# Accounting Grade 10 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/0fb58d1a-d262-4c7f-be02-b6d7d294b3fd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/0fb58d1a-d262-4c7f-be02-b6d7d294b3fd)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/4f35406e-f862-452c-a2aa-ce1609fa42db) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 10

                          NOVEMBER 2018

                      REKENINGKUNDE V2

PUNTE:      150

TYD:        2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ŉ 10-bladsy antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     REKENINGKUNDE V2                             (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.       ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
          beantwoord.

 2.       Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

 3.       Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 4.       Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 5.       Alle bewerkings moet tot EEN desimale plek getoon word, waar van toepassing.

 6.       ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde
          tyd vir die beantwoording van elke vraag te hou.

                                  VRAAG 1: 25 punte; 20 minute
      Onderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                       Finansiële rekeningkunde
                                        BTW konsepte
      Interne beheer, BTW
                                       Bestuur van hulpbronne
                                        Beheer van kontant en voorraad
                                  VRAAG 2: 45 punte; 35 minute
      Onderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                       Bestuursrekeningkunde
      Kosteberekeninge; Interne         Berekening van produksiekoste
      beheer                           Bestuur van hulpbronne
                                        Beheer van grondstowwe en goedere-in-bewerking
                                  VRAAG 3: 25 punte; 20 minute
      Onderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
                                       Bestuursrekeningkunde
                                        Konsepte
      Begroting
                                        Begroting
                                        Beheer van kostes
                                  VRAAG 4: 55 punte; 45 minute
      Onderwerp van die vraag:         Hierdie vraag integreer:
      Rekonsiliasie; Algemene          Bestuur van hulpbronne
      grootboek                         Beheer van debiteure en handelsvoorraad

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    REKENINGKUNDE V2                                      3

 VRAAG 1: INTERNE BEHEER EN BTW                                         (25 punte; 20 minute)

 1.1    INTERNE BEHEER
        Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
        Die graad 10-leerders van Lennox Hoër bedryf ’n klein snoepwinkel by die skool
        tydens pouses. Die groep van vyf help mekaar by die winkel. Hulle teken alles
        wat hulle doen aan. Die voorraad word in ’n kas, sonder ’n slot, in die
        Rekeningkunde onderwyser se klas gehou. Die kontant is in ’n skoeneboks in
        dieselfde kas gebêre. Twee weke na die begin van die projek was hulle baie
        ontsteld toe hulle ontdek dat die voorraad en kontant verdwyn het. Hulle het ’n
        graad 12 Rekeningkunde leerder gevra om na hul boeke te kyk en te bepaal
        hoeveel hulle verlies is.
        1.1.1 Die graad 12-leerder tree op as hul (interne / eksterne) ouditeur.                  (2)
        1.1.2 Maak ’n aanbeveling van DRIE beheermaatreëls of -prosedures wat
              geïmplementeer kan word om die voorraad en kontant teen diefstal te
              beskerm.                                                                          (12)
 1.2    BTW STELLINGS
        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
        1.2.1 BTW is betaalbaar aan SAID.
        1.2.2 BTW inset is toegevoegde waarde belasting betaalbaar deur kliënte.
        1.2.3 Enige onderneming met verkope meer as R200 000 moet as ŉ BTW-
              handelaar registreer.
        1.2.4 Om die armes te help, word sekere basiese voedsel en ander
              noodsaaklike items met ’n nul-koers belas.
        1.2.5 Meeste besighede merk hul handelsvoorraad teen ’n verkoopprys wat
              BTW insluit.
        1.2.6 BTW is betaalbaar wanneer BTW-uitset die BTW-inset oorskry.                         (6)
 1.3    BTW ONTLEDING
        Ontleed die volgende items deur ’n kruis (x) in die toepaslike kolom te maak.

                GOEDERE / DIENSTE             15% BTW        0% BTW       BTW
                                                                          VRYGESTEL
        1.3.1   Petrol
        1.3.2   Nuwe kasregister
        1.3.3   Bruinbrood
        1.3.4   Skoolfonds van staatskool
        1.3.5   Salaris van hotelbestuurder                                                       (5)

                                                                                                  25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 REKENINGKUNDE V2                           (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 2: KOSTEBEREKENING EN INTERNE BEHEER                            (45 punte; 35 minute)

 Win-Wood Vervaardigers maak houttafels vir buitelug gebruik. Die teiken van die fabriek
 is 250 tafels per maand.
 GEVRA:
 2.1   Bereken die totale produksiekoste vir die maand volgens die volgende stappe:
       2.1.1 Direkte materiaalkoste vir 250 tafels                                                (20)
       2.1.2 Direkte arbeidskoste vir 250 tafels                                                   (4)
       2.1.3 Primêre koste                                                                         (2)
       2.1.4 Bereken die bokoste                                                                   (7)
       2.1.5 Bereken die totale produksiekoste vir 250 tafels                                      (2)
 2.2   Bereken die eenheidskoste per tafel.                                                        (3)
 2.3   Bereken die verkoopprys per eenheid as die winsopslag 30% is.                               (3)
 2.4   Win-Wood Vervaardigers ervaar groot verliese as gevolg van foute tydens die
       produksieproses. Voorsien TWEE oplossings om hierdie probleem op te los.                    (4)
       INLIGTING:
       Die volgende word benodig om een tafel te maak.
                                 R10 per m                 12 planke x 2,8 m
        Hout
                                 R12 per m                 8 vierkantige stukke x 4 m
        Koper skroewe            R3 per pakkie van 50      2 pakkies
        Skuurpapier              R6 per vel                6 velle
        Vernis                   R20 per liter             1 liter
        Arbeid                   R20 per uur               5 ure per tafel
        Fabriek versekering      R3 000 per maand
                                                           Fabriek: R3 000
        Huur                     R6 000 per maand
                                                           Adminblok: R3 000
        Verbruiksgoedere         R200                      Handskoene, maskers
                                                           Handreiniger, vernis-
        Skoonmaakmiddels         R150
                                                           verwyderaar
                                 Bestuurder: R12 000
                                 Ontvangsdame: R4 500
        Salarisse                Fabriekbestuurder:
                                 R8 000
                                 Fabriekskoonmaker:
                                 R2 800
                                                                                                   45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    REKENINGKUNDE V2                                       5

 VRAAG 3: BEGROTING                                                       (25 punte; 20 minute)

 3.1    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
        3.1.1 ’n Langtermynbegroting word opgestel vir ’n tydperk van vyf jaar.

        3.1.2 ’n Kapitaalbegroting is dieselfde as ’n kontantbegroting.
        3.1.3 ’n Tekort is wanneer daar meer geld ontvang word as wat bestee word.
        3.1.4 ’n Kontantbegroting toon slegs die verwagte ontvangste van geld.
        3.1.5 ’n Nul-begroting word jaarliks opgestel.                                             (5)
 3.2    Graad 11-leerders is gewoonlik verantwoordelik daarvoor om die matriekafskeid
        te organiseer. Aangesien die graad 10-leerders kundig moet wees, is dit belangrik
        om kennis te neem van wat die 2018 graad 11’s gedoen het.
        GEVRA:
        3.2.1 Gebruik die inligting voorsien om ’n begroting vir die 2019 matriekafskeid
              op te stel.                                                                        (10)
        3.2.2 Maak ’n voorstel om die kostes van dekor en kos vir die 2019
              matriekafskeid te besnoei.                                                           (4)
        3.2.3 Noem EEN ander moontlike fondsinsamelingspoging.                                     (2)
        3.2.4 Noem TWEE bronne van inkomste en TWEE uitgawes wat op ’n
              huishoudelike begroting sal verskyn.                                                 (4)
        INLIGTING:

        Dekor                                                                        5 000
        Spyseniering                                                                24 000
        Huur van saal                                                                6 000
        Koekverkoping                                                                2 000
        Donasies                                                                     6 000
        Sokker toernooi                                                             17 600
        Lootjies                                                                     4 500
        Verkoop van ‘bunny chows’                                                    3 900

                                                                                                   25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                       REKENINGKUNDE V2                                 (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4: REKONSILIASIE EN ALGEMENE GROOTBOEK                                         (55 punte; 45 minute)

 4.1 REKONSILIASIE
      GEVRA:
      4.1.1     Stel die verbeterde Debiteurekontrolerekening op 30 September 2018 op.                        (16)
      4.1.2     Maak die nodige aansuiwerings aan die debiteurelys.                           Toon alle
                berekeninge.                                                                                   (7)
      4.1.3     Voorsien TWEE strategieë wat geïmplementeer kan word om debiteure
                aan te moedig om hul rekeninge betyds te betaal.                                               (4)
      INLIGTING:
      Die onervare boekhouer van Spaza Handelaars het die onderstaande
      Debiteurekontrolerekening op 30 September 2018 opgestel.
                     ALGEMENE GROOTBOEK VAN SPAZA HANDELAARS
                                DEBITEUREKONTROLE
          Sep   1    Saldo             a/b    41 550   Sep    30   Bank                 KBJ         95
                30   Verkope           DJ     95 350               Debiteure-afslag     DAJ        574
                     Bank              KOJ    90 936               Joernaalkrediete      AJ        292
                     Joernaaldebiete   AJ       508                Saldo                o/b     227 383
                                             228 344                                            228 344
          Oct   1    Saldo             a/b   227 383

      Debiteurelys
       C Rode                                                     0
       D Mahoman                                                130
       RE Truter                                             35 641
       Master & Seuns                                         7 000

      Foute en weglatings
          C Rode se tjek vir R95 was deur die bank teruggestuur en ‘onvoldoende fondse’
           gemerk. C Rode het voorheen sy skuld van R105 vereffen.
          D Mahoman, ’n debiteur, is insolvent en die saldo van R130 op sy rekening
           moet as oninbaar afgeskryf word. Geen inskrywing was gemaak nie.
          Die debiteurejoernaal is met R3 000 te veel opgetel.
          ’n Debietnota vir 180 in verband met goedere teruggestuur aan RE Handelaars
           (’n krediteur), is per ongeluk in die Debiteureafslagjoernaal aangeteken en na
           die rekening van RE Truter in die debiteuregrootboek oorgeboek.
          Master & Seuns, ’n krediteur, met ’n debietsaldo van R7 000, verskyn in die
           debiteurelys.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief
Please turn over

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         REKENINGKUNDE V2                                     7

 4.2    ALGEMENE GROOTBOEK
        GEVRA:
        4.2.1 Voltooi die Handelsvoorraadrekening deur die ontbrekende inligting by
              (A–J) te voorsien.                                                                    (11)
        4.2.2 Gee EEN moontlike verklaring vir die inskrywing van R2 220.                            (2)
        4.2.3 Gee TWEE moontlike verklarings vir die inskrywing van R60.                             (4)
                        ALGEMENE GROOTBOEK VAN NT HANDELAARS
                                            Handelsvoorraad
         Sep    1    Saldo              a/b   A      Sep 30 Krediteurekontrole  F         950
                30           B          KBJ    6 880                 G         KOJ      9 200
                     Krediteurekontrole  C     7 430        Koste van verkope   H       8 500
                             D          DAJ    2 220                  I         AJ         60
                     Kleinkas            E        90        Saldo              o/b      2 410

          Oct   1    Saldo           a/b       J

 4.3    INTERNE BEHEER
        M Snook is ’n werknemer van NT Handelaars. Dit is haar verantwoordelikheid om
        voorraad te bestel, al die transaksies wat met hierdie bestelling verband hou aan
        te teken en verskaffers te betaal. Sy koop dikwels voorraad, vir die persoonlike
        gebruik van die eienaar en ander werknemers, by die gereelde verskaffers aan.
        Sy is te besig met ander take om gereelde voorraadopnames, wat van haar
        verwag word, te doen.
        4.3.1 Noem en verduidelik die AARP-beginsel wat in bogenoemde scenario
              toegepas behoort te word.                                                              (3)
        4.3.2 NT Handelaars oefen nie behoorlike beheer oor handelsvoorraad uit nie.
              Identifiseer DRIE probleemareas en gee ’n oplossing vir elk.                           (6)
        4.3.3 Daar is opgemerk dat die kwaliteit van die handelsvoorraad voorsien deur
              een van die gereelde verskaffers, verswak het. Gee EEN voorstel hoe NT
              Handelaars hierdie probleem kan oorkom.                                                (2)

                                                                                                     55

                                                                                     TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR10 ANSBK NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-ansbk-nov2018-afrikaans/87fe7724-2973-4d0a-967a-6620ae510d5a) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR10 QPNOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qpnov2018-afrikaans/1e87937b-7217-497d-8e8e-1cddd1d2d80f) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-answer-book/8d8cb60e-3f2f-4118-ad72-a1ff618c16bf) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR10 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr10-nov2020-afrikaans/8ed76ac6-973d-4432-bc13-364f64f5a8bd) — Accounting · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/4b8d0bc6-19b5-452f-b16a-e5ed591af939) — Accounting · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
