# Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-qp-gr12-june-2024-afrikaans/c9d5f88a-ca64-403b-b9e2-6407843e1e23
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-qp-gr12-june-2024-afrikaans/c9d5f88a-ca64-403b-b9e2-6407843e1e23)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                             JUNIE 2024

                    REKENINGKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, ŉ
                   formuleblad en ŉ 10-bladsy antwoordeboek.

                        Hosted by www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  REKENINGKUNDE V1                             (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
      aangeheg.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                                                               TYD
          VRAAG                     ONDERWERP                     PUNTE
                                                                             (minute)
                       Berekening van korrekte netto wins en
              1                                                       50         40
                       Staat van Finansiële Posisie
                       Notas tot Finansiële State,
              2        Kontantvloeistaat en Finansiële                45         35
                       Aanwysers

              3        Vertolking van Finansiële State                40         30

              4        Korporatiewe Bestuur                           15         15

                                                      TOTAAL          150       120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                       REKENINGKUNDE V1                                          3

VRAAG 1:          BEREKENING VAN NETTO WINS EN STAAT VAN FINANSIËLE
                  POSISIE
                                                    (50 punte; 40 minute)

1.1     Kies die korrekte woord of term uit die lys wat die beste by elke stelling
        hieronder pas. Skryf slegs die woord of term langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                  Direkteursverslag; Aandele; Akte van Oprigting; Prospektus;
                                  Onafhanklike Ouditeurverslag

        1.1.1     Dokument wat aandele aan die publiek aanbied

        1.1.2     Eenheid van eienaarskap in ŉ maatskappy

        1.1.3     Weerspieël geskrewe inligting oor die bedrywighede van die besigheid

        1.1.4     Weerspieël ŉ regverdige oorsig van die bedryfsresultate van die
                  finansiële state van ŉ maatskappy                             (4 x 1)       (4)

1.2     LIYABONA BPK.

        Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op
        29 Februarie 2024. Die besigheid verkoop kragopwekkers.

        GEVRA:

        1.2.1     Verwys na Inligting B (i):

                  Bereken die waarde van eindvoorraad van AI-opwekkers deur die
                  Spesifieke Identifikasie-metode te gebruik.                                 (3)

        1.2.2     Verwys na Inligting A en B:

                  Gebruik die tabel wat verskaf word om die korrekte netto wins na
                  belasting vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024 te bereken.
                  Dui ‘+’ vir vermeerdering en ‘–’ vir vermindering by elke aangesuiwerde
                  bedrag aan.                                                                (14)

        1.2.3     Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 29 Februarie 2024.

                  LET WEL:
                  • Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingevul.
                  • Syfers word NIE in die gekleurde gedeeltes vereis NIE.
                  • Toon bewerkings.                                                         (29)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  REKENINGKUNDE V1                             (EC/JUNIE 2024)

INLIGTING:
A.   Uittreksel: Saldo’s en totale uit die rekords op 29 Februarie 2024:

                                                                             R
      Lening: Naties Bank                                                     859 100
      Vaste deposito                                                          225 000
      Handelsvoorraad                                                       1 350 000
      Debiteurkontrole                                                        889 500
      SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings)                 990 000
      Bank (gunstig)                                                          704 249
      Krediteurekontrole                                                      843 750
      Aandeelhouers vir dividende                                             145 000
      Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2023)                           51 180
      Pensioenfonds                                                                 ?
      Verkope                                                              12 128 250
      Verbruiksgoedere                                                         50 850
      Versekering                                                              73 125
      Oninbare skulde                                                          49 890
      Huur inkomste                                                           213 300
      Direkteursfooie                                                       1 237 500
      Gewone aandele dividende                                                356 250

B.   Die netto wins voor belasting, R3 609 320, is bereken voordat die volgende in ag
     geneem is:

     (i)     Die volgende voorraadbladsy het op AI-opwekkers betrekking. Dit is twee
             keer aangeteken toe die finale voorraadsyfers bereken is.
             • Liyabona Bpk. verkoop AI-opwekkers teen ŉ standaardkoers van
                R22 400 per eenheid.
             • ŉ Winsopslag van 40% op kosprys word toegepas.
             LET WEL: Die SPESIFIEKE IDENTIFIKASIE waardasiemetode word
             gebruik.

                                                Eenhede     Eenheidsprys       Totaal
             Beginvoorraad: 1 Maart 2023           15
             Aankope gedurende die jaar            95
             Sluitingsvoorraad:                     ?                                   ?
             29 Februarie 2024
             Verkope                               89           22 400       1 993 600

     (ii)    Debiteure met kredietsaldo’s van R12 350 op 29 Februarie 2024 moet na
             die Krediteuregrootboek oorgeplaas word. Voorsiening vir oninbare skulde
             moet tot 4% van debiteure aangesuiwer word.
     (iii)   ŉ Voertuig wat op 2 Januarie 2019 gekoop is en R450 000 gekos het, is op
             1 Februarie 2024 vir R65 000 kontant verkoop. Geen inskrywings is
             gemaak vir die verkoop van die voertuig nie. Waardevermindering op
             voertuie word teen 20% p.j. op kosprys bereken.
     (iv)    Versekering sluit ŉ jaarlikse premie van R21 540 in wat op
             1 Desember 2023 betaal is.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                       REKENINGKUNDE V1                                          5

      (v)       Huur word bereken op ŉ vaste bedrag per m2 per maand. Die besigheid het
                150 m2 verhuur vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023.
                ŉ Addisionele 30 m2 is verhuur vanaf 1 Augustus 2023. Huur is ontvang tot
                30 April 2024.

      (vi)      Ongebruikte verbruiksgoedere het R5 320 beloop.

      (vii)     Die maatskappy het vier direkteure. Hulle ontvang almal dieselfde fooi. Twee
                direkteure het ŉ oorsese reis onderneem en versoek dat hul fooie vir
                Januarie en Februarie 2024 in Maart betaal word. Die komitee het ingestem.

C.    Inkomstebelasting vir die jaar word bereken teen 30% van die netto wins voor
      belasting.

D.    Die vaste deposito sal op 31 Augustus 2024 verval.

E.    Die volgende finansiële aanwysers is op 29 Februarie 2024 bereken:

       •      Bedryfsverhouding:                                  2:1
       •      Netto batewaarde per aandeel                      425 sent

F.    Aandelekapitaal:

       •      Die maatskappy is geregistreer met ŉ gemagtigde aandelekapitaal van
              1 500 000 gewone aandele.
       •      75% van die gemagtigde aandele was teen 1 Maart 2023 reeds uitgereik. Die
              gemiddelde prys per aandeel teen die tyd was R3,20.
       •      Die direkteure het alle onuitgereikte aandele op 30 April 2023 uitgereik.
              EFO-betalings in totaal van R900 000 is ontvang.
       •      Die maatskappy het 250 000 aandele teen R3,75 per aandeel op
       •      29 Februarie 2024 teruggekoop.

G.    Lening: Naties Bank

      Die leningstaat het ŉ eindsaldo van R928 700 getoon. Die maatskappy beplan om
      hul leningterugbetalings te verhoog om 15% van die kapitaalgedeelte van die
      leningsaldo in die volgende finansiële jaar te vereffen. ŉ Vaste rente van R5 800
      per maand word betaal.

                                                                                                50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   REKENINGKUNDE V1                           (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                             (45 punte; 35 minute)

2.1   Gee EEN rekeningkundige woord/term vir elk van die volgende stellings:

      2.1.1    Aandeelhouersbelang plus nie-bedryfslaste is gelyk aan …

      2.1.2    ŉ Terugbetaling van lening word getoon as ŉ … van kontant in die
               Kontantvloeistaat.

      2.1.3    Die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste word na verwys as …
                                                                             (3 x 1)      (3)

2.2   Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mimosoa Beperk. Die
      finansiële jaareinde is 30 September 2023. Inligting hou verband met die
      finansiële jaar geëindig 30 September 2023.

      GEVRA:

      2.2.1    Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig
               30 September 2023. Toon alle bewerkings tussen hakies.                    (25)

      2.2.2    Voltooi die nota vir Behoue Inkomste.                                      (8)

      2.2.3    Die direkteure het meer aandele uitgereik om die kontantvloei te
               verbeter. Thandi Manning, ŉ aandeelhouer, was teen die besluit en het
               haar kommer by die algemene jaarvergadering (AJV) geopper.

                •    Verskaf ŉ rede vir Thandi se mening.                                 (2)

      2.2.4    Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 September 2023:
               LET WEL: Rond tot EEN desimale punt af.

               •     Skuld-ekwiteitverhouding                                             (3)
               •     Vuurproefverhouding                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                    REKENINGKUNDE V1                                          7

INLIGTING:
A.   Die volgende inligting is uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar
     geëindig 30 September 2023 onttrek:
     Rente uitgawe                                                           195 750
     Inkomstebelasting                                                       497 400

     LET WEL: Die inkomstebelastingkoers is 30%.

B.   Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 30 September:
                                                          2023             2022
     Bedryfsbates                                          4 180 200       2 892 800
     Voorrade                                              1 228 600       1 437 700
     Handels- en ander debiteure (sien D)                  1 104 300         945 600
     Kontant en kontantekwivalente                         1 847 300         509 500
     Gewone aandeelhouersbelang                                    ?       4 964 020
     Gewone aandelekapitaal (sien F)                       4 240 000       4 250 000
     Behoue inkomste                                               ?         914 020
     Lening: Munchie Bank (12% p.j.)                       2 400 000       1 850 000
     Bedryfslaste                                          1 678 900       1 544 700
     Handels- en ander krediteure (sien E)                1 678 900        1 399 000
     Bankoortrekking                                               0         145 700

C.   Vaste bates op 30 September:
                                                          2023             2022
     Grond en geboue:
     Kosprys                                              2 750 000        3 000 000
     Opgehoopte waardevermindering                                0                0
     Voertuie:
     Kosprys                                                725 000          950 000
     Opgehoopte waardevermindering                          498 800          386 000
     Toerusting:
     Kosprys                                                310 000          268 000
     Opgehoopte waardevermindering                          158 900          112 400

     •   Grond en geboue is gedurende die jaar teen kosprys verkoop en ŉ voertuig
         is aan die einde van die jaar teen drawaarde verkoop. Opgehoopte
         waardevermindering op die voertuig wat verkoop is, was R125 000 aan die
         begin van die jaar. Waardevermindering op voertuie word bereken teen
         20% p.j. op die verminderde-saldo metode. Geen toevoegings is gedurende
         die jaar tot albei gemaak nie.
     •   Toerusting is aan die begin van die jaar gekoop. Geen toerusting is gedurende
         die jaar verkoop nie. Waardevermindering op toerusting word teen 15% p.j.
         op kosprys bereken.

D.   Handels- en ander ontvangbares sluit in:
                                                          2023             2022
     SAID: Inkomstebelasting                             48 090             0

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  REKENINGKUNDE V1                          (EC/JUNIE 2024)

E. Handels- en ander betaalbares sluit in:
                                                       2023             2022
     SAID: Inkomstebelasting                             0             53 200
     Aandeelhouers vir dividende                      530 000         390 000

F.   Gewone aandelekapitaal en dividende:
     • 850 000 aandele was teen 1 Oktober 2022 uitgereik.
     • Op 1 Desember 2022 is 150 000 addisionele aandele teen R7,00 elk uitgereik.
     • 200 000 aandele is op 31 Maart 2023 teen R1,70 bo die gemiddelde prys
       teruggekoop. Hierdie aandele kwalifiseer vir tussentydse dividende.
     • Tussentydse dividende van 25c per aandeel is op 30 April 2023 betaal.

                                                                                       45

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                      REKENINGKUNDE V1                                         9

VRAAG 3:          VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE                  (40 punte; 30 minute)

MABHABS BPK. en LANDA BPK.

Die inligting hou verband met TWEE maatskappye. Tiger Simelane besit aandele en
is ŉ direkteur in albei hierdie maatskappye. Hy het onlangs nog R375 000 in elke
maatskappy belê deur aandele op die JEB/JSE teen markwaarde te koop.

GEVRA:

LET WEL:          Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
                  • Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
                  • ŉ Rede of verduideliking gee vir die finansiële aanwysers wat
                    aangehaal is

Verwys na inligting A tot C.

3.1     Aankoop van aandele:
        • Verduidelik waarom direkteure moet belangstel in die prys van hul
           maatskappye se aandele op die JEB/JSE.                                           (2)
        • Bereken die aantal addisionele aandele in Mabhabs Bpk. wat Tiger in 2023
           op die JEB/JSE kon koop.                                                         (3)
        • Lewer kommentaar op die prys wat Tiger vir die aandele in elke
           maatskappy betaal het, en gee TWEE redes waarom hy dalk tevrede was
           om die prys te betaal.                                                           (6)

3.2     Dividende, verdienste en opbrengste:
        • Verduidelik jou mening oor watter maatskappy die beter dividend-
           uitbetalingsbeleid het. Gee vergelykende syfers.                                 (6)

        •     Vergelyk en lewer kommentaar op die % opbrengs op ekwiteit wat deur
              elke maatskappy verdien is.                                                   (4)

        •     Tiger voel dat die verdienste per aandeel (VPA) van Landa Bpk. baie beter
              is as dié van Mabhabs Bpk. Verduidelik hoekom hy so voel.                     (5)

3.3     Verwys na inligting B en C:
        Mabhabs Bpk. is meer negatief geraak as Landa Bpk. deur die swak ekonomie.

        (a)       Verduidelik TWEE besluite wat deur die direkteure van Mabhabs Bpk.
                  geneem is in reaksie op die stand van die ekonomie, en hoe hierdie
                  besluite die maatskappy in die toekoms sal raak.                          (6)

        (b)       Verduidelik TWEE besluite wat deur die direkteure van Landa Bpk.
                  geneem is wat risiko en hefboomfinansiering beïnvloed. Haal aan en
                  lewer kommentaar op TWEE finansiële aanwysers.                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               REKENINGKUNDE V1                         (EC/JUNIE 2024)

INLIGTING:
A.    Aandeelhouding van Tiger Simelane in twee maatskappye:

                                                        MABHABS      LANDA
      Aantal aandele gekoop in 2021                      450 000    1 300 000
      Totale aandele uitgereik deur elke maatskappy
      op 28 Februarie 2021                               950 000    2 500 000
      Addisionele aandele gekoop deur Tiger                 ?        100 000
      Tiger se % aandeelhouding voor die aankoop
      van addisionele aandele                             47,4%        52%

B.    Finansiële aanwysers, markpryse en rentekoerse op 28 Februarie 2023:

                                                       MABHABS       LANDA
      Verdienste per aandeel                            92 sent      78 sent
      Dividende per aandeel                             60 sent      75 sent
      Skuld-ekwiteit verhouding                         0,2 : 1       0,8 : 1
      % opbrengs op gemiddelde
      aandeelhouersbelang                                 6,1%        17,9%
      % opbrengs op gemiddelde kapitaal
      aangewend                                          10,3%         16%
      Netto batewaarde per aandeel                      660 sent     425 sent

      Rentekoers op lening                               13,0%        13,0%
      Rente op belegging                                   7%           7%
      Markprys per aandeel                                750c         375c

C.    Uittreksels uit die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig
      28 Februarie 2023:

      LET WEL: Invloei en uitvloei van kontant word NIE aangedui op bedrae
                  hieronder NIE:
                                                      MABHABS         LANDA
      Tasbare bates aangekoop                              0         1 500 000
      Tasbare bates verkoop                            2 000 000         0
      Nuwe aandele uitgereik                            450 000       400 000
      Aandele teruggekoop                               940 000          0
      Lening aangegaan                                     0         3 200 000
      Lening terugbetaal                               1 700 000         0
      Belegging gemaak                                     0          850 000
      Belegging verval                                  750 000          0

                                                                                     40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                       REKENINGKUNDE V1                                        11

VRAAG 4:       KORPORATIEWE BESTUUR                                 (15 punte; 15 minute)

4.1    Daar word van maatskappydirekteure verwag om wettige verwagtinge van
       belanghebbendes te identifiseer en in ag te neem.

       •     Verskaf TWEE gevolge vir die vernalating van die verwagtinge van die
             belanghebbendes deur die maatskappy.                                                (4)

4.2    OUDITVERSLAE
       Kies die ouditmening uit KOLOM B wat die ouditverslag in KOLOM A beskryf.
       Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers (4.2.1–4.2.3) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
       4.2.1       Gekwalifiseerde         A   Ons was nie in staat om voldoende bewyse
                   ouditverslag                te verkry om ŉ ouditmening te gee nie.
                                               Gevolglik spreek ons nie ŉ mening uit oor
                                               die finansiële state van Stwee Bpk. vir die
                                               jaar wat toe geëindig het nie.

       4.2.2       Ongekwalifiseerde       B   Behalwe vir die effek van die
                   ouditverslag                ongemagtigde bonus aan die HUB, bied
                                               die finansiële jaarstate, in alle wesenlike
                                               opsigte, die finansiële posisie van Twibby
                                               Bpk.

       4.2.3       Weerhouding van         C   Die finansiële jaarstate gee, in alle
                   mening                      wesenlike opsigte, die finansiële posisie
                                               van Natura Bpk.
                                                                                  (3 x 1)       (3)

4.3    (a)     Watter tipe ouditverslag sal aandeelhouers aanmoedig om aandele in ŉ
               maatskappy te koop?                                                               (1)

       (b)     Verduidelik waarom dit belangrik is vir ŉ onafhanklike ouditeur om ŉ lid van
               ŉ professionele liggaam te wees.                                                  (1)

4.4    Uittreksel uit ŉ artikel in die Saturday News:

       Die werknemers van Riavaia Bpk. het ŉ verhoging van 10% in hul salarisse vir die
       jaar 2022 ontvang terwyl die HUB ŉ verhoging van 45% ontvang het. Die
       werknemers was nie gelukkig oor die verskil in salarisverhoging nie, en het
       daaroor gekla. Riavaia Bpk. het die besluit verdedig en daarop gewys dat dit deur
       die vergoedingskomitee goedgekeur is nadat deeglike oorwegings gemaak is.

       Verduidelik die rol van die vergoedingskomitee. Gee DRIE punte.                           (6)

                                                                                                15

                                                                                TOTAAL:         150

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  REKENINGKUNDE V1                                (EC/JUNIE 2024)

        GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

               Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
                Verkope      1                          Koste van verkope    1

        Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
                 Verkope             1                         Verkope             1

            Bedryfsuitgawes x 100                            Bedryfswins x 100
                Verkope        1                              Verkope       1

            Totale bates : Totale laste                   Bedryfsbates : Bedryfslaste

     (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste       Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

        (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

      Gemiddelde handelsvoorraad x 365                       Koste van verkope                 .

           Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

          Gemiddelde debiteure x 365               Gemiddelde krediteure         x 365
            Kredietverkope        1             Koste van verkope/Kredietaankope    1

                                                        Netto inkomste na belasting x 100
    Netto inkomste na belasting x 100                    Getal uitgereikte aandele     1
 Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

                 Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
         Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

           Aandeelhouersbelang      x 100                Dividende vir die jaar   x 100
          Getal uitgereikte aandele    1                Getal uitgereikte aandele    1

         Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
         Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

         Dividende per aandeel x 100                      Dividende vir die jaar   x 100
         Verdienste per aandeel   1                    Netto inkomste na belasting    1

                                       Totale vaste koste                       .

                     Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
 LET WEL:
 * In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
   finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
