# Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/aa39ba2e-6983-4ef8-9562-91fdb1e966e7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/aa39ba2e-6983-4ef8-9562-91fdb1e966e7)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov2022-afrikaans/5091330d-b815-492e-bd30-49702527a430) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2022

                   REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, insluitend ŉ
                     formuleblad en ŉ 8-bladsye antwoordeboek.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   REKENINGKUNDE V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.

3.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.    ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.

7.    ŉ FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is aan die einde van die vraestel
      aangeheg. Jy mag dit gebruik indien nodig. Die gebruik van hierdie formulablad is NIE
      verpligtend NIE.

8.    Skryf netjies en duidelik.

9.    Gebruik die inligting in die tabel as gids wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer
      om NIE daarvan af te wyk NIE.

           VRAAG                      ONDERWERP                       PUNTE        MINUTE
                        Kontanttransaksies en Krediteure-
               1                                                       40              30
                        rekonsiliasie

               2        Kosteberekeninge                               40              30

               3        Begroting                                      45              40

               4        Vaste bates                                    25              20

        TOTAAL                                                         150            120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    REKENINGKUNDE V2                                                3

VRAAG 1: KONTANTTRANSAKSIES EN KREDITEUREREKONSILIASIES
                                           (40 punte; 30 minute)
Die inligting het betrekking op Beauty Winkels, ŉ besigheid wat kosmetiekware
verkoop.
1.1   OPSKRYF VAN KONTANTTRANSAKSIES
      Beauty het haar rekeningkundige stelsels aangepas om kontantbetalings deur
      middel van elektroniese fondsoordragte (EFO) te doen. Sy gebruik die formele
      maandelikse bankstaat wat op die 26ste van elke maand beskikbaar is, om
      haar kontantjoernale op datum te bring.
      GEVRA:
      1.1.1       Noem DRIE voordele wat die gebruik van elektroniese fondsoordragte
                  (EFO) inhou.                                                                 (3)
      1.1.2       Verduidelik TWEE aspekte van die besigheidsomgewing wat Beauty
                  moes verander of aangepas het, om hierdie stelsel te kon implementeer
                  en om te verseker dat dit effektief funksioneer.                             (4)
      1.1.3       Bring die Kontantjoernale op datum deur die tabel wat in die
                  ANTWOORDEBOEK voorsien word, te voltooi.                                     (20)
      INLIGTING:
      A.      Op 31 Oktober 2021 was die voorlopige totale van die kontantjoernale:

                  Kontantontvangstejoernaal             Kontantbetalingsjoernaal
                          R113 800                              R98 400

      B.      Uittreksel uit die Bankstaat op 26 Oktober 2021:

                            BESONDERHEDE                                BEDRAG
              Debietorder: Frere Munisipaliteit                              R 2 180
              Kontanthanteringsfooie                                             195
              Deposito: L. Loren                                               8 200
              EFO-koste                                                          155
              EFO: Zema Handelaars                                            12 300
              Deposito: L. Slomo                                               3 320
              Rente op debietsaldo                                               210
              Hazard Versekeraars                                              1 970
              •    Die debietorder aan Frere munisipaliteit was vir eiendomsbelasting.
              •    Die deposito van L. Loren is vir die maandelikse huurinkomste.
              •    Die EFO aan Zema Handelaars was vir handelsvoorraad aangekoop.
                   Die boekhouer het vergeet om hierdie transaksie in die korrekte
                   joernaal aan te teken.
              •    Die deposito van debiteur L. Slomo, is ter vereffening van sy rekening
                   van R3 600.
              •    R1 340 van die debietorder aan Hazard Versekeraars is vir die
                   besigheid se versekering. Die balans is vir die eienaar se persoonlike
                   voertuig.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

1.2   KREDITEUREREKONSILIASIE

      Beauty Winkels koop kosmetiekware van Vuyi Verskaffers op krediet en het ŉ
      rekeningstaat vir Oktober 2021 ontvang.

      GEVRA:

      Voltooi die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is, om aan te dui wat
      die effek van elke fout of weglating is. Dui ŉ vermeerdering met (+) en ŉ
      vermindering met (-) langs elke bedrag aan.                                          (13)

      INLIGTING:

      Saldo volgens die staat wat van Vuyi Verskaffers ontvang is:       R26 070
      Saldo van Vuyi Verskaffers se rekening in die Krediteure-
                                                                         R41 680
      grootboek van Beauty Winkels.

      FOUTE EN WEGLATINGS:

      A.     ŉ Faktuur vir R7 250 is verkeerdelik as R2 750 aangedui op die staat wat
             van Vuyi Verskaffers ontvang is.

      B.     ŉ Afslag van R840 vir beskadigde goedere, is as ŉ faktuur aangeteken in
             Vuyi Verskaffers se rekening in die krediteuregrootboek van Beauty
             Winkels.

      C.     Beauty Winkels het 7,5% korting aangeteken toe ŉ EFO betaling van
             R8 000 gemaak is. Dit verskyn nie op die staat nie. Vuyi Verskaffers het
             laat weet die korting moes 5% gewees het en sal dit in volgende maand
             se staat insluit.

      D.     Beauty Winkels toon ŉ kredietfaktuur vir R7 600 in Vuyi Verskaffers se
             rekening in die krediteuregrootboek. Dit was vir goedere van Vuyisile
             Handelaars aangekoop.

      E.     Vuyi Verskaffers het nie die 10% handelskorting op ŉ kredietfaktuur vir
             die aankope van goedere, afgetrek nie. Die korrekte netto bedrag van
             R8 550 is in die boeke van Beauty Winkels aangeteken.

      F.     ŉ Faktuur vir goedere aangekoop vir R3 380 op 30 Oktober 2021, is nie
             op die staat van Vuyi Verskaffers nie. Die staat is gedateer 28 Oktober
             2021.

                                                                                           40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        REKENINGKUNDE V2                                        5

VRAAG 2: KOSTEBEREKENINGE                                              (40 punte; 30 minute)

2.1    MAHLAPE VERVAARDIGERS
       Die besigheid vervaardig wintersbaadjies. Die finansiële jaar het geëindig op
       28 Februarie 2021.
       GEVRA:
       2.1.1          Verwys na Inligting A, B en C
                      Bereken die volgende vir die finansiële jaar:
                      • Direkte materiaalkoste                                                   (6)
                      • Direkte arbeidskoste                                                     (7)
       2.1.2          Verwys na Inligting D
                      Die boekhouer het die totale fabrieksbokoste bereken, maar nagelaat om
                      sekere faktore in ag te neem. Bereken die korrekte fabrieksbokoste deur
                      die foute en weglatings in ag te neem. Dui ŉ vermeerdering (+) of
                      vermindering (-) van die totaal wat gegee is, aan. Toon alle bewerkings.   (9)
       2.1.3          Voltooi die Goedere-in-bewerkingrekening in die Algemene Grootboek.        (8)
       INLIGTING:
       A.      Voorraadsaldo’s:
                                                   28 FEBRUARIE 2021         1 MAART 2020
                                                           R                      R
               Grondstowwe                               33 200                 27 500
               Goedere-in-bewerking                      27 420                 23 444

       B.      Transaksies vir die jaar:
               (i)       Grondstowwe vir kontant en krediet aangekoop was R263 400.
               (ii)      Beskadigde grondstowwe ter waarde van R9 200 is aan krediteure
                         teruggestuur.
               (iii)     Afleweringskoste op kontantaankope van grondstowwe was R7 500.
       C.      Besonderhede van produksiewerkers:

               Aantal werkers                                 5
               Gewone ure gewerk (basies)                     1 520 ure per werker
               Tarief vir gewone tyd                          R30 per uur
               Totale oortyd-ure vir al die werkers           420 ure
               Tarief vir oortyd                              1,6 keer meer as gewone tyd

               Die besigheid dra namens al hul werkers, 1% tot die WVF en 9% tot ŉ
               pensioenfonds by, gebaseer op hul totale verdienste.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     REKENINGKUNDE V2                       (EC/NOVEMBER 2022)

       D.   Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R106 760 bereken.
            Die volgende foute en weglatings is opgemerk:
            (i)       Die slotvoorraad van indirekte fabrieksmateriaal, R3 800 is nie in ag
                      geneem nie.
            (ii)      R22 200 van die water en elektrisiteituitgawe is aan die fabriek.
                      Dit was 50% van die totale uitgawe, maar 60% moet aan die fabriek
                      toegedeel word.
            (iii)     Die totale huuruitgawe van R75 600 is in die fabrieksbokosterekening
                      aangeteken. Dit moet verdeel word in die verhouding 4 : 2 : 1 (4 dele
                      vir die fabriek).

 2.2   MELINDA SE SPEELGOEDWINKEL
       Die eienaar, Melinda Botha, wil die vordering van die besigheid assesseer en het
       die volgende inligting in verband met die produksie en verkope van
       speelgoedmotors verskaf.
       Die speelgoedmotors word verkoop teen ŉ winsopslag van 50% op kosprys. Die
       finansiële jaar het geëindig op 30 Junie 2021.
       GEVRA:
       2.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 30 Junie 2021.                      (4)
       2.2.2 Verduidelik of Melinda tevrede behoort te wees met die vlak van produksie
             wat vir hierdie finansiële jaar behaal is. Haal syfers aan.                          (3)
       2.2.3 Melinda is besorg oor die beheer oor direkte arbeidskoste per eenheid.
                  •   Verduidelik waarom sy besorg is. Haal syfers aan.                           (2)
                  •   Verskaf EEN voorstel hoe sy beheer oor hierdie koste kan verbeter.          (1)
       INLIGTING:
                                                      30 Junie 2021        30 Junie 2020
                                                  TOTAAL      EENHEIDS-      EENHEIDS-
                                                                PRYS           PRYS
                                                     R           R              R
        Direkte Materiaalkoste                      76 000        38,00           32,00
        Direkte Arbeidskoste                        64 000        32,00           22,00
        Verkoops- en Verspreidingskoste             30 000        15,00           12,00
        TOTALE VERANDERLIKE KOSTE                 170 000         85,00           66,00
        Fabrieksbokoste                             44 000        22,00           20,00
        Administrasiekoste                          16 000         8,00            8,00
        TOTALE VASTE KOSTE                          60 000        30,00           28,00

        VERKOPE                                   250 000        125,00          110,00
                                                  2 000                       1 500
        Eenhede geproduseer en verkoop
                                                 eenhede                     eenhede
        Gelykbreekpunt                              ?                      955 eenhede

                                                                                                  40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  REKENINGKUNDE V2                                         7

VRAAG 3: BEGROTINGS                                             (45 punte; 40 minute)

PIONIER WINKELS

Inligting uit die rekords is vir die begrotingstydperk wat eindig op 31 Desember 2021.

GEVRA:

3.1    Voltooi die Debiteure-invorderingskedule. Verwys na die ruimtes met ŉ *.              (9)

3.2    Voltooi die uittreksel uit die Kontantbegroting vir November en Desember 2021,
       wat in die ANTWOORDEBOEK aangebied word.                                             (22)

3.3    Bereken die volgende:

       3.3.1    Die bedrag vir die lening wat op 1 Desember 2021 ontvang moet word.
                Let op dat rente teen 11% p.j. aan die einde van elke maand betaal word      (4)

       3.3.2    Die % styging in salarisse en lone                                           (4)

3.4    Verskaf TWEE voorstelle aan Shirley hoe sy kan verseker dat krediet slegs aan
       betroubare mense toegestaan word en TWEE maniere om invorderings van
       debiteure te verbeter.                                                                (6)

       INLIGTING:

       A.      Totale verkoopsyfers vir die tydperk geëindig Desember 2021:
               Goedere word verkoop teen ŉ winsopslag van 50% op kosprys.

                                      WERKLIK                     BEGROOT
                     MAAND
                                KONTANT     KREDIET          KONTANT    KREDIET
                Oktober          R216 000       R504 000
                November         R207 000       R483 000
                Desember                                      R222 000        R518 000

       B.      Kredietverkope word volgens die volgende neiging ingevorder:
               • 40% in die maand van verkope (hierdie debiteure ontvang 5% korting)
               • 40% in die maand wat volg op die maand van verkope
               • 18% twee maande na die maand van verkope
               • 2% word as oninbare skuld afgeskryf.

       C.      Aankope en betalings aan krediteure:
               • Voorraad wat verkoop is, word in die maand van verkope vervang
                 (ŉ basis voorraadvlak word gehandhaaf).
               • Alle aankope van handelsvoorraad is op krediet.
               • Krediteure word in die maand wat volg op die maand van aankope,
                 betaal.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

       D.    Addisionele inligting:
             • Huurinkomste sal na verwagting met 8% p.j. styg vanaf 1 Desember
               2021.
             • Versekering sal met 5% p.j. styg vanaf 1 Desember 2021.
             • Rente op vaste deposito vir die jaar is R9 600 en word in drie gelyke
               paaiemente ontvang op 30 September 2021, 31 Desember 2021 en
               31 Maart 2022 onderskeidelik.
             • Ander bedryfsuitgawes sal verminder met R2 500 per maand as
               gevolg van Covid-verwante sluitings.
             • Die eienaar gaan ook sy onttrekkings vanaf 1 Desember 2021 tot
               R5 000 per maand verminder. 30% hiervan sal voorraad wees.

                                                                                         45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   REKENINGKUNDE V2                                           9

VRAAG 4: VASTE BATES                                             (25 punte; 20 minute)

Die inligting het betrekking op Malusi se Afleweringsdienste wat ŉ afleweringsdiens aan
plaaslike hardeware-verskaffers bied. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2021
geëindig.
GEVRA:
4.1     Bereken die totale waardevermindering op voertuie en op toerusting.                   (13)
4.2     Malusi wil twee van die afleweringsvoertuie verkoop en met ŉ groter, nuwer
        model vragmotor vervang. Sy vrou voel dit is nie ŉ goeie idee nie.
        4.2.1        Verskaf TWEE moontlike redes wat Malusi kan gebruik om sy vrou te
                     oortuig dat dit ŉ goeie besluit sal wees.                                 (4)
        4.2.2        Verskaf EEN rede om sy vrou se gevoelens te ondersteun.                   (2)
4.3     Malusi is besorg oor die gebruik van die voertuie in verband met die vordering
        van die besigheid.
        Identifiseer TWEE probleme uit die inligting wat voorsien word. Haal syfers aan.
        Verskaf in elke geval ŉ oplossing vir die probleem wat geïdentifiseer is.             (6)
INLIGTING:
A.     Op 1 Maart 2020 het die besigheid vyf afleweringsvoertuie besit.
       Op 1 Junie 2020 is ŉ addisionele afleweringsvoertuig op krediet gekoop.
B      Op 1 Januarie 2021 is ou toerusting met ŉ kosprys van R115 000, aan ŉ
       ouetehuis geskenk. Die opgehoopte waardevermindering op hierdie toerusting
       was R84 200 op 1 Maart 2020.
C.     Beleid vir waardevermindering:
       • Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. op kosprys afgeskryf.
       • Waardevermindering op toerusting word teen 15% p.j. op drawaarde
          afgeskryf.
D.     Addisionele inligting uit die rekords:
                                                     28 Februarie 2021    1 Maart 2020
                                                             R                 R
         Afleweringsvoertuie (kosprys)                   1 600 000       1 260 000
         Opgehoopte waardevermindering op
                                                                  ?        756 000
         voertuie
         Toerusting (kosprys)                             517 000          632 000
         Opgehoopte waardevermindering op
                                                                  ?        365 000
         toerusting
         Herstewerk en onderhoud van voertuie              76 800           76 800
         Brandstof en olie                                187 680          192 000
         Salarisse aan bestuurders                         80 850           77 000
         Verkope                                          816 000          960 000

                                                                                              25

                                                                               TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

                 GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS
                              FORMULEBLAD
        Bruto wins x 100          Bruto wins    x 100         Netto wins    x 100
          Verkope     1          Koste van verkope 1            Verkope        1

           Bedryfsuitgawes    x 100                     Bedryfswins     x 100
               Verkope           1                      Verkope            1

     Totale verdienste per vennoot x 100            Netto wins            x       100
      Vennoot gemiddelde ekwiteit     1       Gemiddelde eienaarsekwiteit          1

                                                   (Bedryfsbates – Voorraad) :
          Bedryfsbates : Bedryfslaste
                                                          Bedryfslaste

     (Handels en ander ontvangbares + Kontant en Kontantekwivalente) : Bedryfslaste

         Gemiddelde debiteure x 365               Gemiddelde krediteure x 365
          Kredietverkope         1                 Kredietaankope          1

     Gemiddelde voorraad x 365 of       12              Koste van verkope
        Koste van verkope 1              1              Gemiddelde voorraad

      Nie-Bedryfslaste : Eienaarsekwiteit           Totale Bates : Totale Laste

               _______________________Totale vaste koste_____________
               Verkoopsprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ACC P2 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-eng-june-2022-question-paper/716473af-e84e-470a-9dd5-68ad9e4eae8b) — Accounting · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
