# Accounting Grade 11 P2 National November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the National November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/06902acb-56f3-40ae-a26e-f83125da6752
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 National November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/06902acb-56f3-40ae-a26e-f83125da6752)

## About this document

Accounting · Grade 11 · National November · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 11

                              REKENINGKUNDE V2

                            MODEL NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en
                            'n 11 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             2                          DBE/November 2019
                                   NSS – Graad 11 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

3.    'n FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is by hierdie vraestel aangeheg.
      Jy mag dit gebruik indien nodig.

4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.    Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.    ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
      toepassing.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                       VRAAG 1: 40 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag:     Hierdie vraag integreer:
                             Begrippe en berekeninge
BTW en rekonsiliasie         Krediteure-rekonsiliasie
                             Interne beheer

                       VRAAG 2: 45 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag:     Hierdie vraag integreer:
                             Begrippe
Vervaardiging                Grootboekrekeninge
                             Vertolking van eenheidskoste

                       VRAAG 3: 40 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag:     Hierdie vraag integreer:
                             Begrippe
                             Debiteure-invorderingskedule
Begrotings
                             Kontantbegroting
                             Interne beheer

                         VRAAG 4: 25 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag:       Hierdie vraag integreer:
                               Ontleding en vertolking van kontant, voorraad,
Beheer van bedryfskapitaal
                               debiteure en krediteure

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  3                            DBE/November 2019
                                         NSS – Graad 11 Model

VRAAG 1: BTW EN REKONSILIASIE                                      (40 punte; 30 minute)

1.1     BTW

        Monde Winkels, waarvan Tom Monde die eienaar is, is op 'n
        eenmaandperiode vir BTW geregistreer. Jy word voorsien van die inligting uit
        die joernale vir Augustus 2019. Die BTW-koers is 15%.

        GEVRA:

        1.1.1        Verduidelik wat met belasting op toegevoegde waarde bedoel word.                 (2)

        1.1.2        Bereken die volgende:

                     (a)     Bedrag van verkope (BTW uitgesluit) uit die KOJ                          (3)

                     (b)     BTW-insetbedrag uit die KBJ                                              (3)

                     (c)     BTW-uitsetbedrag uit die DJ                                              (2)

        1.1.3        Tom het nie genoeg geld in sy bankrekening om SAID vir BTW te
                     betaal nie. Die banksaldo is tans met ongeveer R50 000 oortrokke.
                     Watter raad sou jy aan Tom gee om:

                          Die probleem nou op te los
                          Die probleem in die toekoms op te los                                      (4)

        INLIGTING UIT DIE JOERNALE:

        A.      Kontantontvangstejoernaal

                                                                                   R
                 Totaal van Verkope-kolom
                 Totaal van Debiteurekontrole-kolom                                 420 000
                 Totaal van Diverserekeninge-kolom                                        0
                 Totaal van BTW-uitset-kolom                                        141 300

        B.      Kontantbetalingsjoernaal

                                                                                   R
                 Totaal van Handelsvoorraad-kolom                                  248 000
                 Totaal van Krediteurekontrole-kolom                               494 000
                 Totaal van Diverserekeninge-kolom (alle toerusting)               580 000

        C.      Debiteurejoernaal

                                                                                   R
                 Verkope (vrygestel van BTW)                                       345 000

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               4                            DBE/November 2019
                                      NSS – Graad 11 Model

1.2     KREDITEURE-REKONSILIASIE EN INTERNE BEHEER

        Madi Handelaars koop goedere op krediet van Pine Verskaffers. Die
        onderneming het vir April 2019 'n staat van die krediteur ontvang.

        GEVRA:

        1.2.1        Verduidelik hoe die Krediteure-rekonsiliasiestaat die onderneming
                     kan help ten opsigte van hulle interne beheermaatreëls. Noem EEN
                     punt.                                                                         (2)

        1.2.2        Bereken die korrekte saldo van Pine Verskaffers in                 die
                     Krediteuregrootboekrekening van Madi Handelaars. Toon              die
                     veranderinge aan die syfer R117 180.                                          (10)

        1.2.3        Stel 'n Krediteure-rekonsiliasiestaat   vir   Pine   Verskaffers   op
                     30 April 2019 op.                                                             (10)

        1.2.4        Die eienaar van Madi Handelaars is nie heeltemal tevrede met die
                     diens en gehalte van goedere wat van Pine Verskaffers ontvang is
                     nie. Noem TWEE faktore wat hy moet oorweeg voordat hy van
                     verskaffer verander.                                                          (4)

        INLIGTING:

        A.      Krediteuregrootboek van Madi Handelaars

                                      PINE VERSKAFFERS (CL1)
                DATUM                             DEBIET KREDIET                SALDO
                2019
                      01      Saldo                                              44 220
                April
                      05      Rente                                     780      45 000
                      08      Faktuur 153                            54 000      99 000
                      10      Tjek 1449                 22 500                   76 500
                      12      Debietnota 746             5 760                   70 740
                      15      Faktuur 111                            27 300      98 040
                      17      Faktuur 214                            91 500     189 540
                      21      Faktuur 273                            20 250     209 790
                      24      Debietnota 966                          5 400     215 190
                      27      Joernaalbewys 490          3 600                  211 590
                      31      Tjek 2346                 93 000                  118 590
                              Afslag                     1 410                  117 180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               5                              DBE/November 2019
                                      NSS – Graad 11 Model

        B.     Staat ontvang op 30 April 2019:

                                    PINE VERSKAFFERS
                   Posbus 159, Pretoria, 0001             Tel.: 012 348 2340
                Madi Handelaars                      Datum: 25 April 2019
                Posbus 3131                          Kredietlimiet: R90 000
                Shayas, 0945                         Betalingbepalings: 60 dae
                             Rente op agterstallige rekeninge: 6%
                 DATUM                           DEBIET KREDIET BEDRAG
                 2019
                         01   Rekening gelewer                                      44 220
                 April
                         05   Rente                         780                     45 000
                         08   Faktuur 153                54 000                      99000
                         10   Kwitansie 491                          22 500         76 500
                              Korting                                   480         76 020
                         12   Kredietnota 511                         6 570         69 450
                         17   Faktuur 214                91 500                    160 950
                         19   Kwitansie 654                          84 000         76 950
                         21   Faktuur 273                50 250                    127 200
                         24   Kredietnota 632                         5 400        121 800

        C.     Addisionele inligting:

               (a)    Die korting van R480 ontvang van Pine Verskaffers op
                      10 April 2019 is foutiewelik in die boeke van Madi Handelaars
                      uitgelaat.

               (b)    Faktuur 111 is foutiewelik in die rekening van Pine Verskaffers in
                      die Krediteuregrootboek van Madi Handelaars getoon. Dit verwys
                      na handelsware wat by 'n ander verskaffer, Pilot Verskaffers,
                      gekoop is.

               (c)    Goedere wat op 12 April 2019 teruggestuur is, is korrek in die staat
                      van Pine Verskaffers opgeteken. Die inskrywing in die boeke van
                      Madi Handelaars is foutief.

               (d)    Pine Verskaffers het 'n fout op die staat tydens die optekening van
                      Faktuur 273 gemaak.

               (e)    Kwitansie 654 is foutiewelik in die staat van Pine Verskaffers
                      getoon. Hierdie transaksie het nie op Madi Handelaars betrekking
                      nie en sal in die volgende staat reggestel word.

               (f)    Pine Verskaffers koop ook goedere op krediet by Madi Handelaars.
                      Verwys na Joernaalbewys 490. Madi Handelaars het 'n
                      debietbalans van die Debiteuregrootboek oorgeplaas. Hierdie
                      inskrywing is nie deur Pine Verskaffers opgeteken nie.

               (g)    Die transaksie op 24 April 2019 het betrekking op handelsware wat
                      aan Pine Verskaffers teruggestuur is.

               (h)    Die staat toon transaksies tot en met 25 April 2019.
                                                                                                     40
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                6                         DBE/November 2019
                                       NSS – Graad 11 Model

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                           (45 punte; 40 minute)

2.1      Kies EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n kostekategorie uit
         die lys hieronder te kies. Skryf slegs die kostekategorie langs die
         vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       verkoop- en verspreidingskoste; direkte arbeidskoste;
                   direkte materiaalkoste; administrasiekoste; fabrieksbokoste

         2.1.1       Salaris van die fabrieksvoorman

         2.1.2       Oninbare skulde

         2.1.3       Skryfbehoeftes en telefoonuitgawes

         2.1.4       Lone betaal aan werkers in die produksieproses                              (4)

2.2      GALANE VERVAARDIGERS

         Galane Vervaardigers maak handdoeke. Die inligting hieronder is uit hulle
         finansiële rekords vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2019.

         GEVRA:

         Gebruik die inligting wat verskaf is om die volgende rekeninge in die
         Algemene Grootboek te voltooi:

         2.2.1       Goedere-in-bewerking-voorraadrekening                                       (10)

         2.2.2       Klaarproduktevoorraad-rekening                                              (7)

         2.2.3       Fabrieksbokoste-rekening                                                    (15)

         INLIGTING:

         A.      Saldo's geneem uit die rekords van Union Vervaardigers:

                                                     28 Februarie 2019   1 Maart 2018
                                                             R                R
                  Fabrieks- indirekte materiaal                  2 630          3 480
                  Goedere-in-bewerking-voorraad                 38 300         33 150
                  Klaarproduktevoorraad                         34 100         15 250

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  7                           DBE/November 2019
                                         NSS – Graad 11 Model

         B.      Opsomming van transaksies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019
                                                                                     R
                  Grondstowwe aangekoop (alles aan die fabriek uitgereik)        516 000
                  Fabrieks- indirekte materiaal aangekoop                         21 560
                  Direkte arbeid                                                  ?
                  Indirekte arbeid                                                24 350
                  Fabrieksbestuurder se salaris                                   65 060
                  Huuruitgawe                                                     39 200
                  Versekering                                                      8 700
                  Water en elektrisiteit                                          16 500
                  Oninbare skulde                                                  2 980
                  Diverse fabrieksuitgawes                                        25 750
                  Verkoopsnetto van handelskorting                             1 800 000

         C.      Addisionele inligting:

                 (a)    Die winsopslag-% wat by die prysbepaling van goedere gebruik
                        word, is 60%. Handelskortings van R100 000 is toegestaan.
                 (b)    Grondstowwe:
                           R16 000 is vir die vervoer van grondstowwe betaal.
                           Grondstowwe is aan die verskaffers teruggestuur, R20 000.
                        LET WEL: Geen inskrywing is vir hierdie items opgeteken nie.
                 (c)    Tweederdes van die versekeringsuitgawe het op die fabriek
                        betrekking.
                 (d)    Water en elektrisiteit moet aan die fabriek, verkoopsafdeling en die
                        kantoor in die verhouding 4 : 1 : 1 onderskeidelik toegeken word.
                 (e)    65% van die huuruitgawe moet aan die fabriek toegeken word.
2.3      MOTHO SKOENFABRIEK

         Motho Skoenfabriek vervaardig een soort sportskoen. Die fabriek het
         gedurende die jaar 13 800 pare skoene gemaak en al die pare is verkoop.
         Daar was geen goedere-in-bewerking-voorraad aan die begin of aan die
         einde van die jaar nie.

         2.3.1         Bereken die direkte materiaalkoste per eenheid.                                (2)
         2.3.2         Bereken die gelykbreekpunt op 31 Mei 2019.                                     (4)
         2.3.3         Verduidelik waarom die eienaar NIE met die onderneming se
                       produksievlak tans tevrede is NIE. Haal syfers of indikators aan.              (3)
                                                                           R
                        Direkte materiaalkoste                           2 070 000
                        Direkte arbeidskoste                             2 992 000
                        Fabrieksbokoste                                    872 000

                        Vaste koste                                      1 514 000
                        Veranderlike koste per eenheid                         155
                        Verkope per eenheid (paar)                             259
                                                                                                       45
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               8                          DBE/November 2019
                                      NSS – Graad 11 Model

VRAAG 3: BEGROTINGS                                               (40 punte; 30 minute)

Jy word van 'n onvolledige Debiteure-invorderingskedule en 'n uittreksel uit die
Kontantbegroting van Cosmo Handelaars vir drie maande geëindig 31 Desember 2019
voorsien. Die eienaar is Kagiso Cosmo.

GEVRA:

3.1      Beantwoord die volgende vrae:

         3.1.1       Wat is die hoofdoel daarvan om 'n Kontantbegroting te voltooi?               (2)

         3.1.2       Noem TWEE items wat in die Kontantbegroting sal verskyn, maar
                     NIE in die Geprojekteerde Inkomstestaat NIE.                                 (2)

         3.1.3       Noem TWEE items wat in die Geprojekteerde Inkomstestaat sal
                     verskyn, maar NIE in die Kontantbegroting NIE.                               (2)

3.2      Voltooi die Debiteure-invorderingskedule en tel dit vir November en
         Desember 2019 op.                                                                        (9)

3.3      Bereken die ontbrekende syfers soos aangedui deur                 A–G in die
         Kontantbegroting. Verwys na inligting (a) tot (f) hieronder.                             (15)

3.4      Om verkope en die getal klante te laat toeneem, beplan Kagiso om te
         adverteer dat kredietlimiete vir alle kredietklante na R40 000 verhoog sal word
         en nuwe klante mag gedurende Januarie 2020 rekeninge oopmaak.

         Verduidelik TWEE faktore wat Kagiso in aanmerking moet neem voordat hy
         kredietlimiete verhoog.                                                                  (2)

3.5      Verwys na addisionele inligting (g) met betrekking tot aflewerings aan klante.

            Verskaf berekenings vir die volgende drie jaar om jou mening te
             ondersteun.
            Verduidelik TWEE ander faktore wat Kagiso in aanmerking moet neem
             voordat hy 'n finale besluit neem.
            Moet die eienaar, Kagiso, Opsie 1 of Opsie 2 kies? Gee redes.                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              9                              DBE/November 2019
                                     NSS – Graad 11 Model

         INLIGTING:

         A.    Debiteure-invorderingskedule van Cosmo Handelaars vir die
               periode geëindig 31 Desember 2019:

                                                            Debiteure-invordering
                     Maand       Kredietverkope       Oktober    November Desember
                                       (R)              (R)          (R)          (R)
                Augustus                 240 000         60 000
                September                360 000       144 000
                Oktober                  300 000         85 500
                November                 330 000
                Desember                 330 000

         B.    Uittreksel uit die Kontantbegroting vir 2019:
                                                      Oktober     November     Desember
                                                        (R)          (R)          (R)
                ONTVANGSTE
                Kontantverkope                           ?           A              ?
                Ontvangste van debiteure                334 250      B              ?
                Lening van ATM Bank (12% p.j.)          180 000
                BETALINGS
                Kontantaankope                           61 950      63 150         C
                Betalings aan krediteure                262 200     364 800         D
                Rente op lening                               0       1 800         E
                Terugbetaling van lening                             18 000          8 000
                Lone                                     30 000      34 375         F
                Advertensies                             ?           G               6 731
                Rente-uitgawe                             1 600       2 000          2 000
                Aankoop van motorfiets (vir
                aflewerings)                             25 000       2 100          2 100
                Petrol vir afleweringsmotorfiets                      1 000          1 000

               Addisionele inligting:

               (a)    Verwagte invordering by debiteure:
                         30% van debiteure vereffen hulle rekeninge gedurende die
                          transaksiemaand van verkope om 5% afslag vir stiptelike
                          betaling te ontvang.
                         40% vereffen hulle rekeninge in die maand wat op die
                          transaksiemaand volg.
                         25% vereffen hulle rekeninge in die tweede maand na die
                          transaksiemaand.
                         5% word gedurende die derde maand as oninbaar afgeskryf.

               (b)    Totale verkope
                                                     2019
                             Oktober               November         Desember
                             R400 000              R440 000         R440 000
                         Daar word verwag dat 75% van verkope op krediet sal wees;
                          die res is kontant.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                10                         DBE/November 2019
                                       NSS – Graad 11 Model

            (c)      Totale aankope
                                                2019
                           Oktober            November             Desember
                           R206 500           R210 500             R185 600

                        30% van alle aankope is kontant; die res is op krediet.
                        Krediteure word twee maande na die aankoop van voorraad betaal.

            (d)      Lening en rente op lening:

                     Die rente op die lening en die maandelikse leningspaaiemente is aan
                     die einde van elke maand betaalbaar. Rente word nie gekapitaliseer
                     nie en die rentekoers het nie gedurende die jaar verander nie. Die
                     lening is op 31 Oktober 2019 verkry.

            (e)      Lone:

                     In Oktober sal die onderneming ses werknemers hê, wat elk 'n loon
                     van R1 250 per week verdien. Al die werknemers se lone word op
                     Vrydae betaal. Daar is vier Vrydae in Oktober, vyf Vrydae in November
                     en vier Vrydae in Desember 2019.

                     Een werknemer sal op 31 Oktober 2019 bedank en die oorblywende
                     werknemers sal vanaf 1 November 2019 'n 10%-verhoging kry. Die
                     onderneming beplan om nog twee personeellede teen dieselfde
                     weeklikse loon soos op 1 Desember 2019 in diens te neem.

            (f)      Advertensies:

                     Die advertensiebegroting sal met ingang van 1 Desember 2019 met
                     6% toeneem.

            (g)      Motorfiets vir aflewerings:

                     Die eienaar, Kagiso, het begroot om goedere by klante af te lewer. Hy
                     het twee opsies:

                     Opsie 1: Koop 'n motorfiets by Speedy Bikes
                     'n Deposito van R25 000 sal in Oktober aan die verskaffer betaal word.
                     Maandelikse paaiemente van R2 100. Kagiso het hiervoor begroot,
                     asook R1 000 per maand vir maandelikse petrolkoste. Hy neem aan
                     dat petrolpryse met die wisselkoers toeneem en afneem en dat R1 000
                     per maand oor die volgende drie jaar realisties is.

                     Opsie 2: DD Aflewerings om die goedere af te lewer
                     Met hierdie opsie sal dit nie vir Kagiso nodig wees om die motorfiets
                     te koop nie. DD Aflewerings sal 'n vaste tarief van R4 000 per
                     maand vir die afleweringsdiens betaal vir die 12 maande wat op
                     1 November 2019 begin. Hulle sal hierdie koers daarna met 5% per
                     jaar met ingang van 1 November in 2020 en 2021 verhoog.
                                                                                                   40
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              11                          DBE/November 2019
                                     NSS – Graad 11 Model

VRAAG 4: BEHEER VAN BEDRYFSKAPITAAL                              (25 punte; 20 minute)

Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Umgeni Meubileerders vir die laaste
twee finansiële jare geëindig 28 Februarie. Die onderneming verkoop tafels en stoele.

Die eienaar, Mary Benn, wil graag jou raad hê oor die beheer van haar bedryfskapitaal.
Verwys na die vrae hieronder en haal syfers of finansiële aanwysers aan om jou
kommentare te ondersteun.

GEVRA:

4.1      Kontant in lopende bankrekening:

         Lewer kommentaar op die kontant in die lopende bankrekening. Watter raad
         sou jy vir Mary gee? Verskaf EEN punt. Haal syfers aan.                                 (4)

4.2      Handelsvoorraad:

         4.2.1       Bereken die voorraadhoudingsperiode vir 2019. Gebruik gemiddelde
                     voorraad in jou berekening.                                                 (4)

         4.2.2       Lewer kommentaar op die voorraadomsetsnelheid en die
                     voorraadhoudingsperiode vir 2019. Haal syfers of aanwysers aan.
                     Verduidelik waarom sy hieroor bekommerd behoort te wees. Watter
                     raad sou jy vir Mary gee? Verskaf EEN punt.                                 (5)

4.3      Verkoopstrategieë:

         4.3.1       Mary het twee doelbewuste strategieë gebruik om verkope in 2019
                     te verbeter. Identifiseer die TWEE strategieë. Haal die betrokke
                     syfers aan.                                                                 (4)

         4.3.2       Hou in gedagte dat die voorraad se kosprys met die inflasiekoers
                     van 6% verhoog het en verskaf bewyse dat hierdie strategieë tot die
                     onderneming se voordeel was. Haal syfers aan.                               (4)

4.4      Debiteure en krediteure:

         Lewer kommentaar daarop of Mary haar debiteure en krediteure op
         toepaslike wyse beheer het of nie. Haal syfers aan. Watter uitwerking sou dit
         op die onderneming hê?                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                           12                          DBE/November 2019
                                  NSS – Graad 11 Model

         INLIGTING:

         A.     Syfers uit die Grootboek:                   2019           2018
                Totale verkope                             R667 000       R512 000
                   Kontantverkope                          R220 000       R270 000
                   Kredietverkope                          R447 000       R242 000
                Koste van verkope                          R460 000       R320 000
                Bruto wins                                 R207 000       R192 000
                Vaste deposito by Ace Bank (11% p.j.)       R80 000       R300 000
                Kontant in die lopende bankrekening        R405 000       R120 000
                Handelsvoorraad                            R170 000        R85 000

         B.     Finansiële aanwysers:
                Winsopslag-%                                    45%            60%
                Voorraadomsetsnelheid                       3,6 keer       5,6 keer
                Gemiddelde voorraadhoudingsperiode            ?             66 dae
                Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode     40 dae         26 dae
                Gemiddelde krediteure-betalingsperiode       38 dae         30 dae
                                                                                            25

                                                                           TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                                            DBE/November 2019
                                    NSS – Graad 11 Model

                           GRAAD 11 REKENINGKUNDE:
                     FORMULEBLAD VIR FINANSIËLE AANWYSERS
    Bruto wins x 100              Bruto wins      x 100                Netto wins x 100
    Verkope       1             Koste van verkope    1                 Verkope       1

            Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins x 100
                 Verkope       1                                  Verkope      1

    Totale verdienste per vennoot     x 100                        Netto wins        x 100
Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot    1                 Gemiddelde eienaarsbelang    1

          Bedryfsbates : Bedryfslaste               (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

         (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

         Gemiddelde debiteure x 365                         Gemiddelde krediteure x 365
           Kredietverkope        1                             Kredietaankope        1

   Gemiddelde voorraad     x   365 of    12                     Koste van verkope
    Koste van verkope              1                           Gemiddelde voorraad

     Langtermynlenings : Eienaarsbelang                      Totale bates : Totale laste

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Accounting P1 GR 11 Exemplar Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/ce63b5f0-651c-4f1e-a058-9842d48a4ae8) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 ANSBOOK NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-ansbook-nov2019-afr-d/45c16853-3553-434c-ac15-17d3f4d3c271) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (English) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-english-november-2019-question-paper/b6618943-9dc1-49c2-a1e9-55b45e559a00) — Accounting · QP · 2019 · Eng
- [ACCOUNTING 2019 Nov grade 11 p2](https://www.hlayiso.com/library/accounting-2019-nov-grade-11-p2/50e060ee-da82-40fa-bd89-632282365310) — Accounting · QP · 2019
- [Accounting P1 GR 11 Exemplar Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-memo-afr/b7463574-b9e0-49d5-b147-5dc24b3a279b) — Accounting · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
