# Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/cec609ef-42ca-4bec-86a9-67236602fa1f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/cec609ef-42ca-4bec-86a9-67236602fa1f)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2020

            REKENINGKUNDE V2
   BESTUURSREKENINGKUNDE, INTERNE OUDIT
               EN BEHEER

PUNTE:     150

TYD:       2 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, ŉ 1 bladsy-formuleblad en ŉ
                                 10 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.    Beantwoord AL die vrae.

 2.    ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
       beantwoord.

 3.    ŉ FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is by die vraestel aangeheg.
       Jy mag dit gebruik indien nodig.

 4.    Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
       beantwoord.

 7.    Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.    Skryf netjies en leesbaar.

 9.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

           VRAAG                    ONDERWERP                 PUNTE          TYD
                                                                           (Minute)

              1         Rekonsiliasie                            34            25

              2         BTW en Voorraadwaardasie                 40            30

                        Vervaardiging en
              3                                                  50            45
                        Kosteberekeninge

              4         Vaste Bates                              26            20

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 REKENINGKUNDE V2                                          3

 VRAAG 1: REKONSILIASIE EN DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING
                                              (34 punte; 25 minute)

 1.1 BANKREKONSILIASIE

       Die boekhouer van Mercure Beperk het die Bankstaat op 31 Julie 2020 ontvang
       en met die Kontantjoernale vir Julie 2020 vergelyk.

       GEVRA:

       Gebruik die nodige inligting en voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31Julie 2020.
       Bereken ook die korrekte saldo vir die Bankrekening in die Algemene Grootboek.
       ’n Bankrekening word nie vereis nie.                                                   (8)

       INLIGTING:

       A.    Op 31 Julie 2020 toon die Bankstaat ’n gunstige saldo van R3 600.

       B.    Item op die Bankstaat vir Julie 2020 wat NIE in die Kontantjoernale
             voorkom nie:

             ’n Deposito van R3 800. Dit het aan die lig gekom dat Mercure Beperk se
             rekening verkeerdelik gekrediteer is. Die bank sal die fout in Augustus
             2020 regstel.

       C.    Items in die Kontantontvangste- en Kontantbetalings-joernale wat nie
             op die Bankstaat voorkom nie:

                Deposito op 29 Julie 2020, R15 200

                Tjeks:

                 Nr. 231   R2 020 (gedateer 26 Julie 2020)
                 Nr. 235   R1 570 (gedateer 31 Augustus 2020)

       D.    Ongemerkte item in die Bankrekonsiliasiestaat vir Junie 2020:

             Tjek nr. 156, R2 860 (gedateer 5 Januarie 2020)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   REKENINGKUNDE V2                           (EC/SEPTEMBER 2020)

1.2   DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING

      Jy word voorsien van die ouderdomsontleding van debiteure op 31 Mei 2020.

      Voorwaardes vir debiteure:

          Alle rekeninge moet binne 30 dae betaal word en 2% korting sal toegestaan
           word.
          Indien enige rekening nie binne 60 dae betaal word nie, sal 5% rente gehef
           word.
          Indien ŉ rekening nie binne 90 dae betaal word nie, sal die rekening
           oorhandig word.

          NAAM          >90 dae    90 dae      60 dae       30 dae       Lopend

          D Daydream                   90
          G Goodfella                                          1 550           4 200
          H Hastie                                                             3 250
          P Platsak       4 250
          S Skinflint                 880         3 500        1 525           2 185
          TOTAAL          4 250       970         3 500        3 075           9 635

      1.2.1    Hoe is die opstel van die Debiteure-ouderdomsontleding van hulp
               wanneer dit kom by beheer oor debiteure?                                         (3)

      1.2.2    Hoeveel is debiteure op 31 Mei 2020 verskuldig?                                  (2)

      1.2.3    Vir watter debiteur sal jy graag ’n kredietverwysing wil gee?                    (2)

      1.2.4    Watter debiteur gaan ‘oorhandig word’ en wat beteken dit?                        (3)

1.3   KREDITEURE-REKONSILIASIE

      Dolphins Diving Equipment het ’n groot personeelomset in hul rekeninge-
      afdeling gehad wat daartoe gelei het dat onervare boekhouers die
      Krediteurekontrolerekening, sowel as die Krediteurelys, moes opstel. Jy word
      gevra om te help.

      1.3.1    Wat is die doel van die rekonsiliasie van die saldo van die
               Krediteurekontrole-rekening met die totaal van die Krediteurelys in die
               Krediteuregrootboek? Gee TWEE punte.                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   REKENINGKUNDE V2                                         5

        1.3.2   Bereken die korrekte saldo van die Krediteurekontrolerekening en die
                korrekte totaal van die Krediteurelys. Voorlopige saldo vir die
                Krediteure-kontrolerekening is R74 715 en die totaal vir die
                Krediteurelys is R32 595.

                    ’n Ondersoek het die volgende foute en weglatings uitgelig.

                    A.   Die totaal van die Krediteurelys is met R900 te min opgetel.
                    B.   Kredietaankope van Micro Bpk. vir R3 720 is in geen joernaal
                         aangeteken nie.
                    C.   Handelsvoorraad teruggestuur aan Epress Bpk., R720, is
                         korrek aangeteken in die KAJ, maar as R270 na die krediteur
                         se rekening oorgeboek.
                    D.   Die     boekhouer       het     die     totaal   van     die
                         Krediteurekontrolekolom in die KBJ, R16 400, na die
                         kredietkant van die Krediteurekontrolerekening oorgeboek.
                    E.   Makro & Kie het Dolphins Diving Equipment met R43 rente
                         belas omdat hul rekening nie betyds betaal is nie. Die
                         boekhouer het nie geweet hoe om dit aan te teken nie.
                    F.   ’n Faktuur vir R8 870 vir voorraad op rekening aangekoop
                         van Mini Mark, is korrek aangeteken in die KJ, maar is nie
                         na hul rekening oorgeboek nie.
                .
                                                                                           (12)

                                                                                              34

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2: BTW EN VOORRAADWAARDASIE                            (40 punte; 30 minute)

 2.1   BTW-BEGRIPPE

       Verander die onderstreepte gedeeltes in die volgende sinne om die stellings
       WAAR te maak. Skryf die antwoord teenoor die vraagnommers (2.1.1–2.1.2) in
       die ANTWOORDEBOEK.

       2.1.1    BTW is betaalbaar aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank.                           (1)

       2.1.2    BTW word teen 14% op vrugte en groente gehef.                                    (1)

 2.2   BTW-BEREKENINGE

       Peter Handelaars is ’n besigheid wat geregistreer is vir BTW. Die
       standaardkoers vir BTW is 15%.

       GEVRA:

       Bereken die korrekte bedrag BTW wat die besigheid moet betaal.
       Toon ALLE berekeninge.                                                                (12)

       INLIGTING:

       John, die boekhouer, het die BTW-kontrolerekening vir die belastingperiode wat
       eindig op 31 Mei 2020 voorberei, en die BTW-bedrag betaalbaar as R43 820
       bereken.

       Die interne ouditeur het egter die volgende foute en weglatings geïdentifiseer en
       dit moet nog in berekening gebring word om die korrekte bedrag BTW betaalbaar
       te bereken..

        A      Verkoopfakture weggelaat uit die Debiteurejoernaal,
               BTW ingesluit                                                  R10 833
        B      Beskadigde goedere teruggestuur aan verskaffers, BTW
               uitgesluit                                                       18 600
        C      BTW op diverse besigheidsuitgawes uitgelaat                       6 818
        D      BTW op korting ontvang van verskaffers                              756
        E      BTW op oninbare skuld ingevorder                                    112
        F      BTW op oninbare skuld is aan die verkeerde kant van
               die BTW-kontrolerekening aangeteken                                   92

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      REKENINGKUNDE V2                                     7

 2.3    VOORRAADWAARDASIE

        Joker Winkels verkoop dames- en manshorlosies.

            Dameshorlosies word vanaf Duitsland ingevoer.
            Manshorlosies word plaaslik vervaardig.

        Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2020.

        GEVRA:

        2.3.1       Bereken die volgende met betrekking tot die dameshorlosies op
                    31 Augustus 2020:

                    (a)    Waarde van eindvoorraad                                             (5)
                    (b)    Koste van verkope                                                   (5)
                    (c)    Voorraadhoudingsperiode (in dae), deur gemiddelde voorraad te
                           gebruik                                                             (4)

        2.3.2       Bereken die volgende met betrekking tot die manshorlosies op
                    31 Augustus 2020:

                    (a)   Waarde van eindvoorraad                                              (7)
                    (b)   Verkope                                                              (3)

        2.3.3       Verduidelik waarom die besigheid verskillende metodes gebruik om elk
                    van die tipes horlosies te waardeer. Gee EEN geldige punt.                 (2)

        INLIGTING:

        A.          Die besigheid gebruik die volgende metodes om die horlosievoorraad
                     te waardeer:
                     o Dameshorlosies – spesifieke identifikasie
                     o Manshorlosies – geweegde gemiddelde
                    Geen horlosies het verlore geraak of is gesteel gedurende die
                     afgelope finansiële jaar nie.
        B.      Inligting rakende dameshorlosies:
                                   EEN-     EENHEIDS   TOTALE     EENHEDE      TOTALE
                                   HEDE     -PRYS      BEDRAG     VERKOOP     VERKOPE
            Beginsaldo              12        R6 500  R78 000        11       R125 125
            Aankope:                35               R252 000
             September 2019         15        R6 800 R102 000        10       R119 000
             Januarie 2020          12        R7 300  R87 600        10       R127 750
             April 2020             8         R7 800  R62 400         5        R68 250
                                    47               R330 000        36       R440 125

            Die kosprys van dameshorlosies sluit vervoerkoste en doeaneregte in.
            Hierdie horlosies word teen ’n winsgrens van 75% op kosprys verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   REKENINGKUNDE V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

       C.     Inligting rakende manshorlosies:

                                  EENHEDE         EENHEIDS-             TOTALE
                                                    PRYS                BEDRAG
           Beginsaldo                 95            R340                R32 300
           Aankope:                  675                                R259 900
            September 2019           320             R375               R120 000
            Januarie 2020            210             R390               R81 900
            April 2020               145             R400               R58 000

           Manshorlosies word teen ’n vaste verkoopprys van R520 elk verkoop.
           Koste van vervoer van manshorlosies vanaf plaaslike verskaffers beloop
            R11 950 vir die finansiële jaar en is nie in die bogenoemde bedrae ingesluit
            nie.
           Op 31 Augustus 2020 was daar 92 manshorlosies in voorraad.

                                                                                             40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 REKENINGKUNDE V2                                           9

 VRAAG 3: VERVAARDIGING EN KOSTEBEREKENINGE
                                          (50 punte; 45 minute)

 3.1    BEGRIPPE

        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
        ‘onwaar’ teenoor die vraagnommers (3.1.1–3.1.2) in die ANTWOORDEBOEK.

        3.1.1   Vraggeld op grondstowwe aangekoop verhoog die koste van
                grondstowwe uitgereik vir produksie.                                            (1)

        3.1.2   Kommissie op verkope vorm deel van administratiewe koste.                       (1)

 3.2    PRODUKSIEKOSTESTAAT

        Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords aan die einde
        van die 2020 finansiële jaar.

        GEVRA:

        3.2.1   Voltooi die Nota vir Direkte Materiaalkoste.                                    (7)

        3.2.2   Voltooi die Produksiekostestaat op 29 Februarie 2020.                          (15)

        3.2.3   Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020.             (11)

        INLIGTING:

        A.      Spoorvrag op grondstowwe aangekoop, R180 000.

        B.      Salarisse en lone beloop R724 160 vir die finansiële jaar. 50% hiervan is
                lone vir werkers wat direk aan die produkte gewerk het. Die res word
                gelykop verdeel tussen fabrieksbokoste en administratiewe koste.

        C.      96 000 klaarprodukte is gedurende die finansiële jaar vervaardig. Die
                kosprys van klaarprodukte was R20 elk.

        D.      Verkope vir die jaar is R3 804 000. Goedere word verkoop teen ’n
                winsopslag van 100% op kosprys.

        E.      Verkoops- en verspreidingskoste beloop R594 860.

        F.      Administratiewe koste is R 571 100. Dit sluit nie lone en salarisse in nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  REKENINGKUNDE V2                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.3   KOSTEBEREKENINGE

       Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Leef Gesond, die vervaardigers
       van een soort ontbytpap. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2020.

       GEVRA:

       3.3.1   Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 31 Augustus 2020.                  (4)

       3.3.2   Behoort die besigheid tevrede te wees met die aantal eenhede wat hulle
               gedurende die huidige finansiële jaar vervaardig en verkoop het?
               Verduidelik. Haal syfers aan.                                                       (3)

       3.3.3   Gee TWEE moontlike redes vir die styging in direkte materiaalkoste per
               eenheid in die huidige finansiële jaar.                                             (4)

       3.3.4   In ’n poging om die finansiële resultate vir die volgende finansiële jaar te
               verbeter, het Tyler, die eienaar, voorgestel dat die hoeveelheid
               ontbytpap per houer met 10% verminder moet word terwyl die
               verkoopprys dieselfde bly. Gee TWEE geldige redes waarom hy dit nie
               moet doen nie.                                                                      (4)

       INLIGTING:

       Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords geneem:

                                  31 AUGUSTUS 2020              31 AUGUSTUS 2019
                                             PER                            PER
                                 TOTAAL                         TOTAAL
                                           EENHEID                        EENHEID
        Verkope                 R1 792 000  R28,00             R1 794 000  R23,00
        Veranderlike koste      R1 024 000  R16,00              R975 000   R12,50
        Vaste koste              R736 000   R11,50              R630 000   R8,08
        Direkte
        materiaalkoste           R656 000         R10,25        R592 800        R7,60
        Gelykbreekpunt                                           60 000
                                     ?
                                                                eenhede
        Aantal eenhede
        vervaardig en             64 000                         78 000
        verkoop                  eenhede                        eenhede

                                                                                               50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                REKENINGKUNDE V2                                         11

VRAAG 4: FINANSIЁLE EN INTERNE BEHEER                              (26 punte; 20 minute)
4.1    BEGRIPPE
       Kies ŉ beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letters (A–E) langs die vraagnommers (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

                     KOLOM A                                     KOLOM B
       4.1.1    Professionele liggaam          A     Die aantal eenhede wat vervaardig is
                                                     het aansienlik toegeneem teenoor die
                                                     vorige jaar en sal tot ’n wins bydra
       4.1.2    Kommissie van Maatskappye      B     Vergelyking van werklike met begrote
                en Intellektuele Eiendom             syfers
       4.1.3    Produktiwiteit                 C     Handhaaf die integriteit van die
                                                     professie en pas dissiplinêre stappe
                                                     toe teen diegene wat nie by
                                                     standaarde hou nie
       4.1.4    Interne beheer                 D     Registrasie van maatskappye
                                               E     Die aanstelling van ’n professionele
                                                     persoon met integriteit in ’n
                                                     produktiewe posisie
                                                                                  (4 x 1) (4)
4.2    BATEBESTUUR EN BEHEER
       Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Sharks Bpk.
       INLIGTING:
       A.         Uittreksel van inligting uit die     31 Augustus      31 Augustus
                  Balansstaat                              2020             2019
                  Grond en geboue                       2 587 750        4 050 250
                  Toerusting teen kosprys               1 500 000        1 200 000
                  Opgehoopte waardevermindering
                  op toerusting                              ?            540 000

       B.       Al die toerusting (aangekoop op 31 Augustus 2016) is op 29 Februarie
                2020 vir R600 000 ingeruil. Nuwe toerusting is op hierdie datum
                aangekoop. Toerusting word teen 15% p.j. op kosprys verminder.
       C.       Geen nuwe grond en geboue is aangekoop gedurende hierdie jaar nie.
       GEVRA:
       4.2.1    Voltooi die Bateverkoperekening in die Algemene Grootboek..                   (10)
       4.2.2    Voltooi die Nota vir Vaste Bates in die Finansiële State op 31 Augustus
                2020.                                                                         (12)
                                                                                              26

                                                                                TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                     REKENINGKUNDE V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

      GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

              Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
              Verkope       1                          Koste van verkope    1

       Netto wins voor belasting x 100                  Netto wins na belasting x 100
                Verkope             1                          Verkope             1

           Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins x 100
               Verkope        1                                 Verkope      1

          Totale bates : Totale laste                       Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste           Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

      (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                            Koste van verkope              .

        Koste van verkope        1                         Gemiddelde handelsvoorraad

        Gemiddelde debiteure x 365                      Gemiddelde krediteure x 365
          Kredietverkope       1                         Koste van verkope       1
                                                        Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                     Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                                   (*Sien nota hieronder)

               Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings            x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste             1

        Aandeelhouersbelang        x 100                 Dividende vir die jaar   x 100
       Getal uitgereikte aandele      1                 Getal uitgereikte aandele    1

        Tussentydse dividende x 100                            Finale dividende      x 100
        Getal uitgereikte aandele 1                        Getal uitgereikte aandele    1

        Dividende per aandeel x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
       Verdienste per aandeel    1                   Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                         .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:
 * In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ŉ
finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [2020 FS Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2020-fs-prelim-p2-qp/f66a906e-8a2e-4240-912b-36ffdeca9056) — Accounting · QP · 2020
- [KZN 2020 June P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/kzn-2020-june-p2-qp/aebab627-a5be-4328-8b2b-aee3f80cce83) — Accounting · QP · 2020
- [Accounting P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-nov-2020-afr/11a416d1-5a4d-43f5-8e86-04e631d2a55d) — Accounting · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
