# Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-d-watermark/8f3c2197-dbcf-4ec9-8120-ec3e4dc24aee
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-d-watermark/8f3c2197-dbcf-4ec9-8120-ec3e4dc24aee)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                           NOVEMBER 2023

                       REKENINGKUNDE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                   *IACCNA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, ’n 9-bladsy antwoordeboek
                     en ’n formuleblad vir finansiële aanwysers.

### Page 2

2                    REKENINGKUNDE V2     (EC/NOVEMBER 2023)

                HOU HIERDIE
                BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2023)                     REKENINGKUNDE V2                                        3

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.

3.     ŉ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
       aangeheg.

4.     Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.     ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.

8.     Skryf netjies en duidelik.

9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord.
       Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

          VRAAG                     ONDERWERP                        PUNTE            MINUTE
             1        Rekonsiliasies                                    40               30

             2        Kosterekeningkunde                                40               35

             3        Begrotings                                        40               30

             4        BTW en Vaste Bates                                30               25

                                                      TOTAAL           150               120

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                      REKENINGKUNDE V2                         (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 1: REKONSILIASIES                                           (40 punte; 30 minute)

1.1   BANKREKONSILIASIE

      AQUA WINKELS

      Die inligting het betrekking op Augustus 2023. Die eienaar, Flavo, gebruik die
      amptelike bankstaat wat op die 26ste van elke maand beskikbaar is, om die
      maandelikse bankrekonsiliasieproses te voltooi.

      GEVRA:

      1.1.1       Bring die Kontantjoernale op datum deur die tabelle wat in die
                  ANTWOORDEBOEK voorsien is, te voltooi.                                      (14)

      1.1.2       Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening op 31 Augustus 2023.             (4)

      1.1.3       Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Augustus 2023 op.                          (7)

      1.1.4       Verduidelik enige TWEE verskillende interne beheermaatreëls wat
                  Flavo kan implementeer, gebaseer op ’n probleem wat jy geïdentifiseer
                  het in die inligting wat voorsien is. Lys die probleem wat geïdentifiseer
                  is en die moontlike interne beheermaatreëls in die tabel wat in die
                  ANTWOORDEBOEK voorsien is.                                                       (3)

      INLIGTING:

      A.      Uittreksel uit die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2023:
                  Uitstaande deposito’s:    Gedateer 17 Julie 2023            R 27 600
                                            Gedateer 27 Julie 2023              21 900
                  Uitstaande EFO’s:         Nr. 662                              7 530
                                            Nr. 663                             11 290
                  Ongunstige saldo soos op die Bankrekening                      7 440
              LET WEL:
              x     Die deposito op 17 Julie vir kontantverkope, verskyn as R20 000 op
                    die bankstaat vir Augustus. Die verskil moet afgeskryf word aangesien
                    die verantwoordelike kassier meer hier werk nie.
              x     EFO Nr. 662 vir skryfbehoeftes aangekoop, verskyn op die Augustus-
                    bankstaat met die korrekte bedrag van R3 750.

              x     Alle ander inskrywings is korrek aangeteken op die bankstaat vir
                    Augustus.

      B.      Op 31 Augustus 2023 was die voorlopige totale in die kontantjoernale:
                    Kontantontvangstejoernaal            Kontantbetalingsjoernaal
                            R 117 600                           R 126 200

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2023)                       REKENINGKUNDE V2                                        5

      C.    Uittreksel uit die Bankstaat op 26 Augustus 2023:
                                                                             BEDRAG
                                  BESONDERHEDE
                                                                                R
                Deposito: M. Shaba                                              9 000
                Kontanthanteringsfooie                                            270
                Debietorder: BC munisipaliteit                                  2 360
                EFO-fooie                                                         230
                Deposito: S. Deley                                              4 160
                Debietorder: BC munisipaliteit                                  2 360
                EFO: George Garage                                              1 340
                Koel Versekeraars                                               1 860
            x     Die deposito van M. Shaba is vir die maandelikse huur-inkomste.
            x     Die debietorder vir BC munisipaliteit was vir eiendomsbelasting.
                  Let op dat die betaling foutiewelik op die staat gedupliseer is. Die bank
                  sal dit op die volgende staat regstel.
            x     Die deposito van debiteur, S. Deley is ter aflossing van sy rekening
                  van R4 500.
            x     Die EFO aan George Garage was vir brandstof vir Flavo se privaat
                  voertuig. Hy het nagelaat om die strokie vir die boekhouer te gee sodat
                  die transaksie aangeteken kon word.

            x     Die betaling aan Koel Versekeraars is vir die besigheid se versekering.

      D.    Inskrywings in Augustus 2023 se kontantjoernale wat nie op die bankstaat
            vir Augustus verskyn nie, is as volg:

            x     Deposito op 28 Augustus 2023, R22 750
            x     EFO Nr. 816 vir R3 370
            x     EFO Nr. 817 vir R9 180

      E.    Saldo van die Bankstaat op 26 Augustus 2023: R ?

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  REKENINGKUNDE V2                          (EC/NOVEMBER 2023)

1.2     KREDITEUREREKONSILIASIE

        Simple Winkels koop goedere op krediet van Nandu Verskaffers. ’n
        Rekeningstaat is op 28 Augustus 2023 ontvang. Die saldo stem nie ooreen
        met die saldo van Nandu Verskaffers se rekening in die Krediteuregrootboek
        nie.

        GEVRA:

        Voltooi die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word, om aan te
        dui wat die effek van elke fout of weglating is. Dui ’n toename aan met (+) of
        ’n afname met (-) langs elke bedrag.                                               (12)

        INLIGTING:

        Saldo van die rekening van Nandu Verskaffers in die
                                                                         R40 100
        Krediteuregrootboek van Simple Winkels
        Saldo volgens die staat wat van Nandu Verskaffers
                                                                         R21 020
        ontvang is

        FOUTE EN WEGLATINGS:

        A.     Simple Winkels toon ’n kredietfaktuur van R8 800 in die rekening van
               Nandu Verskaffers in die Krediteuregrootboek. Dit is vir goedere van
               Nandosile Handelaars aangekoop.

        B.     Afslag van R1 740 vir beskadigde goedere teruggestuur, is in die
               rekening van Nandu Verskaffers in die Krediteuregrootboek, as ’n
               faktuur aangeteken.

        C.     ’n Faktuur vir R15 200 is verkeerdelik as R12 500 aangeteken op die
               staat wat van Nandu Verskaffers ontvang is.

        D.     Simple Winkels het ’n korting van 10% op ’n EFO-betaling van R9 600
               aangeteken. Dit verskyn nie op die staat nie. Nandu Verskaffers het
               laat weet dat die korting 5% moes wees, en dat hulle dit op die
               volgende staat sal insluit.

        E.     Nandu Verskaffers het nie die 10% handelskorting afgetrek op ’n
               krediet-faktuur vir goedere aangekoop nie. Die korrekte netto bedrag
               van R11 160 is in die krediteuregrootboekrekening in die boeke van
               Simple Winkels aangeteken.

        F.     ’n Faktuur vir goedere aangekoop vir R6 300 op 30 Augustus 2023 is
               nie op die staat van Nandu Verskaffers nie. Die staat se datum is
               28 Augustus 2023.

                                                                                           40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2023)   REKENINGKUNDE V2                   7

                 HOU HIERDIE
                 BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 8

8                                         REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE                                            (40 punte; 35 minute)

2.1    WESTERN VERVAARDIGERS

       Die besigheid vervaardig skoolbaadjies. Die finansiële jaar het op
       28 Februarie 2023 geëindig.

       GEVRA:

       2.1.1          Bereken die volgende vir die finansiële jaar:

                      x   Direkte materiaalkoste                                                       (5)
                      x   Direkte arbeidskoste                                                         (7)

       2.1.2          Verwys na Inligting D

                      Bereken die korrekte fabrieksbokoste deur die foute en weglatings in ag te
                      neem. Dui ’n toename aan met (+) of ’n afname met (-) by die gegewe
                      totaal. Toon alle bewerkings.                                                     (8)

       2.1.3          Voltooi die Goedere-in-bewerkingrekening in die Algemene Grootboek.               (7)

       INLIGTING:

       A.      Voorraadsaldo’s:

                                                   28 FEBRUARIE 2023         1 MAART 2022
                                                           R                      R
               Grondstowwe                                 62 300                 56 700
               Goedere-in-bewerking                        47 760                 71 300

       B.      Transaksies vir die jaar:

               (i)        Grondstowwe ter waarde van R522 000 is aangekoop.

               (ii)       Beskadigde grondstowwe ter waarde van R11 200 is aan verskaffers
                          teruggestuur.

       C.      Besonderhede van produksiewerkers:
                Aantal werkers                              6
                Gewone ure gewerk (basies)                  1 640 ure per werker
                Gewone tydtarief                            R40 per uur
                Totale ure oortyd vir alle werkers          525 ure
                Oortydtarief                                60% meer as gewone tydtarief
               Die besigheid dra 1% tot die WVF en 9% tot ŉ pensioenfonds by, namens al
               die werknemers, gebaseer op hul gewone (basiese) lone.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2023)                      REKENINGKUNDE V2                                       9

       D.    Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R321 580 bereken.
             Die volgende foute en weglatings is opgemerk:
             (i)     Die lone van die skoonmaker is nie in berekening gebring nie. Die
                     skoonmaker verdien R64 800 per jaar. 65% van sy tyd word in die
                     fabriek deurgebring.

             (ii)    70% van die huuruitgawe moet aan die fabriek toegedeel word. Die
                     totale huuruitgawe van R126 000 is as deel van die fabrieksbokoste
                     aangeteken.
             (iii)   Water en elektrisiteit moet in die verhouding 5 : 2 tussen die fabriek
                     en die verkoopsdepartement verdeel word. Die boekhouer het egter
                     die helfte van die water en elektrisiteitrekening, R28 700, na die
                     fabrieks-bokosterekening oorgedra.

 2.2   NELSON SE FABRIEK
       Nelson John, die eienaar, het die volgende ontleding van koste, verkope en
       produksie van elektriese verwarmers verskaf. Die finansiële jaar het op
       30 Junie 2023 geëindig.
       Die verwarmers word teen ’n winsopslag van 60% op kosprys verkoop.
       GEVRA:
       2.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 30 Junie 2023.                    (4)
       2.2.2 Verduidelik of Nelson tevrede behoort te wees met die vlak van produksie
             vir hierdie finansiële jaar. Haal syfers aan.                                      (3)
       2.2.3 Identifiseer TWEE kostes waaroor Nelson bekommerd moet wees. Haal
             syfers aan.
             Verskaf in ELKE geval ’n moontlike oplossing vir hierdie probleem.                 (6)
       INLIGTING:
                                                  30 Junie 2023             30 Junie 2022
                                            TOTAAL          EENHEIDSPRYS    EENHEIDSPRYS
                                              R                  R               R
        Direkte Materiaalkoste              900 000              180,00           155,00
        Direkte Arbeidskoste                820 000              164,00           163,00
        Verkoops- en
        Verspreidingskoste                  330 000               66,00              50,00
        TOTALE VERANDERLIKE
                                          2 050 000              410,00
        KOSTE
        Fabrieksbokoste                     475 000               95,00           113,00
        Administrasiekoste                  100 000               20,00            24,00
        TOTALE VASTE KOSTE                  575 000              115,00           137,00
        Verkoopprys per eenheid                       535,00                      540,00
        Eenhede geproduseer en
                                                5 000 eenhede              4 200 eenhede
        verkoop
        Gelykbreekpunt                                  ?                  3 344 eenhede

                                                                                                40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                                     REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 3: BEGROTINGS                                                 (40 punte; 30 minute)

SHEPSTONE WINKELS
Die inligting uit die rekords is vir die begrotingstydperk wat eindig 31 Desember 2023.
Die besigheid, wat besit word deur Cloe Dash, verkoop meubels.
GEVRA:
3.1    Voltooi die Debiteure-invorderingskedule in die ANTWOORDEBOEK.                               (8)
3.2    Bereken die ontbrekende bedrae soos aangedui deur (i) tot (vi) in die uittreksel
       uit die Kontantbegroting vir November en Desember 2023.                                    (16)
3.3    Bereken die % toename in die salarisse van die kantoorwerkers en verduidelik
       TWEE punte waarom hulle tevrede moet wees met die verhoging wat hulle in
       Desember sal kry.                                                                            (6)
3.4    Cloe beplan om ’n afleweringsvoertuig gedurende Desember 2023 aan te koop
       en om ŉ gratis afleweringsdiens in die nuwe jaar aan te bied.
       3.4.1       Bereken die totale koste van die aankoop van hierdie voertuig (insluitend
                   rente en finansiële koste) vir die besigheid.                                    (4)
       3.4.2       Identifiseer TWEE addisionele items wat in die begroting ingesluit moet
                   word sodra die voertuig gekoop is.                                               (2)
       3.4.3       Behalwe vir die moontlikheid van verhoogde verkope, verduidelik TWEE
                   ander voordele wat die aankoop van die voertuig vir die besigheid kan
                   inhou.                                                                           (4)
       INLIGTING:
       A.      Verkoopsyfers vir die begrotingstydperk:

                                    SEPTEMBER      OKTOBER      NOVEMBER       DESEMBER
                   Totale verkope    R665 000      R675 500      R647 500       R630 000
               x     Goedere word teen ’n winsopslag van 75% op kosprys verkoop.
               x     Kontantverkope bedra 40% van totale verkope.

       B.      Krediet verkope word volgens die volgende tendens ingevorder:

               x    40% in die maand van verkope (hierdie debiteure ontvang 5% korting)
               x    45% in die maand wat volg op die maand van verkope
               x    12% twee maande na die maand van verkope
               x     3% word as oninbare skuld afgeskryf
       C.      Aankope en betalings aan krediteure:
               x     Verkoopte voorraad word in die maand van verkope vervang (’n basis-
                     voorraad word gehandhaaf).
               x     Alle aankope van handelsvoorraad is op krediet.
               x     Krediteure word in die maand wat volg op die maand van aankope,
                     betaal.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2023)                       REKENINGKUNDE V2                                      11

       D.     Addisionele inligting:
              x      Daar word verwag dat huurinkomste met 9% p.j. sal vanaf 1 Desember
                     2023 verhoog.
              x      ’n Lening sal op 1 November 2023 ontvang word.
                     ’n Vaste maandelikse paaiement sal aan die einde van elke maand
                     betaal word.
                     Rente teen 13% p.j. sal ook aan die einde van elke maand betaal word.
              x      Versekering sal met 6% p.j. vanaf 1 Desember 2023 verhoog.
              x      Die eienaar sal sy onttrekkings tot R7 500 per maand verminder vanaf
                     1 Desember 2023. 25% hiervan sal voorraad wees.

       E.     Besonderhede van aankope van die afleweringsvoertuig:
              x      ’n Deposito van 20% van die merkprys van die voertuig sal betaal word.
              x      Nadat die motorhandelaar die totale rente en finansieringskoste
                     bereken het, sal ’n maandelikse paaiement van R12 650 oor 36 maande
                     betaal word.

       F.     Uittreksel uit die Debiteure-invorderingskedule:
                             Krediet-
                 Maand                    OKTOBER      NOVEMBER             DESEMBER
                             verkope
               SEPT           399 000        179 550       47 880
               OKT            405 300        154 014            *                    *
               NOV            388 500                           *              174 825
               DES               *                                             143 640
                              TOTAAL

       G.     Uittreksel uit die Kontantbegroting vir November and Desember 2023:
                                                           NOV          DES
               ONTVANGSTES                                   R           R
               Kontant verkope                              (i)         252 000
               Huurinkomste                                 10 200      (ii)
               Lening: Nerd Bank                           (iii)

                  BETALINGS
                  Betalings aan krediteure (vir voorraad)       386 000         (iv)
                  Versekering                                   (v)                3 975
                  Onttrekkings                                    9 500         (vi)
                  Salarisse: kantoorwerkers                      67 500           70 200
                  Salarisse: bestuurders                         92 000           94 300
                  Afleweringskostes (FastG Dienste)              25 900           25 200
                  Deposito vir afleweringsvoertuig                    -           76 000
                  Paaiement: afleweringsvoertuig                      -           12 650
                  Paaiement op lening                            12 000           12 000
                  Rente op lening                                 5 200                ?

                                                                                                40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                                 REKENINGKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 4: BTW EN VASTE BATES                                     (30 punte; 25 minute)

4.1   BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
      Lashes Handelaars is vir BTW geregistreer. Hy het nulkoersitems in sy voorraad,
      sowel as goedere wat aan die standaard BTW-koers van 15% onderhewig is.
      GEVRA:
      4.1.1     Gee EEN verduideliking waarom sommige goedere as nulkoers
                geklassifiseer is.                                                            (2)
      4.1.2     Bereken die ontbrekende bedrag in die tabel wat voorsien is:
                        BEDRAG                                      BEDRAG
                                            BTW BEDRAG
                     BTW UITGESLUIT                               BTW INGESLUIT
                         86 000                  (i)                   98 900
                         98 000                  (ii)
                                                (iii)                  62 790
                                               11 910                   (iv)                  (8)
4.2   VASTE BATES
      Die inligting het betrekking op SS Konsultante vir die finansiële jaar geëindig
      28 Februarie 2023. Sydney, die eienaar, het die aanteken van toerusting
      verander.
      x Daar is besluit om die vyf rekenaars apart van ander toerusting aan te teken.
      x Die beleid vir waardevermindering is op 1 Maart 2022 as volg aangepas:
         o     Rekenaars: 25% op kosprys
         o     Ander toerusting: 20% op drawaarde
      x Drie van die vyf rekenaars is op 31 Julie 2022 met nuwer modelle vervang.
         Let op dat die ou rekenaars op dieselfde datum vir R17 200 elk gekoop is.
         ’n EFO-betaling vir die volle bedrag is op daardie datum gemaak.
      GEVRA:
      4.2.1     Gee TWEE redes waarom Sydney sommige bates wou vervang.                         (4)
      4.2.2     Verduidelik waarom Sydney die rekenaars apart wou aanteken.                     (2)
      4.2.3     Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek:
                x    Rekenaars (teen kosprys) op 28 Februarie 2023.                             (7)
                x    Bateverkoperekening op 31 Julie 2022.                                      (7)
      Inligting verkry uit die Vaste Bate Register:
                                                         28 Feb 2023     28 Feb 2022
       Rekenaars (teen kosprys)                           R 95 900       R 86 000
       Opgehoopte waardevermindering op rekenaars                ?         38 700
       Toerusting (kosprys)                                426 000        426 000
       Opgehoopte waardevermindering op toerusting               ?        255 600
      * Opgehoopte waardevermindering op die verkoopte rekenaars was R23 220 op
        1 Maart 2022. Dit is verkoop teen R3 000 elk aan werknemers. Die werknemers
        het kontant vir hierdie rekenaars betaal.
                                                                                              30

                                                                               TOTAAL:        150
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2023)                                  REKENINGKUNDE V2                                         13

          GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

     Bruto wins          100                  Bruto wins           100
                     x                                        x            Netto wins               100
      Verkope            1               Koste van verkope          1                     x
                                                                            Verkope                  1

        Bedryfsuitgawes            100
                               x                                     Bedryfswins   x      100
             Verkope                1                                  Verkope             1

 Totale verdienste van vennoot                 100                   Netto wins                       100
                                          x                                                     x
Vennoot se gemiddelde ekwiteit                  1           Gemiddelde eienaarsekwiteit                  1

      Bedryfsbates: Bedryfslaste                           (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

(Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

     Gemiddelde debiteure                365                      Gemiddelde krediteure         365
                                   x                                                      x
         Kredietverkope                   1                          Kredietaankope              1

 Gemiddelde voorraad               365         12
                               x          of                          Koste van verkope
   Koste van verkope                1           1
                                                                     Gemiddelde voorraad

    Nie-bedryfslaste: Eienaarsekwiteit                              Totale bates: Totale laste

                                    Totale vaste koste
                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWERBOOK NOVEMBER 2023 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answerbook-november-2023-afrikaans-final/48a9c62d-44fe-4bcf-b849-66228902a934) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr
- [Grade 11 ACC P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
