 31 Maart. Die COVID-19-grendeltyd het verkope gedurende die
        huidige finansiële jaar negatief beïnvloed.

        GEVRA:

        3.2.1    Likiditeit:
                 Die direkteure is tevrede met die verbetering in die bedryfsverhouding
                 en die vuurproefverhouding. Verduidelik waarom jy van hulle sal verskil.
                 Haal TWEE finansiële aanwysers in jou antwoord aan.                               (6)
        3.2.2    Dividende:
                 Die direkteure het die dividendbeleid vir die huidige finansiële jaar
                 verander.
                      Lewer kommentaar op die dividend per aandeel oor die afgelope
                       twee jaar. Haal syfers aan.                                                 (2)
                      Verduidelik die verandering in die dividenduitbetalingkoers en gee 'n
                       rede vir hierdie verandering. Haal syfers aan.                              (4)
                      'n Aandeelhouer voel dat hulle tevrede moet wees met die dividende
                       wat hulle ontvang het, aangesien dit beter as verlede jaar is.
                       Verduidelik waarom jy met hom saamstem. Haal syfers aan.                    (3)
        3.2.3    Lewer kommentaar op die risiko en finansiële hefboom vir albei jare.
                 Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan.                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                   9                          DBE/November 2020(2)
                                                  NSS

        3.2.4        Bestaande aandeelhouers is ontevrede dat die nuwe aandele wat op
                     1 April 2020 uitgereik is, aan die HUB, Ida Shark, verkoop is. Gee
                     TWEE redes waarom jy dink dat hulle gevoelens geregverdig is. Haal
                     syfers aan.                                                                          (6)
        3.2.5        Die Kontantvloeistaat het 'n positiewe verandering van R980 000
                     getoon. Verskaf TWEE punte waarom dit steeds 'n bekommernis vir die
                     direkteure behoort te wees. Haal syfers aan.                                         (4)
        INLIGTING:
        A.      Finansiële aanwysers en addisionele inligting:

                                                                         2021            2020
                    Winsopslag % behaal                                  60%             60%
                    % netto wins voor belasting op verkope              13,9%           20,3%
                    Bedryfsverhouding                                   2,4 : 1         1,1 : 1
                    Vuurproefverhouding                                 1,0 : 1         0,4 : 1
                    Voorraadhoudingstydperk                            102 dae          32 dae
                    Gemiddelde debiteure-invorderingstydperk            46 dae          31 dae
                    Gemiddelde krediteure-betalingstydperk              60 dae          60 dae
                    Verdienste per aandeel                             58 sent         130 sent
                    Dividende per aandeel                              72 sent         90 sent
                    Dividenduitbetalingkoers                           136,5%            69%
                    Skuld-ekwiteit-verhouding                           0,4 : 1         0,3 : 1
                    Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang          17,7%           31,6%
                    Opbrengs op totale kapitaal aangewend               23,2%            39%
                    Netto batewaarde per aandeel                       332 sent        409 sent
                    Markprys van aandele op aandelebeurs               410 sent        540 sent
                    Rentekoers op lenings                               13,5%           13,5%
                    Rentekoers op vaste deposito's                      6,8%            7,8%

        B.      Aandelekapitaal:
                     Op 1 April 2020 het die maatskappy 'n addisionele 250 000 aandele
                      uitgereik.
                     Op 31 Maart 2021 is 1 250 000 aandele reeds uitgereik.
        C.      Uittreksel uit Kontantvloeistaat op 31 Maart:
                                                                           2021          2020
                    Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite                  (148 080)       910 000
                    Kontant gegenereer uit bedrywighede                  1 281 620
                    Rente betaal                                         (232 000)
                    Belasting betaal                                     (272 700)
                    Dividende betaal                                     (925 000)
                    Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite                 101 580      (300 000)
                    Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite            1 026 500      (100 000)
                    Verkoop van aandele                                    375 000              0
                    Verandering in lening                                  651 500      (100 000)
                    Kontant en kontantekwivalente: Netto verandering       980 000        510 000
                                                      Begin              (330 000)      (840 000)
                                                      Einde                650 000      (330 000)

                                                                                                          35
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            10                       DBE/November 2020(2)
                                           NSS

VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR                                     (15 punte; 10 minute)

Aandeelhouers en werknemers verbonde aan 'n maatskappy sal veral daarin belangstel
of die maatskappy deur die direkteure goed beheer en bestuur word.

Die aandeelhouers sal by die AJV twee tipes direkteure verkies:

     Uitvoerende direkteure: Hulle woon raadsvergaderings by en werk voltyds by die
      maatskappy.
     Nie-uitvoerende direkteure: Hulle woon raadsvergaderings by en werk NIE by die
      maatskappy NIE.

Jy word van vier aspekte van korporatiewe bestuur voorsien wat vir die aandeelhouers
van belang is.

GEVRA:

4.1      Ouditverslag:

         Verduidelik waarom 'n gekwalifiseerde ouditverslag nie 'n goeie weerspieëling
         van 'n maatskappy is nie. Verskaf TWEE punte.                                      (4)

4.2      Die Direksie:

         Verduidelik waarom dit vir 'n maatskappy belangrik is om nie-uitvoerende sowel
         as uitvoerende direkteure by die Direksie in te sluit.                             (4)

4.3      Die Vergoedingskomitee:

         Volgens die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008) moet 'n maatskappy 'n
         Vergoedingskomitee hê.

         Verduidelik die rol/verantwoordelikheid van hierdie komitee en gee 'n rede
         waarom hierdie komitee noodsaaklik is.                                             (3)

4.4      Direkteure kom gereeld met kliënte in aanraking in 'n poging om oor kontrakte
         te onderhandel en om verkope en dienste te verbeter.

         Verduidelik waarom daar 'n maatskappybeleid moet wees dat direkteure alle
         geskenke, donasies of gunste deur hulle van kliënte ontvang, aan die Direksie
         moet verklaar. Verskaf TWEE punte.                                                 (4)

                                                                                            15
c

                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V1                                                   DBE/November 2020(2)
                                            NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
             Verkope      1                          Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                         Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                            Bedryfswins x 100
             Verkope        1                               Verkope      1

        Totale bates : Totale laste                    Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste         Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

    (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                       Koste van verkope             .

        Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                     Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                       Koste van verkope       1

                                                     Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                  Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                 Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                 Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                   Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 NSC Nov 2020 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nsc-nov-2020-answer-book-afr-2/f42d3e7f-93f7-42d0-9ab9-a62420582442) — Accounting · Addendum · 2020 · Afr
- [2020 KZN Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2020-kzn-prelim-p1-qp/7d905a97-970a-4c23-8a93-54f8f6650432) — Accounting · QP · 2020
- [Accounting P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-eng/4c9e315d-40c3-4d80-9775-322ef8d07061) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Accounting P2 NSC Nov 2020 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nsc-nov-2020-answer-book-afr-2/4cac0f65-ae9d-4da2-b413-d8c18d44450a) — Accounting · Addendum · 2020 · Afr
- [Accounting P1 Nov 2023 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2023-answer-book-eng/aaeb9a41-12fe-49c2-9ba7-37693926cbd5) — Accounting · Addendum · 2023 · Eng
- [Accounting P1 Nov 2021 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-nov-2021-answer-book-afr/4f3e9f53-936c-4ad6-b22c-aebca5401cfe) — Accounting · Addendum · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-ab-jct-eng-d-watermark/77ae8297-53f7-47b3-8e29-57bd38f30483) — Addendum · 2025 · Eng
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
